Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle
Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
*******
Hierdie was geskryf op 16 Mei 1999 direk na die derde dag van my Jerigo-Mars om
7:00 vm. Enige muur van boosheid, verhinderende geeste, of enige bindings wat
teen hierdie bedienaar en hierdie bediening staan, moet val soos die mure van
Jerigo! Diegene wat my vernietiging wil hê en hierdie bediening se vernietiging,
sal nie staande bly nie! Ek is in eenstemming met al my broers en susters wat
hierdie woord en pastoor ontvang het in liefde, en die Jerigo-Marse doen vir die
mure van boosheid, bindings wat hulle op enige manier verhinder om te val, soos
die mure van Jerigo sal dit inmekaar stort! Ek glo dat die DAG VAN PINKSTER 'n
dag van groot oorwinning sal wees vir diegene wat alreeds of nog steeds
persoonlike Jerigo-Marse doen vir OORWINNING! Dieselfde God wat ons nou dien is
dieselfde God wat die mure van Jerigo laat neerstort het! Dieselfde God wat
Ragab gespaar het omdat sy die twee Israeliete versteek het, is dieselfde
Almagtige God wat homself “EK IS” noem. HY het dit eenmaal gedoen en HY sal dit
weer doen. Glo net en vertrou en julle sal oorwinning sien!
* * * * * * *
MY Geliefde Kinders “EK IS” is die Here julle God. Dit is MY Naam en MY
Heerlikheid, en EK sal nie vir ‘n ander gee nie, ook nie MY lof aan gesnede
beelde nie. Kyk die vorige dinge gebeur, en nuwe dinge verklaar EK voordat dit
ontstaan vertel EK julle daarvan. Diegene met geestelike ore om te hoor sal
luister al die ander bly doof en stom. Onthou vir Simson en Delila. MY vyande
wil julle krag steel, wat julle geloof in MY is. MY vyande wil julle vryheid,
finansies en lewens neem. MY vyande wil julle siele vernietig, dit aan satan
oorhandig as 'n offer. Hulle dreig julle, intimideer julle, vervolg julle en
menigte sal hulle lewens neerlê omdat hulle nie hul geloof prysgee nie.
“EK IS” het julle gesalf en in hierdie Bediening geplaas om op elke manier ‘n
helper vir hierdie Bediening te wees. As julle hierdie woorde van MY glo dan
moet julle hierdie woorde deel wat EK aan hierdie Profetes gegee het. Julle moet
hierdie Profetes bedek, en intree vir haar en ander Profete en Apostels waarvan
EK in jul gees praat. Hierdie Profetiese boodskappe help om die verlorenes in
die Koninkryk van die Hemel in te bring deur aan hulle te bedien deur beide
stigting en bestraffing. MY Kinders word bemoedig en MY vyande word gewaarsku en
MY verlore seuns en dogters keer terug.
Julle moet daar wees om hierdie Profetes se hande op te lig wanneer sy te moeg
raak om dit op te lig in tye van stryd. “EK IS” sal aanhou om diegene te beskerm
wat help, bemoedig, bid en ondersteun soos EK deur MY RUACH ha KODESH lei
miskien 'n bemoedigende woord of 'n bemoedigende profesie is al wat EK julle sal
lei om tot hierdie Bedienaar te spreek. Vra MY wat julle kan doen om te help.
Vra vir haar wat julle kan doen om te help. Sy is maar net een stem. Voeg julle
stemme by hare en help haar om hierdie wêreld te bereik met MY Woorde. Julle sal
MY seën deur te gehoorsaam en al die boodskappe te help versprei wat aan haar
gegee was.
“EK IS” sal julle name op die poorte van MY mure skryf. Julle sal aanhou skyn
soos juwele geset in die Hemel se beste. Al MY Ware Profete en Apostels het
julle hulp nodig insluitende hierdie een. Hulle word op verskeie maniere
aangeval, sommige liggaamlik, sommige verstandelik, sommige emosioneel, sommige
finansieel, sommige geestelik. MY Diensmaagd word daagliks aangeval op elkeen
van hierdie maniere. Nogtans hoor “EK IS” die magtige gebede van intersessie en
“EK IS” verhef MY swaard van die RUACH ha KODESH en so seker as wat Goliat geval
het so sal ook die vyande wat hierdie boodskapper spot wat gestuur is om die
profetiese boodskappe af te lewer. Soos Goliat deur Dawid gewaarsku was spreek
“EK IS” hierdie waarskuwing hierdie dag. Al spot julle, bly MY Woord dieselfde,
“Raak MY gesalfdes nie aan en doen MY profete geen kwaad nie.” (Psalm 105:15 en
1Kronieke 16:22)
“EK IS” sal elke woord oordeel wat gespreek word teen hierdie diensmaagd, en MY
ander Apostels en Profete net omdat hulle voortspreek wat “EK IS” spreek. “EK
IS” sal diegene seën wat ore het om te hoor en luister en sal diegene vervloek
wat dit wat Heilig is onheilig noem. “EK IS” ken die name en harte van diegene
wat soos 'n vriend kom en gekom het en beweer het om 'n seën te wees en toe het
hulle weggedraai en die masker het geval en Judas was daaronder. Wee die Judasse
wat wil aansluit of die vernietiging wil hê van hierdie Bediening en die mond
van hierdie Profetes wil ontmoedig wat hier praat deur haar stil te maak of die
RUACH ha KODESH binne-in haar te bedroef. Julle sien slegs die vrou, EK sien die
RUACH ha KODESH binne-in en ken die hart van hierdie Profetes soos EK ook weet
wie EK gelei het deur MY RUACH ha KODESH om hierdie profetiese woord nou te
lees. Aan die bokke sê EK, "BEKEER, DRAAI WEG VAN JULLE BOSE WEË” voordat daar
geen tyd vir bekering is nie!
Aan MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes sê “EK IS”, "Geseënd
noem EK julle en sal bewys dat EK diegene beloon wat ywerig na MY soek en daarna
strewe om MY wette te gehoorsaam. Geseënd is hulle wat daarna strewe om Heilig
te wees soos “EK IS” Heilig is. Geseënd is hulle wie hul skatte in die Hemel
opgaar en nie op Aarde nie. Wat hardloop na die doelwit van die hoë roeping. Om
MY Bruid te word is die hoogste roeping van alles". Dit is die grootste skat van
alles. Daar is gaste en daar is Bruide. Strewe daarna om MY Bruid te word. Ek
noem nie almal, MY Bruid nie, alleenlik diegene wat eenkant gesit is vir MY
Heerlikheid sal MY Bruid genoem word.
MY Bruid ken mekaar, 'n vreemdeling ken hulle nie. Hierdie is 'n bediening
gestuur om te bedien en MY Bruid voor te berei. Diegene wat spot pasop, want
julle gespottery en bestraffing sal terugkeer na julle eie ore. Wie is julle om
te sê wat “EK IS” kan doen en nie doen nie? EK stuur MY Profete om te waarsku
oor verdoeming voor dit kom. Sê MY Woord nie "As my volk oor wie MY Naam
uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en MY aangesig soek en hulle bekeer van
hul verkeerde weë, dan sal EK uit die Hemel hoor en hulle sonde vergewe en HULLE
LAND GENEES". nie. (2 Kronieke 7:14).
O BEKEER julle bose generasie want EK het julle gespaar toe EK julle lank gelede
moes vernietig het. EK het julle gespaar van MY toorn maar net vir ‘n klein
rukkie. Julle is sekondes weg van middernag af en julle tart en bespot MY SEUN
se wederkoms. Julle tart en bespot die afgryse wat gaan kom. Julle tart en
bespot diegene wat geestelik voorberei vir daardie tyd en uitkyk vir hul
Verlosser om te kom en hul weg te neem van die vasgestelde tyd van Verdrukking.
Julle tart en spot selfs wanneer EK 'n datum gee vir rampspoed wat kom en as
gevolg van die trane, vas en gebede kom die ramp nie, dan bestempel julle
daardie profeet as vals. Daar is baie vals profete maar as daardie profeet of
apostel julle lei na verlossing en Heiligheid en die waarheid onderrig en nie
leuens nie, hoe kan hulle dan vals wees?
As 'n profeet of apostel julle weg lei van die Hemel af en hel toe dan is hulle
inderdaad 'n vals profeet. As hulle julle na 'n ander god toe lei of 'n vals
teken, wonder of wonderwerk doen dan is hulle inderdaad 'n vals profeet of
apostel of leraar. As 'n apostel of profeet, of leraar julle leer om MY ou Wette
en Boeke te verwerp is hulle inderdaad 'n vals profeet of apostel! (Psalm 1:2)
Julle moet MY wette oordink dag en nag. Selfs as 'n engel kom en 'n ander weg na
die Hemel verkondig of vir julle sê om nie na die Ou Boek te luister nie en net
die Nuwe Boek te lees, PASOP want “EK IS” is die OU BOEK wat VLEES geword het in
MY SEUN YAHUSHUA want nie alleenlik was die ou boek gelees nie maar was GESIEN!
MY WOORD was gesien in WOORD en DAAD en nou MY Ware Kinders, so moet die wêreld
ook MY WOORD sien beide die NUWE en OU Testament behoort in JULLE gesien te
word!
Wees bekommerd oor julle eie siele as gevolg van die ontmoediging van MY Ware
Apostels en Profete wat woorde van waarskuwing voortspreek en julle het julself
gehang deur jul eie woorde net so seker as wat Judas homself gehang het. Wat is
die prys van jou siel? Sien julle dit nog nie? MY vyande wil uitvind waar julle
krag is. Julle vyande wil julle krag wegneem, jul begeerte om MY te dien, om
julle te vernietig en ja selfs te dood as dit moontlik is. Julle vyande wil
julle verwar en laat twyfel soos Petrus toe EK hom beveel het om op die water te
loop. Het Delila vir Simson verraai met 'n swaard? NEE, maar met 'n SOEN in die
naam van liefde het sy hom verraai nadat sy sy bron van krag ontdek het. Het
Judas MY SEUN verraai met 'n swaard? NEE, maar met 'n SOEN. Net so sal julle
vyande wat in jul eie huise en families woon ook sê, “ek wil jou net help” en
verraai julle dan met 'n SOEN van die DOOD tot jul vryheid en lewens as EK dit
so toelaat.
Die vyande van MY Evangelie sê hulle glo maar hulle het geen idee wie is “EK IS”
nie. “EK IS” is iemand van wie hulle gelees het, nie iemand vir wie hulle lewe
nie. “EK IS” is dieselfde gister, vandag en vir altyd. EK verander vir geen man
of vrou of kind nie. “EK IS” is nie geamuseerd terwyl EK sien hoe MY skape saam
met bokke woon nie. “EK IS” sal die skape van die bokke skei. Vir diegene wat in
huise gebly het en 'n getuienis was vir die bokke met die hoop dat hulle sal
begeer om 'n skaap te word. Dinge het verander in hierdie eindtye. "EK IS” bring
'n swaard wat tereg die kaf sal skei van die koring, die koring van die onkruid.
"EK IS” word bedroef en word vertoorn wanneer EK die trane sien van MY skape en
soos in die dae van ouds sal “EK IS” diegene verlos wat verlos wil word en wat
gesukkel het teen die geeste van goddeloosheid wat teen hulle opgestaan het in
slawerny. Waar daar geen uitkoms was nie, sal EK julle na die uitgang lei.
Het EK nie in MY Woord gesê jou grootste vyande sal in jou eie huis gevind word
nie?" Het EK nie gesê MY SEUN, YAHUSHUA sal skei met 'n swaard nie! Lees MY
Woord. Bestudeer MY Woord. Die Swaard van MY RUACH ha KODESH is die Swaard van
Waarheid en MY vyande wil nie die waarheid weet nie, maar glo eerder die leuens
wat streel soos 'n vinger in 'n jukkende oor of oog. Wanneer MY vinger van
oortuiging op die goddeloses neerkom, wil hulle eerder daardie vinger van
oortuiging terug draai in julle rigting en verander dit in 'n vinger van
beskuldiging, deur julle te beskuldig van veroordeling of kranksinnigheid, of
onnoselheid. Julle vyande beskuldig julle van haat-misdaad terwyl EK geen gees
van haat in julle gesit het nie behalwe vir satan en goddeloosheid.
Die skape sal dit moeiliker vind as ooit vantevore om vreedsaam te woon in huise
of families waar die bokke is. Want julle sien, sê MY Woord nie in hierdie
laaste dae sal die Heiliges Heiliger word en die onheiliges sal onheiliger word
nie. Julle is 'n helder lig wat voort-skyn. Die sondes word in die donker gedoen.
Die kinders van die duisternis wil nie hê hul sondes moet as sondes ontbloot
word nie. Want die van julle in huise waar julle was, is daardie lig bo-op 'n
heuwel vir almal om te sien. Vertel vir diegene wat MY as HERE ontken en weier
om vir MY te lewe of om Heilig voor MY te lewe, dat die God wat julle dien “EK
IS” en YAHUSHUA nou diegene wat gevul is met die Hemel se waarheid gaan wegneem
van die duisternis, hulle gaan agterlaat in duisternis met hul sondes, en dit
was hulle gewees wat MY kinders is wie EK My Skape noem, dat hulle die rede was
hoekom die bokke wat saam met hulle woon nie MY toorn gevoel het nie. Wanneer
die skape weggeneem word sal die bokke MY toorn in volle maat ervaar.
“EK IS” spreek hierdie waarskuwing voort soos MY vyande swaarde gelig het teen
Simson en hom gemartel en verblind het, so ook lig “EK IS” MY SWAARD en sal die
bande sny waarmee die goddelose julle vasgebind het! “EK IS” sal MY swaard
gebruik om MY vyande op baie verskillende maniere dood te maak.“EK IS” sal MY
vyande agtervolg en hulle sal vreesbevange in sewe verskillende rigtings
hardloop. “EK IS” sal die gevangenes vrylaat wat uitroep na MY vir hulle Pasga!
“EK IS” sal die oë verder verblind en die ore verder verdoof van diegene wat
weier om te luister al was hulle oor-en-oor gewaarsku, hulle wil blind wees
daarom sal hulle dan net soos die bose farao sewe maal erger daarvan afkom
totdat die laaste erger as die vorige sal wees en hulle sou beter-af gewees het
as hulle nie geweet het nie sodat hulle nie MY Apostels en Profete kan spot wat
EK stuur nie. Nie langer sal die skape tevrede wees om by die bokke te lê nie.
Die tyd het gekom dat dit groot gevaar inhou om dit dus te doen. Bid vir 'n weg
om te ontsnap. Kyk hoe die mure van boosheid inmekaar stort net soos die mure
van Jerigo. Marsjeer vir julle oorwinning soos Joshua gedoen het, elkeen vir sy
eie behoeftes.
Moenie mismoedig raak nie, julle wat in slawerny was. Want net soos Saulus (Paulus)
gesalf was om met MY Mense te praat, was dit as gevolg van sy lofprysing,
alhoewel hy gely het, was hy getoets en gebruik om voort te spreek uit sy smarte.
Net so seker as wat EK Saulus uit sy tronk bevry het deur 'n engel so ook sal EK
diegene bevry wat uitroep na MY vir bevryding van die bokke saam met wie hulle
woon. “EK IS” sal julle verlos terwyl julle dit in geloof voortspreek en julself
nie gemaklik maak in die nabyheid van die goddelose wat hulself familie noem,
maar geen familie hoegenaamd is nie. Julle ware familie is gelowiges en
liefhebbers van “EK IS”, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH. Diegene met 'n
begeerte om Heilig te lewe en Heilig te wees en die hele woord liefhet wat vlees
geword het, Sy naam is YAHUSHUA.
Daar is geen ander naam wat julle kan red nie behalwe die Naam YAHUSHUA! Geen
ander manier om met vrymoedigheid voor MY Troon te kom nie buiten YAHUSHUA nie!
Dra nie jul eie vuil vodde nie, maar kom met vrymoedigheid in die klere van
geregtigheid waarmee YAHUSHUA julle bedek! MY SEUN se Naam is YAHUSHUA en in
Jesaja 53 in die OU BOEK vertel EK vir julle vooruit van SY koms, SY koms
geprofeteer. Net soos menigtes toe nie geglo het 'n Verlosser sou kom nie, net
so is daar ook nou baie wat nie Johannes 3:16 in die NUWE BOEK glo nie, YAHUSHUA
het gekom en diegene gered met geestelike ore om te hoor en te luister en
diegene met geestelike oë om te sien.
Vir hulle wat glo en in hul harte sê en lewe asof HY enige oomblik gaan kom
julle sal nie teleurgesteld wees nie. Watter bruidegom ken nie sy ware Bruid nie?
Daar sal geen sluier wees wat julle gesigte bedek nie, alles sal geopenbaar word
op daardie dag. Die gaste sal huil van droefheid wanneer hulle besef op daardie
dag kon hulle ook die Bruid gewees het. Diegene wat die uitnodiging geweier het
om YAHUSHUA aan te neem sal op hul tande kners van pyn en vir ewig betaal met
hul siele. Watter een sal jy wees? “EK IS” wie “EK IS” en “EK IS” weet alreeds!
So is dit gespreek, so is dit geskryf op 16 Mei 1999. Geskryf onder die salwing
van die RUACH ha KODESH en toevertrou aan hierdie Kind, Vegter en Bruid van
YAHUSHUA.