J E S A J A 6 1



1 Die Gees van YAHUVEH is op my, omdat YAHUVEH my gesalf het om ‘n boodskap te bring aan die ootmoediges; HY het my gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis;
2 om uit te roep ‘n jaar van die welbehae van YAHUVEH en ‘n dag van die wraak van onse Elohim; om al die treurendes te troos;
3 om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, ‘n gewaad van lof vir ‘n verslae gees; sodat hulle genoem kan word terebinte van geregtigheid, ‘n planting van YAHUVEH, tot sy verheerliking.
4 En hulle sal die ou puinhope bou, die verwoeste plekke uit vroeër dae weer oprig en die verwoeste stede weer nuut maak wat woes was van geslag tot geslag.
5 Die vreemdelinge sal staan en julle kleinvee oppas, en uitlanders sal julle landbouers en wynboere wees.
6 Maar júlle sal priesters van YAHUVEH genoem word; aan julle sal gesê word: Dienaars van onse Elohim! Julle sal die rykdom van die nasies eet en op hulle heerlikheid julle beroem.
7 In plaas van julle skande ontvang julle ‘n dubbele deel; en in plaas van die smaad sal hulle jubel oor hul deel. Daarom sal hulle in hul land ‘n dubbele deel in besit neem, ewige vreugde geniet.
8 Want EK, YAHUVEH, het die reg lief; EK haat die roof met onreg, en EK sal hulle getrou hul loon gee en ‘n ewige verbond met hulle sluit.
9 En hulle nageslag sal bekend word onder die nasies en hulle nakomelinge onder die volke; almal wat hulle sien, sal hulle daarvoor aansien dat hulle ‘n geslag is wat YAHUVEH geseën het.
10 Ek is baie bly in YAHUVEH, my siel juig in my Elohim; want HY het my beklee met die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel—soos ‘n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos ‘n bruid wat haar versier met haar juwele.
11 Want soos die aarde sy plante voortbring, en soos ‘n tuin sy gewasse laat uitspruit, so sal YAHUVEH geregtigheid en lof laat uitspruit voor die oog van al die nasies.
YAHUSHUA is God YAHUVEH se Seun wat gemanifesteer het in die vlees! YAHUSHUA is ons Messias! YAHUSHUA is Koning van die Jode, Koning van Konings en Here van Here! YAHUSHUA is ons spoedig komende Bruidegom! YAHUSHUA was gebore vanuit ‘n maagd en SY enigste Vader is YAHUVEH! YAHUSHUA was gekruisig as die enigste Heilige sonde offer in ons plek, en het op die derde dag opgestaan. Ons verlang na SY wederkoms, soos HY sal kom vir SY Bruid, wat gesimboliseer is as die vyf wyse maagde! KOM YAHUSHUA KOM GOU IS ONS GEBED!



Ons Glo…

in die SHEMA, Hoor, Israel die HERE ons GOD, die HERE is EEN (Deut 6:4-9). Ons glo in die HEILIGE DRIE-EENHEID, ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH en die kosbare RUACH HA KODESH

Ons Glo…

daarin om die Heilige Feeste te onderhou en die Sabbat (Vrydagaand tot Saterdagaand) dag heilig te hou en dat hierdie ‘n aaneenlopende verbond is (Eksodus 31:16-17) tussen ABBA YAHUVEH en SY kinders en dat YAHUSHUA HA MASHIACH die HERE van die Sabbat is. Om ONGEHOORSAAM te wees aan die res van die 10 Gebooie is opsetlike ongehoorsaamheid en moet bely en berou word anders val jy onder oordeel.

Lukas 6:46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?

Filippense 2:12 Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing;

Ons Glo…

dat die enigste manier om van ons sonde skoongewas te word is deur berou, weg te draai van sonde en daardie sonde voor YAHUSHUA van Golgota en Nasaret te erken, en vergifnis te vra vir daardie sonde, dit te was in die Heilige gestorte bloed van YAHUSHUA van Golgota, en geloof te hê in die kosbare bloed van YAHUSHUA, water doping is ‘n fisiese teken aan ander dat ons openlik vir YAHUSHUA as Heer en Redder bely en YAHUVEH se geskenk by Golgota aanvaar. Nie ‘n eenmaal-gered altyd-gered evangelie nie.

Ons Glo…

dat Adam en Eva gemaak was in die beeld van die HEILIGE DRIE-EENHEID en dat Eva gemaak was in die beeld van die RUACH HA KODESH IMMAYAH (HEILIGE GEES).

Genesis 1:26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na Ons beeld, na Ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.”

Ons Glo…

IMMAYAH die RUACH HA KODESH is ‘n vrou en dat vroue gemaak was in HAAR beeld. SY word verskeie kere in die bybel genoem in die boek van Wysheid. SY word verwys na as WYSHEID en WYSHEID in die bybel word beskou as ‘n “SY.” As jy nog nie verstaan nie moet asseblief nie laster wat jy nie verstaan nie. Ek (Elisheva Eliyahu) het ‘n ope visioen gehad van hoe sy lyk en was geseën en geëerd om deur HAAR gebruik te word om HAAR geheime te deel met die wêreld toe ek Profesieë 89 en 90 geprofeteer het.

RUACH ha KODESH Bybel Verwysings: Jesaja 63:10 Psalm 51:
Vroulike Geslag – ‘SY’ – RUACH HA KODESH – CHOKHMAH (WYSHEID) vroulike woord in Hebreeus
Spreuke 1:20…WYSHEID roep hardop daarbuite, SY verhef HAAR stem op die pleine.
Spreuke 1:21…SY spreek HAAR woorde.
Spreuke 1:23…Wend julle tot MY teregwysing, dan laat EK MY GEES vir julle uitstroom.
Spreuke 3:18…SY is ‘n lewensboom vir die wat HAAR aangryp.
Spreuke 4:6…Verlaat HAAR nie, dan sal SY jou bewaar; kry HAAR Lief, dan sal SY jou bewaak.
Spreuke 4:13…Hou vas aan HAAR want SY is jou lewe.
Spreuke 9:1…WYSHEID het HAAR huis gebou, HAAR sewe pilare uitgekap.
Openbaring 4:5…Sewe Geeste van YAH. (Is hulle dieselfde as die sewe pilare van WYSHEID?)
Mattheus 11:19…Maar WYSHEID is geregverdig deur HAAR kinders.
(Alle verwysings is uit “New KJV” (vrylik vertaal.)

Ons Glo…

dat die twee getuies waar is soos die bybel sê en ons gaan voort om hulle te bedek in gebede van beskerming ten spyte daarvan dat ons nie weet wie hulle is nie. ABBA YAHUVEH het die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH beveel in Profesie 83 om die twee getuies bedek te hou in gebede (hier is ‘n uittreksel): “EK, YAHUVEH beveel die Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH hierdie dag om te bid vir die Twee Getuies. Bid vir die Twee Getuies want die tyd kom dat EK die engele sal stuur, o so gou, om aan die Twee Getuies te bevestig wie hulle is in MY.”

In Profesie 83 word dit openbaar dat die twee getuies manlik en vroulik is: “Kyk, EK, YAHUVEH vertel ‘n geheim aan die wêreld, kyk EK doen ‘n nuwe ding, dit is ‘n man en dit is ‘n vrou. Want julle manne tart en spot, net soos EK D'vorah (Deborah) opgerig het as Rigter van die hele Israel [Rigters 4:4], net so rig EK op, net so was dit voorbestem, die een wat gaan kom sal ’n gees hê soos ‘n Moses, die een wat gaan kom sal ‘n gees hê soos ‘n Elia. Maar terwyl hierdie twee steeds in die vlees is, kom die aanvalle na hulle toe.”

Ons Glo…

YAHUSHUA is ook bekend deur die naam JESUS CHRISTUS, maar hierdie Bediening glo ons moet ons Messias by SY Hebreeuse naam noem wat beteken ‘YAH RED.’ Hierdie naam is ‘n herinnering dat ons Skepper, wie GOD die Vader YAHUVEH is van Hemel en Aarde en alles tussenin…HY ons siel red deur SY enigste verwekte Seun YAHUSHUA. Leer oor hulle Heilige Gewyde Name Hier.

Ons Glo…

die enigste weg terug na die Hemel is deur YAHUSHUA te aanvaar, wat gebore is vanuit ‘n maagd, wie gekruisig was in ons plek en opgestaan het vanuit die dood op die 3de dag, na 40 dae en voor getuies opgevaar het terug na die Hemel.

Ons Glo…

YAHUSHUA het uit die Hemel gekom, die enigste verwekte Seun van YAHUVEH, wie die enigste perfekte sondelose bloed offer is wie na hierdie aarde toe gekom het om vir ons sondes te sterf. YAHUSHUA het nie dood gebly nie maar op die 3de dag het HY opgestaan en is nou al die mag deur YAHUVEH gegee. Ons glo YAHUSHUA kom weer vir die getroues wie HY SY Bruid noem, gesimboliseer as die 5 wyse maagde wat die wegraping genoem word.

Ons Glo…

deur YAHUSHUA as MESSIAS te aanvaar en aan YAHUVEH en YAHUSHUA ons sondes te bely, weg te draai van daardie sondes en om ons bes te doen om te gehoorsaam, lief te hê, te aanbid, te dien en om in al ons weë ons geliefde VADER YAHUVEH en YAHUSHUA HA MASHIACH wat beteken (die Messias), eerste te stel, dat HY ons siele sal red en ons Hemel toe sal neem wanneer ons sterf of weggeraap word.

Ons Glo…

wanneer ons dit doen, kom die RUACH HA KODESH, ook genoem die Heilige Gees in ons liggame wat dan die Tempel van die RUACH HA KODESH word. Ons glo ons moet die duiwel en sy werke haat soveel as wat ons, ons YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH Liefhet. Ons moet alles wat Heilig is verdedig en alles wat onheilig is bestraf en ontken. Ons moet Heilig leef teenoor ons Messias en SY voorbeelde van Heiligheid volg.

Ons Glo…

ons is nie perfek nie, want alleenlik YAHUSHUA is perfek, maar wanneer ons sondig deur woord of daad kan ons uitroep in YAHUSHUA se naam en ons Vader YAHUVEH vra om ons te vergewe, deur die gestorte bloed van YAHUSHUA oor ons sondes te pleit en vra dat hulle vergewe word, en dan hard te probeer om verblydend tot YAHUVEH en YAHUSHUA te bly.

Ons Glo…

alleenlik YAHUSHUA is ons bemiddelaar, nie sy Moeder Maria nie, en tog respekteer en eer en het ons haar lief omdat sy YAHUSHUA se moeder is. Maar, op geen manier aanbid of bid ons tot haar nie, want YAHUSHUA, alhoewel haar aardse seun, is ook haar Messias, want sy het hom ook HERE genoem. As Maria sondeloos was dan sou sy waardig gewees het om die sonde bloed offer by Golgota te wees. Die fout van die Katolieke Kerk is om haar gelyk te stel met YAHUSHUA. Daar is slegs een drie-enigheid en dit is die Vader YAHUVEH, SY Seun YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH. Nie een van ons sou gered gewees het as die RUACH HA KODESH ons nie getrek het om YAHUSHUA lief te he en as MESSIAS te aanvaar nie.

Ons Glo…

dat ons nodig het om die Joodsheid van ons Messias te leer en te bestudeer, wie ook genoem word Koning van die Jode. Hierdie Bediening glo ook dat ons die Heilige Feeste moet eer soos YAHUSHUA dit onderhou het en YAHUVEH dit beveel het en dit sluit in eer die Sabbat Dag en hou dit Heilig, wat die 7de dag is – Vrydag sononder tot Saterdag sononder. Hierdie Bediening het die mandaat van Jesaja 61. Hierdie Bediening glo daar is ‘n Hemel om te verkry en ‘n Hel om te verwerp en elkeen wat lewe maak hulle eie besprekings vir Hemel of Hel, afhangende van wat hulle met YAHUSHUA doen. Het hulle HOM hulle GOD en MESSIAS gemaak, ook genoem Redder?

Ons Glo…

alleenlik die Bybel is die geinspireerde en onfeilbare Woord van YAHUVEH in die oorspronklike skrywes. Ons glo dat die Woord van YAHUVEH, die Bybel en Torah nie kan lieg nie. Dat YAHUVEH die enigste Hemelse Vader is, Skepper van Alles.

Ons Glo…

dat jy nie soos die duiwel kan leef en steeds Hemel toe kan gaan nie. Daar moet ‘n wegdraai van sonde wees, en te glo deur YAHUSHUA dat HY jou ‘n nuwe Skepping in YAHUSHUA sal maak, soos die Bybel sê, “Alle ou dinge gaan verby en word NUUT.” YAHUSHUA is heeltemal sondeloos en SY bloed is Rein en Heilig en dit is waarom HY alleen die ENIGSTE, PERFEKTE Bloed offer vir ons sondes is.

Ons Glo…

wanneer ons eenmaal vir YAHUSHUA as ons God, Here en Redder aanvaar, sal ons begeer om HOM te gehoorsaam omdat ons HOM LIEFHET. Ons weet wanneer ons sondig het ons SY Heilige bloed om ons sondes weg te was. Maar ons beoefen nie sonde nie, ons probeer en gehoorsaam om Heilig te wees soos YAHUSHUA Heilig is.

Ons Glo…

daar is een GOD, wat ewig bestaan in drie persone: GOD die Vader, YAHUVEH, GOD die Seun, YAHUSHUA, en GOD die Moeder, die RUACH HA KODESH [Heilige Gees].

Ons Glo…

in die godheid van YAHUSHUA, in SY maagdelike geboorte, in SY sondelose lewe, in SY wonderwerke, in SY middelike en versoenende dood, in SY liggaamlike opstanding, in SY opvaring na die regterhand van die Vader, in SY persoonlike toekomstige terugkeer na hierdie Aarde in mag en glorie om tot Homself, SY bloed gekoopte kerk, te ontvang, wie vir ewig saam met HOM sal heers, DIE BRUID VAN YAHUSHUA.

Ons Glo…

in ‘n wegneem, wegraping van YAHUSHUA se Bruid wie nie aangewys is tot Vader YAHUVEH se toorn nie. Ons maak ‘n standpunt nie vir enige etiket of dit Voor-Verdrukking, Tydens-Verdrukking of Na-Verdrukking is nie, want dit kan net sowel ‘n kombinasie van hierdie etikette wees. Die hoof fokus is om gereed te wees maak nie saak wanneer YAHUSHUA terugkom vir SY geliefde Bruid. Bly in geloof en hou jou besig totdat HY kom, deur elke dag te leef asof dit ons Laaste is.

Ons Glo…

die Bybel is YAHUSHUA, die Woord wat Vlees geword het. Ons glo YAHUSHUA het hierdie Bediening gesalf om uit te reik na beide Jood en Heiden, na alle rasse, familie en tale. Na alle Nasies. Ons is NIE ‘n aannemer van persoon ten opsigte van ryk of arm nie. Aan almal sal bedien word en vrylik deur alle bedienaars wat geassosieer word met hierdie Bediening.

Ons Glo…

om siele na YAHUSHUA te bring vir SY Lof, Eer en Glorie alleen.

Ons Glo…

dat die enigste manier om van ons sonde skoongewas te word is deur berou, weg te draai van sonde en daardie sonde voor YAHUSHUA van Golgota en Nasaret te erken, en vergifnis te vra vir daardie sonde, dit te was in die Heilige gestorte bloed van YAHUSHUA van Golgota, en geloof te hê in die kosbare bloed van YAHUSHUA, water doping is ‘n fisiese teken aan ander dat ons openlik vir YAHUSHUA as Heer en Redder bely en YAHUVEH se geskenk by Golgota aanvaar. Nie ‘n eenmaal-gered altyd-gered evangelie nie.

Ons Glo…

Johannes het met water gedoop en YAHUSHUA gebruik die RUACH HA KODESH om ons te doop met Heilige Gees Vuur soos in die dae van “Pentecost” (Heilige Gees Uitstorting). Ons glo om in Heilige tale te praat en al die gawes van die RUACH HA KODESH en in die doop in die RUACH HA KODESH, volgens Handelinge 2:4, word gegee aan gelowiges wie daarvoor vra en glo dat hulle dit deur geloof ontvang.

Ons Glo…

hierdie tekens sal hulle volg wat glo: uitdryf van duiwels in die naam van YAHUSHUA, spreek met nuwe tale, hande lê op siekes en hulle sal herstel. Ons glo tekens, wonders en wonderwerke volg hulle wat glo in YAHUSHUA as Vrymaker, Verlosser, Geneesheer, Redder, die een van wie alle seëninge vloei.

Ons Glo…

YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH is NIE alleenlik Almagtig in LIEFDE nie maar ook Almagtig in Oorlog teen SY vyande.

Ons Glo…

dat die herlewing deur die RUACH HA KODESH absoluut verpligtend is vir persoonlike redding. Ons glo dit is die RUACH HA KODESH wat siele trek na die reddende genade van YAHUSHUA en niemand kan gered word as die RUACH HA KODESH NIE siele trek na YAHUSHUA van Golgota en Nasaret nie.

Ons Glo…

die RUACH HA KODESH vernietig alle jukke en binding. Ons glo die RUACH HA KODESH salf steeds en spreek voort uit Apostels, Profete, Evangeliste, Leerders en Pastore. Ons glo dat ons YAHUVEH georden moet wees en nie net mens georden nie.

Ons Glo…

ons moet in hierdie wêreld leef maar nie soos hierdie wêreld word nie. Ons glo die aarde is NIE ons tuiste nie, maar Hemel is ons tuiste. Wanneer ons werke op aarde klaar is sal ons terugkeer na ons Hemelse Vader YAHUVEH. Ons glo hierdie liggame waarin ons nou is, is tydelik en net klei doppe wat terugkeer na stof na dood. Tog glo ons, ons Gees lewe vir Ewig, of in die Hemel of in die Hel. Ons glo nie in Reinkarnasie nie, ons glo die Bybel: “Die mens is aangewys om eenkeer te sterf en daarna die oordeel.”

Ons Glo…

om NIE ons skatte op aarde te versamel NIE, maar in die Hemel waar mot en roes nie kan verniel en diewe nie kan steel nie.

Ons Glo…

dat die reddende werk van YAHUSHUA op die kruis genesing vir gelowiges voorsien in YAHUSHUA, hulle gedagtes, liggame, geeste en siele, in antwoord op ons ons gebed van geloof in YAHUSHUA wat GOD is en alle mag het, gegee aan HOM deur SY Vader YAHUVEH.

Ons Glo…

YAHUVEH en YAHUSHUA is dieselfde Gister, Vandag en Vir Altyd. HY verander NIE ten opsigte van ons tye nie.

Ons Glo…

dat ons Heilig Moet Wees soos YAHUVEH en YAHUSHUA Heilig is, ten minste bly probeer, alhoewel geeneen ooit kan vergelyk met die Heiligheid van YAHUVEH en YAHUSHUA, wie ons dien nie.

Ons Glo…

in die reinigende krag van die inwoning van die RUACH HA KODESH om die Gelowige in staat te stel om ‘n Heilige lewe te leef.

Ons Glo…

in die opstanding van beide die gereddes en die verlorenes, die een tot ewige lewe en die ander tot ewige verdoemenis. Ons glo dit is die mens se keuse of hulle ewigheid in die Hemel of in die Hel spandeer, dit is hulle keuse alleen.

Ons Glo…

YAHUVEH en ons Redder, YAHUSHUA weet alreeds wie se name is geskryf in die Lam se Boek van Lewe, voor die fondasie van die wêreld gevorm was. Ons glo in ‘n Hemelse Vader wie hulle seën wat HOM gehoorsaam, en hulle vervloek wat ongehoorsaam is soos in Deut. 28.

Ons Glo…

om die Sabbat dag Heilig te hou, wat Vrydag sononder tot Saterdag sononder is. Nie die mensgemaakte dag van Sondag, wat deur die Katolieke Kerk geskep is nie.

Ons Glo…

om die Sabbat te hou is ‘n teken dat ons begeer om ons Hemelse Vader te gehoorsaam, en alhoewel om dit nie te gehoorsaam nie jou nie van die Hemel sal weghou nie, dit sal jou weghou van die seëninge en beskerming wat gereserveer is vir hulle wat gehoorsaam. Eer die Sabbat Dag en hou dit Heilig. Hierdie behoort ‘n tyd van rus te wees en om vir YAHUVEH en YAHUSHUA te soek. Ons glo YAHUSHUA sal weer kom en dat dit op ‘n Sabbat sal wees. Ons weet nie watter een nie.

Ons Glo…

deur nie die Ware Sabbat te onderhou nie, sowel as om ONGEHOORSAAM te wees aan die res van die 10 Gebooie is is opsetlike ongehoorsaamheid en moet bely en berou word anders val jy onder oordeel.

Lukas 6:46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?

Filippense 2:12 Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing;

Hebreërs 10:29 Hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het?

Ons Glo…

YAHUVEH en YAHUSHUA spreek voort deur Apostels en Profete vandag. Ons glo die RUACH HA KODESH gee NIE om wat die geslag van ‘n persoon is, of dit manlik of vroulik is nie. Die RUACH HA KODESH sal kies wie SY ookal salf om HAAR Woorde voort te spreek. Ons glo om te waarsku waar die Wolwe, Bose Skaapherders en Vals Profete of Vals Leerders is. Want ons glo ons is ook Wagters op die toring en Esegiël 3:17-21, wanneer ons ‘n waarskuwing gegee word moet ons dit aanstuur of die bloed van hulle wie ons moet waarsku sal op ons hande wees. As ons waarsku en hulle nie luister nie, sal hulle doodgaan in hul sondes, maar ons sal NIE hulle bloed op ons hande hê nie.

Ons Glo…

YAHUVEH en YAHUSHUA sal SY mense beskerm gedurende die komende Groot Verdrukking, of ons deur enigiets daarvan moet loop, weet net YAHUVEH. Ons glo YAHUVEH sal vir SY kinders voorsien wie hulle geloof in HOM hou, wie bonatuurlik in al ons behoeftes sal voorsien, buitengewoon en oorvloedig bokant wat ons kan waag om te droom of voor te vra. Soos in die dae van Moses, sal die GOD YAHUVEH en YAHUSHUA wie ons dien NOOIT SY Babatjies, Bruid, Uitverkoreness en Uitgesoektes verlaat of versaak nie maar sal in elke behoefte van ons voorsien volgens SY rykdom in Glorie.

Ons Glo…

die RUACH HA KODESH gebruik hierdie Bediening om die Wêreld te bereik met die Evangelie van YAHUSHUA, en bring die profetiese boodskappe na die mense in hierdie eind tye om te bemoedig, waarsku en leer.

Ons Glo…

YAHUSHUA Regeer, Heers en kom weer om SY vyande te vernietig!

Ons Glo…

YAHUSHUA het as ‘n Jood gekom en is Redder vir beide Jood en Heiden.

Ons Glo…

die bloed van YAHUSHUA was ons sondes weg, en bevry en beskerm ons van die mag van satan en enige okkultiese vloeke of vorms van heksery of enige vorm van boosheid. Ons het Geloof dat niks meer magtig is as die Naam van YAHUSHUA, die Bloed van YAHUSHUA, die Woord van YAHUVEH en YAHUSHUA. Ons het Geloof dat baie is die ellende van die regverdiges, maar my GOD sal my van almal van hulle vrymaak.

Ons Glo…

baie meer as wat hier verklaar word maar die Bybel bevat alles waarin ons glo. As jy meer wil weet waarin ons glo, lees die Bybel en die Torah en jy sal die volledige verklaring van Geloof sien. Ons wat arbei in hierdie Bediening bid dat ons ‘n seën sal wees vir jou op ‘n manier, en dat ons werk nie verniet sal wees nie, maar dat ons jou eendag van aangesig-tot-aangesig in die Hemel sal sien.

Wat YAHUVEH en YAHUSHUA geleer het, Glo ons.

Ons Glo…

Ons sal almal van julle in die Hemel ontmoet wie saamstem en lewe volgens hierdie verklaring van geloof. Ons sien uit om jou daar te sien!

VERKLARING VAN GELOOF

Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah