Profesie 32:
Pasop vir die GoudKoors Herlewing! 'n Groot Misleiding!

Geskryf/gespreek onder die Salwing van die HEILIGE GEES(RUACH ha KODESH) Deur Apostel & Profeet Elisheva Eliyahu 14 April 1999

Elisheva: Onderaan die Profesie is kommentare en 'n uittreksel van 'n persoon uit 'n geselskamer (chatroom) wat die GoudKoors Herlewing beleef het!

Die GOD VAN ABRAHAM, ISAK EN JAKOB het my na jou toe gestuur. “EK IS” YAHUVEH is SY NAAM. “EK IS” stuur my na beide Jood & Heiden—die geredde, die teruggevallene, die ongeredde. Mag julle die RUACH ha KODESH hoor voortspreek deur hierdie geskrewe Woorde en mag alles die NAAM VAN YAHUSHUA, YAHUVEH & RUACH ha KODESH verheerlik!

Hy wat 'n oor het, laat hulle hoor wat die GEES aan die kerke sê. Al die ander bly doof.

* * * * * * * *

Hier onder volg die Profesie soos dit voortgekom het

—met Profeet Elisheva se “Heilige Tale” soos GOD SE GEES uiting gee (Handeling 2:3-4) van Hemelse of aardse tale (1 Kor. 13:1) Elisheva spreek voort in tale en Profesie word voortgebring (1 Kor.14:6)

Dit bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:

YAH/YAHU יה is die HEILIGE , GEWYDE NAAM van GOD soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH” הללו-יה Wat letterlik beteken: “Prys YAH”
YAHUVEH/YAHWEH הוהי GOD THE FATHER
YAHUSHUA/YAHSHUA יהושוע GOD SE ENIGSTE GEBORE SEUN
HA MASHIACH המשיח beteken “DIE MESSIAS”; ELOHIM אלוהים beteken “GOD”)

Die Openbaring van “SH’KHINYAH GLORY’ שכניהתפארה
—–as die PERSOONLIKE NAAM van dieRUACH HA KODESH רוחהקדש, (In Afrikaans genoem “Die HEILIGE GEES”)
- is ook op hierdie web werf.
(HA SH’KHINAH שכינה {SHEKINAH} is Hebreeus vir; GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID)

Addisioneel; ABBA YAH יהאבא beteken ‘VADER YAH”
En IMMA YAH יהאמא beteken “MOEDER YAH”

(Skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui). Regs kliek die voetnota nommers om’n tweede “tab” oop te maak.

*******

YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat voor die Profesieë bygevoeg moet word:


EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva],
om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie.
Selfs nog voordat daar ‘n Bediening was, het EK dit in jou gees geplaas.

Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie.
Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA,
jou MASHIACH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH,
jou IMMAYAH, geboorte gegee.

As dit net deur jou hand was, sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID SE WIND
wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGEW WIND VAN HERLEWING.
Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

“EK IS YAHVEH, dit is MY NAAM;
En MY EER sal EK aan geen ander gee,
of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie.” Jesaja 42:8

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD beveel om ook hierdie gedeelte by te voeg as ‘n waarskuwing vir diegene wat spot:

“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag
en met SY Profete gespot totdat die Gramskap van YAHWEH
teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”
—2 Kronieke 36:16

* * * * * * *

Bygevoeg April-Mei 2003

Hierdie onderstaande Profesie praat nie net van die vals manifestasie van goudstof wat op die liggaam verskyn nie, maar ook van tande wat goud word sowel as die oorlog van Kosovo. Maar dit kan ook van die oorlog vandag in Irak en Afganistan praat, want dit is steeds van toepassing. 'n Broer in YAHUSHUA het aan my geskryf en uitgevra oor hierdie Profesie 32. VADER YAHUVEH het beveel om dit weer te plaas en hierdie NUWE e-pos van Maleisië by te voeg waar ons baie het wat YAHUSHUA, in Grieks genoem ‘JESUS CHRISTUS’ aangeneem het deur die waarhede wat gespreek word in hierdie bediening.

Die Profesieë is oral oor Maleisië, Afrika, Indië, Engeland, om maar net 'n klompie buitelandse nasies te noem. Selfs 'n Christelike Kerk in Irak het hierdie profesieë en deel dit met hulle lidmate. Bid asseblief vir die Christene en Messiaanse Jode in Irak want hulle is 'n weggesteekte minderheid, en ‘n broer het aan my geskryf wat 'n Pastoor vandaar was. Ek gebruik die term 'was'... omdat ek nie weet of hy en sy kerk nog lewe na dit wat ek op die nuus gesien het nie... Ek weet dit, ek sal hom in die Hemel ontmoet al sal het ek nooit die voorreg hê om hom op aarde te ontmoet nie.

Liefde & Seëninge in die NAAM VAN YAHUSHUA

Elisheva Eliyahu


Profesie 32 Begin

14 April 1999

“EK IS” en MY SEUN YAHUSHUA, is NIE verheerlikte tandartse nie! ONS is die GOD VAN DIE SKEPPING. ONS kopieer nie die maniere van die mens nie. Soek die waarheid biddend. Want daar is diegene wat julle wil mislei. Hierdie is niks meer as toordery, kulkuns, middeleeuse chemie en betowering nie—die toorkuns om metaal in goud te verander.

PASOP! Geestelike leiers en die mense wat hierdie goudvulsel bonatuurlik kry (al maak sommige daarop aanspraak d.m.v. kulkunste) in hul monde, ontvang boodskappe van satan soos 'n radiosender.

Hulle sal nooit weer instaat wees

om die ware Stem van die RUACH HA KODESH te onderskei nie —

hulle het hul siele verkoop vir 'n mondvol goud,

as hulle nie BEKEER en dit laat verwyder nie.

Studeer en bewys jouself as beproef.

Waar is hierdie in die Heilige Skrifte wat EK vir julle gegee het?

Hulle noem hierdie 'n 'herlewing' maar die vure van die hel lek aan hulle voete. Weet julle dat MY weë nie die weë van die wêreld is nie?!

Julle hardloop heen en weer en selfs die heidene doen dit ter wille van goud! En julle jaag agter tekens, wonders en wonderwerke aan en weet nie dit is wat die antichris gaan gebruik om sovele te mislei nie? Weet julle nie dat tekens, wonders en wonderwerke diégene volg wat glo nie (Mark.16: 17-18)? Nie julle wat tekens, wonders en wonderwerke najaag nie! My betroubaarste diensknegte word weggelei soos 'n vark met 'n goue ring aan sy snoet.

Julle wat hierdie dinge doen openbaar julle ware vrugte. Pasop, want julle sal aanspreeklik gehou word. Hoe durf julle MY ware diensknegte beledig wat julle waarsku en julle herinner selfs die ware uitverkorenes sal mislei word indien moontlik (Mat.24:24)!

Dit is slegs moontlik as niemand gewillig is om te waarsku en te praat nie. Julle moet hulle nie haat nie maar dankbaar wees vir hulle vrymoedigheid. Nee—maar in hierdie tye sal dit wat goed is boos genoem word en wat boos is goed —EK het nie nodig om metaalvulsels binne-in tande te verander in goud om siele te red nie of om goudstof oor julle te sprinkel nie.

Dit verg die BLOED VAN YAHUSHUA om julle te bedek nie goudstof nie.

As dit al was wat dit geverg het, sou EK nie MY SEUN YAHUSHUA as 'n offer op Golgota gegee het nie.

Julle geestelike leiers EK kla julle aan oor hierdie dwaasheid, BEKEER VANDAG! Moet geen deel hê aan hierdie goudkoors herlewing nie. Vind uit wie die towenaars in die kerke is wat dit in die kerke en tempels inbring en jaag hulle uit. Julle is die blindes wat die blindes lei. (Mt 15:14; Lk 6:39). Beide sal in die ingewande van die hel val as julle die mense na tekens, wonders en wonderwerke lei en nie na VERLOSSING nie —YAHUSHUA is SY NAAM!

MY mense vlug van sulke plekke waar julle dit sien! Bestraf satan en vlug. Julle bring skande oor julself terwyl julle honger en dors na tekens en satan vir julle gee wat julle begeer.

Wat sal julle doen as satan sê bring vir my julle pennies en ek sal die metaal in 'n hoop goud verander? Verstaan julle nog nie julle gierigheid verblind julle oë nie?

Onderskei julle nie die kerke wat hulself hievoor oopgestel het het ook die laggende- koggelende-gees van verwarring in hul kerke nie?

Kan julle nie sien dat hierdie nog 'n vorm van misleiding is om julle daarvan te weerhou om sonder vlek of kreukel te wees nie? Hierdie nog 'n misleiding is om julle oë weg te draai van MY Koms af?! Julle wat mislei was en nie bekeer het nie, julle is nie MY Bruid nie!

EK doen ‘n beroep op MY Verlore Skape wat hulself MYNE genoem het en nogtans na 'n ander herder se arms gehardloop het—'n “vals herder”, een wat diegene wat eens MY “lammers”genoem was ter slagting sal lei. Diesulkes wat na MY toe kom en MY “REDDER” noem doen dit net as gevolg van die tekens van metaal wat in goud verander word of omdat hulle goudstof sien. Besef julle nie dat slegs liefde, ware liefde vir MY julle siele kan red nie? Besef julle nie BEKERING, WARE BEKERING sal julle siele red nie?

Onthou julle nie dat EK wonderbaarlike tekens, wonders en wonderwerke met Moses gedoen het nie en die bose Farao het sy goëlaars, towenaars en kulkunstenaars gekry om dieselfde na te boots nie? —satan wou mislei destyds en hy doen dieselfde nou—hy het destyds 'n goue afgod gebruik, hy gebruik 'n goue afgod nou.

Julle met die gees van 'n Fariseer!

Julle jaag agter vlees aan

en nie MY RUACH HA KODESH nie!

Julle, na wie EK eens met blydskap gekyk het! Keer EK nou die rug in walging! Julle sê omdat hierdie bediening of daardie persoon (wat julle op 'n voetstuk geplaas het en reken dat hulle meer is as wat hulle is) —omdat hulle sê dat dit 'n handeling uit die Hemel is selfs sonder om te onderskei uit watter gees hulle praat aanvaar julle dit as waarheid! Alhoewel dit 'n leuen uit die put van die hel is!

WEE diegene wat MY mense leer om te sondig en dit te aanvaar wat nie van MY RUACH ha KODESH is nie! Julle is die einstes wat hulle in die paadjies laat rol en soos honde laat blaf, en lag in chaotiese spottery terwyl julle daarop aanspraak maak dat dit die blydskap in die HERE is!

Julle leiers, EK sal julle so skielik neervel wat MY kudde laat wegdwaal het julle sal nie eens gewaarsku word nie. Beskou hierdie as julle waarskuwing maar so min sal selfs MY Stem hoor want hulle het die stem van 'n ander gehoor wat nou met hulle praat deur satan.

Julle leiers, julle word verantwoordlik gehou. Julle word aanspreeklik gehou vir dit wat julle weet! Julle vals leiers wat MY mense op 'n dwaalspoor lei is die einstes wat nou MY Woord gebruik om daarop aanspraak te maak dat dit YAHUSHUA is wat deur die mense kanaliseer.

Kom uit die kerke uit wat al hierdie dinge doen waarvan EK hulle vandag aangekla het of kuddes wat eens op ‘n tyd MYNE was, sal julle name vir ewig uitgewis word uit die LAM SE Boek van die Lewe.

In hierdie wêreld buig julle neer voor goud en dink die een is beter as die ander afhangende van hoe ryk hulle is, DWASE! Ja Ek noem julle DWASE!

Het die Israeliete nie vir hulself 'n goue afgod gemaak nie hierdie is geensins anders nie. Omdat MY dwase wederstrewige dogter Jerusalem ook deelneem aan hierdie gekheid en MY dienaars wat EK eens vertrou het hierdie kettery onderrig, glo julle dat dit die werke van MY hande is?

Vra julleself, hoe is neerbuiging voor en aanbidding van die vals god wat tande met goud vul verskillend daarvan om neer te buig voor die goue kalf? Vra julleself toe EK die Gebooie geskryf op klip vir Moses gegee het met MY Vinger geskryf op klip nie goud nie—vra julself af hoekom het EK dit nie op goud geskryf nie? Nogtans het satan terselfdertyd MY mense se harte gevul en hulle het 'n goue afgod aanbid. Hierdie is geensins anders nie.

Julle leiers spog oor hoeveel gered word deur hierdie “Goudkoors-herlewing” en tog dink julle nie EK ken die mense se ware motiewe en sien hulle harte nie? Weet julle nie dat satan weereens 'n goue afgod gebruik om MY mense in vals aanbidding te lei nie en julle dink julle loof MY en verheerlik “EK IS” ? En tog beledig julle MY. Gaan weg van MY julle wat hierdie dinge doen! BEKEER VANDAG of anders sal jy met jou siel betaal.

Nou het EK verdere aanklagtes teen julle leiers, gemeentes en kerke wat sê dat julle MYNE is. Gedurende hierdie tyd het julle selfs die heidene se oë op die goudkoors herlewing en tog kla EK julle hiermee aan:

Hoekom val julle nie op jul knieë en vas met gebeds-intersessie dag en nag vir die gruweldade wat gepleeg word in 'n oorlog wat deur satan self ge-orkestreer word nie. Weet julle nie “EK IS” gaan diegene wat deelneem in NATO en hierdie gruweldade doen op 'n harde manier oordeel nie?!

Julle oë is op goud en nie op die onskuldige mans, vrouens en kinders wat julle daagliks bombardeer en vermoor nie.

Pastore, profete, apostels, evangeliste, leraars, pasop! Julle wat eens op ‘n tyd MY Woorde gespreek het en nou die speletjie speel van “Volg die Leier” —“EK IS” is die ENGISTE LEIER wat julle moet volg. “EK IS”volg geen man of vrou nie. Hulle is veronderstel om “EK IS” te volg! “EK IS” is nie in die populariteit van bedienings by wie julle handtekeninge soek tot skande nie.

MY dienaars is veronderstel om die mense te dien maar instede daarvan word hulle verlok tot sonde met omkopery om stil te bly deur die regerings wat belasting-kwytskelding gee en julle waarsku indien julle praat sal julle finansieel daarvoor betaal. Ter wille van geld muilband julle julself!

Julle bewys watter GOD julle dien wanneer julle nie sê dat homoseksualiteit 'n sonde is nie! Aborsie is sonde! Hierdie oorlog is sonde! Die weë van die wêreld is sonde! Enige iemand wat 'n vriend van hierdie wêreld is is nie 'n vriend van “EK IS” of MY SEUN YAHUSHUA nie, PASOP!

EK kla julle nou aan, julle wat julself geestelike leiers noem, julle wat op die maat van die wêreld se tamboerslaner marsjeer. Hoekom hoor julle nie MY Stem wat sê julle moet uitspreek teen onheiligheid nie? Julle leer MY mense om te sondig deur stil te bly en ongeag wat deur julle politieke leiers gedoen word sê julle “EK IS” wil hê hulle moenie veg teen dit wat onheilig is nie, en ook nie uitspreek teen die leiers van die nasies wat hierdie dinge doen nie.

Bid vir hulle om te bekeer! Maar moenie dat die geestelike leiers, die politieke leiers julle binne-in die ingewande van die hel lei nie. Moenie dat die bloed van ander julle kledingstukke deurweek nie. Moenie verblind word deur die roem en rykdom wat satan hierdie wêreld bied nie.

Daar is 'n herlewing, ja, maar 'n groter herlewing van voetspore wat in die hel in lei deur die groot afvalligheid weg van MY Waarheid af (2 Tess.2:3; 1Tim.4:1)—satan het ook 'n herlewing aan die gang gesit pasop dus vir die vervalsing, karnaval, herlewing. Ek kla julle geestelike leiers aan.

Nie almal marsjeer op die dromslag van die hel nie. Daar is diegene soos hierdie diensmaagd en ander, wat dapper sal uitroep en protesteer en indien nodig hulle lewens neerlê ter wille van MY. EK waarsku julle, “Jakob het EK liefgehad, Esau het EK gehaat” (Rom.9:13)!

Wanneer julle MY Jakob’e wil stilmaak loop julle gevaar om te word soos een met 'n Kain gees—julle loop gevaar vir MY liefde om in haat te verander vir julle—dit is julle wat die RUACH HA KODESH belaster wanneer julle dit waag om te sê dat 'n werk van satan deur die RUACH HA KODESH gedoen word!

Toets elke gees wat praat. Toets elke teken, wonder en wonderwerk. Is dit in lyn met die Woord van “EK IS”?

Die goudstof wat julle en julle klere besprinkel—die goudstof word uit die hel vir julle gestuur om julle soos 'n kombers toe te maak en julle oë te verblind en julle in 'n diep geestelike koma te sit waar julle nie langer die verskil tussen reg en verkeerd ken nie. EK kla julle aan geestelike leiers wat EK eens kon vertrou, EK kan nie meer nie.

Hoekom protesteer julle nie en laat julle mense protesteer teen hierdie oorlog nie? Hoekom noem julle julself 'n vriend van die politieke leiers wat hierdie gruweldade doen?

Weet julle nie dat julle verantwoordelik gehou sal word deur nie uit te spreek nie uit vrees dat julle jul belasting-vrystellings status sal verloor nie? Julle geestelike leiers, julle het die omkoopgeld van die regering aanvaar om stil te bly. Julle het julle geboortereg verkoop soos Esau gedoen het vir 'n handvol goud.

Hoe groter die bediening hoe meer kon julle MY Mense laat opstaan en praat en nee sê vir die heidene. Tog, vir omkoopgeld bly julle stil en laat die moorde op onskuldiges toe en die bloed is op julle hande geestelike leiers en almal wat hulle navolg en almal wat hulle ondersteun met julle tiendes en offergawes!

Moenie enige seëninge van MY verwag nie want wanneer die tyd kom wat julle uitroep na MY vir Bevryding, onthou waar is julle wanneer die onskuldiges julle stemme nodig gehad het om hulle te verdedig? Oorlog ter wille van gulsigheid! Die mens speel GOD en MY mense bly stil! Wat sal julle doen? Julle wat stilbly en die bombardering van onskuldige mans, vrouens en kinders gadeslaan—nou dra julle hulle bloed op julle klere!

As almal net iets sou doen om uit te spreek! As elke kerk net teen dit sou uitspreek! Vas, bid en tree in. Moenie julle deure toemaak totdat julle MY Hand van Bevryding sien nie!

Amerika, wee jou want bloedvergieting het nie na jou kuslyn gekom deur oorlog nie vir baie jare maar julle het dit nou oor julself gebring! EK IS hou nogtans die hand van die laksman terug terwille van die klein klompie wat uitroep om genade. Maar wanneer dit kom sal daar geen waarskuwing wees nie. In die stilte van die nag sal dit toeslaan met geen waarskuwings.

Jy is so opgeblaas met trots dat jy dink geen nasie sal terugslaan nie maar wee jou Amerika. Want wanneer dit tyd word vir aanval, sal dit nie deur een hand wees wat jou tref nie, maar deur baie hande wat jou tref. Vir dit waarin jy deelgeneem het! Jou bondgenote sal nêrens in sig wees nie; Want hulle sal besig wees om te veg vir hul eie lande. Wee julle MY Kinders wat hierdie oorlog ondersteun. Julle geld is met bloed deurweek.

Julle geestelike leiers wat elke week kerk-hou of tempel en nogtans nie die mense lei om te vas, te bid en in te tree hierteen nie. Twee onregte maak nie ‘n reg nie. Hoe kan julle aan die een kant moord veroordeel en tog aan die anderkant dit toejuig—solank dit julle nasie is wat die moorde pleeg! Huigelaars!

Hoe kan julle sê ons moet ons politieke leiers ondersteun wanneer dit wat hulle doen verkeerd is? Ja, EK stel die politieke leiers aan. EK het ook die bose farao as 'n korrupte regeerder aangestel. Het EK Moses aangesê om hom te gehoorsaam toe hy goddeloos was? Het EK nie die Israeliete beveel om te vlug van hierdie goddelose heerser nie?

Het EK Moses nie beveel om hierdie goddelose heerser te waarsku nie? Het EK nie die bose farao geskape en ja, selfs vir Hitler en Mussolini vir MY Toorn en Vernietiging vir die boosheid wat hulle voor MY aangesig gepleeg het nie? (Rom.9:17-22)!

EK kla julle aan hiermee! geestelike leiers en almal wat stilbly—julle is geensins anders as diegene wat stilgebly het tydens die Holocaust nie! EK kla julle aan hiermee! Politieke leiers wat stilbly wetende dat dit wat gedoen word, verkeerd is, dit nogtans nie waag om die boot te skud nie uit vrees —julle sal julle boot geskud hê maar dit sal wees deur die Hand van “EK IS” se Toorn. EK sal dit nie net skud nie, EK sal julle lewens omkeer en julle onder hou.

BEKEER VANDAG! Praat vandag! Moenie die een haat wat hierdie boodskap bring nie. Sy gehoorsam slegs MY wil! Iemand moet praat en soos ‘n Moses wees en sê "LAAT MY MENSE GAAN!"

Wanneer die tyd kom en julle sien Israel deur troepe omsingel, sal julle dan praat? Wanneer julle die dreigemente van jul eie volk hoor wat MY Dogter Jerusalem dreig sal julle dan praat? Wanneer die missiele in hulle rigting wys deur jul eie volk, sal julle dan praat?

Julle geestelike leiers wat vreesbevange in die hoek ineenkrimp met julle monde gesnoer - omdat julle die omkopery aanvaar het bedek in julle goudstof, louwarm met 'n vorm van godsdienstigheid en geen GODDELIKHEID van binne nie (2 Tim.3:5)! Julle wat MY Woorde vir die mense lees en nogtans nie daadwerklik optree ten opsigte van die Woorde nie—geloof sonder werke is dood (Jakobus 2:14-26)! Julle sing julle lofsange tot MY en nogtans sê EK, "Weg met julle lofsange!” Want julle bewys geen lof aan MY nie behalwe in die vorming van julle lippe in sang. Julle harte is ver van MY. Julle praat van liefde en nogtans kla ek julle aan geestelike leiers, waar is julle liefde?

As julle MY liefhet sal julle MY gehoorsaam (Johannes 14:15) Sal julle MY Mense leer om te gehoorsaam. Uitspreek soos Johannes die Doper en nie vir julle lewens vrees nie.

Pasop, as julle nie bekeer nie, sal EK eendag vir julle sê, "Gaan weg van MY julle werkers van ongeregtigheid EK het julle nooit geken nie"(Mat.7:23) “Jakob het EK liefgehad, Esau het EK gehaat” Rom.9:13) Wees versigtig dat MY liefde vir julle nie verander in haat nie. Pasop! Kain het gedink hy gee MY ook 'n goeie offer en in jaloesie het hy Abel vermoor want hy het besef sy offer was nie genoeg nie (Gen.4)

Hoekom vestig julle die oë van julle gemeentes op hul tande en goud? EK sal julle wys hoe voel die tande van die LEEU VAN JUDA wanneer grootliks vertoorn. Julle bespot MY met julle aanbidding wat mense na 'n goue afgod lei en hulle aan die slaap sus vir die moorde wat hulle omring maar tog is hul oë op hul eie tande of in die monde van ander.

Dink julle nie EK hoor die gille uit die monde van die onskuldiges nie?

Wee die nasies en die volke wat deelneem aan die verdediging van die werkers van onheil en wat diegene vermoor wat MY aanbid!

Wee enige nasie wat nie alles in sy vermoë doen om Jerusalem te beskerm nie. EK het Israel verberg—alhoewel sy MY wederstrewige dogter is—is sy MY dogter en EK het haar baie lief en sal dit wat MYNE is met jaloesie bewaak en beskerm!

Haar oë was verblind en nou probeer goudstof om haar verder te verblind, maar EK sal persoonlik haar oë met trane afvee, om helder te sien en sy sal haar REDDER YAHUSHUA sien kom en Israel red.

O Jerusalem! O Jerusalem! EK sal julle by MY versamel (Mat. 23:37) en MY Arms om MY mense slaan. En enigeen wat dit waag om teen julle te kom sal uitvind wat dit is om te probeer om die ALMAGTIGE GOD te probeer vernietig, WIE die GOD VAN ABRAHAM, ISAK EN JAKOB is.

“EK IS” is MY NAAM en EK deel MY HEERLIKHEID met niemand of niks. Julle het MY liefgehad, maar nie MY SEUN YAHUSHUA WIE op aarde gebore was op julle grond uit die lendene van julle eie vlees nie. Maar julle verag steeds die enigste VERLOSSER wat julle ooit sal ken.

Tog is dit besig om te verander en MY RUACH ha KODESH waai oor Israel en die vyand kan dit nie stop nie!

O Israel, moenie opgee wat EK julle beveel om nie oor te gee nie!

O Israel, moenie ingee teen die intimidasie van oorlog

of gerugte van oorlog of verwoesting nie!

Glo dat “EK IS” julle sal red en verlos

uit die hande van die vyand

en uit die hande van vreemde kinders!

Glo dat EK julle sal verlos en al MY kinders in al die nasies

uit die hande van vreemde vuur!

Moenie mislei word nie!

Jaag die towenaars uit julle kerke en tempels uit!

Jaag die goue afgods- aanbidders weg van my kinders af!

Leiers BEKEER vandag

want julle neem nie standpunt in teen die goddeloosheid nie!

EK spreek hierdie boodskap deur MY Diensmaagd, [Elisheva Eliyahu] en alhoewel die boodskap nie strelend is vir julle ore nie is dit 'n boodskap wat kom van die GOD VAN ABRAHAM, ISAK EN JAKOB EN DIE HEMELSE VADER VAN YAHUSHUA! “EK IS” is MY NAAM en “EK IS” het op hierdie dag gespreek. So laat dit dus opgeteken wees soos op die aarde net so ook in die Hemel.

Einde van Profesie
14/4/1999, 6:46 vm.
So is dit gespreek. So is dit geskryf.

Dit is die boodskap wat ek gehoor het om te lewer. EK spreek dit nederig uit en vra om vergifnis van GOD, YAHUVEH & YAHUSHUA as ek nie alles volledig gehoor het nie of indien ek enige iets gesensor het omdat ek nie wou aanstoot gee nie.

Dit is 'n verskriklike ding om so 'n ontsaglike verantwoordelikheid te hê om die GOD VAN DIE SKEPPING “EK IS” se Woorde te spreek. Dit is soos RUACH HA KODESH VUUR wat in my beendere opgesluit is. Ek was deur die HERE vertel, “EK IS” hou my verantwoordelik vir dit wat ek sê, en wat ek nie sê nie.

Bid asseblief vir die Apostels & Profete wat net soos ekself, die gloed moet verduur vir die voortspreking van woorde wat mense nie wil hoor nie.

Weereens bevind ek myself buite die hoofstroom kerke terwyl ek in-kyk na binne. EK het nog nie hierdie goud in iemand se mond gesien nie, maar ek ken 'n suster wat aangeval is en 'n godslasteraar genoem is omdat sy uitgespreek het teen dit wat die RUACH HA KODESH my beveel het om “Goudkoors” Herlewing te noem en wat geen herlewing hoegenaamd is nie.

Toe die Israeliete rond-om die goue kalf gedans het, het enigiemand dit gewaag om uit te spreek en te sê "Nee! Dit is nie GOD nie!? Hulle het hul goud gevat en 'n afgod gemaak. Terselfdertyd was ‘n ware beweging van GOD YAHUVEH besig om die wette met SY Vinger op 'n klei tablet te skryf!

Net omdat Richard Roberts, TBN, en ander beroemde profete en bedienaars vir julle vrede gee dat dit 'n ‘teken, wonder en wonderwerk uit die Hemel is sodat julle kan glo dat YAHUVEH & YAHUSHUA 'n werklikheid is’ - MOENIE MISLEI WORD NIE WANT ONTHOU DIE GROOT MISLEIDING! Moenie mislei word nie! Die Bybel sê: "Sonder geloof is dit onmoontlik om GOD te behaag"(Heb.11”6) Waar is die geloof wat benodig word in hierdie goudkoors?

Asseblief, voordat jy jou siel verloor, besef dat ek niks het om te wen deur hierteen uit te spreek nie. Ek gehoorsaam slegs die wil van my HEMELSE VADER. Ook het ek die vrymoedigheid want ek is nie vrygestel van belasting nie. Ek het nie my geboortereg verkoop vir belasting kwytskeldings-status nie! Soveel bedienaars tree op soos Esau en besef dit nie en sal ook nie voordat dit te laat is nie! Dit is die aanklagte wat ek teen die kerke en die leiers het. Wat is julle antwoord op hierdie aanklagte? Alle oë in die Hemel is gerig op julle handelinge. Nou kan julle nie sê dat julle nie gewaarsku was nie.

Bekeer vandag, voordat dit te laat is!
Apostel & Profeet
Elisheva Eliyahu

Gesels-kamer gesprek:

Dit was met ons gedeel. “Rev” is nie “Rev Elisheva nie, maar dit is iemand wat ‘n Bedienings venoot aanlyn ontmoet het.

Rev: Hi ek het jou webblad gesien aangaande goudkoors herlewing, kan ek jou daaroor uitvra?

Ivan: Ja

Rev: Het jy dit gesien?

Ivan: Ek ken iemand wat dit gesien het .... dit is die naaste wat ek gekom het

Rev: Ek kry dit ek weet nie wat dit veroorsaak nie hoe raak ek ontslae daarvan ek het nooit daarvoor gevra nie

Ivan: Wat het dit met jou gebeur ...

Rev: Ek het dit by 'n 'welvaart-gierigheid' kerk gekry

Rev: daar is 'n snaakse antichris gees daar dit gaan saam met dan 11:36

Rev: dit kom uit die handpalms en vingers van die hande met ‘n olie

Ivan: Ja so het ek gehoor

Rev: Ek haat dit hoe raak ek ontslae daarvan

Ivan: Het jy enige goue stopsels gekry

Rev: soos ek dit sien is ons skatte hemels soos wat JESUS leer

Rev: Ek het nie gekyk nie ek het net 1 tand wat gevul is

Rev: jy weet welvaart-beweging is uit gierigheid en nie God-gesentreerd nie, reg?

Ivan: Ja ....sal die hele profesie moet lees

Rev: Jip ek het

Rev: ek wil glad nie satan se frats-dinge hê nie

Ivan: profesie 32

Ivan: het jy opgehou om na daardie kerk toe te gaan?

Rev: ek kry die goue-goed terwyl ons nou praat

Rev: jip ek het, ek het verlaat, ek gaan nou na Messiaanse Joodse plek waar ek gevoed word

Ivan: die goudstof gebeur nou ....hoe was jou verhouding met god

Rev: ek bewonder God ek het HOM lief met alles

Ivan: hoekom dink jy gebeur dit met jou ...

Ivan: satan gebruik die goudstof om sy mense te merk

Rev: bose wil hê ek moet oorgaan tot gierigheid miskien?? kyk ek haat die goed selfs nie eens al die egte GOUD in die hemel kan vergelyk word met JESUS nie. JESUS is die ware skat.

Rev: dude ek wil NOU hierdie merk weghê

Ivan: dit sal soos die merk van die dier wees

Rev : hoe raak ek ontslae daarvan ek het nooit gevra daarvoor nie en wil dit nie hê nie ek het JESUS LIEF!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Rev: ek gee nie eens of gee tiendes om iets in ruil daarvoor terug te verwag nie ek doen dit net om God te dien

Ivan: al wat ek jou kan vertel is wat God gesê het ....

Rev: wat was dit?

Rev: het ek die merk per ongeluk gekry?

Ivan: bekeer en kry dit verwyder leer en bewys jouself as beproef

Rev: hoe kry ek dit verwyder ek het baie bekeer en ek studeer dit is hoe ek agtergekom het dat dit sleg was

Ivan: ek weet nie hoe om dit te stop nie ... vas en bid

Rev: moet dit uitgedryf word? soos bevryding miskien? 245

Ivan: jy sê jy gaan na 'n messiaanse tempel

Rev: Ja

Ivan : het jy dit vir die rabbi vertel

Rev: ek het 'n vriend aanlyn wat bevrydings doen

Rev: ek vra my vriend miskien kan hy dit uitdryf

Ivan: ek glo jy moet dit probeer

Rev: k ty :) GBU

Stem asseblief saam met ons vir Rev se bevryding!

* * * * * * *

Kommentaar Oor Profesie 32

Onderwerp: goudstof en laggende herlewing?

Geliefde bruid van YAHUSHUA,

Groete in Jesus se Naam. Ek wil graag weet rakende hierdie goudstof en laggende herlewing, het dit doodgeloop?

Het julle enige van diegene gesien wat nou bevry is van hierdie demone?

Lei hulle 'n lewe van oorwinning as bybel christene?

Ek het hierdie herlewings wat deur my land Maleisië versprei het, en ek het persoonlik 'n meisie van 'n ander kerk gesien wat goue stopsels gehad het wat nou grys geword het. Sy het demoniese manifestasies gekry en was bevry toe daar vir haar in Jesus se naam gebid is. Sy het agteroor geval.

Ek glo die vals manifestasies is van dieselfde Rooms Katolieke geeste wat vals manifestasie laat gebeur, visioene van maria, wat gekoppel is met Maria en antichris.

'n Dame van dieselfde kerk wat die laggende herlewing gehad het het ook gemanifesteer en was in die proses van bevryding, sy het alles wat 'n vals manifestasie gehad het in die naam van die Here Jesus Christus uitgegooi.

As julle enige van dieselfde getuienisse het, laat weet my asseblief.

God seën.
Ps. Michael
Malaysia

* * * * * * *

Wil julle hierdie "Goud Herlewing" self sien? Kyk op die internet en sien self. Ons kan nie daarvoor verantwoordelik gehou word dat ons die skape na die wolwe se lêplek lei nie. Indien julle ons nie glo nie, word julle nou verantwoordelik gehou vir dit wat julle weet en gehoor het. Maak seker julle ‘boekmerk’ ons en kom terug.

* * *

Datum : Vry, 16 Apr 1999 00:12:27 -0700

Gedink ek sal dit met julle deel, dit het nooit die NZ lys gehaal nie.

Jou profesie bevestig slegs wat die Gees van God in my aangewakker het.

God seën jou suster

Elli

* * * * * * *

Datum: Maandag, 05 Apr 1999 19:42:49 – 0700

Aan: [email protected]

Van : "Elli

Onderwerp : Re: Goudkoors en goue tande....


Om 10:32 NM 4/5/99 het K. Walters geskryf:
Ek het nie persoonlik hierdie wonderwerk ontvang nie (NOG NIE), alhoewel ek die voorreg gehad het om in baie se monde te loer... wat 'n gesig! Een vrou wat meeste van haar kinderjare op welsyn was het 8 nuwe goue tande! 'n Ander vrou het 4 goue tande &/of vulsels die Woensdag gehad en teen Saterdag het sy 11 gehad!! (Ek het haar op beide stadiums van hierdie wonderwerk gesien). Een man het twee pragtige, perfekte, blink goue tande gehad en een daarvan het 'n kruis gehad wat daarop uitgegraveer was! Ek weet dit klink onmoontlik om te glo, maar ek het dit met my eie oë gesien!

* * *

Liewe Andrew en naamlys,

Ek wil graag 'n paar gedagtes met julle deel waarmee ek diep beïndruk is, nadat ek die plasing oor die buitengewone 'goud' verskynsel gelees het en dat dit te doen het met die tyd van 'vals tekens en wonders' wat sal kom uit die huis van God (die tempel van God) ook bekend as "die kerk" gedurende dit wat ek glo "ons" tye is. Ek het gelees van die opgewondenheid wat mede Christene deel oor hierdie 'wonders', en ek vra myself, hoekom is dit so dat *ek* as kind van God, nie dieselfde opgewondenheid voel nie, maar ek voel eerder ‘n droefheid binne my?

Terwyl ek die verslag op TACF volg, was my gedagtes gelei na die gedeeltes in 2 Thess 2 en ek het by myself gewonder ....wat dink Christene word in daardie hoofstuk beskryf (hoe lees julle?), wat sien hulle as misleiding van satan en hoe gaan dit manifesteer? Dink julle regtig dat die Vals Profeet op die toneel gaan verskyn soos iets wat lyk of dit uit die hel kom, terwyl hy aankondig ‘Hi’ ek is die vals profeet"? Dink julle regtig julle sal instaat wees om die leuen te onderskei wanneer dit in julle midde verskyn (te midde van God se woning, die huis van God, ook bekend as die "kerk")? Ek kry die gevoel dat meeste Christene, en veral hulle wat agter elke 'teken-en-wonderwerk’-beweging aanhardloop, die idee het dat 'n "vals wonderwerk" die reuk van swael MOET hê of afskuwelik moet wees van een of ander aard, om van die duiwel te wees.

MOENIE mislei word nie, broers en susters! Die satanistiese vervalsing SAL BINNE-IN die “tempel van God” verskyn, en dit praat nie van 'n Tempel wat hulle een of ander tyd in Jerusalem sal bou nie .... omdat 1) God al vir die laaste 2000 jaar nie daar woon nie, en 2) God nie woon in tempels wat deur mensehande gemaak is nie.

Hoekom glo ek die 'goue tande' en 'goudstof' verskynsels is 'n VALS wonderwerk? Omdat, die wonderwerk op sigself so “banaal” van aard is en dit is een wat aanloklik is vir die 'begeerlikhede van die vlees' en 'die grootsheidswaan van die lewe' (1 Joh 2:16 OV). Wie is dit wat Christus versoek het met die "mag en begeerlikhede van hierdie wêreld"? (Mat 4:8-10). Goue tande (om nie eens te praat van die gegraveerde kruis nie) was altyd 'n "besondere" item in hierdie wêreld wat slegs die RYKES kon bekostig, dit verteenwoordig 'n tipe van "klas".

Ek sê NIE hier dat God nie kan besluit om hierdie soort ding te doen nie, maar eerlikwaar ek glo dit is buite God se karakter, wanneer Sy hart breek oor die behoeftes van gebroke harte en geeste. Dat Hy 'n joviale tyd het deur "goue-engel stof" in die trane van (blinde?) aanbidders te strooi.

WORD WAKKER MENSE! satan se wonderwerke sal in julle midde verskyn en hy sal homself verhoog bo alles wat God genoem word (of 'van' God is), terwyl hy tussen God se mense sit as God (of 'afkomstig' van God .... en soos Mnr Sandman 'goue' sand (sterk dwaling) in julle slaperige oë strooi! Dit is hoogtyd om WAKKER TE WEES!!! MOENIE op 'n dwaalspoor gelei word nie.

dienend in Sy liefde,
Elli aka (Grace2U)

2 Thessalonisense 2:3-12

3 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van
die vernietiging
4 die teëstander wat hom verhef bo al wat Elohiem genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van Elohiem sal sit en voorgee dat hy Elohiem is.
5 Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie?
6 En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word.
7 Want die verborgenheid van die wetteloosheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;
8 en dan sal die wettelose geopenbaar word, hy wat die Meester met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van
sy wederkoms tot niet sal maak,
9 hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen
10 en met allerlei verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het
om gered te word nie.
11 En daarom sal Elohiem hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,
12 sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.