Profesie 134
EK YAHUSHUA Neem Julle na ‘n Nuwe Verhoging van Julle Geloof!

Verlore Profesie Gevind! Gespreek onder die Salwing van die RUACH HA KODESH deur Apostel Elisheva Eliyahu Ontvang Hanukkah 11 Desember 2008 Hervrygestel 10 Mei 2017

Selfs hoewel etlike van hierdie boodskap ‘n persoonlike Woord is, is die res van toepassing op al YAHUSHUA SE getroue volgelinge. Ons bid dat julle geseënd is daardeur!

Hierdie was opgeneem op band. Hier is die oorskrywing:

Elisheva: Toe ons gebid het na nagmaal, dat U sommige dinge gehad het wat U wou sê en ons U gedank het vir alles en ons vir U al ons bekommernisse gebring het.

So eerstens bestraf ek en ek bind jou satan en alle prinse, krag, owerhede, heersers in hoë plekke, lae plekke, donker plekke en oor hierdie mariene waters in die NAAM van ons GELIEFDE YAHUSHUA MASHIACH is jy gebind, jy sal nie deelneem aan enige gedeelte van hierdie gebedstyd nie jy is nie eens in staat om te hoor wat ek gaan sê nie want jy het geen reg op my nie satan, jou demone se oor is verdoof en julle oë is verblind. En enige iemand anders wat wil afluister, ABBA YAHUVEH, ons dank U vir die vernietiging van hulle toerusting! Vir enige iemand wat van ver-af bespied vra ek U om hulle oë uit te steek. Hulle gaan nie hoor nie. Hulle gaan nie sien nie. Want hulle is nie waardig om ons te hoor bid tot ons PAPPA YAHUVEH nie, in die NAAM van ons GELIEFDE YAHUSHUA.

So nou vra ek U, ons het sopas ons nagmaal gedoen, ek vra U om hierdie lippe, tong te salf, en laat nie een woord voortkom wat nie van U is nie. Ek het altyd geglo in geloof dat U hierdie nie sal toelaat om te gebeur nie en in U getrouheid, in U liefde en U genade, HET U dit nie toegelaat nie. Hierdie is U lippe. U het hulle gevorm. Asseblief spreekvoort uit hulle nou, in die NAAM VAN YAHUSHUA, GELIEFDE MASHIACH, bid ons. Wat is op U Hart GELIEFDE YAHUSHUA? [ Heilige tale ]

Profesie Begin

Nou My kinders neem EK julle geloof na ‘n nuwe vlak. Sien julself op ‘n hysbak. Sien julself waar julle eers begin het. En hoe nader julle kom aan die Hemel, neem EK julle na ‘n nuwe vloer, ‘n nuwe verhoging van julle geloof. EK IS leer elkeen van julle. EK IS JULLE INDIVIDUELE LEERMEESTER. Elkeen van julle het MY Oor, het MY Oog. Al wat julle moet doen is om julle lewens oor te gee aan MY en sê, “Ek wil hierdie nie op my manier doen nie.”

EK ken elkeen van julle vrese. Julle kan hulle nie wegsteek vir MY nie, so julle kan hulle net sowel bely sodat EK daardie vrese kan verlig. Daar is geen skande in vrees nie behalwe as dit julle stop om te doen wat EK vir julle gesê het om te doen. Daar is geen skande in droefheid nie, behalwe as dit julle stop om te doen wat EK vir julle gesê het om te doen.

EK het vir julle al julle werke gegee. Julle noem dit ‘n “werk”. EK noem dit ‘n “roeping.” Maar EK het die planne uitgelê soos ‘n blou-druk vir julle lewe. Sommige van julle kan nog nie die blou-druk duidelik sien nie. Dit neem ‘n kenner om ‘n blou-druk te lees.

Maar deur julle geloof sal julle daardie blou-druk lees. Deur julle geloof sal julle MY stem hoor. Deur julle geloof sal julle sien deur MY oë. Want daar is nie een opoffering wat julle doen vir MY Heerlikheid nie ―[dat] terwyl dit behaaglik gevind word soos ‘n lieflike geur vir MY Neusgate, julle beloon sal word. Hierdie beloning sal julle volg Hemel toe.

Daar is diegene wat die Hemel net sal haal met hulle laaste sterwens-asem. Maar MY Bruid julle word nie getel tussen daardies nie. Julle het belonings wat julle volg, want julle dien MY so getrou.

Hierdie Hanukkah jubel julle terwyl julle geleer was dat dit MY verwekking is. Is EK nie julle YAHUSHUA, julle MASHIACH, julle LEIDENDE LIG nie?

Die Ortodokse Jode vier die Fees van Ligte en verstaan nie eens hulle vier WIE EK IS nie. Jy vertel hulle [Elisheva]. Laat hierdie Bediening dit skree hard en duidelik! Dit was meer as ‘n olie lamp wat nie uitgedoof het nie. EK IS daardie LEWENDE OLIE LAMP! EK IS die LEWENDE OLIE! En geen mens kan MY lewe neem nie! EK het dit gewillig neergelê en EK het dit weer opgeneem en weer gelewe.

EK het vir julle die openbaring gegee. Hierdie bediening het dit voortgespreek en sal aanhou om dit voort te spreek: EK IS geëerd dat julle MY geboorte wil vier op hierdie aarde en EK het vir julle gesê dit was op die tyd van Sukkot. Leer hulle.

EK het die YDS’s opgerig, diegene wat MY NAAM dra, ‘YAHUSHUA’S demon stompers.’ Omdat hierdie die Internet is, kan jy nie die rede sê waarom nie maar jy moet hulle oproep tot ‘n samekoms van gebed, veral om jou [die Profeet, met beskermende gebede] te bedek op daardie dae.

Dit is dringend dat hulle vas en hulle bid vir diegene wat EK gelei het om so te doen.

Want EK het hierdie bediening op die Internet geplaas en MY Woord sal uitgaan in hardeband boeke […]

O MY lieflinge! Plaas julle geloof in MY. Laat MY toe om julle te strek op maniere wat julle nog nie was nie.

O hoe lief het EK julle […]! O hoeveel verlang EK na MY Bruid! EK kon julle ‘n biljoen-doller paleis aanbied op hierdie aarde en as julle jul keuse gehad het, sou julle sê, “U kan dit hou YAHUSHUA! Ek wil net my Hemelse paleis hê om U Aangesig te aanskou, om op die strate van goud te loop, om omring te wees deur Heiligheid.”

Hou uit MY kinders! Hou uit MY kinders vir net ‘n klein rukkie! Hou uit MY babatjies! Hou uit MY Bruid! Dit is nie lank nou nie julle sal aan MY Sy wees! Doen net wat EK julle geroep het om te doen want die tyd is korter as kort! Hou aan om MY skape en lammers te voed sodat hulle nie wegdwaal nie.

[…] Julle wonder waar julle al hierdie tyd gaan kry. Laat MY toe om vir julle daardie plan te gee. Almal van julle EK sê vir julle hierdie, moenie val in die sonde van veronderstelling en veronderstel julle weet wat EK doen nie.

Daar’s een ding wat julle sal weet, die planne wat EK vir julle gemaak het is net vir julle beswil en EK sal nie dat boosheid julle raak nie. […]

EK het reeds vir jou gesê, Adam, salf die huis, nie net binne nie maar buite en salf die oprit. Neem hierdie ernstig op; neem nie die salwing van die huis as vanselfsprekend nie. Adam, hierdie moet nooit ophou nie! Hierdie is ‘n wapen gegee aan jou. Hierdie blokkeer die vyand uit. Gooi ‘n klein bietjie olie op die oprit. Hierdie is ‘n nuwe lering wat EK vir jou gee en vra vir MY legioene van Heilige engele om die huis te omring en wag te hou.

Adam, gaanvoort om MY skape en lammers te voed want Pole is ‘n veldbrand wat nooit doodgegaan het nie. Alleenlik wanneer jy in die Hemel kom Adam sal jy sien hoeveel jou harde werk opgelewer het, terwyl een Poolse persoon na die ander persoonlik na jou toe sal kom en vir jou vertel. Adam, o Adam, jy is so behaaglik vir MY. En EK bewaak jou liefde Adam, o so jaloers. Kathrynyah, o, Kathrynyah, jy is so behaaglik vir MY en EK bewaak ons tyd saam so jaloers.

Einde van Woord

Elisheva: Dank U. My vingers is gevries! Dis al wat ek hoor! Loof YAHUSHUA, ABBA YAHUVEH! Hallelujah KOSBARE RUACH HA KODESH! Dank U. Dank U. Dank U.

So is dit gespreek en geskryf
deur YAHUSHUA SE kind, vegter,
Elisheva Eliyahu

Hanukkah 2008

* * * * * * *