Profesie 75
EK, YAHUVEH, Sal Jou Heilig Maak en Ontmoet In Jou Sukkot!
[EK Beveel Julle om MY Heilige Dae te Onderhou en te Eer]

Gegee aan Apostel Elisheva Eliyahu 27 Augustus 2004


Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende bygevoeg word voor elke Profesie:

2Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”


*******

O Skat van MY hart, glo jy nie dat EK, YAHUVEH, en MY Seun, YAHUSHUA jou sal beskerm terwyl jy hierdie Heilige Tyd waarneem nie? Is EK nie in staat om jou veilig te hou nie? Selfs in Jerusalem, waar die gevaar groot is maak die Hebreeuse volk hulle Sukkots soos dit geskryf is want hulle vertrou MY,YAHUVEH, om hulle te beskerm en EK doen.

Wie is jy bang om aanstoot te gee MY, YAHUVEH, of jou bure? Gee jy regtig om wat ander van jou dink meer as wat jy MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA sal behaag? Weet jy nie dat MY Mense die eienaardige mense genoem word nie, want hulle wandel nie volgens die klank van hierdie wêreld nie maar volgens die klank van die Hemel. Hoekom sou jy skaam wees hieroor, MY kleintjie, want hierdie sou 'n getuienis wees tot MY vir YAHUVEH se Eer? Bid dat jou bure notisie sal neem sodat jy vir hulle die verhaal kan vertel oor hoekom jy 'n Sukkot bou ter herinnering van MY Woord. Hierdie sal behaaglik wees vir MY want diegene wat dit doen getuig vir MY voor hulle bure en EK vra jou om dieselfde te doen. Hoe kan jy vir MY getuig en 'n voorbeeld van jou geloof wees as jy jou Leanto wegsteek in jou badkamer?

Die Sukkot moet buite wees waar jy die Hemelruim kan aanskou. Die Joodse volk besef nie eers hoekom die Sukkot 'n opening in die dak het nie. Dit is om die Skrif te vervul, wat sê, "Kyk op, julle verlossing kom nader want YAHUSHUA ha MASHIACH sal kom in die Oostelike Hemelruim” Jy hoef nie bang te wees dat die vyande jou sal seermaak nie want EK, YAHUVEH, sal diegene seën en beskerm wat MYNE is en diegene beskaam wat hulself wys ag, terwyl hulle die bose weë van hierdie wêreld ignoreer en die spotlag van die vyande ignoreer. EK sal diegene spot wat jou spot in hul tye van benoudheid.

Maak 'n Tydelike skuiling wat oopmaak na die Hemelruim toe. Vra MY en EK sal jou lei en beduie hoe. Neem jou maaltye in hierdie Sukkot en rus jou kop in MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA se liefdevolle arms. EK sal jou daar ontmoet. Vir diegene wat sê hulle moet die beroepe werk van hierdie wêreld, EK sê vir julle saai dan daardie saad in die werk van die Koninkryk van die Hemel en kyk of EK nie 'n seën sal uitstort nie so groot dat dit jou rede sal gee om MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA te loof ! EK het dit op jou hart gelê, MY dogter Patricia, om hierdie vrae te vra en te skryf aan hierdie “Ringmaiden” van YAHUSHUA sodat sy dit sal deel met ander wat nuut is met die Joodse Feeste en begeer om hulle ook te vervul. Jy dien 'n Opgestane MESSIAS. Moet jy nie doen wat HY gedoen het om ook die Joodse Heilige Dae te eer en te hou nie? Diegene wat gekies was om YAHUSHUA se Bruid te wees hoor wat MY Profeet skryf terwyl EK, YAHUVEH, vir haar die woorde gee.

Wat goed genoeg is vir YAHUSHUA is dit nie goed genoeg vir diegene wat YAHUSHUA HA MASHIACH navolg nie? Seëninge sal na jou toe kom, MY Dogter omdat jy gehoorsaam was en geskryf het vir [Elisheva] met hierdie vrae, want nou sal ander leer saam met jou. Hierdie woord is bedoel om gedeel te word aan almal wat Geestelike oë het om te sien en Geestelike ore het om te hoor. Alle ander bly doof en blind soos die Bose Faro’s en Fariseërs van hierdie land.

EK, YAHUVEH, gee my Babatjies, Bruid, Uitverkorenes en noukeurig Uitgesoektes, diegene wat voed op MY Geestelike Vleis om te eet en herken EK, YAHUVEH, spreek voort uit MY Diensmaagd en deur haar EK gee hierdie mandaat vir julle. Julle moet al die Joodse Heilige Fees Dae vier en die komende dae van Sukkot ter herinnering dat julle net leef in ‘n Tydelike Woonplek. Die aarde is julle tydelike woonplek totdat julle huis toe kom Hemel toe. Jy is slegs 'n reisiger wat deurbeweeg totdat jy die werk uitgevoer het waarvoor EK jou gestuur het aarde toe om te doen. Vernietiging kom na hierdie wêreld toe, daarmee saam dood en siekte en weer-rampe gemaak deur die mens wat God-speel. Julle moet hierdie Sukkot hou al het julle dit nog nooit gevier voorheen nie. Julle moet al die komende Heilige Dae hou. Waar jou geloof is sal jou Pasga wees. Julle behoort te vas op Yom Kippur, self vernederend voor MY, YAHUVEH, en vastend vir die boosheid in julle land sodat julle gespaar sal word wanneer die dood MY vyande besoek wat hulself stel teen alles wat Heilig is.

Julle behoort julself te herinner, terwyl julle jul tydelike Skuilings bou so vreeslik broos, hoe enige skuiling gemaak deur die mens, hoe broos dit is. 'n Blote wind kan dit omgooi maar wanneer EK, YAHUVEH en MY Seun, YAHUSHUA, saam met jou te midde van hierdie brose skuiling is, selfs in jou brose Tempel genoem jou liggaam, is EK maklik instaat om diegene te beskerm wat EK MY Babatjies, Bruid, Uitverkorenes en noukeurig Uitgesoektes noem.

Toets MY, YAHUVEH, en kyk vir MY Babatjies, Bruid, Uitverkorenes en noukeurig Uitgesoektes wat hierdie doen, kyk of EK diegene nie seën en beskerm met ‘n kragtiger salwing nie, wat ywerig liefhet, dien, gehoorsaam, en soek na MY, YAHUVEH en YAHUSHUA ha MASHIACH.

Wat goed genoeg is vir YAHUSHUA om te eer is dit nie goed genoeg vir julle nie? EK, YAHUVEH, herinner julle. Julle aanbid en dien nie 'n Christen Messias nie maar eerder was YAHUSHUA gebore uit 'n Hebreeuse Maagdelike Vrou op Hebreeuse grond, het geloop en tekens wonders en wonderwerke bedien op Hebreeuse grond. YAHUSHUA het die Torah onderhou en was bevind sonder sonde. YAHUSHUA het bedien as 'n Rabbi op die enigste ware Shabbat [Sabbat].

YAHUSHUA het nie gepreek in die Tempels op ‘n Sondag nie. Diegene met Geestelike ore om te hoor, luister. Alle ander bly doof. Want die Sabbat is ewigdurend en sal vir ewig staan omdat EK, YAHUVEH, die aarde gemaak het in ses dae en op die sewende dag het EK, YAHUVEH, gerus en die mensdom beveel om dieselfde te doen. MY Seun YAHUSHUA het die Sabbat Heilig gehou en HY word genoem die Here van Die Sabbat. HY is 'n voorbeeld hoe om die Sabbat Heilig te hou. MY Geliefde Seun YAHUSHUA was gemartel en gekruisig met woorde bokant sy kop vasgespyker wat geen duiwel of mens kon verwyder nie en YAHUSHUA het gesterf en weer opgestaan op Hebreeuse grond uit 'n Hebreeuse graf.

Nadat al hierdie gesê is, bewysende dat YAHUSHUA ‘n Joodse Opgestane MESSIAS is, volg nie die weë van die heidene nie en vier nie die heidense feeste wat YAHUSHUA nie gevier het nie. As dit nie in die Heilige Skrifte is nie, hoekom vertoorn julle MY, YAHUVEH, en voeg by MY Woorde en onderrig dat die heidense dae geëer moet word maar vermy dit om die dae te vier wat EK, YAHUVEH, verorden het as Heilig en om gedenk te word soos in die tye van ouds?

Julle nooi MY na julle mensgemaakte heilige dae en tog hoekom sê julle wat sê julle volg, dien, aanbid, gehoorsaam YAHUVEH en YAHUSHUA en maak verskonings hoekom hierdie net vir die Hebreeuse Volk is? Is julle nie Hebreeus deur MY Seun YAHUSHUA se Bloed by Golgota te aanvaar nie, terwyl HY alleen die Bloed Offer geword het vir julle sondes?

Glo julle nie HY leef nou binne-in julle deur die RUACH HA KODESH nie? Om werklik MY Seun YAHUSHUA te ken, moet julle die Joodsheid leer ken van julle Opgestane Messias. Hoekom dring julle aan om YAHUSHUA ‘Jesus Christus’ te noem eerder as op SY Hebreeuse Naam, YAHUSHUA, wat 'n konstante herinnering is vir satan dat YAH red. Hoekom dring julle aan om skrifte te verdraai in die Bybel om verskonings te maak waarom julle nie die Ware Sabbat Dag Eer en dit Heilig hou voor MY, YAHUVEH nie?

Is dit werklik te veel om die tyd eenkant te sit vanaf Vrydag Sononder tot Saterdag Sononder en te erken hierdie is die Sabbat Dag en dit Heilig te hou? Wanneer jy nie van beter weet nie het jy 'n verskoning, maar nadat jy die waarheid weet en jy laat die waarheid jou nie vrymaak nie en sê jy is nie onder die gebondenheid van die wette van ouds nie, watter ander gebod wil jy hê moet EK uitgooi net omdat dit vir jou ongerieflik is? Eenvoudig omdat ander dalk nie sal verstaan nie, as jy ’n Sondagkerk bywoon en nie daar is om die Pastoor en gemeente te laat weet dat hulle in oortreding is deur nie die Joodsheid te onderrig van die die Opgestane MESSIAS nie, dan noem EK,YAHUVEH, jou ‘n lafaard en jy word aanspreeklik gehou.
EK stuur julle uit om ander te waarsku en julle boet in wat julle weet die waarheid is. Aanbid MY 7 dae 'n week en kom bymekaar as julle dit verlang maar gee YAHUVEH die Eer van vernaamlik die Sabbatdag te erken en dit Heilig te hou en te rus van julle arbeid op hierdie dag en dit te geniet saam met MY. Dit is nie bedoel om 'n dag van gebondenheid te wees nie, maar van blydskap. Is dit regtig te moeilik? EK gee vir julle Heilige Fees Dae om fees te hou en te vier met die uitsondering van Yom Kippur, die Dag van Versoening wanneer julle behoort te vas en die prys te onthou wat YAHUSHUA vir julle sondes betaal het. Is dit regtig te moeilik vir julle om te leer van die Hebreeuse Heilige Dae?

EK kon gekies het vir YAHUSHUA om gebore te word uit enige nasionaliteit maar EK, YAHUVEH, het die die Hebreeuse Volk geëer deur hulle bloedlyn te eer. Julle wat YAHUSHUA se Bloedoortapping aanvaar is nou nie meer heidene nie en julle behoort nie die heidense weë of hulle heilige dae te volg nie. In plaas daarvan volg die Heilige Dae soos EK, YAHUVEH, verorden het om 'n seën te wees vir julle. Julle word aanspreeklik gehou vir dit wat julle nou weet, wat julle doen daarmee is nie MY Dogter [Elisheva] se verantwoordelikheid nie, haar verantwoordelikheid is om die woorde te lewer wat EK, YAHUVEH, voortspreek uit haar. Hierdie het sy nou gedoen.

Gaan jy vir haar ‘n hulp wees, of ‘n hindernis? Aan diegene wat hierdie en die ander woorde lees wat EK, YAHUVEH, en YAHUSHUA voortgespreek het en geseënd was terwyl hulle geleer het van hierdie Apostoliese Eindtyd Bediening, maar niks doen om 'n seën te wees terug tot haar en hierdie Bediening nie, julle het ‘n hindernis geword en EK, YAHUVEH hou julle aanspreeklik omdat julle haar werk moeiliker maak en die las so swaar. Hoe baie van julle vra haar om jou naam op te lig voor MY, YAHUVEH, en te vra vir MY, YAHUVEH, om hulle te seën en in te tree vir hulle? Terwyl sy dit doen kyk EK, YAHUVEH, na die name wat sy noem in gebed, en EK, YAHUVEH, neem notisie. Het hulle die tyd geneem en opofferings aangebied wat 'n seën sou wees vir hierdie Bediening?

Hoe skaam kry EK om te sien hoe min bied aan om te help op enige manier. Hulle neem die tyd om te vra vir seëninge en doen tog nie eers soveel as om net te vra wat hulle kan doen vir haar nie. Vir elke keer weet hierdie, vir elke keer wat sy gebid het, "Asseblief stuur vir ons vennote om ons te help in hierdie Bediening" en julle instaat was om haar te help op ‘n manier en julle het geweier, verskonings gemaak, dit is hoeveel gebede EK julle sal weier wanneer julle vra van MY, YAHUVEH. Elke keer wat julle die behoeftes van hierdie Bediening gehoor het en julle ‘n dowe oor gedraai het, en sommiges wat EK gestuur het na hierdie Bedienig toe het die rykdomme van hierdie wêreld, en tog draai julle ‘n dowe oor vir hierdie Apostoliese Profeet van MY, julle veroorsaak dat sy huil, so sal EK veroorsaak dat julle huil terwyl EK, YAHUVEH julle versoeke weier wat gebring word voor MY.

Hoeveel van julle sit julle kinders in julle testamente of eggenote, familie en gee tog steeds nie om vir die Bediening wat julle voed nie? Hoeveel van julle wat hierdie nou lees, het die luuksheid van 'n werk, meer as een woning, grond, eiendom, oudhede, bote, vliegtuie en 'n inkomste wat julle net opberg terwille van gierigheid om julleself te bevredig. Sê MY Woord nie, “Waar jou hart is sal jou skat wees nie? “Jy het MY gewys waar jou hart is. Elkeen wat gelei was na die Bediening toe kon iets doen en tog doen hoeveel niks. Hoekom is dit dat julle so maklik vir 'n kelnerin 'n fooitjie gee wie vir julle fisiese kos bedien en niks gee vir die een wat swaarkry, om die salwing te hê wat EK aan haar gegee het om vir julle hierdie Geestelike kos te kan voer nie? Wat is van meer waarde vir julle? Fisiese kos wat julle slegs bevredig vir 'n paar uur en dan word julle weer honger of Geestelike kos wat julle altyd sal onthou en smaak, veral in tye wanneer julle nodig het om bevry te of bemoedig te word.

Wat sal jou verskoning wees wanneer jy staan voor MY, YAHUVEH, in die nie te verre toekoms? Julle was gewaarsku; diegene wat hierdie Joodse Diensmaagd seën seën nie net vir haar nie maar ook vir MY, YAHUVEH, en MY Seun YAHUSHUA. [Elisheva] is die een wat EK MY Elia van Nuuts [Eliyahu] noem. EK, YAHUVEH, het haar gestuur na die Weduwees van Sarfat en hulle weet dit nie. Julle wat weier om te help in hierdie wêreldwye oesland het geen finansiële behoeftes nou nie, maar julle sal. EK het Elia van Ouds [Eliyahu] gestuur om 'n seën te wees vir een weduwee, alhoewel die land vol weduwees was vanweë die droogte en hongersnood. EK het vooraf geweet van 'n weduwee wat 'n seën nodig sou hê en gewillig was om haar laaste maaltyd te deel met 'n profeet genaamd Elia [Eliyahu], selfs al het sy geglo sy en haar seun sou eet en sterwe. Sy het geleef en was finansieel geseënd en haar olie-kruik het nie opgedroog nie. EK, YAHUVEH, begeer om dieselfde te doen vir julle. Dit is geen toeval dat julle na hierdie Bediening gekom het en nou hierdie woorde lees nie.

EK sal julle seën en beskerm op 'n manier wat julle nie dink nie, wanneer die tyd van verwoesting en beproewing kom, as julle alles sal gehoorsaam wat EK, YAHUVEH, sê hierdie Dag. Hou die Joodse Heilige dae Heilig voor MY, YAHUVEH. Herinner MY op Pasga terwyl julle dit vier en die suurdeeg uit julle huise verwyder soos EK die kinders van Israel beskerm het toe hulle die bloed van die lam aan die deurkoesyne gesmeer het, hoeveel te meer sal EK diegene beskerm wat die Bloed van YAHUSHUA het wat hulle en hul huise bedek. Op Sukkot terwyl julle jul tydelike skuilings oprig, sal dit 'n simbool wees vir MY hoe julle vertrou op MY, YAHUVEH, om julle Liggaam te beskerm, want daar binne-in woon jou Gees en MY RUACH HA KODESH, die HEILIGE GEES, terwyl julle ‘n vreemdeling is in die Tydelike Skuiling genaamd aarde en slegs deurbeweeg om te kom tot by julle Hemelse Huis genaamd Hemel.

Laastens, diegene wat in Amerika woon, EK het aan hierdie Profeet van MY 'n waarskuwing gegee om aan julle te gee. EK het aan haar 'n mandaat gegee om ook 'n droom te deel wat EK vir haar gegee het en dit sal gedoen word. EK weet diegene met die gawe van onderskeiding kyk na George W. Bush en julle weet hy het 'n gedaante van Goddelikheid maar geen Goddelikheid van binne nie. George Bush en John Kerry, EK, YAHUVEH, sê vir julle, George W. Bush is die geringste van twee booshede. Julle weet wat verkeerd is met George W. Bush, maar hy het nog nie ‘n kompromie aangegaan in sekere dinge nie, alhoewel die druk op hom is om sy standpunt in te boet, terwyl Visie President Cheney hom weereens verraai. Cheney ken geen skaamte nie en verdedig sy goddelose homoseksuele dogter net soos sy naam sê is hy vasgeketting aan die prins van duisternis.

George W. Bush staan teen aborsie, gedeeltelike-geboorte aborsie, stamsel-navorsing, smerige gruwels vir MY wat homoseksualiteit en dieselfde-geslag huwelike is. Moet dit nie as vanselfsprekend aanvaar dat George W. Bush die volgende Presidensiële verkiesing sal wen nie, want soos ek MY Dogter in 'n droom vertel het, as julle daar staan en niks doen nie en nie stem nie of met gebed intree nie, sal die Demokrate die volgende Presidensiële verkiesing wen en die bloed sal vloei in hierdie land en die onskuldige sal in die tronk wees, want hulle sal beskuldig word van misdade wat hulle nie gepleeg het nie. John Kerry en sy vrou is diensknegte van satan, maak geen fout nie, en hulle sal nie eens heiligheid veins nie. Julle was gewaarsku. EK waarsku julle nou John Kerry en sy vrou sal julle laat berou dat julle nie geluister het toe EK julle gewaarsku het deur hierdie Profetiese Diensmaagd van MY nie. Stel jou voor die mees bose en verworpelinge jubelend op Verkiesingsdag. Die wolwe in die Wit Huis poog nou om hulleself te vermom maar hulle sal hulle eie maskers afruk op hierdie dag, en daar sal geen limiet wees aan die boosheid en die verlies van vryheid van diegene wat YAHUVEH en YAHUSHUA vrees nie.

Maak geen fout nie, hierdie affekteer alle godsdiens vryheid, selfs die Moslems. Al diegene wat 'n vals god dien maar begeer om van morele karakter te wees sal spyt wees dat hulle niks anders gedoen het as om te staan en toekyk nie. Die van julle wat gebeds vegters is, begin daarop aandring dat julle Pastore ophou om toegewings te maak en uitspreek ten alle koste.

Die grootste bespotting van MY Naam nog sal gedoen word deur Ellen Degeneres deur die uiterste lastering om MY,YAHUVEH, die God van die Skepping, uit te beeld. Sy sal betaal met haar siel hiervoor en almal wat deelneem in hierdie film. EK, YAHUVEH, sal MY woede uitstuur oor diegene wat hulself die grootste tot die geringste noem. Dit sluit in nie alleenlik die Studio, Vervaardigers, Manuskrip Skrywers, Akteurs, uitrusters, spyseniers en grimmeer kunstenaars, selfs die ondersteunende akteurs en aktrises nie. EK, YAHUVEH, sal selfs MY woede uitstort op die Staat waarin dit verfilm word. EK, YAHUVEH waarsku enige adverteerder; EK, YAHUVEH, sal MY Babatjies, Bruid, Uitverkorenes en noukeurig Uitgesoektes beveel sowel as selfs diegene wat MY nie dien of MY gebooie gehoorsaam nie maar weet daar is ‘n God YAHUVEH om te vrees, om protes aan te teken en jou produkte te boikot.

'n Vrou genaamd Ellen Degeneres sal MY openlik bespot, uitbeeld om God Almagtig te wees. Ellen Degenerate Sy is nie net openlik homoseksueel nie maar sy is die eerste in Amerika wat omhels word deur die Withuis wat die president van die V.S.A ingesluit het, terwyl hulle 'n ete vir haar en haar selfde-geslag maat gehou het wat sy beweer om getroud mee te wees. EK, YAHUVEH, noem Ellen Degeneres, Ellen Degenerate. Sy is verworpeling en ken geen skaamte nie terywl sy deur satan beloon word met rykdom en roem want sy was die eerste om aanspraak te maak op dieselfde-geslag huwelik en ken geen skaamte nie en is trots op haar naam. Begin protesteer en boikot en waarsku almal wat sal luister enige iemand wat hierdie film kyk en luister hoe sy MY, YAHUVEH, bespot en nie met vrees protes aanteken nie sal maai wat sy gaan saai.

EK het geprofeteer deur MY Dogter [Elisheva], en daardie profesie was nou reeds jare lank geplaas vir almal om te lees [Profesie 20], Ellen Degeneres het die kinders en mense met 'n lepeltjie die gees van homoseksualiteit gevoer terwyl sy daaroor gelag het. As gevolg hiervan het EK, YAHUVEH, geprofeteer dat sy eerste sal wees om die Boiling Black Blood Plague Swart Kokende Bloed Plaag te smaak, wanneer sy sal smeek om te sterf terwyl swart bloed uit haar mond stu. Elke seksueel-immorele sal hierdie eindtyd plaag ly. EK, YAHUVEH, het dit geprofeteer deur hierdie diensmaagd van MY omdat EK geweet het wat Ellen Degeneres se meester satan haar sou laat doen en dit is om die Skepper van die ganse Skepping te bespot.

* * * * * * *

So is dit geskryf en so is dit gespreek hierdie dag van 27/8/04 gegee aan hierdie Kind, Vegter en Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH Apostel Elisheva Eliyahu