Profesie 88
Ek Yahuveh Speel Met My Vyande!!

Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH
Deur Apostel Elisheva Eliyahu
16 Oktober 2006

 

Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth [Elisheva], EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se WIND wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

EK IS YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. (Jes 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD beveel om ook hierdie gedeelte, uit 2 Kronieke, by te voeg voor elke Profesie:


2 Kronieke 36:16

“maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui


Asook die volgende in Julie 2016:

Wee oor enige een wat dit waag om te probeer om hierdie twee gesalfdes seer te maak. Jy sal spyt wees oor die dag wat jy gebore is. Moenie my gesalfdes aanraak nie, en moet ook nie hierdie twee Profete probeer seermaak nie (sien Psalm 105:15; 1 Kron. 16:22). Dit sal beter vir jou wees as ek, ABBA YAHUVEH jou tong uitgeskeur het!


* * * * * * *
[Hierdie Profesie was op band opgeneem en is geskryf presies soos wat dit opgeneem is.15 minute van intense oorlogstale het voortgekom, voordat hierdie woord na vore gekom het]


* * * * * * *

En dit is ‘n waarskuwing aan die vyand! Julle sluip in op haar, terwyl sy (Elisabeth [Elisheva]) slaap. Julle dink dat EK haar nie sal wakker maak nie. Al is julle onsigbaar, is julle nie onsigbaar vir MY nie! Sy praat nie julle taal nie; O, maar EK YAHUVEH praat julle taal. Julle probeer haar doodmaak, waar ‘n mens se hande nie aan jou kan raak nie.


O, maar EK, YAHUVEH kan aan jou raak. Julle sal ‘n prys vir dit betaal. EK bespot jou, EK tormenteer julle nou, want julle sal jul eie stem en jul eie taal oor die lug hoor, en julle sal sê, “Hoe kan sy ons taal ken? Hoe kon sy weet dat dit ek was wat haar aangeval het?” Dit is nie sy wat weet nie, dit is die Skepper van ALLES wat weet!

O vyand van MY, jy kan niks doen waarvan EK nie weet nie. Sy weet ook net dit waarvan EK haar vertel, niks meer nie, niks minder nie, sy is slegs maar ‘n onskuldige baba en EK is die Vader wat haar leer. Sy het ‘n Messias, sy het iemand wat tussenbeide tree, sy het ‘n Bloed versoening, dit is MY Seun YAHUSHUA! Waar is julle s’n?

Julle is bestem vir die hel! Julle is bestem vir die Poel van Vuur! Julle kruip onsigbaar in deur die geestelike ryk, sluip in om die onskuldige een, soos sy gelê het, dood te maak. Dit is EK, HA, HA, HA, dit is EK wat julle bespot! Terwyl sy daar lê, is dit EK wat haar laat hoor dat jy inkruip. Dit is EK wat vir haar gesê het, “Elisabeth [Elisheva], luister”, al was sy vas aan die slaap, is dit EK wat gesê het, “Die volgende keer wat jy jou mond oopmaak, sal jy in ‘n taal praat wat jy nie ken nie, ‘n taal wat jy nog nooit gehoor het nie, maar dit sal EK wees wat ‘n oordeel sal voortspreek aan die onsigbare vyand wat probeer om jou dood te maak.”

EK speel maar net met julle (vyand) om julle te wys dat dit EK, YAHUVEH is wat alle dinge weet, sodat EK jou net genoeg tou sal gee om jouself op te hang. Julle sal doodgaan op Haman se galg! EK het die bedekking vermeerder, sy het nie gewoon nie [lewe]. O, hulle roep uit, hulle wil maar net 'gewoon' wees, maar daar is niks gewoons nie, omdat daar niks gewoon is omtrent hierdie ministerie nie, daar is niks gewoons omtrent diegene wat EK beveel het om te beskerm en te verdedig nie.

So hardloop, hardloop, hardloop! Sommige van julle sal lewe en sommiges sal vanaand doodgaan, maar hierdie boodskap sal teruggeneem word, terwyl julle eie taal oor die lug gehoor gaan word. EK gaan aan ander profete die interpretasie van hierdie taal gee. Julle sal geskok wees.

Julle sien, elke keer wat julle haar aanval, elke keer wat julle een van die 5 wyses aanval, wat die 5 wyse maagde simboliseer, elke keer wat julle een van MY Bruid aanval (Openbaring 14 en Openbaring 7), sal daar geen plek wees vir jou om weg te kruip nie. EK lag vir julle (Katah, katah, katah, Heilige taal wat gehoor word), julle is slegs waardig om geoordeel te word, slegs waardig vir verdoemenis. Die van julle wat die vyand is van hierdie Diensmaagd, van hierdie ministerie, van MY Bruid, julle is slegs waardig vir MY verdoemenis en dit sal die Hel wees, julle sal in die Poel van Vuur woon!


Einde van die waarskuwing.


* * * * * * *

[Elisabeth (Elisheva) se kommentaar op die audioband:
Ek het n nag gehad - “net spasie en tyd nodig gehad”, so, het 'n nag met rus en vrede gehad. Dit was ‘n rustige tyd met YAHUSHUA, dit was ‘n tyd om te lag en te speel, iets wat [ek] lank laas gedoen het, ons eie ding gedoen – uiteindelik gaan slaap na intense geestelike aanvalle, vroeër die dag. Ek was so vas aan die slaap as wat ‘n mens kan wees en skielik hoor ek hoe iemand ons deur oopmaak, die handvatsel van die deur wat oopgaan. Ek onthou ek was deur die slaap en het toe gesê, ‘Iemand het nou net ingekom. Iemand het nou net die deur oopgemaak', maar ek was vas aan die slaap, terwyl ek dit gesê het.

Maar al was ek aan die slaap, was ek bewus daarvan dat ek iets van YAHUVEH begin hoor het. En YAHUVEH het begin sê, “Jy gaan nou praat in ‘n taal van die vyand wat die deur oopgemaak het. Wag net.” Ek was nog steeds aan die slaap gewees en HY sê toe, “Wag net. Die volgende keer wat jy jou mond gaan oopmaak, sal jy in ‘n taal praat wat jy nog nooit tevore gehoor het nie.” En dit is presies wat toe gebeur het. Dit is al wat ek weet. Ek kon (in ‘n visioen) sien dat mense besig was om te hardloop en ek kon oordeel en vuur sien. Hulle was bang gewees omdat hulle geweet het dat hulle ontdek was, en hulle het ook geweet dat daar nie ‘n manier was dat ek kon weet dat hulle daar was nie.

Dit is al wat ek onthou, behalwe dat ek weet daar is iets baie belangrik omtrent die woord “katah”. HY het vir my gesê dat iemand hierdie taal gaan erken, of dat iemand die gawe van vertaling gaan gee, omdat daar meer betrokke is, as waarvan ons nou weet. Dit is wat ek wou sê. Ek wil net byvoeg, voordat ek hardop, in daardie tale, met my mond begin praat het, het die eienaardigste ding gebeur...YAHUVEH het dat ek in daardie tale, op die vyande in die Gees, geskreeu het. Ek het gehoor hoe die tale in die geestelike ryk op die vyand skree, voordat ek fisies daartoe in staat was om dit met my mond vry te stel. HY (YAHUVEH) was baie kwaad, en op een stadium het HY my hand geneem, en ek onthou dit, omdat ek al voorheen dit in die Gees gedoen het. Ook eenkeer, fisies dit gedoen, en dit het soos ‘n warrelwind begin maak, en ek het dit geroer, “vinniger, vinniger, vinniger, vinniger, vinniger.” En HY het gesê, “Dit is hoe dit sal wees vir die vyande wat hierdie ministerie aanval.” Hulle het ons finansies ook aangeval, en tog sê YAHUVEH…(Elisabeth [Elisheva] begin weer in tale bid, en toe kom die volgende woorde na vore… ) ”]


* * * * * * *

Seëninge, Seëninge, Seëninge oor almal wat ‘n gebeds bedekking vir hierdie ministerie is. Julle het gewonder wat verkeerd was, omdat Elisabeth (Elisheva) se stem stil geraak het, na die laaste profesie. Hoe min van julle het vir haar geskryf, omdat julle in vrees was. Die ander briewe was gesteel, so sy kon nie die aanmoediging hoor nie. Hoeveel van julle het MY stem gehoor en het probeer om ‘n donasie vir hierdie ministerie te gee? Julle kredietkaarte was geblokkeer. Hoekom het nie een van julle probeer uitvind hoekom dit so was nie?

Julle was nie daartoe in staat om hierdie ministerie by te staan nie, soos julle voorheen gedoen het nie. Hoekom loop julle nie die ekstra myl nie? Hoekom sê julle nie, “Daar moet ‘n ander manier wees?” Weet julle nie dat die kragte in hierdie wêreld daarop uit is om haar te verwurg nie? Sy het geweier om ‘n belasting vrystelling status aan te neem, sy het ook geweier om as profeet, stil te bly.

Julle sê hierdie ministerie beteken so baie vir julle. Julle kan nie wag vir die volgende woord nie, maar hoekom het nie een van julle, behalwe ‘n paar mense, die ekstra myl geloop en gesê, “Is daar ‘n ander manier waarop ons die finansies by jou kan kry?”

Nou praat EK met diegene vir wie EK vertel het om te gee, en julle finansies het weer teruggekom na julle toe. Mense sal nou skatte in jou skoot gooi. Hulle sal saamgeskud, afgedruk wees en oor mekaar hardloop om skatte te gee. Dit is EK, YAHUVEH wat ‘n bevel gegee het dat jy ‘n helper moet wees, wanneer een deur toe is, soek altyd vir ‘n ander deur, omdat julle weet dat die woorde wat na vore kom, van MY af is.

Julle weet hierdie ministerie is vir die ‘Laaste Kans Bestemming.’ Net soos jy ‘n seën vir hierdie ministerie is, so sal EK ook ‘n seën vir jou wees. Die van julle wat ‘n vervloeking vir hierdie ministerie is, wie geluister het, maar niks gedoen het om te help nie, wie daarop gevoed het en geestelik gegroei het en nog steeds van geen hulp was nie. EK spreek nou na vore, vanuit hierdie boodskap, julle word verantwoordelik gehou.

Daar is meer as een manier om die finansies by haar te kry. Julle sien dat hulle in ‘n ander land is. Julle sien hoe hulle iets doen wat julle moes gedoen het. Maar julle wil nie die gemak van julle huise opgee nie, ook nie die gemak van julle familie nie, so nou het EK ‘n ander een opgerig. Julle weet nie en julle kan julleself nie eers indink, watter prys hulle moes betaal vir die salwing wat julle vandag hoor nie.

Die enigste rede hoekom EK nog nie MY Seun YAHUSHUA gestuur het om SY Bruid te kom haal nie, is dat daar dinge is wat nog moet plaasvind. Daar is nog werk om te doen. Dit is hoekom diegene met mag, die Amerikaanse Regering, probeer om hierdie ministerie van die internet af te neem, en om die finansies te wurg. Maar waar daar een deur toegemaak word, maak EK net ‘n ander een oop. Hoeveel van julle sal hoor, en hoeveel van julle sal luister? Hoeveel van julle sal haar kontak, en nie net ophou by een e-pos nie, maar eerder die Hemel bombardeer, totdat jy haar bereik het en sê, “Ek moet jou help, ek het ‘n mandaat om jou te help.”

(Baie e-posse wat vir ons gestuur was, is gesteel. Hou aan e-pos stuur, totdat jy terugvoering vanaf ons kry. Contact Us.)
Sien, hierdie ministerie is vir almal wat heilig is. Dit dra geen naam van ‘n man of ‘n vrou nie. Hierdie woorde is nie haar woorde nie. Hierdie salwing is soos geen ander nie. As jy wil deel in hierdie salwing, as jy wil deel in hierdie seëninge, as jy wil seker wees dat jy beskerm sal word soos EK haar en die ander van die Bruid beskerm, moet jy nie langer net staan en kyk en niks doen nie. Want die Kerke van Babilon is hoere; hulle neem die belasting vrystelling status aan. Hulle laat dit toe dat hulle stilgemaak word. Hulle weier om teen aborsie en homoseksualiteit te praat. Hulle weier om dit wat hulle regerings doen, teen te praat. Maar nie hierdie ministerie nie. Daar is geen prys etiket daarop nie, omdat dit aan die Hemel behoort, en wie sal dit waag om MY, YAHUVEH stil te maak? Wie sal dit waag om MY Seun YAHUSHUA stil te maak? Wie sal dit waag om die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) stil te maak? Julle sal waarlik betaal.

Sê MY Woord nie, “As jy net iets te drinke aan ‘n profeet sal gee, sal jy ‘n profeet se beloning ontvang?” EK laat haar die Lewende Water skink. Hoe min van julle gee dit terug aan haar? Hulle betaal dit uit die finansies (ministerie se uitgawes), en die prys word net hoër. Hoe min van julle gee regtig om? So EK spreek vanuit haar na vore.

Terselfdertyd waarsku EK die vyande. EK spreek ook ‘n seëning uit oor almal wie ‘n seën vir hierdie ministerie is, en oor almal wie haar bedek, en oor almal wie hierdie ministerie bedek en wie die ekstra myl loop. Die boodskap aan die Heiliges, die boodskap aan MY Bruid, omdat die Bruid van YAHUSHUA ook die Bruid van YAHUVEH is, so julle moet juig! Julle is een dag nader aan SY koms. Julle is een dag nader aan die koms van YAHUSHUA! Julle is een dag nader aan die Hemel, julle huis, en groot, groot, groot sal julle belonings wees vir alles wat julle opgeoffer het.

EK spreek nou MY seëninge uit oor die getroues, die wat weier om ‘n kompromie aan te gaan. Nie een ding wat julle deurgemaak het sal vermors wees, sal tevergeefs wees nie. Bruid, onthou dit, julle het mekaar nodig, so moenie langer julle koppe skud en sê, “Ag wel, ek kan nie ‘n plek vind om ‘n donasie te stuur nie.” Loop die ekstra myl. Gaan deur die oop deur. Kontak haar. Slaan teen die Hemel se deure, omdat daar alreeds boeke gepubliseer word. Sommiges is nou in die proses om geskryf te word, en hierdie boeke sal (deur ander) tydens die Groot Verdrukking uitgedeel word. Vra hoe jy kan help, omdat die publiseringskoste hoog is.

Hoe min van julle gee regtig om watter lewenskoste dit verg, om te gaan waar EK sê jy moet gaan, om te doen wat EK sê jy moet doen? EK kon die finansies maar vanuit die Hemel stort, maar hoe sal dit ‘n seën oor julle wees? Die oes is so groot, maar die landbouers is so min. Die met geestelike ore wat kan hoor, weet dat dit EK is wat met jou praat. Al die ander – julle is MY vyande, bly maar doof. Niks van hierdie boodskap, behalwe die oordeel, is vir julle bedoel nie.


[Elisabeth sê op die band, “My hand is lam.” (Dit is as gevolg van die salwing.)]


* * * * * * *
[Die woord wat nou volg was die volgende aand op die 17de Oktober 2006 gegee, nadat ons alarm stelsel afgegaan het, terwyl die vrouens in gebed was. Esnart is die voodoo huishulp wat twee keer ‘n week na ons huis toe kom en die wasgoed in die motorhuis was.]


* * * * * * *

EK het aan jou ‘n oorlogstaal gegee soos geen ander nie. Wanneer jy MY woord voortspreek in MY taal, spreek jy dit nie net in een taal nie, maar jy spreek dit in baie tale. EK weet waar die vyande is. EK weet van watter lande hulle is, en hierdie taal sny hulle af met juistheid en akkuraatheid.

Katherine, jy eer MY, deurdat jy die tyd neem om te doen wat jy nou doen (Vertaling van Heilige tale). Sodat EK jou kan wys hoe werklik dit is, dit wat nie kon vertaal word nie, omdat dit die taal van engele is. Dit is net ‘n bygevoegde vorm van beskerming. As jy maar net die vyande kon sien wat hierdie wêreld omring, sal jy stomgeslaan wees. O, maar EK staan voor die vyande. EK staan voor die vyande van MY Bruid. Hulle moet eers deur MY kom, voordat hulle by julle uitkom, en wie kan deur MY kom?

[Elisabeth (Elisheva) Bid: Heilig, Heilig, Heilig. Heilig, Heilig, Heilig, Heilig.] [Op die audioband vra Katherine of ons die dood van Esnart gaan sien. Elisabeth (Elisheva) vra, “sy is verantwoordelik vir dit (die sekuriteits krag wat af was) is sy nie ABBA YAHUVEH? Sy het ons alarm gesny.]
Hierdie nag het EK nie (vir die hele huishouding) rus en vrede gegee om te slaap nie, en EK het jou in jou droom gewaarsku Elisabeth [Elisheva]. Katherine [Kathrynyah], die een wat vrede, sekuriteit en liefde verteenwoordig, het in jou kamer ingegaan, om jou te wys dat alles reg is. Dink jy dat dit toevallig was dat jy met hierdie magtige oorlogstaal gewerk het, op dieselfde nag wat al hierdie dinge gebeur het? Daar is geen toeval nie.

Elisabeth [Elisheva], dit is waar dat EK jou taal in ‘n selfs magtiger vegter verander het. Elke keer wanneer jy in daardie taal bid, sal die oorlogsgebed die bose uithou, wat in jou huis wil inkom, omdat dit onder MY salwing is.

Katherine, jy het hierdie woorde oor en oor en oor gespreek, jy het weer en weer en weer na dit geluister, hulle het in jou gees ingegaan. Dit was asof ‘n vesting opgerig was, geen boosheid kon inkom nie. Hierdie nag het EK die vyand verwar. EK is akkuraatheid, EK is juistheid, EK is perfeksie. Weë oor enige een wat MY gesalfdes wil aanraak. Weë oor enige een wat MY profete wil seermaak. Hulle mag dalk een keer probeer, maar hulle sal nie lewe om weer te probeer nie.

Jy het nie ‘n idee hoeveel EK al vir jou doodgemaak het nie. Iewers, terwyl hulle besig was om vir satan te roep en te vra vir jou vernietiging, Elisabeth [Elisheva], het hulle hul harte gegryp en doodgegaan gedurende daardie gebed. Terwyl hulle gekom het om aan te val, iewers in die onsigbare ryk, was hierdie taal die laaste ding wat hulle gehoor het, terwyl hulle siele na die hel geneem was, maar hulle liggame uitgestrek op die vloer gelê het in ‘n ander land. Sommiges het net verdwyn en sal nooit weer gevind word nie.

MY weë is soveel hoër as julle weë. Julle kan amper nie begin om te verstaan waarvan EK praat nie. Julle breine is nie in staat om dit in te neem nie. Julle sukkel selfs nou en wil meer weet. Dit is nie vir julle om te weet nie. Dit is nie vir julle om te verstaan nie. Weet net dat EK, YAHUVEH is, en dit sal presies en akkuraat wees soos EK dit beplan het.

Selfs die vyande loop in MY strik in. Want EK sê, “Hier is hulle, kom kry hulle.” Weet julle nie dat EK voor die tyd geweet het dat daardie alarm af sal wees nie? Is EK nie in staat daartoe om diegene wat MYNE is te beskerm nie? Ja, dit is goed dat julle wakker is. Dit is goed dat julle nie met dwaasheid optree nie, omdat die vyand julle van ver af dophou. Hulle weet dat hulle nie naby kan kom nie, en dat MY Heilige engele wag staan. Hou vir Esnart dop, moet haar nie as vanselfsprekend aanvaar nie, omdat die bose ongesiens inkruip. Jy het baie respek gehad, toe sy uitgereik het om aan jou te raak, en jy het vinnig die salwingsolie op jou gesit. Maar in die toekoms, laat haar weet dat sy onder geen omstandighede aan jou moet raak nie. Jy het haar voorheen toegelaat, omdat jy nie ongeskik wou wees nie, maar niemand mag aan jou raak sonder jou toestemming nie. EK gee jou hierdie mandaat, om dit te doen, omdat EK jou keer op keer bedek het.

Nou moet jy harder praat en haar laat verstaan. Sy sal die boodskap kry en dit nie ‘n tweede keer wil doen nie. Daar is maniere om dit te sê en jy sal weet met watter stem om te praat, want sy is soos die lopende dood, en die dood reik uit na jou en probeer keer op keer aan jou raak, daar is siekte, pes en vernietiging, maar moenie bang wees nie MY liefling een, EK het jou bedek. Maar jy moet haar laat verstaan dat niemand aan jou raak sonder jou toestemming nie. Dit geld vir almal van julle. Jy moet die gees ken met wie jy in aanraking kom. Sê MY Woord nie, “Moenie skielik jou hande op enige man lê nie?”. Neem dit baie ernstig op, veral hier in Afrika.

Einde van die woord wat gegee was op 17 Oktober 2006.


* * * * * * *

Dit is ‘n woord van waarskuwing aan YAHUVEH se vyande. Die vyand het by ons slaapkamer ingesluip om Elisabeth (Elisheva) dood te maak, maar YAHUVEH het tussenbeide getree en HY het die vyand weggejaag. LOOF YAHUVEH en YAHUSHUA! Hierdie dinge is werklik, mense, neem dit asseblief ernstig op!

Die Bruid van YAHUSHUA sal nou sien hoe die vyand begin val. Julle sal dalk nie die vyand met julle oë sien val nie, maar julle moet geloof hê, terwyl YAHUVEH en YAHUSHUA die wraak neem vir ons.


* * * * * * *