Profesie 91
John Hagee, “Jy is Gedoem,” sê EK, YAHUVEH!

‘n Waarskuwing aan John Hagee van die Cornerstone Kerk Stuur asseblief hierdie waarskuwing aan John Hagee!

Geskryf en gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH deur die Profeet Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) Ontvang 17 Oktober 2007 Vrygestel 11 November 2007

Opgedateer 16 Augustus 2014

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af: EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva) om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het (Jesaja 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende vanuit 2 Kronieke bygevoeg word voor elke Profesie:


2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

Elisabeth (Elisheva) se Opmerkings: Wat hierdie salwing begin oproer het, was die feit dat ek gelees het hoe John Hagee vir YAHUSHUA uitverkoop het. Hy het sy siel aan satan verkoop. Hy preek nou ‘n nuwe evangelie. Hy het ‘n nuwe boek geskryf en hy het vir YAHUSHUA ontken. Selfs terwyl hy HOM JESUS CHRISTUS, my MESSIAS noem, preek hy ‘n ander evangelie. Hy sê “YAHUSHUA, JESUS, was nie bedoel om die MESSIAS te wees nie. HY het nie na die aarde toe gekom om die MESSIAS te wees nie." Hy (John Hagee) ken die Woord beter as ek, maar so ook die duiwel, omdat hy daar was toe dit geskryf was. En ek vertel nou vir jou John Hagee, dat jy die woede in YAHUVEH opgeroer het. Ek dink dat die mense nou jou dae kan begin aftel en ek sien ‘n visioen wanneer jy doodgaan John Hagee, gaan jou gesig so rooi wees, van woede. Jy verdien wat met jou gaan gebeur. Ek het eenkeer gehoor dat YAHUSHUA sê dat jy ‘n “Brutale Pastoor” is, maar ek kon nooit droom dat jy ‘n Judas sou wees nie.

*******

Moenie vir MY omhalwe huil nie, MY dogter. Moenie mislei word nie MY Dogter want EK word nie sommer maklik bespot nie. Huil vir John Hagee. MY Dogter, kan jy nie sien nie? EK het jou vertel toe julle in daardie tent was, op die 27ste September 2007 [Sukkot]. Jy het MY voetstappe gehoor, en EK het jou vertel EK het oor hierdie aarde geloop het in ‘n vorm wat jy nie sal herken nie. Een na die ander, diegene wat sê hulle verteenwoordig MY, diegene wat sê hulle verteenwoordig YAHUSHUA, diegene wat sê hulle is gevul met die RUACH HA KODESH en hulle het geen deel aan ONS nie. ONS GEES is nêrens naby hulle nie.

John Hagee, jy is geskik vir die Vuur van MY verwoesting! Jy ontken MY Seun YAHUSHUA ha MASHIACH as MESSIAS! Jy maak jou broeksakke vol goud, vir roem en rykdom. Jy het jou siel verkoop, net soos dit lank terug so besluit was. John Hagee, EK Profeteer nou deur MY “Ringmaiden”, jy is gedoem! Want jy jok nie net vir die Christene, ‘n oer oue wêreldwye kerk nie, jy ontken MY SEUN YAHUSHUA voor die Jode, wetende dat nie eens die kinders van satan dit kan wegneem wat op die bordjie geskryf was bokant die kruis waar YAHUSHUA gekruisig was, "KONING VAN DIE JODE!!!"

John Hagee Jy is Verdoem

Jy is so opgepof met trots. Dink jy dat jy jou boosheid vir MY kan wegsteek? Jy sal aan jou eie woorde verstik! Jy het die gees van die antichris! Jy vertel aan die Jode dat daar wel ‘n ander een is wat nog moet kom. Jy maak hulle gereed vir die een wat as ‘n namaaksel sal kom, die seun van satan! Jy, John Hagee is gedoem! Want jy sal nie net in die donker putte van die hel inval nie, maar die Poel van Vuur sal jou insluk! Jy is ‘n verraaier! Jy is ‘n Judas! Net soos jy MY voorheen verraai het, verraai jy MY nou weer! EK Profeteer, jy John Hagee, is gedoem!


Juanita Bynum


Jy, Juanita Bynam, jy dink jy is so mooi. Maar wanneer EK na jou kyk wil ek opgooi! Jou stank reik al die pad na die Hemel toe, tesame met John Hagee s’n. Jy, almal van julle, asook Benny Hinn, satan maak elkeen van julle vol! EK Profeteer nou deur hierdie Diensmaagd, "Elke Bediening Wat Na ‘n Mens Vernoem Is, Sal Val!" EK het aan julle tyd gegee om te bekeer, maar tog het nie een van julle nie. Julle het julle siele aan satan verkoop, en jy, Juanita Bynum, jy maak vrouens se harte vol met die gees van wellus, met jou praatjies. Jy stel ‘n voorbeeld wat niks anders as ‘n skaamte is nie. Jy is ‘n skaamte vir MY NAAM!

EK gebruik hierdie bediening om diegene wat dink dat hulle bevorder is, te oordeel, EK sal hierdie bediening onder MY Salwing gebruik, om julle van julle trone, waarop julle julleself geplaas het, af te trek en EK sal julle daaronder begrawe. Jy, Juanita Bynum, jy is ‘n hoer in MY oë!!! Jy is alles wat EK verafsku! EK praat nou nie net van jou nie, maar EK sê dit aan almal wie in die geheim sonde doen en dan op ‘n ander manier ‘n pad na die Hemel toe preek en tog sal hulle geeste nooit daar ingaan nie. John Hagee, Juanita Bynum, Benny Hinn, Ron Howard, Rodney Howard-Brown, julle is gedoem.

Oral Roberts, jy wat so hoog daar in jou gebedstoring sit. Jy bou ‘n 'Toring van Babilon', maar dit is EK wat dit sal afbreek! Jy aanbid nou goud en silwer. Wees versigtig vir elke pastoor wat eens op ‘n tyd MY Ware Woord verkondig het, en wat nou mooiweers boodskape verkondig, sodat die hele wêreld dit kan hoor.

MY HEILIGE WIND, MY GEES, die Kosbare RUACH ha KODESH, is besig om hierdie land skoon te vee! In minder as ‘n minuut het EK heen en weer geloop, en het met MY eie oë aanskou wat aangaan, op Sukkot. Dit is nie dat EK blind is nie, EK het dit ook vanuit die Hemel aanskou, maar EK wou ook op hierdie aarde loop en so het EK, YAHUVEH dit gedoen op die 27ste.

Op die dae van Sukkot is julle Jode so vol van trots. "My Sukkot is beter as jou Sukkot. My kos is beter as joune. Ek lees die Torah langer as wat julle doen." Julle almal het fokus verloor. Slegs ‘n klein oorblyfsel het hulle sukkots gebou en hulle was die nederigste en hulle het waarlik MY hart aangeraak, omdat hulle dit nie net as ‘n ritueel gedoen het nie; hulle het dit nie met trots gedoen nie. En diegene wat MY hart aangeraak het, het daardie nagte na YAHUSHUA gesoek. EK het MY Messiaanse Jode, sommiges van die einste Bruid van YAHUSHUA, is nou in Jerusalem en hulle het MY hart aangeraak. EK is nie kwaad vir diegene wat uitgekyk het vir MY Seun se koms nie, gewag het en bedroef was, omdat dit nog nie die tyd vir SY koms was nie. EK is kwaad vir die wat net hierdie Heilige Dag as ‘n ritueel beskou het.

Die dae van die aarde is genommer. Amerika, EK het vir julle gesê EK het die ergste Oordeel vir laaste geberg, en dit is vir julle. Julle het nie ‘n idee wat EK vir julle gaan doen nie, of wat EK aan julle gaan doen nie. Kombineer elke ramp in die hele wêreld en maal dit met sewe. Julle is gedoem! Want julle het deur Arnold Schwarzenneger gedoen, en deur die Wit Huis meer wreedaardighede gedoen as wat enige een van weet, maar hulle sal nog uitvind; teen daardie tyd, Amerikaners, is dit te laat! EK het julle deur hierdie Diensmaagd gewaarsku. EK het vir julle vertel dat dit alles ‘n illusie was.

Nou, die oorblyfsel wat MYNE is, wanneer EK vir julle vertel om te "Vlug", beter julle regtig weggaan, terwyl julle steeds nog kan wegkom want EK het dit oor en oor deur hierdie Diensmaagd geprofeteer. Julle gaan ingeboks word, op die land, in die lug, en op die see – die Amerikaanse regering gaan nie dat julle kan weggaan nie. Die proses van verandering van die wagte is voltooi. satan het hulle almal in plek, almal behalwe een wat sy gesig nog moet bekendmaak.

EK is YAHUVEH en EK sal nie bespot word nie. MY SEUN YAHUSHUA sal nie bespot word nie, en MY soete, soete, soete, soete HEILIGE GEES, is soos ‘n MAGTIGE WIND wat die kaf sal uitgooi!!! En hulle is net waardig om verbrand te word! Het EK julle nie gewaarsku nie? Amerikaners en MY geliefde skate, die min wat EK het wat skitter soos ‘n baie duur edelgesteenter…EK kyk vanaf MY Troon in die Hemel en EK sien die ontlastings van onmenslikheid want dit is hoe satan se kinders vir MY lyk, hope ontlasting. Die stank bereik nou die Hemel. Hollywood is niks anders as satan se speelgrond nie en die hel hou waarlik die "Wie’s Wie van Hollywood" daarin. Maar weet jy, EK het hierdie klein, skitterende edelgesteentes regoor die wêreld, wat MY selfs in MY woede weer herinner. EK kan hulle sien skitter, waar hulle in die ontlasting ingesink is. Maar julle skitter, omdat MY kosbare, kosbare, kosbare, Geliefde GEES binne in julle is en julle skitter.

satan het altyd ‘n namaaksel. Wees versigtig vir die namaaksel, pastore wat preek soos hierdie John Hagee-hy is geen pastoor nie! Moenie hierdie bose wolf volg nie of enige bediening wat hulleself na ‘n man of vrou vernoem het. Moenie die mooiweers preke volg nie! Want dit wat EK vir julle gegee het is beter as goud en silwer. EK het aan julle die gawes van "MOMMA WISDOM" gegee. Julle gesigte is vol van MY Glorie. EK is nie kwaad vir julle nie. Hou aan om te wag en uit te kyk! Kyk op, want julle verlossing is waarlik besig om nader te kom!

Elisabeth [Elisheva], EK gaan aan jou bewys dat EK ‘n YAHUVEH is wat nie jok nie! EK het jou vertel dat EK ‘n engel na jou sal stuur voordat MY YAHUSHUA vir die Openbaring 14 Bruid gaan kom. ‘n Helige engel sal weereens kom. EK het aan jou vertel om die ander te waarsku dat hulle nie vir Shelby Corbitt moet luister nie. Nou is hulle harte gebreek en dit bloei. Hulle voel asof hulle die stryd verloor het. Hulle maak verskoning na verskoning om haar te glo, maar jy het vir hulle gewaarsku. Terwyl sy mislei was, het die gees van misleiding oor die ander ook gekom, omdat YAHUSHUA nie kan kom voordat, "Lyn vir lyn, voorskrif vir voorskrif" van die Heilige Woord in vervulling gegaan het nie.

Nou moet jy nie bedroef wees en huil en sê, "O maar dit gaan nog so baie jare neem nie…" EK gaan dinge so vinnig doen, vinniger as wat jou oë dink dit kan verskyn! EK weet wie aan MY behoort. EK weet wie is in YAHUSHUA se Bloed gewas. EK weet wie het berou gehad en van die boosheid af weggedraai en hulle harte is vol van MY liefde.

Daar het ‘n verafskuwing in California begin. Die man wat daardie verafskuwing begin het, staan daar, opgepof met trots. Hy dink hy kan maar wette uitvaardig vir die kinders, vir die skool stelsel…ons hoef hulle nie meer "Ma en Pa" te noem nie, ons hoef hulle nie meer "man en vrou" te noem nie, ons mag nie die homoseksuele mense beledig nie! Ons mag nie die Moslems beledig nie! Maar mag EK vra, "Waar is MY Heilige Kinders se regte?" Hoekom het julle stil gebly? O Heilige mense, waarom het julle nie protes aangeteken nie? Het EK nie aan julle ‘n Profesie gegee en julle gewaarsku dat indien julle nie gaan opstaan vir julle en ander se regte nie, indien julle selfs nie saamstem met (hulle) nie, dat julle gaan sien hoe julle eie vryhede vanaf julle weggeneem sal word? Nou het julle Presidensiële verkiesings en die een wat veronderstel is om te wen, sal die een wees wat die hardste sal roep, "Vermoor die babatjies binne-in!" Diegene wat sal wen sal skree, "Homoseksualiteit is geen sonde nie!"

Moenie mislei word nie. Dit is nie meer lank voordat julle YAHUSHUA gaan sien nie. Die mense wie Heilig in MY oë is. Sê MY Woord dan nie, "En die wat Heilig is sal meer Heilig word, en die wat onheilig is sal meer onheilig word."

Die "Verandering van die Wagte" is reeds voltooi!

Hulle gooi nou klippe na die boodskapper wat hier praat. Hulle probeer hierdie bediening uitmekaar skeur met leuens! Maar dit sal hulle harte en siele wees wat EK in stukke skeur en dan sal EK hulle in die Poel van Vuur gooi! Want die vyande van hierdie bediening wie teen MY Waarhede staan, sal die enigstes wees wat hierdie leuens sal sluk.

Jack Barr, jy’s ‘n dooie man. Jy ken MY Woorde, maar jy leef nie MY Woorde nie. Die een wie homself “Zeph Daniel” noem (onder andere ook Woody Keith genoem), en sy vrou, julle is slegs waardig vir die hel en die Poel van Vuur. Richard Keltner, jy speel nou al te lank speletjies, die diepte van jou verslegting het nou vir te lank aangehou. EK gaan nie die tyd neem om al die name te noem nie. Meeste van die name Elisabeth [Elisheva], jy ken nie eers nie. Hulle stuur hulle vloeke, hulle doen hulle rituele. Peggy LeTrent, wie dink jy, lei jy om die bos? EK roep jou naam uit. Jy is niks anders as een wat speletjies speel nie, maar Elisabeth [Elisheva] sien deur jou. Sy moes net so naby aan die stoof kom, en toe brand sy.

Pasop julle hekse, julle towenaars. Pasop vir diegene wie hulle offers begrawe het. Julle het julle voodoo rituele gedoen. Julle het julle kontrakte met die duiwel gesluit om MY “Ringmaiden” dood te maak, om alles waarvoor hierdie Bediening staan, te vernietig. Maar julle sien, dit kom net terug na julle toe. EK beskerm die wat nie vaders het nie, en nou praat EK van biologiese vaders. Want, wanneer julle aan MY behoort, is jy nooit sonder ‘n vader nie, jy is nooit sonder ‘n moeder nie. En julle het ‘n MASHIACH wie julle BEVRYDER is, wie julle VERLOSSER is, en wie MY Enigste Verwekte SEUN is daarom laat EK toe dat die aanvalle kom, omdat dit net weer so teruggaan na die vyande.

So John Hagee, jy sal hierdie Woord hoor en jou gesig sal rooi word van woede en dit sal net jou ondergang vinniger nader bring, omdat jy gedoem is. Vandag het EK jou leuens vorendag gebring en EK gee hierdie waarskuwing aan almal, ver en wyd, regoor die wêreld, "Indien julle hierdie man ondersteun of enige ander name wat julle gehoor het, dan ondersteun julle die werk van satan." Want hierdie dienaars is nie van MY nie. Julle laat die goud en silwer in hulle broeksakke ophoop. Julle betaal vir die herehuise oor hulle koppe en vir dit wat hulle kleremakers maak, en dit is nie MYNE nie.

MY finale woorde wat EK vandag wil sê, "Heilige ouers, haal julle kinders uit die lêplekke van die antichris uit, dit wat julle skole noem!" Luister julle nie? Wil julle satan se reëls volg? Teken protes aan! Laat julle stemme gehoor word! EK het hierdie wreedaardigheid toegelaat vir een rede, en dit is om te sien hoeveel sal waarlik enigsins voortspreek! Boikot die skole! Teken protes aan teen dit wat nou in California gedoen word, al bly jy nie eers daar nie! Almal regoor die wêreld, indien jy Heilig is, spreek nou voort, voordat dit te laat is en na jou staat, of na jou land toe kom. Dit is die gees van die een wat die antichris genoem word. Dit is die gees van die seun van satan wat die wêreld deurdring met hierdie leuens.

Jy het ‘n mond, gebruik dit! Weier om jou kinders na ‘n skool te stuur! Julle het teruggesit en toegelaat dat die minderheid regeer en dat hulle vir julle probeer oorreed dat homoseksualiteit in die meerderheid is. EK vertel julle, hierdie is alles ‘n leuen. Maar diegene met die meeste geld het skatte opgehoop vir die mense wat die reëls maak. Maar vat dit terug! Vat die krag wat EK aan julle gegee het, terug! Hou op om toe te laat dat net ‘n paar namens MY sal praat.

Bid dat ‘n Heilige leier sal opstaan, dan sal julle ten minste ‘n keuse kan hê. Want die Republikeine en die Demokrate is dieselfde. Hulle werk saam; hulle beplan saam; hulle vaardig saam wette uit, wat ‘n verafskuwing vir MY NAAM is! EK sê weer, "Staan op, Spreek voort, en Skree!" en sê vir satan en sy dienaars, "Genoeg is Genoeg!" EK vertel dit aan julle, omdat al hierdie nuwe wette wat uitgevaardig is, ‘n verafskuwing vir MY is! Amerika, hulle sê vir julle, sit julle vertroue in hulle, en nie julle vertroue in MY, die goeie "EK IS" nie en EK is die OUE VAN DAE. EK ken die begin en die einde en EK weet presies hoe elke nasie sal boet. Dit is die Woorde wat EK vandag het om te sê.

En EK het nog een laaste ding, maar net ‘n paar sal besef wat die impak van hierdie Woord is. Wees versigtig vir die vreemdelinge "aliens", hulle het alreeds oorgeneem en is in die Top Kabinet Verteenwoordigers en politieke posisies. Wees versigtig…en nou praat EK nie van vreemdelinge van ‘n ander land nie. EK praat van die vreemdelinge "aliens" wat satan gestuur het. En wees versigtig vir die een wat die boek skryf, "Aliens on the Internet." Wees versigtig vir die vrou wat na julle in vermomming kom en vir jou vertel "om jou geloof in 'orgone' te plaas (dat) dit, “die demone sal weghou. Dit sal die 'aliens' weghou. Sit julle geloof in 'orgone'. " EK sê vir julle, dit is niks anders as leuens nie! Sit julle geloof in MY SEUN YAHUSHUA ha MASHIACH, in SY NAAM, en in SY Bloed, omdat dit die enigste plek is waarvandaan verlossing sal kom.

Sherry Shriner, jou dag kom. EK sal nie nou meer daarop uitbrei nie. Maar EK het aan MY Dogter ‘n Profesie gegee wat sal wag vir die regte tyd en vir die regte seisoen. EK weet wie jy is. EK weet wat jy is. Enige een wat haar werk ondersteun het, wees versigtig. Want sy waarsku julle teen die planne van die regering, maar hierdie vaartuig het al lankal uitverkoop. Sy lei julle om die bos op maniere wat julle nie eers van weet nie. Benny Hinn bedien onder ‘n "strange alien fire". ‘n Woord aan die wyses. Bly weg van hom af. EK gaan diegene van julle wat nou luister, verantwoordelik hou, vir waar julle jul finansiële saad geplant het. Dit beter by werke wees, waar julle weet dit kom van MY af.

Hou vas, MY Kleine Mensies. Hou vas MY Babas. Hou vas, MY Skatte, julle wie skitter, soos geen ander edelsteen selfs in die Hemel kan nie. Hou vas, dit sal nie meer baie langer wees nie. Hou aan bid dat julle waardig geag sal word om die Groot Verdrukking wat aan die kom is, vry te spring. Maar EK vertel dit vir julle, dit is iets soos wat niemand nog ooit oor geskryf het nie. Dit is meer ‘n gruwel verhaal as wat jy amper kan begin dink, want soos in die dae van Noag, sal dit weer wees, maar sewe keer nog erger tye. EK sê nie dat EK die aarde met water sal laat oorstroom nie. Maar EK wil vir jou vertel dat daar ‘n vloed van onheiligheid sal wees, soos nog nooit tevore gesien nie. Maar net soos EK vir Noag ‘n weg van ontsnapping gehad het, net so sal EK ‘n weg van ontsnapping vir julle ook hê. Wanneer julle die hoë tegnologiese wapens sien, weet dat MY wapens nog groter is, omdat EK ‘n manier het om julle te beskerm. So hou net styf vas aan die soom van YAHUSHUA se kleed. Moenie los nie. Moenie los nie. Omdat dit net geloof is wat jou siel sal kan red.

Beledigend vir die meeste, en ‘n seën vir ander met geestelike ore, wat wil hoor, wie se name gevind is in die Lam se Boek van die Lewe.

‘n Kind, Soldaat en Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH
Apostel Elisabeth Sherrie Elijah (Elisheva Eliyahu)