Profesie 79:
EK, YAHUVEH, Sê “Mense, Julle Mis die Punt!”

Geskryf/Gespreek onder die Salwing van die HEILIGE GEES (RUACH HA KODESH) Deur Apostel & Profeet Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) 2 Augustus 2005 om 4:00 vm.


Redakteur se Kommentaar:

Hierdie Profetiese Woord van YAHUVEH is ingesluit omdat dit ‘n geestelike fondasie gelê het waarop verdere Profetiese Woorde gespreek was. Toe hierdie Woord gespreek was het YAHUVEH se Skeidings Swaard neergekom tussen diegene wat SY Ware Sabbat van Vrydag sononder tot Saterdag sononder geëer het en diegene wat nie die mensgemaakte Sabbat van Sondag— die dag waarop die antieke Romeine hulle songod geëer het, wou opgee nie.

Op 1 Augustus 2005 het Elisheva bly hoor, “EK YAHUVEH, sê vir jou Elisheva om vir die mense te vertel, ‘Mense, julle mis die punt!” Op 2 Augustus 2005 terwyl Elisheva die (ex) webbestuurder vertel het, het ‘n magtige Salwing oor haar gekom terwyl sy begin het om in Heilige tale te bid en hierdie Profetiese Woord het voortgekom.

* * * * * * *

Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het

—met Profeet Elisheva se “Heilige tale,” soos GOD SE GEES uiting gee (Handelinge 2:3-4) van Hemelse of aardse tale (1 Kor. 13:1). Elisheva spreekvoort in tale wat Profesie bring (1 Kor. 14:6).

Dit bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:

YAH/YAHU הי is die HEILIGE , GEWYDE NAAM van GOD soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH” הי וללה
Wat letterlik beteken: “Prys YAH”
YAHUVEH/YAHWEH הוהי GOD DIE VADER
YAHUSHUA/YAHSHUA
עושוהי
GOD SE ENIG VERWEKTE SEUN
HA MASHIACH תישמ beteken ‘DIE MESSIAS’
ELOHIM םיהולא beteken “GOD”

Die openbaring
van “SH’KHINYAH GLORY’ הינכש תליהת
– as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH שדקה חור
In Afrikaans genoem “Die HEILIGE GEES”- is ook op hierdie webwerf.
(Ha SH’KHINAH {SHEKINAH} הניכש
is Hebreeus vir; GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID)

Addisioneel; ABBA YAH הי אבא beteken ‘VADER YAH”

En IMMA YAH הי אמא beteken “MOEDER YAH’

Skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui.

* * * * * * *

YAHUVEH SE Woorde aan Elisheva wat voor elke Profesie bygevoeg moet word:


EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth [Elisheva],
om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie,
Selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas.

Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie.
Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA,
jou MASHIACH, geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH,
jou IMMAYAH, geboorte gegee.

As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID SE WIND
wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGE WIND VAN HERLEWING.

Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.
“EK IS YAHUVEH: dit is MY NAAM:
En MY EER sal EK aan geen ander gee,
Of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie.” Jesaja 42:8
(Profesie 105)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende uit 2 Kronieke voor elke Profesie bygevoeg moet word:

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag,
en met SY Profete gespot, totdat die gramskap van YAHWEH
teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”
—2 Kronieke 36:16

En, in Julie 2016:

Wee oor enige een wat dit waag om—hierdie twee gesalfdes te probeer seermaak. Jy sal spyt wees oor die dag wat jy ooit gebore is. Moenie MY gesalfdes aanraak nie en moet ook nie hierdie twee Profete seermaak nie (sien Ps. 105:15; 1 Kron. 16:22). Dit sou beter vir jou gewees het as EK, ABBA YAHUVEH, jou tong uitskeur!
(Profesie 128)

En van Profeet Ezra:
Ek waarsku julle almal—diegene wie kom teen hierdie Bediening EN HIERDIE PROFESIEË en Elisheva en Myself, al die Bedienaars van AmightyWind Ministry—Ek waarsku julle nou, ‘Moenie die Gesalfdes van YAH aanraak nie en doen sy Profete geen kwaad aan nie’ (Ps. 105:15; 1 Kron. 16:22) ingeval die Wraak van die Roede van YAH op julle neerkom. Maar vir hulle wie geseënd is en wie ‘n seën is vir hierdie Bediening, en getrou, en wie die Profesieë ontvang, baie seëninge sal op jul daal—alles om dit wat aan YAH behoort te beskerm in die NAAM VAN YAHUSHUA.

* * * * * * *

Profesie 79 Begin:

2 Augustus 2005

As julle MY nie nou gehoorsaam nie en as julle nou toegewings maak met die Dag wat EK eenkant gesit het as MY Heilige SabbatDag—en as julle nie dink dit is belangrik om ‘n ieder en ‘n elk van MY Gebooie te gehoorsaam nie—wat laat julle dink julle sal gehoorsaam wees tydens die spoedig komende Groot Verdrukking?

Hoekom is dit gemakliker om te luister na die mens se leerstellings, wanneer hulle MY Woorde verdraai om gelykvormig te word aan die mens se sondige beeld? Alhoewel MY SEUN YAHUSHUA julle RUS is, is HY nie julle Dag-van-Rus nie. MY SEUN YAHUSHUA is NIE 'n dag nie en MY 4de Gebod sê duidelik om MY Sabbat Dag van Rus, Heilig te hou.

Watter gedeelte hiervan verstaan julle nie? Ja, rus in YAHUSHUA. Want SY juk is sag en SY las is lig (Mat. 11:30), maar hierdie het niks te doen met die Sabbat Dag nie. Het YAHUSHUA nie die Sabbat gehou nie?

Het EK nie MY SEUN, YAHUSHUA, gestuur om vir julle 'n voorbeeld te wees nie? Weet julle selfs hoekom EK 'n Dag van Rus eenkant gesit het? (Gen. 2:1-3)? Weet julle nie hierdie Sabbat Dag moet vir julle 'n seën wees en nie 'n vloek nie?

MY Vierde Gebod sê duidelik om MY Sabbat Dag van Rus Heilig te hou. Sê die Wet nie wat EK geskryf het met MY Eie Vurige Vinger op 'n klip tablet (Eks. 31:18; Dt 9:10) en gegee het vir Moses op berg Sinai, "Eer MY SabbatDag en hou dit Heilig" nie (Eks.20)?

Weer vra EK julle, van wanneer af is MY SEUN, YAHUSHUA, 'n dag? Vra julself, hoekom sou satan die dag van Sabbat verander na Sondag toe as dit nie gebruik gaan word vir sy doel in die Groot Verdrukking nie? Moenie luister na diegene wat anders preek nie. Hierin lê die oorwinning.

Dit is geskryf in MY Heilige Woord dat EK, YAHUVEH, nie kan lieg nie.

As julle MY gehoorsaam, is daar Seëninge en Oorwinning soos uiteengesit in Deuteronomium 28. Daar is vervloekings vir diegene wat verontagsaam. Lees en bestudeer wat geskryf is in Exodus 31:12-17. Die ware Sabbat sal die teken wees tussen MY, YAHUVEH & MY mense en dit sal gebruik word om te identifiseer wie waarlik aanbid en wie MY sal dien in die Groot Verdrukking.

Sal julle MY, YAHUVEH & YAHUSHUA aanbid op die Ware Sabbat—Vrydag Sononder tot Saterdag Sononder? Of sal julle tydens die Groot Verdrukking die seun van satan dien en aanbid op Sondag?

As julle nie MY Heilige SabbatDag nou onderhou nie, wat laat julle dink dat julle dit dan sal doen, tydens die Groot Verdrukking wat net 'n asemteug ver is?

Dit is hoekom EK nou spreek deur hierdie “Ringmaiden” van MY —wie georden is om 'n Profeet te wees vir [baie]—sodat hierdie waarskuwing regoor hierdie wêreld sal weerklink. Weet julle nie diegene wat onderrig dat dit onmoontlik is om gehoorsaam te wees en Heilig te wees vir MY maak verskonings vir hulle eie sondes nie?

EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"

Hierdie is nie oop vir debatvoering nie. Julle sal óf doen wat EK, YAHUVEH sê, of in die Groot Verdrukking sal julle met julle siele betaal. Diegene wat in opstand gekom en gesê het, "Ek sal Elisabeth [Elisheva] se regter wees, ek sal Elisabeth [Elisheva] se jurie wees” bekeer nou of julle sal My in die oë kyk. En EK sal sê, "Gaan weg van MY, jou werker van onheil" (Matt. 7:23; Luk. 13:27), want EK IS YAHUVEH en EK neem nie deel aan enige debat nie. EK ALLEEN IS REGTER, EK ALLEEN IS JURIE, EK ALLEEN IS SKEIDSREGTER.

Hierdie is NIE Elisabeth [Elisheva] se woorde nie.

Julle predikers en vals profete van wetteloosheid val haar aan. Julle beswadder haar vir die Torah wat EK geskryf het met MY Eie vinger. Julle leer MY skape en MY lammers dat Ek sonde oorsien. Bekeer vandag! Want EK IS nie 'n GOD YAHUVEH wat verander het op enige manier nie. Jy wie haar oordeel, haal die balk uit jou eie oog— voor jy probeer om die splinter uit iemand anders se oog uit te haal. Jy is smerig in sonde. Jy is smerig in rebellie. Jy is smerig in ongehoorsaamheid. En jy is smerig in trots.

Val op julle aangesigte voor MY, want EK IS YAHUVEH julle SKEPPER, die EWIGE EEN. Julle waag dit om MY SEUN YAHUSHUA, te blameer as jul verskoning om te sondig! Julle waag dit om SY BLOED te vertrap onder julle voete, verskonings te maak vir julle sonde! Val op julle aangesigte voor MY voordat dit te ver gaan en daar geen weg terug na MY toe is nie (Hebr. 6:4-6)! MOENIE MY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES] bedroef NIE!

MY SEUN YAHUSHUA het nie gekom om MY Wette te kanselleer nie.

MY SEUN YAHUSHUA het gekom om MY Wette te vervul (Mat.5:17).

Wees dankbaar dat EK julle nie nou meer langer aanspreeklik hou vir 613 wette nie. EK hou julle aanspreeklik vir Tien Wette en julle gooi julle hande in die lug en sê, "Dis te veel vir my!"

Julle verkies om te luister na die mens wat MY Wette herskryf. Hulle vertel julle om onskuldige babas in die baarmoeder te vermoor is nie 'n sonde nie. Hulle wettig aborsie.

Die predikers onderrig in julle kerke, "Moenie praat teen hierdie wet nie." Die georganiseerde kerke wat vergader op Sondae het die omkoopgeld geneem van die regerings van hierdie wêreld. Hulle het die gees van vrees gevat en dit gedra soos klere.

Waar is MY Heilige Bedienaars wat nie toegegee het nie en steeds spreek teen sonde? Julle mensgemaakte wette wettig dit wat EK gesê het is ‘n gruwel —hulle noem dit "selfdegeslag-huwelike". Nie eers in die dae van Sodom & Gomorra was daar sulke “selfdegeslag-huwelike” nie. Nie eers in die dae van Sodom en Gomorra was daar sulke sondes nie alhoewel die gruwels van homoseksualiteit oorvloedig was. Maar, hulle het dit nie gewaag om dit 'n huwelik te noem nie!

Moenie die leuens glo wat leer, "Eenkeer gered, altyd gered" (Eseg. 33:12) nie. MOENIE glo dat, omdat YAHUSHUA die prys betaal het by Golgota— dit nou nie meer saak maak nie—dat jy kan sondig, dat jy kan oorleun so naby aan die afgrond van die hel so ver as wat jy wil omdat jy 'n reddings gebed gesê het nie (Matt. 7:21-23).

Julle dink julle hoef nie enige werk daaragter te sit nie en julle steeds die versekering het om die Hemel se poorte binne te gaan. Gaan weg van MY julle werkers van wetteloosheid! EK wil nie meer enige van julle verskonings hoor nie. Óf julle sal Heilig wees, of EK sal vir julle sê, "Werkers van ongeregtigheid, EK het julle nooit geken nie."

EK, YAHUVEH, sê, "Mense, julle mis die punt!"

Julle luister na hierdie manne nou en julle sit in julle kerke gelowig aan die leuens dat Sondag die Sabbat is of dit maak nie saak watter dag die Sabbat is nie. Julle glo die leuens wat beide predikers en sommige rabbies onderrig dat daar geen groter Salwings Krag is in die Hebreeuse HEILIGE NAME van YAHUVEH & YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH nie, dat enige naam sal doen.

Die predikers leer julle dat dit nie belangrik is om die Joodsheid van die MESSIAS te leer nie. Hulle sê dat as jy nie 'n Jood is nie is dit nie van toepassing nie. Hierdie wettelose predikers leer jou dat jy 'n heiden is en julle nie die wette hoef te gehoorsaam wat gegee is aan die Kinders van Israel nie. Het julle vergeet dat toe julle MY SEUN, YAHUSHUA, aanvaar het as MESSIAS het julle een geword met HOM (Rom. 11:16-21)?

Julle wonder, "Waar is die Salwings Krag van die Eerste Kerk met tekens, wonders en wonderwerke?" Julle roep uit, "Waar is die manifestasie van die wonderwerke, soos in die Dae van Ouds?"

Gaan terug en doen wat die Eerste Kerk gedoen het en julle sal hierdie wonderwerke weereens sien. Vir diegene wat nie van beter weet nie, sê EK julle word aanspreeklik gehou alleenlik vir dit wat julle geweet het. Nou word julle aanspreeklik gehou, sowel as om ander hierdie Waarhede te leer. Maar vir diegene wat reg ken en verkeerd doen, julle sal betaal met julle siel.

EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"

Julle gehoorsaam hierdie bose geestelike leiers nou wat verskonings maak vir sonde. Wat laat julle dink in die Groot Verdrukking sal julle nie dieselfde doen nie—met die seun van satan?
EK het julle vertel deur die Profesieë wat EK vrygestel het deur Elisabeth [Elisheva], dat MY SEUN YAHUSHUA terugkom vir SY Bruid op 'n Rosh Hashanah en dit sal op 'n Shabbat [Sabbat] wees. As julle nie geleer word hoe om MY Shabbat & MY Heilige Dae waar te neem nie, en om ONS HEILIGE NAME te leer en MY TORAH te gehoorsaam nie, hoe sal julle weet om MY & MY SEUN, YAHUSHUA te eer, soos EK bepaal het? Hoe sal julle weet watter dag—sonder om te ondersoek en julleself waardig te bewys—het EK, YAHUVEH, eenkant gesit om MY Shabbat te wees? Hoe kan julle gereed wees wanneer YAHUSHUA weer kom?

EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"

As julle nie MY Heilige Feeste eer en waarneem nie, hoe sal julle weet wat Rosh HaShanah is en wanneer dit is? Dan, wanneer julle agtergelaat word sal julle vra, "Hoekom?" So EK spreekvoort uit MY “Ringmaiden” en sê vir julle voor die tyd dat EK, YAHUVEH, profeteer deur hierdie “Ringmaiden” wie deel is van MY SEUN YAHUSHUA se Bruid.

Die Bruid van YAHUSHUA sal nie net verander word in hul verheerlikte liggame nie—en gevul met so 'n SALWING ASOF YAHUSHUA HOMSELF WANDEL DEUR HULLE & SAAM MET HULLE nie—HY sal hulle vul met so 'n SALWING dat NIKS onmoontlik sal wees vir hulle nie!

En vir 40 dae sal MY SEUN YAHUSHUA se Bruid waarsku, "Moenie die merk van die dier neem nie". Hulle sal gaan na diegene wat EK die Gaste noem en diegene wie se name geskryf is in die LAM SE Boek van Lewe en hulle sal vir hulle sê, "Moenie ongehoorsaam wees nie. Moenie toewings maak nie, alhoewel dit jou aardse lewe mag beteken."

Julle sien, EK gebruik hierdie “Ringmaiden” nou, selfs sonder haar verheerlikte liggaam, as 'n stem wat die waarskuwing uitroep voor die tyd. Want EK het haar geroep om 'n Profeet te wees [almal]. Moenie die Merk van die dier neem nie! Sondag aanbidding en die Merk van die dier is verbind.

Pasop jy sal jou siel verloor as jy die Sondag Aanbidding-Wet onderhou tydens die Groot Verdrukking. EK sal moet om verskoning vra vir Sodom en Gomorra, wat EK met vuur en swael vernietig het, as EK hierdie aardse gruwels toelaat om nog veel langer aan te hou soos dit is. EK sal nie om verskoning vra vir Sodom en Gomorra nie! EK sal verdelg en ‘n einde maak aan alles wat EK, YAHUVEH verafsku.

Hierdie vals predikers maak verskoning om te sondig en julle het na hulle geluister. Julle kom na hierdie Bediening toe vir julle Geestelike Voedsel: om die Salwing te proe, om die Geestelike Melk te drink en om die Geestelike Vleis te eet. Dan maak hoeveel van julle toegewings en gaan na die Sondag kerke? Julle val by julle pastoor se voete in getrouheid. En dit is daar waar julle jul tiendes en offerandes gee. Julle kan dit nie albei maniere hê nie.

Julle moet vasstel watter dag is die dag wat EK bepaal het as die Shabbat. Want soos EK bepaal het watter dag is die Sabbat, wat die Dag is waarop julle MY moet eer en rus en nader moet kom aan MY—

EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"

—en so sal die seun van satan diegene wat toegewings gemaak het beveel om hom te aanbid op die dag wat hy bepaal.

EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"

Soos MY SEUN, YAHUSHUA, gespreek het en HY gesê het, ‘ neem deel aan hierdie wyn en hierdie brood ter nagedagtenis aan my’ (1 Kor. 11:23-26) —in die spoedig komende Groot Verdrukking, weet julle nie dat die seun van satan sal sê aan almal wat sy merk aanvaar, ‘Doen hierdie ter nagedagtenis aan my’ nie? Hulle sal die bloed drink van die martelaars uit die bekers. Dit sal gevul wees met bloed en soos vampiere, sal hulle daardie bloed drink.

En net so seker as wat 'n Nagmaalbord aangestuur word—net so seker—sal hulle die bord aanstuur en die seun van satan sal sê, "Doen dit ter nagedagtenis aan my." Geroosterde vlees van die martelaars sal hulle eet. Hulle sal spot met MY Nagmaal & YAHUSHUA se Bruid. Hulle sal waarlik YAHUSHUA se Bruid verafsku want hulle weet die gebede van die regverdiges het die seun van satan teruggehou totdat dit tyd was om YAHUSHUA se Bruid uit te roep. Die gebede van die regverdiges vermag baie (Jak. 5:16).

EK, YAHUVEH, waarsku julle. Dit het alreeds begin.

Daar sal seksuele orgies wees in die Sondag kerke tydens die Groot Verdrukking. Dit sal op hierdie manier wees wat die seun van satan, YAHUSHUA se Bruid bespot. Want YAHUSHUA & SY Bruid is een, en AL diegene wat YAHUSHUA aanbid, wat MY SEUN gehoorsaam is een—want dit is 'n Geestelike verbintenis liggaam, verstand, gees en siel—die seun van satan sal spot tydens die Groot Verdrukking: hy sal seksuele orgies hou in die Sondag kerke.

Die begin van die groot misleiding is die homoseksuele kerke. Weer sê EK, die sonde het alreeds begin.

EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"

Hierdie is die manier hoe EK hierdie Bediening gebruik, die skape skei van die bokke, die koring skei van die wieke [onkruid]. Diegene wie se name geskryf is in die LAM SE Boek van Lewe voor die Grondlegging van hierdie Aarde, hierdies is diegene wie se name sal bly in die LAM se Boek van Lewe. Hulle sal nie die seun van satan aanbid nie en hulle sal die merk van die dier weier, selfs as julle hierdie nou hoor of lees en julle aanhou om toegewings nou te maak, sal julle tydens die Groot Verdrukking die ware Sabbat onderhou en eer wat Vrydag Sononder tot Saterdag Sononder is al mag dit julle lewe beteken en julle sal gemartel word.

Al julle name is alreeds neergeskryf want EK het reeds geweet voor julle gebore was op hierdie aarde wat julle sou doen. As julle nie nou luister nie, sal julle luister dan.

Diegene wat hierdie Boodskap lees en hoor en julle tande kners van woede vir MY “Ringmaiden”, so ook, sal julle jul tande kners van woede en julle vuis bal vir MY, YAHUVEH julle SKEPPER tydens die Groot Verdrukking, terwyl plae en vloeke oor julle kom een na die ander en tog sal julle nie bekeer van julle sondes nie. Want op daardie dag, as jou naam in die LAM SE Boek van die Lewe is, sal EK jou naam uitklad [Openb. 3:5].

So ook, almal van julle wat wonder hoekom Elisabeth [Elisheva] dit oor haarself sou bring, dit is omdat EK hierdie Bediening gebruik om die koring te skei—van die onkruid— terwyl julle dit hoor, sal julle weet of julle koring of ‘n onkruid is. Is julle ‘n onkruid om net verteer te word deur MY WOEDE, MY VERTERENDE VUUR?—alhoewel EK haar [ook] nou gebruik om uit te roep na die Bruid, soos 'n stem sal uitroep na die Vyf Wyse Maagde: “Moenie toegewings maak nie. Wees gereed. Want julle BRUIDEGOM kom vir SY Bruid op 'n Rosh HaShanah en 'n Sabbat.”

YAHUSHUA se Bruid, wees op julle knieë voor MY. Bly Heilig en bly nederig. Bid dat julle waardig sal bly om MY SEUN YAHUSHUA SE Bruid te wees wat gesimboliseer word as die Vyf Wyse Maagde, wat die eerste wegvoering is, algemeen genoem die Wegraping.

Gaste bid dat julle deel sal wees van die Tweede Wegvoering sodat julle die Gaste sal wees by die Bruilofsmaal van die LAM (Openbaring 19:9). Die Gaste word gesimboliseer as die Vyf Dwase Maagde wat vertel word dat die BRUIDEGOM sou kom nadat die Bruid van YAHUSHUA weggevoer is.

So bly waaksaam want julle ken nie die dag of uur nie. (Mattheus 25:1-13) Teen die tyd wat MY SEUN YAHUSHUA kom om die Vyf Dwase Maagde weg te voer—sal hulle wys wees.

EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"

Wil julle weet wat julle uitsonder om die Bruid van YAHUSHUA te wees, of 'n Gas? EK vertel julle nou. Dit is hoeveel jy dit begeer, hoeveel jy dit bewys deur Heiligheid, liefde en gehoorsaamheid. Hoeveel is jy bereid om op te offer om YAHUSHUA se Bruid te wees, dinge op SY manier te doen en nie joune nie, HOM te verheerlik in alles wat jy doen?

Die Bruid weet sy moet MY Heilige Dae hou. Die Bruid weet sy kan nie toegewings maak met dit wat sy weet om waar te wees nie. Sy is dapper in die voortspreking van die Waarheid. Dit is wat haar uitsonder.

Nagmaal is ook 'n herinnering van die Huweliksverbond met YAHUSHUA. YAHUSHUA SE Bruid gebruik ONS HEILIGE GEWYDE NAME van YAHUVEH & YAHUSHUA. Dit maak nie saak oor die spelling nie want EK ken julle harte en hulle kry nie skaam nie.

Hoe baie begeer julle om YAHUSHUA se Bruid te wees? Hoeveel passie het julle vir YAHUSHUA? Hoe bewys jy dat EK, YAHUVEH & YAHUSHUA eerste is in jou liefde en lewe en in alles wat jy doen? Dit is wat julle uitsonder as YAHUSHUA SE Bruid, want EK vertel julle hierdie Geheim: die passie en die diepte van jou liefde vir YAHUSHUA is 'n bewys vir almal om te sien. Dit is die merk van YAHUSHUA SE Bruid. Hulle voel hulle kan nie genoeg doen vir MY nie.

Nou ken julle die Geheime. Julle sien MY lieflinge. Hierdie is niks wat julle kan wegsteek nie. Want EK weet wie waarlik, waarlik begeer om die prys te betaal om YAHUSHUA se Bruid te wees. Want EK sal niemand YAHUSHUA se Bruid noem as hulle nie hierdie begeerte het nie. Elke dag bid YAHUSHUA se Bruid, "Maak my Heiliger vir U". YAHUSHUA se Bruid is nederig en Heilig voor MY.

EK, YAHUVEH sê, "Mense, julle mis die punt!"

Bly getrou aan MY nou. Moenie net hoorders wees van MY WOORD nie maar wees daders van die HEILIGE WOORD (Jak 1:22). Wees Heilig net soos EK Heilig is want al is julle in hierdie wêreld, moet julle nie optree soos hierdie wêreld nie. Laat die predikers van wetteloosheid nie MY skape en lammers op ‘n dwaalspoor lei nie, want elkeen moet “sy eie redding uitwerk met vrees en bewing” (Filip. 2:12). Want “geloof sonder werke is dood” (Jak. 2:20).

MY SEUN YAHUSHUA het SY deel gedoen by Golgota. Nou sê EK, YAHUVEH, vir julle, "Doen julle deel". Strewe om te gehoorsaam. Moenie sonde vooraf bedink nie. Moenie verskonings maak vir sonde nie. Moenie die woorde van die predikers ontvang wat wetteloosheid preek nie.

Want EK, YAHUVEH, sê vir julle, "Hoekom noem julle MY SEUN, YAHUSHUA, HERE, en gehoorsaam HOM nie?" (Luk. 6:46).

EK, YAHUVEH sê, as julle nie bekeer vir die maniere waarop julle ongehoorsaam is nie, "Gaan weg van MY, jou werker van ongeregtigheid", (Matt. 7:23; Luk. 13:27) [sal julle hoor] op Oordeels Dag want EK sal nie staan vir julle om YAHUSHUA SE HEILIGE BLOED te bespot nie. Julle wat julleself “predikers” noem wat verskonings maak vir MY mense om te sondig, BEKEER vandag omdat julle MY skape en MY lammers op ‘n dwaalspoor lei of die VUUR VAN MY VERTERENDE ASEM sal julle soos kaf in 'N MAGTIGE WIND wegwaai.

EK, YAHUVEH, sê as julle nie hou van hierdie Woorde wat voortgespreek is deur MY “Ringmaiden” Elisabeth [Elisheva] nie, dan sal julle die gevolge daarvan maai. Want EK weier om te debatteer.

Daar is maar EEN REGTER. Daar is maar EEN JURIE.

En EK—YAHUVEH—IS die ENIGSTE SKEIDSREGTER.

As julle nie van hierdie Profetiese Boodskap hou nie, moet dit nie na Elisabeth [Elisheva] toe neem nie, maar neem dit na MY, YAHUVEH toe. Sy is net MY Gesalfde Boodskapper.

Einde van Profesie

So was dit gespreek, so was dit geskryf op 2 Augustus 2005 om 04:00 vm. deur hierdie “Ringmaiden” van YAHUVEH & YAHUSHUA vir HULLE Lof, Eer en Heerlikheid.

EK bly 'n nederige diensmaagd,

Apostel Elisabeth Elijah
(Elisheva Eliyahu)