Profesie 57
Pasop Vir Die Trojaanse Perd!

Gespreek onder die salwing van Die Ruach ha Kodesh deur Profeet Elisheva Eliyahu 30 Junie 2002

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

* * * * * * *

Gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu wat uitroep met ‘n stem soos die van Jona tot ‘n nasie soos Nineve. Nineve het bekeer vir ‘n seisoen, sal Amerika? Of sal ons pragtige land geseënd met skoonheid en wat eens op ‘n tyd gestaan het vir heiligheid en vryheid voortgaan op die doodlooppad en eindig soos Nineve en Sodom en Gomorra ? Ek is nie die enigste Apostel en Profeet wat uitgestuur is met hierdie waarskuwing aan Amerika nie maar die vraag is wie luister? Wat sal julle doen met hierdie profetiese waarskuwing? YAHUVEH stuur altyd eers die Apostels en Profete uit om alarm te maak van bekeer, draai terug na heiligheid na die God van julle Skepping en Redding. As gevolg van YAHUVEH se genade en liefde waarsku HY eers voordat HY sy oordeel stuur.

*******

MY Kinders, julle vra MY om genade te hê vir Amerika, maar EK, YAHUVEH vra, "Wanneer sal MY Kinders genade hê vir MY?" EK het voorheen gesê, "Wees versigtig vir die "Trojaanse Perd". Keer-op-keer het EK vir hierdie dogter wat nou profeteer gesê, "Wees versigtig vir die "Trojaanse Perd.” Amerika julle is daardie Trojaanse Perd. Julle kom as ‘n seën na Israel toe, julle kom as ‘n helpende hand na Israel maar agter julle rug dra jul ‘n bloedbevlekte dolk om in die rug te steek van die Israel leiers.

Amerika julle is soos ‘n Trojaanse Perd, maar julle sal ‘n prys betaal hiervoor as julle nie bekeer nie. Enige een wat vir Israel verraai, verraai MY, YAHUVEH, en verraai MY Seun YAHUSHUA. Enige een wat ‘n vyand van Israel is het homself opgestel om ‘n vyand te wees van MY, YAHUVEH, die Skepper van Israel, ook die Skepper van Amerika en MY, YAHUVEH, die Skepper van die heelal. Enige leier wat homself oppof en homself soos ‘n god maak en sê, "Ek sal Israel vernietig", bal sy vuis in die gesig van MY, YAHUVEH, die Skepper. Amerika julle sal sekerlik betaal. Amerika julle het reeds begin brand, julle brand met MY woede, julle brand met MY toorn. Julle roep uit om genade vir Amerika, maar julle wil selfs die Naam van God doodtrek weg uit die kinders se geheue.

MY Kinders, wees verseker hiervan, diegene wat MYNE is is in MY ark. Hulle wat MY stem hoor, en diegene wat huil en uitroep om genade, want julle is bang dat EK julle sal pakgee wanneer EK die res pakgee wat weier om te gehoorsaam, julle hoef nie bang te wees nie. EK het holtes regoor die wêreld en julle is veilig binne in MY holtes, want MY woede is nie bestem vir MY Kinders nie. Wanneer EK slaan, weet EK, YAHUVEH, wie om te tref, MY hand beskud diegene wat EK beskerm. Niemand kan julle uit MY hand ruk nie. Nie een haar op julle hoof kan aangeraak word nie behalwe as EK dit toelaat, en as EK, YAHUVEH, dit toelaat dan sal MY Kinders net meer soos Stefanusse word wat meer Paulusse opgewek het en groot sal julle belonings wees in die Hemel. (Handelinge 6-7).

EK is kwaad MY Kinders, want julle roep uit om genade vir Amerika maar die leier van Amerika pof homself op soos ‘n god, hy is nie ‘n god nie. EK hoor die uitroepe van MY Mense in Israel, ja selfs die wat nie MY Seun YAHUSHUA erken nie maar hulle roep uit tot MY, MY Kinders, hulle eer MY Sabbatdae, hulle hou MY Joodse feeste en gehoorsaam MY Torah. Israel dra die Bloed van YAHUSHUA en Jerusalem dra die Bloed van YAHUSHUA, alhoewel hulle dit nie ontvang nie. Pasop Amerika julle is ‘n Trojaanse Perd. EK, YAHUVEH, herinner julle wat met ‘n Trojaanse Perd gebeur. EK, YAHUVEH en YAHUSHUA profeteer nou deur MY diensmaagd, EK, YAHUVEH sal daardie Trojaanse Perd platslaan en wanneer EK dit platslaan sal dit nooit weer verrys nie. EK, YAHUVEH, en YAHUSHUA sal die Perd se kop afsny. EK, YAHUVEH, en YAHUSHUA sal die Perd se hoewe afsny. Julle Amerika, sal nie meer instaat wees om te beweeg nie en die handelaars sal van heinde en ver uitroep, terwyl hulle Amerika op ‘n afstand sien brand. (Openbaring 18).

O, Amerika, EK huil oor julle terwyl julle gereed maak om nog ‘n verjaarsdag te vier. Julle vergeet dat dit EK, YAHUVEH, was wat julle apart gestel het vir MY en YAHUSHUA se eer. Net ‘n klein suigeling en tog bal julle jul vuiste in MY gesig, verloën julle die een wat julle geskape het. Hierdie waarskuwing is nie vir MY Kinders wat MY aanbid in waarheid en liefhet en probeer om te gehoorsaam nie. Hierdie waarskuwing is vir diegene wat hulself opstel as MY vyande. Pasop Amerika! Julle is soos ‘n Trojaanse Perd. Israel was julle vriend, nou behandel julle haar soos ‘n veragtelike vyand. Julle leiers gaan om een hand te skud en steek ‘n bloedbevlekte dolk in Israel se rug met die ander hand. Julle beswadder Israel. Julle rapporteer nie die waarheid nie. Julle laat MY Hebreeuse mense in Israel lyk soos die terroriste. Julle vertrap hul rûe en hulle ekonomie.

Julle stuur vrees tussen die wêreld in en sê, "Bly uit Israel uit, dit is te gevaarlik om te besoek" en tog die Palestynse vyande wat MY Naam verag, voor die wêreld hemel julle hulle op soos helde en dit verklaar julle luidkeels. O Amerika, julle maak hierdie belofte aan die Palestyne, valslik sê julle, "Ek, Amerika sal Israel teruggee veral Jerusalem aan die vyande van MY, YAHUVEH." Die Palestyne het hulleself opgestel as MY, YAHUVEH en YAHUSHUA se vyande. Die Palestyne het MY Hebreeuse kinders doodgemaak. Die Palestyne probeer om die appel van MY oog te steel. So Amerika, omdat julle hulle help het julle MY woede op die hals gehaal en Amerika selfs julle naam verag EK, YAHUVEH en YAHUSHUA nou. EK het genade gehad tot dusver, vir die geroep van MY ware Kinders wat uitroep. Maar MY ware Kinders moet dit weet, hoe langer EK MY woede teruggehou het hoe kwater het EK, YAHUVEH, en YAHUSHUA geword en Amerika julle sal betaal hiervoor.

So hierdie is ‘n boodskap aan MY geliefde kinders, salf julle huise weereens, roep uit om genade vir julle eie huis en EK, YAHUVEH, sal julle hoor MY Kinders, weereens. Bekeer MY Kinders vir julle eie huise, want julle kan nie bekeer vir die sondes van Amerika nie. Want die stank van die sondes bereik die hemel en die ganse hemel hou hulle neuse toe want geen nasie het gedoen wat Amerika gedoen het nie en tog was geen nasie geseënd soos Amerika geseën was nie. Julle wil ‘Een nasie onder GOD’ uithaal dan sal julle een nasie hê onder MY voete. EK YAHUVEH sal julle voet-stamp, want julle het julle genade doodgetrek; julle het MY guns doodgetrek. Julle wil ‘In GOD Vertrou Ons’ doodtrek van julle geldeenheid af dan is al wat julle dan het ‘In (Amerika) Vertrou ons’.

EK sal julle wys wat gebeur met ‘n nasie wat nie onder GOD YAHUVEH en YAHUSHUA se beskerming is nie, dit sal nie ‘n mooi gesig wees nie. Julle sal uitvind Amerika, net hoe pieperig julle krag en mag is. Julle wil doodtrek ‘In GOD Vertrou Ons’ dan Amerika is al wat julle oor het ‘In Ons Vertrou’ Want net daar het julle verklaar dat EK, YAHUVEH, die GOD wat julle apart gestel het MY genade so pas doodgetrek het, julle het so pas MY beskerming doodgetrek, want julle vertrou net op julleself Amerika en dus Amerika laat die wêreld sien wat gebeur as dit net in julle is wat julle vertrou.

Kanada, EK,YAHUVEH, en YAHUSHUA, gee julle hierdie waarskuwing. Moenie in julle suster se voetspore volg nie. Julle noem julleself Noord-Amerika, nou dra julle die naam wat EK verag, as julle nie bekeer en wegdraai van die sondes van Amerika nie sal die lot van Amerika julle s’n wees. Julle sal deel in die droefheid; julle sal deel aan MY woede, as julle nie volg in YAHUVEH en YAHUSHUA se voetspore nie. Kom stel julleself nou apart Kanada en Kanadese Christene, begin bid vir Kanada want julle politieke leiers het julle provinsies uitverkoop aan die hoogste bieërs. In die VSA is daar state wat probeer het om los te kom in Amerika, vir die skande wat hulle gevoel het en daar is ‘n provinsie wat probeer het om los te kom van Kanada (Quebec) vir die skande wat hulle gevoel het. EK, YAHUVEH, sal diegene erkening gee wat probeer losbreek en EK,YAHUVEH sal hulle apart hou op daardie dag en die volle toorn sal nie op hulle neerkom op daardie dag nie.

O Amerika, EK ken julle komplotte en julle skelmstreke, julle politieke leiers wil Arafat vervang. Arafat is die mindere tussen twee onheile. Die Palestynse leier wat kom sal Arafat soos ‘n skoolseun laat lyk. Hy sal ‘n verraaier wees, hy sal ‘n Judas wees, hy sal wees soos ‘n Judas. Hy sal sy eie mense verraai. Dit is net ‘n kwessie van tyd dat Arafat verwyder gaan word. Maar wee diegene wat die verwydering van Arafat sal toejuig, want ‘n groter boosheid sal kom. Want die wat hul verheug hulle sal rou. Diegene wat nou lag sal gesmaad word. Wat ‘n groot prys sal Amerika se politieke leiers betaal terwyl hulle probeer om Israel te verkoop aan die hoogste bieër, alles vir hul eie motiverings, alles vir hulle eie gierigheid.

‘n Baie groter boosheid kom, meer as wat julle ooit kan droom of begryp. Wee Amerika want julle het reg in satan se hande gespeel, julle speel reg in die anti-messias se planne in, julle speel reg in die bloudruk in wat neergelê is deur die anti-messias wat gaan kom. Dit is vir julle Amerika wat EK nou aankla. Julle is die Trojaanse Perd en hiervoor sal julle betaal. Amerika geniet julle voorspoed, geniet julle luukshede, geniet julle gierigheid, geniet julle roem en geniet julle rykdom, want dit sal van korte duur wees. MY ware geliefde Kinders wat woon in Amerika, julle moet bekeer dat julle julself Amerikaners noem, moenie dat die bloed van Amerika op jul hande gevind word nie.

*******

So is dit gespreek so is dit geskryf in die salwing van die RUACH ha KODESH (Heilge Gees), gegee aan hierdie Apostoliese profetiese diensmaagd van YAHUVEH en YAHUSHUA op 30 Junie 2002 om 11:00 vm.

Hierdie Profetiese Woord was gegee gedurende ‘n telefoon gesprek met ‘n getroue broer en ondersteuner van hierdie bediening genaamd, Brian. Ons was in gebed toe die RUACH ha KODESH my gestop het om in Engels te bid en tot my groot verbasing het hierdie woord na vore gekom. Asseblief, Christen Amerikaners, bekeer en bid vir hierdie land, eens die land van die vrye, voordat dit te laat is. Bid asseblief vir die vrede van Jerusalem en wees lief vir ons Joodse broers en susters want ons almal dien die Koning van die Jode, ons Messias en God wie se naam YAHUSHUA is.

Bid asseblief en stuur ‘n petisie aan ons leiers om nie teen Israel te draai nie. Ons weet dat ons Christelike geloof in YAHUVEH en YAHUSHUA en die Bybelse skrifte die waarheid is, want Israel sal nooit vernietig word nie. Israel sal altyd staan. Pasop Amerika en alle ander nasies want julle is nie hierdie belofte gegee in die Heilige Skrifte nie. As Israel ophou bestaan sou alles waarin ons glo ‘n leuen wees. Die Bybel is die Woord wat vlees geword het deur YAHUSHUA en YAHUSHUA sal eendag binnekort SY voete plant op Olyfberg en regeer vanuit Jerusalem. Ons sien uit na daardie komende dag en sê, "Kom YAHUSHUA, kom gou is ons gebed! (Openbaring 22:6-7, 12-13, 17, 20)

Lees dit asseblief. Ons YAHUSHUA ha MASHIACH kom weer. Sal jy gereed wees?