Profesie 48
Yisrael, Jou Vyande Wil Jou ‘n Sondebok Maak!

Gegee deur Eerw. Elisabeth Sherrie Elijah [Elisheva Eliyahu] 29 Mei 2001

EK, HaShem Adonai, en YAHUSHUA het 'n spesiale liefde vir Yisrael soos vir geen ander land nie want MY Geliefde Seun YAHUSHUA, het SY Bloed uitgegiet op daardie grond. Nêrens anders in die wêreld was MY Seun se fisiese Bloed uitgegiet nie, net in Jerusalem. Geen ander planeet het 'n Verlosser nodig nie behalwe die aarde, waarheen satan neergewerp was uit die Hemel toe hy gerebelleer het. MY Seun YAHUSHUA was gekroon as die Koning van die Jode selfs woorde wat bo-aan die kruis vasgenael was. Wat in bespotting gespreek en geskryf was was waarlik MY Profesie voorspel duisende jare vantevore nog voor die geboorte van YAHUSHUA op aarde. Selfs voor die sonde van Adam en Eva, EK het geweet wat gaan gebeur nog voordat dit gebeur het. “EK IS” is die Elohim van alle kennis en “EK IS” is die Elohim van tyd. “EK IS” is waarlik Vader Tyd. In MY oë is daar geen begin of einde nie.

Na die val van Adam en Eva, het die mensdom 'n Verlosser nodig gehad want al wat EK kon sien was jul sondes deurentyd voor MY. EK het die wêreld vernietig met’n vloed as gevolg van sonde. Maar nie almal het omgekom nie, want Noag en sy familie het guns gehad by MY, daarom het EK hulle gebruik om weer die aarde te vul. Bloed was vergiet met die eerste moord van Adam en Eva se saad, Kain het vir Abel doodgeslaan. Dit het 'n Bloed Offer gekos om die bloed op Kain se hande weg te was. Adam en Eva se seun was doodgemaak en hulle ander seun was die moordenaar. satan het weereens die saad van Adam en Eva mislei as gevolg van die oorspronklike sonde van rebellie toe Adam en Eva van daardie boom geëet het waarvan hulle verbied was om te eet. Diere bloed-offers was maar net 'n heenwysing na dit wat in MY tydsberekening sou kom. 'n Meer perfekte onbevlekte offerlam wat EK liefhet en wat lief is vir julle, MY eie Seun YAHUSHUA. Hoe vinnig vergeet julle hoeveel wonderwerke “EK IS” gedoen het deur hierdie Profeet wat Geprofeteer was in al julle Heilige Skrifte. Dit was nie die meerderheid wat geskree het, "Kruisig hom" nie. Dit was 'n plan wat baie fyn uitgevoer was deur die godsdienstige en politiese stelsels.

Diegene wat YAHUSHUA LIEFHET, was bedien deur HOM, HY het tien duisende gevoed met net 'n klompie vissies en broodjies en HY het menigtes gehad wat vir HOM gesing het Hosanna aan die Koning. Hulle het nie geskree "Kruisig hom" nie, soos baie geleer was nie, en skares so groot wat HOM oral gevolg het waarheen HY gegaan het. Hoeveel was genees, bevry, en uit die dood opgewek? Skrifte sê dit nie alles nie, maar aan hierdie stemme was nie gehoor gegee nie. Menigte van hierdie wonderwerke was opgeteken en teen hom gebruik in die bespotting van 'n verhoor. Vra jouself af, as YAHUSHUA nie MY Seun is nie, deur watter krag het HY hierdie wonderwerke gedoen? Sal satan mense op so 'n manier seën en hulle lei om goed te doen en om die Elohim van die Skepping te gehoorsaam? Selfs julle eie skrifgeleerdes en rabbis kon geen fout vind in HOM nie behalwe dat HY dit gewaag het om genesings en wonderwerke te doen op die Sabbat Dag. Besef julle nie die politieke stelsel was bevrees vir so 'n goeie Koning om in beheer te wees nie en die godsdienstige stelsel was bang want die rabbis het nie sulke genesings, bevrydings en opstandingskrag gehad nie? Jaloesie, vrees, afguns en gierigheid was die hoof redes waarom MY Seun deur die mensdom veroordeel was.

Dit was MY goeie plan ter wille van julle het EK toegelaat dat dit gebeur, ter eniger tyd kon YAHUSHUA, 10 legioene engele geroep het om te kom veg en geen mens sou lewendig oorgebly het nie en niemand wat hier lees sou van hulle sondes gered word nie. Almal wat hier lees sou verdoem gewees het om die prys te betaal vir hul eie sondes. EK, YAHUSHUA, het julle offerlam geword, omdat dit die plan was van HaShem Adonai, om MY te vra dat EK julle plek inneem, vir julle sondes, 'n Bloed versoening van Heilige Sondelose Bloed geëis het sodat julle kan vergewe word en herenig met die Elohim van julle Skepping en in die Hemel kan lewe saam met ons. EK, YAHUSHUA is die een waarvan daar gepraat word in JESAJA 53. Moenie dat julle onheilige rabbis langer vir julle lieg nie. Yisrael het nie die prys betaal wat EK betaal het nie. Hoe kan Yisrael die een wees waarvan daar in Jesaja 53 gepraat word?

EK spreek dit voort deur MY Apostel Sherrie Elijah [Elisheva Eliyahu], julle Jode het MY, YAHUSHUA, nie gekruisig nie. Dit was die Romeine wat MY aan daardie kruis vasgespyker het. Die Romeine het MY Kinders geoffer wat MY in waarheid aanbid. Die Romeine het 'n coliseum gebou om MY te bespot terwyl hulle MY Kinders gemartel het, onthoof en middeldeur gesaag het, verskeie maniere van dood, marteling, steniging gebruik het, hulle vir die leeus gevoer het en mans, vrouens en kinders doodgemaak het vir pret, vir plesier. Pasop, die Romeinse Ryk wil dit weer doen, ja, met julle ook o, Yisrael. Pasop vir die een wat na julle toe kom Yisrael, met 'n lang kleed aan, 'n septer dra, op 'n troon sit, vrede spreek, in MY Naam, en tog is daar geen vrede in hom te vinde nie. Hy dien nie die Elohim van vrede nie. Hy het in die onheilige tempel gesit en selfs sy skoene uitgetrek en wit aanglipskoene aangetrek, wat geen reinheid in hulle het nie, soos om te sê dat hierdie heilige grond is en hy wat veronderstel is om te staan vir die Elohim van die Skepping het sy siel verdoem op 'n nuwe manier daardie dag.

Hierdie man wat aanbidders het wat hom aanbid het die wet van HaShem Adonai gebreek net so seker as wat dit ‘n goue kalf was soos die een wat Aaron gemaak het om te aanbid. Jy mag geen ander ELOHIMS voor MY hê nie. Die woord moenie sê voor MY nie dit moet sê, julle mag GEEN ander Elohims buiten MY hê nie! “EK IS” wie geen ander naam nodig het nie. Want “EK IS” wie “EK IS”en daar is geen ander nie! Pasop vir die geestelike leiers wat van die Romeinse Ryk kom. Yisrael, julle word verkoop aan die hoogste bieër en julle besef dit nie eens nie. Maar Yisrael, niemand kan verkoop wat nie aan hulle gegee was nie. Want Yisrael behoort aan HaShem Adonai. EK het 'n belofte aan julle voorvader Abraham gemaak en EK is nie 'n mens dat EK lieg nie.

Die bloed van die martelaars is soos sement wat die stene van die coliseum aanmekaar hou, bloed wat uitroep om wraak op MY vyande. Moenie mislei word nie, diegene wat so verhewe sit en dink dat hulle soos 'n Elohim is want “EK IS” is nie 'n Elohim wat vir lank bespot sal word nie! Diegene wat MY Kinders doodmaak sal in daardie coliseums wees in die Hel. Dit sal weer afspeel en die maniere waarop die vyande MY Kinders doodmaak en martel, sal aan hulle gedoen word vir ewig oor en oor en oor! MY Seun YAHUSHUA het nie wraak geneem nie, maar het instede daarvan gebid, nie net vir die wat hom gekruisig en geslaan en gemartel het en verneder het nie maar vir die hele Yisrael en die wêreld. Julle glo EK, HaShem Adonai spreek voort deur MY profete van ouds, hoekom kan julle nie glo dat EK HaShem Adonai en YAHUSHUA voorspreek deur MY Dienaars, Apostels en Profete nie?

EK YAHUSHUA het gesê, "Vader, vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!" EK, YAHUSHUA het Yisrael lief, en so ook HaShem Adonai en die RUACH ha KODESH. Het EK nie MY Gees, in Jerusalem vrygestel onder julle mense nie? Was MY moeder nie 'n maagdelike Joodse dienares nie? Het EK tekens, wonders en wonderwerke in 'n vreemde land gedoen? Julle weet dit was op Yisrael se grond waarop EK gereis, geloop, gepreek, genees, bevry, die dooies opgewek het, onderrig, gelewe, gewerk en saam met julle aanbid het. Yisrael, hoe lank sal jy MY verloën?

Het julle ooit gevind dat EK sonde gedoen het terwyl EK tussen julle geloop het? Nee, want EK was versoek soos enige sterflike mens maar EK het nie geswig voor daardie versoeking nie. EK, YAHUSHUA, het die lewe gelei van 'n Jood en EK het elke Joodse wet onderhou want EK het nie gekom om die wette te kanselleer nie, ingestel deur MY VADER wat hulle met SY vinger op stuk ‘n klip geskryf het nie! Terwyl HY die wette in 'n klipsteen ingebrand het, het HY hulle ook in julle harte ingebrand sodat julle geen verskoning het om te sê julle ken nie die verskil tussen reg en verkeerd nie. Tog veroordeel selfs daardie wette julle want julle onderhou nie die wette nie, julle het iemand nodig om in te tree ter wille van julle en EK, YAHUSHUA, het MY Heilige Sondelose Bloed gestort MY lewe neergelê vir almal wat MY Naam aanroep, daar is vergifnis van sonde. HaShem Adonai sien nie meer julle sondes nie, maar sien MY Bloed in plaas daarvan wat julle sondes bedek, en hulle wegwas. Moenie dink dit beteken dat jy soos satan kan lewe en HaShem Adonai steeds kan liefhê en HOM dien nie, want dit is geen verskoning om opsetlik te sondig en Elohim die Vader te bedroef nie. Net om te sien hoe naby jy aan die hel kan lewe is baie gevaarlik want jy weet nie watter tyd of uur jou lewe op hierdie aarde eindig nie. Pasop die dood is slegs die begin van die ewigheid óf in die Hemel of in die Hel.

As dit net voldoende was om die Hoogs-Heilige Dae te onderhou om jou die Hemel te waarborg, dan hoef EK nie die prys te betaal het vir julle sondes met MY aardse lewe nie. As dit genoeg was om die wette te onderhou, sou dit nie vir MY nodig gewees het om julle offer te wees nie. Niemand op die aangesig van hierdie aarde is sondeloos nie. Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan volmaaktheid want hierdie is die planeet waarop die sonde van rebellie losgelaat was deur die vader van alle rebelsheid en leuens, sy naam is satan.

EK, YAHUSHUA, sou nie julle MESSIAS gewees het of waardig om julle onbevlekte Lams offer te wees as EK vir sonde geswig het nie. Wys die Torah en Tanakh (Ou Testament) nie oor-en-oor deur die Profete van ouds, groter liefde het niemand as die een wat sy lewe neerlê vir ‘n ander nie? HaShem Adonai het MY gevra om dit te doen terwille van julle. EK sou dit weer doen as daar net een was wat nodig gehad het om gered te word. EK dra die littekens van MY liefde vir julle, in MY hande en MY voete. Julle is altyd voor MY selfs in die palms van MY hande is julle ingegraveer! EK was gekruisig in julle plek almal wat sondig, en almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die Heerlikheid van Elohim julle Skepper vir wie julle HaShem Adonai noem, ander noem HOM YAHUVEH! HY is een en dieselfde, die enigste Elohim, die Vader, die Groot Elohim wat geen naam nodig het nie buiten “EK IS”.

Niks het verander nie want die Politieke stelsels en dieselfde gees van godsdiens wat MY skuldig bevind het sal dit weer doen vandag. Dit is korrup en besmet deur diegene wat hulleself Jode noem maar dit nie is nie en eerder van die sinagoge van satan of dienaars van satan is. Hulle lê laste neer op MY Mense, wat hulle weier om self te dra, belasting wat hulle weier om self te betaal.

Yisrael, en MY Kinders regoor die wêreld pasop, want nou wil die vyande en sal die vyande diegene gebruik wat YAHUVEH in waarheid aanbid as ‘n sondebok en sal julle blameer vir gruweldade wat julle nie gedoen het nie. Julle blameer vir moorde wat gepleeg word deur diegene wat julle wil vesrstrik. Jou grootste vyande lyk soos julle, praat soos julle, en tog het hulle jul uitverkoop net soos Judas MY uitverkoop het vir 30 stukke silwer. Onthou Judas, was ook 'n Jood wat net soos julle gelyk het. satan wil uitvind wat julle prys is om die Elohim wie julle dien uit te verkoop. Wat is julle prys? Die waarde van ‘n siel is onskatbaar so ook die Koninkryk van die Hemel.

Julle het vyande wat teen julle oorlog maak en tog besef julle nie dat die oorlog wat teen julle kom 'n politieke Komplot is nie om julle aandag weg te lei van die ware vyande wat julle en julle geloof wil vernietig in die Elohim wat julle dien. Hierdie vyand wil die land waarin julle woon vernietig, alhoewel hulle in dieselfde land woon, dieselfde nasies, Hel sal hulle volgende tuiste wees.

Hongersnode nie deur MY toedoen nie, droogte nie deur MY gemaak nie, alles deur mense om mense te vernietig om Elohim te speel! Sieklike diere wat nie deur die Skepper geskep is nie, maar eerder mensgemaak, nie gemaak deur Elohim nie, alles vir dieselfde rede as Judas, terwille van gierigheid. Wêreldwyd gaan mense dood en gesonde diere word vernietig en niemand bevraagteken dit nie? Dit is sodat die vyand julle kosvoorrade en die koste daarvan kan beheer. Verhongering in lande wat nooit hongersnood, en droogte geken het nie en tog sal hulle hongersnood en droogte ken voor die einde van hierdie jaar sal julle hoor van gruwels wat gedoen is en Elohim sal hulle sê is die blaam! Tog het Elohim nie enige iets gedoen om MY geliefde kinders te vervloek nie hulle net geseën.

satan en sy dienaars lieg vir julle en laat julle dink HaShem ADONAI is doof vir julle gebede en julle geteisterde uitroepe. Maar dit is 'n leuen want julle Vader Elohim huil saam met julle, en sal julle in ere herstel en wraak neem op die vyande en sal almal bevry wat dit waag om te glo dat HY dieselfde Elohim is wat verlos het in tye van ouds. Pasop, want nou is die tyd wat voorspel was wanneer daar van die goeie gepraat word as boosheid, en van boosheid gepraat word asof dit goed is. Hoeveel sal opstaan en verklaar dat hulle staan vir Heiligheid. Die skrifte verklaar wat Heiligheid is, moenie dat die mens daardie standaarde stel nie.

EK is bedroef oor wat met Yisrael moet gebeur voordat julle sal bekeer omdat julle die een en enigste MESSIAS verwerp! Want EK is YAHUSHUA daar is geen ander MESSIAS, wat die prys betaal het wat EK betaal het nie. Daar is 'n ander vals messias, pasop want hy is die seun van verderf en sal binnekort kom om julle te mislei en julle in 'n groter onderdrukking te plaas as die bose farao of Herodes. Selfs Hitler sal nie kan vergelyk met die bose anti-messias wat kom en dié van die vals profeet nie. Hy kom na julle toe Yisrael om julle eerste te mislei. EK, YAHUSHUA, was in Betlehem gebore en was gemartel, vir ander se sondes. Geen mens het MY doodgemaak nie. EK het gewillig MY lewe neergelê vir julle en gesterf vir almal wat sondig en EK het opgestaan uit die dood, nie in 'n vreemde land nie maar weereens in Jerusalem op MY Sabbat.

EK het opgevaar na die Hemel vanaf Jerusalem en EK sal weer kom na Jerusalem toe. EK, YAHUHSUA, sal nie MY voete plant op enige ander berge as die Olyf Berg nie. EK, YAHUSHUA, sal heers en regeer vanuit Jerusalem die bose mense verslaan, op Yisrael se grond. Yisrael, o Yisrael, verstaan julle nie hoeveel liefde HaShem Adonai en EK, YAHUSHUA, vir julle het nie? Ons rig selfs Apostels en Profete op regoor die wêreld om julle te herinner hoe lief ONS julle het. Hoe lank sal julle ONS geduld beproef? Hoeveel bloed moet nog vloei voordat julle terugdraai na Heiligheid en die prins van duisternis verlaat? ONS is alwetend en ONS weet reeds wat dit sal verg, en so moet dit gebeur. Want ONS weet hoe lank dit sal neem voordat julle sal terugkom en die hedendaagse manier van aanbidding verlaat deur net met julle lippe te bid, woorde op te sê met julle monde en nie met julle hart, of Gees nie?

Vra julself af, 'Hoe lank nog voordat julle sal glo wat julle voorvaders, Abraham, Isak, Jakob, Moses, Noag, Daniël, Josef, Joshua en Elia, moet EK hulle almal opnoem? Julle ken die Torah en die Tanakh, nou hoekom sê julle dit net op en vertrou nie in geloof nie soos die Elohim van jul Skepping voorheen vir Israel verlos het, kan en sal “EK IS” dit weer doen. O Yisrael, julle is en julle was soos 'n ongehoorsame kind, vol rebellie, doen dinge op julle manier en nie op “EK IS”se manier nie. Julle ken die Torah, en Tanakh, hoe lank voordat julle sal glo wat julle onderrig en opsê? Hoe lank nog voordat julle op jul knieë val en HaShem Adonai vra om in te gryp in jul oorloë? Wanneer sal julle erken dat die vyand te groot is vir julle en julself verneder voor HaShem Adonai sodat EK sal wraak neem vir julle? Hou op om self te probeer wraak neem. Keer terug om te bid tot die Elohim van julle voorvaders. Keer terug om MY weer te loof in die Psalms voordat julle in geveg gaan.

EK stuur MY Apostel, diensmaagd na julle toe, om julle te vra om weer terug te keer na MY op die manier van ouds, en moenie jul geloof versaak in die tyd wanneer julle dit die nodigste het nie. Hou op om die boodskappers te stenig wat EK na julle toe stuur. Hou op om hulle te arresteer en hulle dood te maak en hulle weg te jaag. In plaas daarvan tel eerder die hoeksteen van die Tempel op wat julle verwerp het en bou julle huise op daardie rots. Dit is julle enigste hoop; dit is julle enigste redding. Moenie neersien op hierdie dienaar van MY omdat sy maar net ‘n gewone vrou is nie. Onthou Deborah en hoe EK haar bestem het as 'n Regter en 'n Profeet vir die hele Yisrael. EK het haar eie man nie gekies nie, alhoewel hy in die poorte gesit het en 'n Heilige man was. Omdat mans dit gewaag het om te sê wat HaShem Adonai sou doen en nie sou doen nie, wie EK sou gebruik en nie sou gebruik nie, het EK diegene beskaam wat hulself wys geag het en EK het dit eenmaal gedoen en EK doen dit weer. EK HaShem Adonai het aan julle MY Seun, YAHUSHUA, gegee as 'n geskenk uit die Hemel, eendag sal julle aan MY verantwoording doen wat julle met HOM gedoen het? Het julle HOM aanvaar of HOM verloën? Het julle probeer om HOM opnuut te kruisig? Het julle die geskenk aanvaar wat EK aan julle gegee het by Golgota?

Hoe begeer EK om dit wat moet gebeur te stop, want bloed sal in die strate vloei, en dit het reeds begin. Vrees sal so 'n wroeging wees selfs in julle slaap sal julle met een oog oop wil slaap. Julle sal gebruik word as sondebokke, gebruik as ‘n offer terwyl julle eie politici dit wat die vyande doen toesmeer want hulle weet hulle wil nie erken dat die vyande alreeds die politieke ampte infiltreer het wat julle vertrou het nie.

Vertrou niemand nie behalwe HaShem Adonai, Elohim van julle skepping en YAHUSHUA, Elohim van julle redding. Vertrou HaShem Adonai terwyl julle na MY uitroep vir genade, en MY aangesig soek, oor die waarheid wie YAHUSHUA is, EK sal getrou vir julle bewyse stuur van dit wat MY diensmaagd voortspreek in MY Naam. Moenie al julle rabbis vertrou om die waarheid te praat nie, want so baie van hulle spreek nie meer MY waarheid nie maar die waarheid wat die anti-messias sal spreek. Die bose rabbis en leraars, politici spreek wat die vals profeet sal sê. Die vals rabbis sê hulle is ‘n Jood en tog behoort hulle aan die sinagoge van hasatan. Pasop julle was gewaarsku. Hulle vertel julle om te leef op ‘n manier wat julle groot opoffering kos en tog plaas die vals rabbis laste op julle wat hulself nie dra nie maar pak die laste, en vrese op MY Mense.

EK vra julle nie om jul Joodsheid prys te gee nie; EK vra julle nie om oor te gaan na Christenskap nie. Christenskap het die Jode nodig om hulle te leer wat verwaarloos word in die meerderheid van Kerke die Joodsheid van YAHUHSUA. Draai weer na die Elohim van julle voorvaders, en erken, YAHUSHUA is MY Seun, en MY geskenk wat EK aan julle gegee het by Golgota vir die versoening van die sondes van die wêreld, vir diegene wat MY Heilige Bloed offer sal aanvaar en wegdraai van hulle bose weë, en YAHUSHUA aanvaar, as die Koning van die Jode, en Heer van die Here en die Koning VAN Konings. Aanvaar YAHUSHUA, as die enigste verwekte Seun van Elohim YAHUVEH, wat ook genoem word HaShem Adonai.

MY Seun YAHUSHUA is 'n Jood en het nie die etiket van Christen gedra nie. Wees lief vir YAHUSHUA, soos julle MY liefhet. Erken hom as julle MESSIAS, en moenie bekommerd wees om julle familie se respek te verloor nie, wees eerder bekommerd dat die Elohim van julle skepping julle onteien. Julle het die Hemel om te verwerf en die Hel om te vermy, dit is julle keuse. Yisrael, o Yisrael, julle is ‘n appel in MY oog, maar op die oomblik is daar wurms daarin. Onderskei die wurms en ontbloot hulle. Pasop julle sal gereken word as ‘n sondebok en wêreldwyd blameer word vir die vernietiging van dit wat julle tot dusver geduld het. Die vyand wil julle so graag vernietig dat hulle sal vernietig wat hulle weet hulle kan herbou. Want mensehande het daardie koepel gebou en die vyand weet dat mensehande weer daardie tempel kan bou. Maar die Tempel wat nie met mensehande gebou kan word nie is binne-in julle. EK, HaShem Adonai sal Yisrael oprig en verdedig, wanneer dit lyk of alle nasies teen julle is. Wannneer julle erken, julle hulp kom alleenlik uit die Hemel en geen ander plek nie. Wanneer julle die Naam van HaShem ADONAI aanroep in die Naam van YAHUSHUA, sal EK kom en julle verlos.

Maar EK waarsku julle nou vooraf, daar is 'n komplot om julle ‘n sondebok te maak, MY mense wat net vrede verlang maar nooit vrede geken het, word daar reeds leuens van vertel en beswadder en daar is diegene wat die wêreld wil draai teen MY klein volkie wat EK Jerusalem noem. Wanneer julle dors het, sal julle dors na geregtigheid, want julle het die enigste Lewende Water verwerp. Aanvaar MY Lewende Water nou en julle sal nooit weer dors hê nie. MY Naam is YAHUSHUA. EK is die Lewende Water wat voort vloei. Dit het uit MY sy gekom gemeng met MY Bloed toe die Romeine MY deurboor het. In MY Bloed is daar genesing, bevryding, opstandingskrag, redding en die salwing van die RUACH HA KODESH.

“EK IS” het Yisrael geseën met verborge skatte. Goud en silwer, olie, die beste vrugte en groente, rose wat blom in die woestyn, edelgesteentes wat julle nie van weet nie. EK het vir Yisrael geseën, met kennis en uitvindings van nêrens anders as Elohim-geïnspireerd nie. Julle grond het die bloed van die martelaars wat uitroep. Wanneer julle honger is, besef dit is julle sterflike liggame, wat honger na Heiligheid. Want alhoewel julle die Heilige Land genoem word het julle toegelaat dat julle land besmet word met die sondes van hierdie wêreld. Bekeer nou van die gruwels gedoen in die teenwoordigheid van die Naam van HaShem Adonai wie die wette gegee het vir Moses en vir die hele Yisrael en dus vir die wêreld.

EK het nie verander nie, “EK IS” dieselfde vandag, gister en vir ewig! Wandel in die skoene van julle voorvaders, in geloof luister na diegene wat EK oprig en deur spreek. EK praat steeds deur MY Apostels en Profete, voor die oordeel kom. EK praat in drome, openbarings, visioene en profesieë, maar hoeveel in Yisrael of in die wêreld luister? Vir diegene met dowe ore, is dit óf nie nou die tyd vir julle ore om oop te gaan nie omdat daar 'n sekere tyd en seisoen is, óf julle is soos die bose Farao en julle ore het oopgegaan maar ook weer toegegaan en julle sal 7 maal dower en meer hardvogtig opeindig indien julle nie bekeer nie. Julle lot sal wees soos die van die bose Farao, maar vir MY Kinders sal EK die Rooi See weer oopmaak en hardloop na die berge toe en EK sal julle wegsteek onder die beskutting van MY vlerke.

Roep MY Naam aan in die Naam van YAHUSHUA, en EK sal jou antwoord en jou verlos. Moenie MY RUACH ha KODESH (Heilige Gees) bedroef nie, want “EK IS” sal nie altyd met die mensdom wedywer nie. Wanneer julle YAHUSHUA verloën, verloën julle een van jul eie, verwerp julle SY Vader, wie julle HaShem Adonai noem. YAHUSHUA, was gebore uit 'n Joodse Heilige maagdelike diensmaagd, en dit wat sy en Josef gesê het was die waarheid. Moenie mislei word vir diegene wat van haar 'n Elohim wil maak nie. Selfs sy het vir YAHUSHUA Here genoem! Respekteer haar en wees lief vir haar vir die prys wat sy as moeder moes betaal. Sy het ook 'n Redder nodig gehad want niemand was perfek nie, nie eers YAHUSHUA se ma en Josef sy aardse pa nie.

YAHUSHUA het gesê, "EK het nie gekom om die wette van MY Vader te vernietig nie, maar om dit te vervul." Eer die Sabbatdag en hou dit Heilig was geskryf deur die vinger van Elohim. Julle moet bestudeer en julself bewys as beproef maar wees versigtig vir die verskillende vertalings van die waarheid, sommige is die waarheid en sommige is korrupte vertalings wat die Joodsheid van YAHUSHUA wil wegneem en selfs MY Tien Gebooie verander het om in lyn te kom met die woorde van 'n mens en nie met die woorde wat deur MY Profete en Dissipels gespreek word nie. Wat ookal nie met die Torah en die Tanakh ooreenstem nie soek MY en kyk of 'n mens nie die oorspronklike woorde verander het nie omdat bose leiers probeer het om die Heilige Skrifte te verknoei. Daar is 'n suiwer vertaling, soek MY en vra MY en EK sal vir julle die suiwerste vertaling wys soos dit oorspronklik geskryf was. (Aramese of Hebreeuse Bybels.)

MY Seun YAHUSHUA was eerste na die Jode gestuur en toe na die Heidene. Omdat julle MY Geliefde Seun verwerp het, en SY reddings bloed in SY gesig teruggegooi het, het EK HOM na die Heidene gestuur, nou stuur EK HOM weer terug na julle toe, o Yisrael. Hoeveel sal bekeer en YAHUVEH se geskenk by Golgota aanvaar? Hoeveel sal nie hulle harte verhard nie en gewillig hulle reputasies, godsdienste neerlê? En ja selfs die liefde van julle families, terwyl julle doen wat die eerste gebod onderrig, "Julle moet die Here julle Elohim met julle hele hart liefhê." En HOEVEEL van julle sal die Elohim van julle Skepping en julle Redding eerste in julle lewens stel, selfs al beteken dit om jou lewe neer te lê vir 'n ander? Hoeveel sal die geloof van Joshua hê? Menigtes gaan die noodlot van Sodom en Gomorra maai. EK sal nie bespot word nie. Wat destyds sonde was is sonde vir vandag.

Net omdat julle jul idees verander het oor wat sonde is, beteken nie dat “EK IS” verander het nie. Net omdat julle geestelike leiers julle verseker dat daar geen prys is om vir sonde te betaal nie, hulle lieg en sê daar is nie ‘n hel nie! EK het MY mooiste engel Lucifer nie gespaar nie. Lucifer, vir sy rebellie, sowel as al die ander gevalle engele maai wat hulle gesaai het! “EK IS” is nie ‘n aannemer van persoon nie. Daar is 'n hoë boete vir sonde, en alleenlik MY Seun YAHUSHUA se Bloed versoening vir die vergewing van sondes, sal julle sonde wegwas totdat EK julle sonde nie meer kan sien nie.

Wanneer EK na 'n mens kyk wat YAHUSHUA as Here en MESSIAS erken, word EK herinner aan die prys wat MY Seun betaal het om jou uit ‘n hel te hou wat wel bestaan. Diegene wat anders onderrig sal die prys uitvind wat hulle betaal om ander en hulself op 'n dwaalweg te lei. Wee die blindes wat die blindes in die put inlei. Wee die dowes wat ander leer om doof te wees vir MY waarskuwings en oordeel wat EK deur MY Apostels en Profete voortspreek. Wee die geestelike en politieke leiers wat lewens opoffer sodat hulle kan leef in prag en praal en soos konings en koninginne regeer. Wee die Judasse van hierdie aarde, julle sal jul lot teëkom net so seker soos Judas syne teëgekom het.

So is dit gespreek, so is dit geskryf onder die salwing van die RUACH ha KODESH.
Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)