Profesie 54

NOU IS DIE TYD! "Bly Gefokus, Gehoorsaam Julle Generaal En Volg MY Bevele NOU!"

Boodskap ontvang 5 April 2002 Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH deur Aposte Elisheva Eliyahu

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

Hierdie is ‘n les MY kinders wat julle moet leer. Hierdie is ‘n les wat julle beter deeglik moet leer. Wanneer ek vir [‘n gefokusde kind] iets sê om te doen, doen hy dit, en hy doen dit onmiddelik (heb. 12:8) Hy kyk nie links nie. Hy kyk nie regs nie. (dt 30:17-18; jes. 30:21). Hy bly gefokus op die taak wat op hande is. Hierdie MY dogter [ [Elisheva] en al MY kinders], dit is wat julle moet leer. Wanneer EK vir julle sê om iets te doen, is dit nou die tyd. Dit is nie in jou uur nie, dit is nie in jou minuut nie, dit is nie in jou sekonde nie, dit is in MY tyd. Hoe lank het dit geneem om die Pasga Profesie op te kry? Hoe lank neem dit om die gesproke Woord op te sit? Nou vandag gee EK nog ‘n boodskap en hoe lank sal dit neem om dit op te sit?

EK sê dit vir julle, EK reken op julle, EK reken op die Woorde wat EK deur julle spreek om MY mense te bereik, om MY mense te bemoedig. So julle vra MY wat dit is wat julle moet leer. Julle moet leer om dinge in MY tydsberekening te doen en nie in julle tydsberekening nie. Julle moet leer om nie aandag afleibaar te wees nie. EK het hierdie ingesit (2Kor 4:7) Want hy - [‘n volwasse seun (Rom.8:17)] – ken die taak op hande en hy bly op een gefokus en wanneer afleidings kom van links of regs, weet hy om dit te bestraf (2Tim. 2:12-13; Heb 3:12-13). Hy weet dit is nie EK wat dit stuur nie. so, dit is ‘n les, MY Kinders, wat julle moet leer. Hou aan om MY te vra, dis waar, maar julle moet leer om te gehoorsaam.

En die man wat ek na julle toe gestuur het, hy is ‘n Moslem wat ‘n Christen geword het. Hy was een wat soekend is. EK vra julle hierdie vraag: Hoe red jy slegte saad? Hoe red jy ‘n slegte daad? Dit is deur dit in goeie grond te saai. Moenie diegene wat ek stuur wegwys nie selfs al dink jy hulle is ‘n slenter. Daar is ‘n les om te leer hieruit. Volgende keer neem jy dit na drie toe en nie na een nie [d.i.. kry bevestiging]

EK sê vir julle dit, julle moet ander die geleentheid gee om julle te seën. Hoeveel weet nie dat julle behoeftig is nie? Hoe weet julle nie dat EK hulle nie tot stand sal bring nie? Daar is diegene wat EK in die verlede gebruik het. Hoe sou die weduwee van Sarfat geweet het dat Elia [Eliyahu] honger was as EK hom nie na haar toe gestuur het om dit vir haar te sê nie? En die weduwee van Sarfat sou nie geseën gewees het nie. Die weduwee van Sarfat en haar seun sou nie gelewe het nie. As EK nie MY profeet met ‘n behoefte gestuur het sodat sy die geleentheid kon hê om dit te voorsien nie, sodat EK ‘n geleentheid kon hê om te bewys EK is YAHUVEH, dieselfde God, gister, vandag en vir altyd. Dit is nie dat julle na hulle toe gaan en bedel nie. Dit is ‘n seën vir hulle om in staat te wees om die belonings te ontvang wat na diegene toe kom wat hierdie bediening help. Dit is ’n vloek op hul hoofde wanneer EK julle na hulle toe stuur met jul versoeke en behoeftes en hulle ‘n dowe oor draai. Dit is hulle wat eendag sal vrees terwyl hulle sien niemand is daar in hul uur van nood nie. EK het dit op MY Dogter se hart gelê en vandag sou julle nie hoor. Maar nou vandag spreek EK dit voort. Diegene wat EK julle beveel om te vertel. Selfs julle suster Olga sou gehelp het. Geeneen van hulle sou dat julle sonder ‘n huis moet wees nie. EK vra dit vir julle, MY Kinders, toe YAHUSHUA die 5,000 gevoed het, het HY nie gesê, "Wat het julle byderhand?" nie. En daar was daardie klein vissersman seuntjie. Moes die dissipels nie gegaan het en die seun gevra het om sy middagete te deel nie? En het HY dit nie gebruik om te vermeerder om die 5,000 te voed nie selfs meer? So hoeveel oorskiet het daar oorgebly na die tyd?

Moenie te trots wees om julle behoeftes te noem nie. Sê MY Woord nie, "Gee en aan julle sal gegee word, ‘n goeie maat ingedruk en geskud en oorlopend vol, waar mense in jul boesem ophoop?" nie. Maar hoe kan hulle dit doen, MY Kinders, as julle nie vir hulle jul behoefte vertel nie? Julle sal weet wie dit is om te vertrou. En as hulle nie antwoord nie, is hierdie nie julle verantwoordelikheid nie. Hulle het net ‘n vervloeking op hul hoofde opgehoop. MY Kinders, het EK nie vir julle gesê, MY Kinders, dat hierdie bediening uniek is nie? Die manier waarop hulle julle behandel is hoe hulle MY behandel. Dit is nie die mense wat julle behoeftes voorsien nie. Maar dit is EK wat spreek deur die mense. EK praat met die mense en satan praat met die mense.

Hierdie is ‘n toets. Wat sal hulle doen wanneer EK julle stuur? Sê MY Woord nie, "As jy soveel as ‘n beker water aan ‘n profeet gee, dan is daar ‘n seën" nie. So EK stuur julle met hierdie bedienings behoeftes. EK stuur julle om hulle te toets. Sal hulle MY stem hoor? Indien hulle nie, in tye van nood, sal EK MY ore doofhou vir hulle stem. EK stuur julle na die weduwees van Sarfat al weet hulle hul is nie ‘n weduwee nie. EK stuur julle na diegene wat uitgehonger is, alhoewel hulle nie weet dat hulle uitgehonger is nie. EK stuur julle na diegene wat dors is alhoewel hulle nie weet dat hulle dors ly nie. As hulle nie omgee dat julle honger ly nie, dan sal EK nie omgee wanneer hulle honger ly nie. As hulle nie omgee dat julle sonder ‘n huis is nie, dan sal EK nie omgee wanneer hulle sonder ‘n huis is nie.

EK sal ‘n manier tot stand bring, maar EK sê dit vir julle, MY Kinders, julle moet julself verneder en dit op MY manier doen en nie julle manier nie. Wanneer EK julle beveel om ‘n taak te doen, moet julle dit onmiddelik doen. Julle moenie wag en sê in my minuut, in my sekonde, in my tydsberekening nie. Julle moet geen verdere afleidings toegelaat word nie. Maar julle sien, EK het julle getoets om te sien hoe gefokus julle is. [Want ‘n leier] hou by die taak op hande - laat nie sy gedagtes heen-en-weer afdwaal nie. Weer sê EK vir julle, leer. Want dit is nie iets waaroor hy selfs spog nie.[dit is niks waaroor ‘n leier sou spog nie 1 Kor 1:31) - dit is MY gawe wat EK gegee het. Maar dit is sy keuse om te gehoorsaam-en vandag - [wanneer jy] die droefheid in MY hart [voel], daardie is nie ‘n lae moraal nie, dit is die droefheid van MY Gees (Heb.3:12-15).

Gehoorsaam en gehoorsaam nou. EK het vir julle gesê vantevore; die krag is in die gesproke woord, nie net in die geskrewe woord nie. Hoeveel keer moet ek dieselfde ding sê? EK word kwaad wanneer EK moet herhaal. EK vergewe julle, MY Kinders, wanneer julle foute maak. Maar bekeer net en doen dit op MY manier nie julle manier nie. Onthou, niemand kom na hierdie bediening behalwe as EK hulle stuur nie. Die man wat ek gestuur het - daar is ‘n les om geleer te word, en julle het geleer hierdie dag. Bid nou dat EK dit sal goedmaak en doen dit dan op MY manier.

[Die een nou gesalf om te beskerm] weet selfs wanneer [Elisheva] in gevaar is voordat sy dit weet. Met tye maak sy ‘n bohaai en verknies haar. Sy leer om te besef dat sy die een kan vertrou wat EK gestuur het - totdat die bose Farao verdrink word en julle daardie nuus hoor, moet hy aanhou om haar te beskerm teen die aanvalle wat opnuut kom. Hulle begin baie kwaad word, want alles wat hulle doen misluk en julle moenie magteloos voel nie. Want julle krag kan nie red nie, maar die hand van YAHUVEH en YAHUSHUA red.

Intussen kinders, nadat julle gehoorsaam, bring hierdie smekinge terug vandag nog. Want geen goeie ding sal EK van julle weerhou nie. Dink julle EK ken nie julle behoeftes nie? En tog moet julle soos daardie vrou wees wat voor die regter gekom het, en MY soms meer as een keer smeek. Julle hou aan om te klop totdat EK antwoord. Julle hou aan om te soek totdat julle vind. Die rede hoekom? EK skuld julle geen verduideliking nie.

Onthou wie GOD is. EK is die Pottebakker, julle is die klei. EK vorm julle, EK breek julle, EK herstel julle, EK vorm julle op MY manier. EK weet hoe warm die temperatuur is wat dit verg. EK sal nie die vuuroond te warm maak nie, tog weet EK watter temperatuur dit moet wees sodat julle die geloof kan hê om MY te vertrou. Wat julle nou deurgemaak het het te doen met die dae wat gaan kom. As julle MY nie nou kan vertrou nie, hoe sal julle MY dán vertrou? Hoe sal julle ander leer om MY te vertrou? Daar is ‘n rede vir die dinge wat gebeur het.

Klou vas aan julle geloof MY Kinders ongeag wat gebeur, moenie laat los nie want EK sal julle nooit begewe en EK sal julle nooit verlaat nie. Staan op MY Woord, dit sal julle nie faal nie. Plaas julle herinnering op MY Woord, dit sal julle nie faal nie. Bewaar MY Woord, dit sal julle nie faal nie. Bemin MY Woord, dit sal julle nie faal nie. Glo MY Woord, dit sal julle nie faal nie. Praat met die berge van skuld en sê, “Wees jy verwyder in MY SEUN YAHUSHUA se Naam. Glo en moenie twyfel nie. Leer die les deeglik.

Sodat EK dit nie hoef te herhaal nie, want julle word ook getoets, MY Kinders. EK roep nie die gekwalifiseerde nie, EK kwalifiseer die geroepene en julle is geroep. Neem julle behoeftes na [jul broers]. Neem julle behoeftes na [jul susters]. Neem julle behoeftes na Olga toe. Gee hulle ‘n kans om ‘n seën te wees. EK sal vir julle sê wie die ander is. [Dit] beteken nie jy doen dit in jou tyd nie, dit beteken doen dit in MY tyd.

Van nou af moet julle hierdie woorde hoor, nou is die Tyd. Wanneer EK ‘n bevel gee, is dit soos ‘n generaal wat ‘n bevel gee aan ‘n soldaat. As die soldaat sê, "Ek sal dit op my tyd doen, op my manier" julle beter nie. Soveel te meer beter julle bekeer om te waag om te sê vir die GOD van die Heelal, "Wag Here, tot ek tyd het." Weer sê EK, die soldate neem bevele; die soldate gee nie bevele nie. Julle is MY Kinders, maar julle is MY soldate. Julle is MY werktuie wat EK gebruik om ander te bereik. Nou is die Tyd! Nou is die Tyd! Bly gefokus op die taak wat op hande is, een tree op ‘n slag. Nou is die Tyd! Nie ‘n sekonde van nou af nie! Nou is die Tyd!

Einde van Woord
Apostel Elisheva Eliyahu