Shabbat Shalom!
Tazria - Sy is Swanger / Metzora - Besmette Een
- YAHUSHUA’S Nuwe BloedVerbond Profesieë


Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het. “EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)

2 Mei 2025


Profesie 89 Geheime Van Die Ruach Ha Kodesh! Geheime Van Die Heilige Gees!

Elisabeth (Elisheva) se kommentaar:

Waarskuwing! Hierdie mag dalk die mees kontroversiële Profesie wees wat tot dusver aan my gegee is. Gedeelte daarvan bevat persoonlike openbaringe aan my en dit is waarom my naam genoem word deur die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES). Maar, ek wil nie hierdie Hemelse Boodskap sensor nie.

* * * * * * *

Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het

- Met Profeet Elisheva se “Heilige tale,” soos GOD se GEES uiting gee (Handelinge 2:3-4) van hemelse of aardse tale (1 Kor 13:1). Elisheva praat voort in tale wat Profesie bring (1 Kor 14:6).

Dit bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:

YAH/YAHU יה is die HEILIGE , GEWYDE NAAM van GOD soos in “Alleluia” of “Hallelu YAH” הללו-יה

Wat letterlik beteken: “Prys YAH”

YAHUVEH/YAHWEH י-ה-ו-ה GOD DIE VADER

YAHUSHUA/YAHSHUA יהושוע GOD SE ENIGSTE GEBORE SEUN

HA MASHIACH המשיח beteken ‘DIE MESSIAS’

ELOHIM אלוהים beteken “GOD”

Die openbaring

van “SH’KHINYAH GLORY’ שכניה תפארה

– as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH רוח הקדש,

In Afrikaans genoem “DIE HEILIGE GEES”- is ook op hierdie web werf.

(Ha SH’KHINAH שכינה {SHEKINAH}

is Hebreeus vir; GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID)

Addisioneel; ABBA YAH אבא יה beteken ‘VADER YAH”

En IMMA YAH אמא יה beteken “MOEDER YAH’

Skrifgedeeltes aangehaal uit Woord en Getuienis Bybel, behalwe anders aangedui. Regs “click” op die voetnota nommers om ‘n tweede “tab” oop te maak.

* * * * * * *

YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat voor die Profesieë geplaas moet word:

EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva), om nie hierdie bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie. Selfs nog voordat daar ‘n bediening was. ek het dit in jou gees geplaas.

Want niks hiervan was deur jou eie toe doen nie. Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.

Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA

jou MASHIACH, geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH, jou IMMAYAH, geboorte gegee.

As dit net deur jou hand was, sou dit lankal misluk het.

Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE SE WIND wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGE WIND VAN HERLEWING. Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.

“EK IS YAHVEH, dit is MY NAAM. En MY EER sal EK aan geen ander gee, Of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. Jesaja 42:8

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD beveel om ook die volgende as ‘n waarskuwing by te voeg vir die wat spot:

“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot, totdat die gramskap van YAHWEH teen SY Volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

- 2 Kronieke 36:16

* * * * * * *

Verhaal Agter Profesie 89

Brief geskryf September 2008

Voordat hierdie Profetiese Woord voortgekom het, was die ander vroue in AmightyWind Ministry en ek besig om ons gunsteling onderwerp te bespreek: YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH! Ek het die vraag gevra, "Kon die RUACH HA KODESH vroulik wees?”

Ek het gedink, “Waarom kon die RUACH HA KODESH nie vroulik wees nie? Die Heilige Skrif sê mens is gemaak volgens die BEELD VAN YAHUVEH GOD, manlik en vroulik (Gen 1:27). Kon dit nie redeneer word dat vroue in HAAR BEELD gemaak is nie?” Ons het ‘n kort bespreking daaroor gehad.

Kort daarna het Kathrynyah die Stem van IMMAYAH gehoor en die Woorde wat sy gehoor het neergeskryf. Hulle was so pragtig, so liefdevol en so verskillend van die Stem van VADER YAHUVEH of YAHUSHUA, soos ‘n liefdevolle moeder ‘n soet in haar stem het, wat verskil van ‘n vader. Ek het ons GELIEFDE RUACH HA KODESH gevra of SY vir my ‘n Woord wou gee, want ek het so verlang om HAAR Stem te hoor. SY het my pleidooi gehoor en vir my die pragtige Profetiese Woorde gegee wat julle in hierdie boek sal lees.

Soos ek terugkyk, is ek seker IMMAYAH, ons HEILIGE MOEDER het dit in my gees geplaas om hierdie vraag te vra, om die deur vir HAAR oop te maak om te antwoord op HAAR eie geseënde manier, wat nie nageboots kan word nie!

Moet asseblief nie die Boodskapper stenig nie. Soos die Heilige Skrifte in Amos 3:7 sê, “YAHUVEH GOD deel SY geheime met die Profete.” Daar is baie Skrif om die Waarheid van die HEILIGE GEES of RUACH HA KODESH in Hebreeus, wat vroulik is, te staaf.

Mag jy, die leser, geseend wees deur die Openbaringe wat ons HEILIGE MOEDER, IMMAYAH, vir my gegee het.

Elisabeth Sherrie Elijah

[Elisheva Eliyahu]

* * * * * * *

Dit was opgeneem op band, ongelukkig ‘n baie swak kwaliteit,

sodat die audio nie geplaas kan word nie, maar hier is die transkripsie

(Elisheva is besig om te bid:) Ons almal wil U ken, MAMMA RUACH. Die mense sê dat U ‘n “HY” is. Hulle sou nooit vir U in die verlede krediet gegee het nie. Heilig, Heilig, Heilig, Heilig…ons roep net tot U MAMMA RUACH ha KODESH. Sal U asseblief USELF aan my openbaar? Sal U uself aan ons openbaar? Kathy (Kathrynyah) het Pragtige Geskrifte, wat ek weet dat U deur haar skryf in ‘n heeltemal ander stemtoon. U is so saggeaard. U is alles wat ‘n vrou moet wees. As ‘n vrou is dit my begeerte om meer soos U te wees. U IS DIE DEFINISIE VAN DIE WOORD VROULIK. Selfs ABBA YAHUVEH en YAHUSHUA waarsku dat 'U nie seergemaak moet word nie'.

Profesie 89 Begin:

27 Januarie 2007

Wag, Wag, Wag,

Dit is nog nie nou die tyd vir MY om na vore te kom op die manier soos jy vir MY gevra het om na vore te kom nie.

Maar EK sal dit doen. en jy sal dit leer. En daar sal teen die leuens gestry word.

Dit is EK wat die begeerte gee om hierdie gebed te bid.

Dit is EK wat die begeerte gee om te weet WIE EK IS.

Want dit is EK, DIE EEN op WIE se skouer jy in die Hemel jou kop neergelê het.

("Banquet Table Dream").

EK het vir jou gewys hoe lief EK almal het wat vir YAHUSHUA liefhet.

EK IS DIE MOEDER VAN DIE SKEPPING.1 Vroue is na MY BEELD geskape.

EK IS “SONDER ‘N OUDERDOM.” EK IS MEDE-SKEPPER.

Die familie (op aarde) is ‘n ewebeeld van hoe dit in die Hemel is. Waar dink jy kom dit vandaan? Die moeder? Die vader? En die kinders. Dit beteken nie dat ‘n geboorte in die Hemel dieselfde is as op die Aarde nie. Dit was nooit bedoel om so te wees nie. Dit is a.g.v. van Eva se sonde en Adam se sonde, dat dit nou ‘n pynlike proses is.

Daar is geen naelstring in die Hemel nie. Daar is geen pyn in die Hemel nie. Daar is net Liefde Vrede & Vreugde. Daar is net Geluk.

[Elisheva:] Wat nog MAMMA? Wat wil U nog vir my vertel?

Elisabeth [Elisheva],

Jy wat gesmag het na die liefde van ‘n moeder….selfs in jou moeder se baarmoeder het jy na MY toe uitgeroep!

Dit is hoekom EK jou nou vul op die manier waarop EK dit doen met so ‘n unieke Salwing, sodat jy nooit weer leeg sal voel nie.

(Aan baie ander:)

Julle het gesmag na aandag. Julle aardse moeder het die beste gedoen wat sy kon met die gees waarmee sy gewerk het. Maar EK vul julle ook met MY LIEFDE. Elisabeth [Elisheva], wanneer jy wieg en jy bid, is dit EK wat jou so wieg. Hou aan om daarna te streef om uit te vind WIE EK IS. EK sal nog meer aan jou openbaar. EK sal jou herinner hoe dit was toe jy MY GESIG in die Hemel gesien het.

Want EK sit langs die HEMELSE VADER—YAHUVEH is MY MAN. YAHUSHUA is MY SEUN. Daar is nie net een Troon nie, daar is Drie Trone in die Hemel & ONS regeer as ‘n eenheid. Hoe dink jy bereik jou gebede ABBA YAHUVEH se Ore? Dit is EK wat hulle na HOM toe stuur. Want EK IS in die mense wat glo, die wat MY SEUN, YAHUSHUA liefhet. Dit is EK, DIE GESALFDE WIND wat julle gebede na HOM (YAHUVEH) toe blaas, net soos EK ‘n soen na die hemel toe sal blaas. EK spreek met simboliek ...sodat julle sal verstaan. Wanneer julle bid, is dit soos om soene te blaas vir jou ABBA YAHUVEH wanneer julle in MY SEUN se NAAM bid. Dit neem al DRIE van ONS om ‘n gebed te hoor en te antwoord.

Hierdie is net die begin van die Onderrig. Dit is net vir diegene vir wie EK jou sê om dit te vertel. Jy sal dit natuurlik met hierdie hele familie ook deel. Maar EK sal dit versigtig aan jou oordra, soos geen ander woord nog ooit na vore gekom het nie. Want hierdie is Geheime wat satan nooit geopenbaar wou hê nie. En hy sal jou met ‘n geveg beveg wat jy nog nooit te vore ervaar het nie. Dit is hoekom dit nog nie nou die tyd is om hierdie Woord vir die wêreld te gee nie. EK sal dinge aan jou spreek wat geen man of vrou nog ooit gehoor het nie.

Hoekom dink jy het lucifer gekom en eerste vir Eva versoek? Dit was om MY te bespot. Want Eva was na MY BEELD geskape, net soos Adam na YAHUVEH se BEELD geskape was, en net soos Abel na YAHUSHUA se BEELD geskape was - REGVERDIG, DIE DEFINISIE VAN LIEFDE. Want dit is deur satan se hand dat Kain vir Abel doodgemaak het. Net soos dit deur die gees van Kain se hand was, was satan weer gebruik, deur MY SEUN YAHUSHUA te kruisig, alhoewel dit deel van ALMAL van ONS se plan was - vir die van julle wie se name in die LAM Se Boek van die Lewe geskryf staan — sodat julle na die Hemel toe kon terugkeer.

Daar is geen ander manier. so op daardie dag was daar ‘n Nuwe Bloed Verbond gebore – om die Ou Bloed Verbond te vervang, omdat dit nie kon bly staan nie. Wil jy weet wat is een van die dinge wat MY bedroef maak? Wil jy weet wat is een van die dinge wat MY aanstoot gee? Elisabeth [Elisheva], wanneer jy MY Woede MY Rasende Woede voel—praat hulle van die VADER se Rasende Woede, van ABBA YAHUVEH se Rasende Woede—julle weet nie— julle het nie ‘n idee van die Rasende Woede van die MOEDER VAN DIE SKEPPING nie! Jy ken net ‘n deeltjie van MY Rasende Woede—wanneer jy voel asof ‘n vulkaan enige tyd in jou kop wil ontplof, en al is dit in die naam van regverdigheid, het julle net nog maar steeds net ‘n deeltjie van MY Rasende Woede!

Wanneer jy in die Woord wat vertaal is, lees jy hoe hulle dit DURF WAAG om MY SEUN YAHUSHUA, “die seun van die mens” te noem—HY was NOG NOOIT die seun van die mens nie! HY IS DIE SEUN VAN YAHUVEH! DIE SEUN VAN YAH! Wanneer jy dit in die vertalings sien—hoe lank terug het EK jou nie al bedroef laat word nie. En jy het nog nooit vrede hieroor gehad nie! En tog verduidelik jy, “Al die vertalings doen dit.” Dit is NIE deur MY Hand dat dit so moes wees nie! Dit is a.g.v. satan se plan.

Al was HY (YAHUSHUA) gebore in ‘n menslike liggaam, Al het HY die pyn op die Kruis verduur, was HY NOOIT—NOOIT—NOOIT die seun van die “mens” nie! HY is die SEUN VAN YAH en SY NAAM is Selfs aan die wêreld BEKEND GEMAAK!

Hoekom dink jy het satan probeer om HOM minder te ag en HOM die naam van ‘n mens gegee? EK moes dit maar toelaat en hierdie tyd: voor die Groot Verdrukking, sal die naam JESUS nog staan…

O, maar in die Groot Verdrukking, gaan diegene wat nou gered is en Heilig voor MY lewe—MY GEES is in hulle, net soos julle gered was in die Naam van “JESUS”, sal jy nogsteeds op daardie naam na HOM roep (tydens die Groot Verdrukking). Moenie MY verkeerd verstaan nie. Daar is Krag, Hemelse Krag in daardie Naam, (voor die Groot Verdrukking) a.g.v. die Genade van julle ABBA YAHUVEH. Maar tydens die Groot Verdrukking gaan so baie doodgaan (wat roep op daardie naam)—alhoewel hulle nou gered is. So baie sal wonder hoekom hulle gebede nie geantwoord word nie. Dit is nie omdat ONS hulle nie liefhet nie. (En EK praat nie nou van die wat na die Sondag kerke sal gaan en die merk [van die dier, Openb 13:16; 14:9] sal kry nie)! EK praat met diegene, wat “in die Naam van ‘JESUS’,” sal uitroep, wat weet dat HY die EEN was wat gekruisig was en wat op die 3de dag uit die dood opgestaan het. EK wag vir hulle in die Hemel!

Maar hulle moet verstaan, alhoewel daar nou [voor die Groot Verdrukking] krag in daardie Naam is, sal daar in daardie tyd [tydens die Groot Verdrukking], geen krag in daardie naam wees nie. Dit beteken nie—dat diegene wat nog steeds Heilig voor MY is—nie Hemel toe sal gaan nie, maar dit beteken [tydens die Groot Verdrukking] dat EK hulle nie sal kan antwoord nie. Dit is net soos EK gesê het, dit is [deur] MY Salwing soos om ‘n soen na ABBA YAHUVEH te blaas, wat sal maak dat hulle gebede beantwoord sal word.

Maar op daardie Dag kan EK nie die woorde wat hulle sê ondersteun nie. Want daar sal ‘n ander een op die aangesig van die aarde wees wat sal sê, "Ek is Jesus." En alhoewel EK sal weet van watter ‘JESUS’ hulle praat en na uitroep—sal hulle gebede nie die Hemel bereik nie, omdat daardie naam ‘n vervloeking sal wees. En hulle sal wonder hoekom….Dit is hoekom jy hulle nou waarsku!

(VOOR die Groot Verdrukking!)

Dit is die belangrikheid van daardie HEBREEUSE NAAM!

Jy sien, satan wil nie die woord “YAH” gebruik nie. O, EK het baie vyande daar buite wat dit nou durf waag om bedieninge te bestuur en die NAAM ‘YAH’ gebruik om die wolwe en die skape te mislei.

(Openbaring 3:9 – Kyk, EK gee jou uit die sinagoge van die satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg – EK sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat EK jou liefgehad het.) Maar die seun van satan wil nie die NAAM “YAH” gebruik nie - hy wil ‘n naam gebruik waarmee die wêreld bekend geword het, en dit was die naam van J-E-S-U-S.

(Joh 10:27 – MY skape luister na MY stem en EK ken hulle en hulle volg MY.)

(Verduideliking – nie alle bedieninge wat onder die Naam ‘YAH’ hulle bedieninge bestuur, is van YAHUVEH nie.)

So diegene wie se name in die LAM se Boek van die Lewe geskryf is, sal tydens die Groot Verdrukking terugkom Hemel toe, maar dit sal beteken dat hulle hul lewens moet opoffer (hulle wat aandring op die naam J-E-S-U-S). Maar hulle moet NOOIT, OOIT in ‘n Sondagkerk ingaan nie, want hulle name sal uitgewis word.

En daar sal geen (nuwe) redding in daardie tyd, in die naam J-E-S-U-S wees nie. Dit sal net wees in YAHUSHUA (se NAAM)! Party sal sê “YASHUA” maar die NAAM “YAH” moet nie uitgelaat word nie. Want die gesalfde 144 000 sal nie die naam van J-E-S-U-S leer nie.

Dit is nou. Dit sal dan gebeur. EK het aan julle hierdie boodskap gegee om weer te waarsku. Dit is net soos nou [voor die Groot Verdrukking], dit beteken nie dat almal wat nou na Sondagkerke toe gaan, nie aan MY behoort nie en nie met MY GEES vervuld is nie. Maar dit beteken wel dat dit nie in die Groot Verdrukking toegelaat sal word nie, omdat hulle dan hulself aan die dier sal verkoop.

Verstaan julle dit?

[Voor die Groot Verdrukking,]

Siele word nou gered in die naam van J-E-S-U-S, EK salf in die naam van J-E-S-U-S, EK genees in die naam van J-E-S-U-S, EK bevry in die naam van J-E-S-U-S. Maar dit sal nie dan gebeur nie.

[tydens die Groot Verdrukking]

Waarsku hulle. Hoe kan EK hulle antwoord? Hoe kan MY SEUN YAHUSHUA hulle antwoord? Wanneer hulle uitroep, "Jesus! Help my!" En die seun van satan is daar en sê, "Hier is ek!"

[Hulle sal dan uitroep] "Jesus! Red my! Vergewe my my sondes!" En die seun van satan sal sê, "Hier is ek!"

Kan julle nie die gevaar sien nie?! Kan julle nie verstaan nie?!

Julle besef nie watter droefheid EK gaan voel wanneer diegene wie se name in die LAM se Boek van die Lewe geskryf is, wat van beter weet as om na ‘n Sondagkerk toe te gaan, gaan hardloop en wegkruip en hulle lewens sal moet opoffer, omdat hulle gaan uitroep en nog maar steeds gaan weier om te sê, "in die NAAM van YAHUSHUA!" Hulle sal vashou aan dit wat hulle geleer was, en hulle sal sê, "in die Naam van Jesus", en hulle gebede sal nie die Hemel bereik nie, omdat EK dit nie soos ‘n soen sal blaas nie, omdat die seun van satan gaan uitroep, "Hier is ek."

Dit beteken nie dat hulle name uitgewis is nie; dit beteken net….EK kan nie hulle lewens red nie. EK kan hulle nie wegsteek nie. EK kan nie vir hulle kos gee nie. EK kan hulle nie bevry nie.

Dit is hoekom EK Bedieninge soos hierdie oprig, wat die NAAM VAN YAHSHUA leer, wat die NAAM VAN YAHUSHUA leer - dit maak nie saak nie [of julle YASHUA of YAHUSHUA se]. So baie weier om die NAAM wat EK aan julle gegee het, te spreek (YAHUSHUA), maar DIE NAAM “YAH” kan nie uitgelos word nie, omdat SY NAAM self beteken dat “YAH RED”. EK het aan jou die droom gegee wanneer ruimtetuie kom. Hulle is waarlik satan se weermag, maar hulle het volmag oor diegene wat op die verkeerde naam sal uitroep want hy (die seun van satan) sal sê, "Hier is ek."

So wees gewaarsku! Dit het nou alreeds begin. Daar is een wat opgestaan het. Hy het volgelinge wêreldwyd en hy noem homself ‘Jesus Christus’. Maar die waarheid is dat hy alles uitgooi wat Heilig is. Wees versigtig vir die een wat gaan kom! Hierdie man is maar nog net ‘n mens. Maar wees versigtig vir die een wat gaan kom! Dit sal wees asof Judas weer teruggekom het. En hy is waarlik die seun van satan, die seun van lucifer.

Waarsku hulle nou.

Daar is ‘n tyd en daar is ‘n seisoen. Jy sal weet wanneer om hierdie Woord vry te stel. Maar Elisabeth [Elisheva], nooit weer hoef jy te smag na die liefde van ‘n moeder nie. EK het dit aan jou gewys en EK het daardie leemte gevul.

Einde van Profesie.Verligtend vir sommiges, beledigend vir ander,

Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)

[Kommentaar op die hoorbare band]

[Elisheva]: Ek wil net sê, die Openbaring wat SY vir my gegee het—in die gedeeltes waar mans (in die Bybel) verwys na die RUACH ha KODESH, - HY, HY, HY – (is hulle altyd net een letter uit). Omdat mans altyd sê, "Ons is gemaak na GOD se beeld" en aan die vrou, "Jy is nie na SY Beeld geskape nie, ek is".

So, MAMMA RUACH het nou net die feit bevestig dat vrouens, die vroulike geslag—Eva was na HAAR BEELD geskape & SY sit aan die ander kant van YAHUVEH en SY is MEDE-SKEPPER! So ons is waarlik geskape na GODIN RUACH ha KODESH, ons MAMMA se BEELD. So daar het julle dit, mans van die wêreld! [Op ‘n liefdevolle grappige en prettige manier gesê]

Einde van Opname

Droom: Die UFOs (VVVe – vreemde vlieënde voorwerpe) Kom

Wat Sal Julle Doen?

Maart 2005 Genoem in Profesie 89

Ek het nooit geglo in VVVe of bose vreemdelinge van ander planete nie, totdat ek ‘n droom gehad het iewers gedurende Maart 2005. Sedertdien het ek openbaringe gehad van wat dit is en die ergste is, dit is werklik.

Droom

Ek het myself gesien, in, wat lyk, soos ‘n stad. Ek het mense in vrees gesien weghardloop van die VVVe, veral ‘n groot sigaarvormige VVV met 2 vinne aan die een end van die VVV. Mans en vrouens het geskree, - “JESUS! Help my!” Daarna het ek gesien dat hierdie sigaarvormige VVV ‘n enkel straal van lig uitgeskiet het wat blouerig/groen in kleur gelyk het. Die blouerige/groen lig sou die mense tref en dit het hulle opgetel en hulle in die ruimte vaartuig ingetrek.

Die mense het geskree, “JESUS! Help my!” Nogtans was hulle steeds opgeneem tot in die maag van die sigaarvormige VVV deur die ligstraal. Die mense kon nie van die VVV af weghardloop nie.

Daarna het die sigaarvormige VVV oor my gehang en ek het probeer om daarvoor weg te hardloop, maar ek kon nie. Ek het gesien dat die ligstraal in die lug na my toe kom, dit was direk bokant my en ek het geskree “YAHUSHUA bewys aan my dat U my gebed hoor! Help my!” Die ligstraal het in die middel van die lug gestop en na die naaste persoon gegaan wat skree “JESUS” en hulle was deur die ligstraal gevat, skoppend en skreeuend van vrees tot reg in die maag van die sigaarvormige VVV.

Einde van die drooom

Verduideliking:

Hierdie Bediening waarsku dat dit dringend is dat mense die HEBREEUSE NAME van ons MESSIAS YAHUSHUA of YAHSHUA moet ken. Die Naam van “JESUS CHRISTUS” het nou Reddende, Salwende, Helende, Vrymakende Krag, maar sal nie in die Groot Verdrukking hê nie!

Ek glo nie ek sal tydens die Groot Verdrukking in hierdie sterflike liggaam wees nie. Ek was daar om julle nou te waarsku. Maar in die droom is dit ‘n waarskuwing dat die antichris, wie die seun van satan is, die naam van “Jesus Christus” gaan gebruik omdat christene oor die wêreld, in menigte van tale, die geliefde Naam van “JESUS CHRISTUS” gebruik. Die mees gewildste TV Evangeliste is besig om die mense reg te kry vir die blou straal wegraping, wat ‘n valse wegraping is.

Skrif met betrekking tot

die RUACH HA KODESH

Geslag van die HEILIGE GEES

RUACH HA KODESH

RUACH ha KODESH Bybel Verwysings: Jesaja 63:10 & Psalm 51:11

1) Vroulike geslag ‘SY’- RUACH HA KODESH – CHOKHMAH (WYSHEID) vroulike woord in Hebreeus

Prediker 1:20…DIE WYSHEID roep hardop daarbuite, SY verhef HAAR stem op die pleine.

Prediker 1:21… Op die hoek van die rumoerige strate ROEP SY

Prediker 1:23…Wend julle tot MY teregwysing, dan laat EK MY GEES vir julle uitstroom, wil EK MY woorde aan julle bekend maak.

Prediker 3:18… SY is ‘n lewensboom vir die wat dit aangryp, en elkeen wat dit vashou, is gelukkig.

Prediker 4:6… Verlaat HAAR nie, dan sal dit jou bewaar; kry HAAR lief, dan sal SY jou bewaak.

Prediker 4:13… Bewaar HAAR, want SY is jou lewe.

Prediker 9:1… DIE WYSHEID het HAAR huis gebou, HAAR sewe pilare uitgekap.

Openbaring 4:5…Sewe geeste van YAH. (Is dit dieselfde as die sewe pilare van WYSHEID?)

Mattheus 11:19… Maar DIE WYSHEID is geregverdig deur HAAR kinders.

Prediker 7:4…Sê aan DIE WYSHEID: Jy is my suster!

(Kyk gerus in die King James Bybel waar daar na wysheid as ‘n SY verwys word)

Die Boek van WYSHEID – Die Jerusalem Bybel

http://www.amightywind.com/treasure/wisdommain.htm

(Net in Engels beskikbaar)

Book of Wisdom 1:6 …WISDOM is a SPIRIT, a friend to man, though SHE will not pardon the words of a blasphemer, since YAH sees into the innermost part of him…

Book of Wisdom 7:11 …In HER company all good things come to me.

Book of Wisdom 7:12 …All these I delight in, since WISDOM brings them, but as yet I did not know SHE was their MOTHER.

Book of Wisdom 7:22-30 …For within HER is an intelligent SPIRIT, Holy, unique, manifold, subtle, active, incisive, unsullied, lucid, invulnerable, benevolent, sharp, beneficent, loving to man, steadfast, dependable, unperturbed, almighty, all-surveying

Book of Wisdom 6:12-22 …WISDOM is bright and does not grow dim. by those who love HER, SHE is readily seen, and found by those who look for HER. Quick to anticipate those who desire HER, SHE makes HERSELF known to them.

Hemelse VADER en MOEDER?

(Aanhalings uit die Afrikaanse Ou Vertaling)

Prediker 1:8-9… My Seun, luister na die tug van jou VADER, en verwerp die onderwysing van jou MOEDER nie; want dit is ‘n lieflike krans vir jou hoof en sierlike kettings vir jou hals.

Prediker 6:20-23… Bewaar, MY Seun, die gebod van jou VADER, en verwerp die onderwysing van jou MOEDER nie.

Prediker 6:21… Bind HULLE gedurigdeur op jou hart, hang dit om jou hals;

Prediker 6:22… Mag HULLE jou lei as jy wandel, oor jou wag hou as jy slaap en jou toespreek as jy wakker word.

PREDIKER 6:23… Want die gebod is ‘n lamp en die onderwysing ‘n lig

(‘n Soortgelyke sin word in Psalm 119 gevind, verwys na ELOHIM)

Psalm 119:105… U Woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad.

(Oor die bogenoemde kan ons tot die gevolgtrekking kom dat die lamp en die lig vanaf ons HEMELSE ABBA VADER, EN HEMELSE MOEDER, RUACH HA KODESH, ons ELOHIM, kom)

Wie is ons MOEDER?

Galasiërs 4:26 Maar Jerusalem daarbo is vry; en dit is die Moeder van ons almal

Natuur van die HEILIGE GEES – Bybel Verse

(Afrikaanse 1953 Vertaling & vry vertaal)

Genesis 1:2 En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die GEES VAN GOD het gesweef op die waters.

Genesis 2:7 En YAHUVEH GOD het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die Asem van die Lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.

Genesis 6:3 TOE SÊ YAHUVEH: “MY GEES sal nie vir ewig in die mens heers nie, omdat hy ook vlees is”…….

Numerie 11:25 Daarop het YAHUVEH neergedaal in die wolk en met hom gespreek; en hy het van die GEES wat op hom was, afgesonder en op die sewentig oudstes gelê. En terwyl die GEES op hulle rus, het hulle geprofeteer; maar daarna nie meer nie.

1 Samuel 16:13-14 Samuel neem toe die horing met olie en salf hom te midde van sy broers, en die GEES van YAHUVEH het van dié dag af en verder oor Dawid vaardig geword. Maar die GEES van YAHUVEH het van Saul gewyk,...

Psalm 104:30 U stuur U GEES uit, hulle word geskape; en U maak die gelaat van die aarde nuut.

Jesaja 40:13-14 Wie het die GEES van YAHUVEH bestier en as SY RAADSMAN HOM onderrig? Met wie het HY raad gehou, dat dié HOM verstand sou gee en HOM sou leer aangaande die pad van die reg, en HOM kennis sou leer en HOM bekend maak die weg van volledige insig?

Jesaja 42:1 EK het MY GEES op hom gelê…

Jesaja 48:16 En nou het die HERE YAHUVEH my met SY GEES gestuur.

Jesaja 63:10 Maar húlle was wederstrewig en het SY HEILIGE GEES bedroef; Daar het HY vir hulle in ‘n vyand verander; HY SELF het teen hulle gestry.

Esegiël 36:27 En EK sal MY GEES in jul binneste gee en sal maak dat julle in MY insettinge wandel en MY verordeninge onderhou en doen.

Esegiël 37:14 En EK sal MY GEES in julle gee, dat julle lewendig kan word; En EK sal julle vestig in julle land;…

Joël 2:28 En daarna sal EK MY GEES uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien.

Sagaria 4:6 ……Nie deur krag of deur geweld nie, maar MY GEES, sê die HERE VAN DIE LEERSKARE.

Mattheus 3:16-17 En nadat JESUS (YAHUSHUA) gedoop was, het HY dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die Hemele vir HOM oop, en HY sien die GEES VAN GOD soos ‘n duif neerdaal en op HOM kom. En daar kom ‘n Stem uit die Hemele wat sê: Dit is MY GELIEFDE SEUN in WIE EK ‘n welbehae het.

Lukas 1:35 En die engel antwoord en sê vir haar: “Die HEILIGE GEES” sal oor jou kom en die krag van die ALLERHOOGSTE sal jou oorskadu.

Johannes 3:5-6 JESUS (YAHUSHUA) antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar EK sê vir jou, as iemand nie weer gebore word uit water en gees nie, kan hy die Koninkryk van GOD nie ingaan nie. wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die GEES gebore is, is gees.

Handelinge 1:8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die HEILIGE GEES oor julle kom, en julle sal MY getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die Uiterste van die Aarde.

Handelinge 2:2-4 En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. en hulle is almal vervul met die HEILIGE GEES en het begin spreek in ander tale, soos die GEES aan hulle gegee het om uit te spreek.

Handelinge 8:17 Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die HEILIGE GEES ontvang.

Handelinge 10:44,47 En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die HEILIGE GEES op almal geval wat die woord gehoor het. Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die HEILIGE GEES ontvang het, nie gedoop word nie?

Handelinge 16:6 En hulle het deur die land Frigië en Galásië gegaan, omdat die HEILIGE GEES hulle verhinder het om in Asië die woord te verkondig.

Romeine 8:9 Julle is egter nie in die vlees nie, maar in die GEES, as naamlik die GEES VAN GOD in julle woon. Maar as iemand die GEES van Christus nie het nie, dié behoort nie aan HOM nie.

1 Korinthiërs 12:4; 7-11 4 Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde GEES; 7 Maar aan elkeen word die openbaring van die GEES gegee met die oog op wat nuttig is. 8 Want aan die een word deur die GEES ‘n Woord van WYSHEID gegee, en aan die ander, ‘n Woord van Kennis vanweë dieselfde GEES; 9 aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde GEES, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde GEES; 10 aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale. 11 Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde GEES wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos HY wil.

Galasiërs 5:16-17, 22-23 Maar ek sê: wandel deur die GEES, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie; want die vlees begeer teen die GEES, en die GEES teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie…. maar die vrug van die GEES is Liefde, Blydskap, Vrede, Lankmoedigheid, Vriendelikheid, Goedheid, Getrouheid, Sagmoedigheid, Selfbeheersing. Teen sulke dinge is die Torah nie.

Efesiërs 5:18-19 Moenie dronk word van wyn nie- daarin is losbandigheid; maar word met die GEES vervul. Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die HERE,

Efesiërs 6:18 Terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die GEES, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges

2 Timoteus 1:7 Want GOD het ons nie ‘n GEES van vreesagtigheid gegee nie, maar van Krag en Liefde en Selfbeheersing.

Hebreërs 3:7-8 Daarom, soos die HEILIGE GEES spreek: Vandag as julle SY Stem hoor, Verhard julle harte nie soos in die verbittering, in die dag van die versoeking in die woestyn nie,

Hebreërs 6:4-6 Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die HEMELSE GAWE gesmaak en die HEILIGE GEES deelagtig geword het, en die GOEIE WOORD VAN GOD gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld en afvallig geword het – om dié weer tot bekering te vernuwe,..

Hebreërs 10:15-17,29 En ook die HEILIGE GEES gee aan ons getuienis; want nadat HY (YAHUVEH) tevore gesê het: Dit is die verbond wat ek met hulle sal sluit ná dié dae, spreek YAHUVEH verder: EK sal MY Wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal EK dit inskrywe, en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal EK nooit meer dink nie…. hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die SEUN VAN GOD vertrap het en die BLOED VAN DIE TESTAMENT waardeur hy geheilig is, onrein geag en die GEES VAN GENADE gesmaad het?

Openbaring 2:7; 11; 17; 2:29; 3:6; 13; 4:22 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die GEES aan die gemeentes se.

WYSHEID se Natuur (Die Spreuke van Salomo , Afrikaanse 1953 Vertaling)

1. want die HERE gee wysheid... (2:6 )

2. Die WYSHEID roep hardop daarbuite, SY verhef HAAR stem op die pleine...(1:20-33)

3. SY gee onderskeiding en begrip en kennis van GOD en begrip van geregtigheid (2:1-9)

4. HAAR opbrengs is beter as die verwerwing van silwer en goud (3:14)

5. SY is ‘n boom van lewe vir die wat dit aangryp (3:18)

6. Deur HAAR het die HERE die aarde gegrond (3:19)

7. SY is die beginsel van Wysheid; SY bewaar ons, en as ons HAAR verhoog sal SY ons verhoog… ‘n lieflike krans gee vir ons hoof en ‘n sierlike kroon.. (4:7-9)

8. EK, WYSHEID, is vertroud met die skranderheid, en EK vind kennis van regte oorleg,… SY is Raad en Wysheid. SY is begrip en sterkte. Konings heers deur HAAR (8:12-15)

9. SY sal gevind word (8:17)

10. DIE HERE het MY berei as eersteling van SY weg, voor SY werke, van ouds af. Van ewigheid af…. SY was die meester kunstenaar naas HOM (YAHUVEH) (8:22-31)

11. Wie HAAR vind vind lewe en verkry ‘n welbehae van die HERE… (8:35-36)

The following Book of Wisdom is only available in English

Nature of WISDOM (Book of Wisdom, the Jerusalem Bible)

Die volgende is net in Engels beskikbaar:

Wisdom 1:6

WISDOM is a SPIRIT, friendly to humanity, though SHE will not let a blasphemer’s words go unpunished; since GOD observes the very soul and accurately surveys the heart, listening to every word.

Wisdom 6:12

WISDOM is brilliant, SHE never fades. By those who love HER, SHE is readily seen, By those who seek HER, SHE is readily found

Book of Wisdom Chapter 7

22 For within HER is a SPIRIT INTELLIGENT, HOLY, UNIQUE, MANIFOLD, SUBTLE, MOBILE, INCISIVE, UNSULLIED, LUCID, INVULNERABLE, BENEVOLENT, SHREWD,

23 IRRESISTIBLE, BENEFICENT, FRIENDLY-TO-HUMAN BEINGS, STEADFAST, DEPENDABLE, UNPERTURBED, ALMIGHTY, ALL-SURVEYING, PENETRATING, ALL- INTELLECT, PURE & MOST SUBTLE SPIRITS.

24 For WISDOM is quicker to move than any motion; SHE is so pure, SHE pervades and permeates all things.

25 SHE is a BREATH OF THE POWER OF GOD, PURE EMANATION OF THE GLORY OF THE ALMIGHTY; so nothing impure can find its way into HER.

26 For SHE is a REFLECTION OF THE ETERNAL LIGHT, UNTARNISHED MIRROR OF GOD’S ACTIVE POWER, IMAGE OF HIS GOODNESS.

27 Although SHE is alone, SHE can do everything;HERSELF unchanging, SHE renews the world, and,generation after generation, passing into Holy souls,SHE makes them into GOD’S Friends & Prophets.

Bygevoeg, 9 Junie 2010

Sirach/Ecclesiasticus: Wisdom of the Son of Sirach

Ecclesiasticus, Wisdom of the Son of Sirach, Book of the All-Virtuous Wisdom of Joshua ben Sira, Wisdom of Sirach of net, Sirach is ‘n boek wat ingesluit was in die vroeë Hebreeuse & Griekse Bybels. Dit is geglo dat dit geskryf was in die 2de eeu B.C. Die vroeë Griekse kerk het dit ook genoem, “The All-Virtuous Wisdom.” In Hebreeus was die boek bekend as “ the Book of Ben Sirach”, “Proverbs of Ben Sirach” of “Wisdom of Ben Sirach”.

Ecclesiasticus is ‘n Latynse woord wat beteken, “kerklike” en sou enige boek beskryf wat in die kerk gelees was of wat as kerklik of kerklik geheilig, ontvang was. Ben Sirach, Hebreeuse betekenis van “seun van Sirach”, was ‘n skolier, en ‘n skrifgeleerde met deeglike kennis van die Joodse Wet, en veral van die “Books of Wisdom”.

Sirach

(New Jerusalem Bible)

Sirach Chapter 1 (Forward & Verses 1,4-20)

Forward: The Law, the Prophets, and the other writers succeeding them have passed on to us great lessons, in consequence of which Israel must be commended for Learning Wisdom…

1 ALL WISDOM comes from the LORD YAHUVEH, she is with HIM for ever.

4 WISDOM was created before everything, PRUDENT UNDERSTANDING subsists from remotest ages…

5 [missing verse]

6 For whom has the root of WISDOM ever been uncovered? HER resourceful ways, who knows them?...

7 [missing verse].

8 ONE only is wise, terrible indeed,

9 seated on HIS Throne, the LORD.It was HE, WHO created, inspected and weighed HER up, and then poured HER out on all HIS works…..

10 The BASIS of WISDOM is to fear the LORD; SHE was created with the faithful in their mothers’ womb;

11 THE FEAR OF THE LORD YAHUVEH IS GLORY & PRIDE,[15] HAPPINESS A CROWN OF JOYFULNESS.

12 THE FEAR OF THE LORD YAHUVEH gladdens the heart, giving Happiness, Joy Long Life.

13 For those who fear the LORD YAHUVEH, all will end well: on their dying day they will be blessed.

14 The Basis of WISDOM is to fear the LORD YAHUVEH; SHE was [joined] with the faithful in their mothers' womb;

15 SHE has made a home in the human race, an age-old foundation, and to their descendants will SHE faithfully cling.

16 The fullness of WISDOM is to fear the LORD YAHUVEH; SHE intoxicates them with HER fruits;

17 SHE fills their entire house with treasures and their storerooms with HER produce.

18 The Crown of WISDOM is to fear the LORD YAHUVEH: SHE makes Peace Health flourish.

19 The LORD YAHUVEH has seen and assessed HER, HE has showered down KNOWLEDGE INTELLIGENCE, HE has exalted the renown of those who possess HER.

20 The root of WISDOM is to fear the LORD YAHUVEH, and HER Branches are long life.

Sirach Chapter 4 (Verses 11-19)

11 WISDOM brings up HER own children and cares for those who seek HER.

12 Whoever loves HER loves life, those who seek HER early will be filled with joy.

13 Whoever possesses HER will inherit honor, and wherever he walks the LORD YAHUVEH will bless him.

14 Those who serve HER minister to the HOLY ONE, and the LORD YAHUVEH loves those who love HER.

15 Whoever obeys HER rules the nations, whoever pays attention to HER dwells secure.

16 If he trusts himself to HER, he will inherit HER, and his descendants will remain in possession of HER;

17 for though SHE takes him at first through winding ways, bringing fear and faintness on him, trying him out with HER Discipline till SHE can trust him, and testing him with HER Ordeals,

18 SHE then comes back to him on the straight road, makes him happy and reveals HER Secrets to him.

19 If he goes astray, however, SHE abandons him and leaves him to his own destruction.

Sirach Chapter 24

1 WISDOM speaks HER own praises,

2 In the midst of HER people, SHE glories in HERSELF.

3 SHE opens HER Mouth in the assembly of the MOST HIGH, SHE glories in HERSELF in the PRESENCE OF THE MIGHTY ONE:

4 ‘I came forth from the Mouth of the MOST HIGH, and I covered the earth like MIST.

5 I had MY Tent in the heights, and MY Throne was a PILLAR OF CLOUD.

6 Alone, I have made the circuit of the Heavens and walked through the depths of the abyss.

7 Over the waves of the sea and over the whole Earth, and over every people and nation I have held sway.

8 Among all these I searched for rest, and looked to see in whose territory I might pitch camp.

9 Then the CREATOR OF ALL things instructed ME and HE WHO created ME fixed a place for MY Tent. HE said, ‘Pitch your tent in Jacob, make Israel your inheritance.’

10 From Eternity, in the beginning, HE created ME, and for Eternity I shall remain.

11 In the Holy Tent I ministered before HIM and thus became established in Zion.

12 In the Beloved City, HE has given ME rest, and in Jerusalem I wield MY Authority.

13 I have taken root in a privileged people, in the LORD YAHUVEH’S Property, in HIS Inheritance.

14 I have grown tall as a cedar on Lebanon, as a cypress on Mount Hermon;

15 I have grown tall as a palm in En-Gedi, as the rose bushes of Jericho; as a fine olive in the plain, as a plane tree, I have grown tall.

16 Like cinnamon and acanthus, I have yielded a perfume, like choice myrrh, have breathed out a scent, like galbanum, onycha, labdanum, like the smoke of incense in the tent.

17 I have spread MY Branches like a terebinth, and MY Branches are glorious and graceful.

18 I AM like a VINE putting out graceful shoots, MY Blossoms bear the Fruit of Glory Wealth.

19 [missing verse].

20 Approach ME, you who desire ME, and take your fill of MY Fruits,

21 for memories of ME are sweeter than honey, inheriting ME is sweeter than the honeycomb.

22 They who eat ME will hunger for more, They who drink ME will thirst for more.

23 No one who obeys ME will ever have to blush, No one who acts as I dictate will ever sin.

24 All this is no other than the Book of the Covenant of the MOST HIGH GOD, the Law that Moses enjoined on us, an inheritance for the communities of Jacob.

25 [missing verse]

26 This is what makes WISDOM brim over like the Pishon, like the Tigris in the season of fruit,

27 what makes INTELLIGENCE overflow like the Euphrates, like the Jordan at harvest time;

28 and makes DISCIPLINE flow like the Nile, like the Gihon when the grapes are harvested.

29 The first man did not finish discovering about HER, nor has the most recent tracked HER down;

30 for HER Thoughts are wider than the sea, and HER Designs more profound than the abyss.

31 And I, like a conduit from a river, like a watercourse running into a garden,

32 I said, ‘I AM going to water MY orchard, I intend to irrigate MY flower beds.’ And see, MY conduit has grown into a river, and MY river has grown into a sea.

33 Making Discipline shine forth from daybreak, I shall send its light far and wide.

34 I shall pour out Teaching like Prophecy, as a legacy to all future generations.

35 And note, I have been working not merely for MYSELF, but for all who are seeking WISDOM.

Sirach Chapter 51 (Verses 13-30)

13 When I was still a youth, before I went traveling, in my prayers I asked outright for WISDOM.

14 Outside the Sanctuary I would pray for HER, and to the last I shall continue to seek HER.

15 From HER blossoming to the ripening of HER grape my heart has taken its delight in HER. My foot has pursued a straight path, I have sought HER ever since my youth.

16 By bowing my ear a little, I have received HER, and have found much instruction.

17 Thanks to HER I have advanced; Glory be to HIM WHO has given me WISDOM!

18 For I was determined to put HER into practice, have earnestly pursued the good, and shall not be put to shame.

19 My soul has fought to possess HER, I have been scrupulous in keeping the Law; I have stretched out my hands to Heaven and bewailed how little I knew of HER;

20 I have directed my soul towards HER, and in purity I have found HER; having my heart fixed on HER from the outset, I shall never be deserted;

21 my very core having yearned to discover HER, I have now acquired a GOOD POSSESSION.

22 In reward the LORD has given me a tongue with which I shall sing HIS PRAISES.

23 Come close to me, you ignorant, take your place in my school.

24 Why complain about lacking these things when your souls are so thirsty for them

25 I have opened my mouth, I have said: ‘Buy HER without money,

26 Put your necks under HER yoke, Let your souls receive instruction, SHE is near, within your reach.’

27 See for yourselves: how slight my efforts have been to win so much peace.

28 Buy INSTRUCTION with a large sum of silver, Thanks to HER you will gain much gold.

29 May your souls rejoice in the MERCY OF THE LORD, May you never be ashamed of praising HIM.

30 Do your work before the appointed time and at the appointed time HE will give you your reward.

Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel Elisheva Eliyahu op 27 Januarie 2007 – presies om 5 nm. Shabbat

Profesie 106 Ek, YAHUVEH, Sê, “maak Skoon Jou Huis”!!!

Hierdie Profetiese Woord het voortgekom terwyl ons gebid het vir een van ons geliefde seuns in YAHUSHUA. Die hele woord is nie geplaas nie want dit is persoonlik maar hierdie is deel van daardie woord wat van toepassing is op baie ander en ons is beveel deur YAH om dit te plaas tot hulle voordeel. Hierdie persoonlike Woorde van YAH is nooit net vir een persoon nie maar vele.

Die onderstaande uittreksel van Profesie 105, is nie op hierdie audioband nie. [Die nou ex-webbestuurder] het vergeet om dit op te sit op Profesie 105 oorspronklik. Ons het dit bygevoeg daar en YAHUVEH het vir ons opdrag gegee om dit op te sit van nou af met elke nuwe Profesie. Dit bewys hierdie Bediening is van YAHUVEH. As hierdie woorde myne was, soos YAH gesê het, sou dit misluk het lank gelede.

Vanaf Profesie 105

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het. (Jes 42:8).

In Julie 2010 het YAHUVEH GOD beveel om die volgende uit 2 Kronieke by te voeg voor elke Profesie .

2 Kronieke 36:16, “Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

Die Profesie was opgeneem op audio. Hier is die oorskrywing.

EK het vir julle gesê in 2009 sal enigiets en alles wat geskud kan word geskud word. Moenie verbaas staan nie, [Elisheva] want julle gaan diegene wat julle die YDS noem geskud sien, ons sal net sien hoe ferm hulle is van MY, ons sal net sien hoeveel wil die prys betaal om MY Bruid genoem te word. Ons sal sien soos julle gesien het wat gebeur in New Zealand. Dit is maklik, dit is so maklik as daar geen toetsing is nie, is dit so maklik om te sê, U wil geskied O YAHUVEH. Wanneer MY wil egter gaan teen julle wil, sal julle steeds sê, U wil geskied, O YAHUVEH?

Tot diegene wat weier om heilig te wandel, selfs tot diegene wat EK met MY eie hand bymekaar gevoeg het, sal EK met MY eie hand verdeel. Nie net in hierdie huishouding spreek EK voort nie maar tot al diegene wat beweer hulle behoort aan MY. (Lukas 12:51-53) Wil julle gelos word in die Groot Verdrukking? Wil julle hel toe gaan of wil julle MY gehoorsaam? EK kan dit nie enigsins eenvoudiger maak as dit nie. Die begin van wysheid is die vrees van YAHUVEH, om te weet dat julle niks anders as stof is nie en deur MY genade het EK daardie stof geneem en ‘n mens geskape en EK het asem ingeblaas in daardie mens in. (Psalm 111:10)

Moenie die RUACH ha KODESH bedroef nie, moenie julle IMMAYAH bedroef nie. Moet MY nie (enigsins) langer toets nie want hierdie Bediening is ‘n Bediening van Heiligheid. (Handelinge 5:9)

In die einste midde van die YDS; dit wat EK openbaar het in New Zealand die boosheid te ontbloot wat weggesteek was, so ook sal EK doen deur diegene wat eis hulle wil deel wees van hierdie Heilige Bediening. Hulle is deel van hierdie Heilige Bediening, maar jy sien dit is soos jy gesê het geliefde seun Sylvester, op die oppervlak lyk dit of dit so is. Solank as die leierskap nie weet nie kan ons doen wat ons wil doen in die geheim, maar EK waarsku julle, diegene wat EK die YDS genoem het; diegene wat genooi was na die YDS forum om samekomste te hou, julle word meer aanspreeklik gehou.

Wees verseker in 2009 sal wat ookal verborge was geopenbaar word. (Mattheus 10:26) Watter sonde julle ookal dink julle weggesteek het, deur die salwing van die RUACH ha KODESH sal dit geopenbaar word. Want MY Woord is waar en in hierdie eindtye word die bose boser maar MY Heiliges moet Heiliger word en enigiemand wat ‘n vorm van Heiligheid het maar geen Heiligheid van binne nie sal ontbloot word. EK sal hulle nie toelaat om deel te wees van hierdie Bediening nie. EK sal dit nie toelaat nie. (Prediker 12:14) So nou is dit julle keuse, wie kies julle regtig om te dien? Die bose van hierdie wêreld? Of die Heiligheid van die Hemel? So jy sien EK het ‘n ander rede [Elisheva] hoekom jy na jou seuns toe moet gaan.

MY Geliefde Seun, hierdie is niks wat EK nie kan vergewe nie maar jy moet kies, jy moet kies hierdie dag. Want daardie biologiese suster en daardie biologiese vader wil jou net hel toe neem saam met hulle.

EK skud hierdie ganse wêreld. Oordeel begin by MY huis. (1 Petrus 4:17) Heiligheid sal slegs Heiligheid begeer. Sonde moet uitgeskop word. ‘n Bekeervolle gees is nie iemand wat net met hulle mond bekeer nie, dit is iemand wat bekeer met hulle kop en hulle hart en vasberade om MY nie te mishaag nie. EK het vir julle (hierdie wêreld), gesê julle is op die rand van ‘n holocaust. Wil julle hê EK moet julle wegsteek? Wil julle hê EK moet julle beskerm? Wil julle hê EK moet julle seën? Want geen vyand kan julle ruk uit YAHUVEH se hand nie, of wil julle hê EK moet JULLE VERPLETTER? Wil julle hê EK moet JULLE VERBRYSEL? Wil julle hê EK moet JULLE BREEK? Wil julle hê EK moet julle met MY eie hand werp in die vlamme van die hel?

Wil julle hê EK moet julle liefhê? Wil julle hê EK moet julle troos? Wil julle hê EK moet julle beraad? Wat wil julle regtig hê? Wil julle soos Sadrag, Mesag en Abednégo, soos hulle gewandel het en hulle in die brandende vuuroond gegooi was? (Daniël 3). Nogtans, het EK selfs nie dit toegelaat wat hulle gebind het om verbrand te word nie. EK het nie eens hulle klere toegelaat om geskroei te word nie, hulle eie klere wat hulle gebind het want julle sien dit was die vyande wat verbrand was. Dit was net dit wat hulle hande vasgemaak en gebind het wat verbrand was. Wil julle wees soos ‘n Sadrag, Mesag en Abednégo? Wat geloop het in die brandende vuuroond maar die 4de man was daar en daardie 4de man is YAHUSHUA julle MASHIACH.

Wil julle wees soos Daniël toe hy in die leeukuil gegooi was? Hy was nie geëet nie al was die leeus rasend-honger. (Daniël 6) Dit is julle keuse. Wil julle MY beskerming hê? Wil julle wees soos die weduwee by Sarfat? (1 Konings 17:10) Die een waarheen EK Elia van Ouds gestuur het. Wanneer dit neerkom op julle laaste krieseltjie brood, wil julle hê EK moet dit vermenigvuldig vir julle, sodat julle nooit honger sal ly nie? Sodat julle sal lewe om MY te Verheerlik.

In hierdie jaar soos die mens die tyd merk, sê hulle dit is 2009. Julle sien EK vra nie net hierdie vrae vir julle nie, EK vra hierdie vrae vir al diegene wat glo die Waarheid kom voort uit hierdie Bediening en dat EK voortspreek. Wat wil julle hê moet EK doen? Wil julle hê EK moet die Rooi See weer oopmaak sodat julle veilig kan oorsteek terwyl die vyande julle agtervolg? (Exodus 15:4) Wil julle hê hierdie vyande moet verdrink word sodat hulle jul nie kan seermaak nie? Wat wil julle hê moet EK doen?

EK is YAHUVEH en deur julle dade sal die hoeveelheid van (julle) beskerming wees. EK speel nie speletjies nie. Wil julle skuil onder die beskerming van MY vlerke soos Psalm 91 sê? Julle sê julle het MY lief en EK praat net met diegene wat sê hulle het MY lief. EK praat net met diegene wat sê hulle is gewas in die gestorte Bloed van YAHUSHUA julle MASHIACH, MY enig verwekte Seun. EK spreek hierdie nie voort tot die heidene wie se name nie geskryf is in die Lam se Boek van Lewe nie. Julle is net geskik vir oordeel. Julle is net geskik vir die hel. Julle is verworpe. Julle is verwerpte silwer.

Maar EK praat met diegene nou in die jaar wat julle merk as 2009, en EK sê vir julle, MAAK SKOON JOU HUIS! Jou huis is die Tempel van die RUACH ha KODESH (1 Korintiërs 6:19). Jou huis is die fisiese sowel as die geestelike. Enigiets wat MY aanstoot gee, gooi dit uit. EK spreek uit hierdie Elia van Nuuts en EK spreek die woorde wat Elia van Ouds gespreek het, kies julle hierdie dag watter God julle sal dien. Bekeer en val op julle aangesigte voor MY, maar EK wil nie net woorde hê nie EK wil aksie sien agter daardie woorde. Want geloof sonder werke is dood. (Jakobus 2:20) EK wil nie langer verskonings hoor nie. EK het genoeg gehad van julle verskonings oor hoekom julle sondig. Watter soort voorbeeld is julle?

As die wêreld van die verworpeling ‘n hofsitting sou hou vandag, is daar genoeg bewyse teen jou dat jy MY dien? Dat jy siele bring vir YAHUSHUA? Dat jy Heilig lewe vir MY? Sal jy moet sê, “Ek pleit skuldig aan al hierdie dinge” want dit is wat EK verwag? Is jy gewillig om jou lewe neer te lê vir YAHUSHUA soos HY gewillig was om SY lewe neer te lê vir jou?

Hoekom is julle oë op die dinge van die vlees soos pornografie?

Weet julle nie dat dit die hoogmoediges is wat neergewerp word nie. Trots kom voor ‘n val. (Spreuke16:18) O hoeveel van julle wat hierdie sal hoor en hierdie lees is so opgepof met trots en sê, “O, Ek sal nie geroer word nie, wanneer YAH hierdie wêreld skud in 2009 sal ek nie geskud word nie”. Dit is deur die genade en Bloed van YAHUSHUA alleen dat jy nie geskud sal word nie en dit hang af van wat jy gedoen het. (Kolossense 1:13-20) Het jy geheime sonde? Dink jy niemand weet nie? MY oë gaan heen en weer. EK sien binne-in jou einste hart in. EK weet wie is waarlik Heilig. EK weet wie speel speletjies met Heiligheid en EK weet wie probeer nie eers nie en maak net verskonings vir hulle sondes.

EK weet wat julle wil hê EK moet doen en nou het EK vir julle gesê wat EK verwag van julle. Vermy ALLE onheiligheid asof dit die plaag was want julle is omring daardeur. Maar EK herinner julle aan die kinders van Israel en EK herinner julle aan die plae en EK herinner julle hoe dit nie gekom het oor die kinders van Israel nie. Dit het net gekom oor MY vyande. Versteek julself in die klere van MY geregtigheid. Versteek julself vir MY toorn. Want diegene wat EK MY kinders noem as julle maar net sal strewe om te gehoorsaam en waarlik, waarlik bekeer en wegdraai van boosheid sal EK julle wegsteek. Sal EK julle vertroos. Sal EK julle Seën. Sal EK voorsienvir julle. Sal EK julle salf, as julle maar net elke woord sal gehoorsaam wat EK sê en ophou verskonings maak vir sonde.

EK weet reeds watter weg julle geneem het. Die weg hel toe is so breed, so wyd. Daar is net ‘n smal weg Hemel toe. Hoeveel van julle wat hierdie lees en luister hierna sal daardie smal weg kies? (Mattheus 7:13-14) Dit is nie net ‘n reguit weg nie, dit is ‘n kronkelpad terwyl toets na toets sal kom, want die beproewings van julle geloof is kosbaarder as goud. (Een Petrus 1:7)

EK is die een wat julle beproef. EK bring julle na hierdie Bediening toe want dit het ook ‘n Jeremia 6 (27-30) roeping daarop. Dit is ‘n toetser van metale. Hoeveel het hierdie leierskap sien kom. Hoeveel het hulle gesien val. Hoeveel, hoeveel, hoeveel trane het [Elisheva] gestort terwyl diegene wat sy so seker is nie sal val nie, diegene wat sy seker is wandel Heilig voor MY en hulle val. Hoeveel staan nooit weer op nie.

(Jer. 6:27-30) “EK het jou onder My volk as toetser gestel, as vesting, dat jy hulle weg kan ken en toets. Hulle is almal die oproerigstes van die oproeriges wat omgaan met kwaadsprekery; koper en yster is hulle; hulle handel almal verderflik. Die blaasbalk blaas hard; wat uit die vuur kom is lood; tevergeefs hou hulle aan met smelt, maar die slegtes word nie afgeskei nie. Hulle word genoem: 'Verwerpte silwer’; want YAHUVEH het hulle verwerp.”)

Waar is jou toewyding? Is dit regtig tot MY, YAHUVEH? Is jy regtig gewas in die gestorte Bloed van YAHUSHUA jou MASHIACH? Het jy werklik die RUACH Ha KODESH, jou IMMAYAH binne-in? Luister jy na die stem van IMMAYAH, jou Moeder Wysheid? Of luister jy na die dwaasheid van satan homself? Dit is jou keuse.

Sien, hierdie Bediening staan vir Heiligheid. EK sal hierdie leierskap nie toelaat ‘n woord te preek wat hulle nie wandel nie. [Elisheva] weet sy beter wandel wat sy spreek. Die res wat deel is van hierdie Bediening weet hulle moet wandel wat hulle spreek anders sal satan hulle verskeur in klein stukkies.

Julle wat julself YAHUSHUA se demon stompers en gebedsintersessors noem, sommige van julle het geheime sonde. EK het hierdie nog nie onthul nie, maar wees verseker dit sal ontbloot word as julle nie vinnig bekeer nie. Julle moet kies hierdie dag wie julle sal dien. Hierdie geheime sonde kan wees om vas te klou aan ‘n maat wat EK vir jou gesê het om te laat gaan vir jou eie siels-onthalwe, jou eie lewens-ontwil. Waar jy jou toewyding meer betoon het aan hulle as wat jy gedoen het tot MY.

Jou geheime sonde is om nie die werk te doen wat EK jou geroep het om te doen nie. Wanneer EK vir jou ‘n taak oorhandig en EK sê “Doen hierdie om die tale van jou mense te bereik” en jy sê, “O nee, ek het te veel van my eie persoonlike probleme nou” en jou oë is meer gefokus op die heidene as die siele, meer as die skape en die lammers wat nodig [het om] te voed. Hierdie is sonde in MY oë, wanneer jy jou hand aan die ploeg slaan en jy kyk terug. Jy het jou hand afgehaal van die ploeg af. Jy het opgehou om daardie grond om te spit en dit te besaai en hierdie Woorde voort te spreek in jou eie moedertaal sodat ander gevoed kan word. Die gees van selfsugtigheid het oor jou gekom. Jy weet van wie EK praat. Julle weet watter vertalers het MY in die steek gelaat. EK sal nie aanhou wag nie. EK sal iemand anders oprig om jou plek te neem. (Elisheva het ‘n visioen gesien op hierdie tydstip met die woord China).

Enigiemand wat hierdie Bediening haat, wees versigtig voor. Want hulle haat werklik dit wat Heilig is. Die duisternis vrees die lig.

EK praat nou met diegene wat die waarheid liefhet wat voortkom uit hierdie Bediening. Julle weet EK, YAHUVEH, spreek voort. Julle weet julle MASHIACH YAHUSHUA spreek voort. Julle weet die RUACH ha KODESH, julle IMMAYAH, spreek voort, Moeder Wysheid. Julle vrees nie die lig nie want julle is deel van die lig en julle laat YAHUSHUA julle MASHIACH toe om julle een en enigste leidende lig te wees. (1 Petrus 2:9)

Want diegene wat spreek teen hierdie Bediening, want diegene wat [Elisheva] ‘n vals profeet noem, ondersoek hulle vrugte (Elisheva en hierdie Bediening se vrugte). Maak hulle verskonings om te sondig? Maak hulle verskonings om nie die Torah wette te volg nie, soos MY Shabbat? Ondersoek hulle vrugte, julle antwoorde lê daarin. Pof hulle hulself op met trots en sê, “Niemand gaan vir my sê wat om te doen nie”. Julle sien, EK het vir julle toestemming gegee om vrug-inspekteurs te wees. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. EK het reeds vooruit gewaarsku julle ergste vyande kan gevind word in jul eie fisiese bloedlyn.

EK spreek MY oordele voort deur hierdie Profeet. (Hosea 6:5) EK spreek MY liefde en MY leiding voort deur hierdie Profeet. EK spreek MY waarhede voort deur hierdie Bediening wat nie die naam dra van ‘n man of ‘n vrou nie maar slegs die Naam van die Heilige Drie-Eenheid. EK sal altyd ‘n mondstuk hê. (Amos 3:7) EK het YAHUSHUA na hierdie aarde toe gestuur om MY mondstuk te wees. Die Profeet wat bo alle Profete is want YAHUSHUA julle MASHIACH is die einste Gees van Profesie.

Vir die van julle wat sê julle wil ‘n profeet wees. Is julle gewillig om die prys te betaal? Is julle gewillig om die prys te betaal vir die salwing? Is julle gewillig om die prys te betaal om MY vriend genoem te word? Want EK vertel MY geheime aan die Profete. Wil julle regtig MY geheime weet? EK sal net MY geheime vertel aan die Heiliges.

So dit is die Woorde wat EK het om te sê. Moenie verbaas wees oor wie volgende val nie want hulle kan staan solank as hulle nie getoets was nie, maar wanneer die toetsing kom vir diegene wat speletjies gespeel het, julle sal val. Maar julle sien, EK het YAHUSHUA gestuur om die hand te wees wat julle oplig. Dit is SY Bloed wat julle afwas, maar onthou hierdie, as die verlore seun nie teruggekeer het nie sou hy hel toe gegaan het. (Lukas 15:11-32)

Moenie MY barmhartigheid en MY genade vat en moenie die Bloed van YAHUSHUA onder jou voet vertrap dit onheilig maak en ontwy terwyl jy sondig keer-op-keer en dink HY is net ‘n verskoning om te sondig nie. EK weet wie speel speletjies en EK weet wie is opreg. EK weet wie is ‘n seën vir die Koninkryk van die Hemel en EK ken diegene wat dit skande gebring het alhoewel hulle dit gedoen het in YAHUSHUA se Naam.

Daar is niks wat jy kan wegsteek nie, daar is geen plek waar jy kan gaan om weg te kruip nie want EK, YAHUVEH is daar. EK het jou geskape en MY oog is vir ewig op jou. (Psalm 139)

Kies jy hierdie dag watter God jy waarlik sal dien nie net met jou mond nie maar met jou dade want hulle spreek harder as jou woorde.

Want wat julle sien in Israel, gebeur met geestelike Israel. Julle word gebombardeer, missiele word gestuur uit die hel om julle te probeer vernietig. Om julle uit te wis. Alleenlik in die Naam en gestorte Bloed van YAHUSHUA sal julle staan, julle een en enigste MASHIACH.

Einde van Woord

Elisheva begin bid:

Dank U Abba YAHUVEH want hierdie Woorde het onverwags (gekom) terwyl ons gebid het vir ‘n ander in die moeilikheid, een wat ons ons seun noem in YAHUSHUA. Abba YAHUVEH, ons eer U, ons aanbid U, ons loof U, ons het U lief, ons bewonder U. O, Abba YAHUVEH, die Bruid van YAHUSHUA ons MASHIACH roep uit, asseblief, asseblief, asseblief laat ons waardig wees soos ‘n Henog. Asseblief laat ons hierdie aarde verlaat met ‘n getuienis dat ons behaaglik gevind was vir U. Daar is geen hoër begeerte nie en ek spreek voort nie net vir myself nie maar vir al die res van die ware Bruid wat Heilig is voor U.

Onheiligheid, ons is net nie geïnteresseerd daarin nie. Dit het vir ons geen aanloklikheid nie. Die dinge van hierdie wêreld, die pornografie, die vuilheid van hierdie wêreld, die dwelms, die alkohol, hulle verlok ons nie. Ons het een begeerte, een brandende begeerte, een begeerte wat nooit geblus kan word nie en dit is net een, meer as ons begeerte om ons geliefde te behaag, en dit is die begeerte om behaaglik gevind te word vir U YAHUVEH. Om behaaglik gevind te word vir U YAHUSHUA ha MASHIACH en U alle Lof, Eer en Heerlikheid te bring. Daar is geen hoër begeerte nie as om te weet, dat ons weet, dat ons weet, ons doen alles wat ons kan doen deur die Naam en die Bloed van YAHUSHUA ons MASHIACH om boosheid te verslaan, om sonde te verslaan. Om dit nie enige deel van ons lewe te laat hê nie en wanneer ons U mishaag, om vinnig U vergifnis te vra en weg te draai van dit wat U aanstoot gee.

Abba YAHUVEH, U Bruid en hierdie Ringmaagd roep uit na U en sê, “Kom, YAHUSHUA, Kom”. Hierdie (wêreld) is ‘n vieslike afval-slykput maar terwyl ons hier is wil ons vir U skitter. Gee vir ons ‘n salwing om te skitter, U het vir my ‘n droom gegee dat hierdie wêreld niks anders as ‘n hoop ontlasting is nie, niks anders as mis nie, niks anders as uitskeiding nie. Dit is soos dit is wanneer U kyk na die aarde. Behalwe dat U klein skitterende edelgesteentes het, klein sprankelende juweeltjies, wat weggesteek is te midde van hierdie uitskeiding en ons sprankel vanuit die Hemel (Elisheva het hier bedoel om te sê aarde en nie Hemel nie) vir U.

Ons konstante gebed is ons sal aanhou om waardig genoem te word in die oë van YAHUSHUA ons MASHIACH en om U Bruid genoem te word. Dat die dood nie hierdie liggame sal aanraak nie. Dat ons tussen diegene sal wees wat U eerstevrugte genoem sal word van Openbaring 14 en Openbaring 7 en weggevoer sal word om U in die lug te ontmoet. Dit is ons hartsbegeerte, ons wil skitter vir U. O, asseblief poleer hierdie juwele want U het gesê dit is wat ons is, ons is U juwele. Poleer ons asseblief tot waar ons selfs meer vir U kan skitter. Poleer ons asseblief so helder dat die einste sprankel die oë van die vyande sal verblind en Abba YAHUVEH, ons vra U, die Bruid van YAHUSHUA en ek is een van hulle glo ek, ons vra U, stuur asseblief ons vyande, diegene wat die vernietiging van die Heiliges wil hê na die parskuip van U woede tereg hier op hierdie aarde, stuur hulle na die parskuip van U woede.

Hierdie Bediening behoort aan U, die Aleph en die Tav. RUACH ha KODESH dit is U s’n. Abba YAHUVEH, YAHUSHUA en Kosbare IMMAYAH, RUACH ha KODESH, dit is U s’n. Ons dien U net. Wys vir ons hoe ons U meer Lof, Eer en Heerlikheid kan bring. Vir al die getroues en al die opregtes praat ek nou. Wys vir ons hoe ons U meer kan behaag. Wys vir ons Abba YAHUVEH hoe ons die trane kan afvee van U oë af wanneer U seergemaak word. Wys vir ons Abba YAHUVEH hoe ons U kan troos. U is ons Pappa, U is ons Daddy, ons het niemand anders nie.

My hart is nou so oorvol op hierdie oomblik terwyl ek een na die ander sien wat ek geglo het nie sou val nie. Op die oppervlak het hulle Heilig gelyk maar toe ons ‘n bietjie dieper delf, toe U (hulle) ontbloot het, is dit is soos ‘n vrug, ek sien ‘n visioen van ‘n vrug en o, dit lyk so mooi en dan wanneer jy ‘n diep genoeg hap vat in daardie vrug, sal jy sien dit was vrot binne-in. Of jy sal ‘n wurm vind in daardie appel. Ons het dit gesien en ek het dit gesien so lank reeds dat ek U gesmeek het, het ek nodig om hierdie aan te hou sien? Vir diegene wat ons vertrou, vir diegene in wie ons glo.

O Abba YAHUVEH, die pyn wat ontstaan het soos die geboortepyne sowel as die trane wat gestort was oor New Zealand alleen en ek roep uit en ek sê, “Hoeveel meer pyn moet ek nog verduur?” Om toe te kyk hoe dit wat ek geglo het was Heilig en ek sien hulle val voor my oë. Net U is instaat om daardie verlore dogter terug te roep. Net U is instaat, Abba YAHUVEH om lewe in daardie kind in te blaas wat gesterf het. En soos Elia van Ouds gebruik was om lewe in daardie kind te blaas, U noem my U Elia van Nuuts. (1 Konings 17:17-24) Ek vra hierdie, dat hierdie nuutste profesie weer lewe in daardie kind sal blaas. ‘n Begeerte om Heilig te wees, nie net ‘n woord van bekering uit haar mond nie maar om weg te draai van die bose wat haar reguit na die put van die hel lei en haar hele familie saam met haar vat.

Abba YAHUVEH, ek vra dat U my gebruik soos daardie Elia van Ouds om my liggaam op hulle te lê wie ons ons seuns en dogters noem in YAHUSHUA. Ek vra U, blaas lewe in diegene, blaas lewe in diegene wat begin het om U te volg. Wat begin het deur Heiligheid na te streef. Wat begin het om sonde te beveg. Ek vra U Abba YAHUVEH om hierdie Elia van Nuuts te gebruik. Laat hierdie woord lewe voortblaas in hulle in ‘n groter vasberadenheid as ooit vantevore om sonde te versaak, satan te versaak, boosheid te versaak, enigiets te versaak wat U mishaag. Dit is wat U lê op die begeerte van my hart om te bid.

Want ek weet dit is U woorde omdat ek nooit so iets sou gespreek het, nooit so iets sou gedink het nie. Gebruik hierdie liggaam nou om hulle te bedek. Gebruik hierdie woorde nou om lewe in hulle in te blaas. Gebruik hierdie woorde nou sodat hulle die waarheid kan hoor, die waarheid kan glo en die waarheid hulle sal vrymaak. Want U Woord sê, wees julle Heilig want EK is Heilig. U sou nie vir ons sê om dit te doen as dit onmoontlik was nie.

Dank U dat U my gebed verhoor. Ons geliefde seun wat weggedwaal het, dank U omdat U hom terugbring soos die verlore seun was. Dank U Abba YAHUVEH.

Vir diegene wat U, YAHUSHUA nog nooit in hulle hart ingenooi het nie, hulle het nie geweet hoe om U in hul hart in te nooi nie. Dankie dat hierdie woord vandag vir hulle ‘n begeerte gaan gee en dat dit hulle oë gaan oopmaak en die skille gaan van hul oë afval en die was gaan uit hul ore kom en geestelik gaan hulle hoor, fisies gaan hulle sien en hulle gaan vrygemaak word en hulle gaan hulle lewe vir U gee, YAHUSHUA MASHIACH, sodat U U lewe deur hulle kan leef.

Dit is wat ek vra. Gebruik hierdie Bediening op ‘n groter manier as wat U ooit vantevore gedoen het en soos ons mense hierdie tyd merk as 2009, gebruik dit vir U Heerlikheid.

Dank U Abba YAHUVEH. Dank U, Dank U, Dank U.

Ek het dit gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH, my Kosbare IMMAYAH, my Mamma Wysheid en ek glo met my hele hart ons werk is nie tevergeefs nie. Laat ons hoor van julle. Laat ons hoor van julle. Laat ons weet. Laat ons weet hoeveel bereik was deur hierdie woord tot Eer van YAHUSHUA ons MASHIACH.

Diegene van die verlore seuns en dogters, Abba YAHUVEH roep julle vandag terug. Kom huis toe. Kom huis toe. Hierdie wêreld is nie julle tuiste nie. Moenie dat sonde julle langer verlok nie. Moenie toelaat dat onheiligheid julle meer verlok nie. Kom huis toe. Abba YAHUVEH noop julle deur die gestorte Bloed van YAHUSHUA ons MASHIACH, noop julle. Verlore seuns en dogters, kom huis toe. Laat julle getuienis alle Heerlikheid bring aan YAHUSHUA ons MASHIACH. Onthou saam met daardie getuienis kom toetse van alle vlakke en net sodra jy een slaag, sal YAH ‘n ander een oor jou bring, maar dit is dit werd.

Amen

Gespreek deur Apostel Elisheva Eliyahu

Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel Elisheva Eliyahu op 4 Januarie 2009

Profesie 121 Is YAHUSHUA Net Julle Redder Of Is Hy Here God Almagtig Van Julle Lewens?

Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit op alle Profesieë bygevoeg moet word van nou af:

EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva] om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie anders sou dit misluk het

EK is YAHWEH, dit is MY Naam; en MY Eer sal EK aan geen ander gee, of ook MY Lof aan die gesnede beelde nie.

Jes 42:8

In Julie 2010 Het YAHUVEH GOD ook gesê om die volgende uit 2 Kronieke voor elke Profesie by te voeg:

2Kronieke 36:16

“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.”

(skrifaanhalings vanuit : Woord en Getuienis bybel vertaling, behalwe wanneer anders aangedui)

* * * * * * *

YAHUSHUA het hierdie Woord gespreek vir ‘n geliefde dogter in YAHUSHUA, wat die duiwel probeer skei het van haar sielsgenoot. As gevolg van vorige seerkry, was daar in die Gees doringdraad om haar hart wat haar verhinder het om liefde te gee en te ontvang maar, sy moes die een wees om vir YAHUSHUA te vra om die geestelike doringdraad te verwyder. Niemand anders kon dit vir haar doen nie.

Deur die volgende pragtige, kragtige en gesalfde Woord van YAHUSHUA was sy vrygemaak van jukke en bindings as sy maar net sou ontvang en YAHUSHUA gehoorsaam en loof YAH sy het!

Daar was ‘n langdurende telefoniese gesprek met ons geliefde dogter in YAHUSHUA wat hierdie Woord voorafgegaan het. Die volgende was pas gesê net voor die Woord van YAHUSHUA begin het.

Kathrynyah: Kosbare HERE, ons bid net vir genesing vir U geliefde dogter se hart reg nou in die naam van YAHUSHUA MASHIACH en vir haar sielsgenoot se hart.

Elisheva: Ek hoor iets. Ek hoor iets waar sy bid direk nou, jy kan alleenlik hierdie doen geliefde dogter. Jy is die enigste een wat hierdie kan doen direk nou. Jy moet daardie tweesnydende swaard vat en daar’s doringdraad wat daar gesit was om jou hart sodat mense nie te naby kan kom nie en dan kan jy ook nie naby hulle kom nie want doringdraad sal altwee uitmekaar hou. Verstaan jy? Dis soos jy gesê het jy’t “jouself gekwarantyn” maar daar’s doringdraad daar en jy, sê YAHUSHUA, moet dit vat direk nou en sien jouself - as jy hierdie regtig, regtig kan doen- sien jouself daardie doringdraad afsny van jou hart af. Kan jy dit doen?

Geliefde Dogter in YAHUSHUA: Ek kan

Kathrynyah: Kan jy dit spreek nou?

Geliefde dogter in YAHUSHUA: Nou goed ek vat my Heilige gesalfde doringdraad skêr en ek sny al die drade weg binne-in my hart en dorings en enige iets wat my verhinder om naby ander mense te kom en mense verhinder om naby my te kom. Gee vir my ‘n hart van vlees YAHUSHUA.

Elisheva en Kathrynyah: Amen!

Kathrynyah: ABBA YAHUVEH ek dank U dat U daardie gebed beantwoord. Ek bid om wonderwerke te sien gebeur as gevolg daarvan in die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH.

Elisheva: En ons bid dieselfde vir sielsgenoot want hy het dieselfde ding gedoen en dit is hoekom hulle sielsgenote is. Hy het dieselfde ding gedoen. Hy het doringdraad om sy hart en ek gaan vir hom dieselfde ding sê.

Kathrynyah: Wel daar het jy dit.

Elisheva: So ek sou nie daardie openbaring gekry het as ons dit nie so pas gebid het nie. En geliefde dogter ons weet daar kom bevryding. Maar hierdie is die begin daarvan direk nou. Reg? So ek gaan jou geliefde sielsgenoot skakel nou op die daad en ek wil nie eens die foon oproep met haar beëindig nie so lief het ek haar. Dit is nie net my liefde nie…

Elisheva: begin spreek in Heilige Tale…

* * * * * * *

Profetiese Woord Begin:

MY geliefde dogter hierdie aand het jy MY behaag terwyl jy jou vlees neerlê en sê: “Ek sal dit nie op my manier hê nie maar ek sal dit op U manier hê, YAHUSHUA. Ek sal nie my pad stap nie, maar ek is vasbeslote om U pad te stap YAHUSHUA.”Jy behaag MY, MY geliefde. Want dit is waar dat niemand jou kan liefhê soos EK doen nie, maar moenie hierdie feit betwyfel dat EK MY liefde in ander gesit het vir jou nie. En hoeveel meer sal EK doen deur jou eie sielsgenoot as julle albei MY maar net sal toelaat om MY liefde te manifesteer deur altwee van julle. Enige iets wat satan so hard beveg het MY geliefdes, verstaan julle nie hoe groot dit is dat dit MY wil is dat dit geskied nie. Want hy veg net teen MY planne. Hy wil verdeel wat EK gesê het EK saamgevoeg wil hê, maar EK sal nie enige van julle se wil dwarsboom nie. Ewemin sal EK hierdie toelaat om die toevlugsoord langer te verdeel want luister vir julle geestelike moeder. Want verenig staan julle en verdeeld sal julle val so bly verenig, julle het mekaar nodig. Julle weet nie wat gaan gebeur hierdie jaar nie.

Maar MY geliefde dogter dit is EK wat daardie woorde in jou mond sit: ”Ek bly in die ark want dis hier waar ek veilig is.” Dit beteken nie die storms gaan nie teen die deure hamer en jou probeer verdrink nie, maar wat dit wel beteken is EK IS in die ark saam met jou. En EK sal nie die storms toelaat om jou te verdrink nie.

satan vrees wanneer een van julle bid, hoeveel te meer wanneer almal wat EK daar bymekaar gemaak het saam bid want elke een is gesalf. Maar steeds moet EK hierdie sê: niemand met die gees van rebellie kan bly nie. Want rebellie is soos ‘n vorm van heksery en indien enige iemand sê: ”Ek dring aan om dit te hê volgens my weg dan sal EK hulle moet stuur op hul weg want dit is soos ‘n melaatsheid. So, My geliefde dogter jy het die gees beveg van rebellie. Almal van julle beveg die gees van rebellie en weet net deur MY NAAM, MY BLOED kan julle daardie geveg wen teen die gees van rebellie. Want satan is die eerste om te gerebelleer het; lucifer het gesê hy sal dit op sy manier hê. Nou probeer hy diegene bedorwe wat MY kinders is met die vuil stank van die gees van rebellie waar saam met daardie een gees, ‘n legioen kan kom van demone om te teister, te beset, te onderdruk.

Moenie die gees van rebellie toelaat om binne te kom nie. Wanneer julle dit sien, dryf dit uit! Lag in die duiwel se gesig. Julle sal sien! Julle sal sien! Julle sal sien! En hierdie geld vir al die YDS wat EK hierdie Woord voortspreek: Lag in die duiwel se gesig!

Toets die gees wat praat beteken hou elke gedagte gevange! Is dit EK, YAHUSHUA, wat hierdie woorde sou voortspreek? Is dit EK, YAHUSHUA, wat vir julle hierdie gedagtes sou gee? Julle sal sien MY skatte hoeveel keer julle sal moet erken dit is of jul vlees of dit was satan. Maar in ieder geval as EK hierdie nie sou spreek nie, moet dit nie ontvang nie. O hoe lief het EK julle. EK het vir julle soveel gegee en EK het soveel meer om vir julle te gee as julle MY maar sal vertrou.

Seun, lê neer jou trots. Wees gewillig om die doringdrade af te sny van jou hart af. Want dit is MY begeerte om julle twee bymekaar te bring om te bedien sy-aan-sy. Dit is MY begeerte om al hierdie paartjies te gebruik om te bedien aan ander paartjies. Almal van julle was voortgebring deur MY eie hand. Almal van julle het gely vir MY Naam’s ontwil. Almal van julle het saam oorlog gemaak, saam gelag, saam gehuil. EK het so baie belê. Daar was nie een ongeluk wat gekom het na daardie toevlugsoord toe nie.

Vanaf hierdie nag vorentoe as almal maar sal gehoorsaam: Sal EK, YAHUSHUA, siele trek daarheen.

MY liefling dogter, geen liefde kan so bevredig soos MYNE nie, maar laat MY toe om jou lief te hê deur ander. Moet nooit dink waneer twee sielsgenote bymekaar kom is dit perfeksie op aarde nie. Want daar is geen perfeksie op aarde in ‘n verhouding nie, mits dit EK is wat voortspreek EK toegelaat [word] om voort te manifesteer, mits dit MY liefde is wat voortkom, gekombineer met julle liefde. Deur julself sal julle woorde spreek van haat. Deur julself sal julle woorde spreek van verwonding. Deur julself is julle selfsugtig.

Lê neer jul eie verlange en kyk na die ander deur MY oë. EK sal nie enige minagting duld teen die Bruid nie! Moet mekaar nie minag nie want julle betaal so 'n prys om te behoort aan MY. Almal van julle het dieselfde begeerte om MY bruid te wees, om 'n getuienis te hê soos Henog sodat EK julle kan trek tot aan MY sy!

Vergewe op die manier wat EK julle vergewe. Vat ‘n uitveër. Laat nie die ander se sonde geskryf wees in ink nie. Laat dit in potlood wees. Nou vee dit uit. Sien jouself dit uitvee asof dit nooit was nie. Is dit nie die manier wat EK julle sondes uitwis met MY gestorte bloed, so ver soos die ooste van die weste is nie? Sê EK vir julle: “Onthou, op so en so dag, op hierdie tyd en hierdie uur het julle gesondig teen MY?”

EK het geen rekord sodra julle sê “vergewe my” en julle dit bedoel en julle bekeer en wegdraai van daardie boosheid nie. Hou op kinders wees en sê: “ek wil dit op my manier hê”. Het EK dit op hierdie manier gedoen? Het EK nie die voorbeeld gestel selfs om na die kruis toe te gaan nie? Het EK nie gesê: “O, ABBA soos U dit wil hê, nietemin as dit alles moontlik is” [O, my VADER as dit moonlik is, laat hierdie beker by MY verbygaan: maar nogtans, laat nie MY wil nie maar U wil geskied. Mat. 26:39] En hierdie beker kan nie by MY verbygaan nie, EK wil hê dat U wil geskied en nie MYNE nie. Hierdie is ‘n geheim om die Bruid genoem te word!

Niemand is MY Bruid as hulle nie hierdie deel kan regkry nie. As hulle nie hul vlees kan neerlê nie hoe kan hulle dan in die Gees wandel? Hoe kan hulle die Kosbare HEILIGE GEES hoor wat woon in julle? As jy jou ore bedek en jou oë bedek en jy sê: “Ek wil nie hoor wat U te sê het nie en ek wil nie sien wat U vir my wil wys nie. Ek wil nie spreek wat U wil hê ek moet spreek nie, ek wil nie gaan waarheen U wil hê ek moet gaan nie. Ek wil nie doen wat U vir my sê om te doen nie!” GAAN DAN WEG VAN MY jy is NIE MY Bruid NIE! So, daarsy! EK het dit gesê! Hoeveel maniere moet EK sê: “Gaan weg van MY jou sogenaamde ongehoorsame bruid”!? Die wêreld wil dit nie hoor nie! Die georganiseerde kerke wil dit nie hoor nie!

EK IS nie net daardie offerLAM nie. EK IS nie net die liefde van julle lewe nie. EK moet gevrees word ook! Julle wil nie ooit die grimmigheid smaak van die LAM nie (Openbaring 6:16). EK het julle lief genoeg om te waarsku! Die koms van die dae van verdoemenis is naby. Julle sal nie agtergelaat wil word nie. Niemand kan vergelyk met MY liefde wat EK het vir julle nie en MY liefde is die VADER se liefde, en MY liefde is die RUACH HA KODESH se liefde. ONS is ALMAL gekombineer. Niemand kan vergelyk met ONS liefde vir julle nie. Maar moenie mislei word nie. Want niemand kan vergelyk met ONS woede ook nie. Hulle wil dit nie preek nie so EK het hierdie bediening opgerig om dit te spreek. EK plaas in elke een van MY Bruid 'n vrees om (MY) nie aanstoot te gee nie. Wanneer hulle bekeer doen hulle dit met trane. Hulle sê: “YAHUSHUA ek wil U nie seermaak nie.”

Die vyande, hulle sê: “Jy kan genade nie wegsondig nie”. Die vyande lieg. Hulle toets MY weer en weer, keer-op-keer. Hulle sê: “want ons kan enige iets doen wat ons wil doen nou! Dit gaan alles oor die kruis. Julle word nie toegelaat om my te oordeel nie. Julle mag nie vir my sê my siel is verlore nie“ en hulle ken MY nie eens nie. Dit is die letter wat doodmaak en die gees wat lewe gee. Hulle het nie eens die Gees nie. Die HEILIGE GEES is nie binne-in nie. Hulle het die Woord gelees. Hulle het hulle gememoriseer. Hulle probeer MY eis as ‘n REDDER maar hulle sê vir MY: “Gaan weg as ‘n HERE”! Hulle sê: “Ek wil geen meester oor my hê nie, hierdie is my lewe en ek gaan dit leef op die manier wat ek wil!” O, maar ek het U lief Jesus. O, maar ek loof U! Johannes 3:16! Sien dit sê dit net hier al wat ek hoef te doen is net glo. Ek hoef nie te gehoorsaam nie! AmightyWind Bediening gaan weg! Ek kan sondig soveel ek wil wie is jy om te sê? Dit gaan nie oor wat ek doen nie – dit is wat Jesus gedoen het. Niemand kan regverdig wees nie sien dit sê dit net hier. 'Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die geregtigheid van GOD. (Rom. 3:23)”

Maar EK sê vir julle hierdie, die gebed van die regverdige vermag baie (Jakobus 5: 16) omdat julle geregverdig is deur MY want julle is soos 'n David en wanneer julle wel sondig teen MY onwetend, [en wanneer julle dit besef] is julle vinnig om te bekeer. Julle vrees nie om te bekeer nie. Julle weet dat EK vir julle sê om vir MY te wys hoe lief julle MY het, is om MY te gehoorsaam. (Joh.14:15) EK sê dit vir julle en niemand anders sal dit preek nie so EK sal dit voortspreek deur hierdie werktuig van klei. EK kan nie net ‘n REDDER wees nie, EK moet julle HERE GOD ALMAGTIG wees. Dit gaan alles saam as een. Dit is waarom hierdie bediening apart-gestel is. Dis nie net gestuur na die laaste-kansers nie. Dit word nie net gebruik ‘n Smelters-oond nie. Dis gestuur na diegene wat geroep is om MY Bruid te wees. Selfs hierdie nag sien julle 'n woord het voortgekom. [Elisheva] kon nie skakel, in haar eie tyd, na jou toe nie want hierdie Woord was nog nie daar nie. EK moes vir haar 'n droom gee. EK moes die woorde voortspreek wat EK het hierdie nag.

My geliefde dogter jy moes ontvang. Jy moes jou vlees neerlê en sê: “Ek sal dit doen op YAHUSHUA se manier” en jy het en jy het die woorde gespreek en as gevolg van jou MY liefling dogter het hierdie Woord voortgekom. Maar EK het geweet dit sal. Dit was nie die tyd hierdie (afgelope) naweek nie. Dit was nie die tyd vir hierdie Woord om gebaar te word nie so EK het die fone toegelaat om af te gaan. Andersins, [Elisheva], was jy in sulke desperaatheid. Jy wou dit net oor en verby kry het die ergste verwag. Wanneer het jy ‘n gedagte gevange geneem vir jou om te dink dat die ergste sou voortkom? Want die ergste het nie voortgekom nie die beste het voortgekom! En jy het verbind saam met jou dogter in ‘n manier deur trane en doringdraad was gesny en sy het die begeerte vir haar sielsgenoot omdat EK dit daar geplaas het want EK het vir haar, haar sielsgenoot gegee. Daar is geen ander.

Nou sal EK jou lippe salf om voort te spreek tot die ander helfte. Onthou MY skat, MY juweel soos geen ander want almal van julle glinster teen ‘n verskillende graad. Almal van julle, almal van julle glinster. Sommiges moet gepoleer word en die manier wat EK poleer is met trane, trane, trane en pyn en smart. Want kyk na 'n klont steenkool hoe hard dit gepers moet word voordat dit verander in 'n diamant. Almal van julle, almal van julle, almal van julle was so hard gepers maar dit was nie tevergeefs gedoen nie. Al hierdie het voortgekom hierdie nag omdat EK 3 gehad het wat gehoorsaam het. [Elisheva] jy het MY stem gehoor terwyl jy geslaap het. Kathrynyah jy was daar vir [Elisheva] om te help om die salwing te vermeerder, en geliefde dogter, EK gaan nie jou naam sê nie maar jy weet wie jy is, jy moes ontvang. Jy moes jou hart oopmaak. Jy moes begeer om die woorde te hoor wat EK te sê gehad het. Jy moes voorberei word. EK het jou lief.

EK het elkeen van julle lief. Diegene wat YAHUSHUA se “Demon Stompers” maak, julle beteken so baie vir MY! Julle is vernoem na MY! EK het vir julle jul eie temalied gegee! [I’m Going To The Enemy's Camp] want julle gaan na die vyand se kamp en neem alles terug wat die duiwel gesteel het en hierdie nag dogter vat jy alles terug wat die duiwel gesteel het want satan is ONDER JOU VOETE! En die vyande is verslaan! Moenie gaan volgens dit wat jou oë sien nie! Jy het nie ‘n idee wat EK gedoen het aan die vyande se kamp nie!

Julle is so spesiaal, diegene wat bly in YAHUSHUA se “Demon Stompers” en diegene wat moet kom. Julle is so baie spesiaal dat EK MY Heilige Engele gestuur het om die geboorte te verklaar van daardie spesiale tak van bediening en die vyande hoon en spot en hulle sê: “niemand kan Heilig wees nie”. Hulle oordeel julle weens dit wat húlle is want daar is geen Heiligheid in hulle nie. Hulle begeer nie Heiligheid nie. Hulle begeer nie om MY Stem te hoor nie. Hulle bedek hulle ore wanneer hulle dit hoor en hulle noem hierdie Profeet allerhande bose name en enige iemand anders wat die Woorde herhaal wat EK sê.

Maar nie julle nie MY geliefde, nie die ware Bruid nie, julle ken MY woorde. Julle herken hulle en EK het julle lief en groot, groot, groot, groot, groot is julle belonings in die Hemel. Al wat julle hoef te doen is oorkóm. Wees oorkómmers en neem elke gedagte gevange. En wanneer julle 'n gedagte hoor wat julle weet is nie van MY af nie met 'n stem wat nie van MY af is nie, vat dit asof julle dit vasgryp met julle hande en in die naam van YAHUSHUA, bestraf dit. Daardie leuenagtige misleidende gees! En bestraf satan en sien julself met daardie gedagte wat nou verander het in die demoon wat dit gestuur het en sny die hande daarvan af! Met MY tweesnydende swaard sny dit af! En gooi dit weg en werp dit weg en sê: “Ek sal niks van jou leuens hê nie satan!” Want die planne wat EK het vir julle is ten goede en nie vir onheil nie: al diegene wat MY stem kan hoor; hierdie geld vir die gaste ook.

Roep MY aan. Vertrou MY! Steun nie op julle eie insig nie maar erken MY in al julle weë en EK sal julle paaie rig. Vertrou MY! Hou op om dit op julle manier te doen en doen dit op MY manier, julle HERE, julle REDDER, julle MEESTER, julle REGEERDER. EK gaan nie een verloor nie! EK ken elkeen wie se naam geskryf is in die LAM se Boek van Lewe voor die grondlegging van hierdie aarde en EK sal nie een naam verloor nie.

So wanneer vyande kom en vyande gaan. Judasse kom en Judasse gaan. Wanneer julle alles doen wat julle kan, jy jou kop stamp teen die muur maar jy nie daardie persoon op hul knieë kan kry vir MY en te erken dat EK nie net veronderstel is om hul REDDER te wees nie, EK IS moet hulle MEESTER wees - EK IS ALMAGTIGE GOD, YAHUVEH se Enig Verwekte SEUN en julle moet MY voetspore volg, nie in jul eie nie. As julle volg in jul eie voetspore sal hulle julle reguit hel toe lei, dis hoekom EK na hierdie wêreld toe gekom het om vir julle voetspore te gee om in te volg.

So hierdie is die Woorde wat EK te sê het, 'n onverwagse geskenk aan MY kosbare YDS. Want julle behaag MY. Julle behaag MY. Julle behaag MY. Julle werk so hard in hierdie oesland. Die werkers is so min maar julle kla nie. [Elisheva] sal sê:” Hierdie moet gedoen word en dat moet gedoen word” en niemand van julle kla nie. Julle slaan jul hand aan die ploeg en ongeag wat na julle toe kom, is julle oorkómmers! Net oorkómmers is YAHUSHUA se Demon Stompers! Onthou dit. Diegene wat misluk kon nie opweeg nie.

So EK laat julle met hierdie Woorde om ‘n seën te wees vir julle. EK het julle lief. Dit sal nie lank wees voor EK julle sien nie. Hou net styf vas aan die soom van MY kleed. Moenie laatlos nie! Ongeag wat julle sien in hierdie wêreld, moenie laatlos nie. Hou net styf vas. Moenie dat die gees van godsdiens steel wat EK vir julle gegee het nie. Moenie dat die gees van twyfel of kommer of vrees of paniek steel wat EK vir julle gegee het nie.

Geen godsdiens sal julle red nie! Geen! Geen! Geen! Alleenlik 'n liefdevolle gehoorsame verhouding tot MY, YAHUSHUA ha MASHIACH sal jul siel red.

Dankie dogter. Dankie vir die aanwakkering van die salwing in hierdie Ringmaagd van MY! Ek weet [Elisheva] jy het selfs gehuiwer om daardie woorde te sê want daardie woorde was besmet met leuens van satan maar jy is MY Ringmaagd en die Woorde en die Profesieë lui reg rondom hierdie wêreld. En satan jy weet dit. Jy kan hierdie nie stop nie want EK het hierdie verklaar. En meer tale sal voortkom. MY dogter hierdie nag het EK jou gesalf op 'n nuwe manier. EK salf jou nou met 'n nuwe hart en die doringdraad was weggesny. Moenie dat dit ooit weer groei nie. Moet nooit terugkyk nie en kyk net vorentoe en terwyl jy aanhou om jou wil neer te lê, terwyl jy aanhou om elke gedagte gevange te hou, elke begeerte gevange! Sien as dit van MY is, sal jy meer groei in die Salwing van die RUACH HA KODESH en dit geld vir almal wat luister na hierdie Woord nou.

Einde van Woord

Elisheva: Sug, dis dit! Dis asof ek nie asem gehaal het die hele tyd nie. Dis die hemel se suurstof…

Gespreek onder die Salwing van die RUACH HA KODESH

aan Apostel Elisheva Eliyahu

Offensief vir meeste en 'n seën vir ander, 'n Kind, Vegter, Bruid

van YAHUSHUA ha MASHIACH/JESUS CHRISTUS

Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel Elisheva Eliyahu op 29 Desember 2012