Profesie 23
Kerk Van Die Geveinstes...Laat MY Mense Gaan!!!

Soos dit gespreek is, soos dit geskryf is, onder die salwing van die RUACH ha KODESH, gespreek deur hierdie diensmaagd Elisheva Eliyahu op 26 Augustus 1998

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het. (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHUVEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

Kosbare YAHUSHUA, spreek 'n woord tot U mense hierdie dag. U het 'n profesie in my Gees geplaas dat U met die wolwe in skaapsklere gaan praat en ek vra in die naam van YAHUSHUA, laat dit voortkom. Laat dit die wolwe wegjaag van U skape in vrees. Ek vra in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH, laat hulle nie my stem hoor nie, maar hulle U stem hoor. Ek vra in die naam van YAHUSHUA, spreek nou voort tot U mense en laat geen woord voortkom uit hierdie lippe deur die vlees nie. Maar laat dit waarlik van die RUACH ha KODESH wees. In YAHUSHUA se naam...Amen

* * * * * * *

"LAAT MY MENSE GAAN!" 'n Nuwe Profesie kom na vore hierdie dag. 'n Waarskuwing aan die wolwe in skaapsklere wat staan in die amp van die apostel, profeet, evangelis, pastoor en leraar wat daarop uit is om MY Skape te verslind om hulle te misbruik, dood te maak of te vermink, te beheer, te mislei, of weg te jaag. "LAAT MY MENSE GAAN!" Soos in die dae van Moses, toe EK met die Bose Farao gepraat het en EK gesê het "LAAT MY MENSE GAAN!" So sê EK vir julle hierdie dag, aan die wolwe wat voorgee om MYNE te wees, maar nie eens weet wie EK is nie! Hulle wat voorgee om MY lief te hê en MY te dien en MY Woorde aanhaal, en nogtans nie eens weet wie EK is nie! EK sê vir julle hierdie dag "LAAT MY MENSE GAAN!"

Daar is baie wolwe in skaapsklere, hulle doen wonderwerke en tekens en wonders. Hulle sê hulle doen hierdie wonderwerke in MY Naam. Hulle is op julle televisies en radiostasies en tog sê EK dit vir julle, dit is nie deur die krag van MY RUACH ha KODESH wat hulle hierdie dinge doen nie. Dit is deur die Krag van die hel self. Moenie mislei word nie. Moenie op 'n dwaalspoor gelei word nie. Want die antichris gaan hierdie doen en soveel meer. Pasop MY onskuldige kinders. Daar is diegene wat nou hier lees wat nie sal luister nie, maar julle sal later hierdie woorde onthou wat EK gespreek het. Nie almal wat tekens, wonders en wonderwerke doen is van MY nie. Daar is altyd 'n vervalsing, onthou dit. satan vervals slegs die ware salwing en gawes van MY RUACH ha KODESH.

Maar EK beveel hierdie wolwe hierdie dag wat MY Skape mislei en hulle op 'n dwaalspoor lei met vals leerstelings, gedagtebeheer, gedagtemisleiding, gedagtemanipulasie, leuenagtige - en misleidende geeste. "LAAT MY MENSE GAAN!" EK is 'n God wat nie langer BESPOT sal word nie. Julle het hulle tiendes en offergawes gesteel. Dit wat bedoel was om heilig te wees en nou sê EK hierdie vir julle, julle sal aanspreeklik gehou word vir alles wat julle gedoen het. Want julle het dit gedoen in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH. Julle het voorgegee om MYNE te wees maar tog is julle harte ver van MY af. Daarom, sê EK vir julle hierdie dag, "Wolwe in skaapsklere, oordeel begin by die huis van YAHUVEH, selfs vir die kerk van die geveinstes.

Een laaste maal "LAAT MY MENSE GAAN!" Julle het MY Skape en MY Lammers mishandel, julle wreedaardige bose herders, wolwe in skaapsklere en wolwe in 'n skaaps masker. Julle het hulle genadeloos geslaan. Julle het hulle laat dink julle is 'n god wat aanbid en vereer moet word en net julle kan van MY hoor. Julle het vir hulle gelieg en gesê dat selfs hulle 'n god is, hulle is ‘n klein messias. Julle verdraai MY Skrifte en lei hulle op 'n dwaalspoor. Die gees van die pastoor is die gees van die kerk. Julle bose herders, julle vat MY heilige tiendes en offergawes en julle laat die mense dink dit moet gaan vir herdekorering of 'n nuwe gebou en julle vul julle sakke met hulle goud en julle dink hulle het geen reg om te weet waarvoor dit regtig gaan nie. Julle het MY kudde kaal geskeer. Julle bose herders onderrig nie tussen reg en verkeerd nie.

NEE, O NEE, julle mag dalk jul tiende of gemeentes verloor as julle die waarheid praat dat onbelyde sonde, onbekeerdheid en nie weg te draai van sonde nie Hel toe lei. Julle vertel nie vir hulle dat seksuele losbandigheid hel toe lei as hulle nie wegdraai nie. Julle leer hulle nie dat aborsie MOORD is en na die Hel toe lei as daar nie bekeer word hiervan nie. Julle leer hulle nie dat homoseksualiteit en owerspel sonde is en na die hel toe lei as daar nie hiervan bekeer word nie. Julle leer hulle nie wees heilig want EK is heilig nie, nee, julle stel julself op vir MY gramskap. Julle is bang om teen die regering te praat want julle is bang julle verloor julle belastingvrystelling-status. Julle spreek nie teen ander leraars wat die kudde mislei nie of dat hulle versigtig moet wees nie, want dit mag ander teen julle laat draai. Wanneer julle wel vir ander vertel om heilig te leef lewe julle self soos die duiwel. Julle, wat dink EK is blind en EK kan nie hoor of sien wat julle sê en hoe julle MY bespot nie en ook alles wat heillig is, PASOP! Want as julle nie BEKEER nie sal EK kom wanneer julle dit die minste verwag en julle sal slegs geskik wees vir MY TOORN!

"LAAT MY MENSE GAAN!" EK sê dit nog ‘n keer vir julle! "LAAT MY MENSE GAAN!" Voordat die STAF uit die Hemel neerkom en julle werkers van onheil en sonde vernietig. Die Groot God, “EK IS” sal nie langer gespot word nie. Kerk van die geveinstes PASOP! Pastore van die kerk van die geveinstes PASOP! Apostels, profete, leraars en evangeliste van die kerk van die geveinstes, PASOP DIE STAF VAN MY TOORN KOM! Draai weg van boosheid. EK is nie 'n godsdiens nie; EK is 'n verhouding met julle Skepper en Verlosser. Julle preek dit, leef dit nou. EK is nie 'n God wat bespot moet word nie. NIKS LANGER SAL EK BESPOT WORD NIE! Julle sit in hierdie kerke en julle vul hierdie kerkbanke en nogtans ken julle MY nie eens nie. Julle staan agter die preekstoele en hoor MY Woorde en preek MY Woord en sluit julle ore. Want julle ken MY nie eens nie. Hoe kan julle ander na MY toe lei en verwag dat hulle gered moet bly, as julle MY nie eens ken nie? EK sê weer vir julle, "LAAT MY MENSE GAAN!"

Julle is wrede en gulsige pastore. Julle sê moenie teen mekaar praat nie. Julle bedek mekaar se sondes, nogtans slaan julle MY Mense genadeloos met julle woorde, aksies, liefdeloosheid en onbetrokkenheid. Julle het 'n dubbele maatstaf en wanneer hulle 'n pastoor in sonde sien, of ander in die bediening, moet hulle hul ore en oë sluit en dit nie waag om 'n woord te sê nie want om dit te doen word vir hulle vertel; dit is ‘n sonde om die pastoor se sondes te ontbloot. Oordeel het begin by die huis van die Here en met die geestelike leiers, selfs hulle wat voorgee om geestelike leiers te wees en vir hulle wat MY Mense op ‘n dwaalspoor lei, julle word aanspreeklik gehou hierdie dag.

Oordeel het begin by die Huis van YAHUVEH vir die dinge wat julle bose herders gedoen het. O, EK sal die heidene oordeel en EK het begin om die heidene te oordeel terwyl die plae uitgegiet is. Maar JULLE, JULLE, JULLE, wat so vroom daar sit julle wat daarop aanspraak maak om MY Woord te ken. Julle wat MY Woord aanhaal, julle wat sê: "In YAHUSHUA ha MASHIACH se Naam" en MY nogtans nie eens ken nie. "LAAT MY MENSE GAAN!" Hierdie dag waarsku EK julle vooraf want groot plae gaan op julle neerkom dit wat hierdie wêreld nog nie gesien het nie, soos toe EK die Israeliete en die Egiptenaars geskei het, maar hierdie keer, hierdie keer sal dit nie net die heidene wees wat gestraf word nie.

Hierdie keer wanneer hierdie nuwe plaag uitbreek sal dit neerkom op hulle wat daarop aanspraak gemaak het dat hul MYNE was maar tog ken hulle MY nie. Hulle het die tiendes en offergawes gesteel. Hulle maak daarop aanspraak om MYNE te wees en tog ken hulle MY nie eens nie. Hulle gee nie eens om nie. Hulle het MY Skape geslaan en hulle weggedryf en toe hulle hul nie kon beheer nie het hulle hul monde gesnoer en hulle het hulle geslaan tot onderdanigheid en hulle weggedryf. O, kom na MY toe, julle Here, julle God, julle Verlosser My Skape en Lammers want EK is die enigste GOEIE HERDER. EK sal julle wonde versorg, en EK sal julle rus gee.

O, o, o kan julle MY DROEFHEID hoor! EK het dit nie aan julle gedoen nie, MY geliefdes. EK het dit nie aan julle gedoen nie MY skape, MY lammers, MY Kinders, MY Bruid! O, die wolwe gaan boet, want die STAF sal op die wolwe neerkom in 'n magtige manier hierdie dag. EK sal uitwys en EK sal die wolwe ontbloot en EK sal hierdie werktuig gebruik wat nou hier spreek en sy sal in MY krag die maskers van julle gesigte afruk en die skape sal julle sien vir wat julle is. Eers sê julle julle is 'n skaap en sit een masker op, maar daaronder het julle 'n ander masker en dit is die masker van die wolf. Maar EK sê vir julle onder daardie masker is die ware gesig want dit is die gesig van 'n demoon wat hierdie leuens spreek en dit kom presies uit die put van die Hel!

O, o, o EK sê weereens vir julle voordat julle totaal beset word deur die demoon, wolwe in skaapsklere, kry nou bevryding. Erken wat julle gedoen het voor die ganse Hemel en aarde, HARDLOOP, HARDLOOP, HARDLOOP want EK is die Here God ALMAGTIG YAHUSHUA ha MASHIACH vir wie julle GESPOT HET! Julle sê julle is nie 'n bediening nie en gee nogtans voor om te bedien of julle gee voor om 'n bediening te wees en julle stroop nogtans MY kudde. EK sal die een wees wat julle met MY STAF verjaag en EK rig 'n leërmag van Elias en Jeremias en Johannes die Dopers op en hulle sal agter julle aankom, in MY Naam en in MY KRAG vir MY GLORIE ALLEENLIK!

Julle sê EK praat nie van oordeel nie. Julle sê EK praat nie van toorn nie. Julle sit MY Heilige Profete af en julle sê “Die RUACH ha KODESH (Heilige Gees)?” Ag, jou arme skat, jy ontbreek!” Maar EK sê vir julle bose mense hierdie dag. EK praat van oordeel en EK praat van toorn en JULLE, JULLE, JULLE wat in MY Naam gespreek het. JULLE, JULLE JULLE wat MY skape en MY lammers misbruik het julle wat MY Bruid, MY klein babatjies in YAHUSHUA mishandel het. JULLE, JULLE JULLE, JULLE sal MY Toorn op 'n magtige wyse voel terwyl die oordeel op julle neerkom, hierdie einste dag.

O ja, julle sal 'n droewige les leer. O ja, julle bose herders julle sal dit deeglik leer as julle nie op hierdie einste dag bekeer nie. Dit is wat EK wél sê. Hierdie is nie 'n speletjie wat julle besluit het om te speel nie. Julle het MY kudde kaal gestroop en hulle op 'n dwaalspoor gelei, maar EK sal julle laat betaal. O, julle gaan betaal. HARDLOOP WOLWE HARDLOOP! Hardloop weg van dit wat julle van plan was om te doen. Hardloop weg van dit wat julle gedoen het, hardloop weg, BEKEER! Gaan op julle knieë, en roep uit om genade vir dit wat julle gedoen het. Roep om genade wat nog steeds kan kom. Julle maak MY Ware Profete en apostels stil. Julle sê "As julle nie die goeie kan spreek en my laat goed voel nie, as dit nie stig, en bemoedig, en jou opbou nie", sê julle, "NEE” Julle wil geen profesieë van hulle hoor nie. Julle noem hulle vals profete en sê "Gaan Weg!"

Waarlik, die RUACH ha KODESH spreek nie vandag deur julle voort nie. Alhoewel EK hulle keer-op-keer stuur en WAARSKU en WAARSKU en WAARSKU en julle jul ore sluit en julle voorgee dat EK nie eens praat nie, maar in julle hart vrees julle dat ander mense sal hoor. Hoeveel het julle laat afdwaal? Vir hoeveel het julle gelieg? Hoeveel het julle oortuig dat hulle 'n god is en hulle het voor MY gestaan, en EK moes sê GAAN WEG! Dit is as gevolg van julle, julle bose leiers dat EK moes sê, "Gaan weg van MY julle werkers van ongeregtigheid EK het julle nooit geken nie en Hel toe om te bly". Julle vat MY Woorde en julle verdraai dit om dit te beteken wat EK nie bedoel het nie.

Julle bose leiers, julle het hulle gif gevoer terwyl MY Woord eerder soos 'n Heuningkoek is, Soet, o, so soet. Dit is bedoel om aangenaam te wees en nogtans kragtige vleis. Die melk is bedoel om eenvoudig te wees, selfs vir die eenvoudigste babatjie en tog verander julle dit in gif met die leuens wat julle gespreek het. Julle leer hulle dat EK nie weer sal kom nie. Julle sê vir hulle sedert die tyd van Noag was hierdie reeds gesê. In plaas daarvan leer julle hulle om te spot en julle leer hulle om te lag vir alles wat MY RUACH ha KODESH doen en alles wat gesê is. Julle leer hulle dat aborsie reg is en dat homoseksualisme liefde is en dat EK nie hierdie sonde sal oordeel nie, maar kan julle nie sien dat EK alleen rein en heilig is nie en dat die gruwel van benede kom en nie van bo nie. Dit is waar, EK het die sondaar lief. Dit is waar, EK haat die sonde. Dit is 'n GRUWEL in MY oë en elkeen wat luister kan MY RUACH ha KODESH (Heilige Gees) binne-in hoor.

O! HOOR MY! O, HOOR MY! O, HOOR MY, julle predikers en leiers wat MY kudde op ‘n dwaalspoor gelei het. O! HOOR MY! O! HOOR MY! O, HOOR MY, wolwe gee pad van MY kudde af hierdie dag anders sal EK julle neerwerp in julle bloeityd. EK sal julle in julle kansels platslaan. Daar gaan sterfgevalle wees. Onder diegene wat dit gewaag het om MY uit te daag hierdie dag. EK sal julle geheime sondes ontbloot in 'n groter mate as julle gedink het julle het dit tot dusver gesien; wag net want EK het pas begin.

Julle wat ongelyk gejuk is EK sê vir julle hierdie dag, LUISTER AANDAGTIG! Neig julle ore tot elke woord wat EK sê. O, daar is soveel huwelike wat EK nie georden het nie. Daar is so baie huwelike en in MY oë sê EK dit vir julle, EK kan die vlek van die sonde wat MY Bruid bedek nie verduur nie want hulle is diegene wat hierdie gedoen het. EK sê vir julle dit, luister aandagtig wat EK nou gaan sê.

EK praat met die heidene waarmee hulle getroud is, wat hulle bedek met elke soort van perversiteit, boosheid, skuldgevoel en sonde. LAAT MY BRUID GAAN! Julle het haar besoedel met SEKSUELE SONDE! Julle is daar buite besig om te hoereer en dan kom julle na haar toe. EK sê vir julle dit: julle manlike eggenote wat op ‘n dwaalspoor gelei was. EK sê vir julle dit, julle wat mans het wat gaan hoereer het. satan wil MY Bruid besmet, dit wat veronderstel is om Vlekloos en Wit te wees en EK vertel dit nou op hierdie oomblik vir julle. EK SAL DIT NIE LANGER VERDRA NIE! EK sê dit nou op hierdie oomblik vir julle; EK SAL DIT NIE LANGER VERDRA NIE! EK vat MY Swaard en EK verdeel huwelike. Die wat Godvresend is sal bly staan; die wat nie is nie, sal val. EK is nie in EGSKEIDING nie dit is net groter bindings.

EK kom om MY kinders vry te maak en dit is wat dit presies gaan wees. O, julle wat daarop aanspraak maak om MYNE te wees en getroud is met Godvresende vrouens, en nogtans deursoek julle die internet vir sonde en pornografie. Julle besoedel julle oë, en julle pleeg egbreuk met julle gees en siel en tog dink julle niemand gaan weet nie. Wel, EK het nuus vir julle en glo MY EK sê vir julle en dit is waar want EK is 'n God wat nie kan lieg nie vir hierdie sonde as julle nie bekeer nie, sal JULLE STERF want julle het MY Bruid besmet! Die huwelik is bedoel om Heilig te wees. Verstaan julle nie? Die huwelik is bedoel om Heilig te wees. Dit is tussen 'n vrou en 'n man. Die huweliksbed is bedoel om Heilig te wees want dit verteenwoordig die EENHEID in MY.

Want wanneer julle saam is, werklik Verstand, Ligaam, Gees en Siel, dan is julle een met MY en die Heilige Drie-Eenheid. Maar hoe kan julle een wees met iemand wat gaan rond hoereer? Hoe kan julle een wees wie se gedagte aan elke vorm van sonde dink? Hoe kan julle een wees wat MY einste Naam haat? O EK sê vir julle dit en EK sal dit baie eenvoudig maak. EK sal dit nie langer duld dat MY Bruid besoedel word deur seksuele sonde nie. EK sal dit nie langer duld nie en julle beter hierdie woorde ernstig opneem, want julle sien, EK is nie 'n God wat bespot kan word nie en julle ken MY einste stem en EK sê vir julle dit, of julle die man of die vrou is, julle verraai nie vir hulle nie, julle verraai YAHUSHUA ha MASHIACH! Veral julle sogenaamde Christen mans wat daarop aanspraak maak om MYNE te wees en nogtans kan julle MY Gees nie hoor nie en julle geestelike oë is blind. Julle het nie net daardie man verraai nie en julle het nie net daardie vrou verraai nie. EK sê dit vir julle, weereens het julle YAHUSHUA ha MASHIACH verraai! EK gaan julle uitlig tot openlike SKANDE! Dit was die begin toe die President van hierdie nasie voor die mense gekom en gesê het "Alhoewel ek verkeerd gedoen het, is dit nie julle besigheid nie" en die mense het saamgestem.

Wel, EK sê hierdie vir julle, hierdie dag. Dit is die Here God ALMAGTIG se besigheid want EK waarsku julle hierdie dag. Kerk van die geveinstes luister aandagtig na wat EK sê. Selfs al gee julle voor om MYNE te wees, selfs al gee julle voor soos hierdie leier van hierdie nasie voorgee om MYNE te wees sal EK julle uitlig tot OPENLIKE SKANDE soos EK met hierdie leier gedoen het en EK sal dit weer doen. Julle wat beweer om MYNE te wees, julle sluip weg agter julle huweliksmaat se rug en julle gaan knoop owerspelige verhoudings aan en pleeg seksuele sondes en wellus, julle het geen tekort nie. Maar EK sê vir julle terwyl julle in die daad van owerspel besig is die presiese volgende keer, onthou dit, die presiese asemteug wat julle inasem, die presiese volgende hartklop is MYNE, julle sal nie weet watter dag of tyd nie. EK gaan die huweliksmaat laat weet presies wat julle is. Die wêreld gaan hulle kopskud en hulle gaan nie verstaan hoekom PROSTAATKANKER so algemeen by mans voorkom nie. Maar EK gaan presies wys wat EK van seksuele sonde dink en EK gaan wys en julle is gewaarsku hierdie dag dat julle aanspreeklik gehou word vir dit wat julle nou weet.

Julle beter BEKEER en op julle aangesigte en knieë neerval en julle beter BEKEER nie net voor julle Almagtige Here YAHUSHUA ha MASHIACH nie en EK sal julle vandag vergewe, maar dan moet julle bely voor julle huweliksmaat vir wie julle aanstoot gegee het en verraai het. Want EK sê vir julle dit, EK gaan nie bespot word nie, nee nie nog 'n dag langer nie. Julle mag in die daad van owerspel besig wees en dink dat julle weggekom het daarmee. Maar EK sê vir julle dit; EK die Here God sal julle laat DOOD neerslaan en julle weet nie wanneer EK dit gaan doen nie en julle sal op jul eie SPERM tot in die HEL gly! EK sê dit vir julle want EK is 'n God van genade, jy luister en jy luister mooi. Julle is geleer "Ag wel, ek is net 'n man. Ek kan doen wat ek ookal wil solank my vrou dit nie sien nie dan is alles goed."

Maar julle vergeet julle het 'n Hemelse Vader selfs al gee julle voor om MYNE te wees, ken EK julle o so goed en julle sogenaamde Christen vrouens wat beweer om MYNE te wees is niks beter nie. Julle glip weg hoeveel dae en julle dink solank as my man nie weet nie dan is alles reg. Maar EK sê vir julle op hierdie dag, EK hou julle aanspreeklik en ook julle weet nie wanneer EK julle lewe gaan neem nie! Ook julle sal deur kankers geplaag word en daar sal geen genesing wees nie. Neem MY op MY Woord want hierdie woorde wat julle weet julle hoor is van MY RUACH ha KODESH en vrees het oor julle gekom. Want julle weet met wie EK praat. Dit is JY en JY en JY! Julle kan al die wette uitvaardig wat julle wil, en probeer sê dat dieselfde-geslag huwelike heilig is.

Maar o, hierdie state wat hierdie wet uitvaardig gaan dit berou, want EK sal nie bespot word nie. Want die instelling van die huwelik was opgestel om Heilig te wees! Dit simboliseer die eenheid van die Vader, Seun en HEILIGE GEES. Ons is een en wanneer julle trou, is julle een. As julle met 'n heiden trou gaan daar altyd 'n stryd wees hetsy dit lig is wat duisternis probeer oorneem of duisternis wat lig probeer oorneem. Maar EK het die krete van MY Kinders gehoor wat in ongelyk gejukte bindings is en EK sê vir julle hierdie dag deur hierdie Profeet [Elisheva Eliyahu], EK spreek dit voort op 'n magtige manier!

EK gaan die lewe eis van die een wat aanhou om MY Bruid te besoedel van YAHUSHUA ha MASHIACH! MY Kinders diegene wat MY waarlik ken julle moet in hierdie wêreld lewe maar nie soos hierdie wêreld word nie. Wees julle Heilig soos EK Heilig is, lewe Heilig, praat Heilig, dink Heilig en handel Heilig! Verwyder van alles wat onheilig is. Onheiligheid moet geen plek binne-in julle hê nie. Kinders bid in die Naam van YAHUSHUA want EK sal julle vrymaak! Julle moet dan geloof hê dat dit gedoen is en glo net.

So is dit gespreek, so is dit geskryf onder die salwing van RUACH ha KODESH op 26/8/98
10:42 vm.
Aan hierdie Kind, Vegter, Bruid, Diensmaagd
Apostel Elisheva Eliyahu