Profesie 146
YAHUSHUA Ons Wag Vir U Om Ons Te Kom Wegraap!

Geskryf/Gespreek onder die Salwing van die HEILIGE GEES (RUACH HA KODESH)
Deur Apostel Profeet Elisheva Eliyahu Ontvang 2000 | Vrygestel 3 Oktober 2019

Ons gebruik die HEBREEUSE NAME van GOD:

YAH/YAHU is die HEILIGE, GEWYDE NAAM van GOD soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH” Wat letterlik beteken: “Prys YAH,” YAHUVEH/YAHWEH, GOD DIE VADER YAHUSHUA/YAHSHUA, GOD SE ENIGSTE GEBORE SEUN (HA MASHIACH beteken Die MESSIAS; ELOHIM beteken GOD. Die Openbaring van “SH’KHINYAH GLORY” – as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH (In Afrikaans genoem “Die HEILIGE GEES”)-is ook op hierdie webwerf. (HA SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID)

Addisioneel, ABBA YAH beteken “VADER YAH” en IMMAYAH beteken “MOEDER YAH.” In Hebreeus is die GEES VAN GOD vroulik, verwys na as “SY,” en word so vervat in die Profesie en Skriftuurlike voetnotas onder-aan. Alle direkte verwysings na GOD is hoofletters.

(Skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)


* * * * * * *

YAHUVEH se Waarskuwing voor die Profesieë:


Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee.

As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

“EK IS YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jes 42:8)

(Profesie 105)

In Julie 2010, het YAHUVEH GOD gesê hierdie moet bygevoeg word vir hulle wie spot:


“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.” 2 Kronieke 36:16


En van Profeet Caleb:

Ek waarsku julle almal – diegene wat kom teen hierdie Bediening en HIERDIE PROFESIEË en Elisheva en Myself -  en al die Bedienaars van AMIGHTYWIND BEDIENING – EK WAARSKU JULLE NOU, Moenie Die Gesalfdes van YAHUVEH aanraak nie en moenie SY Profete skade berokken nie (Psalm 105:15…1Kron16;22) Sodat die Staf van die Woede van YAH op jou neerkom. Maar vir hulle wat geseënd is en hulle wat ‘n seën is vir hierdie bediening, getroues, en hulle wat die Profesieë ontvang, seëninge sal op jul daal – alles om dit wat aan YAH behoort te beskerm in Die NAAM VAN YAHUSHUA.


* * * * * * *

“Vader God, hierdie biologiese kieme oorlogvoering, siektes Vader. U weet Vader God, ag, as dit maar net ‘n koeël was wat hul lewens sou beëindig, Vader God. Maar HERE God, daar is so baie maniere om dood te gaan. En Vader U ken die bose, Vader God. U weet hoe hulle martel, U ken die manier waarop hulle wil hê dat iemand moet ly. U weet Haloween is op hande. U weet dit is ‘n sataniese dag. Dit is ‘n tyd van die hoogste onheiligheid. Daar is niks heiligs aan daardie dag nie. Dis die mees onheiligste tyd Vader.

Maar U het gesê, HERE GOD, Vader God , U het gesê dat ons elke dag moet jubbel en dat ons moet weet dit is  U wat ons elke dag wakker maak, dit is U wat ons die krag gee om aan te gaan. Daarom dank ons U en ons Loof U. Want U weet wat ons nodig het en dis net een rots in ons hand om Goliat te verslaan. Dis wat U my op hierdie oomblik vertel, ons het net een rots in ons hand nodig om Goliat te verslaan. En dit is die Lewende Rots, DIT IS DIE LEWENDE ROTS! En ons het die Lewende Rots en ons hou vas aan die Lewende Rots. Dit is U, YAHUSHUA ha MASHIACH. U is die Lewende Rots.

U is die oopgekloofte Rots van alle eeue, en ons gee U nou net Lofprysing, Eer en Heerlikheid. Want U sal U mense beskerm en U sal gebruik word om hierdie Goliat, wat teen ons kom, te verslaan.

Hulle dink dat hulle almal sal doodmaak wat glo en vertrou in YAHUSHUA ha  MASHIACH en in U, Vader GOD, YAHUVEH.  Maar hulle het ‘n wrede ontnugtering wat wag, want Goliat het ook na Dawid toe gekom en hom ‘n hond genoem , en tog, wat het Dawid vir hom gesê? “Vandag sal die God wat ek dien jou in my hand oorlewer.”

Daarom , Vader, roep ek uit vir al die Christene. Vader, vir die Pakistanse Bedienaars, Vader dat ons sy vrou se smeking aan George W. Bush sal stuur, asof hy gehoor sal gee, Vader.

Maar Here God sy is daar, sy is in Pakistan, asook haar man en syself en al die Christene terwyl hierdie bose Muslims, wat ons nie eens boos mag noem nie omdat ons heelwaarskynlik beskuldig sal word van haat misdaad as ons dit doen Here. Maar hulle is in vrees, hulle skuil in hul huise en die Christene word oral afgemaai, Vader net omdat ons in Amerika gesit het, en ons het dit nie gesien nie.

O, vergewe ons, God, want ons het ons oë blind gehou vir dit wat in die wêreld aangaan, want nou is dit voor ons eie deur en ons sien die gevaar in ons eie land. Maar Hemelse Vader ek roep nou uit. Ek vra nou en Wendy stem saam, God, stuur ‘n spervuur van engele uit die Hemel. Ons sien die spervuur van engele, die gevegs-engele uit die Hemel, legioene op legioene op legioene om nou uit te gaan in hierdie wêreld in, om U kinders nou te beskerm. Om diegene te beskerm wat uitroep in die naam van YAHUSHUA ha MASHIACH, wat uitroep in die Naam van YAHUVEH. Beskerm hulle, beskerm hulle. beskerm hulle.

O, ek dank U en ek loof U vir die koepels, die koepels bo-oor al die huise, Vader, wat aan U behoort, nie net op die deurposte nie, God, ook nie sommer enige ou lam se bloed nie, nee, hierdie is die Lam van God, YAHUVEH. Hierdie is die Heilige, Onbevlekte, Vleklose Lam wat vir ons geslag was en weer opgestaan het. Dit is U, YAHUSHUA ha MASHIACH.

U is die Een wat ons huis bedek en beskerm. Ons gee U die Lof, Eer en Heerlikheid. Nie net vir Wendy en myself nie maar vir al ons broers en susters reg oor die wêreld. Ek weet U sal martelaars hê maar ek dank U en ek loof U omdat U meer sal hê vir wie U beskerm, as wat daar sal wees wat sal sterf in U Naam. Ek glo in geloof, Vader God, want hoe kan die vyand sê dat ons anders is as hulle, wat slagting pleeg, Vader. As U nie die tipe wonderwerke doen wat U gedoen het in die tyd van die kinders van Israel nie, toe die bose Farao hulle agterna gesit het.

As U nie wys nie, Vader God, in die tye van ouds, Vader God, oor en oor, het U bewys met Shadrac, Meshach en Abednego wat in die vuuroond gegooi was en Daniël wat in die leeukuil gegooi was. O, HalleluYah, Vader God, ons loof U en ons dank U, dieselfde God wat Jona laat uitspoeg het uit die maag van die walvis. U is dieselfde God, Vader, dat Noag en sy familie gespaar gebly het terwyl almal in die hele wêreld gesterf het. U is dieselfde God, Vader.

Wat al hierdie dinge gedoen het selfs al het die water die hele wêreld oordek, Vader God. As die Mississippi rivier gaan oorstroom en al hierdie verskriklike dinge, God, en Here ek word vertel dat die einste State daaronder sal wees, Vader. En Here ek gee U die Lofprysing, Eer en heerlikheid. U het ‘n ark, U het ‘n ark gehad vir Noag. U sal ‘n ark hê vir U kinders...(sy begin bid in Hemelse tale.)

Want U is ‘n God wat beloof om vry te maak, U is ‘n God wat beloof om te red. Hoe kan dit aan U Lofprysing, Eer en Heerlikheid bring as ons net doodgaan en die vyand bewys dat hy ‘n Dawid kan doodmaak net wanneer hy wil. Daarom dank ek U vir die Lewende Rots wat U in ons hande gesit het, ek dank U YAHUSHUA ha MASHIACH dat dit U sal wees wat hierdie bose manne sal verslaan.  Want hul dink dat hulle maar net teen gewone Christene en Messiaaanse Jode kom en teen hulle wat na U uitroep, maar hulle besef nie dat hulle teen die God van die Skepping te staan kom nie, U Vader God YAHUVEH, U YAHUSHUA ha MASHIACH en U Kosbare Ruach ha Kodesh, die Gees van die Lewende God  YAHUVEH en YAHUSHUA.

Daarom gee ons U nou die Lof, Eer en Heerlikheid dat die beskerming op die mense is. Dat nie een enkele wedergebore, Heilige Gees vervulde Christen, Messiaanse Jood, by watter naam hul ookal genoem word, solank hul wedergebore is, dat nie een van hulle, Vader God, geaffekteer sal word deur die gasse, nie een van hulle geaffekteer sal word deur die siektes, nie een geaffekteer sal word deur die antrax, nie een geaffekteer sal word deur pokke nie. Nie een van hulle geaffekteer sal word deur hierdie sogenaamde  wapens nie, Vader God, kiem oorlogvoering, Vader God, nie een van hulle nie Vader God.

Ek glo, ek glo, ek glo en verklaar vandag dat U Bloed, YAHUSHUA ha MASHIACH, U bloed  wat bedek en ons beskerm gaan ons bedek en beskerm. Ek glo, ek glo, ek glo Vader God met alles binne-in my, dat U ‘n standaard opgerig het teen hierdie bose een, alhoewel ons dit nie kan sien nie, en alhoewel ons sal hoor hoe die VN praat en ons alles sal hoor wat hulle beplan om te doen om te eis dat hulle ons gaan beskerm.  Ons Dank U en ons Loof U dat ons beskerming nie lê by hulle wapens nie. Ons beskerming sal lê in die sterk arm van die Here God YAHUVEH. Ons loof U en dank U omdat die bose Farao’s sal ondergaan asook al hulle troepe.

Ek roep nie net uit terwille van Amerika nie, ek roep uit vir Israel en ek roep uit vir almal reg oor die wêreld. O, Vader daar is selfs Christene wat sit in Afghanistan, Vader. Hulle noem hul die ongelowiges maar dit is hulle wie die ongelowiges is. Vader God ek dank U en ek loof U vir die beskerming van hulle wat ons broers en susters is in YAHUSHUA.  Ons gee nou aan U die Lof, Eer en Heerlikheid.

O, as U maar net sou kom en U Bruid versamel en ons huis toe neem YAHUSHUA. O, ons het gewag en en ons het verlang en ons staan onder die hoopla en wag vir U. Ons wag vir ons Bruidegom, ons het ons trougewaad aan, Vader, selfs die tiaras op ons koppe. So, ons wag vir U, ons wag vir U. Ons het die olie in ons lanterns, die lamppitte is kort geknip en ons wag vir U en ons is wakker en ons wag en ons wag.  En waar is U? Waar is U? YAHUSHUA ha MASHIACH, ons wag vir ons Bruidegom , ons het liefde vir U, ons wag vir U. Ons arms is uitgestrek en ons kyk na die noorde, ooste, suide en weste en ons sê, “YAHUSHUA ha MASHIACH, U is ons Bruidegom, ons is U Bruid!”

Ons wag vir U! Ons roep nie net uit omdat ons bang is nie. Nee, ons het iets veel groter as dit, as rede hoekom ons vir U wag. Dit is omdat ons U liefhet, omdat ons U aanbid, omdat ons U bewonder, elke hartklop van ons is vir U, ons is bereid om ons lewens vir U neer te lê, ons het U nodig, ons wil U hê, ons smag na U, ons dors na U, ons is honger vir U verskyning. Kan U nie U Bruid hoor nie? Gaan U haar by die altaar laat staan vir ‘n ander dag? Ons wag vir U. Waar is U? Ek roep uit, Vader God, in die naam van die hele Bruid. Laat my stem Vader God, staan vir die hele Bruid. Ons roep uit na U, ons huil vir U.

Laat my stem, Vader God, staan vir die hele Bruid. Ons roep uit vir U, ons huil vir U, ons voel hoe die vyand se troepe oral rondstaan op hierdie dag wat veronderstel is om ons troudag te wees. Waar is ons Bruidegom? Ons sien die gewere op ons gerig. Ons sien die grinnike op hul gesigte. Hulle dink dat hulle ons sekerlik gaan doodmaak, om ons uit te wis onder die mensdom.

En daarom kyk ons uit vir ons Bruidegom. Ons sien die bose, hulle lag vir ons want hulle sien nie die Bruidegom kom vir die Bruid nie. So, hoe lank voor U kom? Wanneer gaan U ons vergader aan U sy? Ons is U metgesel ons is U geliefde. Vader God YAHUVEH. Wanneer gaan U, U Seun stuur? Wanneer gaan ons die woorde hoor, “Kom hierheen!”? Wanneer sal ons die stem hoor van ons Here God Almagtig YAHUSHUA met die stem van ‘n aartsengel. Waar is U?

Trane stroom oor ons wange . Ons wag vir U. Ons verlang na U. Ons het U lief. Kom, Kom, Kom, O asseblief Geliefde. Ons hart en gees roep uit, ons verstand en liggaam roep uit. Kom haal U bruid. Maak ons een, maak ons een, YAHUSHUA, maak ons een. O, kyk na hulle, kyk na hulle, kyk na hulle, kyk na die bose mense, hulle rig hul wapens op ons, hulle oorlog wapens.

Hulle probeer ons skiet, die koeëls vlieg oor ons koppe na links en regs, maar HalleluYah, hulle oorlog wapens is vleeslik. Want ons gebruik geestelike wapens in verweer. En ons probeer nie eens om die krag in ons geestelike wapens te verstaan nie, dit is kragtiger as enige mens. Selfs Dawid het nie die wapens van mense gebruik nie, want hy kon die uitrusting, wat deur mense aan hom gegee was, nie aantrek nie. Hy het sy uitrusting, wat deur YAHUVEH aan hom gegee was, aangetrek daardie dag. Hy het die wapens van mense neergegooi. Hy het vyf gladde klippies opgetel en dit het net een geneem om Goliat dood te maak daardie dag. Toe het hy ‘n menslike wapen gebruik om Goliat se kop af te kap daardie dag.

Maar dit was net vir een rede en dit was ‘n bewys dat U sou doen wat U gesê het U sou doen op daardie dag. So laat ons die koppe kry van die vyande net so seker as wat die vyand die kop geneem het van Johannes die doper. Laat ONS die kop van Goliat afkap met die twee snydende swaard.  Want U weet dat ek nou ‘n nuwe visie het. Ek kyk en wat sien ek?

Maar die twee snydende swaard is in die hand van elke bruid, en op die lem sien ek dat dit in bloed gedoop is, maar dis die Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH wat ons beskerm met daardie swaard. Ek sien ons met daardie swaard, ons swaai dit na links en na regs terwyl die vyand probeer staan. Maar nou weet hulle dat hulle nie net te staan kom teen enige vrou of enige man nie. So dit is wat ons gaan doen terwyl ons vir U wag op hierdie huweliksdag. Ons gaan net aanhou veg. In U heilige en U regverdige en U gesalfde YAHUSHUA se naam.

Want julle sien, ons dra nie sommer net enige trougewaad nie, maar ons staan in die volle wapenrusting van God YAHUVEH. En ek kyk rond en nou sien ek nie net die vyand weghardloop nie maar ek sien ook engele, legioene en legioene van engele wat U gestuur het vandag terwyl ek bid. Dit is hulle wat veroorsaak dat die vyand in sewe verskillende rigtings hardloop. En daarom sal ons hier bly staan, want U Woord sê as mens alles gedoen het wat jy kan doen, moet jy net bly staan, so daarom sal ons hier bly staan en ons sal wag vir ons Bruidegom ongeag hoe lank dit neem. Ons weet U is nooit te vroeg nie en nooit te laat nie.

Daarom gaan ons hier staan. Ons gaan nie eens aan die slaap raak nie. Ons gaan nie eens sit nie. Ons gaan staande bly selfs as hulle lag en spot. Ons gaan hier staan en wag vir ons Bruidegom, wie die Lewende Rots genoem word. Maar ons het die trane. En al veg ons nog teen die vrese, dit maak nie saak hoeveel jare nie, ons sal hier staan met die olie in ons lanterns. En met die lamppit kort geknip, en ons gaan hier staan en wag vir ons Geliefde om te kom.

Ons het U lief, ons het U lief, ons aanbid U, ons bewonder U. Ons hart sou nie eens geklop het as dit nie was vir die feit dat U dit laat klop het nie. Ons verlang na U, ons smag na U soos ‘n persoon wat dors ly in die woestyn. Dank U vir U Lewende Water, maar dit kan nie die dors wegneem wat na U verlang nie, wat smag na U nie, wat ons laat treur, “Waar is ons Bruidegom?”

Sal U spoedig kom? Sal dit vandag wees? Sal U kom en U Bruid wegneem? Ons staan onder die ‘hoopla’ en ons kyk steeds na die noorde, ooste, suide en weste, en gaan probeer om ‘n glimlag op te sit alhoewel ons soveel hartseer voel. Maar dit is nie net omdat ons die slegte nuus hoor nie, want laat ons onthou wie se verslag ons gaan glo? Hierdie keer gaan ons, ons vertroue plaas in die geseënde Hoop en weet dat ons baie spoedig met ons Bruidegom sal opstyg om Hom lewendig te ontmoet en ons sal baie, baie, baie spoedig gaan.

Dankie, dankie Geliefde YAHUSHUA ha MASHIACH, dankie dat U my toelaat om te spreek namens die bruid hierdie keer. Dankie dat U elkeen van ons gebede verhoor. O, ons aanbid U, ons loof U, ons het U lief, ons bewonder U. Ons dank U omdat U al ons sondes vergewe, om nooit weer daarna te kyk nie. Laat ons net U stem hoor, laat ons net U stem hoor, laat ons net U stem hoor, lei ons net en rig ons en vertel ons wat om te doen dis al wat ons van U vra. Laat ons nie voor die wolk van Heerlikheid uit gaan nie, en laat ons nie agter raak nie, laat ons altyd reg onder dit wees. Gebruik die vuurkolom, die Ruach ha Kodesh vuur, om ons pad te verlig. Laat ons nooit in totale duisternis wees nie, maar gebruik die vuurkolom daardie dag wanneer ons nie op elektrisiteit kan staatmaak nie.

Wees U die Een wat ons verwarm sodat ons nooit te koud word nie. Wees U die Een wat ons afkoel sodat ons nooit te warm word nie. Wees U die Een wat ons voed. Wees U die Een waaraan ons vashou, die Een wat ons die Lewende Rots noem. Wees U die arms waarin ons aan die slaap raak. Wees U die arms wat ons styf vashou. Wees U die Een wat ons kalmeer wanneer vrees ons in die nag oorval. Wees U die Vrede wat alle verstand te bowe gaan wanneer ons nie in hierdie wêreld kan vashou nie. O, Vader God YAHUVEH, ek roep tot YAHUSHUA, U Enig Verwekte Seun.

Beskerm ons asseblief teen hierdie bose mense. Laat hierdie gebede vrug dra vandag. En laat die Bruid bemoedig word op ‘n spesiale manier. Laat hulle U liefde voel, dat hulle nie verlaat is nie. Ons wag net vir U omdat ons weet dat U sal kom, want hierdie wêreld is nie ons tuiste nie. O, ons verlang na ons Hemelse tuiste. Maar ons gaan hier bly en vertoef en die doel bereik waarvoor U ons hier gesit het selfs al beteken dit dat sommige sal leef en sommige sal sterf. Dank U, dank U my Geliefde YAHUSHUA. Dank U.

Weet julle dat ons wapenrusting wit is?  Julle weet, mense dink aan ons asof in ‘n bruidsgewaad, maar in werklikheid is ons...ek sien ‘n visioen en ons staan in ons wapenrusting in skitterende wit. Dank U, dank U, dank U. Lees Effesiërs 6 wat die wapenrusting van ons Vader YAHUVEH is waarin ons staan. HalleluYah, HalleluYah. Vir U heerlikheid sal ons staan ten spyte van die vervolging deur mense. U Heerlikheid. Ons sal wag. Ons weet U is nie te vroeg is nie en weet dat U nie te laat sal wees nie. Om te weet dat U by U Bruid wil wees net soveel as wat ons by U wil wees. En daarom sal ons staan. En daarom sal ons wag. Dank U Vader.

Goed. Kan jy dit alles onthou? [gerig aan Wendy aan die ander kant van die lyn]

Wendy: Ek sal probeer.

Ek sien ‘n visioen van wapenrusting dit is ...voorheen het ek dit altyd beskou as...in ‘n vloeiende syagtige rok soos dié waarin mens trou. Maar jy sien dit is onprakties vir die doel van Sy Bruid.  Dis wat die Here my nou vertel. Dis nie prakties nie. Dis wêreldse wapens soos my seun gesê het, dit is wêreldse wapens. Ons het ‘n geestelike wapen. Effesiërs 6 sê...en almal behoort te lees wat staan in Effesiërs 6. Jy beter elke enkele stukkie van jou wapenrusting aan hê, jy beter nie een stuk verwyder nie. Maar ek sien hierdie wapenrusting en dit skitter en dit lyk asof dit goud afgee. Dit is anders as enige materiaal wat mens op aarde sal vind. Dit is iets wat geen wapen kan binnedring nie en tog, terselfde tyd so lig dat jy nie eens weet dat jy dit aan het nie.

En dis nie lomp nie en dit is nie ‘n groot soort wapenrusting nie. Dit is baie, baie pragtig en dit is baie...ek glo, ek gaan dit sê Vader want ek verstaan dit nie, dit is amper soos ‘n kleurmengeling [‘n speling van diep reënboog agtige kleure] dis soos ‘n kleurmengeling, dit is so pragtig. Ek weet nie. Ek hoor die woord kleurmengeling. Ek sal die woord kleurmengeling moet opkyk. Ek weet nie wat kleurmengeling is nie.

Wendy: Dis soos...jy weet soos ‘n seeskulp. Soort van pêrel agtig...soos naelpolitoer met al die kleure daarin. 

Ek hou baie van daardie tipe naelpolitoer.

Wendy: Waar mens al die verskillende kleure daarin kan sien.

Dit is hoe dit is. Mense moet verstaan, en die mans moet dit verstaan. Wat dit is, dat mans wat die bruid genoem word, altyd gewonder het hoe hulle sal lyk in ‘n trougewaad. “Nou maar goed, God U noem my ‘n bruid.” Maar die Here doen dit sodat mans kan verstaan. Die uitrusting is iets wat goed lyk aan mans en vroue net soos dit ons sal pas. Dit pas ons anders as wat dit die mans sal pas as gevolg van die kurwes. Jy weet ons is anders gevorm, kom ons wees openlik. Maar dit is van dieselfde materiaal en dit is absoluut pragtig, en wanneer die sonlig daarop val, gloei dit net, daarom dank ek U en ek loof U.

En Wendy, weet jy wat? Ek kan nie nag sien nie selfs al is dit dalk donker daar buite...terloops dit is 9:10 so ek weet nie hoe laat daardie boodskap begin het nie, maar ons moet regtig begin om die tye te onthou...maar dit is nou 9:10 nm....watter dag is dit? Is dit September?

Wendy: Oktober.

Ons is in Oktober...9 Oktober. Ons is in 9 Oktober en dit is na 9h00. Nege is die nommer van bevryding soos ek gehoor het. Wow. Wel, in elk geval...maar in elk geval die belangrikste is dat hulle dit moet verstaan en ek dink dit sal hulle seën om te weet dat hulle nie daar staan in ‘n ragfyn wit nagrok nie. Dis die wapenrusting van God in Effesiërs 6 en dit is absoluut pragtig.

Ek het begin om te sê dit is so mooi, selfs al is dit nag, is daar geen nag nie. Ek het gesien hoe die sonlig afkom en die wapenrusting vang, so selfs al is dit nag en selfs as Hy in die middernag uur kom, selfs terwyl ons wag, sal dit rondom ons lyk of dit lig is, want ons sal instaat wees om duidelik te sien wanneer ons Meester kom, dit is wat die Here gesê het.

Al kom EK in die middernag uur, simboliseer die lig rondom julle dat julle nie in die donker betrap sal word nie. Julle sal nie onverhoeds betrap word soos met ‘n dief nie. Hy het gesê julle sal lig hê reg rondom julle. Nie afhanklik van die lig nie. Maar dit is wat die lig is, dit is die lig van God. En soos HY nader kom word dit net al helderder, en julle sal die Here enige wapen vra wat teen die vyand opgerig sal word, dit is presies wat Hy my nou vertel. Ons gaan duideliker verstaan en suiwer openbarings kry, duidelike aksies en vinniger woorde van Hom, ons het wapens wat aan ons gegee was. 

Hierdie is splinternuut en niemand sal instaat wees om dit te stop nie. Hulle kan baie dinge wegneem, maar hul kan HOM nie stop nie, die stem van YAHUVEH. Maar die Here sê nou; Laat die mense weet wanneer hulle hierdie dinge sien begin gebeur, hoor hulle duideliker en sien hulle duideliker.

Maar wanneer dit lyk of daar orals net duisternis is in die middernag uur, gaan ons duidelik die lig van GOD hê op ‘n magtige manier op daardie dag. Dit bid ek in die naam van YAHUSHUA. Amen. Daarsy