Profesie 33
Die Afgryse, Die Afgryse, Die Afgryse! Soos Dit Was In Die Tyd Van Hitler, So Sal Dit Weer Wees!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH deur Apostel Elisheva Eliyahu 29 April 1999

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”


* * * * * * * *

Waar julle ookal heen gaan sal EK julle veilig hou. Wat ookal moet gebeur, weet dat EK by julle is, en EK julle veilig sal bewaar. Laat 'n Bruidegom toe dat SY Bruid enige skade ly? Julle is MY Bruid, EK is julle Bruidegom. Ja, EK kom binnekort maar totdat julle MY sien, moenie dink dat EK MY Bruid nie sal beskud en beskerm nie. Sê MY Woord nie al val daar 1,000 aan jou sy, al omring die dooies jou, sal EK jou veilig hou nie (Ps 91:7)? Onthou toe die Israeliete en die Egiptenaars omring was deur duisternis en lig? Onthou toe die Egiptenaars plae gehad het en die Israliete geen? Hulle het sy-aan-sy gewoon, nie waar nie? Nogtans was die Israeliete beskerm. So was dit eens, en so sal dit weer wees.

GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE sal kom vir hulle wat te koop loop met MY Wette voor MY aangesig, op MY Torah gespoeg het en die Heilige Woord besmet het en dit aan flarde geskeur het.

GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE!
GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE sal kom oor diegene wat gespot het oor die woord van YAHUVEH wat uitgegooi was en bestempel was as gemors.

GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE! Julle sê EK is 'n GOD van genade en liefde en wanneer EK bestraffing spreek of in 'n harde stemtoon deur MY Profete, sê julle "Daardie is nie my liefdevolle en genadige Vader nie". Sê EK nie, "EK tugtig diegene wat EK liefhet" nie? Watter ouer dissiplineer hul kind sonder om hulle stem te verhef? DWASE, DWASE, DWASE mense. EK sal julle klap, EK sal julle links en regs slaan, EK sal voet-stamp bo-op julle. Maar ter wille van julle siele, sal EK satan toelaat om die vlees dood te maak, as gevolg van MY liefde en genade, roep MY aan wanneer daardie tyd aanbreek, en EK sal julle siele red.

GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE! GROOT AFGRYSE soos hierdie wêreld nog nooit gesien het nie. Maar luister, EK gee hierdie woorde nie vir MY Bruid, Babas, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes om vreesbevange te raak nie. Hulle is nie vir diegene wat MY stem hoor en MY vrees nie.

Dit is wysheid om die Here te vrees. Dit is wysheid om rein te probeer wees. Dit is wysheid om aan te hou om Heilig te lewe en onheiligheid te vermy. Julle vat die Woord van GOD en hou dit in die heiden se gesig en sê, "So sê die Here." Wag en kyk, jou buurman se huis sal platgevee word; plae, siektes, dood, verwoesting en armoede sal kom en kyk hoe bedek EK die wat MYNE is. EK bedek diegene wat MY Pasga ingegaan het. Diegene wat MYNE is, wat MY Pasga ingegaan het, julle sal die AFGRYSE van MY Oordeel wat kom ‘Passover” Verbygaan.

Daar kom groot verwoesting. Die aarde sal sidder en bewe in vrees. Kan die son MY glans oortref terwyl EK nader aan die aarde kom? Die lawa sal stroom, dit kan nie meer die woede van YAHUVEH hou nie. O, maar julle sal sien hoe MY engele laer trek rond-om diegene wat MY liefhet, julle hoef nie te vrees nie. Julle wat MY stem hoor hoef nie te vrees nie wanneer dit tyd is om te gaan sal julle weet. Het EK nie die Rooisee gekloof nie? EK het dit destyds gedoen, so sal EK dit weer doen. Net soos die bose farao en sy troepe MY Kinders van Israel agterna gesit het wat net wou vry wees om Heilig te lewe en MY te aanbid.

MY Kinders is diegene wat EK beskerm het. Hulle vyande was vernietig. EK het dit toe gedoen en EK sal dit weer doen. Die Israeliete was ongehoorsaam en was teruggehou om die Beloofde Land binne te gaan deur MY tugtiging. Aanskou hoe verwoesting kom oor die hoer van Babilon. Onthou vir Hitler? Soos EK vir MY Profete gesê het, leer van Hitler en julle sal sien wat in die verlede was sal in die toekoms wees.

O, O, O!!! Riviere van Bloed sal vloei! Julle sogenaamde Christene met julle monde vol goud. Dit is goud uit die hel gestuur! Goud uit die hel gestuur! Goud uit die hel gestuur! Julle is DWAAS, DWAAS! Sodat satan kan terugvat wanneer hy vir julle gegee het. Het Hitler nie goue tande uit die monde van die Jode getrek nie? satan spot en lag, soos dit destyds was sal hy dit weer doen. Hulle wat MY ken, hulle wat MY ken, weet dit is nie van MY af nie. EK beveel julle om nederig te wees. Hoekom sal EK dat julle laat spog met 'n mond vol goud? Is dit nie hoogmoed nie? EK verafsku die leiers wat dit onderrig en MY Mense op ‘n dwaalspoor lei. Julle sal weet dat julle weet dat julle goddelose geestelike leiers eendag voor MY sal staan en MY hoor sê, "Gaan weg van MY, julle werkers van onheil, EK het julle nooit geken nie! (Mat.7:23)”

Val op julle aangesigte en BEKEER! Laat ruk die goud uit julle monde, voordat satan dit uitruk want net soos Hitler gedoen het, sal hulle dit weer doen. Die antichris sal dit kampe van verdelging noem. Voorheen het hy 6 miljoen Jode vermoor, nou sal dit 666 miljoen christene en Jode wees. Menigtes sal louwarm in geloof wees, maar voordat hulle lewens geneem word, uitgedoof word soos 'n vuurhoutjie-vlam, sal hulle aan die brand wees met die liefde van YAHUVEH. Wat hulle nie nou het nie, sal hulle dan hê. Sal dit nie makliker wees om nou julle verstand, liggaam, gees en siel te offer, julle wil aan MY te gee, deur dit te doen op op MY manier nie of wil julle regtig eerder wag om die komende AFGRYSE deur te maak?

Sê EK nie in MY Woord diegene wat “louwarm” is sal EK uit MY mond uitspoeg nie (Openb.3:16)? Hoe kan julle dink wanneer julle MY Woord lees dat net enige iemand wat homself 'n “Christen” noem, in die lug in opgeraap sal word saam met MY(1 Tess. 4:17)? Die Bruid waarvoor EK kom sal voorbereid, gehoorsaam en lojaal wees, MY liefhê op elke manier, verstand, liggaam, gees en siel, reeds gekleed sonder vlek of kreukel. Watter Bruid laat haar Bruidegom wag? Dit is die gaste wat talm. Die Bruidegom wag nie vir SY Bruid nie; die Bruid is gereed wanneer HY verskyn. Die kampe van uitdelging sal nie gevul wees met MY Bruid nie. Geeneen van MY Bruid sal daar gevind word nie. Maar dit sal vol gaste wees. EK het net een Bruid.

Wanneer julle bymekaar gejaag word soos troppe beeste, teenmekaar vasgedruk waar julle nie links of regs kan beweeg nie, terwyl jy nog leef, sal die goud uit jou mond geruk word. Die goud sal uit jou mond geruk word. Die goud sal uit jou mond geruk word en die juwele van jou liggaam af. Dit is wat jy kry omdat jy vals misleidings, groot tekens en wonders volg. EK het hierdie Profeet gestuur om julle te waarsku. satan bluf julle; julle is aas aan die hoek. Kyk en ween terwyl geestelike leiers wat EK eens vertrou het MY Mense soos aas aan 'n hoek laat bengel oor die kake van die hel. Die bose geestelike leiers vul hul sakke met goud terwyl die hel die monde van die mense vul met goud sodat die bose dit kan uitruk soos hulle gemaak het met die Jode. Wat julle saai sal julle maai.

Julle in Israel wat hierdie weereens volg, het julle nie geleer om nie begerig te wees vir goud sodat dit uit julle monde geruk kan word nie? Val op julle aangesigte, BEKEER vandag! Vlug van hierdie leiers af weg wat julle op ‘n dwaalspoor lei. Aan diegene wat nie 'n “Pasga Seder” gedoen het nie, wat nie geweet het wat om te doen nie of dit nie wou doen nie. Leer nou. Julle benodig 'n “Passover” Pasga van MY oordeel. EK gee julle nog 'n kans, omdat EK 'n GOD van genade en liefde is. EK het met hierdie Profeet deur 'n droom gepraat, sodat julle nie kan sê dat julle GOD julle nie gewaarsku het nie. EK tugtig diegene wat EK liefhet. So was dit toe, so sal dit weer wees. Dit is julle keuse.

Wil julle nou gehoorsaam wees of wil julle MY tugtiging of MY verwerping later verduur? So was dit toe, so sal dit weer wees.

Elisheva se nota, "Ek het 'n droom gehad waar ek myself sien terwyl ek nog 'n “Pasga Seder” lei. Al wat julle nodig het is slegs die minimum. Ek het matzobroodjies gesien, appelmoes, peperwortel, pietersielie, radyse, druiwesap of wyn. Bestudeer om julleself as beproef te bewys. Baie inligting op die internet. Lees die verhaal van Moses, glo dat julle 'n “Passover” Pasga teen die komende afgryse sal hê. Lees Profesie 31).

* * * * * * *

So is dit geskryf, so is dit gespreek. Gegee onder die salwing, tydens gebed aan hierdie Kind, Vegter, Bruid en Diensmaagd van YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH. Op 29/4/99 7:13 nm.

Voel Asseblief vry om dit te kopieer en te versprei soos julle dit nodig ag. In volledigheid. Die enigstes vir wie ek nie toestemming gee nie, is hulle wat wil spot en 'n oordeel oor hulself bring. Die bloed is nie meer aan my hande nie. Eerw. Elisheva Eliyahu