Gegee deur Eerw. Elisheva Eliyahu Donderdag 10 Augustus 2000
Dringend- SOS
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle
Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)
In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke
Profesie:
2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
******
Gesalfde Heilige Arende kom navore. Hierdie is 'n Arends-roep. Baba Arende kom
navore. Aandag alle Hindoes en Buddiste en al die ander godsdienste, Die God van
die Skepping roep julle om te luister na hierdie profesie. Ons staan saam of val
saam al ons godsdiens-vryheid word bedreig. Ons aanbid 'n ander god maar op
hierdie gebied van godsdiens-vryheid, wanneer een gevat word, sal almal gevat
word. Gesalfde Heilige Arende, verrys. Kom na vore in YAHUSHUA se Naam! Veg teen
die aanvalle van die onheilige aasvoëls! Gesalfde Heilige Arende van MY, EK het
julle veilig weggesteek vir die wêreld se oë, weg van die kerk stelsels. EK het
julle weggesteek en geleer om te vlieg en te sweef vir 'n tyd soos hierdie.
Julle was buite die nes en is nie meer baba Arende nie, maar julle is geestelik
volwasse, onderskei met die oë van die arend, en julle ken MY stem.
Diegene wat hier lees en nogsteeds baba Arende is, moenie bekommerd wees nie.
Die meer geestelik volwasse Heilige Arende sal julle versorg en julle beskerm en
selfs onderrig hoe om in die geestesryk oorlog te voer, in 'n hoër ryk as wat
julle voorheen gesweef het. Gesalfde Heilige Arende wees gewaarsku! Die
onheilige aasvoëls versamel teen julle en gaan probeer om julle te verslind as
prooi. Maar julle sal hulle nie ten prooi val as julle MY aangesig soek en
julself verneder en bid vir MY instruksies nie en hoër sweef wanneer EK julle
aansê om te sweef en op die vyand af te duik wanneer EK julle aansê om te duik.
Húlle sal die prooi wees in MY Heilige Naam, YAHUSHUA ha MASHIACH. Gesalfde
Heilige Arende van MY, EK het julle weggesteek en onderrig vir 'n tyd soos
hierdie. Soek MY aangesig op 'n nuwe manier. Glo dat julle MY stem gehoor het in
die wildernis want EK het geroep en julle het geweet wat om te doen wanneer die
tyd sou kom.
Gesalfde Heilige Arende, EK het julle die skerp visie van 'n Arend gegee. Julle
kan jul vyand en prooi van ver af onderskei. EK het julle vlymskerp kloue gegee
wat MY tweesnydende swaard dra. Gebruik dit tot MY eer. Dink niks is onmoontlik
wanneer julle MY NAAM YAHUSHUA aanroep nie. Wat voorheen onmoontlik was sal nie
meer wees nie, as julle net glo sal julle met jul eie oë sien. Die onheilige
aasvoëls vergader teen julle en wil die lewens noodsaaklikhede weg neem van
julle af soos water, voedsel, hitte, skuiling, finansies, elektrisiteit, gas,
petrol, olie, klere, kommunikasies. Die onheilige aasvoëls wil julle
godsdiens-vryheid wegneem van julle af. Hulle kyk na julle en bespot die God wat
julle dien. Gesalfde Heilige Arende, hulle wil julle neste vernietig wat EK so
liefdevol bou met MY eie hande. Hulle wil julle jongelinge verslind. Die
onheilige aasvoëls verslind nou julle jongelinge en julle het bygestaan en
toegekyk terwyl julle elke jaar meer vryheid verloor, terwyl julle kinders dit
geleer word wat EK hulle nie geleer het nie. Nie alle kennis is voordelig vir
die jongelinge nie.
Julle jong kinders word gemors gedwang-voed wat hulle verstand, liggame, geeste
en ja, siele vergiftig! MY gesalfde Heilige Arende het gesê,"Wat moet ek doen,
want dit is buite my beheer?" Julle het geroep na MY, die Vader Arend, en EK sê
vir julle, vat terug wat die vyand gesteel het. Vat terug wat die onheilige
aasvoëls gesteel het en besig is om te steel. EK het julle die
vooruitsienendheid gegee hoe om dit te doen. Julle het gesê dit is te moeilik.
Is dit nie moeilik om te kyk hoe julle kinders hel toe gelei word nie? Julle het
jul reg verloor om julle kinders te dissiplineer en julle staan daar terwyl die
staat vir julle dikteer hoe om julle kinders op te voed en watter moraliteit om
vir hulle te gegee. Is dit enige wonder dat die jonger generasie nou in rebellie
is? Het EK julle nie vooraf gewaarsku dat dit sou gebeur nie deur die profete en
apostels? Het EK julle nie vooraf gewaarsku dat dit gaan gebeur nie deur MY
Heilige Woord? Hoekom beveg julle nie die onheilige aasvoëls nie? Is dit omdat
julle dink hulle getalle is meer as julle s’n?
Gesalfde Heilige Arende, julle moet vergader en vas en bid vir hierdie wêreld.
Die onheilige aasvoëls wil nie net een godsdiens as prooi hê nie, die onheilige
aasvoëls wil nie net een nasie of land of provinsie hê nie. Die onheilige
aasvoëls wat teen julle vergader wil die HELE WÊRELD verderf en beheer. Daar is
geen godsdiens wat in 'n God glo wat die onheilige aasvoëls nie as prooi sal wil
verslind nie. Dit is nie net MY Kinders vir wie die onheilige aasvoëls wil
verslind nie maar waarsku diegene wat MY, YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha
KODESH nie aanbid nie! Die onheilige aasvoëls wil ook en sal die Boeddiste,
Hindoes onder ander godsdienste verslind alhoewel hulle nie aan MY gesag
onderwerp nie terwyl hulle hul godsdiens-vryheid verloor sal julle ook as julle
nie nou vergader en veg teen die onheilige aasvoëls wat teen julle almal
versamel nie.
Wanneer een hul godsdiens-vryheid verloor, verloor julle almal dit. Almal sal
hul vryheid verloor om te aanbid. Sal julle nou omgee vir mekaar? Julle het die
goud en silwer om afgode te maak, gebruik dit om die onheilige aasvoëls te beveg.
Die afgode kan nie praat of oorlog voer nie maar diegene wat julle teëstaan sal
teen julle praat en oorlog maak. Gebruik die middele wat EK vir julle gegee het,
nie net geestelik nie maar wetlik en finansieel. satan wil MY tydsberekening
vooruitgaan. satan wil verwoes voor die tyd wat EK daargestel het. EK sal dit
toelaat as julle nie versamel en bid dat julle nie kos word vir die onheilige
aasvoëls nie. Moenie toelaat dat ras, geloof, taal of geloofsbelydenis julle
verhoed om teen hierdie dier te veg nie wat in die gedaante van 'n onheilige
aasvoël kom, maar 'n groot ondier van massiewe afmetings is. Want dit is soos 'n
vetgemaakte gedierte en dit het stukkie-vir-stukkie van julle vryheid weggevreet
op elke manier totdat die woord vryheid nie meer spreek van vryheid nie, maar
slawerny in vermomming is.
Die onheilige aasvoëls kom in hierdie gedaante om MY RUACH ha KODESH te bespot,
wat in die gedaante van 'n duif gekom het. Die onheilige aasvoëls vergiftig
selfs die lug wat julle inasem en sal julle merk op maniere wat julle die minste
verwag, julle skei van ander, want hulle weet wie MY Gesalfde Heilige Arende is
en wie die jongelinge van die onheilige aasvoëls is. Pasop julle eie bloed sal
julle verraai en gedwing word om uit te roep en te identifiseer wie julle is.
Geen ras of nasionaliteit sal geheim gehou word wanneer die bloed eers gedwing
word om uit te roep nie. Wees versigtig vir alle chirurgiese prosedures want
julle eie liggame sal uitroep en julle verraai. Leer aangaande MY natuurlike
medisyne en soek die versteekte Gesalfde Heilige Arende wat EK opgelei en
versorg het en opgerig het vir 'n tyd soos hierdie. Moenie hulle wysheid minag
nie, want dit is EK, YAHUVEH, wat hulle geleer het hoe om julle lewens te red
wanneer julle nie meer na die geneeshere kan gaan nie want hulle sal nie meer
deel sal wees van die Heilige Arende nie maar sal behoort aan die onheilige
aasvoëls sodat hulle medisyne kan praktiseer.
Dit sal raar wees as die dokters nie doen wat die onheilige aasvoëls hulle
beveel om te doen nie. Julle was gewaarsku. Pasop vir enige soort inspuitings
want die onheilige aasvoëls beplan om dit as 'n wapen teen julle en julle jong
Arende te gebruik. Moenie mismoedig word nie en glo wanneer EK julle beveel om
te sweef soos 'n Arend sweef en iewers heen te vlieg. Moet MY nie bevraagteken
nie. Beweeg net wanneer EK sê beweeg. Kan 'n Arend stilstaan in die lug? NEE, en
ook kan julle nie. Al MY Gesalfde Heilige Arende sal mekaar volg en nie eens
verstaan wat hulle doen nie terwyl hulle in perfekte formasie vlieg sal geen
vlerk 'n ander vlerk oorvleuel nie almal sal sirkel om dieselfde prooi die
onheilige aasvoëls en sal onderskei wie 'n gesalfde Heilige Arend is en wie is
'n onheilige aasvoël.
Die baba Arende wat nie alleen kan vlieg nie sal gedra word op die vlerke van
die meer geestelik volwasse Gesalfde Heilige Arende. EK sal meer hieroor spreek
wanneer julle dit kan hou wat EK reeds hier gespreek het. Nog een ding, onthou
dit en moet dit nie ligtelik opneem nie. Julle moet MY Seën en beskerming vra
van hierdie oomblik af vir elke krieseltjie kos wat julle eet en elke drankie
wat julle drink, dank MY daarvoor. Kom nou in die gewoonte want daar kom 'n tyd
wat julle dit sal nodig vind om te eet wat julle eerder nie wil eet nie en drink
wat julle eerder nie wil drink nie maar alles sal tot seën vir julle liggame
wees. Ja, selfs dit wat EK julle voorheen gewaarsku het onrein is sal MY Seun
YAHUSHUA se Bloed reinig wanneer dit nodig is!
Leer nou om dankbaar te wees in die klein dingetjies en neem niks wat EK julle
gee as vanselfsprekend aan nie. Selfs julle vrugte en groente het nie dieselfde
voedingswaarde soos EK hulle geskape het nie. Die water en lug het hulle
besoedel en die grond is gestroop van die nodige minerale. Julle weet nie eers
meer hoe 'n vrug of 'n groente behoort te smaak nie. Dit is seldsaam as julle
wel weet. Wat vleis aanbetref, weer sê EK julle verstaan nie dit wat julle geeët
het het die onheilige aasvoëls vergiftig op soveel maniere. Die water wat julle
drink julle besef nie eers hoekom julle liggame nie meer daarna smag om water te
drink soos EK dit geskape het om te dors nie. Dit is omdat selfs die water nie
meer is soos EK dit geskape het nie. Dit is hoekom julle seëninge moet bid oor
alles wat julle gebruik in die Naam van MY Seun YAHUSHUA. Vra MY om die kos en
drank te seën sodat dit 'n seën vir julle liggame sal wees en nie 'n vervloeking
daarvoor nie.
Laastens, sê EK dit vir julle al sal almal nie verstaan nie, maar MY Gesalfde
Heilige Arende moet MY eer op die ware Sabbat! EK sal met hulle praat op hierdie
dag as hulle MY sal erken en MY aanbid op 'n spesiale manier op hierdie dag. Sit
julle werk eenkant op hierdie dag en wees lief vir MY en Eer MY meer as op enige
ander dag van die week. Laat dit ons tyd saam wees. EK is so jaloers vir julle
tyd. Selfs diegene wat MY werk doen, sit hierdie tyd opsy vir MY. Dit is gesond
nie alleenlik vir jou verstand, gees en siel nie, maar ook vir jou liggaam. Vra
MY wat EK wil hê julle op hierdie dag moet doen en sluit MY in want saam is dit
ons dag van rus. Elkeen het 'n ander manier van rus in MY maar sluit MY net in
op die Sabbat. EK is die Here van die Sabbat en moet dit nie vergeet nie! EK sal
terugkeer op die Sabbat. Ook nie die een wat die onheilige aasvoëls verklaar het
nie. (Sondag).
Neem nou hierdie woorde en verteer hulle as voedsel vir jou verstand, ligaam,
gees en siel. Meer sal voortkom maar luister wanneer EK die woorde voortspreek
deur MY ander Gesalfde Heilige Arende, want geen Gesalfde Heilige enkel Arend
het al die antwoorde nie. Julle het mekaar nodig en moet nooit dat EK sien 'n
beseerde Heilige Arend word verslind deur 'n ander Heilige Arend nie. Help
mekaar om hoog in die lug te sweef en geloof te hê. Psalm 91 is julle geheime
nes waar EK woon.
*******
So is dit gespreek, so is dit geskryf, gegee aan een van MY Gesalfde Heilige
Arende,
[Elisheva Eliyahu]
DRINGEND!
ASSEBLIEF HEILIGE ARENDE STAAN OP EN VERGADER IN GEBED OM GEESTELIK DIE AASVOËLS
WAT TEEN ONS VERGADER TE BEVEG! 10/8/00
Op 9/9/99 was ek in Quebec Kanada en dit is toé dat die HERE my vertel het dat
alles opgestel is vir die Merk van die Dier-sisteem! Dit wag net vir die regte
tydsberekening! Ons is nou een jaar later en GOD beveel my om die alarm te laat
weergalm en gereed te maak vir geestelike oorlogvoering en die aasvoels en hulle
planne te stop. Ek is niemand spesiaal nie glo my ek dink nie ek is nie. Ek het
geen idee hoekom die RUACH ha KODESH my hierdie boodskappe gee om aan die mense
te gee terwyl hy iemand meer gewild en bekend kan stuur na wie die mense sal
luister nie. Ek gehoorsaam net en spreek voort omdat ek weet ek sal aanspreeklik
gehou word vir dit wat ek weet GOD vir my gesê het.
As julle eenstemmig is dat hierdie waarskuwings belangrik is sal julle dan
asseblief vra vir gebedsintersessie en bid dat krygswet nie geїmplimenteer sal
word nie, ook dat ons eiendomsreg nie weggeneem sal word nie, en ook dat geen
wêreldregering, bedoelende Verenigde Nasies, skole, lande, polisie, noodsaaklike
dienste ensovoorts sal oorneem nie en kontantlose samelewing nie in Oktober 2000
in werking sal kom nie. Vanselfsprekend kan ek nie op die webwerf dieper op
hierdie inligting ingaan nie. Bid ook asseblief dat GOD die maatskappye op wie
ons vir dienste staatmaak, soos die telefoon, water, elektrisiteit, riool en
gas, sal stop om pryse so te verhoog dat die gemiddelde persoon dit nie kan
bekostig nie. Dit is DRINGEND! Lees ons gasteboek. 'n Suster in YAHUSHUA, het my
ingelig dat dit alreeds gebeur in Kalifornia. In Suid-Kalifornia, het 'n ander
suster aan my gesê dat die waterrekening verdubbel het. Lees ook die droom op
Die Rooiplaag Droom bladsy oor ons Suster wie se man in die tronk gegooi is
omdat hy daarvan beskuldig is dat hy NIE sy waterrekening betaal nie.
Ek verstaan nou dat YAHUSHUA ons sal beskerm maar ek weet ook dat HY veilige
hawens het wat sal beskut vir 'n tyd, buite bereik van die dier-stelsel.
Aangesien ek van Joodse afkoms is dink ek aan die groot menseslagting
(Holocaust) en die Jode wat daar gesit en geglo het YAHUVEH sal hulle beskerm.
Ek is bedroef en wonder hoekom het HY nie. Ander het HY beskerm deur vir hulle
te vertel om te vlug. Jy sien geliefde wanneer GOD die wolk van Verheerliking
stuur moet ons bedags beweeg, en wanneer GOD die vuurkolom in die nag stuur,
moet ons beweeg, ons moenie net daar sit en niks doen en net aanneem dit is wat
GOD wil hê nie. Daar is grond van veilige toevlugsoorde vir 'n kort tyd. Ek
probeer so hard om uit te vind waar dit nou is. Ek weet GOD het vir my gesê daar
waar die berge en oseane bymekaar kom....nie veel van 'n leidraad nie ek weet...
matige klimaat wat nie te warm of te koud is nie, meer van 'n afgeslote gebied,
en daar kom iemand wat meer antwoorde as ek het.
Glo my, ek sal weet as daardie man opdaag, want hy is 'n vegter in die
geestesryk en vol van die wysheid van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) op so
baie gebiede. Terwille van ons almal, stem asb saam dat hierdie man nou na vore
sal kom. Vreemd, want GOD sê ek is soos Nehemia op die Tempelmuur en ek moenie
afkom weens die vyand se aanvalle nie. Ek voel gelei deur die HERE om dit met
julle te deel.
Vir diegene wat glo hulle het geestelike openbaring en onderskeiding,
instruksies, e-pos my asb gou want ons tyd is kort om te doen wat ons moet doen.
Bid asb ook vir die losmaak van finansies aangesien ek aangesê is om te help met
die versorging van die profete en diégene wat gestuur is en het tans geen ekstra
finansies om dit te doen nie. As julle, terwyl julle bid, glo dat julle weet
waar die kortstondige veilige toevlugsoorde geleë is weg vanwaar die
Dier-stelsel opgestel word, kontak my dadelik. Ek moet bely dat ek so besig is
om die aanvalle uit alle oorde af te weer dat dit voel asof ek nie volkome kan
fokus om hiervoor te bid soos ek moet nie. Ek wend my nou tot julle vir
intersessie nie net vir hierdie dienaar en bediening nie, maar ook vir wysheid
van die HERE YAHUSHUA ha MASHIACH. Want die Bybel sê, "As iemand van julle
wysheid kortkom, laat hom dit van ELOHIEM bid, wat aan almal eenvoudig gee
sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. (Jak 1:5). So, laat ons
ALMAL saam vra en dat iemand sal hoor wat ons moet weet en mag al die gawes van
die RUACH ha KODESH aangewakker word terwyl julle hierdie lees. "Wanneer die
vyand kom, soos 'n saamgeperste stroom sal ELOHIEM ‘n standaard teen hom oprig".
(Jes 59:19).