Profesie 15
Dit Is Een Minuut Voor Middernag, YAHUSHUA Kom In Die Middernag Uur!

Gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu 2 Februarie 1998

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku Elisheva om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van Die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige WIND van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jesaiah 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê om die volgende van 2 Kronieke voor elke Profesie by te voeg:

2 Kronieke 36:16 “maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(Skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

*******

Hier is 'n visioen van die Hemel waar YAHUSHUA intree vir die Verlore Skape. Gabriël blaas die trompet en Mìgael het sy swaard uitgetrek, gereed om die engeletroepe in die geveg te lei. Dan is daar ook YAHUVEH, die Vader, en geen lewende wese kan SY gesig aanskou nie. Die holografiese kruise agter die troon, te veel om te nommer, verteenwoordig almal wie YAHUSHUA se geskenk op Golgota aanvaar het, omdat HY elkeen van ons se plek ingeneem het aan die kruis.

Reddings Bladsy (Kan gelees word op www.amightywind.com) - Slegs in engels beskikbaar
Bladsy oor die Hel (Kan gelees word op www.amightywind.com) - Slegs in engels beskikbaar.

Hierdie visioen was aan Eerw Apostel Elisheva Eliyahu gegee gedurende gebed saam met 'n ander suster. Hierdie afbeelding het ‘n spesiale salwing. Wys dit vir 'n geliefde of vriend as jy wil weet of hulle name in die Lam se Boek van die Lewe opgeskryf is. Hulle gees word na die Hemel toe getrek word, as hulle niks negatiefs oor dit te sê het nie.
Verduideliking van die afbeelding “One Minute Until Midnight”

Profesie gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu. Ingesluit met onderrig.


* * * * * * *

So Spreek YAHUVEH, tensy hierdie nasie hulself voor MY en die ganse Hemel en aarde verootmoedig, sal hierdie nasie, Amerika, wat afgesonder is om aan MY Lof, Eer en Glorie te bring, nooit weer 'n oorlog wen nie. Dit is tot dusver slegs deur MY Genade, dat hierdie nasie vry is. Maar nou het jou leiers agter ander gode aan begin hoereer, hulle wie hulself MYNE noem, maar alles wat Heilig is bespot. Hulle lieg nie eers soos die bose Farao gedoen het nie.

Julle staatshoof, julle president, swaai alles wat Heilig is, selfs die heiligheid van die huwelik, in MY gesig en lei die nasie in 'n oorlog wat EK nie uitgeroep het nie, maar wat EK wel sal toelaat, want die leiers het nie MY wysheid, raad of leiding gevra nie. Hulle bespot MY met die Hooggeregshof. Hierdie nasie sê "God Bless America". EK sal, as Amerika maar net weer 'n seën vir MY sal wees.

Jy is 'n doring in MY vlees, Amerika. EK is hewig vererg, want EK sien wat in die skole onderrig word terwyl julle kinders in die hole van die antichris sit terwyl evolusie geleer word en nie skepping nie. Terwyl een leuen na die ander die goeie uitvee en verkrag wat die ouers hulle kinders in die weg van heiligheid geleer het. Julle kinders lê nakend en verkrag. Tog doen julle weinig om hulle te beskerm. Ja, EK praat met MY Kinders, nie met die heidene wat nie van beter weet nie. Julle kinders word 'n woordeskat gevoer waaruit MY NAAM verwyder is en slegs as 'n vloekwoord gebruik word. Hulle word onheiligheid geleer en opstandigheid teen alles wat Heilig is.

Hoekom staan MY Kinders en toekyk en bly stil? Musiek wat geskape is vir skoonheid en vir genesing vir die siel en vir lof en aanbidding tot MY, word nou deur die hel en satan gebruik om MY Kinders weg te lei van Heiligheid af en plaas instede daarvan die geeste van onheiligheid in hulle. Luister julle na julle kinders se musiek? Dink julle regtig dit is onskadelik? Hulle word gedemoniseer deur musiek. Julle het nie julle kinders beskerm nie; geweld en opstandigheid word daagliks in julle kinders gehamer.

Gee julle aandag aan die speletjies? Dit is uitvindsels uit die Hel. Gee julle aandag aan die televisieprogramme waarna hulle kyk? Die gruwelflieks waaraan hulle aandag gee wat net hulle harte verhard teenoor moord en geweld. Totdat satan hulle uiteindelik 'n regte moord op die nuus laat sien en dan sê hulle, 'wat daarvan, dis nie so erg nie'. Rebellie teen die ouers en die wette in Amerika sê dit is verkeerd om jou kind 'n loesing te gee.

satan is besig om dit nou aan te hits deur kindersmishandeling wat in die minderheid is te vat en te sê, "Pasop, dit sal kindermishandelaars vorm as julle jul kinders pakgee." Lees MY Woord wat nie kan lieg nie. Julle kinders is nie in rebellie as gevolg van dissipline nie, maar as gevolg van gebrek aan dissipline. EK het die agterstewes nie net geskape om op te sit nie, maar ook om pak te gee. Die regering probeer om julle kinders op te voed. Hulle doen dit alreeds en julle besef nie wat aan die gebeur is nie. Selfs die skole leer hulle om hul reëls te gehoorsaam, nie YAHUVEH se reëls nie. Respekteer die regering en die wette van hierdie land, anders sal julle gestraf word, word algemeen in Amerika verkondig. Maar met dieselfde stem word gesê, "Rebelleer teen Heiligheid". Jong meisies het regte om aborsies te ondergaan sonder die ouer se wete. Die state het julle regte weggeneem.

Kondome word aan kinders gegee en daar word aan hulle gesê, gaan voort, 'julle kan maar seks hê sonder nagevolge, ons sal nie vir julle ouers vertel nie'. Wette word uitgevaardig wat rebellie aanmoedig teen wat EK geleer het. Selfs julle president bespot MY Tien Gebooie. Maar gee die mense om? Hulle gee slegs om hoe dit hulle affekteer. MY pastore is bang om te praat want hulle kan nie bekostig om hulle belastingstatus te verloor nie. EK sal julle wys wie om te vrees, want julle sal julle belastingstatus verloor.

Julle wie neerkyk op pastore wat EK geroep het, soos hierdie een aan wie EK nou hierdie profesie gee. Julle bespot haar, want sy gebruik haar eie geld saam met ander wat liefdesoffers of tiendes gee, maar het nooit self 'n salaris geneem nie. Maar sy sal 'n salaris hê, en MY ander bedienaars wie die bedienings uit hul eie sakke ondersteun, wat nooit neem nie, maar slegs aan ander gee. Hulle sal die seëninge ontvang, want MY Woord sê, "Die rykdom van die bose word opgegaar vir die regverdiges." EK sal julle rykdom vat en aan hulle gee wat dit sal gebruik vir MY Glorie. Nie vir hulle eie nie.

EK sal hulle seën wie dit waag om in MY NAAM op te staan en die wolwe in skaapsklere bestraf. Alhoewel hulle vlees ineenkrimp, juig die RUACH ha KODESH, want hulle gehoorsaam MY en nie 'n mens nie. Julle pastore wie die luukse motors bestuur wat met die gemeente se geld gekoop is wat veronderstel was om MY Heilige tiendes te wees. Julle pastore wat in weelderige paleise woon, geskik vir 'n koning, wat met MY tiendes gespandeer is. Julle pastore vir wie die regering op die rug klop, wie die waarheid verkoop het vir leuens. Sien julle nie dat julle omgekoop is om stil te bly nie anders sal julle jul belastingvrystellingstatus verloor nie?

Julle sál julle belastingvrystellingstatus verloor en waarlik die finansiële seëninge van bo sal inderdaad ook tot 'n einde kom. Julle is gewaarsku! Diegene vir wie julle bespot sal sien hoe julle voor die wêreld verneder word as julle nie vandag berou toon nie. Gee terug vir MY die tiendes en offergawes wat gesteel is en wat julle opgegaar het vir beter dae. Wanneer julle dit hoor, sal julle MY beskuldigings herken en weet vir wie hierdie woord is. Julle staan voor MY en die wysers van die horlosie staan op een minuut voor middernag. Julle maak MY siek omdat Heiligheid op julle televisieprogramme bespot word. Julle kinders word geleer dat homoseksualiteit net 'n ander lewenswyse is. Clinton gaan dit wetttig verklaar dat daar nie teen homoseksualiste gediskrimineer mag word nie, of dit 'n pastoor of 'n onderwyser is.

Wees gereed! Die aanval van demoniese geïnspireerde wette is aan die kom. Maar hulle wie MYNE is, julle sal weet wat om te sê en julle sal dit hierdie keer doen. Die President en leiers van hierdie land is besig om MY alles verterende gramskap te ervaar omdat hulle hierdie nasie mislei. Moenie mislei word nie, EK is 'n jaloerse GOD. Wraak kom MY toe, sê YAHUVEH! BEROU, dit is een minuut voor middernag. Dan sal dit weer wees soos wat dit in die ou tyd was, Eksodus 11:4. Soos EK MY Seun gestuur het om julle te red, soos wat EK Moses gestuur het om vir Farao te waarsku, so stuur EK nou hierdie Profeet vooruit om julle te waarsku, om die Bruid te bemoedig. Dit is een minuut voor middernag. Wat gaan julle doen? EK het vooruit gespreek deur hierdie Diensmaagd, Profeet [Elisheva Eliyahu], om julle te waarsku.

EK spreek hierdie waarskuwing vooruit aan diegene wie beweer dat hulle leiers van hierdie land is. LAAT MY MENSE GAAN sodat hulle Heilig voor MY kan lewe. Laat hulle MY aanbid en alles waarvoor EK staan. Los MY Kinders alleen. Hou op om hulle te vervolg. Die vloeke van Deuteronómium 28 is vir die ongehoorsames gereserveer. Eksodus 11:4 sal weereens julle vonnis wees. Draai weereens terug na die GOD van julle voorvaders. Draai terug, leiers van hierdie nasie en word RUACH ha KODESH (Heilige Gees) gevulde leiers van hierdie nasie. Bestraf sonde en straf onheiligheid anders sal die lot van Farao julle lot wees. LAAT MY MENSE GAAN, so spreek YAHUVEH.

EK gaan weereens bewys dat EK nie 'n GOD is wat bespot of geïgnoreer kan word nie. Amerika wees gereed! Wêreld wees gereed! Vyande van die Evangelie van YAHUSHUA ha MASHIACH wees gereed. Hulle wie nie MYNE is nie, sal 'n skeiding sien tussen hulle wie MY aanbid en hulle wie MY en alles wat Heilig is, haat. Julle sal sien hoe EK die heidene gaan straf en met julle oë sien op watter manier EK die Heiliges beskerm en die onheiliges straf en almal wat sonde goedpraat. Al julle rykdomme sal nie in staat wees om te stop wat Almagtige GOD YAHUVEH gaan doen nie.

Onthou julle die plaag van die rotte wat op die Withuis toegesak het? Omdat EK MY Profete gestuur het en julle wou nie luister nie. EK het MY Profesieë gestuur en julle het dit verbrand. SPOTTEND! Dit sal selfs erger wees as voorheen. Toon berou voordat dit te laat is. Dit is een minuut voor middernag. Daar is nog tyd voordat EK MY Kinders huis toe neem saam met MY en hierdie nasie sal op hul tande kners weens pyn want hulle het dit durf waag om die groot GOD YAHUVEH en YAHUSHUA te bespot. Teen Middernag sal MY toorn val. Julle weet nie watter middernag EK vir YAHUSHUA, MY Geliefde Seun, stuur nie. Wees gereed Bruid, julle seëninge is aan die kom.

* * * * * * *

Gegee aan Kind, Soldaat, Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH,
Eerw. Elisheva Eliyahu
op 2/2/1998 om 6:20 v.m.