Profesie 94
EK, YAHUVEH, Sê, “Moenie MY Woede Onderskat nie, want dit het Opgebou soos ’n Verwoede Vuurpoel.”

Geskryf/Gespreek onder die Salwing van die HEILIGE GEES (RUACH HA KODESH) Deur Apostel & Profeet Elisheva Eliyahu
22 Desember 2007, “Klein Boodskap” Verwys na in Profesie 93



Hierdie Woord het na vore gekom want Elisheva was op die Sabbat gelei om Esegiël Hoofstukke 9-16 te lees. Sy het ook gebid vir ‘n man wat sy in ‘n droom gesien het ‘n ruk gelede. Die man genaamd “Caleb” in hierdie Profetiese Woord, is die man wat Elisheva in die droom gesien het. Hy word gekenmerk deur sneeuwit hare sonder ‘n lyntjie op sy gesig. Hy het ‘n glimlag wat nie sy gesig wou verlaat nie ongeag wat die soldate aan hom gedoen het, bedoelende dat hy gemartel en uitgehonger was. Ook het hy geween, maar niemand het dit gesien nie.

In die droom het Elisheva na hom toe gegaan. Sy het net aan hom verskyn. Hy het gebid en het ‘n gebedsmantel gedra. Sy het vir hom ‘n klein nagmaal kraakbeskuitjie, soos ‘n ongesuurde broodjie, gegee. Sy het gesê, “Moenie bekommerd wees nie, ek kom terug en volgende keer bring ek vir jou nog brood en wyn.” Die man is lief vir YAHUSHUA. Sy het geweet hy was in Jerusalem. Hy het ‘n werk waar hy ander moet bemoedig, dus, altyd die glimlag op sy gesig — wat sy eie persoonlike hartseer en swaarkry wegsteek terwille van YAHUSHUA.

Toe Elisheva wakker word uit die droom, was sy verbaas oor die liefde wat sy vir hierdie man gevoel het.

Hieronder volg die Profesie soos dit voortgekom het.

Met Profeet Elisheva se “Heilige Tale” – soos GOD se GEES uiting gee. (Handelinge 2:3-4) van hemelse of aardse tale (1 Kor. 13:1) Elisheva spreek voort in tale en Profesie word voortgebring (1 Kor.14:6)

Hierdie Profesie bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:

YAH/YAHU is die HEILIGE , GEWYDE NAAM van GOD soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH” wat letterlik beteken: “Loof YAH” YAHUVEH/YAHWEH GOD DIE VADER YAHUSHUA/YAHSHUA GOD SE ENIG VERWEKTE SEUN (HA MASHIACH beteken ‘DIE MESSIAS’ ELOHIM beteken “GOD”

Die Openbaring van “SH’KHINYAH HEERLIKHEID” – as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH (In Afrikaans genoem “DIE HEILIGE GEES”) is ook op hierdie webwerf. (Ha SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir; GOD VERTOEF, GODDELIKE TEENWOORDIGHEID)

Addisioneel; ABBA YAH beteken ‘VADER YAH”
En IMMAYAH beteken “MOEDER YAH” In Hebreeus is Die GEES VAN GOD vroulik, verwys na “HAAR” dit is so gereflekteer in die Profesie en Skriftuurlike aanhalings.

Skrifaanhalings vanuit: Woord en Getuienis Bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui.

* * * * * * *

YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat voor die Profesieë bygevoeg moet word:


EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva],
om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie,
Selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas.

Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie.
Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA
jou MASHIACH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH,
jou IMMAYAH geboorte gegee.

As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGE WIND VAN HERLEWING.

Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

EK IS YAHUVEH: dit is MY NAAM:
en MY EER sal EK aan geen ander gee,
of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. Jesaja 42:8
(Profesie 105)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook beveel dat die volgende gedeelte uit 2 Kronieke as waarskuwing bygevoeg word voor elke Profesie vir diegene wat spot:


“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.” 2 Kronieke 36:16

* * * * * * *

Profesie 94 Begin:

26 Desember 2007

…Van nou af, wanneer die vyf van julle dit neem (nagmaal), moet hierdie man nie uitgelaat word (uit julle gebede) nie. En EK sal vir jou meer openbarings gee oor wie hy is. Vir eers kan jy hom “Caleb” noem.

Hierdie dag, [Elisheva] beveel EK jou net, “Geniet hierdie dag”. EK wil jou sien speel. EK wil jou dit sien doen wat jy saam met MY geniet het. Laat jou verstand rus. Want EK gaan vir jou wys en EK gaan vir jou openbaar en ‘n nuwe Profesie gaan losgemaak word aangaande Israel, aangaande die verborge skatte — beginnende met Esegiël 9.

Want weet dit! Geen man kan jou stilmaak nie! Geen vrou kan jou stilmaak nie! Geen duiwel kan jou stilmaak nie! EK, YAHUVEH het die mag om jou stil te maak en jy is nederig altyd by MY Voete.

EK lag elke keer wat EK jou hoor sê, “Ek bemoei my net met my eie sake”. Jy bemoei jou nooit met jou eie sake nie. [Elisheva], jy bemoei jou altyd met MYNE. Wanneer jy ‘n speletjie speel, daar is jy voor MY Troon. EK IS konstant in jou gedagtes.

Want [Elisheva] EK het jou opgerig en nou gaan ‘n Woord voortkom wat diegene verdedig wat waarlik MYNE is — in Israel, wat geheel en al alleen voel. Julle noem hulle Messiaanse Jode. Hulle het nie ‘n Profeet nie. Maar EK het ‘n Profeet opgerig en EK het jou geplaas reg waar jy is en jy sal gebruik word om vir hulle Vars Manna te bring uit die Hemel.

Jy sal gebruik word om MY Oordeel uit te spreek oor die ander. Jy sal gebruik word om MY Nuwe Wyn voort te bring. Want EK het Heiliges wat slotvas is in die Gasa-strook. EK het Heiliges wat gefolter word saam met die vyande. EK het die Bruid slotvas in Gasa. En EK roep jou om hulle los te bid.

EK het die Bruid in Libanon. Ja, EK het Bruid in Irak selfs — so weggesteek, so verwaarloos, behoeftig aan ‘n Woord uit die Hemel. EK het Bruid in China. Hulle is MY Chinese Bruid. So satan wil jou muilband, om jou stil te maak, maar EK sê vir jou: jy sal net harder skree!

Almal van julle — almal van julle, begin die Skrifte bestudeer wat EK vrygestel het aan [Elisheva]. Delf in elke woord in. Want EK sê vir julle daar is ‘n verborge goudmyn wat nog moet kom en dit is nie ver weg nie.

Terwyl julle hierdie dinge sien gebeur in Israel, weet dat EK nie maklik bespot word nie.

EK het reeds ‘n Profesie vrygestel en daarin het EK gemeld — want EK, YAHUVEH sê — “Julle kan nie weggee wat EK nie vir julle gegee het om weg te gee nie.” Weereens, sit hierdie Kennisgewing op voor die wêreld. Want EK het gepraat.

Daar is gevolge wat teëgekom sal word.

Want EK het Israel beveel om te bekeer.

Pasop vir die gedagtes wat sal kom terwyl julle hierdie Skrifte bestudeer wat EK vir [Elisheva] hierdie dag beveel het om te lees en te mediteer. Wanneer julle ‘n stem hoor sê, ”YAHUVEH sal nie dit doen nie,” weet net hierdie, o ja EK sal.

Moenie MY Krag onderskat nie. Moenie MY Woede onderskat nie want dit het opgebou soos ‘n verwoede vuurpoel. Dit het die hel soveel warmer laat word. Hulle praat van globale verwarming. Die einste vlamme van die hel verhit hierdie aarde — gekombineer met dit wat begrawe is en weggesteek is in die koudste deel van die aarde! Kombineer dit alles met mensgemaakte besoedeling - chemikalië in die lug. Want dit is meer as een. Die rykes dink net hulle gaan oorleef.

Hulle glo die leuens wat satan vertel. Maar MY Woord sê, “Die sagmoediges sal die aarde beërwe,” (Ps 37:11; Mt 5:5) die nederiges, nie die trotse en die hoogmoediges en die rykes nie.

Julle is ryk deur julle geloof in MY.

Julle is ryk deur skatte wat ander nie kan sien nie.

EK het vir julle ‘n Beskerming gegee wat GEEN geld kan koop nie.

EK IS die VLEUELS WAARONDER JULLE SKUIL. (Ps.91)

EK IS — die EEN — wat julle bemoedig.

MY GESTORTE BLOED by Golgota

is die enigste DING wat julle red.

Deur MY NAAM!

Deur MY BLOED!

Het julle die GETUIE. (1Joh 5:9)!

Het julle die GETUIENIS!

Selfs vir diegene wie op hierdie aarde hul lewe uitgedoof word

dit is net ‘n dop waarvan hulle praat.

Hulle kan nie dit doodmaak

wat bedoel is om te wees — vir EWIG nie. (Mat. 10:28)

Om uit die liggaam te wees is om teenwoordig te wees aan MY Sy,

vir diegene wie se name geskryf is in die LAM SE Boek van Lewe.


Einde van Profesie

So is dit gespreek, so is dit geskryf op 22 Desember 2007

Profeet Elisheva Eliyahu

[Eindkommentaar op videoband:]


Elisheva: Ons stuur net seëninge vir Caleb, ABBA YAHUVEH, in die NAAM VAN YAHUSHUA. Ons stuur vir hom bemoediging. Ons stuur gebede. Ons dank U dat hy hierdie gebede gehoor het. Ons dank U ABBA YAHUVEH dat hy sal skryf. Hy instaat sal wees om by ‘n rekenaar in te kom. Ek weet nie waar hy is nie, ABBA YAHUVEH. Ek weet nie hoe U dit gaan doen nie. Maar op een of ander manier, sal die Woord gegee word en hy sal hierdie Profesieë kry om almal te bemoedig wat die Bruid van YAHUSHUA is in Israel, in Jerusalem, in die NAAM VAN YAHUSHUA, in Lebanon, waar hulle ookal verstrooi is oor hierdie wêreld, HEMELSE VADER.

U het gesê U het maar net een Ringmaagd. Wanneer die duiwel dit hoor dink hy, hy moet my vir seker kry, maar net as U dit toelaat ABBA YAHUVEH. So selfs hierdie teistering wat oor hierdie brose liggaam gekom het, ABBA YAHUVEH, dit is net U WIE dit kan heelmaak in die NAAM VAN YAHUSHUA. Dit is net U wat die VERLOSSER is, YAHUSHUA. Dit is net U GESTORTE BLOED. Dank U. Dank U.

Ons [Caleb en ek] is een. As ek geteister word voel hy geteister. Ons is almal een. Almal van ons moet nagmaal neem en elke nagmaal. HY het gesê [YAH het gesê] “Vir nou gee EK vir julle die naam “Caleb.”

Esegiël (9)! Dit is presies daar. Dit is YAHUVEH s’n. Die duiwel het ‘n nabootsing (UFO) en YAHUVEH het ‘n egte [Engele-voertuie vurige strydwaens] die een wat hierdie voortgebring het. Dis ‘n “vreemde vlieënde voorwerp” En Esegiël het die wiel gesien hoog bo in die middel van die lugruim, en nie net dat daar nog altyd die wiel was nie, die wiel binne-in ‘n wiel.

Aangaande Israel ook, iets gaan in Israel in. Julle begin lees vanaf Esegiël 9. Ons het ‘n Profesie. Dit gaan oor die skrywer se Skrywe, ‘n Profeet wat gaan en al die Heiliges merk en diegene sonder die merk in Israel gaan doodgemaak word. HY [YAHUVEH] is so kwaad. HY is kwaad vir Israel. HY is kwaad vir die onheiligheid. HY is kwaad op hierdie oomblik. HY het gesê die duiwel wou my doodmaak omdat hy nie hierdie Woord uit wou hê nie.

Dit was alles oor hoekom die.... dit was nie oor my nie. So ok, die geheime is verborge —beginnende met Esegiël 9 en toe het HY my [hoofstuk]13 laat lees regdeur tot by die vals profete. Wow, hierdie is groot. Dit is egter YAHUVEH. Dit is YAHUVEH wat in beheer is van die goeie UFO’s en gevleuelde skepsels.

HULLE praat nie van enige strydwaens nie. Nie enige strydwaens nie. My Bybel sê dit het die gesig van ‘n gevleuelde skepsel. Dit het die gesig van die mens, die gesig van ‘n leeu en die gesig van ‘n arend. Dit is weereens vier.

[En] die vlerke, as jy Esegiël 10 lees, praat dit van die wiele en dan praat dit van die gesigte.

Ek beweer nie eers om te verstaan nie. Ek beweer nie eens nie want hierdie is diep. Dit is so diep en dit het nog nie gebeur nie, maar dit is op die punt om te gebeur. Want ek glo ek het hierdie Openbaring ontvang nou net wat voortkom en ek glo wat dit is, is wanneer die ruimtewesens hier na die aarde toe kom en hulle beveg die mense glo ek YAHUVEH stuur SY engele, SY wapens ook om te veg terselfdertyd want mense kan nie hierdie ruimtewesens verslaan nie.

Ons moet bonatuurlike hulp hê uit die Hemel. En HY stuur dit vir die Heiliges. Maar dit is verbind met Israel op die oomblik. Met alles wat met Israel aan die gang is. So dit is wat ek dink die nuwe Profesie gaan oor Israel wees. Hierdie gaan werklik oor Israel wees, grotendeels. Loof YAHUSHUA!

Einde van bandopname

* * * * * * *

Jak 5:1-8
Kom nou, julle rykes, ween en huil oor die ellendes wat oor julle kom. Julle rykdom is bedorwe, en julle klere is deur die motte verniel. Julle goud en silwer is verroes, en hulle roes sal tot 'n getuienis teen julle wees en sal soos 'n vuur julle vlees verteer. Julle het skatte vergader in die laaste dae. Kyk, die loon van die arbeiders wat julle lande afgeoes het, wat deur julle agtergehou is, roep uit; en die geroep van die maaiers het gekom tot in die ore van YAHWEH van die leërskare. Julle het op die aarde 'n weelderige en losbandige lewe gelei; julle het jul harte vet gevoer soos op 'n slagdag. Veroordeel, vermoor het julle die regverdige; hy versit hom nie teen julle nie.

Wees dan geduldig, broers, tot op die Wederkoms van die MEESTER YAHUSHUA. Kyk, die landbouer wag op die Kostelike Vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die Vroeë & Laat Reëns ontvang het. Julle moet ook geduldig wees; versterk julle harte, want die Wederkoms van die MEESTER YAHUSHUA is op hande.