Profesie 93
2008 & Vorentoe sal 'n Oorlog wees soos Geen Ander Teen die Vals Profete van Baäl!

Geskryf/Gespreek onder die Salwing van die HEILIGE GEES (RUACH HA KODESH) Deur Apostel & Profeet Elisheva Eliyahu 26 Desember 2007

Met Profeet Elisheva se “Heilige Tale” soos GOD se GEES uiting gee. (Handelinge 2:3-4) van hemelse of aardse tale (1 Kor. 13:1) Elisheva spreek voort in tale wat Profesie voortbring (1 Kor.14:6)

Hierdie Profesie bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:

YAH/YAHU is die HEILIGE , GEWYDE NAAM van GOD soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH” wat letterlik beteken: “Loof YAH” YAHUVEH/YAHWEH GOD DIE VADER YAHUSHUA/YAHSHUA GOD SE ENIG VERWEKTE SEUN (HA MASHIACH beteken ‘DIE MESSIAS’ ELOHIM beteken “GOD”

Die Openbaring van “SH’KHINYAH HEERLIKHEID” – as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH (In Afrikaans genoem “DIE HEILIGE GEES”) is ook op hierdie webwerf. (Ha SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir; GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID)

Addisioneel; ABBA YAH beteken ‘VADER YAH”
En IMMAYAH beteken “MOEDER YAH” In Hebreeus is Die GEES VAN GOD vroulik, verwys na “HAAR” dit is so gereflekteer in die Profesie en Skriftuurlike aanhalings.

* * * * * * *

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit voor elke Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva],
om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie,
Selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas.

Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie.
Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA
jou MASHIACH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH,
jou IMMAYAH geboorte gegee.

As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGE WIND VAN HERLEWING.

Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

EK IS YAHUVEH: dit is MY NAAM:
en MY EER sal EK aan geen ander gee,
of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. Jesaja 42:8

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook beveel dat die volgende gedeelte uit 2 Kronieke as waarskuwing bygevoeg word voor elke Profesie vir diegene wat spot:


“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.” 2 Kronieke 36:16

* * * * * * *

Elisheva se Kommentaar:
Ek wil nog ‘n Openbaring met julle deel wat aan my gegee was: Die spelling van MAMMA SHKHINYAH se NAAM is SHKHINYAH (nie net SHKHINAH of SHEKINAH nie). Die NAAM VAN YAH is in HAAR NAAM. Maar ek het dit nie so gespel nie want as ek het, sou minder mense die spelling in die soekmasjien op die Internet intik. SY het egter vir my gesê hierdie is die korrekte spelling van SHKHINYAH. SY dra die NAAM van HAAR GELIEFDE BRUIDEGOM, YAHUVEH.

Skrywer se Kommentaar:
In hierdie Profetiese Woord, spreek MAMMA SHKHINYAH uit teen menige vals profete. Baie is welbekend aan die publiek, sommige minder bekend. Een van die minder bekendes is Linda Newkirk, 'n vals profeet wat Elisheva ontmoet het toe sy ‘n e-pos aan hierdie Bediening gestuur het.

Linda het gesê dat sy ‘n Bedienaar is en dat sy ‘n herlewing sou hê in haar tuisstaat, Arkansas, en sy het vir Elisheva uitgenooi om te kom. Elisheva het Arkansas toe gegaan en vir Linda Newkirk ontmoet. Daar aangekom het sy vele ondervindings beleef wat onthul het dat Linda se ware geaardheid nie van YAHUVEH af is nie. Byvoorbeeld dat Linda ontsteld geraak het terwyl sy Elisheva se preek oorvertaal het na Spaans vir ‘n dame (vir wie Elisheva na YAHUSHUA toe gelei het). As Linda werklik geïnteresseerd was in geestelike herlewing en daardie vrou se redding, sou sy verheug gewees het hieroor!

YAHUVEH gebruik hierdie Bediening en Profeet Elisheva vir seëninge of oordeel: seëninge vir diegene wat YAHUVEH werklik liefhet en HOM eerste stel in hul lewe en liefde, en oordeel vir diegene wat net ‘n vorm van godsdiens het maar geen GODDELIKHEID van binne nie!

Hierdie was opgeneem deur middel van audio. Hier is die oorskrywing.

Profesie 93 Begin:

26 Desember 2007

Julle sal dit van die huise se dakke af skree. Julle sal dit van die Internet af skree. Eers wys EK vir julle en ontbloot EK die een wat Sherry Shriner genoem word as 'n vals profeet, as 'n alien. En nou wys EK vir julle Linda Newkirk, wat die lyn oorgesteek het, en nou nie eens meer die verskoning kan gebruik van kranksinnigheid nie.

Sy DURF haarself die HEMELKONINGIN noem!!! Selfs die gees van kranksinnigheid het geen verskoning voor MY nie!

Linda Newkirk, jy het GODSLASTERING gepleeg! Geen verskoning vir jou geestelike gesondheid nie! Want jy was gewaarsku om hierdie nie te druk nie! Drogbeelde van grootheidswaan het jou nou vernietig. Nie net jou verstand nie, nie net jou liggaam nie maar nou het jy jou siel verdoem.

En al diegene wat haar boeke gekoop het, en wat Sherry Shriner se boeke gekoop het, EK hou julle nou aanspreeklik. VERBRAND DAARDIE BOEKE!

[Elisheva], EK rus jou uit vir 'n groot oorlog wat kom. Want die nuwe Openbarings wat EK voortspreek die klein Boodskap, wat EK reeds gespreek het [Profesie 94: Moenie MY Woede Onderskat Nie volg op hierdie Profesie] julle sal dit voor die wêreld opsit om hulle te laat weet daar’s iets meer wat kom.

YAHUSHUA's demon stompers, welgedaan, MY getroue dienaars! Welgedaan MY getroue geliefdes! julle staan in die voorste linies. Julle offer 'n uur van julle tyd op. Want hierdie Bediening is geen gewone bediening nie. EK gebruik dit soos 'n Dawid om die goliatte te verslaan.

Die een wat haarself Sherry Shriner noem beweer om van MY te hoor en onthul sogenaamde Bybelkodes wat sy verdraai volgens haar ingewings. Maar sy sê, Gooi weg enige dissipel wat vir Paulus gevolg het. EK sê vir julle waarlik, hierdie een luister geheel en al glad nie na die Hemel nie! Maar Linda Newkirk, jy het 'n lyn oorgesteek wat nie eens Sherry Shriner oorgesteek het nie.

Pasop, MY geliefdes, want die duiwel is kwaad. Omdat hy weet sy tyd is kort.

Linda Newkirk! Jy het nie net die Toorn van ABBA YAHUVEH laat opvlam nie. Jy het nie net die Toorn van YAHUSHUA HA MASHIACH laat opvlam nie. Maar jy het die EEN genaamd RUACH HA KODESH vertoorn en tot die uiterste bedroef! EK is die enigste HEMELKONINGIN! En EK sal MY Heerlikheid met niemand deel nie (Jesaiah 42:8)!

Wie is jy om te sê jy het geboorte gegee aan YAHUSHUA?! Want eerste, het EK dit gedoen in die Hemel! Die EEN wat die HEILIGE GEES genoem word, is die MOEDER van YAHUSHUA. Dit is EK en alleenlik EK wat die voorreg toegelaat het vir Miryam, genaamd Maria in ander tale, om MY KIND te dra in haar baarmoeder. Maar selfs sy moes 'n maagd gewees het. Wie is jy, Linda Newkirk?!

Watter godslastering het jy gepleeg! Wie is jy Linda Newkirk om te dink jy kan die Kruis omseil, om te sê enige heiden kan Hemel toe kom om by die Bruilofsmaal van die LAM te wees?! EK sal jou nie (vir) die gees van kranksinnigheid verskoon nie want jy het jou helder oomblikke gehad. Jy weet wat jy gedoen het.

En EK waarsku nou, laat hierdie Woord uitgaan!

Enige iemand wat hierdie gemors oorskryf uit die hel gestuur en dit verklaar as waarheid is nie geskryf in die LAM se Boek van Lewe nie. Jy sal dieselfde prys betaal wat sy betaal. Jy sal swem in dieselfde Poel van Vuur. EK stuur hierdie Profeet uit om te waarsku voor EK MY Oordeel stuur. Wees nie mislei nie want YAHUVEH word nie maklik bespot nie en EK word nie maklik bedroef nie. (Gal. 6:7-9; Heb. 10:29)

Shelby Corbitt, EK sal jou nie verskoon nie! EK het vir jou gesê om te val op jou aangesig en bekeer vir die misleiding wat gedoen was. Jou trots het jou weerhou om dit te doen MY kinders het seergekry almal van julle wat gesê het: Hierdie datum is die datum wat YAHUSHUA gaan kom, en die datum gaan verby.

En wee julle wat Heilig is en nie opgestaan en gesê het, Jy het gelieg nie! EK maak geen verskonings vir julle nie! Want julle het die leuenaar bemoedig!

Hierdie Bediening, hierdie Bedienaar, hierdie Profeet, hierdie Ringmaagd van MY, het nie gelieg nie! Sy het julle voor die tyd gewaarsku. Moenie luister na die leuens van Kenneth Copeland nie! Moenie luister na die leuens van Choo Thomas nie! Moenie luister na die leuens van Shelby Corbitt nie! Moenie luister na die leuens van Sherry Shriner nie! En nou voeg sy by, moenie luister na die leuens van Linda Newkirk nie!

Die vals profete kom in gelid en hulle voer oorlog teen MY ware Heilige Profete! En dit sal 'n OORLOG wees soos GEEN ander!

Kim Clement jy is 'n leuenaar! Rick Joyner, jy is die gebroedsel van satan! Hierdie is net die begin! 2008 sal 'n oorlog wees soos geen ander! Terwyl EK hierdie Ringmaagd na vore roep, soos EK Elia [Eliyahu] van Ouds na vore geroep het sal Vuur! Vuur! Vuur val op die profete van Baäl!

Julle, vals profete, profeteer uit satan se mond! Want YAHUVEH is nie 'n YAHUVEH wat sal lieg nie. Weg van MY julle datum bepalers! Is dit enige wonder wanneer YAHUSHUA kom hoe min nog geloof sal oorhê?

Virginia Arnke, jy spreek nie MY Woorde nie! Gaan weg van MY! Want jy het MY bedroef!

Pasop! Pasop! Pasop! O Heilige kleintjies! Toets! Toets! Toets die gees wat praat. Want satan is uit agter julle siele aan.

Orgone kan julle nie beskerm nie. EK het voortgespreek uit hierdie Ringmaagd se mond. EK het hierdie leuen ontbloot. Dit trek die boosheid! Dit weer nie die boosheid af nie.

Nou begin hulle slinks raak want hulle wil die onskuldiges verwar, so hulle neem hierdie Bediening van AmightyWind en hulle verdraai die Woorde binne-in.

EK het geprofeteer. EK het vooruit gewaarsku. Moenie julle harte instel op die woorde wat Shelby Corbitt spreek nie. Wat begin het as 'n onskuldige misleiding het 'n blatante leuen geword nou gemotiveer deur die woord trots.

Kersfees het gekom en gegaan. YAHUSHUA was nie gestuur nie.

Waar is die Heiliges, wat hierdie profete wat geprofeteer het aanspreeklik hou? Waar is die Heiliges? En dit noem wat dit is, en dis ‘n leuen? Nie eens die een waaruit EK nou spreek ken die datum wat YAHUSHUA kom nie. Want EK het gesê dat EK die Heilige engele sal stuur om vir julle te sê direk voor HY kom.

Leef elke dag asof dit jou laaste was. Maak seker geen sonde word in jou gevind nie. Neem dit na die Kruis toe by Golgota want net die BLOED VAN YAHUSHUA kan dit wegwas. Net deur die GESTORTE BLOED VAN YAHUSHUA & DIE NAAM VAN YAHUSHUA kan jy 'n nuwe dag begin. Waak en wag. Maar weg met die datumbepalers. Druk toe julle ore. Is julle nog nie moeg vir die pyn nie?

EK stel Openbarings vry, (terwyl EK [Elisheva] eenkant gesit het), en die Geheime wat opgesluit was beginnende by Esegiël 9. Want EK sê vir julle hierdie, dit sal Geheime & Openbarings wees. Want sy is daardie skrywer. En Oordeel begin by die huis wat beweer dat dit van YAHUVEH is sonde is om te weet wat reg is en nog steeds aan te hou om verkeerd te doen. EK kom vir 'n Bruid sonder vlek of kreukel (sien Efesiërs 5:25) -YAHUSHUA spreek dit voort keer-op-keer.

Linda Newkirk, hoe durf jy dink jy kan sommer enige iemand inlaat?! Wie het vir jou die sleutels na die Hemel gegee? Waar het jy die sleutels gekry Linda Newkirk? Jy het valslik geprofeteer.

Laat die Heiliges nou verrys elkeen wat hierdie Woord hoor en bestraf haar! Bestraf vir Sherry Shriner! Onthou die waarskuwing wat EK gegee het want die oorlog het net begin. En dit is nog nie eers 2008 nie.

Onthou enige iemand hoeveel profesieë gegee was? Hoekom hou julle nie die profete aanspreeklik toe hulle gesê het julle sal die oorlog wen in Irak nie, Amerika? Hoekom hou julle nie vir Kim Clement aanspreeklik op die Kersdag wat hy gesê het Jesus Christus sou kom nie?

Profete moet aanspreeklik gehou word. Toets die vrugte van hierdie Bediening en julle sal sien dat dit goed is want by AmightyWind, word net die Salwing gehoor. In 2008 sal die Profetiese Boodskappe wat na vore kom net sterker word, met kragtiger vleis vir die Heiliges om te neem.

In 2008 sal daar 'n Oorlog wees soos geen ander. Want dit sal die ware Heilige Profete sal wees wat staan net soos Elia het, Elia [Eliyahu] van Ouds gedoen het en profeterend en blootstellend die profete van Baäl vernietig het.

Dit is hoekom EK jou geroep het [Elisheva]. Alhoewel jou laaste naam Elijah [Eliyahu] is, noem EK jou MY Elia [Eliyahu] van Nuuts want EK Profeteer deur jou en net soos [in die tyd van] Elia [Eliyahu] van Ouds, sal die profete van Baäl vernietig word.

Net omdat dit nie gebeur op die manier wat jou vlees dink dit moes wees nie. Dink nie [so nie]. Want EK sê vir julle waarlik! Nie een van hulle het YAHUVEH se Oordeel vrygespring nie. As hulle met jou kon praat, sou hulle vir jou vertel het van die dinge wat met hulle gebeur. Elkeen wat gespreek het teen die Woorde wat EK gespreek het deur hierdie Profesieë, hulle sou vir jou 'n verhaal vertel van wee. O hulle sou dit ongeluk noem. Maar die tragedies wat hulle te beurt geval het!

O maar diegene wat voed agter hierdie Profetiese Boodskappe aan wat EK vir julle gegee het, julle het met jul eie oë aanskou hoe hulle floreer en groei! Hoe hulle self Profete geword het omdat EK hierdie gawe binne-in hulle aanwakker! Hoe hul lewe 'n lewe van toewyding geword het aan YAHUVEH & YAHUSHUA en elke dag vraend na meer van MY KOSBARE GEES! Hoe hulle lewens net gelei wil wees in ‘n lewe van Heiligheid, om behaaglik te wees vir YAHUVEH! Die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH wag gretig vir elke Woord.

Kathrynyah en [die web bestuurder], die nuutste Woord wat gegee was, plaas dit. Laat die mense sien, hierdie is ‘n Profeet ook van Israel. Bemoedig die Bruid wat daar skuil en in die ander dele rond-om die wêreld.

O MY geliefde kosbares, selfs al het YAHUSHUA nie gekom op die datum wat julle gestel het nie, moenie moedeloos word nie want julle werk is nog nie klaar nie. Maar EK beveel julle om kwaad te word, en noem die profete wat vals is, vals! Moet hulle nie aanmoedig om langer te lieg nie.

Julle weet wanneer 'n droom net 'n droom van die vlees is julle weet wanneer 'n droom net 'n droom van misleiding is want die datum sal kom en die datum sal gaan. Julle weet wanneer 'n profesie net 'n profesie van die vlees is, 'n profesie van misleiding, want die datum sal kom en die datum sal gaan. Nou het sommiges dit onskuldig gedoen en al wat ONS hulle beveel om te doen is om te bekeer. Hulself te verneder, en erken dat hulle dit gemis het. Moenie verskonings maak nie.

Shelby Corbitt, jy sê die wegraping kon teruggehou word as gevolg van [die vers] “As my volk op hulle aangesigte val en hul verootmoedig en bekeer sal die land genees word” Van wanneer af is ‘n wegvoering van die Bruid straf? Hoekom sou YAHUVEH dit terughou? Die enigste ding wat dit sou doen is om die tyd van genade te verleng, hierdie is waar. Maar dit sal YAHUVEH nie keer om vir YAHUSHUA te sê, Gaan haal JOU Bruid nie!

Erken net, Shelby Corbitt, jy het dit gemis. Hoogmoed kom voor 'n groot val. Die einde van die jaar sal kom. 2008 sal verskyn. Val op jou knieë en bekeer voor die wêreld want jy het dit gemis. Jy het die gees toegelaat van 'n Kenneth en Gloria Copeland - die leuenagtige slangtong - om jou verstand binne te dring, om dit te besmet.

Julle sien, EK spreek nie net voort deur [Elisheva] nie, maar hierdie is 'n nuwe Salwing. Waar ABBA YAHUVEH gespreek het, waar YAHUSHUA HA MASHIACH gespreek het, spreek EK nou die RUACH HA KODESH, die EEN wie julle die HEILIGE GEES noem, vir MYSELF ook. Want kyk hierdie is Iets Nuuts. (Jesaiah 43:19)

Hierdie is 'n Joël 2 (vers 28-29) Uitstorting en MY Diensmaagd [Ringmaagd] sal profeteer en diegene wat EK die elite magte van YAHUSHUA'S demon stompers genoem het weet dit, satan haat julle. Die gebede word wêreldwyd gevoel.

Bly Heilig. Want net die voorste linies sal toegelaat word. Vir die van julle wat nie gekwalifiseer het nie, weet dat daar ander range is. ONS het julle nodig in die agterste linies.

Hou aan om hierdie Bediening te bedek in jul gebede. Hou aan om mekaar te bedek in julle gebede. Hou aan om die mense se behoeftes op te lig in jul gebede. Hou aan om hierdie Ringmaagd te bedek waaruit EK nou spreek, want satan weet daar is maar net een Ringmaagd en hy wil haar lewe neem. O maar die gebede van die regverdiges vermag baie. (Jakobus 5:16)

Julle vas gekombineer met julle ondersteuning en julle liefde, julle Jerigo Marse, en julle opoffering van julle uur tyd. Almal van julle, almal van julle, almal van julle wat hierdie gedoen het! Groot, groot, groot seëninge was gereserveer vir julle! Julle is soos 'n skild 'n Heilige Goue Skild en EK gebruik julle en die Skild drup van die GESTORTE BLOED VAN YAHUSHUA HA MASHIACH. En die NAAM is ingegraveer op die skild van YAHUSHUA HA MASHIACH, en EK het julle beskik om demon stompers te wees vir ABBA YAHUVEH & YAHUSHUA, & vir MY, die KOSBARE RUACH HA KODESH julle KOSBARE RUACH HA KODESH julle MAMMA SHKHINYAH, julle MAMMA WYSHEID die EEN wie julle die HEILIGE GEES noem. ONS het julle so baie lief.

Groot, groot, groot is julle seëninge, nie net in die Hemel nie maar net hier op die Aarde. Julle sal 'n beskerming hê. 'n Sfeer is letterlik bo-oor julle geplaas en julle is beskud solank julle nie sonde toelaat om in te kom nie. Want staan daar nie geskryf, "Wees Heilig want EK IS Heilig" (1Pet. 1:16) nie? Groter is EK wat in julle is as enige versoeking wat in hierdie wêreld is. (1Joh.4:4)! Dit is julle keuse.

En die van julle wat hierdie Profesie sal lees en glo dat julle deel moet wees van YAHUSHUA se demon stompers, julle het YAHUSHUA reeds eerste gestel in julle liefde en julle lewe. Julle offer alles op vir HOM. Julle word nie versoek met sonde nie. Skryf. Stel julself voor.

Maar wee enige vyand wat wil inkruip. Wees gewaarsku, hierdie groep het onderskeiding en die wolf sal doodgaan want EK sal nie hierdie groep toelaat om besmet te word nie.

Daar is onskuldige klein skapies en lammers wat probeer inkruip en soos 'n klein kindjie sal hulle sê, ek wil veg. Ek wil veg.

EK paai hulle net op die kop en sê, "Wag tot jy nog 'n bietjie groter geword het. Want jy het nodig om bedien te word, meer as wat jy geskik is om ‘n Bedienaar te wees. Jy het nodig om voor gebid te word meer as wat jy 'n gebeds-vegter is. Hou aan groei, MY kleintjies. Moet dit nie as 'n belediging beskou nie want julle kan nog net nie die vuur van die voorste linies vat nie. Dit is hoekom hierdie 'n elite mag is versamel deur die Hemel.

Die Heilge engele het self gekom en vir [Elisheva] vertel van die geboorte van hierdie nuwe Bediening YAHUSHUA'S demon stompers. Want die Heerlikheid kom HOM alleenlik toe net deur SY NAAM, net deur SY BLOED word enige gebed beantwoord.

Hierdie is die Woorde wat EK te sê het hierdie dag. Terwyl die vals profesie van ‘n Linda Newkirk gelees was en [Elisheva] MY woede voel oprul het, het sy gegaan om in Engels te bid, in plaas daarvan het MY Heilige Tale van Woede voortgekom. Dit is hoe hierdie Woord voortgekom het.

Op hierdie datum van 26 Desember 2007, so is dit gespreek en so sal dit geskryf word elke Woord wat gespreek was onder die SALWING deur die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH en deur die BLOED VAN YAHUSHUA HA MASHIACH.

En nog een ding, YAHUSHUA'S demon stompers, EK gaan geheime vrystel gegee aan [Elisheva] hierdie dag vir julle. Hierdie moet net tussen julle gehou word. Hierdie is nie om te deel met enige ander nie, hetsy dit 'n suster, of 'n broer, of 'n moeder, of 'n vader of jou eie kinders is. Wat EK vir julle gee, bly by julle. Wee enige Judas wat hierdie Mandate uitdaag uit die Hemel want dit is bedoel om 'n seën te wees vir julle, MY gebeds-vegters wat die ekstra myl loop.

Lank gelede, [Elisheva], het EK vir jou gesê om die troepe te versamel op die muur. EK het vir jou drome gegee na mekaar, en dit was opgesit vir baie, baie jare. Hierdies nou, YAHUSHUA'S demon stompers, is die troepe op die muur. Hulle is die wagte. Hulle is die uitkykposte. Hulle is die soldate van YAHUSHUA HA MASHIACH. Diegene wat oorbly, want soos 'n Gideon sif ONS hulle uit wie op die voorste linies kan bly, sal weet hulle is die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH.

Einde van Profesie. Verligtend vir sommige, offensief vir meeste mense, Apostel Elisheva Eliyahu


[Eind-kommentaar op die audioband:]


Elisheva: Loof U ABBA YAHUVEH. Loof U, GELIEFDE YAHUSHUA. Loof U, KOSBARE MAMMA RUACH HA KODESH. Ons MAMMA SHKHINYAH. Ons MAMMA WYSHEID. Dank U. Dank U. Dank U dat U my eer met hierdie Woord. Dank U dat U almal van ons eer met hierdie Woord. Ons dank U. Ons loof U. Ons aanbid U. Ons het U lief. Ons bewonder U. Dank U. Dank U vir die Efesiërs 6 wapenrusting. Ons staan in die Efesiërs 6 wapenrusting. Dank U ABBA YAHUVEH. Dank U ABBA YAHUVEH. En Amen.

Adam (& Kathrynyah uit die gang ‘n entjie verder.) Amen. Amen. Amen!

Elisheva: Dankie Broer Adam. Loof YAHUSHUA!