Profesie 24 Deel 2
Pasop Vir Die Suurdeeg Van Die Fariseërs!

Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH aan Profeet Elisheva Eliyau 15 November 1998 12:00 NM

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het. (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHUVEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * *

[Hersien in rooi op 8 Januarie 2009] Pasop vir die suurdeeg van die Fariseërs. Dit is in‘n menigte van die kerke. Die suurdeeg bewerkstellig die Fariseërs wat EK slange en gif-adders genoem het om 'n gees van godsdienstigheid te manifesteer. EK die Here julle God haat die gees van 'n Fariseër. Hulle praat heilig wanneer dit gerieflik is en wanneer dit nie aanstootlik vir hulle is nie, maar tog leef hulle nie wat hul spreek nie. Die suurdeeg bewerkstellig die Fariseërs om op te staan en woorde van waarheid uit die Bybel te spreek maar 'n groot persentasie leuens in te gooi uit die hel en leerstellings van duiwels. Daar is twee verskillende Fariseër-geeste pasop vir albei van hierdie EK waarsku julle nou, diegene met geestelike ore om te hoor en luister. EK wil nie hê MY Skape en Lammers moet op 'n dwaalspoor gelei word nie. Die Fariseër-gees probeer om MY Profete wat spreek te vernietig. Hierdie diensmaagd van MY wat praat, veg met hulle wat na haar toe kom as vyande met die gees van Fariseër. Sy was baie maal seergemaak deur die gees van 'n Fariseër.

Gesê omdat sy 'n vrou is kan sy nie 'n pastoor wees nie, as gevolg van haar voorkoms kan sy nie MY Pastoor wees nie, omdat sy die wolwe in skaapsklere ontbloot, hulle wat daarop uit is om MY Skape en Lammers te mislei en te verslind, word sy daarvan beskuldig dat sy hulle oordeel. Tog OORDEEL sy hulle NIE, MY Woord oordeel hulle. MY RUACH ha KODESH spreek oortuigende woorde voort en diegene met die gees van die Fariseër wil nie aangekla of ontbloot word nie. Dit bewerkstellig die suurdeeg van die Fariseërs om te verrys en om hierdie bediening te probeer vernietig sowel as baie ander. Tog spreek hierdie Fariseërs vergeefse woorde. Hulle woorde flous nie vir YAHUSHUA wat hulle harte en ware bedoelings ken nie. Daar is geen genade vir die Fariseërs sonder bekering nie.

So wees vooraf gewaarsku op hierdie dag. Pasop die suurdeeg van die Fariseërs sal die hele gemeente besoedel as dit gelos word om aan te hou rys. Die einste noukeurig uitgesoektes sal mislei word indien moontlik. Pasop vir die demoniese geeste van die gees van godsdiens. EK is nie 'n godsdiens nie, EK is 'n liefdevolle verhouding. Die gees van die Fariseërs sê dat slegs sekere denominasies gered sal word. Daar is geen etikette in die Hemel nie slegs die verlostes van YAHUSHUA sal in die Hemel ingaan. Die gees van godsdiens kom voort uit die suurdeeg van die Fariseërs. Hulle haal MY woorde aan en ken MY nie eers nie. Die Fariseërs probeer om MY Ware Profete te vernietig en te ontmoedig.

Moenie na hulle luister nie. MY Profete soos wat EK hierdie diensmaagd opgelei het wat MY Woorde voortspreek sien satan se wapen wat seermaak is nie diegene wat in satan se naam kom nie maar hulle wat die grootste wonde toedien kom in die Naam van YAHUSHUA! EK het hulle nie na hierdie diensmaagd wat hier praat gestuur nie, terwyl EK vir haar gesê het dat hierdie Fariseër-geeste demoniese geeste is wat vasheg aan diegene wat daardie bedienaar haat sonder rede. Pasop vir die klonings-geeste wat ook in-loop geeste genoem word. Want EK waarsku julle nou MY Kinders dit is satan is nuutste wapen wat ongesiens verby gegaan het. Daar is siele wat hulself aan satan oorgegee het satan vra vir seëninge of beskerming. Maar daar is geen beskerming of seën te vinde nie. In stede daarvan het demone hulle persoonlikhede en siele oorgeneem. Ja selfs in MY kerke was baie van MY Pastore en bedienaars gekloon.

Hulle was eens heilig voor MY. Hulle het eens die waarheid gepreek en preek nou die leerstelings van duiwels. Pasop vir die suurdeeg van die Fariseërs. Moenie laat dit julle besoedel nie. Diegene wat in die kerke is en dit sien moet vlug. Pasop want satan stuur daardie engel van lig om MY kudde weg te lok van MY waarheid af. Hierdie Pastore wat eens MY waarheid gepreek het en op die RUACH ha KODESH staatgemaak het om hulle te bekragtig draai nou na manifestasies uit die hel en mislei die noukeurig uitgesoektes. Pasop, wanneer julle sonde sien selfs agter die Kansel terwille van daardie Pastoor se siel, moenie stilbly nie. Wie sal hulle bestraf as julle dit nie doen nie? Maar praat eers nadat julle tot MY gebid het en gevra het hoe om die Pastoor te nader.

Bid vir die mense om in te tree sodat die gemeente nie mislei sal word deur die suurdeeg van die Fariseërs of mislei word deur die klonings-gees nie. Watter beter manier is daar vir satan om MY noukeurig uitgesoektes te mislei as om in iemand in te gaan wat eens op 'n tyd MY Evangelie verkondig het en menigtes na die Here julle God gebing het. Pasop hierdie bedienaars spog met hulle Rolex horlosies van fyn goud. Ontwerpersklere op hul rue, neem heilige tiendes en offergawes en gebruik dit vir hul persoonlike salaris en spog daaroor. Die tiendes en offergawes behoort aan YAHUVEH. Julle moet julle aalmoese gee waar MY RUACH ha KODESH julle lei. Nie altyd waar julle Kerk bywoon nie. Plant waar EK vir julle sê om te plant. Hoor MY stem en open julle ore en julle sal verbaas wees EK sê nie vir julle om te betaal vir groter en beter geboue, her-dekorering, luukse geskenke vir die pastoor nie.

EK sê NIE vir julle om sy of haar wêreldsheid aan te moedig nie. Julle sal verantwoordelik gehou word waar julle jul saad saai terwyl julle dit het. Hierdie saad behoort nie te gaan om 'n pastoor ryk te maak nie. Ja, hulle moet 'n inkomste hê maar kinders hoekom bevraagteken julle selfs nie eens as julle jul pastoor luukse voertuie sien ry en woon in huise geskik vir 'n koning nie. Hoekom gee julle selfs nie eens om dat sommige pastore miljoeners is nie. Tog is hulle op die luggolwe en televisie en radio en hou konferensies, om te bedel vir meer. Hulle sal aanspreeklik gehou word eendag baie binnekort omdat hulle dit gesteel het wat bedoel is vir Heilige tiendes en offergawes en in plaas daarvan hul aptyt voed vir gulsigheid.

Hierdie tiendes en liefdesoffers is om die Evangelie oor die hele wêreld te preek, en MY Profetiese boodskappe voort te spreek, Siele in MY liefdevolle arms in te bring. EK, YAHUSHUA, is BAIE kwaad want julle sit in hierdie kerke wat slegs een kant van Almagtige YAHUVEH preek, die kant wat liefde is maar weier om teen enigiets te praat wat ander dalk kan aanstoot gee. Hulle huil nie oor die verlore siele nie. Die suurdeeg van die Fariseërs wil slegs verrys en praat oor die her-dekorering van die kerk en die bou van groter en beter geboue. Betaal vir ander predikers om te kom en seminare te hou, of musikante om te sing, al die tyd terwyl MY Mense in die gemeente naak, honger of haweloos is.

Hierdie selfde pastore sal nooit daaraan dink om hierdie mense in hul eie huise in te nooi nie. Baie het sulke groot gemeentes dat hulle nie eens probeer om gesigte of hul name te onthou nie. Hierdie is nie 'n pastoor nie. Hulle is veronderstel om daar te wees wanneer julle hulle nodig het ongeag watter tyd van die dag of nag. Die suurdeeg van die Fariseërs sê hulle kan nie gepla word om sommer vir enigeen te bid nie. Hulle vergeet 'n pastoor is 'n dienskneg. Hulle is veronderstel om saam met MY Mense te ween, saam met MY Mense te jubel; hulle is nie bo MY Mense verhewe nie. Hulle is veronderstel om mekaar se laste te dra, die gemeente aan te moedig om hulle te kontak wanneer gebed nodig is. Huis nommers moet vrylik gegee word.

Hierdie vermaning is nie vir alle pastore nie. EK het ook MY oorblyfsel wat lief is vir MY Kinders en daar is om die gemeente op elke manier te bedien. Hierdie pastore ly gebrek en is behoeftig. Want diesulkes het die armer gemeentes. Maar groot sal hierdie pastore se belonings in die Hemel wees. Hierdie pastore is ryk in geloof en gawes van die RUACH ha KODESH. EK sal hulle openlik beloon eendag baie binnekort. Maar hierdie boodskap is vir hulle wat sit in die kerke waar die pastore sonde doen maar enigiemand uitdaag om daaroor te praat. Hoeveel van julle wat hier lees het EK die bose dwaling in julle kerke gewys ja in julle eie pastore. Tog sit julle daar en sê niks, geïntimideer deur wie hy of sy is. Hulle is niks beter as julle nie. Julle hoor wie is ek om die pastoor te korrigeer? Ten minste is dit 'n kerk. Maar wanneer EK vir julle die verkeerde uitwys moet julle voortspreek.

Julle weerhou 'n seën van daardie geestelike leier. Wat as hulle sou bekeer? Wat as hulle waarlik nie geweet het hulle het MY aanstoot gegee nie? Maar in plaas daarvan is julle bekommerd omdat julle vriende en familie daardie kerk bywoon. Julle wil nie beroeringe maak nie. Julle mag dalk nie meer aanvaar word nie. Pasop vir die suurdeeg van die Fariseërs dit het julle reeds besoedel. Julle saai julle saad in onvrugbare grond wat EK nie met MY RUACH ha KODESH seën nie. Julle sien geen tekens wonders of wonderwerke wat diegene volg wat glo nie. Dus in plaas daarvan moet hierdie Fariseërs 'n karnaval-atmosfeer skep om die gemeente te vermaak. Pasop vir die suurdeeg van die Fariseërs. Geen wonder julle sit en tel die sekondes af totdat die kerk verdaag nie. Kan julle nie sien MY RUACH ha KODESH beweeg nie daar nie?

Kan julle nie sien dat die ware gawe van profesie verag word nie? Kan julle nie sien as EK hierdie diensmaagd [Eliyahu] na hierdie kerke sou stuur sal sy dáár nie welkom wees nie? As sy hierdie profetiese boodskap moes spreek sou sy die deur gewys word. Toets hierdie en maak 'n afskrif en wys vir jou pastoor wat hier geskryf is en ook die ander profesieë wat EK deur [Elisheva Eliyahu] gespreek het. Julle sal verbaas wees want julle sal sien of julle pastoor die gees van die Fariseërs het. Meeste van julle wat hierdie lees en die stem van julle Hemelse Vader herken sal geskok wees om te sien wat julle pastoor of geestelike leier met profesieë doen soos hierdie een wat EK vir hierdie profeet gegee het. Hulle mag dalk sê hulle het nie tyd nie of laat weet julle dalk net hulle is nie geїnteresseerd in profesie nie.

Kan julle nie sien satan stuur sy klonings-geeste om 'n persoon te kloon wat eens op 'n tyd Heilig was nie. Maar hulle het weggedraai van MY af as gevolg van gulsigheid, trots, sonde, of gebrek aan geloof. Maar nou spreek die klonings-gees MY Woorde voort maar geen RUACH ha KODESH van binne-nie. Net 'n kloon uit die hel vermom as 'n engel van lig. Ek sal julle verantwoordelik hou vir die saai van saad in bedieninge wat MY Mense na vals leerstellings lei. Hierdie kerke groei oorvloedig en soos 'n vraat verteer hulle rykdom. Net omdat hulle die grootste bediening is beteken dit nie hulle is die beste nie.

Net omdat hulle op televisie is maak hulle nie beter as 'n klein gemeente nie. Hierdie leraars wat Media sentrums bou om die wêreld te bereik en steeds bedel vir meer om te betaal vir hulle multimiljoen-doller kerke en ateljees, hulle is oorvloedig in rykdom, en wêreldsheid, maar nie in Heiligheid nie. Julle wat hulle gehelp het om die mense op 'n dwaalspoor te lei deur nie voort te spreek nie sal aanspreeklik gehou word. EK sal julle seëninge wegneem as julle aanhou om julle ore doof te hou. Dit is julle laaste kans! Hou op om die bedienings en kerke met die suurdeeg van die Fariseërs te ondersteun. EK die Here julle God sal julle seëninge verwyder as julle aanhou om die leuens van die Fariseërs te bevorder.

EK sal diegene seën wat MY gehoorsaam. Lees hierdie profesieë vir julle pastoor en vra toestemming om hulle te deel. So sal julle MY seëninge met ander deel. As julle geïntimideer voel deur dit te doen vra julleself, hoekom? Waarsku die gemeente en pastoor wat EK spreek. MY Woorde is nie net vir enkele mense om te hoor nie maar vir die meerderheid om te hoor. Vertel hierdie vir hulle. Net soos in die dae van Noag so sal dit weer wees. 'n Vloed met MY bak vol vloeke sal hierdie aarde oorstroom en niemand sal ontvlug nie behalwe hulle wie EK reeds verseël het. Vuur uit die lug, vuur wat alles verteer wat dit aanraak. Een derde van die aarde sal vernietig word. Die AARDE SKUD IN VREES terwyl EK die Seun van YAHUVEH naderkom. Die toorn sal die aarde verteer.

Hierdie aarde was aanbid en nie die Skepper van hierdie aarde nie. Daarvoor het hierdie aarde geboet en sal aanhou boet. Skepsels van hierdie aarde was aanbid daarvoor moet die skepsels boet. Die mens was aanbid en nie die Skepper van die mensdom nie daarvoor sal die mensdom boet. Bose geeste van Jesebel en Agab was omhels in die kerke, hiervoor kom die oordeel na die huis van YAHUVEH en op die aarde. Vlug weg van sulke plekke af. In stede daarvan luister na MY RUACH ha KODESH. Luister na die Geestelike leiers met die Geeste van Noag, Moses, Elia, Jeremia, Esegiël, Daniël, Johannes die Doper.

Leer deur hierdie profete se vrug, maar Meeste van alles leer van julle MESSIAS roep MY Naam YAHUSHUA aan en EK sal julle leer en lei in algehele waarheid in. Leer om te luister na MY RUACH ha KODESH (Heilige Gees). Daar is 'n tyd wat kom wanneer byeenkomste in geboue openlik in Amerika groot vrees sal veroorsaak. Ander lande ken dit nou. Maar EK was genadig tot dusver. Julle het tot dusver staatgemaak op daardie geboue om te vergader en MY een of twee maal per week te aanbid en MY te vergeet vir die res van die week. Hierdie is nie almal van julle nie maar baie van julle wat nou hier lees. Julle maak staat op daardie gebou of pastoor of gemeente maar julle het NOOIT geleer om self na MY stem te luister nie. Wat sal jy doen as dit net jy en EK is?

Leer nou hoe om te luister en MY stem te gehoorsaam. Julle pastore is veronderstel om julle aan te moedig om dit te doen en julle aan te moedig in die gawes van MY RUACH ha KODESH. Gee ag op dit wat MY Ware Profete spreek, arbei saam met die Profete, leer uit hulle voorbeeld van dapperheid. satan wil julle SALIGE HOOP steel en vul julle harte met vrees en vertel MY Kinders en MY Bruid dat hulle deur die tyd van toorn sal gaan, steel julle vreugde en steel julle SALIGE HOOP. Hierdie diensknegte van satan kom as engele van die lig.Wanneer julle dink aan engele wat gestuur is om MY diensknegte te verwar deur satan, dink aan hulle as buisligte. Dit is 'n namaaksel, afskuwelik en dodelik. Buisligte voel asof hulle die energie uit julle suig. Het EK nie vir julle gesê om te bid dat julle waardig geag sal word om die uur van versoeking te ontvlug wat oor die aarde gaan kom nie? EK het in MY Woord geskryf om julle gerus te stel en julle vrese tot bedaring te bring.

MY Kinders julle is nie bestem vir MY toorn nie. In plaas daarvan het EK vir julle die SALIGE HOOP gegee. Nogtans laat julle die vals profete toe om julle te beroof van julle SALIGE HOOP. Sommige sal gered word al weier hulle NOU hierdie SALIGE HOOP! Binnekort kom dit dat hulle sal treur soos die 5 maagde sonder olie in hulle lampe want hulle sal in die duisternis agtergelaat word sonder enige lig. Hulle sal toekyk terwyl vernietiging kom oor enigeen saam met wie hulle probeer reis wat nie MY Kinders is nie. Hetsy dit julle man of vrou, familie of vriende is. Leer 'n les by LOT! Diegene wat weier om te glo dat EK, YAHUSHUA, terugkom vir MY Bruid en EK is nou oppad, sal aangetref word net soos die 5 maagde met GEEN olie in hul lampe en GEEN manier om olie vir hulle lampe te koop nie.

Die 5 wyse maagde glo nou dat EK kan terugkom op enige dag of uur. Hulle waak en verlang vir hulle Bruidegom om spoedig te kom. Treur elke dag wat EK hulle nie weggeraap het saam met MY nie. Die wyses hou olie in hulle lampe en gevul met vars nuwe salwing daagliks. Weet dit, MY SALIGE HOOP is eg, EK is die SALIGE HOOP! Weier om toe te laat dat die Ark se deure toegaan sonder dat julle in MY arms is. EK is die ARK se deur. EK sê vir julle die Boek van die Heidene is besig om toe te gaan soos Dimitru Duduman vir Amerika geprofeteer het. Hy kyk nou vanuit die Hemel en weet hy het sy bes gedoen om Amerika te waarsku. Maar Ag hoe min het geluister. Hy het julle gewaarsku oor die komende toorn op Amerika. Want Amerika het EK nie geprofeteer vanuit hierdie diensmaagd wat nou spreek nie, dat Amerika BEKEER voordat dit te laat is omdat EK MY ergste gespaar het vir laaste. Maar EK sê vir MY Kinders wat in Amerika woon. MOENIE JULLE SALIGE HOOP PRYSGEE NIE!

satan kom om julle geloof te steel dat EK diegene wat MYNE is sal beskerm en 'n uitweg sal voorsien vir MY Bruid! Glo net! Dat die heidene se wee nie MY Kinders se wee is nie! Glo net EK is 'n God wat diegene beloon wat ywerig na MY soek! MY belonings is by MY! Net soos in die Dae van Noag sal julle die vernietiging aanskou vanaf bokant MY wraak. Dit was te laat wanneer die Arkdeur toegaan en ongeag hoe hard die heidene aan die deur gehamer het kon hulle nie ingaan nie. Wanneer EK MY Bruid huis toe neem, sal almal wat agterbly gedwing word om deur die tyd van Verdrukking te gaan. Afhangende van die geloof van diegene wat MY aanroep om hulle te red sal bepaal of hulle sterf of instaat is om die Merk van die Dier te ontvlug. Alleenlik om MY stem te hoor en MY te gehoorsaam sal hierdie bepaal.

Diegene wat glo, sal EK beskerm bokant die vloed van MY toorn en glo dat EK nie ‘n vroueslaner is nie. EK word beledig om te dink hoe enigiemand dit kan dink, wanneer EK sê dat EK kom vir MY Bruid en wees gereed en wagtend op MY. Wanneer EK in MY Woord sê bid sodat julle daardie uur van versoeking kan ontvlug wat oor die wêreld kom, wanneer EK sê MY Bruid julle is NIE bestem vir MY toorn nie en daar nog steeds van julle is wat daarop aandring om MY te toets. So, dit wat julle sê sal EK toelaat om te gebeur. Glo julle dat EK 'n weg van ontvlugting sal voorsien? Vir diegene wat dit doen en heilig lewe asof EK enige oomblik sal kom, EK sal hulle nie verras nie; hulle wag NOU vir MY.

[Hersien 8 Januarie 2009. Loof YAHUSHUA dat hierdie weergawe, in rooi, in die argiewe gevind was en vir een of ander onverklaarbare rede uitgelaat was uit hierdie Profesie tot nou toe.]

Hierdie Diensmaagd deur wie EK spreek, treur elke dag wat EK nie kom nie! Dit is hoe jy sal weet of jy MY Bruid is! Treur jy ook elke dag wat EK nie kom nie of lewe jy asof EK vir jare nie gaan terugkom nie?

Maak jy aanspraak daarop dat jy “a manifested Son of God” is wat die een sal wees wat Vrede na die aarde toe bring? Want as jy is dan is jy verkeerd! Net EK, YAHUSHUA, kan vrede na hierdie Wêreld toe bring! Maar nie voordat hel op hierdie wêreld losbreek nie! Wanneer dit lyk asof niemand sal oorleef nie sal EK weer kom met MY Heiliges agter MY aan! En julle sal sien hoe maklik EK die vyand van YAHUSHUA verslaan! EK het voorheen ‘n openbare vertoon gemaak! So sal EK dit weer doen!

Pasop, want nou vertel EK vir julle‘n geheim deur MY Diensmaagd, EK kom om weg te glip met MY Bruid in die middernagtelike ure wanneer diegene wat nie uitkyk vir MY nie MY die minste verwag! EK sal kom en bewys dat EK nie‘n vroueslaner is nie! EK het MY Bruid lief en verlang dat SY in Haar onsterflike Liggaam beklee word, rein en vlekloos, geklee in skitterwit!

Vir diegene wat nie uitkyk vir MY nie, en glo julle moet die Verdrukking ly, EK sal na julle toe kom soos‘n dief in die nag! Onverwags, maar EK sal nie vir julle kom nie omdat julle nie gewag het nie! Julle sal moet toekyk hoe MY Bruid haar beloning van Onsterflike Verheerlikte liggaam kry! Kyk MY belonings is by MY!

Julle wat MY liefhet en weier om (in) hierdie te glo, julle verheerlikte liggame sal moet wag, en julle sal die Verdrukking moet ly want julle mond spreek wat julle glo.

Diegene wat hulle BRUIDEGOM verwag sal saam met MY opgeraap word bo-kant al die afgryse wat na hierdie aarde moet kom!

Vir die van julle wat hier lees en dit nie glo nie, leer ‘n les by die aarde want selfs die aarde sidder en bewe terwyl EK julle YAHUSHUA MESSIAS die aarde weereens nader! EK kom om weg te glip met MY Bruid! Hoeveel van julle sal gereed wees?

Julle weet die tyd kom nader! Tog sal julle nie die dag of uur weet nie! Leef dus asof dit vandag is sodat EK jou nie besig sal vind met die leefwyse van hiedie sondige wêreld nie!

EK sê weer, “Die Deur na die Ark en Boek van die Heidene is Vinnig Besig om toe te gaan!” EK IS die ArkDeur! Kom in MY liefdevolle arms in! Vir diegene wat MY nie ken nie, EK wag vir julle, wag julle vir MY? Kyk op, julle verlossing kom nader vir diegene wat waak en wag vir YAHUSHUA MESSIAH! Waarsku ander en hou jou kleed vlekloos en wit, gewas in MY gestorte Bloed by Golgota! EK verlang om by MY Bruid te wees, net soos sy verlang om by MY te wees! Terwyl julle al hierdie dinge gaan sien wat moet gebeur, weet dat EK oppad is!

*******

Gespreek onder die Salwing van Die HEILIGE GEES deur hierdie Kind, Vegter en Bruid Pastoor Elisheva Eliyahu 15/11/98 12:00 NM

YAHUSHUA is MY spoedig komende KONING van die Konings en HERE van die Here, BRUIDEGOM, en REDDER, ALMAGTIGE GOD! Die Gees en die Bruid sê, “Kom HERE YAHUSHUA kom gou!”