Profesie 97
Die Wilde Veldbrand in Afrika Sal Voortgaan!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH deur Apostel Elisheva Eliyahu Ontvang 9 Mei 2008 Vrygestel 3 Junie 2008


Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit voor elke Profesieë bygevoeg moet word van nou af:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva], om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jes. 42:8)

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende gedeelte uit 2 Kronieke voor elke Profesie bygevoeg moet word:


2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

*******

Woord aangaande Nico Arnold

Kort verduideliking oor wie Nico Arnold is:

Nico Arnold het vir hierdie Bediening geskryf einde Januarie 2007 en sy dienste aangebied met die Bedienings-webwerwe. Hy het gesê hy was ‘n gelowige en het die waarhede geleer by Amightywind. Ons was huiwerig om Nico op die webwerwe te laat werk want ons het nie ‘n idee gehad wie hy werklik was nie, so ons het dit in gebed opgeneem en YAH het vir ons gesê dat ons hom kon vertrou. So Nico het begin werk saam met ons Webbestuurder Coenrad in Suid-Afrika. Nico is ‘n rekenaar webontwerper en hy was deur YAH gekies om die almightywind bedieningswerf te herontwerp.

Nico en Coenrad het ‘n webwerf saamgestel en dit op die internet in Suid-Afrika geplaas wat die Amightywind Bedienings-webwerf gepromoveer het en daarby ingeskakel was maar nou het Nico die Suid-Afrikaanse webblad afgehaal toe hy nie vir Coenrad kon oortuig om hierdie Bediening te verlaat nie. Nico het ook ‘n voorleggings-ontwerp gedoen vir die almightywind webblad en ons het vir hom sekere veranderings gegee wat nodig was om aangebring te word op die nuwe ontwerp maar hy het nooit die werk voltooi wat aan hom gegee was nie.

Hy het begin om na webwerwe toe te gaan wat vyande van die waarheid en hierdie bediening is en alhoewel hy geweet het hierdie bediening onderrig niks anders as die waarheid nie, het hy die vyand ingelaat en dit het die deur oopgemaak vir baie ander demoniese geeste wat hom aangeval het en nou IS hy ‘n vyand van die waarheid en hierdie bediening.

‘n Paar maande gelede het Nico vir ons ‘n e-pos gestuur en gesê dat hy nie meer tyd het om die nuwe bedienings webblad te doen nie. As’t ware is hierdie sy laaste 2 e-posse aan ons.

Nico Arnold het aan die einde van Desember 2007 geskryf:

Hello Katherine;

Hoe gaan dit met jou? Ek hoop alles gaan uitsonderlik goed daar. Ek is op die oomblik met vakansie en nie so baie aanlyn soos ek gewoonlik is nie, so jammer vir hierdie laat terugvoer.

Sal jy en al die demon stompers my asseblief verskoon van hierdie gebedsgroep, ek het ‘n nuwe besigheidonderneming aan die gang en ek kan my nie toewy aan my volle uur per dag nie. Ek sal egter steeds almal van julle in my gebede hou.

Dankie vir alles wat julle ouens my geleer het en vir die openbarings wat na my toe gebring was deur hierdie bediening en die profesieë. Ek hoop dat ons almal binnekort sal ontmoet in die hemel en dat die Here Yahweh julle almal genadiglik sal seen!!

Alles van die beste in Yahishau (YAHUSHUA) se naam!

Jou vriend
Nico Arnold


Katherine het hierdie e-pos aan hom geskryf.

----- Oorspronklike Boodskap -----


Van: Katherine
Aan: Nico Arnold
Gestuur: Vrydag 28 Desember 2007 8:13 NM
Onderwerp: Re: nuwe woord van MAMMA

Hi Nico,

Dankie dat jy my op hoogte bring oor dinge met jou. Werk jy nogsteeds aan almightywind? Ek onthou dat ek ‘n Profetiese Woord gelees het wat gesê het jy was soos ‘n ‘vroedvrou’ daar met die webwerf en die nuwe almightywind webwerf. Maar ek het nooit teruggehoor van jou rakende wat jy daarvan gedink het nie. Beteken dit dat jy nie die rol aanvaar as ‘vroedvrou’ oor die webwerwe nie? Laat my asseblief weet. Weet jy jy hoef nie 1 uur te bid nie, dit kan minder wees as jy jou nogsteeds wil verbind om vir die bediening te bid. Bid asseblief hieroor en laat my weet wat jy besluit. YAHUVEH seën en lei jou.

In YAHUSHUA se Liefde, Katherineyah


Hierdie was Nico se laaste e-pos en die laaste keer wat ons van hom gehoor het.

Hello Katherine;

Ongelukkig beteken dit ook dat ek nie instaat sal wees om hierdie webwerf te voltooi soos oorspronklik belowe was nie. Toe ek my verbind het tot hierdie ontwerp, was ek in ‘n posisie om dit te doen, maar nou, net meer as ‘n jaar later, is ek nie meer so buigbaar in my tyd nie. Jammer vir enige ongerief wat ek veroorsaak het. Ek dink dit sal in elkgeval die beste wees om iemand te kry wat persoonlik langs jou kan sit terwyl ‘n ontwerp gemaak word om misverstande oor die verwagtinge van die ontwerp te vermy.

Jou vriend in Christus
Nico


Ons het geweet toe ons hierdie laaste e-pos van Nico Arnold ontvang het dat daar baie meer is as wat hy sê en hy vertel ons NIE die waarheid oor hoekom hy nie langer gaan doen wat hy deur YAHUVEH geroep was om te doen nie. Ons wou hom e-pos en hom sê dat ons geweet het daar was meer agter sy besluit as sy nuwe werk, maar [ons] het nooit sover gekom om hom te e-pos nie. Soos julle sal sien het ons nooit enige iets vir Nico gesê nie, maar hy kon nie hierdie bediening uitlos nie en het probeer om ons webbestuurder op ‘n dwaalspoor te lei.

Nou, dit alles lei tot hierdie e-pos wat ons sopas ontvang het van Coenrad wat hierdie gesê het:


Hi Katherineyah


Ek wil jou graag vertel van Nico Arnold.

Hy het my gekontak en gevra of ek hom wou ontmoet om saam met hom ‘n koppie koffie te gaan drink en net ‘n bietjie te gesels. Ek was baie skepties en ek het vir YAH baie maal gevra of dit die regte ding vir my was om te doen. ‘n Paar dae later het ek gevoel YAH wou hê dat ek vir Nico moes ontmoet.

Ons het toe by ‘n koffiewinkel ontmoet en ek het gedink hy wou net oor daaglikse dingetjies praat. Maar kort nadat ons in die stoele gaan sit het het hy sy skootrekenaar uitgehaal en vir my begin preek, vir my vertel dat ek die almightywind bediening moes verlaat, omdat niks wat daar gesê word die waarheid is nie. Hy het toe probeer om op die net in te skakel, maar ek dink YAHUSHUA wou nie hê hy moes op daardie tydstip inskakel nie. Nadat hy meer as 10 keer probeer het, het hy so gefrustreerd geraak en sy gesig het rooi geword. Hy wou vir my ‘n webwerf wys wat hy bestudeer het. Ek was geskok om te hoor wat hy te sê gehad het. Hy glo nie dat daar eendag 2 getuies sal wees nie, hy glo nie dat daar eendag ‘n groot verdrukking gaan wees nie. Hy glo nie dat die RUACH ha KODESH (Ons Kosbare Geliefde IMMAYAH SHKHINYAH HEERLIKHEID) vroulik is nie. Hy glo nie aan die wegraping van die Bruid nie.. Ek was te geskok vir woorde.

Ek het toe my bybel oopgemaak en hom skrif begin wys dat hierdie dinge gaan gebeur. Hy het probeer redeneer met alles wat ek hom gewys het. Ek het vir MAMMA gevra om my te lei. Later kon ek net lag vir sy “feite” verduidelikings. Hy het so gefrustreerd geraak dat hy uit die koffiewinkel uitgehardloop het. Die volgende dag het hy vir my ‘n sms gestuur en vir my gesê dat indien ek nie wil glo wat hy my vertel nie sal hy ‘n webwerf toemaak wat ons saam begin het. Dit is ‘n Suid-Afrikaanse webwerf, waarop ek vir mense vertel van die spoedige wederkoms van YAHUSHUA vir SY Bruid en ek het baie skakels van die Amightywind by daardie webblad gevoeg. Ongelukkig was die gasheer van die webwerf een van sy eie webverskaffers. So hy het al die gebruikersname en kodewoorde verander. En later het hy alles uitgewis. Ek kan sien hy is oorgeneem deur sekere b-o-s-e g-e-e-s-t-e.

Agterna het ek besef dit was YAHUSHUA se wil dat die webwerf toegemaak was.

Ek het so baie geleer van die Almightywind bediening en dit is ‘n voorreg om deel te wees van julle spesiale span!! Dankie julle almal. Julle is my ware familie! Loof YAHUSHUA!!!


Seëninge in die Naam van YAHUSHUA!!

Groete
Coenrad

Daar het julle dit mense. Dit is wat met Nico Arnold gebeur het. Dit lyk of dit nooit faal nie, diegene wat eens vennote in hierdie bediening was en dan ‘n Judas word lyk altyd asof hulle deur die gees van kranksinnigheid getref word en probeer om hierdie Bediening te vernietig en nou is Nico Arnold ook daarmee getref. Hier is die Woord gegee vir Nico Arnold.

* * * * * * *
YAHUVEH Spreek:

Die wilde veldbrand moet voortgaan MY Kinders. Her-ontbrand die fakkel in Afrika. Die vyand dink hy het daardie stem stilgemaak. Maar die Afrika webblad sal weer opgaan! Want dit is ‘n tak van hierdie Bediening.

Sê vir Coenrad om die ISP uit te soek teen ‘n redelike prys. Maar wat is die prys van ‘n siel? Hoekom dink jy het satan die een wat EK vir jou gesê het jy kon vertrou eens op ‘n tyd, [Elisheva] — hoekom dink jy spot satan en plaas boosheid in sy siel? Maar die stem in Afrika sal net harder praat! Die Profesieë sal soos ‘n wilde veldbrand-herlewing wees want dit het alreeds begin. Dit is hoekom satan vir Nico Arnold gebruik het om daardie stem stil te maak. Maar dit sal nie stil wees vir lank nie.

EK het hierdie toegelaat sodat Coenrad geen twyfel sou hê oor die bose gees in Nico Arnold nie. EK het hierdie toegelaat want boosheid kan nooit hierdie Bediening aanraak op enige manier nie. En so lank as wat Nico Arnold vol is van satan se gees kan hy nie toegang tot hierdie Bediening hê op hierdie manier nie. Hy is soos ‘n man wat kranksinnig geword het. Want jy kan nie enigiets aanraak of probeer vernietig wat Heilig is, enige iemand, enige Bediening nie, wanneer jy vol boosheid is vir dit wat hulle wil vernietig maai hulle net verwoesting. Nou het hy vernietiging gemaai oor homself. In plaas van seëninge wat julle eens gebid het oor hom. Nou sal hy wandel in Deut. 28 vloeke van YAHUVEH. In plaas daarvan om ‘n gesonde verstand te hê, het hy nou die leuenagtige en misleidende gees ontvang, wat hom aandryf tot kranksinnigheid. Kyk na hom nie langer as ‘n man wat julle eens geken het nie.

Pasop! Pasop! Pasop! Aan enige iemand wat wil vernietig, afbreek wat Heilig is, en hierdie Bediening is nie van jou nie, dit is nie vernoem vir jou nie [Elisheva], verhef jou nie, so wanneer hulle hierdie Bediening aanval, val hulle MY, YAHUVEH, MY SEUN YAHUSHUA DIE MESSIAS en julle IMMAYAH (RUACH ha KODESH), MY SHKHINYAH, aan. Hulle val die Aleph en die Tav aan. Hy is hels-vasbeslote om te vernietig wat EK bepaal het vir MY vele Lofprysing, Eer en Heerlikheid bring! So Nico Arnold jy sal jou beloning maai. MY Kinders, die bose word boser maar die Heiliges kleef aan MY. Die Heiliges wat strewe om elke Woord te gehoorsaam wat EK sê en hulle harte behoort net aan MY. Hulle is soos ‘n ligtoring wat die skepe lei sodat hulle nie verpletter nie en EK plaas hierdie ligtorings as takke van hierdie Bediening wat die Waarhede voortspreek in dele van die wêreld waarvan julle nie weet nie want dit verg net een en dit verg nie ‘n gebou nie want julle is die tempel van die RUACH ha KODESH.

Maar iemand kan nie net die Heilige Vuur hê nie, iemand kan nie net die Waarheid hê nie want terwyl hulle die Waarhede neem van hierdie Bediening, is daar ‘n dryfkrag uit die Hemel wat noop om daardie lig te deel met almal. Hulle kan nie langer stilbly as wat jy kan stilbly nie want waarlik is die Heilige Vuur wat opgesluit is in hul gebeente en die Profesieë is soos ‘n goue ketting en dit vou rondom hierdie wêreld om die vyande te bind want dit is die Waarheid, die kennis van die Waarheid wat die gevangenes vrymaak wanneer dit alle Lof, Eer en Heerlikheid bring aan MY Seun YAHUSHUA ha MASHIACH. So her-ontbrand die fakkel weereens. En sê vir Coenrad om net harder te skree en moenie die krag van hierdie vyand onderskat nie.

O MY geliefde Seun Coenrad, so min manne het EK soos jy. Kyk wat het EK voortgebring uit jou hande. Op die internet is daar geen vernamer blad om te aanskou nie. Die Salwing deur alles wat jy doen en die Woorde wat EK voortspreek uit hierdie Bediening, niks kan vergelyk nie. satan kners sy tande in raserny want Coenrad jy kom net sterker terug met meer vasberadenheid dat jy sal aanhou om MY te dien op hierdie manier want jy is deel van die Amightywind Span. Laat niemand jou stop nie MY Seun. Laat niemand sê, “Draai jou kop hierdie kant toe nie. Gaan werk vir ‘n ander Bediening” nie. Want Coenrad EK het jou nie sover gebring om vir jou te sê draai nou terug nie. Alhoewel goedbedoelende vriende fluister in jou oor, en sê “Kom hierheen,” praat hulle nie met MY stem nie. En hulle is nie deel van MY plan nie. So pasop MY Seun, diegene wat na jou toe kom met goeie intensies, kan jou ondergang wees. EK het vir jou gesê van die begin af, EK het vir jou die teken gegee wat geskryf was dat jy hierdie Elia kon vertrou waaruit EK voortspreek. So maak stil diegene wat praat teen die werk wat jy nou doen. Selfs al kom dit van jou eie eggenoot, weet dit, jy word aanspreeklik gehou om te doen wat EK jou aansê om te doen en EK het jou gejuk saam met hierdie Bediening en jy het jou hand aan die ploeg geslaan. Nou moenie terugkyk nie. En eendag, sal jy sien MY geliefde Een, in die Hemel terwyl jy staan aan die ander se sy al die siele wat bereik was en wat EK uitgeruk het uit dit wat genoem word die donker kontinent van Afrika, jy was soos ‘n fakkel en jy het saamgesmelt met ander fakkels en Afrika is aan die brand met MY Wilde Veldbrand Salwing! En Nico Arnold sal nie slaag nie soos enige iemand anders nie (ge)slaag het in uitblussing van hierdie vuur nie! Want dit is die RUACH ha KODESH Wilde Veldbrand Salwing! En niemand sal die goeie werk blus wat EK begin het en die goeie werke wat EK sal voltooi nie want wanneer almal van julle hierdie aarde verlaat het, sal die Wilde Veldbrand steeds voortgaan! Siele sal steeds na MY toe kom op gebuigde knieë en wanneer hulle nie nou bekeer nie, sal hulle die Woorde onthou en hulle sal dan bekeer. Welgedaan MY goeie en getroue kinders. EK is behaag deur almal van julle! Daar is nie een gebed tevergeefs gesê nie. Julle bedek mekaar in die YDS (YAHUSHUA se Demon Stompers, Gebedsintersessors).

En wanneer julle bid, stel vir julle ‘n ligtoring voor met ‘n baken so helder. Want elke keer wat julle bid kyk EK oor die aarde en EK sien julle lig. EK sien julle sprankel soos die helderste edelgesteentes. O hoe lief het EK ‘n ieder en elk van julle wat vasberade is om dit te doen op YAHUVEH se manier. O hoe behaag is EK deur jou en almal van julle, julle belonings sal julle volg Hemel toe eendag! Hou aan! Hou aan! Hou aan! Julle het julle hand aan die ploeg geslaan, moenie terugkyk nie! Gee geen aandag aan die vyand nie behalwe om hulle te bestraf. Julle ken die Waarheid wat julle vrymaak. Nie net nou nie maar tot in alle ewigheid.

Einde van Woord


Elisheva: Dank U.

Omdat hy die webwerf afgehaal het. Coenrad het ‘n webwerf opgehad wat met die hele Afrika praat en ons het die saad sien voortkom, en nuwe vennote wat na vore kom, vernaamlik siele wat na vore kom en Nico Arnold, aangesien dit op sy internet diensverskaffer was, wel, hy het net vir Coenrad gesê, “Of jy verlaat Amightywind Bediening of (ek) haal die webwerf af.” En hy het dit afgehaal! En raai wat mense, dit gaan weer opgaan en dit gaan harder wees as wat dit voorheen was! So vat so duiwel! Jy het nie die oorwinning nie in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH. Daardie stem gaan voort en die Wilde Veldbrand gaan net sterker word reg oor Afrika!

Elisheva: Gaan vind vir ons ‘n Internet Diensverskaffer.

Amen!

(Lag) Amen!

Ons is lief vir julle! Elke YDS ons het julle so baie, baie lief! Ek moet net sê dankie vir julle verjaarsdag groete. Vergewe my, vergewe my, vergewe my. Ek bedoel regtig om vir elkeen van julle te skryf. Julle weet ek het julle lief. Julle weet ek waardeer julle. Diegene wat vir my daardie groete gestuur het, ek het gehuil. Hulle was so mooi, so gesalf. Dit was asof die woorde uit die Hemel gekom het. Net om te weet…. so hard as wat satan probeer het om vir my te sê ....dat my lewe nutteloos en nikswerd was, het YAHVEH en YAHUSHUA my veral op my verjaarsdag gewys dat daar diegene was wat my lewe gevier het as gevolg van dit waarvoor ek gebruik was om te doen. En ek bedank julle net en ek is lief vir julle. Ek sien uit daarna om ‘n ieder en elk van julle ‘n drukkie te gee. So in plaas van om dit te skryf, kan ek net vir julle in my eie woorde sê hoe baie lief ek julle het en waardeer? Ek bedoel, liedjies was geskryf wat onder die Salwing was. ‘n Jong meise genaamd Sini, my geliefde Sini, jy was so skaam en tog het jy so gesalf geskryf. Ek kan nie nou elkeen noem nie maar ek voel gelei om dit op die oomblik in hierdie boodskap te plaas omdat julle gewag het vir ‘n persoonlike dankie. En ek bedank julle, elkeen, elkeen, wat net gestop het en YAH gedank het dat ek gebore was. Ek bedank julle. Ek bedank julle net. Ek is lief vir julle. Totsiens.

‘n Aanstoot vir Sommige, Verligtend vir Ander

Apostel Elisheva Eliyahu