Profesie 16
Moenie My Profete Muilband Nie!

Profesie gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu 6 Februarie 1998

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas. Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van Die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige WIND van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jesaiah 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê om die volgende van 2 Kronieke voor elke Profesie by te voeg:

2 Kronieke 36:16 “maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(Skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

*******

Wanneer hulle MY Profete aanval, val hulle MY aan. Hulle druk 'n vinger in MY oog. Hulle val aan en verklaar oorlog teen die Groot “EK IS”, YAHUVEH, YAHWEH, almal beteken dieselfde 'GOD'. Daar is maar net een GOD die Vader. Wanneer hulle MY Profete aanval, val hulle die een aan wat hulle stuur en hulle salf. PASOP, want EK weet van watter Gees MY Ware Profete is en dit is van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees). EK het MY RUACH ha KODESH in julle gesit; EK sal die gawes van onderskeiding oproer. Julle sal gebruik word om die wolwe in skaapsklere te ontbloot wat daarop uit is om MY Profete te mislei, te ontmoedig en stil te maak. Hulle sê: hoor geen kwaad, praat geen kwaad, sien geen kwaad. Maar julle ken MY stem. Bestraf die vloek van die 3-ape. Sien die wolwe vir wat hulle is.

EK het julle Suster gestuur om julle wonde te verbind wat EK nie toegedien het nie, omdat EK julle liefhet MY Geliefdes. Julle probeer net om nader aan MY te kom, maar pasop deur wie julle geleer word, onderskei hul Gees. Julle suster [Elisheva Eliyahu], wie met julle praat, ken MY en EK ken haar en EK het julle haar Gees en vrugte getoon. Wees van nou af 'n vrugte-inspekteur. Tree in en waarsku hulle wie deur die vyand benadeel word, net soos julle benadeel was. EK het dit toegelaat om vir julle te wys hoe dit voel sodat julle met hulle pyn kan identifiseer. Bestraf die wolwe wat julle bestraf. Soek MY en EK sal bevestig wat nou geskryf word. Soek MY en EK sal aan julle die woorde gee om dit te doen. EK het julle na hierdie plek gelei om vir hulle te predik wie ore het om te hoor en oë om te sien. Al die ander sal doof bly. EK het vir julle baie boodskappe gegee. Deel dit wat EK vir julle gegee het en wat julle weet gedeel moet word, want hierdie Suster sal weet dit kom van MY af.

satan is bang vir julle profetiese gawes. Maar bid en EK sal woorde uitspreek wat sy van die huise se dakke en op die internet sal uitskree. Saam sal julle MY Profete terug vat wat mislei, gemuilband, verblind, verdoof, stilgemaak, gebind, ontmoedig was en hulle wie tou opgegooi het. EK stuur hierdie Profeet om MY Woorde uit te spreek en julle te bemoedig en terug te bring na dit waarvoor EK julle geroep het. Menigte sal MY stem hoor en bevestiging kry in hul Gees terwyl EK hierdie woorde uitspreek. Spreek dit wat EK vir julle gegee het voort. Moenie langer gemuilband wees nie. Praat en maak alarm tot MY Eer. Of hulle wil kies om te luister of nie, EK roep julle terug in die amp van Profeet. Maak oop julle ore, haal julle blinddoeke af en haal die prop uit julle monde uit. Bevry julleself. Doen dieselfde vir ander. Voed hulle soos julle gevoed sal word. Troos hulle, bemoedig hulle. Want die vloek van die 3-ape-vloek sal ontbloot word en diegene wie hierdie vloek op MY Profete plaas en vir hulle vertel moenie van wraak of die oordeel van YAHUVEH praat nie. Moenie van berou praat nie. YAHUVEH bemoedig net, HY bestraf nie! Leuens, leuens en meer leuens.

EK stuur MY Profete uit voordat EK seëninge stuur of die toorn van Almagtige GOD YAHUVEH! EK het dit vooruit vir julle vertel om julle te bemoedig en vir julle te vertel om terug te gaan en te doen waarvoor EK julle gesalf het om te sê en te doen. Daar is min tyd so waarsku die mense. Skree uit met dapperheid sodat hulle nie kan sê hulle was nie gewaarsku nie. Waarsku teen Profete wie Profeteskole begin, en onderrig wat hulle nie kan onderrig nie. Slegs die RUACH ha KODESH kan 'n man of vrou salf en ja, selfs 'n kind om MY Woorde van vuur uit te spreek.

Waarsku teen Craig Martin (Vanquard), Andrew Strom (“Revival Ministry”), en Pam Clark (“Prophecy Site”), waarsku hulle. Want hierdie sogenaamde profesiegroepe spreek leuens uit en vervloek MY Profete deur die 3-ape-vloeke te gebruik. Pasop vir boeke wat deur die wolwe geskryf is wat probeer om MY Profete te mislei. EK waarsku julle want baie het alreeds in die lokvalle getrap en is dwaalleerstellinge geleer. Hulle moet berou toon omdat hulle MY Woord verdraai en nietig verklaar. Daar is 'n 'So spreek die Here' en hulle ontvang dit nou.

Hulle vertel vir MY Profete om stil te bly want YAHUVEH praat nie so nie. Hulle sê vir MY Profete om blind te wees, want YAHUVEH gee nie sulke visioene nie. Hulle sê vir MY Profete om stil te bly want YAHUVEH praat nie van die toorn van YAHUVEH of berou of oordeel nie. Hulle sê vir MY Profete, praat net goeie dinge en moenie die mense ontstel nie. Leuens en meer Leuens! Hulle sê hulle wil maar net die Profete leer en tog is “EK IS” die enigste een wie deur MY RUACH ha KODESH salf en onderrig. Pasop vir hulle wie geld vra en boeke skryf en kennis verkoop wat EK nie vir hulle gegee het nie. Pasop MY Profete, vir die leuenaar wie probeer om die monde van die Profete te sluit. PASOP want wat sal julle doen sonder die Ware Profete wat MY Woorde uitspreek? In hierdie eindtyd kan die Profete se monde nie soos 'n hond gemuilband word nie. Hulle moet vry wees om dapper te praat en wat EK georden het, sal gebeur.

Pasop, hulle wie probeer om MY Geliefde Profete, Apostels, Pastore, Onderwysers en Evangeliste te muilband. Pasop want die toorn van Almagtig GOD YAHUVEH sal oor julle kom en die engele van YAHUVEH sal julle agtervolg. Los MY kosbare Profete uit. Hulle werk is nie uit hulself nie, maar dit is EK wat hulle uitstuur as 'n geskenk aan hierdie wêreld. As EK in 'n hoorbare stem moet praat, selfs net 'n fluistering, sal daar soveel krag in daardie fluistering wees dat niks teen die krag van daardie wind bestand sal wees nie. MY woede is aangesteek teen hulle wat MY Geliefde Profete skade aandoen. ELLENDE, ELLENDE, ELLENDE want julle sal aan MY persoonlik verantwoording doen en julle sal maai wat julle gesaai het.

Moenie MY Profete langer muilband nie. Hulle is nie honde wat gemuilband moet word nie. Die vurige byt wat hulle veroorsaak het deur MY Woorde uit te spreek, is nie hulle woorde nie en hulle byt is nie hulle byt nie, maar MYNE. Die toorn wat afgeroep is, is nie hulle woede nie, nie hulle toorn nie, nie hulle oordeel nie, maar MYNE! Moenie na iemand luister wat sê soos hulle wat in hierdie boodskap genoem is, dat daar nie so 'n ding soos 'n ware 'So spreek die Here' is nie. Hulle verkondig dat daar altyd vlees ook is. As die woord van MY RUACH ha KODESH afkom, dan is dit net dit. Voorgeskryf onder die salwing van die RUACH ha KODESH en dit is alles Gees en geen vlees betrokke nie. Vlees is 'n vals profeet.

EK het hierdie Profeet gesalf deur wie EK nou uitspreek om MY Profete terug te roep wat weggejaag was, oortuig dat hulle 'n vals profeet was. Maar wie sal julle vandag glo, 'n mens of Almagtige GOD YAHUVEH? EK het haar gesalf om julle wonde te verbind, laat toe dat sy aan julle MY liefde, Troos en MY Waarheid bedien. Kom terug! O soldate vir wie EK gesalf het om met 'n harde stem en dapperheid uit te spreek. Laat hierdie een toe vir wie EK gesalf het om soos 'n moeder vir die jong Profete en mishandelde Profete te wees. EK het vir [Elisheva] geroep om julle te troos, te bemoedig en julle wonde te verbind, te onderrig en lief te hê en terwille van julle te veg soos 'n leeuin veg vir haar welpies wat in gevaar verkeer. EK sal 'n brul in haar mond plaas, MY brul, en die vyand sal in 7 verskillende rigtings weghardloop.

Sy was aangeval want soos wat dit geprofeteer was, sal 500,000 van MY woordvoerders opstaan en almal saam skree. MY Profete sal saam vergader en in harmonie skree en dit sal net soos in die ou dae, tot MY Lof, Eer en Glorie, 'n getuienis wees dat EK dieselfde is en nie verander nie. Net soos die mure van Jerigo verkrummel het tot stof. Net soos Dawid Goliat verslaan het. Moenie probeer om te verstaan nie, glo net dat wat EK gespreek het, sal gebeur. EK sal julle op die muur plaas net soos 'n Nehemia, maar julle stasies sal rondom die wêreld wees en julle sal nie afkom terwyl julle aan die tempel bou, voordat EK sê die werk is voltooi nie. Julle Werk sal voltooi wees wanneer EK weer terugkom, nie oor enigiets wat sy gesê het nie, maar omdat sy MY gebrul as die Leeu van Juda, uitspreek.

Wees gereed om te vlug, vyande, wolwe wat soos skape vermom is, maar in plaas daarvan is julle besig om MY Skape te verslind. MAAR NIE MEER NIE! EK het iemand opgerig wat julle en al julle verborge motiewe sal ontbloot. Nie in haar krag nie, maar in Almagtige YAHUVEH se krag alleen sal hulle vlug. Sy sal julle vertroos en julle opnuut bemoedig sodat julle weereens sekerheid sal hê dat julle geroep is om 'n soldaat op die muur te wees wat MY Boodskappe soos 'n trompetgeskal aan almal sal verkondig. Stasioneer julleself op die muur en spreek uit wat EK vir julle vertel om te sê.

Moet vir geen man of vrou of duiwel van die muur afklim nie. Moenie hulle gesigte vrees nie! Moenie hulle toorn vrees nie. VREES MY TOORN! Want as julle nie doen wat EK julle beveel om te doen nie, is julle in rebellie teen die GOD wat julle dien. Want EK het julle nodig om uit te spreek. Soos wat julle suster nou 'n ander boodskap uitspreek wat soos 'n gebrul deur die wêreld gehoor sal word. Want EK gebruik haar weereens om te spreek wat ander geweier het. Hulle sien die onreg, maar sê, "Dit is nie my besigheid nie. Laat iemand anders dit uitspreek." Die vyand en MY Kinders sal hierdie trompetgeskal hoor of hulle wil of nie. Hulle sal hoor. Moenie MY Profete verhinder om te praat nie.

Kerke, hou op om hulle stil te maak. Hou op om hulle uit te skop. Erken dat julle inderdaad nie julle sondes ontbloot wil hê nie en bely! Moenie hulle stilmaak of dink julle kan besluit wie mag praat en wie mag nie. Pastore, julle het MY RUACh ha KODESH bedroef. Wie is julle om hulle te berispe vir wie EK gestuur het? Julle sê dit is omdat julle nie sommer enigeen kan toelaat om te spreek as MY Profete nie. Maar as hulle nie van MY af is nie, sal EK hulle ontbloot. EK sal vir julle die tekens wys as hulle MY Woorde van Heilige Vuur uitspreek of as dit vreemde vuur of okkultiese vuur is. Laat hulle spreek! Nee, julle hoef nie eers te proeflees wat gespreek word nie. Pastore, julle het julle grense oorskry. BEROU VANDAG! Kan die RUACH ha KODESH nie onderskeiding gee wat is van MY en wat nie. Pasop, want julle is besig om die RUACH ha KODESH te bedroef! Julle sal verantwoordelik gehou word. Julle sal weet of hulle 'n vals profeet is.

Die tekens van 'n vals profeet is hulle vrugte wat verrot en korrup sal wees en die woord van YAHUVEH sal ook verdraai word om hulle beeld te pas, nie MY beeld nie. Hulle sal vol trots wees. Hulle sal die gawes van die RUACH ha KODESH verkoop aan die hoogste bieër. Hulle sal na 'n ander YAHUSHUA (Jesus Christus) toe lei; selfs die bose mense gebruik MY NAAM. Baie bose mense het in MY NAAM uitgegaan en probeer om die Profete te vernietig. Maar hulle is diegene wat EK sal vernietig. Vyande van MY, al lyk julle so goed, EK alleen ken julle hart! Toon BEROU vandag, want julle is gewaarsku. Weereens gespreek op hierdie dag 6 Februarie 1998, 4:00 NM deur MY Profeet [Elisheva Eliyahu], terwyl EK die tyd ingesluit het, so wees gewaarsku want nou sal julle verantwoordelik gehou word vir wat julle weet. Wat gaan julle met dit doen? EK weet alreeds!

Voeg asseblief die persoonlike nota by wanneer julle dit kopieer. Dit wys hoe kwaad die duiwel is oor hierdie woord van YAHUVEH wat afgelewer word.

* * * * * * *

Persoonlike nota : Elke keer wanneer ek in die laaste tyd 'n profesie ontvang, bevestig YAHUVEH dit wat reeds gespreek is. Hierdie was om 4:00 nm voltooi en om 5:25 nm was ek tweekeer verbaal aangeval. Eenkeer deur 'n predikant wie ek 'n vriend genoem het en julle selfs na sy webwerf gelei het en wie se naam ek binnekort gaan skrap, want hy het die RUACH ha KODESH bedroef. Hy het vir my geskryf en gesê ek moet sy naam van my e-poslys afhaal wanneer ek die profesieë uitstuur. Hy dink ek is opdringerig as ek dit sonder sy toestemming doen. Jammer Pastoor Steve C. Ek het gedink ons is van dieselfde Gees. Wil voorkom ek is verkeerd. YAHUVEH sal jou regter wees. HY het geweet wat jy gaan doen, om my voor ander soldate van YAHUSHUA te beskaam. Ek het gedink jy sal geseën wees en jy sou wou weet wat YAHUVEH spreek. Ek verwyder nou jou naam geheel en al uit die adresboek. Jy sal nie weer van my hoor nie.

Maar ek is seker dat YAHUVEH jou eendag gaan herinner aan wat jy op hierdie dag gedoen het. Hierdeur sal jy hulle ken aan die liefde wat hulle vir die broeders het. Jou vrugte wys. Ek bid dat jy berou sal toon. En in elk geval, ek het nie opgemerk dat jy iemand se toestemming gevra het om hulle te e-pos toe jy probeer het om my te bestraf nie. Beoefen wat jy verkondig. Bowendien, van wanneer het 'n Profeet in die Bybel toestemming nodig gehad om Almagtige YAHUVEH se Profesieë uit te spreek? Die grootste gedeelte van die Bybel sou dan nie geskryf gewees het nie. Hierdie Profeet weier om gemuilband, gebind, stilgemaak of verblind te word deur man of vrou of die duiwel wat hulle stuur nie. Hierdie Profeet probeer slegs om helder te sien en duidelik te hoor wat die RUACH ha KODESH uitspreek. Asseblief YAHUSHUA, moenie dat enigiets deur hierdie kleipot gespreek of geskryf word wat nie waarlik 'n "So Spreek YAHUVEH" is nie.

Beledigend vir sommige wat nie wil hoor nie, en insiggewend vir andere wat doen. Profeet Elisheva Eliyahu, Alpha & Omega AlmightyWind, Holy Ghost Fire Church. Liefde, julle suster, 'n gebroke erdekruik maar Magtige Soldaat en Bruid van YAHUSHUA. 6 Februarie 1998 4 nm.