Profesie 41
Sal My Ware Bruid Asseblief Opstaan!

Gegee deur Eerw. Elisheva Eliyahu 17 September 2000

Terwyl Profesie 41 gespreek en geskryf is op 17 September 2000, het ek 3 polisiemanne gehad wat my huis omsingel het in ‘n ongemerkte wit motor voor my huis stilgehou. Ek het die hoof van polisie herken wat aan my deur geklop het. My seun het ‘n ander een agter die huis en nog een langs die huis gesien. Hy het gesê dat hy gekom het na aanleiding van vier “ 911” oproepe van daardie adres af. Ek het vir hom gesê dat ek dit vreemd vind, want daar was niemand behalwe my seun nie en ek was op daardie tydstip besig om met ‘n ander vriend oor die foon te praat. Dit het in werklikheid plaasgevind minute nadat ek die foon neergesit het, nadat ek die profesie gelees het van “Moenie Deel Wees Van die Vals Bruid nie!”. Bid asseblief vir my beskerming.

Elisheva Eliyahu

*******

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * *

MY Bruid kan nie ingaan sonder die geur van MY salwing nie. Julle kan nie die geur van MY salwing oordoen nie. Julle behoort hierdie hoër salwing te soek. Laat dit bekend word dat geen man of vrou julle hierdie salwing kan gee nie; slegs MY Soete RUACH ha KODESH kan julle met hierdie soet parfuum van MY salwing reinig gereserveer vir MY Bruid. Maak gereed om huis toe te gaan en julself te deurweek in die krag van die RUACH ha KODESH se salwing. Trek julle trougewaad aan. Dit is MY kleed van geregtigheid. EK het ‘n kroon van dorings gedra. Julle sal ‘n tipe tiara dra ‘n kroon van MY Heerlikheid wat op julle hoof geplaas is. Soos Ester haarself voorberei het vir die koning, maak julle julself gereed vir Die KONING van KONINGS, Die HERE van HERE, JULLE HERE GOD ALMAGTIG, YAHUSHUA IS MY NAAM EN EK IS JULLE SPOEDIG KOMENDE BRUIDEGOM!

Soos ‘n huweliks-aankondiging uitgestuur word, en uitnodigings gestuur word, stuur EK ook MY aankondiging deur Gabriël wat die shofar blaas, en slegs diegene wat MY Bruid is sal die aankondiging vir MY Bruid hoor. Dit sal te laat wees om te dink om dan gereed te maak, wees dus gereed vir die komende aankondiging, jy sal dit óf self doen óf deur MY Apostels en Profete. Gee ag op MY waarskuwing! Gee ag op die waarskuwing wat sê EK kom. Dit is ‘n wegglip, net omdat die Bruidegom verseker weet. Gaan nou uit, moenie skaam wees nie en gee die uitnodiging. Moenie verbaas wees oor hoe baie dit sal weier nie. Maar moenie bedroef wees nie, want hulle was nie geskik nie en het ook nie die vrae of die lojaliteits-toets geslaag nie, die liefdes-toets, die opofferings-toets of die gehoorsaamheids toets nie. Daarom is hulle ongeskik om MY Bruid genoem te word. Daar sal diegene wees wat die uitnodiging sal vat en hulle opskeur, daar sal hulle wees wat die uitnodiging sal vat en dit op die rak neersit vir ‘n lang tyd en dit nooit gebruik nie. Nie een van die twee sal EK MYNE noem nie.

MY Bruid het angstig vir MY gewag en EK kom om MY Bruid op te eis. EK sien nooit ras of godsdiens nie. Maak nie saak wat jou ras of jou godsdiens is nie, EK soek verhouding met MY en EK kyk na een ding, wat die kleur rooi is wat MY gestorte Bloed op Golgota is. Daarom sê EK weer MY woning in die Hemel sal binnekort julle woning wees. Julle sal opgeraap word om MY in die lug te ontmoet om langs MY sy te wees terwyl julle leef. MY voete sal nie die grond van hierdie bose wêreld raak soos dit nou is nie, so wees gereed MY Bruid om opgeraap te word terwyl julle leef. Laat hulle tart en spot, EK staan by die deur en EK sal klop. Al wat hulle hoef te doen is om die deur van hulle harte oop te maak en te bekeer en MY in te nooi en EK is getrou en EK sal al hulle sondes vir hulle vergewe.

Vra vir hulle, hoekom wil hulle in die hel gemartel word of in die Poel van Vuur gebrand word? Dit was nie vir hulle gemaak nie. Dit was gemaak vir die bose. EK het die prys op Golgota betaal om uit te pluk uit die hand van satan se greep vir die ganse mensdom om bevry te word. Maar EK is ‘n ware heer. EK sal nie die deur afbreek nie. EK klop net en wag om ingenooi te word. So nog een keer, sal EK vir hulle sê YAHUSHUA ha MASHIACH ander noem MY Here Jesus Christus, kom weer. Sê vir MY Bruid EK kom weer om haar huis toe te neem. Maak gereed om huis toe te kom want MY huis is julle huis. Maak gereed om huis toe te kom, want EK kom om MY Bruid huis toe te neem! Binnekort behoort julle Gabriël se ramshoring te hoor en julle sal opgeraap word om aan MY sy te wees wanneer EK julle vorentoe roep as MY Bruid. Julle sal die woorde ‘kom op hierheen’ hoor soos ‘n stem van die aardsengel terwyl hy die shofar horing blaas. Maak gereed om huis toe te gaan want EK kom vir MY Bruid! Een sal geneem word die ander sal agtergelaat word.

*******

Geskryf op 17 September 2000 @ 6:15 nm.

So is dit gespreek, so is dit geskryf. Gegee aan hierdie diensmaagd Elisheva Eliyahu.