Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH deur Apostel Elisheva Eliyahu 3 Mei 2008
YAHUVEH se woorde aan Elisheva wat voor die Profesieë geplaas moet
word:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva], om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGE Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jes. 42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende gedeelte uit 2 Kronieke
voor elke Profesie bygevoeg moet word:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * * Verduideliking van Elisheva oor hoe Profesie 96 voortgekom het:
Hierdie Profesie het na vore gekom as gevolg van die salwing van
gebedsintersessie en smarte terwyl ek gebid het vir ‘n Heilige man genaamd Doug,
wat aan ons geskryf en gevra het vir gebed omdat hy honger gely het want hy kon
nie $80,000 se skuld betaal wat aangegaan was met sy vrou se siekte nie, wat
uiteindelik geëindig het met haar wat Hemel toe is. Hierdie Woord sê YAHUVEH is
ook vir al diegene wat verpletterende skuldlaste dra met geen maniert om dit
terug te betaal nie. Ons ken nie wat die finansiële situasie van elkeen wat
hierdie Profetiese Woord sal lees nie, maar YAHUVEH doen. En as jy YAHUVEH se
stem hoor praat met jou hart deur hierdie Woord is dit vir jou ook. Gehoorsaam
asseblief wat YAHUVEH sê en kyk watter wonderwerke HY sal doen vir jou, as jy
gehoorsaam. YAH het dit vir ons geleer, as ons ons deel sal doen, sal YAH SY
deel doen.
3 Mei 2008 – 10:00 vm Oorgeskryf vanaf oudioband:
Elisheva: Ons het ‘n brief van Doug ontvang wat Kathrineyah gestuur het en ek
het nooit vir hom geskryf nie maar elke keer as sy briewe vir my gelees word of
as ek sy briewe lees, huil ek. En vandag het ek sy brief gelees en ek het net
begin pyn voel op die krop van my maag en soveel hartseer want Doug is so
geliefd deur YAHUSHUA ha MASHIACH. En HY (YAHUSHUA) het vir my gesê om in te
tree en te bid vir hom want hy is nie sterk genoeg om te bid soos ek gaan bid
nie. Dit vat so baie van sy krag dan sê ek vir YAHUVEH, omdat ek nie gesond
genoeg was nie, is ek sterk genoeg om hierdie te doen? Maar ek weet ek is,
anders sou HY my nie aangesê het om dit te doen nie en dit is op hierdie
Sabbatdag... (whew.... diep asemteug.....)
Elisheva praat in Heilige Tale.....
Geliefde ABBA YAHUVEH, Geliefde YAHUSHUA ha MASHIACH, hierdie man het ‘n Woord
nodig. Hy het ‘n Woord nodig van bemoediging. Hy het rigting nodig. Hy het
leiding nodig. Laat ek nie een woord spreek uit my vlees nie. Ek dompel my lippe
in die gestorte Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH. Ek vra dat net U Woord voortkom
..... praat in Heilige tale.....
O ons tree nou in. Ons tree nou in, in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH vir ons
broer Doug, wat U so liefhet, wat net wil weet wat sy volgende stap moet wees
... praat in tale ... wat is dit wat U wil sê vir U seun? Wat is dit wat U wil
sê, Geliefde YAHUSHUA ha MASHIACH? Wat is dit wat U wil sê, Geliefde ABBA
YAHUVEH vir U seun? Wat is dit wat U wil sê, IMMAYAH, RUACH ha KODESH, vir U
seun? Gebruik my lippe ... ek wag nou. Ek wag nou... O halleluyah ABBA YAHUVEH
... laat geen woord voortkom uit my vlees nie, slegs die Woorde uit die Hemel.
Ek smeek U in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH, want my woorde uit die vlees
kan hierdie man nie help nie, hy moet Woorde uit die Hemel kry, van die einste
Troon van YAHUVEH en YAHUSHUA en MAMMA IMMAYAH, ons MAMMA RUACH ha KODESH.
Profetiese Woord Begin:
MY geliefde Seun, lê tersyde die groot gewig wat jy dra. Gooi die lyk van jou
rug af. Want alhoewel jou vrou in die Hemel is by MY, het jy ‘n las gedra ewenas
om haar lyk te dra op jou rug 24 uur per dag. Dooie gewig, dooie gewig van
rekeninge lank vergange. Dit is die dag wat EK verklaar is jou jubeljaar. Dit is
die dag wat EK vir jou sê om daardie gewig van al die skuld wat jy het te vat en
gebruik die mensgemaakte wette van bankrotskap wat net die vervalsing is van wat
EK dit geroep het om te wees.
Stel jouself voor en vra jouself sou EK wou hê jy moet ‘n lyk op jou rug dra 24
uur per dag? Dit het jou gesondheid geaffekteer tot die punt waar dit net MY
wonderwerk is dat jy nog leef maar jy lewe vir MY Eer. EK vergewe jou om te dink
jy moet dinge doen op die mens se manier. Dit is nie MY begeerte vir hierdie
rekeninge om betaal te word nie. EK praat nie van jou huisverband nie, EK praat
van jou vergange skuld wat opgeloop het gedurende die tyd toe jou vrou nog op
hierdie aarde was.
MY hart is so geraak deur die liefde, die liefde wat jy het vir MY, die liefde
wat jy het vir jou vrou, vir alles wat jy doen vir ander. MY hart is so geraak
dat EK die hart aangeraak het van hierdie Profeet wat nou praat, en EK ween deur
haar en EK het smarte deur haar. Gooi opsy daardie lyk. Moenie langer hierdie
dooie gewig dra nie want jy skuld hulle niks, want hulle is ‘n nes van rowers
wat nie eers hul eie skulde kan betaal nie en tog probeer hulle jou droogsuig
van jou bloed soos ‘n bloedsuier.
Dit is wat EK dink van hierdie kredietkaart maatskappye. Dit is wat EK dink van
hierdie skuldinvorderaars. Hospitale wat hulle pryse so verhoog dat selfs
wanneer ‘n persoon lewe, as gevolg van die verpletterende skuld hulle elke dag
sterf.
Bloedsuiers! Aasvoels! Vampiere, is hierdie finansiële instansies. Verband
maatskappye sal ten gronde gaan! Hulle sal in puin lê vir herroeping van
verbande op wonings sonder enige genade. MY Toorn sal hulle voel en hulle sal
self dakloos wees! Want hulle sal maai wat hulle gesaai het.
EK het jou lief MY seun. O asseblief luister hierdie dag. Dit was geen ongeluk
dat EK hierdie Profeet gestuur het op hierdie weg nie. EK gee nie vir hierdie
Ringmaagd ‘n Woord vir elkeen nie. Want sy sou nie die fisiese krag hê om so te
doen nie, maar omdat jy gevra het vir niks, seën EK jou hierdie dag. Jy het
gevra om MY aangesig te sien. Instede gee EK vir jou hierdie Woord want jy kan
nie kyk na die aangesig van YAHUVEH en leef nie maar jy kan na die gesig kyk wat
MY Seun is. Vra om die aangesig te sien van YAHUSHUA. Eendag en dit is nie ver
weg nie, sal jy MY aangesig aanskou, en jou belonings sal jou volg Hemel toe.
En jy sal herenig word met jou vrou. Maar vir reg nou het EK ‘n werk vir jou om
te doen. So op hierdie Sabbat Dag, gee EK vir jou ‘n antwoord op jou gebede, en
EK verlos jou van jou skuld op ‘n ander manier as jy net sal gehoorsaam en ter
ere van die liefde wat jy en jou vrou [ge]deel het, raak EK die hart aan van MY
Diensmaagd op hierdie spesiale herdenkingsdag.
MY geliefde seun, daar is nog een ding wat EK te sê het. Jy moet ‘n nuwe reël
maak, “Maar wat my en my huis aangaan, ons sal YAHUVEH en YAHUSHUA dien.” Elkeen
wat onder jou dak slaap, moet hierdie reël toegepas word. Hulle doen dit óf op
MY manier, en jy sê vir hulle dit is MY reël, jou ABBA YAHUVEH, of hulle word
uitgeskop om te toer op die wêreld se hoofweg. Onthou jou naam is nie YAH nie.
Jy kan net doen wat EK vir jou sê om te doen. Moenie enige las opneem nie tensy
jy weet EK het daardie las op jou geplaas. En dan vat jy daardie las en los dit
by die kruis. Moenie probeer om meer te dra nie want jy het gereis en laste dra
wat EK nie op jou geplaas het nie vir te lank. Jy weet reeds en jy sal weet,
terwyl jy hierdie Woorde na MY toe neem in gebed, presies waarvan EK praat. Jy
is MY gekoesterde seun. Nou soen EK jou oogbank. En EK eindig hierdie met Woorde
van MY liefde. Staan op MY Woord want dit kan nie lieg nie. Soos jy in MY Woord
bly, bly EK in jou. Einde van Woord
Ná die Woord het YAHUVEH vir Elisheva gesê, “Voeg hierdie Woord by die lys van
jou Profesieë. Dit is nie net vir een nie. Dit is vir almal wat die dooie gewig
dra van verpletterende skuld.
YAHUSHUA ha MASHIACH het SY bediening begin met ‘n duidelike verwysing na die
Jubeljaar. In die sinagoge by Nasaret het HY hierdie woorde uit Jesaja gelees:
'Die GEES van YAH is op MY, omdat HY MY gesalf het om ‘n blye boodskap te bring
aan die ootmoediges. HY het MY gestuur om aan gevangenes vrylating uit te roep
en aan blindes herstel van gesig, om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur;
om die aangename jaar van YAHWEH aan te kondig. (Jesaja 61:1-2 en Lukas
4:18-19).
HY het gepraat van vryheid aan die gevangenes en vrystelling aan die verdruktes
en die jaar van YAH se welbehae aangekondig. Watter ander jaar sou dit beteken
as die jaar van welbehae (jubeljaar)? Nadat HY dit geproklameer het, het HY
voortgegaan om verlossing te bring van sonde, siekte en satan aan menigtes van
diegene wat gebonde en geteister was. Hierdie alles het ‘n toppunt bereik met SY
eie verlossing van die kettings van die dood, en 50 dae later die verlossing van
Sy volgelinge van alle vrees op die glorieryke dag van Pinkster. Op hulle beurt
het hulle verlossing en vrymaking verkondig aan gevangenes waar hulle ookal heen
gegaan het.
In die jaar 2008 het die ekonomie almal hard geslaan behalwe die super rykes.
Werkloosheid, verbandoproeping, keuses tussen afbetaling van skuld en kos op jou
tafel te sit en om te betaal vir skuiling en brandstof, het selfs Amerikaners
genoop om nederig te raak. Hongersnood swiep oor nasies en lande en ek sou julle
graag wou vertel dat dit beter sal word maar die bybel kan nie lieg nie. Op die
oomblik is dit mensgemaakte hongersnood, gulsigheid, oliemaatskappye en selfs
die Amerikaanse President, George Bush wat ‘n vertoon opsit dat hy omgee dat
Exxon ‘n wins toon van biljoene dollars, maar tog aangesien die Bush families se
hoofbeleggings olie is, kan hulle lag al die pad bank toe.
YAHUVEH doen niks voordat HY eers die profete waarsku nie en ek was profesieë
gegee op baie verskillendek tye om die wêreld te waarsku. Hierdie is nog nie
YAHUVEH se toorn wat die voedseltekorte veroorsaak nie, dit is die mens se
onmenslikheid teenoor die mens, die rykes manipuleer pryse om die populasie te
verminder sodat die rykes niks sal kortkom nie. Boere in Amerika word betaal om
nie gewasse te plant nie. Mielies word gebruik deur die rykes om geld te spaar
met hulle ‘hybred’ voertuie terwyl daardie mielies miljoene honger mense kon
voed. Die rykes soos Donald Trump, het bankrotskap gebruik om sy rykdom te
manipuleer en het net ryker geword asook lugrederye, besighede. Maar dit is
gewone mense wat moet kies tussen kos om te eet en betaling van hulle skuld.
Hierdie profesie is nie vir almal nie, as jy geen probleem het om jou skuld af
te betaal nie en nie swaarkry nie is hierdie profesie nie vir jou bedoel nie.
Nietemin, as jy swaarkry en gevange gehou word deur dreigemente van die
skuldeisers weet net dat YAHUVEH jou gebede gehoor het en jou trane sien en HY
het my gesalf om hierdie woord uit te spreek. Laat my asseblief weet of dit jou
seën, skryf en sê vir ons as jy YAHUVEH se stem gehoor het wat jou toestemming
gee om die mensgemaakte wette te gebruik om jou vry te maak van die skulde wat
jou verpletter.
Die konsep van bankrotskap is ‘n swak vervalsing en dit is die duiwel wat seker
maak dat mense saam met bankrotskap hul skaam en soos ‘n mislukking voel. Maar
onthou satan vervals altyd die egte. Die vryheid van skuld spruit voort uit die
Bybel se idee van die Jubeljaar, die 50ste jaar. In die Jubeljaar soos aangehaal
in Levitikus, sal diegene wat in slawerny was as gevolg van skuld vrygemaak
word, grond wat as gevolg van skuld verloor was word teruggegee.
Ek vind dit geen toeval dat hierdie profetiese boodskap gekom het gedurende die
aftel van die Omer nie terwyl ons aftel tot die dag van Pinkster toe die
dissipels gevul was met tekens, wonders en kragte, terwyl die Kosbare RUACH ha
KODESH hulle in die bo-vertrek gevul het. As jy ‘n Jubeljaar nodig het waar jy
vry van die skuld kan kom wat jou verpletter, eis hierdie woord van YAHUVEH as
jou eie. Daar is geen skande hierin nie, want selfs die skuldeisers soos banke,
kredietkaart instansies, verbandmaatskappye, en selfs die Regerings van verskeie
lande, insluitende Amerika, moes meer geld leen omdat hulle nie hulle skuld kon
betaal nie. Maar dieselfde persone kom agter die gewone persoon aan met hulle
duur prokureurs en dreigemente en toon geen genade nie. YAHUVEH is nie
geamuseerd nie en ek kry die rykes jammer wanneer HY oordeel oor hulle gaan
stuur, dit sal ‘n wraak wees soos geen ander nie en die skoen sal dan aan die
ander voet wees.