Profesie51
Die Wekroep Van Die 144 000 - Moenie Vrees Nie MY Geliefde Kleintjies, “EK IS” Rig ‘n Standaard Op Teen Die Bose!

Luister na hierdie Profesie Soos Gespreek deur Elisabeth (Elisheva) Gegee aan Eerw. Elisabeth Sherrie Elijah (Elisabeth Eliyahu) 2 November 2001

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:


2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

In ontsag oor YAHUVEH en YAHUSHUA lewer ek hierdie profetiese woord onder die RUACH salwing. Ek vra nou indien enige iets nie in lyn is met die Heilige Skrifte nie laat my asseblief weet. Ek toets elke gees wat spreek veral in ‘n profetiese boodskap. Omdat baie mense vir my e-pos stuur en hulle so bevrees is, het ek gebid vir ‘n woord van bemoediging, selfs vir myself. Terwyl ek besig was om ‘n e-pos terug te stuur vir ‘n ander suster wat ‘n profeet is met behoefte aan bemoediging, toe ek dit die minste verwag het, het hierdie profetiese boodskap navore gekom. Ek bid dat hierdie woorde ‘n seën vir jou sal wees en jou sal help wanneer vreesaanjaende nuus in ons rigting kom. Ek weet dit sal vir mý. Dit is ‘n vreeslike ding om die mondstuk vir YAHUVEH te wees en ek bid dat elke woord geskryf is soos YAHUVEH dit gesê wil hê.

Voel vry om hierdie te kopieer en te stuur om ander te bemoedig in ‘n tyd wanneer vrees hooggety vier.


Psalm 2
"Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge? Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen YAHUVEH en teen sy Gesalfde en sê: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp! Hy wat in die hemel woon, lag; YAHUVEH spot met hulle. Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik: Ek tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg. Ek wil vertel van die besluit: YAHUVEH het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer. Eis van My, en Ek wil nasies gee as U erfdeel en die eindes van die aarde as U besitting. U sal hulle verpletter met ‘n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos ‘n erdepot. Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde! Dien YAHUVEH met vrees, en juig met bewing. Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!"

*******

DIE WEKROEP VAN DIE 144 000.
MOENIE VREES NIE, MY GELIEFDE KLEINTJIES,
“EK IS” RIG ‘N STANDAARD OP TEEN DIE BOSE!


Wanneer die vyand inkom soos ‘n vloed, sal EK ‘n standaard teen hom oprig. Om rede jy dit nog nie gesien het nie, moenie vrees dat EK MY belofte vergeet het om dit te doen nie. MY geliefdes, moenie vrees nie, weer sê EK, YAHUVEH, moenie vrees nie MY geliefde kleintjies. EK het jou nie opgerig vir hierdie uur en jou toegerus met die kennis wat EK, YAHUVEH jou gegee het om jou nou te begewe nie. Jy is een van MY gesalfde versteektes. Nou is die tyd om na vore te kom en julle broers en susters in YAHUSHUA te help. EK het aan julle lande, eiendomme, skepe, eilande, huise en finansies gegee. EK het geheime miljoenêrs; ja, selfs multi-miljoenêrs, en julle was nie baie bruikbaar vir MY Koninkryk nie omdat julle in die wêreld se oë gebly het en tog ook probeer het om op MY fyn lyn te loop. Julle het MY liefgehad en gedien in die geheim, want julle het vir julself gesê, "Wat kan ek doen vir die Koninkryk van YAHUVEH? Hoe kan ek die Evangelie van YAHUSHUA versprei?" Dus bly julle stil en kruip weg, maar bid vir iemand anders om te doen wat julle nie kan doen nie. Binnekort sal dit te laat wees om MY Profete en Apostels te help. Verstaan julle nog steeds nie die prys wat selfs hierdie een waardeur EK spreek moet betaal nie, die aanvalle wat afgeweer moet word, nie net in die fisiese ryk nie, maar die geestes-ryk? Help jy of is jy ‘n hindernis?

EK, YAHUVEH, stort baie gawes in julle in. MY versteektes het baie Goddelike wysheid. Nie net in hierdie wêreld nie maar ook in die RUACH ha KODESH geestesryk het EK julle geseën. Julle het sy-aan-sy gewerk met die wêreld en tog was julle versteek. Baie van julle is geniaal. EK het julle versteek as dokters, prokureurs, onderwysers, filantrope, bankiers, beleggers, skilders, rekenaar geletterdes, elektrisiëns, in die polisie mag, alle vorme van regering, senatore, mense in die kongressie, staatsmanne, verkope, winkeleienaars, medestigters van franchises, eiendoms-agente, kapteins, eienaars van skepe, van restuarante, alle vorme van vervoer, akteurs, film industrie, sangers, beleggers, makelaars, skrywers, kokke, ontwerpers, kontrakteurs, daar is geen beroep waarin EK nie MY geliefde kinders versteek het nie. Hierdie is MY dissipels wat MY Seun YAHUSHUA volg, en begeer om gehoorsaam te wees aan YAHUVEH se wette en hierdie versteektes is versprei regoor die wêreld. Die standaard waarmee hul die wette van die mens meet is hierdie: Is dit in lyn met die Skrifte? Hierdie is die standaard waarmee hulle alles meet; as dit waarheid is sal die Skrif en die Torah dit bevestig.

EK, YAHUVEH het julle weggesteek vir ‘n tyd soos hierdie. Bid hoe om julle talente, gawes, wysheid, wonings, eiendom, finansies en geestelike gawes, te gebruik. Alle wysheid wat nie teenstrydig is met MY Skrifte nie moet julle gebruik om te help en uit te ruil, in ‘n tyd wanneer daar geen ander manier gaan wees om te koop of verkoop of ander te help nie. Julle wysheid, openbarings, genesings-kennis en die onderrigting wat aan julle gegee is sal voordelig wees vir ander vir so ‘n tyd, en julle sal weet wanneer om dit te gebruik, en waar om te help, en wie om te help. MY Apostels en Profete het julle nodig om hulle weg te steek vir ‘n tyd soos hierdie, van die bose mense wat hulle vernietiging wil hê, sodat niemand kan sê dat hulle nie gewaarsku was voor die oordeel neerkom nie.

EK, YAHUVEH, stuur altyd die profete en apostels om te spreek, nie net om te bekeer nie maar ook om vooraf te waarsku van die gevare wat kom en hoe om uit die vyand se kloue te ontvlug. MY versteektes moet dapper wees wanneer julle jul versteekte kennis en openbarings deel, wat EK, YAHUVEH, julle daagliks gee. EK vermaan julle, vertrou nie op julle eie krag nie, maar vertrou op die krag van YAHUSHUA, want dit is voldoende vir julle ongeag wat julle in die gesig staar. Is enige iets te moeilik vir YAHUVEH om te verslaan? Julle staan voor dit wat julle ervaar as onbestygbare mure wat julle nie kan klim of omseil nie. Met MY RUACH ha KODESH salwing sal julle nie misluk nie. EK, YAHUVEH, breek die mure af wat julle aan bande lê in die tronke waar julle eenkant gehou was weg van ander.

EK, YAHUVEH, voeg julle nou saam met ander, want diesulkes sal ook MY versteektes wees wat EK onder MY vlerk van beskutting weggesteek het. Wag tot julle die wonderwerke sal sien wat EK, YAHUVEH, sal doen. Julle sal sien, dit sal julle beste ure wees terwyl julle weereens sien hoe YAHUVEH diegene verlos wat ander wil vernietig, alles ter wille van MY Naam. EK, YAHUVEH, het hierdie profeet gekies om die Wekroep uit te roep van die 144 000. Leer die Lied van Moses. Daarin is die oorwinning in die Naam van YAHUVEH! MY nuwe mandaat aan hierdie apostel dogter van MY is: nou is die tyd vir julle om YAHUVEH se aangesig en YAHUVEH se wil en YAHUVEH se marsbevele te soek. Loop wanneer YAHUVEH sê loop, hardloop wanneer YAHUVEH sê hardloop, praat, wanneer YAHUVEH sê praat en doen niks wanneer daar vir julle gesê word om net te staan en wag nie. Ongeag hoe klein die besluit, leer om te bid vir MY om MY wil bekend te maak, nie julle wil nie.

EK, YAHUVEH, salf MY uitverkorenes op ‘n groter manier as wat EK ooit van tevore gedoen het. Bestudeer en bewys julself as beproef, sodat niemand julle kan mislei met die Skrifte nie. EK, YAHUVEH, versamel nou MY troepe op die muur om satan te oorwin, en die demone wat julle omring. Die wapens wat julle het is nie vleeslik nie, maar geestelik. Geen wapen kan die ongewone salwings ewenaar wat EK deelagtig gemaak het in elkeen van julle nie, al weet julle dit nie. In MY tydsberekening sal julle die standaard sien wat EK, YAHUVEH, sal oprig teen diegene wat die Christene en die Jode wil leed aandoen. Alle Israeliete wat die Naam van YAHUVEH aanroep, diegene wat nie bang is om die Heilige Name te gebruik nie, hulle besef hulle was mislei, en daardeur verkeerd geleer. Daar is salwing, reddende, bevrydings- en genesingskrag, in die Name van YAHUVEH en YAHUSHUA.

EK, YAHUVEH, vra julle dit; sal julle die beloftes versaak wat EK aan julle gegee het? Die Geseënde Hoop wat EK vir julle gegee het? Hoekom sou EK sê dat julle nie onder MY toorn is nie, maar genade en julle leer vir ander dat EK, YAHUVEH, geen uitweg sal toelaat vir die Christene wat uitroep na MY in YAHUSHUA se Naam nie? EK, YAHUVEH, het ‘n ark vir julle. Al MY kinders wat MY vertrou, sal MY stem duidelik hoor, glo net, en hou aan om MY te vra. Dink julle dat EK, YAHUVEH, julle so ver gebring het om julle in die steek te laat nou? EK, YAHUVEH, sal Israel nie spaar net omdat haar mense heiliger is nie. As’t ware vier haar sondes net so hooggety, die stank styg op na die Hemel soos in die ander nasies reg oor die wêreld! Nie een nasie of volk is beter as die ander nie. EK, YAHUVEH, sal nie toelaat dat Israel heeltemal vernietig word nie want EK, YAHUVEH, het ‘n verbond gesluit met Abraham en sy saad.

MY Kinders wat ingeënt is deur die Bloed van MY Seun, YAHUSHUA, moenie bang wees nie. EK, YAHUVEH, sal die Bloed Verbond eer wat EK ook met julle het. Deur die geestelike Bloedlyn van YAHUSHUA, is julle ook Jode. Diegene wat YAHUSHUA se Bloed Verbond weier en sê dit is omdat hulle Jode is, hulle wat YAHUSHUA verwerp as MY Seun en julle MESSIAS, wees gewaarsku. Aangesien julle MY geskenk geweier het wat EK, YAHUVEH, vir julle gegee het by Golgota, dan diegene wat net glo en die geloof het dat die onderhouding van die Torah, die Sabbat en die Feeste hulle sal red; herinner EK, YAHUVEH, julle dat sonder ‘n sonde-offer vir wanneer julle sonde doen ís daar geen heilige sondelose offer nie en julle sal veroodeel word nie deur YAHUSHUA nie, maar deur Moses en die wette van Moses. Wee julle wanneer hierdie gebeur.

Daar is geen barmhartigheid of genade wanneer Moses julle sal oordeel op die dag van Oordeel nie. As dit so maklik was dink julle EK sou MY geliefde Seun, YAHUSHUA, gestuur het om te ly en te sterf in julle plek? Almal het gesondig en kort ‘n perfekte Skepper. Hoeveel te beter vir MY Kinders wat weet hulle is sondaars en tog hul bes doen om gehoorsaam te wees en te bekeer, om vergifnis vra in YAHUSHUA se Naam en weet dat YAHUSHUA hulle Bloed Verbond is wat ook geoffer was vir hul sonde. YAHUSHUA sal diegene oordeel wat HOM as sulks aanvaar het, nie die wet van Moses nie, ook nie Moses nie. YAHUSHUA sal die heidene veroordeel wat weier om Heilige lewens voor MY te lewe en die enigste Heilige sondelose bloed versoening vir sondes weier.

Is EK onbekwaam om julle te bevry en te beskerm? Die planne wat EK, YAHUVEH, aangaande julle het, is ten goede en nie vir onheil nie. Vertrou MY en hou op steun op jul eie insig. MY Kinders erken dat EK, YAHUVEH alleen die antwoorde het en EK, YAHUVEH, beloof om jul wee te rig terwyl julle wandel in MY voetspore. Julle voetspore wat alleen loop sal julle lei op ‘n dwaalspoor, maar MY voetspore is definitiewe vaste treë wat lei na oorwinning. Glo en ontvang oorwinning. Veg vir wat julle weet is reg. Daar is mense waarmee julle klaargekom het wat EK verwyder uit jul lewens om ander te bring om te bemoedig en te help om julle te ondersteun op alle maniere.

Moenie sê dat daar nog nie tyd is om dit of dat te doen nie. In plaas daarvan besef is EK nie die VADER van alle tyd nie? Die waarnemer van tyd EK, YAHUVEH, is tyd self. Wie anders kan tyd stop, of dit versnel, of dit terugdraai? Geliefde kind en alle kinders van MY wat YAHUSHUA by Naam aanroep en weet dat hulle niks kan doen sonder daardie Gewyde Naam nie, EK het julle opgerig vir ‘n tyd soos hierdie. Julle is deel van MY versteekte gesalfdes. Alhoewel die vyand hul tande sal kners proberende om julle seer te maak en hulle jul name neergeskryf het, het EK ook húlle name neergeskryf in die Boek van Verdoemenis en hierdie bose mense sal ‘n ewigheid deurbring in die Poel van Vuur, maai vir dit wat hulle nou saai!

EK sal weereens aan MY Kinders bewys, indien julle na MY stem luister en in MY voetspore wandel, sal julle die vyande wat julle wil vernietig uitoorlê en al MY kinders wat verlang om elke woord van MY te hoor en wat MY gehoorsaam, of ten minste daarna strewe wetende dat indien hulle wel sondig het hulle YAHUSHUA se bloed vir die vergifnis van sonde. EK, julle VADER YAHUVEH, sal hulle oorbluf met die bose se eie tegnologie. EK sal hulle oorbluf met hulle eie uitvindsels. Vir geen aardse of wetenskaplike redes nie sal die vangstrikke wat vir MY kinders gestel was net verstrikking wees vir en terug boemerang op die bose wat die volgelinge van YAHUSHUA se vernietiging wou hê. Wat EK eenmaal vantevore met die bose Farao gedoen het sal EK weer doen. Deur die hand van YAHUVEH alleen sal die Goliatte van hierdie wêreld vir altyd val.

Diegene wat EK bose geheimhouers noem, wat die geheime van die okkulte wil gebruik, demonisme, wetenskaplike, politieke kennis en mensgemaakte wette om MY Kinders te vernietig en die vryheid wat EK vir MY Kinders gegee het weg te neem. EK, YAHUVEH, sal ‘n verrassing hê wat wag vir hulle; dit sal hierdie booswigte oorbluf wat hulself wys ag. Hulle wil MY Kinders leed aandoen. EK, YAHUVEH, en MY Seun YAHUSHUA, lê ‘n eed af om diegene te beskerm wat uitgeroep, en gesalf is vir hierdie uur.

Diegene wat MY stem duideliker wil hoor as enige ander stem, hulle is MY ware skatte op aarde. Almal wat uitroep tot YAHUVEH en YAHUSHUA, en vertrou op MY RUACH ha KODESH om hulle te lei deur die mees ongewone salwing soos nog nooit vantevore gesien nie, moet besef dat EK hulle nou snoei, en alles in hul lewens verwyder wat nodig is om verwyder te word. Ja, selfs julle geliefdes moet gesnoei word, of verwyder word deur die hand van YAHUVEH, want Ek moet MY geliefdes beskerm. As hulle nie vir jou ‘n hulp is nie, en eerder ‘n hindernis is, weet dan dat EK hulle sal verwyder, want hulle sal jou selfs tot die dood toe verraai as YAHUVEH nie verdeel wat nimmer bestem was om saamgevoeg te word as een nie.

Bid en tree in met gebed vir julle geliefdes, maar wanneer EK vir julle sê om te gaan, en julle tog nie beveel om jul ongeredde geliefdes saam te neem nie, sal dit ‘n toets wees van julle liefde vir YAHUVEH. Sal julle alles verlaat vir MY, soos toe Lot beveel was om te vlug? Hy het geen keuse gehad as om te skei van sy vrou nie; EK het haar in ‘n soutpilaar verander. EK moes hom en sy dogters op die harde manier wys. EK eis gehoorsaamheid, vernaamlik wanneer EK ‘n engel stuur om te waarsku, "Gaan uit, vlug, hierdie plek is op die punt om vernietig te word." Lot se vrou het gevlug, maar sy het haar kop gedraai om terug te kyk, en te rou oor al haar besittings, woning, en vriende in die stad. Hierdie is ‘n les; wanneer EK vir julle sê om te vlug, ongeag wat, wees gehoorsaam anders sal Lot se vrou se lot selfs MY kinders se lot wees.

Vertrou MY en weet dat die planne wat EK aangaande julle het ten goede is en nie vir onheil nie. EK lag terwyl EK die komplotte van die vyande hoor, wat sê alle Christene en Jode sal doodgaan. Verstaan die vyande nog steeds nie al probeer hulle hard om MY mense uit te wis soos die Romeinse Ryk en Hitler gedoen het, hoe meer hulle geoffer het hoe meer was opgerig nie? Die bloed van die heiliges wat geoffer word bring net meer heiliges na die Koninkryk van die Hemel. Saulusse sal Paulusse word. Die vyande is so dwaas. Dink hulle nie dat die Hemel self sal uitvaar teen hierdie demoniese vyande en die hemelruim self MY woede sal uitgiet oor MY vyande wat ‘n masjien wil gebruik wat God speel nie? EK oorbluf selfs nou die vyande op maniere waarvan julle nie weet nie. Wees gewaarsku o vyande van MY, want EK sal julle eie skeppings teen julle en julle geliefdes draai. MY Kinders sal gespaar word.

Hoeveel kere reeds nie alleenlik in Amerika nie maar ook in Israel, het EK hierdie nasies gespaar in die afgelope maand alleen. Maar ja nie net dit nie, maar EK sê selfs die wêreld sou dit self verwoes het, terwyl een nasie dodelike oorlog-speletjies speel teen ‘n ander nasie, en vir watter wraak, gulsigheid, mag, honger na meer beheer en mag. EK, YAHUVEH alleen bevorder en verwyder. Wanneer MY Mense uitroep in MY Seun YAHUSHUA se Naam en uitroep om genade vir die nasie waarin hul woon en ook vir hulle wat nie daarin woon nie. Hoe kan EK MY ore doof hou, selfs al wou EK? Julle lees hierdie nou omdat EK tyd verleng het vir een rede, terwille van die smeekgebede wat uitgegaan het om hierdie wêreld te bedek in MY Seun YAHUSHUA se Naam. Julle ark van veiligheid tot dusver is die vurige gebede van die regverdiges.

EK is YAHUVEH en daar is geen ander soos EK nie. Die standaard wat EK oprig teen die bose wat hul wapens gebruik om die verstand van MY Kinders te manipuleer sal vind dat hul wapens nie net wan funksioneer nie maar in plaas daarvan sal EK elke uitvindsel, elke masjien, elke wapen, elke siekte, alle biologiese wapens en alle bakteriële oorloë teen hulself draai. Selfs hul eie geliefdes sal skaam kry vir hulle en die booswigte se eie liggame sal weier om hul jare voluit te leef. Dit is MY wraak teen hulle wat die verwoesting soek van YAHUVEH se gelowiges en volgelinge van YAHUSHUA. EK is lief vir julle. Ja, selfs vir diegene wat vir YAHUVEH haat. EK alleen het julle geskape en dit sal die hand van YAHUVEH alleen wees gestuur uit die Hemel wat beide jul liggaam en siel sal vernietig, deur dit in die Poel van Vuur in te stuur as julle nie bekeer in gebed, om vergifnis vra in YAHUSHUA se Naam nie.

Laat Amerika met rus. Laat Israel met rus. Laat MY Kinders die vryheid om MY te aanbid en te dien in waarheid en salwingskrag. EK het Amerika apart gestel om die land van die vrye te wees en haar geseën met geen oorlog wat na jul kuslyne gekom het nie met die verloop van jare. Amerika, moenie so vrylik weggee waarmee EK julle geseën het net eenvoudig as gevolg van vrees nie. Praat en wees die stille meerderheid nie meer nie. Laat julle stemme gehoor word. Onthou wanneer een vryheid van geloof verloor en selfs die verkeerde gesensor word; dan is almal in gevaar om hulle vryheid van geloof te verloor. Dan is almal in gevaar om hul vryheid van geloof te verloor. MY Kinders weet dit gaan nie oor ‘n geloof wat weggeneem word nie; hierdie gaan oor ‘n verhouding met YAHUVEH en YAHUSHUA wat verander word na ‘n vorm van godsdiens met ‘n vorm van goddelikheid, maar geen goddelikheid van binne nie.

Pasop vyande van YAHUVEH en YAHUSHUA; julle einste wapens van massa vernietiging sal terugkom oor julself. Julle sal dit in een rigting uitstuur en die engele van die Hemel sal dit in ‘n ander rigting laat draai. EK sal MY kinders beskerm soos ‘n leeuwyfie haar welpies beskerm. Pasop vyande van YAHUVEH en YAHUSHUA, want julle sien EK hoor MY Kinders uitroep in vrees en verbasing, want EK het hulle geleer om vredemakers te wees en nie oorlogsugtiges nie en dit maak hulle verstom vir die vlak van boosheid van die mens se onmenslikheid teenoor mans, vrouens, seuns en dogters. EK hoor MY kinders se uitroepe van vrees, want hulle besef in die natuurlike kan hulle nie hulself beskerm nie. Nou sien julle hoekom noem EK hulle MY Skape en Lammers. Watter lam of skaap kan hulself beskerm? Het ‘n lam of skaap skerp kloue, of skerp tande, soos EK aan ander diere gegee het? NEE! ‘n Skaap maak alleenlik staat op die Goeie Herder om hulle te lei na die groen weivelde en skoon water. MY ware Skape en Lammers het geen tekort aan manna, of Lewende Water nie. MY Ware Skape vertrou MY, YAHUVEH en YAHUSHUA as die Goeie Herder. MY Naam is YAHUVEH. MY skape sal net kom na die stem van "EK IS" en MY Geliefde Seun YAHUSHUA, en sal net ons sagte stil stem hoor deur die RUACH ha KODESH. (Heilige Gees)

EK is daardie Goeie Herder! EK sal MY Skape en Lammers beskerm teen die wolwe van hierdie wêreld. Dit is waar, sommige van MY skape word deur die wolwe doodgemaak, en sommiges sal hewige vervolging ly; maar dit was nog altyd so. Hulle belonings word nie hier op die aarde gesien nie maar in die Hemel vir ewig. EK lag wanneer EK hoor hoe die vyande dink dat EK, YAHUVEH, blind, of doof en stom is en nie sal herhaal wat EK gehoor het aan MY Apostels en Profete nie. EK waarsku MY kinders deur met hul geeste te spreek. Is MY arm te kort om julle te verlos MY kinders? Glo julle EK is julle Skepper, YAHUVEH wie alles in die Hemel en Aarde geskape het? Is YAHUVEH nie die een wat julle oë en ore gemaak het nie? Dink julle nou dat EK swak sig het of dowe ore, om nie julle gebede te hoor nie, en uitroepe, en te sien, en hoor wat die vyande doen nie? Dink julle MY kinders dat EK nie ‘n standaard sal oprig, en alreeds opgerig het teen die booswigte nie? Hulle het hulle afstands-bespieding, maar EK het MY engele wat waghou 24 uur ‘n dag, kyk en rapporteer, alles wat die booswigte doen!

Sommiges gebruik selfs MY Seun, YAHUSHUA se Naam om te probeer om MY Kinders te mislei; insluip in die kudde van MY Skape en Lammers, glo dat hulle nie gesien word nie, maar tog sien EK hulle harte. EK weet wat hulle gestuur was om te doen. EK ken ‘n wolf wanneer EK een sien. EK sien satan kom soos ‘n brullende leeu, terwyl hy kyk wie hy kan verslind.

MY Kinders julle kan vir ‘n kort rukkie mislei word maar net vir solank as wat EK dit toelaat! Wee daardie wolf wat ‘n masker van ‘n skaap opsit om op MY Kinders te spioeneer om hulle in ‘n vangstik te vang. Wat is die prys vir jou siel? Want dit is wat dit jou sal kos. Jou siel sal in die Poel van Vuur gewerp word. Bekeer vandag voor dit te laat is! Hardloop weg van die boosheid wat jy gedoen het, en ontbloot die boosheid vir wat dit is. Help MY Kinders. Word een van MY versteektes wat sal beskerm en nie MY Babas, Bruid, Uitverkorenes en Noukeurig Uitgesoektes sal seermaak nie. Bekeer teenoor almal wat jy leed aangedoen het. Daar is nog tyd vir die wolwe om baba lammetjies te word. Alleenlik deur MY Seun, YAHUSHUA se Bloed verbond is dit moontlik. Hardloop wolf, hardloop, want EK, YAHUVEH, sien jou. Jy dink net jy is onsigbaar en smelt in.

EK het die onkruid dopgehou, en die koring wat sy-aan-sy groei, en nou is dit tyd vir hierdie wêreld waar MY engele binnekort die onkruid gaan uittrek, en hulle verbrand waar hulle vir ewig sal brand, eers in die hel en dan in die Poel van Vuur. MY oë is altyd waaksaam, want met jaloesie bemin EK, en beskerm MY Skape en Lammers. Pasop julle wat ongelyk gejuk is, want julle eie eggenote is wolwe in vermomming. ‘n Huwelik nie deur YAHUVEH bestem nie, sal nie staande bly in die dae van onheil wat voolê nie, dae van onheil vir die bose. Want weereens het EK die boosheid in die kerke gesien, en in die bedienings waar EK toegekyk het hoe satanistiese plantings groei in mag, gewildheid en leringe van duiwels onderrig het. Slu het die wolwe ingesluip, en die speletjie gespeel van die geveinstes, as pastore, apostels, profete en leraars, en ja selfs die evangeliste. Julle kan die mense flous, maar pasop julle kan nie vir YAHUVEH flous nie. Julle gebruik die Naam van MY Seun, YAHUSHUA, en julle vernoem bedieninge na julself om julself te verheerlik, maar julle het ‘n donker geheim bewaar.

Daardie geheim is, dat julle nie julle sondes, harte, lewens en siele vir YAHUSHUA gegee het nie. Julle gebruik okkultiese kragte in plaas daarvan, en gebruik MY Seun se Naam om MY Mense te manipuleer, om julle torings te bou, en herewonings wat julle kerke noem. EK kyk na hierdie multi-miljoen dollar herewonings wat julle kerke noem, en EK noem dit praalgrafte. MY RUACH ha KODESH is nie binne-in hulle nie. MY ware apostels en profete wat julle waarsku word beledig, verguis, en weggejaag. Weg met julle geveinste aanbidding, EK luister slegs na diegene wat na MY toe kom met rein harte, weg van MY met julle geveinste lofprysing. Die mees van-die-wysie-af sangers wat harte het wat ingestel is om MY wil te doen, en hul lewens leef in heiligheid, stel alles wat YAHUSHUA is, voor hulle eie versugtinge en begeertes en behoeftes. Hierdie is die hoogste vorm van lofprysings-musiek in MY ore. Nie julle koreografiese koor-dansers nie. Ware dans in die RUACH ha KODESH word nie onderrig nie, ook nie gekoreografeer deur enige iemand nie, behalwe die RUACH ha KODESH. Dit word nie gedoen net omdat jy eenvoudig wil dans voor YAHUVEH en YAHUSHUA nie; dit is jou voete wat gesalf word om dit te doen. Niemand kan dit onderrig nie. EK draai weg wanneer ek wêreldsheid in die tempels en die kerke sien.

Ware apostels en profete word nie as sulks geleer deur ‘n gewone leraar in hierdie wêreld nie. Selfs julle sogenaamde profete-skole is ‘n bespotting. Hoe kan jy dít onderrig wat jy nooit deur ‘n mens geleer was nie? Net die RUACH ha KODESH spreek en vloei uit MY apostels, en profete. Diegene in sulke skole beter bekeer en besef dat die mens nie ‘n profeet kan maak nie, of ‘n apostel of selfs die amp van ‘n evangelis nie. Dit is die salwing van die RUACH wat die mense trek. Dit is niks wat geleer kan word nie, ook nie onderrig kan word nie. Om ‘n goeie pastoor te wees, is die voorbeeld die Goeie Herder. Pastore en evangeliste, hou op probeer om julle herewonings hier op die aarde te bou. Hou op om julle rykdomme op die aarde op te gaar. Julle vertel vir MY mense om nie gereed te maak vir enige rampe nie, tog hoeveel van julle gaar die beste van alles op? Hoeveel van julle ryk pastore het ‘n geheime wegkruipplek, en het julle planne gemaak sonder om besorg te wees oor jul eie gemeentes. Hoekom dink julle EK wil hê die geld in tiendes wat aan julle gegee word, is om vir julle kristal katedrale te bou, of die grootste kerke te bou in Amerika of die wêreld? Sou die geld nie beter spandeer gewees het deur MY Mense te help voorberei vir rampe nie? Julle besit julle eie diamant myne en tog gooi julle die ware edelgesteentes weg, MY geliefde kinders.

In hierdie wêreld het julle hul mislei, o bose mense, maar julle dae is getel in hierdie wêreld. Wat gaan jy dan doen? Die prokureursfirma wat veronderstel is om MY Mense te verdedig met geld wat na hulle toe gestuur word om te help om diegene wat MY kinders genoem word te verdedig, julle stroop nou die kuddes kaal. In plaas daarvan help julle diegene wat die privaatheid van MY Kinders wil wegneem. Julle het julself verkoop aan die hoogste bieër, en sy naam is satan. EK koop nie MY Mense nie, ook nie hulle toegeneentheid, lojaliteit of vertroue nie. EK sal nie ruiltransaksies doen met die bose nie. EK sal hulle net waarsku. Bekeer in YAHUSHUA se Naam.

Julle vals pastore, evangeliste, apostels, profete en leermeesters, julle maak MY, YAHUVEH, siek. Hou op om MY kuddes kaal te skeer. Kinders wanneer julle ‘n prediker sien wat ‘n miljoenêr is wat hulle weelde pronk in jul gesigte, hoekom gee julle hul net meer, vertoorn MY verder? Wanneer julle ‘n pastoor sien spog met sy Rolex horlosie of Mercedes Benz, Rolls Royce, of ander luukse motor, of spog met sy luukse herewoning, sien julle dan nog steeds nie dat ‘n wolf tussen julle ingesluip het nie? Luister nie net na sy of haar preke nie, in plaas daarvan oordeel hulle vrugte. Besef dat indien dit regtig MY bedienaar was, sou hy of sy meer gegee het as om te neem. Het julle ‘n kerk wat julle bywoon waarin daar werklose mense is, by die welsyn is of behoeftig is? Hoe kan julle dan geld in daardie kollekte bordjie gooi om die ryk pastoor te voed, en om die gees te voed van wêreldsheid en gulsigheid? Dink julle nie EK sal hulle, sowel as vir julle aanspreeklik hou nie? Ryk pastore wat behoefte in hul kerke het terwyl hulle in oorvloed leef voer hulself en verhonger MY skape. Hierdie bose pastore wat MY kuddes kaal stroop, alles vat wat hulle het, en tog nog hulle naaktheid bespot. Pastore wat vrylik ontvang behoort vrylik te gee, en tog sal julle apostels en profete sien wat verkoop wat EK vrylik aan hulle gegee het deur die salwing van die RUACH ha KODESH.

Een pastoor maak MY baie bedroef, hy was eens op ‘n tyd ‘n simbool van YAHUSHUA se liefde, nou drup hy van die diamante en dra die duurste snyerspakke, want hy besit ‘n mans winkel. Maar wat gee hy terug aan diegene wat nie snyers klere het om te dra nie? Hou op om vir MY mense te vertel dat YAHUVEH vir jou gesê het om hierdie 10 miljoen of 7 miljoen dollar gebou te bou. Groter is nie altyd beter nie. Wie kyk na die Skape en Lammers wanneer jy honderde-duisende in jou gemeente het? Hoe kan jy selfs voorgee dat jy jou gemeente ken met sulke groot getalle? Is dit nie die pastoor se werk om MY skape te ken nie? Die meeste kan nie eens ‘n foon-oproep of selfs‘n brief by jou uitkry nie.

Meeste van MY Skape en Lammers in die kerke waarheen hulle vlug sien net die groot pragtige geboue, die pastoor hetsy dit ‘n man of vrou is staan veraf en is onbereikbaar vir die massas mense. Wie dink hulle is hulle? Het MY Seun YAHUSHUA, nie die tyd geneem om selfs die massas mense te voed nie en die mense aan te raak nie, genesend, en bevrydend, biddend, en hulle te seën nie?

Skaam julle pastore met sulke groot getalle skape, en lammers; julle ken nie eens die name van die mense wat julle ondersteun nie! As en wanneer julle hulle gesigte sien, of hul name hoor, ken julle hulle nie eers nie. Hierdie mense kan nie eens jou aandag kry vir ‘n afspraak nie. Die rykes in die gemeente kry vinnig jou aandag en alles wat hulle nodig het, selfs ‘n huisbesoek is nie te moeilik vir die pastoor of evangelis om in hulle skedules in te pas nie. Huigelaars, skaam julle diegene wat sulke bedieninge en pastore ondersteun.

Vra jouself af, sal enige van die meer welbekende pastore van mega-kerke ‘n woord bring soos die waarvoor EK hierdie apostel gebruik om aan julle te bring?
Nee hulle sal nie. Vra jouself af, sal hierdie apostel van MY welkom wees in jou kerk om MY harde woorde te bring van oordeel en mandate vir bekering? As die antwoord Nee is, en jy ondersteun hulle met jou tiendes en offergawes dan is jy in sonde. Ja, skok dit jou? Wanneer jy iemand help om aan te hou sonde doen, dan het jy deel aan daardie sonde. Bekeer vandag!

Moenie ‘n bediening ondersteun omdat dit eenvoudig vernoem is na iemand wat welbekend in hierdie wêreld is of die grootste en meer bekende kerk het nie. Wat sê MY Woord daarvan as alle mense julle liefhet en die dinge in die wêreld liefhet, maak dit jou MYNE? Bemin en aanvaar die ganse mensdom vir YAHUSHUA? Nee! Want wanneer julle spreek in YAHUVEH se naam, soos hierdie apostel doen, is dit nie oor gewildheids-mededinging nie. MY ware apostels en profete sal verloor in die wêreld se oë; hulle ly gebrek baie maal terwyl satan lieg vir die mense wat EK opgerig het om die las te verlig finansieel, emosioneel en fisies. MY eie kinders blok MY stem uit wat vir hulle sê om hulp, liefde, en ondersteuning te gee, vir die klein klompie dapper, en moediges wat EK wel het wat MY en MY Mense dien.

Is jy een van hierdie wat YAHUVEH se stem hoor voortspreek en wat MY ware apostels en profete sal liefhê en sal begeer om te help en te ondersteun; om julle huise oop te stel vir hulle, en te help om die las te verlig om MY mense te bereik met die boodskappe uit die hemel? MY ware apostels en profete betaal die prys vir die salwing en is gewoond aan droefdheid, swaarkry, verwerping en vervolging. Bereken julle ooit die koste wat dit kos om so ’n boodskap te bring soos hierdie een? Hoekom sou julle solank dit nie julle is wat die prys hoef te betaal nie reg? EK weet wie hierdie lees en hoor, en EK sal eendag vir jou vra wat jy gedoen het om hierdie bedienaar se las te verlig? Het jy haar selfs bemoedig? Dra jy ooit haar naam op in gebed? Besef jy hoe min pastore haar sal nooi om in hulle kerke te bedien nadat hierdie profetiese boodskap gegee is? Maar EK, YAHUVEH, spreek dit voort nie hierdie diensmaagd nie. So EK het dit teen julle julle sogenaamde pastore wat hoegenaamd geen pastoor is nie. Dit sal beter wees om uit te tree as om die woede van YAHUVEH in die gesig te staar omdat julle MY Skape en Lammers leed aandoen.

Skaam julle pastore; julle is nie ‘n pastoor as MY kinders nie jou berading kan kry sonder om eers ‘n lid van die kerk te wees nie en julle tiendes-toetse slaag nie. Een toets is: ‘n lid word alleenlik erken as hulle tiendes betaal in ‘n sekere dollar-bedrag van donasies en kerk bywoon ‘n sekere aantal kere. Hou op om MY skape kaal te skeer! Onthou waarvoor ‘n pastoor behoort te staan. Onthou jy is nie die Goeie Herder nie. As EK jou voortbestem het om ‘n pastoor te wees, dan moet jy ‘n seën wees vir MY skape. Jy behoort daar te wees as die fisiese gedeelte om hulle te bemoedig met MY woorde. Lief te wees en vir hulle te bid, en vir hul bevryding en biddend vir die redding van hul siel, hulle leer om MY Torah te gehoorsaam asook MY gebooie met jou wat die voorbeeld stel.

As jy nie MY salwing het nie dan is jy nie ‘n apostel, profeet, evangelis, leraar of pastoor nie. EK is nie beïndruk met watter kweekskool jy gegradeer het nie, meer toepaslik deesdae behoort dit ‘n begraafplaas genoem te word. Die letter maak dood en die RUACH ha KODESH gee lewe. As die kennis wat jy het jou eie is, en jy maak staat op daardie kennis om te bedien, dan bedien jy nie in volheid onder die gawes van die RUACH ha KODESH nie.

Gaan weg van MY af julle wat geveinstes is, julle wat tussen MY skape ingesluip het, hulle geleer het, hulle kaal geskeer het, en tog is julle nie eens MYNE nie. Jy hoort nie tussen die skape en die lammers nie. Jy is ‘n wolf wat wil verskeur. Jy is gestuur deur die brullende leeu wat nie MY Seun YAHUSHUA is nie. YAHUSHUA is die Leeu uit die stam van Juda.

*******

‘n Aanstoot vir sommiges, verligtend vir ander vir die liefde, gehoorsaamheid, en heerlikheid van YAHUVEH en YAHUSHUA, 02/11/01, 1:50 vm. Profetiese Diensmaagd van YAHUVEH en YAHUSHUA,

Apostel Elisabeth Sherrie Elijah (Elisheva Eliyahu).

Die Encarta Wêreld Woordeboek definieer ‘n "clarion call" (Wekroep) as ‘n op-roep om oor te gaan tot aksie: ‘n dringende, inspirerende beroep op mense om iets te doen. [Van die gebruik van die "clarion" wekroep as ‘n teken in oorlog.]