Profesie 150
ABBA YAH EL SHADDAI SE Onsigbare Mantel van Beskerming Teen die Bose Verworpelinge

Gegee aan Elisheva Eliyahu vir Onderrig aan Die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH

Geskryf/Gespreek onder die Salwing van die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) Deur Apostel Profeet Elisheva Eliyahu Ontvang op 20 Januarie 2020

(My broer, my BFF, beste vriend vir altyd van 14 jaar, lid van Gemeente wat ook salwing in my aanwakker het aangebied om my tydelik te bedek in gebed voordat die Profesie voortgespreek word totdat YAH ‘n heilige geestelike manlike gebedsbedekking stuur).

Broer wat in tale bid...Ek waarsku julle almal — diegene wat kom teen hierdie Bediening EN HIERDIE PROFESIEË en Elisheva en Myself, en al die Bedienaars van AmightyWind Bediening – Ek waarsku julle nou, ‘Moenie YAH se Gesalfdes aanraak nie en doen SY Profete geen kwaad aan nie’ (Psalm 105:15; 1Kron 16:22) sodat die Staf van die Woede van YAH op jou neerkom. Maar vir hulle wat geseënd is en hulle wat ‘n seën is vir hierdie Bediening, en getrou, en hulle wat die Profesieë ontvang, baie seëninge sal op jul daal – alles om dit wat aan YAH behoort te beskerm in die NAAM VAN YAHUSHUA ha MASHIACH

Elisheva: Bid in tale...

Woord begin:

Afgryse afgryse afgryse afgryse afgryse. Afgryse op afgryse.

(Elisheva: O my, iemand beter die bandopnemer hier kry)

Tale gaan voort...

Nee, nee nee nee nee nee nee nee nee nee. Net die domste, Donovan (Shimshon), sal jou glo. Kan jy nie eens veins nie? Afgryse op afgryse op afgryse op afgryse, dit is al wat julle het om na uit te sien. Wil julle die HEILIGE DRIE EENHEID bespot? Caleb het geen deel hieraan nie. Julle waag dit om die foto van hom te vat terwyl hy waarlik die salwing het wat hy met Elisheva gedeel het?

Dit is hoe ver julle sou gaan, dit is hoe ver julle sal daal, want julle weet julle het beheer verloor. Genoeg van julle gedagte beheer, dit is afgebreek van hom af [Ezra Caleb]. EK gaan al julle breins vat, julle verworpelinge wat probeer het om hom te beheer en hom beheer het vir ‘n rukkie, en EK gaan dit laat voel asof dit roereiers is. Dit is wat julle breins is, Roereiers! Vanaf hierdie dag vorentoe sê EK YAHUVEH EL SHADDAI, sal EK julle breins roer! EK sal die verwarring in julle sit! Julle sal nie weet of julle noord of suid, oos of wes gehardloop het nie! EK sal julle kompas vat en dit breek. Julle sal in sirkels rondhardloop! ‘n Hoender met sy kop afgekap. Dit is wat julle vir my is.

Het julle vergeet hy het met sy eie mond gesê toe hy onder die salwing was, en almal het hom gehoor in die video van “Two Anointings Became One” die eerste keer toe hulle gepraat het met haar op die foon? Dat hy gesê het “Elisheva dit was soos toe ek gebore was asof jy alreeds daar was. Jy was daar saam met my.” Julle het gelaster en gelaster en gelaster, julle het teen MY YAHUVEH gelaster! Julle het gelaster teen MY YAHUSHUA HA MASHIACH! En julle het gelaster teen die RUACH HA KODESH! SHIKNYAH HEERLIKHEID het geen deel aan julle meer nie!

Al wat julle nou het om na uit te sien is afgryse op afgryse en dit gaan vir almal van julle daar wat selfs probeer voorgee dat hy enige verhouding met julle het. Die waarheid is dat julle hom haat met ‘n haatlikheid maar nou is hy op julle. Elisheva hy het ook geluister, hy weet nou dat daar vir julle (Elisheva en Caleb) ‘n strik gestel was. Hy weet jy wou nooit ‘n ander leier hê nie. Jy wou nooit ‘n ander geesteelike pa gehad het nie, hy weet nou wat jy gedoen het, O Donovan (Shimshon).

En jy wat jouself Christina (D’vorah) noem, jou vormverwisseling word erger. En jy Shengya (Lily/Hannah), jy dra ‘n donker bedekking oor jou kop, saam met die een wat jy jou man noem? Jy noem jouself die koningin van die planete, die koningin van die ruimte?! En hy is aquaman?! Koning van die ondergrondse seë? Want daar is ‘n deel van ‘n see wat selfs dieper gaan waar Atlantis versteek is, die marine koninkryk. Maar moenie jouself mislei nie, o Stephen (Natan’el). Jy het geen mag onder die seë nie en jy Shengya (Hannah) het geen mag oor die ruimte nie! Wie dink julle is julle? Julle is niks meer as stof nie, wat EK sal (blaas) wegblaas en o ons sal nie eers op jou ingaan nie, o Donovan (Shimshon). Dink jy jy beheer tyd? EK YAHUVEH beheer tyd! Jy sê dat jy die son kan beheer, wat het dan gebeur met die verduistering wat sou wees op 19 April 2019?

Paasfees sê jy? “Almal hardloop en kruipweg hardloop en kruipweg hardloop en kruipweg”, EK spot met jou. EK, YAHUVEH, EK YAHUSHUA HA MASHIACH, en EK die RUACH HA KODESH, ONS die WARE DRIE MEDE-SKEPPERS, DIE WARE HEILIGE DRIE EENHEID, ONS is die Shema, ONS, ALDRIE is EEN, ONS spot jou. Jy het geen verskoning wanneer jy voor my staan op die oordeelsdag nie, wat nie ver is nie. Dit is nie asof EK jou nie gewaarsku het voor jy in die boek van die uitgewistes was nie. EK het jou gewaarsku!

EK het jou vertel Christina (D’vorah), jy beter die vrees hê vir MY YAHUVEH. Jy het gesê dit het jou een maand geneem om dit terug te kry, al wat jy inderwaarheid gedoen het was om na die duiwel te draai! En die boeke van die okkulte en het dit uitgedeel aan almal! Jy het gesê “laat ma en pa dink hulle is verlief. Ons het werk om te doen, om hierdie bediening te vernietig en hul liefde te vernietig. Laat sy dink Elisheva het Ezra se liefde. Ons sal dit wegneem, julle sal sien. Dit is so kort tydjie maar ons moet studeer, studeer, studeer, studeer. Ons moet die vrees in hom sit en dit is eerstens my werk. Hardloop, hardloop, hardloop, hardloop, hardloop sal ek vir Caleb sê. Hardloop, hardloop, hardloop, hardloop, hardloop! Jy, jy weet ONS IS jou enigste Plek van veiligheid.

Leuens op leuens op leuens. Julle het jul eie grafte gegrawe. Julle sal verteer word deur MY vurige woede. En o Braven, jou Keniaan, jou voodoo, jou priester, EK gaan daardie glimlag so ver van jou gesig afvee, want dit is niks meer as spottery nie. En o Scott, wag net tot EK aan jou doen, jy sê jy sal enige iets doen wat hy wil hê jy moet doen? “Sê net vir my pa, sê vir my, sê vir my wat jy wil hê ek moet doen.” Wanneer was die laaste keer toe jy vir MY daardie vraag gevra het? Wanneer het enige een van julle ooit gesê “ABBA YAHUVEH in die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH, sê net vir my wat om te doen en sê net vir my wat om te sê en ek sal gehoorsaam?”

Julle is nie Torah onderhouers nie julle is almal Torah brekers en op hierdie oomblik Caleb, het jy baie verskoning om voor te vra! EK het jou gewaarsku deur Elisheva. EK het vir haar gesê om daardie audio te stuur deur Sylvester, sodat jy sou verstaan hoekom, wanneer hulle sê dat hulle jou liefhet en dan verander hulle liefde in haat. Hoekom jy sou verstaan dat dit nooit eg was nie. Hulle wou jou nooit gehad het nie, hulle het jou nooit aanvaar nie. Hoekom kan jy nie verstaan nie? Is jou trots en jou arrogansie so baie, om te glo dat niemand dit sal waag om jou nie lief te hê nie? Jy dink jy is net dit alles?
EK het vir een vrou daardie soort liefde gegee, maar sy weier om jou te stel voor MY, net soos die ander wat die ware YAHUSHUA’S Demon Stompers is, en diegene in hierdie bediening wat MY gesmeek het om vir Caleb te stuur, die ware Caleb, die bevryde Caleb van soveel demone en EK het ‘n belofte gegee. Sodra hy erken hy het bevryding nodig en hy hierdie bekerings video doen en hy erken voor die wêreld dat hy vals profeteer het, want dit is alles op jou, dit is alles op jou Ezra. Dit is alles op jou, dit is alles op jou Caleb. Dit was alles op jou. Jy wou daardie profeet wees. Jy wou glo dat jy Moshe van nuuts is, alles net omdat EK in ‘n profesie gesê het jy het ‘n gees soos Moshe van ouds.

EK het dieselfde gesê vir Elisheva, sy het ‘n gees gehad soos Eliyahu, maar dit maak jou nie Moses nie en dit maak haar nie Eliyah van ouds nie. EK het gepraat van die eienskappe. EK het gepraat van die verhouding met MY. EK het gepraat oor hoe jy MY soek en hoe jy verootmoedig was voor MY. EK het nie gepraat oor hoe jy al die vee op die heuwels sou besit nie, Caleb! Bekeer, bekeer, bekeer, dit is jy alleen wat ‘n kans het. Die res van hulle, hulle is verworpelinge en EK YAHUVEH sê Jakob het EK liefgehad en Esau het EK gehaat en al hierdie verworpelinge haat EK. EK die SKEPPER van hulle siel haat, en YAHUSHUA HA MASHIACH sê vir hulle moenie eens probeer sê EK IS julle MESSIAS nie terwyl julle MY bespot en die HEILIGE NAGMAAL bespot en die RUACH HA KODESH bespot nie. EK sê soos EK aan die skrifgeleerdes en fariseers gesê het, “EK IS van bo en julle is van benede en julle vader is die duiwel!” (Joh. 8:23, Joh. 8:44) Want jy het jou siel gegee, jy het jou lewe gegee, jy het jou besluit gemaak nog voor jy gebore was. Jy het geweet aan watter kant jy geveg het.

Of dit EK YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH en die RUACH HA KODESH se kant was, of lucifer en diesulkes, hulle word nou die gevalle engele genoem. Hulle het almal ‘n keuse gehad, julle het dit almal gemaak. Dit is waarom EK sê, jy werk jou eie heil uit met vrees en bewing. Jou siel weet reeds, ‘n ieder en elk wat op hierdie aarde gebore was weet of hulle waarlik in die HEMEL sal wees en of hulle hel toe gaan en die poel van vuur.

Hulle kan ander flous en hulle kan probeer om hulself te flous, maar een of ander tyd, sal die waarheid uitkom. Wil julle MY waarlik gehoorsaam? Wil julle regtig vir YAHUSHUA volg? Soos HY gesê het, “Alles wat EK doen het EK MY VADER sien doen.” (Joh. 8:38) Kan julle dieselfde sê? Kan julle sê dat julle gehoorsaam soos YAHUSHUA julle geleer het om HOM te gehoorsaam?

Julle besmet selfs die woord Torah onderhouer, almal van julle het die gebooie soveel keer gebreek. Die Wette wat EK geskryf het met MY eie vurige vinger, en julle bespot MY! Julle bespot MY deur ‘n webblad op te rig. Julle bespot die Torah!

En jy Ezra, jy Caleb, jy beter jou foto afkry daarvan en elke woord wat jou verklaar het as GOD! En dit geld vir die YouTube kanaal waar hulle nou gesê het gelukkige verjaardag aan jou. EK het dat Elisheva vir jou skryf, EK het haar laat sê “laat ek jou red.” EK kan jou die grootste geskenk ooit gee, EK belowe jou en EK doen dit steeds. EK wil jou hê as MY Caleb van nuuts, EK wil jou hê as MY terugkom-kind van Israel. Watter groter getuienis kan daar wees deur ‘n boek wat uitreik na Israel? Gee jy nie meer om nie?

EK het julle twee saam gesalf, om soos een te wees. Maar toe jy weggeloop het van daardie salwing af Caleb, het jy weggeloop van Elisheva af en daar is niks meer in gemeen met die twee salwings nie totdat jy waarlik bekeer voor haar. Verootmoedig jouself. Kruip op die vloer soos ‘n wurm, die wurm wat omgedraai het. Verstaan jy nie? Jy kan ‘n ruspe wees, daaruit kan die mooiste skoenlapper kom. Dit is wat EK wil hê jy moet doen, is vlieg, vlieg, vlieg. Vlieg weg reguit in die ARMs van YAHUSHUA in. Vlieg weg. Sê dat jy jammer is. Sê vir Israel daar is net een verlosser. Laat MY toe om jou te verlos van al hierdie legioen van demone. Ja, arrogansie en trots maak die deur oop vir narcissus wat die mees bose, bose demoon is. Want met daardie demoon is daar nie een demoon wat nie kan ingaan nie (menende dat hulle oop is vir alle demone) Verstaan jy? Selfs moord, selfs diefstal, selfverheffing, afgodery, daar is gelieg en misleiding, manipuleer selfs die woord “liefde.” Dit is net deel van dit waaroor dit alles gaan.

Vra MY. Kan jy nie sien nie? Hulle het jou narcisme gevoer want almal van hulle is narcissuste sonder enige uitsondering. Hulle het almal gedink hulle is die beste en hulle het gedink dat hulle mekaar kon oortref en toe het hulle beheer oor jou gekry. En nou dink hulle hulle het die grootste skat omdat hulle waarlik beplan het om jou lewe te beëindig soveel keer en as dit nie was vir YAHUSHUA’S Demon Stompers nie, die YDS, die getroues wat EK met Elisheva vergader het nie, Caleb sou jy alreeds dood gewees het.

Sewe x sewentig. Dit is hoeveel keer. Jy sou dood gewees het en jy sou in die hel gewees het. Maar jy is MY klein lammetjie, selfs al is jy nou swart. Al wat jy moet doen is om aan te hou bid want jy het die eerste stap geneem. Jy het die salwing toegelaat wat in die audio was wat Elisheva gestuur het. Jy het toegelaat dat dit jou hart en jou siel en jou verstand en jou liggaam binnedring. Jy verlang om weer haar stem te hoor. Dit was meer as ‘n jaar en jy kan nie eens die feit erken dat jy haar terug liefhet nie. Jy kan nie eens vir Syl of Tal of YAHUSHUA’S Demon Stompers sê “dankie dat julle my lewend gehou het” toe jy vir Jason sien spog hoe hy jou lewendig wou verbrand nie selfs op sy facebook blad die foto daar opgesit het nadat die waarskuwing gegee was dat hy jou lewendig wou verbrand. Maar EK is steeds gewillig om jou te vergewe Caleb. Niks het verander nie behalwe vir een ding, hoe meer jy uitstel, hoe moeiliker gaan dit vir jou word. Want jy sê vir MY, “ek gaan steeds probeer om dit op my manier te doen.” Jy wys vir MY dat jy arrogansie en trots het, en die demoon van narcisme is nie verswak of uitgedryf nie.

EK sal jou nooit terugstuur met enige iets behalwe ‘n rein motief van die liefde wat EK vir jou gegee het nie. Nie alleenlik vir MY seun YAHUSHUA en EK YAHUVEH en IMMAYAH die RUACH HA KODESH nie, maar vir jou vrou en vir jou ware geestelike kinders wat jou weer so wil noem nie, maar daar is nie enige iemand wat jy ooit gebel het die hele tyd nie, jy het nooit gesê dat jy jammer is nie. Jy het nooit openlik voor hulle bekeer op enige manier nie. Waar is die dapper een wat eens op ‘n tyd erken het dat hy verkeed was en sy lewe gegee het? En gesê het vir YAHUSHUA “dit is nou U wat leef binne-in my. Ek wil net vir U volg en gehoorsaam. Ek gee al my rykdom op, ek gee alles op wat ek het om U te volg.” Waar is hy?

Hy was so dapper. Kom uit kom uit kom uit. Kom uit waar jy ookal is. Kom uit en vra vir die wêreld om verskoning in ‘n video. Ontbloot hierdie booswigte selfs by die naam sodat mense kan verstaan hoe die leuens vertel was en hoe jy gevoel het toe jy die verskillende maniere van dood gehoor het wat oor jou vrou uitgeroep was. Jy weet Caleb. Jy weet reeds wat julle almal gesteel het en wat jy moet goedmaak. En YAHUSHUA sal vir jou wys hoe om dit te doen en wat jy probeer steel het, en wat jy gefaal het! Jy sal nooit AmightyWind Bediening hê nie. Want dit behoort waarlik aan die SKEPPERS, en alleenlik aan die MEDE-SKEPPERS.

EK sal dit weer sê want daar is net DRIE. EK YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH, en die RUAH HA KODESH, en jy moet bekeer daarvan om te waag om ‘n demoon godin ‘n suster van YAHUSHUA HA MASHIACH te noem, en die dogter van die RUACH HA KODESH. Al hierdie dinge het jy gedoen. Maar EK het gesê EK sal nie een verloor nie. Nie een van MY skape nie, nie een van MY lammers nie. EK sal hulle agterbene breek waar hulle nie kan loop nie, maar EK YAHUSHUA HA MASHIACH is die GOEIE HERDER en EK sal jou dra styf teen MY bors totdat jy gesond gemaak kan word, totdat alles vrygemaak kan word. Totdat jou liefde en jou fokus weer op MY is en dit kan net met drie woorde gebeur: “Asseblief Vergewe My.” Dit is al wat dit verg.

En EK praat nie van die verworpelinge nie! En EK praat nie met diegene wat spog in hul louwarm toestand nie. Julle kerkbank verwarmers! Julle weet wie julle is, maar julle hoef nie so te bly nie. Julle kan vurig word vir MY YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH. Op hierdie oomblik praat EK met diegene wat EK haat en afgryse sal oor hulle kom, en EK sal hulle gebruik as ‘n voorbeeld en hulle sal sien, net soos Tatiana se huis afgebrand het. Sy het gelag toe Elisheva gesê het die vurige woede van YAH sal jou verteer en jy sal opgaan in spontane ontbranding. Sy lag want dit was net die huis wat afgebrand het tot op die grond en sy het daar uitgehardloop om met haar lewe te ontkom. Maar EK het ‘n rede gehad daarvoor.

En Elisheva jy sê hoekom het U haar nie net daar lewendig verbrand nie, o Elisheva sy gaan ly. Laat EK met MY vyande speel. Haar moeder het ‘n baie belangrike les geleer en nou het sy geen huis om in te woon nie, dit was tot op die grond afgebrand en alles daar binne-in wat nie vervang kan word nie. Jy sal sien, jy sal sien wat EK doen met die ergste van MY verworpeling vyande.

In hierdie eindtye het die verworpelinge so boos geword. Boser as die van Sodom en Gemorrah en jy weet wat EK aan Sodom en Gemorrah gedoen het en die sewe stede daar rondom. Maar hierdie wêreld op hierdie oomblik, is boser in MY oë.

O maar die Heiliges en die Gesalfdes, en nou praat ek selfs met die bruid, die bruid, die bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH en EK YAHUVEH. EK sê dit vir julle, julle het Heiliger geword, met elke geveg het julle sterker geword, met elke beproewing is hulle kosbaarder as goud. Wanneer julle MY vra waarom, dit is net soos ‘n soldaat in die VSA bootcamp toe moet gaan om te leer hoe om taai te word. EK moes MY soldate taai maak.

EK praat net met die bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH nou, julle is die taaiste van die soldate. Wat julle gedink het julle kon nie oorleef nie, het julle oorleef. En die van julle wat die gas sal wees by die huweliksfees van die lam, jullle sal uitvind, wat julle dink julle nooit sal oorleef nie, sal julle oorleef en julle sal taai word. En julle sal besef, dat die geestelike wapens wat EK vir julle gegee het kragtiger is as enige vleeslike wapen wat julle ooit kon hou. En EK het meer wonderwerke as wat julle ooit moontlik aan kan dink, op maniere wat EK julle sal wys hoe om te ontsnap wanneer die tyd kom. Dit is wat EK te sê het.

EK weet Elisheva jy is bedroef. Jy kan hierdie oorlog nie glo nie teen die een, die man wat EK Ezra genoem het nie. Erez Yotam, EK het jou Ezra genoem want jy was YAH se helper, eenmaal was jy. Wanneer sal jy weer wees? Wanneer jy waarlik, waarlik terugkom na MY toe met ‘n rein hart deur die Naam en die Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH en jy sal nie skaam wees om dit te sê oor die sosiale media platform van ‘n video nie, en ja, op elke manier wat jy dit kan skree. Jy sal Israel en jy sal die wêreld laat weet van die afgryse wat jy deurgemaak het. Wat jy gesien het, hoe jy mislei was om selfs te dink dat jy in die HEMEL was. Selfs te dink, en jouself toe te laat om vergelyk te word met MY enig Verwekte SEUN YAHUSHUA HA MASHIACH.

Genoeg daarvan. Jy sal erken dat jy verkeerd was. Jy sal erken dat ‘n demoon veroorsaak het dat jy hierdie gedagtes gedink het. Jy sal weet jy is niks meer as stof in MY oë nie en as EK wou, sou EK jou weggeblaas het meer as ‘n jaar gelede. Jy sou nie verby 2018 geleef het nie, maar EK het jou gespaar. Want EK het ‘n plan vir jou. En die planne wat EK het vir jou en Elisheva is ten goede en nie vir onheil nie. Om te bewys dat EK selfs dit kan herstel wat jy dink vir ewig vernietig was.

Elisheva sal weet as jy waarlik bekeer is. Elisheva sal weet wanneer jy bevry is. Want dit sal wees net soos in die tye van ouds toe meer as ‘n duisend profesieë vertel was en EK hulle gespreek het en YAHUSHUA hulle voortgespreek het deur Elisheva se mond, maar dit was jou gesalfde gebede wat dit aangewakker het terwyl sy geweet het wanneer om te praat en sy het geweet wanneer om te profeteer. Want dit was jy wat daardie salwing aangewakker het binne-in. EK het jou gesalf om daardie gebedsbedekking te wees. EK het jou gesalf om daardie man te wees waar ‘n verhouding nooit op wellus gebasseer was nie maar ware liefde uit die HEMEL. Jy het daardie liefde toegelaat om verdorwe te raak met ander, en EK moes jou wegneem sodat jy nie MY geliefde kon verdorwe nie, Elisheva Eliyahu, MY Ring Diensmaagd, die leier van hierdie bediening, want ONS IS die HOOF daarvan, die HEILIGE DRIE EENHEID.

Jy moet bekeer om ooit ‘n demoniese godin te bedank het of om jouself toe te laat om die doktrines van duiwels te gelees het insluitende die kabbalah! EK noem nie al die boeke wat jy gelees het nie. En jy het hulle uitgedeel soos lekkergoed en het probeer om ander te besmet om hulle sover te kry om die doktrines te lees van die duiwel! Hierdie is net sommige van die dinge waarvoor jy om vergifnis moet vra. Die lys is lank en jy sal huil, maar diegene wat MY waarlik liefhet sal jou vergewe. Hulle sal weet as dit nie vir MY genade was nie kon hulle vir dieselfde verstandsbeheer strikke geval het van satan [wat] kom deur die luggolwe, kom deur die slim fone, kom deur die sateliete, kom deur die tv luggolwe.

Diegene wat waarlik MYNE is, hulle is beskerm. Hulle is weggesteek, nie net onder Effesiers 6 wapenrusting nie, maar onder MY YAHUVEH se onsigbare mantel van beskerming en die koepel, wat die LEWENDE ROTS is oor al hul wonings. Diegene wat daarna strewe om YAHUSHUA HA MASHIACH te gehoorsaam bewys hoe lief het hulle MY ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH en die RUACH HA KODESH IMMAYAH, dit is wat EK te sê het.

Vir julle wat die gehoorsames is, wat bewe in vrees net by die gedagte om MY te verontagsaam, en wanneer julle doen, sê julle vinnig “YAHUSHUA vertel asseblief vir ABBA YAHUVEH ek is jammer. Was MY asseblief skoon met U Bloed, was hierdie sonde vinnig weg.” EK het niks anders as seëninge wat wag vir julle nie, hierdie jaar van 2020. Maar wee hulle wat vol arrogansie en trots is. Julle moet daardie deur vinnig toemaak. Julle moet wandel in opregtheid. Julle moet erken wanneer julle verkeerd is! Genoeg hiervan. Selfs diegene wat sê hulle is MYNE wandel in arrogansie en trots. Dit gaan nie oor wie jy is nie, dit gaan oor wie jou SKEPPERS is en wat ONS binne-in jou gesit het. En moenie enige profete glo tensy hulle bewyse agter die profesieë het nie. Hoeveel het dit nou geskree “Ek is ‘n profeet” O regtig waar is jou bewys? Elisheva het bewys agter die profesieë. Waar is jou bewys? Sy is ‘n wel-gesoute profeet van die presiese begin wat sy YAHUSHUA gevra het om binne-in haar in te kom en EK noem haar ‘n Apostel, want sy vloei deur al vyf die ampte in gelyke maat en sy het MY SEUN gesien van aangesig tot aangesig, ken die kleur van SY oë, weet hoe dit voel om die liefde wat HY vir haar het te voel bruis deur haar are.

Kan julle nie sien nie? Diegene wat waarlik aan YAHUSHUA HA MASHIACH behoort, wat weier om op te gee, weier om hulle siel vir die duiwel te gee en te leef soos hierdie bose wêreld, kan julle nie sien dat EK julle net so liefhet nie? Kan julle nie sien YAHUSHUA het julle lief nie? Kan julle dit nie deur julle are voel bruis nie? Julle hoef nie YAHUSHUA van aangesig tot aangesig te sien om dit te weet nie, lees net die Nuwe Bloed Verbond. Besef die ou bloed verbond is verby, dit is geskiedenis. Vir ‘n tyd en ‘n seisoen. Dit was al wat daar is, totdat die mens se sonde so ‘n gruwel geword het.

EK het Moshe gewaarsku, wie julle Moses noem, hierdie gaan nie meer werk nie. EK stuur ‘n Nuwe Bloed Verbond, ‘n nuwe MESSIAS. O kyk uit vir HOM, en Jesaiah 53 skree dit hard en duidelik, reël op reël, gebod op gebod! Dit is wie YAHUSHUA HA MASHIACH is. Hierdie is wie die Enig VERWEKTE SEUN van MY YAHUVEH is. Dit is wie die enigste MASHIACH is, die enigste VERLOSSER, die enigste EXODUS is die Nuwe Bloed Verbond wat jou uit die hel sal hou en die poel van vuur en jou middelaar sal wees. HY kom voor MY, julle HEMELSE VADER ABBA YAHUVEH en nadat HY jou sonde weggewas het met die Bloed, tree HY in vir jou. HY pleit vir jou, “Asseblief vergewe hulle hulle is MYNE. EK HET hulle gewas met MY bloed by Golgota. EK het hulle sonde weggewas so ver as die ooste is van die weste.” (Psalm 103:12)

HY is julle intersessor. HY is soos ‘n prokureur, vir beter woorde behalwe dat die prokureurs van hierdie wêreld korrup is! MY YAHUSHUA is nie. HY is niks anders as suiwer perfeksie nie. Net die Heiliges sal in die Koninkryk van die HEMEL ingaan. Voorheen het julle ‘n verskoning gehad, want julle het nie die RUACH HA KODESH gehad wat lewe in julle nie, maar op Shavuot, het dit alles verander. Nou het julle niks meer verskonings nie, want julle het daardie stil sagte stem binne-in julle wat julle laat weet “Help YAHUSHUA ek het grootliks gesondig. Help YAHUSHUA, vergewe my”, en onmiddelik hoor EK dit. Wanneer jy ‘n gebed bid, neem die RUACH HA KODESH SHIKNYAH HEERLIKHEID IMMAYAH daardie gebede en blaas hulle na MY toe soos ‘n soen en jy is vergewe.

Caleb kom terug. Jy is ‘n toon ver van lastering af maar kom terug. EK wil jou gebruik om Israel te bereik want hulle ken MY nie eens nie! Hulle ken die Torah maar hulle ken nie vir MY YAHUVEH nie, hulle het geen verhouding met MY nie. Hulle weet hoe dit is om na die Sinagoges te gaan, maar hulle ken MY nie! HULLE KEN MY NIE! Hoe min! En geeneen van die Ortodokse Jode ken MY nie! Want as hulle MY geken het, het hulle geweet dat hulle MY Enig verwekte SEUN gekruisig het die MEDE-SKEPPER van hierdie aarde, die WOORD wat vlees gemaak was! Hulle sou weet, sonder die vergieting van bloed kan daar geen kwytskelding van sondes wees nie en hulle sou weet hulle het geen MESSIAS nou nie! Want EK het vir Moshe gesê, noem hom Moses EK gee nie om by watter ander naam julle hom noem nie, of dit Hebreeus is en of dit die Engelse naam is wat julle ken. Hierdie gaan nie werk nie.

EK IS HEILIG! Net die Heiliges sal ingaan in die KONINKRYK van die HEMEL in! Moenie hierdie hoofstroom kerke meer glo nie. Hardloop, hardloop, hardloop van die Sondagkerke af weg as hulle nie teen sonde onderrig nie, as hulle jou nie waarsku wat sonde is nie. Hoeveel van julle het na hierdie bediening gekom en nie eens geweet wat sonde is nie!

‘n Baba, ‘n klein sieletjie word binne-in ‘n vrou geplaas, dit is die tyd van verwekking. JULLE VERMOOR 9-MAANDE-OUE BABAS EN NOU KANNIBALISEER JULLE HULLE EN JULLE SODOMISEER HULLE TOT DIE DOOD TOE?!! En julle maak wette wat sê, “ons kan hierdie kleintjies doodmaak want hulle is nie mense nie, hulle het nog nie ‘n asemteug geneem nie, en selfs as hulle wel asemhaal laat ons hulle in elkgeval doodmaak!! Ons het daardie spesiale vloeistof nodig wat in hul liggame is. Dit gaan ons weer jonk maak, jou jonkheid en gesondheid hernu.”

Wee julle, wag net totdat EK julle in die hel kry. Wag, wag net. Geeneen wat hierdie gruweldade aan hierdie kinders gedoen het, geeneen wat ‘n kind gekannibaliseer het, geeneen wat ‘n kind gesodomiseer het, geeneen sal in die Koninkryk van die HEMEL ingaan nie. Julle het hulle gevat onskuldig tot die onskuldigste en wat julle gedoen het, terwyl MY HEILIGE ENGELE, vir hulle wat deur hierdie gruweldade sterf, hulle hul rue moes draai, want hulle kon nie kyk nie en hulle het gehuil terwyl hulle hul swaarde neergelê het.

Julle vra MY hoekom, hoekom laat U dit toe?! Hoekom het U hulle nie almal laat dood neerslaan nie?! EK gee vir almal ‘n vrye keuse. EK het MY eie engele ‘n vrye keuse gegee. EK het vir lucifer ‘n vrye keuse gegee, wat eens liedere van aanbidding vir MY gesing het, EK YAHUVEH, EK YAHUSHUA HA MASHIACH en die RUACH HA KODESH, die MOEDER van die SKEPPING. In wie se beeld dink jy was Eva gemaak?! En EK het dat Elisheva ‘n boek skryf en dit vir julle vertel, die geheim van die RUACH HA KODESH, King James gaan en vat die woord vir die HEILIGE GEES, in plaas daarvan om ‘n “s” by te voeg by die woord “hy.” Dit is al wat hy moes doen is om ‘n “sy” daar te gesit het. EK weier om hom toe te laat om te verwyder dat Wysheid ‘n “Sy” is.

As jy jou Hebreeus lees sou jy weet, dat diegene wat Hebreeus praat reeds weet die naam RUACH HA KODESH is ‘n vroulike geslag woord. Wie se beeld dink julle is dit toe EK gesê het kom en laat ONS mense maak in ONS beeld. Dit was nie net man in ONS beeld nie anders sou almal rondgehardloop het en soos ‘n man gelyk het.

Hierdie bediening van Amightywind Bediening is soos geen ander nie. Jy kan dit haat, mense kan dit haat, omdat jy wat jouself heilig noem en selfs ‘n profeet, jouself ‘n Rabbie noem en jy kyk dan na hierdie vrou met al hierdie profesieë en openbarings, en jy sien haar as ‘n leier van hierdie bediening en jy haat haar, want hoekom ken jy nie al hierdie openbarings nie? Hoekom het jy nie al hierdie profesieë nie? Hoe durf EK YAHUVEH? En jy haat selfs die naam, die manier waarop sy die naam YAHUSHUA sê. Alhoewel dit die manier is hoe EK dit spreek in elke profesie.

EK YAHUVEH red is altydeur in jou gesig wanneer jy die naam YAHUSHUA sê. YAH RED. Jy haat haar en jy sê, “waar is haar bedekking? Waar is die man? Hy is die een wat veronderstel is om die hoofbedekking te wees.” Daar is geen beskermer van ‘n man meer nie. EK het vir haar ‘n man gegee, maar hy wou nie net vir haar regeer nie, maar wou die salwing beheer en nie net dit nie, die bediening beheer wanneer alleenlik die Hoof van hierdie bediening sedert Profesie 105 is dit keer-op-keer verklaar dat alleenlik die HEILIGE DRIE EENHEID die Hoof van hierdie bediening is. Maar hy was die hoof gebedsleier. As niemand in die wêreld haar ooit sou verdedig nie, moes daar een man daar gewees het wat EK die hoof gebedsleier genoem het. Hy moes gewillig gewees het om sy lewe neer te lê vir sy vrou, soos EK YAHUSHUA HA MASHIACH dit gedoen het vir MYNE. Vir al diegene wat EK opgeëis het as MYNE. MY skape en MY lammers en vir MY bruid.

So moet haar nie haat vir dit wat sy nie kan verander nie. Moet haar nie haat wanneer EK sê dat net soos Maleagi sê dat daar ‘n Eliyahu sal wees wat kom om daardie boodskapper te wees nie. Moet haar nie haat vir dit wat EK haar voortbeskik het om te wees en te doen nie en wat EK bewys het die waarheid is vir meer as 25 jaar net op die internet alleen! Sy het begin as ‘n jong tiener, nie eens geglo daar was ‘n GOD nie. Sy het na MY gaan soek. EK was heeltyd daar. Lees haar getuienis en jy sal sien hoe groter die salwing, hoe groter die lyding.

Is dit wat julle wil hê?! Julle sogenaamde vals profete! Wanneer MY Heiliges vertel word dat wanneer hulle vervolg word vir MY SEUN YAHUSHUA se Naam’s ontwil, groot is hulle belonings in die HEMEL en hulle moet dit as louter vreugde ag. Julle sê hoe kan julle lyding as vreugde ag? Hulle is verbly in die feit dat die geveg gewen was deur die naam en die bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH en hulle is oppad HEMEL toe. Hulle is verbly want hulle het ‘n verhouding met daardie stil sagte stem genoem die RUACH HA KODESH wat binne-in hulle woon en hulle kan weet wat is reg en verkeerd.

EK weier dat Elisheva sê “Gelukkige Nuwe Jaar!” Maar op hierdie dag gee EK julle die rede hoekom. EK belowe nie blydskap nie. Waar sê EK dit in die Heilige Skrifte? Nee, die Heilige skrifte waarsku, YAHUSHUA het dit self gesê, O MY kinders as hulle almal MY liefgehad het, sou hulle almal julle liefgehad het (Joh.15:18-21). En julle weet baie goed, hoe heiliger jy strewe om te lewe en te wees, en hulle het die ore net ingestel op die HEMEL tot YAHUSHUA HA MASHIACH en luister na die RUACH binne-in julle. Word julle meer gehaat. Word julle meer vervolg. Word julle gesmaad, word julle beswadder, en ja, julle word so gehaat hulle wil julle dood hê.

Hoeveel keer was Elisheva se lewe bedreig? En tog julle wat beweer dat julle Elisheva Eliyahu wil wees en haar plek wil inneem, EK gaan julle ongekende pyn laat ly vir elke keer wat julle probeer sê het dat jy die Ring Diensmaagd is. Dat jy haar plek kan vat. EK gaan ongekende pyniging maak vir elkeen wat bewustelik vals profeteer! Want die profete is MY mees geliefde vriende! Ware profete wat uit die HEMEL verorden is.

EK YAHUVEH vertel MY geheime en EK vertel hulle vooruit en dan gebeur dit. Enige iemand kan bewyse agter die profesieë lees en sien hoe lank gelede. EK het selfs gewaarsku oor die zombie apokalipse wat kom en nou is al wat hulle doen om gek te skeer en dit in elke video speletjie te sit en op TV programme. Dink julle dit gaan pret wees? Gaan dit pret wees vir jou wanneer jy die Nephilims in persoon sien? Hulle het bestaan in die tyd van Moshe? (Num. 13:31-33) Waarom die ark gebou was? Die hibriede wat in die mense ingegaan het terwyl hulle hoereer het? Wat gaan jy doen wanneer jy monsters sien kom vir jou hoër as die hoogste boom? Een toon kan ‘n huis verpletter. Dit is wat vir julle voorlê.

EK sal haar nie toelaat om te sê “Gelukkige Nuwe Jaar” nie. Die beproewinge van jou geloof is kosbaarder as goud (1 Petrus 1:7) Sal jy steeds aan MY vashou? Sal jou geloof sterk bly in YAHUSHUA HA MASHIACH? Dit is soos YAHUSHUA sê, hoeveel sal EK vind wat nog geloof het wanneer EK terugkom? (Luk.18:8) Omdat dit nie vir jou reg uitwerk nie? Omdat jy ‘n padkaart uitgelê het vir jou eie lewe en omdat EK nie daarmee saamgaan nie? Dit moet gedoen word op MY YAHUVEH se manier anders is dit die hel se hoofweg! Kies julle vandag watter GOD, watter SKEPPERS, en EK praat van MY en YAHUSHUA HA MASHIACH en die RUACH HA KODESH. Watter een gaan julle volg? Sal julle die WARE HEILIGE DRIE EENHEID volg of gaan julle in die voetspore volg van satan en al sy bose kinders en EK praat van die hibriede nou? Die van julle wat dink julle is mense en tog het jy ‘n reptiel brein en Obama het selfs daaroor gespog!

Julle het dit net laat verbygaan want hy is president. Hy sê hy het ‘n reptiel brein en nou waarsku EK julle dat die verworpelinge reptiel breins het en veel erger. Hulle is reptiel, adders, hulle praat met ‘n gesplete tong! Hulle is nie net agter die Christene aan nie, maar nou is hulle agter MY Messiaanse Jode aan. Hulle is agter daardie gelowiges aan in YAHUSHUA wat nou onderrig en glo wat Elisheva Eliyahu onderrig, dit is ‘n Hebreeuse oorsprong gerugsteun met die Heilige Nuwe Bloed Verbond skrifte. Die Torah beteken instruksies, beteken nie net die wet nie, dit is nie net die vyf boeke van Moshe nie. Dit het begin in die boek van Genesis en dit gaan al die pad tot by Openbaring. Hulle is instruksies, instruksies in die ou bloed verbond wat EK YAHUVEH vereis het om gevolg te word en daar is een ding wat nooit, nooit sal verander nie. Shabbat is ewig durend.

Dit sal nooit verander nie. In 6 dae, was hierdie wêreld geskape. Op die 7de dag het ONS gerus en ONS het hierdie geskenk gegee. YAHUSHUA het hierdie geskenk vir die mens gegee, HY is die een wat gesê het alles wat geskape is is goed, kom ONS rus. Dit is hoekom HY die HERE van die Shabbat genoem word en hulle het dit gewaag om HOM te beskuldig van verbrekeing van die sabbat terwyl HY die een is wat eerste die idee gehad het, “Kom ONS doen dit o HEILIGE VADER, kom ONS doen dit. Laat ONS hierdie geskenk aan die mens gee sodat hulle kan rus. Hulle werk hard ses dae lank. Kom ONS doen dit ter herinnering van die 6 dae wat ONS die wêreld geskape het en alles wat daarin is, maar hierdie sluit nie eens al die planete in nie.

Julle verstaan selfs nie, dit was meer as net die aarde wat geskape was in daardie 6 dae, die son, die maan, die planete. Wie het dit vir julle geleer? Eerste keer nie waar nie? Wie het dit vir julle geleer? Julle sal dit nie leer van ‘n Sondagkerk prediker nie. Hierdie is ‘n Hebreeuse wortel bediening en die ou bloed verbond is ‘n heenwysing. Bedoelende dat dit gehoorsaam moes word in daardie tyd. Selfs die bloed op die deurkosyne terwyl Moses gewaarsku het sodat die doods-engel sou verbygaan en nie enige iemand binne-in sou aanraak nie. Dit was ‘n simbool van YAHUSHUA se gestorte bloed in die Nuwe Bloed Verbond sodat julle beskerm sou wees soos Psalm 91 belowe het, maar o, o, o.

Waarom? EK praat met die Ortodokse Jode nou. Waarom is julle bang om MY naam te sê? Lees julle nie eers Psalm 91 en die beskerming wat daarin is nie en watter seun of dogter ken nie die naam van hul eie VADER nie? En EK praat nie van diegene wat weeskinders is en wat nooit ‘n kans gehad het om te weet nie. EK praat van diegene wat wel die naam ken van hul vader, wel EK IS die HEMELSE VADER en EK wil hê almal moet MY naam ken!

En MY SEUN se naam is nie Yeshua nie! YAH is in SY naam terwyl dit in amper al die dissipels is met die uitsondering van ‘n paar. Dit is hoekom EK gesê het, die ortodokse Jode, julle kan haar haat. Dit gaan nie een ding verander nie. Julle het nodig om ‘n verhouding te kry met MY YAHUVEH en die enigste manier hoe julle dit kan doen is om die MESSIAS te aanvaar wat EK vir julle gegee het. Die bloedversoening vir julle sondes kom reguit uit die HEMEL en HY is MEDE-SKEPPER en hierdie hele wêreld was vir HOM gemaak en deur HOM saam met MY en die RUACH HA KODESH, IMMAYAH. EK het selfs vir Elisheva die naam IMMAYAH gesê. Want die SHIKNYAH HEERLIKHEID is die einste teenwoordigheid rondom MY. SY is die einste teenwoordigheid binne-in julle.

SY is die trooster wat gekom het op Shavuot. Nou het EK genoeg gesê, maar hierdie verworpelinge wat nou sê gelukkige verjaardag aan ‘n man wat hulle waarlik haat net omdat hulle daarin geslaag het om ‘n huwelik op te breek wat uit die HEMEL georden was. EK begin nie enige iets goeds sonder om dit klaar te maak nie. Hierdie bediening is twee maal probeer om gesteel te word en hulle het gedink hulle het dit heeltemal vernietig. Hulle vergeet hierdie bediening was georden en voortbeskik en wie EK gekies het om die leier te wees en toe het EK ‘n man gekies om die mede-leier te wees.

Kom terug Caleb. Moenie soos hulle word nie. Jy weet wat ware Profesie is. Elisheva en jy het meer as een duisend en jy het nie een woord voortgespreek nie, maar jy het in Heilige Tale gebid en dit is wat die salwing gebring het en aangewaker het. Dit het nie beteken EK sou jou nie gebruik het nie, maar nee jy het MY vooruitgegaan en jy moes net daardie leuenagtige profesie doen waar EK nou nooit weer die woord apostel en profeet voor jou naam sal plaas nie. Jou naam is ‘n terugkom-kind uit Israel! Om te wys dat Israel kan terugkom soos jy gedoen het. En dit sal wees sonder enige arrogansie en trots. Hulle is alleenlik die uitverkorenes omdat hulle soveel weet en hulle so aanspreeklik gehou word en hulle gaan gekies word vir die groot verdrukking om daar te begin.

So moenie bedroef wees dat julle nie die uitverkorenes genoem word nie. En baie van daardie Jode in Israel, en die wat regoor hierdie wêreld versprei is, hulle sal uitroep, “Geseënd is HY Wie kom in die naam van YAHUSHUA HA MASHIACH, want HY is HERE!” En julle wat die bruid is van YAHUSHUA, moenie dink julle hoef te wag totdat die bose van hierdie wêreld, wat julle satan noem, YAHUSHUA beelzebub genoem het, eenmaal lucifer genoem, moet sit, sy seun moet sit in ‘n derde tempel in Israel nie. Hy regeer reeds hierdie wêreld, en alleenlik YAHUSHUA HA MASHIACH en die HEILIGE Engele beskerm diegene wat EK MY kinders noem wie se name geskryf staan in die Lam se Boek van Lewe.

MY bruid kan enige tyd weggeneem word. YAHUSHUA kan hulle uit-roep. EK sal vir HOM sê, gaan kry hulle. HY was alreeds oppad maar julle weet nie hoe ver die HEMEL van die aarde af is nie. Julle weet nie wanneer die bruid van YAHUSHUA en die Ring Diensmaagd.

Julle weet nie wanneer die Ring Diensmaagd sal hoor nie en EK het haar reeds geroep Elisheva Eliyahu dit is reeds in die profesieë. Sy sal weet, sy sal hoor wanneer die uitroep wanneer die bruidegom hier is. Wat ‘n dag van vreugde, watter tydsone jy ookal in is, sal in die middernag uur wees en die bruidegom sal na vore kom uit SY kamer om met SY bruid te ontmoet. EK gaan meer profesieë hieroor gee maar EK vertel julle in 2020. EK het ‘n belofte gemaak vir diegene wat MY skape en lammers is, EK het julle belowe dat die planne wat EK vir julle het ten goede is en nie vir onheil nie. EK het julle belowe en EK IS nie ‘n man of ‘n vrou wat kan lieg nie, dat selfs wanneer dit lyk of die ergste in jou lewe gebeur het soos dit gelyk het vir Elisheva toe Caleb haar versaak het en onheil hom verswelg het, het EK ‘n belofte gemaak. Wat ookal die ergste is wat in jou lewe kan inkom wat kan gebeur, het EK YAHUVEH belowe dat alle dinge meewerk ten goede wie MY YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH liefhet en julle is geroep vir ONS doel. Caleb, jy is geroep vir ONS doel, maar intussen, het jy nie opgestaan en jou verantwoordelikheid aanvaar nie en daarom roep EK nou uit, aangesien Caleb ‘n rein hart beteken, EK het profete.

EK het diegene wat in Israel gebore is. EK het diegene wat nie in hoogmoed wandel nie, wat nederig is en wandel in integriteit en nie hierdie vrou haat omdat sy ‘n leier van hierdie internasionale bediening is nie. Sy roep uit vir ‘n manlike balans in hierdie bediening. Sy roep uit vir ‘n Hebreeuse vertaler en op hierdie oomblik deur hierdie profesie roep EK jou na vore! EK het die gesalfde goliat verslaners na vore geroep. EK het diegene na vore geroep wat sonde haat soveel as wat hulle die verworpelinge haat wat hulle doen, diegene wat die verworpelinge is, adder tonge en hibriede!

EK ROEP JULLE NA VORE NOU! EK weet julle bid vir haar. Almal kan sien op die videos. Almal kan die thumbs up sien. Almal kan sien dat julle bid maar julle dink julle is nie waardig om na vore te tree en selfs julself voor te stel en ‘n e-pos vir haar te skryf nie. Skryf daar op kontakte, julle sal haar onmiddellik bereik en as EK vir haar so sê, sal julle ‘n video gesprek hê en EK praat met die vroue, julle kan ook ‘n Hebreeuse vertaler wees. Kom na vore, stel jouself voor. Maar die manne van Judah, kom na vore.

Sy roep uit na MY en sy sê, “hoe kan ek ’n Hebreeuse wortel bybel gebasseerde bediening wees as U nie vir my iemand bring van Israel om my meer te leer van die Hebreeuse wortels nie? Want dit is wat Caleb eens gedoen het in 2016 en 2017, en wanneer ek onderskei het dat hy die waarheid gepraat het en dit gerugsteun was met die Heilige Skrifte, was dit so ‘n seën dit was geestelike vleis. Wie sal weer vir my die geestelike vleis voer sodat ek dit aan die gemeente kan voer?”

Kom na vore! Moenie ‘n lafaard wees nie, moenie geïntimideer word nie! Kom na vore EK praat met die mans nou. Jy wat jouself ‘n messiaanse Jood noem maar jy aanbid YAHUSHUA HA MASHIACH en jy begeer om HOM te volg en jy noem HOM by SY ware gewyde naam, omdat MY naam daarin is! EK YAH! Selfs King James weergawe kon dit nie verberg nie, die naam van YAH is daarin!

Jy weet hoe om dit te praat. Jy vrees die naam, hou op om die naam te vrees van jou HEILIGE VADER. Hou op om die naam te vrees, [dit] is hoekom jy nie dieselfde soort verhouding het wat Elisheva nou met MY het nie, maar jy kan en jy sal as jy maar net elke woord en waarheid glo in hierdie profesieë en die openbarings wat EK vir haar gegee het, sal jy ‘n nuwe en sterker salwing hê. Wees gewillig om vervolg en beswadder en gesmaad te word. Wees gewillig om op te staan en te verdedig soos EK Koning Dawid opgerig het. Wees gewillig om jouself te verneder.

Toe Dawid gesmeek het vir sy sterwende kind wat hy gehad by Bathsheba, die eerste baba in sonde verwek en as gevolg van moord en owerspel, wou EK dit nie seën nie. Maar Koning Dawid het sy kroon afgehaal en vir 7 dae het hy op die vloer gekruip voor my en gesmeek en gesmeek, gewriemel soos ‘n wurm. “Vergewe my vergewe my spaar die lewe spaar die lewe van my kind.” (2 Sam.12:13-14) EK kon nie, maar sy hart het my geraak. Sy droefheid het my geraak en dit is waarom EK sy volgende seun so oorvloedig geseën het en tog kyk wat het daardie seun gedoen. Hy het ook teen MY gedraai. Hy het die RUACH HA KODESH geken. Hy het ‘n boek geskryf en toe wou hy in mistiek en toordery ingaan en toe het hy begin om die honderde heidense vroue te trou en byvroue het na hom toe gekom en hoerery.

Dit is wat die kabbalah is. Dit is ‘n boek van mistiek en toordery wat na die dood sal lei of selfmoord. Dit sal lei na die okkulte, dit sal lei na die hel.

Caleb jy moet om verskoning vra as mede-leier en as manlike eggenoot. Agter Elisheva se rug in 2018 het jy dit begin onderrig toe EK jou gewaarsku het hierdie bediening sou nooit oor kabbalah gaan nie, sou nooit kabbalah onderrig nie. Elisheva was nooit veronderstel om te weet wat kabbalah was in die boek nie, die boosste boek verklaar dat blote stof van ‘n mens ‘n god kon wees. Bekeer. Want jy moet vir Israel leer dat dit verkeerd is en jy die boosheid daarvan nou ken. Sy het dit nie gelees nie, sy weet nie daarvan nie, maar die eerste profesie wat EK vir haar gegee het, vir jou gegee het, uit haar mond gekom het, was jy moet haar nooit die kabbalah leer nie, jy moet nooit kabbalah in hierdie bediening onderrig nie en wat het satan jou laat doen anders as om MY eerste reël te breek wat EK ooit vir jou gegee het? En tog sal YAHUSHUA jou vergewe terwyl jy om vergifnis vra met trane wat by jou wange afstroom vir wat jy gedoen het.

En daardie narcisme! Om jou te laat dink jy hoef niks te doen nie, jy hoef glad nie te praat nie, gee ‘n vals profeet woord. Dit is al wat jy nodig gehad het om te doen. Jy laat die verworpelinge al die praatwerk doen, jy sê nie ‘n woord nie. Jy laat MY Heiliges al die praatwerk doen maar jy sê nie ‘n woord nie. EK beveel jou keer-op-keer om in kontak te kom met Sylvester en Talia. Kom in kontak met hulle sodat julle ‘n video gesprek kan doen en jy kan verklaar aan die wêreld hoe jammer jy is en openlik vir YAHUSHUA vra om jou te vergewe en die mense vra om te bid dat HY jou sal verlos van die demone. Jy kom nie terug nie Caleb totdat jy egte suiwer motiewe het nie. Dit is nie om ooit te dink dat jy ‘n leier gaan wees nie. Dit is nie ‘n suiwer motief nie. Dit is om siele na YAHUSHUA HA MASHIACH te bring, om die mense te leer tussen reg en verkeerd uit die profesieë wat gespreek was, die openbarings wat gegee was.

Jy moet nooit dink jou motief is om terug te kom om ‘n diktator van Elisheva te wees nie want sy het geen diktatorskap oor haar nie. Sy behoort alleenlik aan die HEILIGE DRIE EENHEID en EK IS gaan nie weer die name noem nie. Sy behoort aan die HEMEL en so ook almal in hierdie gemeente wat glo dat hierdie bediening uit die HEMEL is en uit die HEMEL gestuur is, en hulle het na die kruis gekom van Golgota en was bloedgewas en bloedgekoop deur YAHUSHUA HA MASHIACH en hulle weet nou wat sonde is en hulle hardloop weg daarvan af! En hulle glo en hulle twyfel nie wanneer EK ‘n woord voortspreek uit Elisheva Eliyahu se mond nie.

Sy sal altyd haters hê, enige iemand wat Heilig is en MY en YAHUSHUA HA MASHIACH en die RUACH HA KODESH gehoorsaam, julle gaan gehaat word. Wanneer president Trump daarbo staan en hy verdedig almal, hy sê dat daar geen bevooroordeling in die Verenigte State sal wees nie. Almal moet gelyk wees en op gelyke vlak aanvaar word, selfs die transgenders, homoseksuele, of Moslems. Maar het julle agtergekom hy het die wedergeborenes, HEILIGE GEES gevulde gelowiges in YAHUSHUA HA MASHIACH uitgelaat, die messiaanse Jode, die shabbat onderhouers. Hy het hulle uitgelaat.

Julle is die mees vervolgde en alhoewel hy beweer om ‘n Christen te wees, het hy die woord Christenskap uitgelaat. Dit is nie asof hy nie oortuig is nie, hy is. Julle sal sien wat gaan gebeur. Hy het al julle gebede nodig. Daar is so baie vloeke wat na hom toe kom. Hulle vergader as’t ware saam en het hulle seremonie en rituele soos julle weet. Onthou hierdie, dit is nie net vir Donald Trump nie, dit is vir elke Heilige kind van YAHUSHUA HA MASHIACH. Hulle vervloek julle, hulle vas teen julle. Selfs die outeur van die harry potter, laat hekse versamel. Sy weet ons het ‘n profesie teen harry potter.

Verenigde Koninkryk julle gaan grootliks betaal, want julle was die eerstes wat al hierdie bevorder het. Die klein kindertjies leer om towenaars te word, waar hulle so demonies besete raak, hulle vermoor selfs hul eie vader en moeder, stuur vloeke oor hulle. Dit is hoekom EK gesê het, julle lewe nou in die boosste tye naas die groot verdrukking, julle is nou so naby. Kyk na die kinders, kyk na die tieners.

Kyk na Justin Bieber! Kyk wat doen hy, hoekom volg julle hom? Hoekom het julle nie vir hom gesê nie? Hy stel die lied “yummy” vry, alles oor seks en verskillende vorme daarvan! Wat hy wil hê julle moet dink is vrouens en dan op sy sosiale media blaaie, is al wat hy wys beelde van suigelinge! Kan julle so dom wees?! Dat julle hierdie man met die pienk hare nou nie verstaan nie?! Pronk die feminisme in julle gesig wat hy nou het. Hy spot julle! Kan julle nie sien en herken julle nie wat pedophilia meer is nie?! Kan julle nie verstaan wanneer ‘n man net ‘n tafel dek nie?! Kan julle nie verstaan nie wanneer Katy Perry sê dat die maerste vleis nou in Hollywood om almal van hulle skraal te hou is kannibalisme! Vampierisme!

Waar dink julle kom die dooie liggame vandaan en hoekom dink julle gee die polisie nie om nie?! Hoekom dink julle vra die regering nie waar kom hierdie liggame vandaan nie?! Hoe kry jy hierdie kannibalistiese maer vleis in die hande?! Daar is geen proteine daarin nie! EK HET NIE VLEES GEMAAK OM GEËET TE WORD NIE! EK YAHUVEH is bedroef, EK is bedroef!

MY SEUN YAHUSHUA HA MASHIACH en die RUACH HA KODESH, MY KOSBARE, KOSBARE, KOSBARE SHIKNYAH HEERLIKHEID HEILIGE GEES is die enigste een wat MY weerhou om te berou dat EK ooit die mens gemaak het. Dat EK ooit gesê het kom laat ONS mense maak na ONS beeld. HULLE herinner MY aan die glinstering tussen die ontlasting. HULLE herinner MY aan die prys wat YAHUSHUA betaal het.

EK waarsku julle nie eens in die dae van Sodom en Gomorrah het hulle hierdie dinge gedoen nie! Dit is hoekom EK nie langer kan wag nie. Dit is hoekom EK nie vir Elisheva sal toelaat om te sê “Gelukkige Nuwe Jaar” nie en selfs nou is dit baie laat in die maand, maar EK gee ‘n nuwe profesie en die ander is nog nie eens klaar nie. En met Caleb is daar so baie profesieë wat teruggehou word omdat hy heilig was op daardie tydstip. Die twee salwings was een en sy weet nie wat om te kan doen nie want hy praat deur hulle en hy is die rede, en hy het in Heilige tale gebid, die profesieë het voortgekom en sy was beskerm en sy was instaat om hulle voort te spreek.

Mense kla want waar is al die profesieë en hoekom verseël jy hulle? Wat moet sy doen? Sy wag vir hom, maar EK sal nie haar versoek weier nie. EK op hierdie oomblik, EK YAHUVEH die VADER van die SKEPPING roep die rein hartige Caleb’s na vore. Dit is ‘n mantel. Dit is ‘n mantel, dit is nie net ‘n naam nie. Kom na vore julle met ‘n rein hart, met suiwer motiewe om haar te help om siele te bring na MY enig Verwekte Seun YAHUSHUA HA MASHIACH die enigste MESSIAS.

Kom na vore julle manne van Judah kom na vore! Vroue wat woon in Israel, kom na vore! Die Hebreeuse vertalers kom na vore. Of jy ‘n man is of jy ‘n vrou is, kom na vore. Kom na vore. EK wil julle voorstel aan MY dogter, kom na vore. Moenie geïntimideer word nie, moenie jaloers wees nie, moenie vol trots wees nie. Moenie dink julle kom om oor haar te heers nie! EK alleen heers oor haar! Kom na vore, wys MY hoe baie julle omgee vir Israel. Wys MY hoe baie julle omgee vir die siele in hierdie wêreld en doen dit vrylik vir die liefde vir YAHUSHUA HA MASHIACH. Stuur daardie videos, druk daardie kontak knoppie, kom na vore!

En julle wat net wil skryf en net wil, o sy het van hulle gehad. Hulle het gekom hoor. Maar EK waarsku julle, jy moet geestelike oorlogvoering ken, jy kan nie ‘n baba wees nie. Jy moet geestelike oorlogvoering ken. Jy moet dapper wees; jy moet onverskrokke wees! Jy moet gewillig wees om Elisheva Eliyahu te verdedig, is jy gewillig? Want selfs toe Caleb hier was, het hy haar nooit een keer verdedig nie. Maar wanneer die Caleb van nuuts verrys, sal dit wees asof Lasarus uit die graf gekom het en hy sal lewendig wees op ‘n nuwe manier. Dit beteken nie fisies dat sy liggaam gesterf het nie, maar geestelik was hy een toon ver van lastering af dit beteken om die totale HEILIGE DRIE EENHEID aanstoot te gee en te laster.

Maar nou spreek EK weereens te midde van ‘n profesie, Hebreeuse vertalers kom na vore. Julle wat weet van die Hebreeuse wortels en haar meer wil leer oor hoe julle die ou testament vergelyk met die nuwe testament en hoe hulle altwee in lyn is as dieselfde YAHUSHUA HA MASHIACH Nuwe Bloed Verbond wat belowe was. Kom na vore en sien en deel wat julle altwee weet. Terwyl sy vir jou geestelike vleis voer kan jy vir haar HEMELSE geestelike vleis voer, maar wees gewaarsku, sy het onderskeiding. Sy sal sê, “asseblief bewys hierdie waar dit gerugsteun is in die Heilige Skrif?”

Dit is wat EK YAHUVEH te sê het hierdie dag en EK spreek dit voort op ‘n tyd toe almal dit die minste verwag het. Nog ‘n video wat gemaak moet word, en EK het vir Elisheva gesê om nie meer bedroef te wees wanneer mense haar verraai nie. Sy moenie huil nie, sy moenie treur nie, sy moenie ‘n traan stort nie. Wanneer diegene wat sy gedink het sy vertrou het en liefgehad het soos geestelike kinders, hulle was haar geestelike kinders eens op ‘n tyd en dan verraai hulle haar soos ‘n jezebel. Dit is EK YAHUSHUA wat skei en dit beteken in al julle families. Lees wat EK gesê het, moenie dink dat EK kom om vrede te bring vir die wêreld nie, maar EK bring ‘n skeidings swaard is wat YAHUSHUA gesê het (Mat.10:34-36). HY skei die skape van die wolwe selfs al dink jy hulle is ‘n skaap nou en hulle lyk so heilig, net EK weet wat die toekoms inhou. YAHUSHUA HA MASHIACH skei die koring van die onkruid en EK het hulle toegelaat om saam te groei maar nou (Mat.13: 24-30), kom ‘n skeiding voor die groot verdrukking. Moenie glo in die groot wêreldwye herlewing nie, dit is vir die een wat die seun van die duiwel sal wees wat genoem sal word die anti-Mashiach die antichris.

Dit sal die wêreldwye herlewing wees. Dit is wanneer die nuwe wêreld orde bymekaarkom, maar in plaas daarvan sê die skrif is daar ‘n groot afvalligheid voordat YAHUSHUA HA MASHIACH kom (1 Tessalonisense 2:3-4) en die groot afvalligheid het reeds begin en was gewees vir ‘n geruime tyd nou. Maar jy gaan moet besluite neem tussen jou eie familie. Moet haar nie daarvan beskuldig dat sy families opbreek nie. Dit is YAHUSHUA HA MASHIACH wat die skeidings swaard het! Sy het alles gedoen wat sy kon om die huwelike bymekaar te hou, toe hulle altwee gelowiges was en een dan wegdraai van YAHUSHUA en haar ‘n vals profeet noem. Jy noem nie iemand, en jy noem nie ‘n bediening boos wanneer dit keer-op-keer openbaar was net siele word na YAHUSHUA HA MASHIACH gelei en die enigste HEILIGE DRIE EENHEID word aanbid en net heiligheid word gepreek en geen kompromie met sonde nie. Al het dit beteken dat sy haar eie man moes neerlê op die offeraltaar en wag en sien of EK hom teruggee, maar hy sal nie terugkom as die man wat hy voorheen was nie.

Hy sal bevry terugkom soos die man in die begraafplaas van Gedara. Onthou alhoewel daardie man, hy na YAHUSHUA toe gehardloop het. Het hy geweet hy was demonies besete en wou vry wees en hy was geboei en vasgemaak met kettings! EK wil die kettings afbreek van die demonies besetene, so gaan na YAHUSHUA HA MASHIACH toe, roep uit na HOM, EK sal hoor, EK YAHUVEH sal hoor en EK sal antwoord, maar jy moet waarlik bekeer en wegdraai van die bose en die bose ontbloot! En gewillig wees om jou lewe neer te lê indien nodig.

Maar jy sal nie vir YAHUSHUA HA MASHIACH verloën as die enigste MESSIAS nie, die enigste KONING van Israel, die enigste HEERSER van hierdie wêreld, die enig Verwekte SEUN van YAHUVEH. So, is dit gespreek hierdie dag op 20 Januarie 2020. Sy het aanhou om my te vra “hoekom, hoekom kan ek nie afstand doen nie? Ek kan nie afstand doen van Sukkot nie en ek kan nie afstand doen van Hanukkah nie. Dit was so ‘n gelukkige tyd. Die woorde wat U wil hê ek moet spreek sal nie vir almal blydskap bring nie, so min sal bly wees wanneer hulle besef ek het nie vir almal ‘n “Gelukkige Nuwe Jaar” belowe nie. Jy volg YAHUSHUA. Jy sal vervolg word vir YAHUSHUA se naams ontwil. Jy volg YAHUSHUA en is ‘n ware aanbidder van HOM en doen jou bes om HOM te gehoorsaam. Jy sal gehaat word vir SY naams ontwil, maar EK het beloftes aan jou gemaak. EK sal vir jou lewe gee en lewe meer oorvloedig.

EK sal jou seën op maniere wat geen bedrag geld of skat op hierdie aarde ooit vir jou ‘n seën kon wees nie want hulle is geestelike gawes wat reguit uit die HEMEL kom. Hardloop hardloop hardloop hardloop weg! Hardloop weg van diegene soos ‘n Donovan (Shimshon) en Christina (D’vorah). Hardloop hardloop hardloop hardloop hardloop weg! Van diegene soos ‘n Shengya (Hannah/Lily) en Stephen (Naten’l). Hardloop hardloop hardloop hardloop weg! HARDLOOP WEG! Van diegene wat verklaar “volg ons ons is nou heilig, ons is torah onderhouers.” Hardloop hardloop weg! Ver as jy kan, so vinnig as jy kan bestraf hulle en vra MY om wraak op hulle te neem. EK IS EL SHADDAI! EK IS EL SHADDAI en EK vernietig almal wat boos is. EK IS EL SHADDAI en EK sal doen wat gedoen was aan Sodom en Gemorrah dit sal net veel erger wees. EK IS EL SHADDAI.

Julle gaan profesieë hoor in 2020 wat julle hare sal laat krul en EK spreek in die geestelike realm. Julle sal weet dat julle enigste veiligheid sal wees is om in die ark in te hardloop waar EK jou gesit het en dit is in die ARMS van YAHUSHUA HA MASHIACH. Julle gaan nie ooit enige voel-goed profesieë hê en waar sy gaan toegee en julle o so goed laat voel en julle nie die waarheid vertel nie. Die waarheid is dat EK julle sal beskerm in MY Naam.

Wanneer julle na MY toe kom in die naam van YAHUSHUA HA MASHIACH, sal EK YAHUVEH julle beskerm. Roep uit na MY, “ABBA YAHUVEH in die naam van YAHUSHUA HA MASHIACH, beskerm my! Steek my weg onder die beskutting van U vlerke soos Psalm 91 sê!” Hoe durf enige iemand spot en sê kom onder die vlerke van Ezra in! Bespottend teenoor Psalm 91! Hardloop, hardloop, hardloop weg van enige iemand wat probeer om jou ‘n ander doktrine te leer as wat YAHUSHUA HA MASHIACH onderrig het.

Die heenwysing, die geskiedenis van die ou bloed verbond was dat, dit was die geskiedenis daarvan, daar moes ‘n geskiedenis gewees het dat daar ‘n teenswoordige nou kan wees. YAHUSHUA HA MASHIACH het gesê dit is volbring! Want HY het nie gekom om die wette van die profete te kanselleer nie, HY het gekom om hulle te vervul! Met SY Eie Mond het HY dit gesê, HY het hulle vervul!

HY het elke prys betaal in Jesaiah 53, lees dit! Ortodokse Jode EK daag julle uit om dit te lees! Kyk of dit moontlik van toepassing kan wees op ‘n nasie van Israel. Nee, nee, nee dit kan nie! Alleenlik op ‘n man wat die vervolgings van hierdie wêreld op HOM geneem het, wie gebore was in Betlehem, in ‘n stal op Sukkot, wat stal beteken.

Al hierdie waarhede het EK onthul deur hierdie profesieë op Sukkot en op Hanukkah en Hanukkah is die bevrugting. Jy kan nie ‘n geboorte hê sonder ‘n bevrugting nie. Lees wat hierdie bediening inhou, daar is nie een leuen wat daar geskryf is nie. Vir diegene wat hierdie bediening boos genoem het wat dit eens goed genoem het, wat gesê het hulle het Elisheva lief sê nou dat hulle haar haat en haar wil dood hê, julle is verdoem tot die hel en die poel van vuur, maar dit gaan veel erger wees as wat julle ooit kan indink. Want julle sien, hierdie is nie ‘n man of ‘n vrou se bediening, net omdat sy die domein naam hou nie. Dit behoort aan die HEILIGE DRIE EENHEID.

En selfs die HEILIGE DRIE EENHEID durf hulle besmet! En ‘n demoon godin. Caleb BEKEER! Dat jy selfs ‘n demoon godin sal bedank alles net omdat Christina jou (D’vorah) vertel het daars een?! En necromancy? Die dooies op te roep? Na vore roep en jy dink hulle is in die HEMEL daarom roep jy hulle na vore om ondertoe te kom na ‘n aarde vol stank? Dink jy EK sou dit toelaat? NEE!! EK sou dit nie toelaat nie!

EK YAHUVEH het gespreek hierdie dag op 20 Januarie 2020 en EK het MY Ring Diensmaagd gebruik, MY werktuig van klei, een van die bruide van YAHUSHUA HA MASHIACH om hierdie woord te verklaar aan almal wat sal luister. En aan diegene wat dit nie wil glo of ontvang nie, Gaan weg voor MY aangesig. EK YAHUVEH sê gaan weg voor MY aangesig. EK haat elke atoom en elke molekule binne-in julle, want julle het dit boos genoem wat EK goed genoem het en met MY eie hande, het EK en YAHUSHUA HA MASHIACH, en die RUACH HA KODESH hierdie bediening gesalf en beskerm en so sal dit voortgaan. Julle kan nie vernietig wat ONS gebou het nie.

Wanneer dit nie meer op die internet is nie, sal daar ‘n Hemelse internet wees. Daar sal boeke wees wat geskryf en weggesteek is. Daar sal mondelingse oorlewerings wees wat die woorde sal verklaar wat hier was. Jy kan nooit hierdie profeet muilband nie, want daar sal altyd iemand daar wees wat EK gesalf het om in staat te wees om die woorde voort te spreek wat hulle gehoor het. Dit sal die Nuwe Bloed Verbond mondelingse Torah wees, maar as dit die enigste manier is hoe die woord kan uitgaan soos in soveel dele van die wêreld nou, ja selfs in China waar dit verbode is in ander lande.

YAHUSHUA het selfs SY bruid versteek in Iran. Julle sal verbaas wees waar die bruid van YAHUSHUA weggesteek is, waar MY ware profete en ware apostels weggesteek is. Hetsy hulle ‘n man of ‘n vrou of ‘n kind is. EK het altyd ‘n oorblyfsel; EK sal altyd ‘n stem hê en niemand sal dit ooit stilmaak nie. EK YAHUVEH het gespreek. Selah.

Einde van woord

Profeet Elisheva Eliyahu se Gebed van Danksegging:

ABBA YAHUVEH geliefde YAHUSHUA HA MASHIACH en kosbare RUACH HA KODESH, ek het nie meer ‘n man wat in staat is om U te dank saam met my nie. Ons het dit gewoonlik saam gedoen; ek het ‘n mede-leier gehad. Ek het ‘n manlike balans gehad vir ‘n kort rukkie van 2 jaar, ‘n klein bietjie van ‘n derde jaar, maar vergewe my, ek wil dit reg oor die wêreld uitskree! Ons loof U ons aanbid U ons het U lief ons vereer U ons ontvang hierdie woorde wat U voort gespreek het uit my hierdie dag. Ek het nie geweet U gaan dit doen nie maar ek weet nooit, nooit nie.

Dank U, dank U dank U dank U vir U enig verwekte SEUN YAHUSHUA HA MASHIACH. Ons aanbid, ons loof, ons bemin en vereer HOM. HY is die LEWENDE ROTS! HY is U enig verwekte SEUN en HY is MEDE-SKEPPER en HY is die woord wat vlees geword het. HY is die Menorah, HY is Perfeksie, HY is die MESSIAS HY is ons spoedig komende BRUIDEGOM vir die van ons wat geroep was en reeds voortbestem was. HY is die liefhebber van ons siel die lied van Salomo. HY is ons Geliefde en ons aanbid HOM en ons is so dankbaar vir U YAHUSHUA HA MASHIACH dat U ons plek gevat het op daardie kruis. Dat elke kwaal wat op U gelê was en elke vorm van marteling wat satan kon bedink dit was in daardie sweep.

Terwyl hulle U selfs met hul vuis geslaan het en hulle U baard uitgetrek het en hulle in U gesig gespoeg het, en YAHUSHUA, U het dit alles vir ons gedoen. Binne 3 ure het U dit vir ons gedoen. U het dit vir ons gedoen. En ons gesigte en ons name wie aan U behoort YAHUSHUA wie se name geskryf is in die Lam se Boek van Lewe. U het vir my gewys gedurende daardie 3 ure selfs toe U skaars kon sê “ EK het dors” en hulle gewaag het om vir U gal en asyn te gee met ‘n spons omdat die kruis so hoog was en U dit geweier het.

Hy wou nie eens vir U water gegee het nie en terwyl hulle daardie lewende water geweier het, hoeveel weier U lewende water nou? Maar nie ons nie, nie ons wat ‘n getuienis wil hê soos ‘n Henog nie want Henog het nie die dood gesien nie. In plaas daarvan was hy opgeneem Hemel toe omdat hy behaaglik was vir YAHUVEH, dit is ons hartsbegeerte. Vir diegene van ons wat begeer en wat die ekstra myl loop, om te bewys hoe lief ons U het deur U te gehoorsaam en ware torah onderhouers te wees!

Wee, wee, wee, wee, wee. Wee. Daar is niks erger as om in die hande te val van ‘n lewende YAHUVEH nie. Wat HY kan doen aan elke atoom en molekule wat julle, al julle verworpeling adders wat op die verworpeling wall of shame is wat ek op hierdie bediening het en al julle name is nie eens daar nie, maar wag net, hulle sal wees, ek was net ‘n bietjie besig. Wag net, YAHUSHUA het gesê elkeen van julle atome en molekules sal die vuur voel. Julle sal spontaan ontbrand, Poof. In rook sal julle opgaan, hetsy dit ‘n vlammende motorongeluk sal wees, weet ek nie, maar julle sal dit voel en julle brein sal geroer word want HY het so gesê. Verwarring soos julle nog nooit vantevore geken het nie en julle wat wil vergader om my te probeer doodmaak en probeer om, en julle doen, julle beswadder en julle smaad. Julle spreek elke soort boosheid teen my, poog om die mense weg te jaag van die bediening af.

Ek kan nie, ABBA YAHUVEH sê vir my ek kan nie eens begryp nie, dank HOM net vooruit want julle gaan ongekende sielemart ly soos niemand nog ooit vantevore gely het nie. Ek praat van erger as wat Hitler, ek praat van Mussolini. Ek weet nie hoekom daardie twee name gekom het nie, maar julle gaan selfs meer ly as die gevalle engele, en die gevalle engele is in julle verworpeling siele en ek het reeds vir julle so gesê. Julle weet wie julle name is, ek hoef nie meer te sê nie, maar ek wil U dank ABBA YAHUVEH, ek wil U dank, ek wil U dank!

Want U het gesê wraak kom MY toe sê YAHUVEH EK sal vergeld. U het nooit vir ons gesê om ‘n Esau te vergewe nie, U het nooit vir ons gesê om te vergewe nie, soos Dawid nie agter Goliat aangehardloop het en gesê het “O goliat ek haal jou kop af en terloops ek gaan jou doodmaak, maar ek vergewe jou!” nie. YAHUSHUA het nie aan die fariseers en skrifgeleerdes gesê EK vergewe julle nie. HY het vir hulle gesê hulle was van benede en HY was van bo en hulle was kinders van die duiwel (Joh. 8: 23,44).

Maar HY het nie gesê EK vergewe julle nie. Selfs dit was gemanipuleer. Wanneer dit sê dat ons mense moet vergewe wat ons vervloek, is dit vloekwoorde waarvan hulle praat. Ek kan maklik iemand vergewe wat my vloek met vloekwoorde, maar wanneer hulle die demone en die geeste en die vloeke stuur, die rituele van die dood en vernietiging doen, en al die ander vloeke wat hulle teen die Heiliges stuur. Behoort ons nie te sê dat ons hulle vergewe nie en ons mag nooit sê dat ons hulle seën nie buiten as ons weet YAHUVEH het gesê hulle moet geseën word en hulle ‘n seën vir YAHUVEH en YAHUSHUA is. Net soos ons nooit iemand mag vervloek en vir ABBA YAHUVEH vra om hulle te vervloek nie want ons vervloek nooit werklik enige iemand nie, ons vra net ons VADER in die HEMEL om hulle asseblief te herinner aan SY beloftes en dat hulle gejaag sal word deur die doods-engel en laat hulle oorrompel word deur alles van Deuteronomium 28, die vloeke van YAHUVEH want ek het hulle nie geskryf nie.

YAHUVEH het gesê en ek dank U daarvoor. Daar is seëninge van Deuteronomium 28 en ons ontvang hulle in die naam van YAHUSHUA HA MASHIACH vir almal wat U aanbid, ontvang ons hulle Geliefde YAHUSHUA HA MASHIACH. Elkeen van ons wat daarna strewe om U te gehoorsaam en YAHUVEH te vrees en HOM nie te wil vertoorn nie, ons ontvang die seëninge van Deuteronomium 28. Hulle is ons s’n. Ons dra hulle nou soos ‘n tweede vel, ons ontvang hulle. Ons dank U vir hulle, ons kon nie een van hulle gehad het as U nie na Golgota gegaan het nie. Ons sou nie een van hulle gehad het as U nie Uself geoffer het om gemartel te word en op die kruis te sterf nie, want op die 3de dag het U weer opgestaan die opstanding bewys en ons word opgewek deur U YAHUSHUA HA MASHIACH. Ons het ons eksodus uit die hel en satan as gevolg van U kosbare, kosbare, kosbare YAHUSHUA HA MASHIACH en die RUACH HA KODESH wie ons na U toe lei, die groot TROOSTER.

Ons dank U. Ons loof U dat ons nie onder Deuteronomium 28 die vloeke van YAHUVEH is nie. Dat al hierdie verworpelinge wat in rebellie is en weier om te bekeer en weier om hul knie te buig en te erken dat YAHUSHUA MESSIAS is en bekeer van hul bose weë, hulle sal Deuteronomium 28, vloeke dra asof dit tweede vel is. Nie een van hulle sal ontsnap nie en ek vra ABBA YAHUVEH in die naam van YAHUSHUA, geen genade nie veral op die vyande van Amightywind Bediening, wat vir my as die leier hulle regtig teiken en YAHUSHUA’S Demon stompers, wat die heel beste gebeds intersessors is en diegene van AmightyWind gemeente wat heeltyd aan my sy gestaan het . Biddend dat die nuwe Caleb na vore sal kom en al daardie boosheid wat gedoen was sal goedmaak.

YAHUSHUA, dank U. Dank U kosbare RUACH HA KODESH IMMAYAH, dank U dank U, wie sommige HEILIGE GEES noem, dank U dank U om my die woorde te laat hoor het wat U wou spreek hierdie dag. Dankie dat U my U apostel noem, U profeet, U Ring Diensmaagd. Ek voel so onwaardig maar, vroue luister! Moenie dat enige man vir jou sê dat hy die hoof is en hy jou regeer nie! Julle wat selfs dink dat julle in heilige huwelike is, luister! Die eerste een wat julle altyd moet gehoorsaam is YAHUSHUA HA MASHIACH en natuurlik sluit dit die HEILIGE DRIE EENHEID in maar ek praat van YAHUSHUA op die oomblik, want hy het gesê dat die mans julle moet goed behandel, julle moet liefhê, gewillig moet wees om hul lewens neer te lê vir jou. Hulle moet julle net heiligheid leer, alleenlik dit wat die VADER sou doen. Wanneer hulle dit doen is hulle in lyn met YAHUSHUA HA MASHIACH. As hulle dit nie doen nie, dan is hulle die teenoorgestelde en julle is nie verplig om hulle te gehoorsaam op enige manier nie.

Vertel hulle om YAHUSHUA te gehoorsaam! Herinner hulle wie die hoof is. Ek moes hierdie alles op die harde manier leer. Nou dra ek dit oor aan julle. Moet jouself nooit toelaat, moet dit nooit toelaat nie, want jy het die RUACH HA KODESH binne-in jou. Moet nooit jouself toelaat om mishandel te word nie, om geslaan te word nie, selfs om mee emosioneel gepraat te word, om geslaan te word nie. Terwyl hulle jou met woorde platslaan en jou laat dink dat hulle meer is as wat hulle is. Moet dit nie toelaat nie, o heilige vroue wat aan YAHUSHUA HA MASHIACH behoort. In plaas daarvan bid, “Indien hierdie man nie verander nie, vat hom dan van my af weg op watter manier U ookal wil. Ek behoort aan YAHUSHUA HA MASHIACH, ek sal nooit enige man of vrou voor HOM stel nie.”

Dit behoort almal se gebede te wees wanneer hulle waarlik aan YAHUSHUA behoort en natuurlik sluit dit die hele HEILIGE DRIE EENHEID in, wat DRIE is! En moet nooit ooit enige iemand toelaat om te vertel dat dit vier is nie. Die bybel sê as enige iemand na jou toe kom en enige ander doktrine preek mag jy hulle nie eens by jou deur inlaat nie, en dit is vir ‘n hele klomp gelowe daar buite. O, ons dank U en ons loof U. Ons Loof U vir die gawe van tale. Die tale van mense en engele en die uitlegging. Ons dank U en ons Loof U en ek sal selfs sommige van die uitlegging hoor wanneer hierdie verby is en wat hulle gehoor het en die visioene wat ek het terwyl ons by mekaar sit as ‘n drie dubbele koord. Terwyl ons heeldag gebid het oor ‘n ander kwessie, oor ‘n ander seën uit die Hemel. O, Kosbares, skryf asseblief vir my. Die grootste geskenk wat YAHUSHUA ooit gegee het, as HY nooit ‘n ander geskenk aan enige iemand op aarde gee nie, is dit dat HY gesê het “hierdie bloed is vir jou, VADER vergewe hulle, hulle weet nie wat hulle doen nie.” (Lukas 23:34)

En elke een van ons was in daardie skoene eens op ‘n tyd, totdat die RUACH HA KODESH die HEILIGE GEES ons gelei het, terwyl SY in daardie bo-vertrek was op Shavuot, en SY binne-in die dissipels ingegaan het. Alhoewel ons nog nie gebore was nie, was ons naam in die Lam se Boek van Lewe. Watter besluit ons ookal gemaak het in die HEMEL, was die oorlog hier op die aarde voortgesit en sal eindig op hierdie aarde. YAHUSHUA HA MASHIACH sal Heers en Regeer en die beloftes vir diegene wat HOM aanbid in gees en in waarheid! Ons sal regeer soos konings en priesters en daardie is mantels wat jy dra, dit beteken nie jy hardloop rond met ‘n kroon nie.

Moenie luister vir hierdie booswigte nie. Hulle sal jou probeer oorreed soos Donovan (Shimshon) dat hy daar is en dat hulle almal Christelik is, na die Christene toe gaan en sê “ek is heilig volg my voorbeeld.” As jy hulle voorbeeld volg op die verworpelinge se wall of shame, sal jy eindig in die hel en die poel van vuur en veel erger. En tot die Messiaanse Jode probeer hulle nou mislei. Sherry Shriner is dood brandend in die hel! Angie Ray is dood brandend in die hel! Ek kan aangaan en die name noem van die vyande wat gesê het ek sal voor hulle doodgaan. Ek is lewendig en ek verklaar ek sal leef en nie sterf nie en ook nooit op hierdie aarde begrawe word nie.

Ek sal ‘n getuienis hê soos Henog en so sal die ganse bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH. As jy dink dit is maklik om die bruid van YAHUSHUA te wees deur net ‘n reddings gebed te sê en nou-en-dan te sondig, wel jy is verkeerd! As jy nie die 10 gebooie kan hou nie dan is daar iets baie verkeerds met jou! Niks kan makliker wees as jy aan YAHUSHUA behoort nie en jy wil HOM nie enige pyn of skande veroorsaak nie en ek dank U geliefde YAHUSHUA. As dit nie vir die RUACH HA KODESH binne-in ons was nie, sou ons nie oortuiging geken het om te weet wat is reg en wat is verkeerd nie.

Maar hierdie bediening is vol oortuiging en die profesieë ook, maar hulle is vol hoop en as jy nie verworpeling is nie, bedoelende onbekeerde sondaar wat nooit sal bekeer nie selfs in hul sterwensuur nie, sal hulle nooit bekeer nie. Hulle word verworpeling genoem.

Ek dank U geliefde YAHUSHA HA MASHIACH, ons liefde vir U groei net sterker. Ons liefde vir U o HEILIGE VADER ABBA YAHUVEH groei net sterker. Ons liefde vir U soete HEILIGE GEES RUACH HA KODESH IMMAYAH SOETE SHIKNYAH HEERLIKHEID groei net sterker! Ons geesdrif om instaat te wees om siele vir U te bereik groei net sterker en my begeerte om Israel te bereik, groei net sterker as Jood! Ek het die man van Judah nodig om na vore te kom nou! Ek het iemand van Judah nodig om na vore te kom en my meer te leer van die Hebreeuse wortels, sodat ons saam kan onderrig. Ek het iemand nodig met ‘n salwing soos myne sodat ons kan bid in Heilige tale en die gawes in mekaar aanwakker.

En vir julle manne wat so jaloers is, ek wou dit nie gehad het om die enigste vroulike leier te wees nie. Ek erken ek het nie geweet tot Caleb na my toe gekom het nie, ek begeer met my hele hart en siel om ‘n manlike balans te hê tot hierdie bediening en YAHUSHUA het my belowe, dit sal gebeur. Daarom, dank U ABBA YAHUVEH vir al U beloftes. O my, die pragtige openbarings en drome en profesieë wat die mense sal hoor. Om te weet dat Sukkot, om te weet dat Hanukkah saamgaan, nog nooit het ek al ooit gesien dat enige iemand dit doen nie totdat hulle begin het om die voorbeeld te volg. Maar U het dit vir my vertel en U het dit tot my gespreek en het my wakker gemaak uit ‘n slaap en vir my gesê hoe gelukkig U was vir dit wat ons gedoen het by Amightywind, met die video van Sukkot.

Hierdie internasionale bediening het net bymekaar gekom om U te aanbid en te loof vir U geboorte en op Hanukkah was ons almal verheug oor U verwekking. Die ewige lig! U was die menorah wat in daardie tempel was nadat dit besmet was. Voordat U selfs op hierdie aarde gebore was, was U daardie olie, was U daardie Menorah. O YAHUSHUA dank U. Ons aanbid, ons loof U, ons het U lief, ons bewonder U. Ek is jammer ek het nie ‘n man om nou met my te verenig nie, maar o julle kosbare, kosbare manne daarbuite, my seuns in YAHUSHUA, en my broers in YAHUSHUA. Alhoewel ons nog nie persoonlik ontmoet het nie en julle nog nie vir my geskryf het nie, weet net dat ons een is in YAHUSHUA HA MASHIACH, as jy HOM waarlik aanbid, HOM dien, en gehoorsaam.

YAHUSHUA het gesê “hoekom sê julle dat julle MY liefhet en gehoorsaam MY nie?” ‘n Ander weergawe sê “hoekom noem julle MY HERE, dit beteken heerser, en gehoorsaam MY nie?” So, vir diegene wat vir jou sê, “dit gaan in elkgeval alles oor genade op die oomblik, moenie bekommerd wees oor die kruis nie, moenie meer bekommerd wees oor sonde nie, sondig soveel as wat jy wil. Jy kan altyd teruggaan.” Dit is wat ons verworpelinge nou doen, die verworpeling vyande. Hulle dink hulle kan teruggaan en hulle oortuig die mense, “ons het gesê dat ons jammer is.” Maar hulle het nooit een woord vir my gesê dat hulle jammer is nie. Al wat hulle doen is om my meer te probeer doodmaak of te beswadder of te smaad en hulle is agter YAHUSHUA se lammers en skape aan en ek sal dit nie toelaat nie. Want ek was die woorde gegee, “voed MY skape” 3 maal hoorbaar en met alles wat in my is, is dit wat hierdie bediening doen.

Terwyl die geestelike voedsel vir my gegee word, die goeie voedsel uit die HEMEL, gee ek aan julle. Bied ek dit aan julle. Jy was of na hierdie bediening gebring om geseën te word, of om die vloeke te ken van YAHUVEH. Vir redding, of oordeel. Wat jy aan hierdie bediening doen en wat jy doen aan my, en diegene wat oor heiligheid preek en die videos maak, sal bepaal of jy HEMEL toe gaan of hel toe. En julle wat dink julle kan my ‘n vals profeet noem wanneer alles wat ek sê gerugsteun is metdie Heilige Skrifte, veral in die Nuwe Bloed Verbond en hierdie is ‘n Hebreeuse Wortels Nuwe Bloed Verbond Bediening. As jy soek na ‘n ortodoks Joodse sinagoge net omdat ek ‘n Jood is, gaan weg. Jy hoort nie hier nie.

Jy kan nie een voet in ortodokse Judaïsme hê nie, jy kan nie een voet in die Nuwe Bloed Verbond hê nie en jy kan nie een voet in kabbalah hê nie. Jy kan dit nie doen nie! Jy gaan gedwing word om ‘n keuse te maak en daar is net een wat jou in die HEMEL sal kry want daar is geen ander redding in hierdie ganse wêreld nie soos die skrifte sê, buiten die naam van YAHUSHUA HA MASHIACH nie (Hand. 4:12) wie sommige JESUS CHRISTUS noem op hierdie oomblik, net sodat julle weet ek sê daardie naam net eenmaal. Want daardie Hebreeuse geboorte moeder van YAHUSHUA wie sommige Maria noem, Miriam in Hebreeus. Sy het nie vir haar Joodse baba, en ook het Josef dit nie toegelaat nie, het nie ‘n Griekse naam vir daardie Hebreeuse suigeling gegee wat YAHUSHUA HA MASHIACH genoem word nie.

Selfs King James sê Emmanuel. Dit beteken steeds GOD met ons. Want hy het erken en hy het geweet dit was ‘n maagdelike geboorte. Waar die pragtige hand van die RUACH HA KODESH YAHUSHUA in die baarmoeder van ‘n maagdelike jong Hebreeuse vrou geplaas het, maar sy het geboorte gegee met groot smarte as menslike vrou, want, HY is die SEUN van die mensdom. HY is beide YAH GOD in die gees, en HY was ook van die vlees en het gekom uit die geslag van Dawid en ek sal nie met julle rabbies stry nie.

Want julle wat my wil wys hoe intellektueel julle is, hoe min ek weet, ek sal nie met julle stry nie. Ek weet wie my MESSIAS is, ek het HOM van aangesig tot aangesig gesien en nie in ‘n visioen nie. SY oë is die helderste blou en as jy ooit SY liefde gevoel het en daardie oë gesien het, sal julle weet wat ek weet en hoekom ek doen wat ek doen ongeag die vervolging. Ongeag die lyding of die prys wat ons moet betaal en die bybel sê, “Geseënd is julle wat geglo het en tog nie gesien het” (Joh. 20:29) SY gesig gesien het nie.

Geseënd is julle want dit is alles geloof en geloof is die vaste vertroue van dinge waarvoor ons hoop, die bewys van dinge wat nog nie gesien is nie. Ek dank U ABBA YAHUVEH in hierdie 2020, vermeerder al ons geloof. Vermeerder die salwing binne ons. Diegene wat waarlik behoort aan YAHUSHUA HA MASHIACH en as U Ring Diensmaagd, bid ek met my hele hart. Seën asseblief die ware bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH! Verlos hulle asseblief, genees asseblief, herstel asseblief. Asseblief steek weg, steek hulle weg. Maak poorte vir hulle oop as dit nodig is sodat hulle kan hê, sodat hulle kan ontsnap. Plaas die mantel van onsigbaarheid op hulle om die bose van hierdie wêreld te beskaam. Voorsien vir hulle bonatuurlik. Dek voedsel op daardie tafel, [selfs] as ‘n heilige engel dit by die deur aflewer.

Dank U geliefde YAHUSHUA HA MASHIACH vir alles wat U doen, en alles wat U gaan doen om U kinders te beskerm in 2020. Dit is my gebed. Dit is my seën wat ek voortspreek op die AmightyWind gemeente wat waarlik YAHUSHUA HA MASHIACH aanbid en ontvang dat hierdie bloed vir jou was en dat jy vergewe is! En julle het geen twyfel oor wie HY is nie, en julle het geen twyfel wie die verworpelinge is nie. Mag julle as’t ware die vormwisselaars sien kom en en hul gesigte sien verwissel van vorm soos ons gesien het en die derde oog wat uitbult! Mag dit net groter word en nooit instaat wees om verbloem te word nie, dit is wat ek vra ABBA YAHUVEH EL SHADDAI in hierdie jaar van 2020! Sodat, die mense sal glo en hulle sal ophou speel met die derde oog! Dit is bedoel om nie wakker gemaak te word nie.

Dit is wat hierdie verworpelinge gedoen het. Die vyande van hierdie bediening. Wie is hulle vra julle? Gaan na die gedeelte van die bediening wat op die menu geskryf is “reprobates wall of shame” kyk wie hulle was en wie hulle geword het binne een maand. Julle sal hoor hoe hulle in November verklaar hoe lief hulle my het; julle sal hoor hoeveel hulle my haat in Desember. Binne een maand. Dit is al wat dit was. 2018. Julle sal met julle eie ore hoor, hoe dit is wanneer ‘n gevalle engel in hul siele ingaan van ‘n mens.

Ek wil U net bedank ABBA YAHUVEH dat U ons heilig hou. Ek wil U bedank ABBA YAHUVEH vir die vrees wat ek vir U het. Ons weet dat ons niks meer as stof is nie maar ek wil U dank dat U sê dat ons U diamante is en dat daar met baie druk ‘n diamant moet vorm. En al plaas U die druk op ons, wil ek U dank dat U ons nie sal toelaat om op te gee nie, die van ons wie se name in die Lam se Boek van Lewe is wat leef in hierdie eindtye. Dank U weereens vir hierdie woord wat U gespreek het in YAHUSHUA HA MASHIACH se naam, ek gee aan die HEILIGE DRIE EENHEID alle Lof, Eer en Heerlikheid. Ons aanbid U ABBA YAHUVEH YAHUSHUA HA MASHIACH RUACH HA KODESH IMMAYAH SHIKNYAH HEERLIKHEID en genoem die HEILIGE GEES, ALMAL van U, ALDRIE. Ons aanbid U.

Ons sê kom YAHUSHUA, kom. Die bruid smeek U om te kom. Kom YAHUSHUA, kom. Die gaste smeek U om te kom, wie by die bruilofsfees van die Lam sal wees. Sommige van hulle ken U nog nie eens nie. Hulle is diegene wat ons moet bereik. Laat ‘n man daarbuite van Judah, gebore en getoë in Israel. Wat my meer kan leer van die Hebreeuse wortels wat ‘n salwing het om die salwing binne my aan te wakker, sodat meer profesieë sal voortkom.

Wees asseblief geraak deur die woorde wat ek gespreek het. Moenie aanstoot neem omdat ek die naam “YAHUSHUA” gespel het nie. Ek het dit gedoen omdat ek deur die HEMEL beveel was. Dit is in die profesieë wat voorkom uit my mond wat nie, nie uit my vlees is nie. Kom na vore julle kosbare, kosbare vroue wat gebore en getoë is in Israel. Selfs as jy nie is nie, nie gebore was in Israel nie, kom net na my toe, skryf asseblief vir my. As jy ‘n Hebreeuse vertaler kan wees, help my asseblief en jy sal langs my staan op daardie glorieryke dag wanneer ons voor die Drie Trone staan en belonings uitgedeel word. Jy sal ‘n profeet se beloning ontvang. Ek kan nie Hebreeus praat nie behalwe vir ‘n klein bietjie. Hierdie profesieë moet oorgeskryf word in Hebreeus.

Sal jy my help? Sal julle die oproep beantwoord? Dit gratis vir YAHUSHUA HA MASHIACH gee? Ek vra nederig. ABBA YAHUVEH neem watter skat U ookal van my af wil wegneem in die HEMEL vir my opgeberg in my stoorkamer in die HEMEL maar laat dit asseblief nou nie meer lank wees nie. Dat daar ‘n man uit Judah sal wees om na vore te kom. Daar iemand sal wees wat my meer sal leer van die Hebreeuse wortels om te rugsteun met die bybelse Nuwe Bloed Verbond skrifte.

Ek vra U bring daardie dogter of suster in YAHUSHUA, wat sy ookal genoem wil word. Maar ek vra U dat U ons saamsnoer en dat sy ook na vore sal kom. U het selfs vir my die naam gegee van ’n sanger wat ‘n beroemde messiaanse Jood is in Israel en ek sal gehoorsaam en ek sal vir haar skryf. Ek weet dit is haar keuse om ja of nee te sê, maar dit sal bewys hoe lief sy U YAHUSHUA werklik het. As sy belas is om my hiermee te help.

Weereens dank ek U omdat U ons gebede verhoor, vir die HEERLIKHEID van YAHUSHUA HA MASHIACH, Selah. Amen.

So is dit gespreek, so is dit geskryf onder die salwing van die RUACH HA KODESH deur Apostel Profeet Elisheva Eliyahu. Ek bid vir Deuteronomium 28 seëninge op almal wat YAHUSHUA HA MASHIACH liefhet en gehoorsaam. Amen.

Skrifgedeeltes: (OAV)

Psalm 22:18
“Hulle verdeel MY klere onder mekaar en werp die lot oor MY gewaad.”

Lukas 23:34

“En YAHUSHUA sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie. En hulle het SY klere verdeel en die lot daaroor gewerp.”

Jesaja 7:14
“Daarom sal die HERE self aan julle ‘n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom Immánuel noem.”

Matteus 1:23
”Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem” (dit is, as dit vertaal word: God met ons).

Jesaja 62:1
“Ter wille van Sion sal EK nie swyg nie en ter wille van Jerusalem nie stil wees nie, totdat sy geregtigheid uitbreek soos ‘n glans en sy heil soos ‘n fakkel wat brand.”

Miga 5:2
“En jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir MY uitgaan een wat ‘n Heerser in Israel sal wees; en SY uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid.”

Matteus 2:1-6
En toe YAHUSHUA te Betlehem in Judéa gebore is, in die dae van koning Herodes, het daar wyse manne uit die Ooste in Jerusalem aangekom en gesê: “Waar is die Koning van die Jode, wat gebore is? Want ons het SY ster in die Ooste gesien en gekom om HOM hulde te bewys.” En toe koning Herodes dit hoor, was hy ontsteld en die hele Jerusalem saam met hom; en hy het al die owerpriesters en die skrifgeleerdes van die volk bymekaar laat kom en by hulle navraag gedoen waar die Christus gebore sou word. En hulle het vir hom gesê: “Te Betlehem in Judéa, want so is daar deur die profeet geskrywe: ‘”En jy, Betlehem, land van Juda, is volstrek nie die geringste onder die vorste van Juda nie, want uit jou sal ‘n leidsman voortkom wat vir my volk Israel ‘n herder sal wees.’”

Psalm 78:2
“EK wil my mond open met ‘n spreuk, raaisels uit die voortyd laat stroom.”

Matteus 13:34-35
Al hierdie dinge het YAHUSHUA deur gelykenisse vir die skare gesê, en sonder gelykenis het HY vir hulle niks gesê nie; sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur die profeet:
“EK sal my mond open deur gelykenisse; EK sal uitspreek dinge wat verborge was van die grondlegging van die wêreld af.”

Jesaja 53:4-5
Nogtans het HY óns krankhede op HOM geneem, en óns smarte—dié het HY gedra; maar óns het HOM gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. Maar HY is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is HY verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op HOM, en deur SY wonde het daar vir ons genesing gekom.

Matteus 8:16-17
En toe dit aand geword het, het hulle baie na HOM gebring, wat van duiwels besete was; en HY het die geeste met ‘n woord uitgedrywe; en almal wat ongesteld was, het HY gesond gemaak, sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het: “HY het ons krankhede op HOM geneem en ons siektes gedra.”

Psalm 8:2
”Uit die mond van kinders en suiglinge het U sterkte gegrondves, om U teëstanders ontwil, om die vyand en wraakgierige stil te maak.”

Matteus 21:15-16
En toe die owerpriesters en skrifgeleerdes die wonderwerke sien wat HY gedoen het, en die kinders wat in die tempel uitroep en sê: “Hosanna vir die Seun van Dawid!” was hulle verontwaardig en sê vir HOM: “Hoor U wat hulle daar sê?” En YAHUSHUA antwoord hulle: “Ja, het julle nooit gelees: Uit die mond van kinders en suigelinge het U vir U lof berei nie?”