16
19 o YAHUVEH, my sterkte en my beskutting en my toevlug in die dag van
benoudheid, tot U sal volke van die eindes van die aarde af kom en sê: Net
leuens het ons vaders geërwe, nietige afgode, en daaronder was niks wat voordeel
kon bring nie.
20 Sal ‘n mens vir hom ELOHIMS maak wat tog geen ELOHIMS is nie?
21 Daarom, kyk, EK laat hulle hierdie keer voel, voel MY hand en MY mag; en
hulle sal weet dat MY Naam YAHUVEH is.
*~ Jeremia Hoofstuk 17 ~*
1 Die sonde van Juda is geskrywe met ‘n ystergriffel, met ‘n diamantpunt; dit is
gegrif op die tafel van hulle hart en op die horings van julle altare—
2 telkens as hulle kinders aan hulle altare dink en aan hulle heilige boomstamme
by die groen bome, op die hoë heuwels.
3 MY berg in die veld, jou rykdom, al jou skatte sal EK as buit gee saam met jou
hoogtes, weens die sonde in jou hele grondgebied.
4 En jy sal uitval—en dit deur jouself—uit jou erfenis wat EK jou gegee het, en
EK sal jou jou vyande laat dien in ‘n land wat jy nie ken nie; want julle het ‘n
vuur aangesteek in MY toorn, tot in ewigheid sal dit brand.
5 So sê YAHUVEH: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm
maak, terwyl sy hart van YAHUVEH afwyk.
6 En hy sal wees soos ‘n kaal bos in die wildernis, en hy sal nie sien as die
goeie kom nie, maar dor plekke in die woestyn bewoon, ‘n brakkerige en
onbewoonde land.
7 Geseënd is die man wat op YAHUVEH vertrou, en wie se vertroue YAHUVEH is.
8 Want hy sal wees soos ‘n boom wat by die water geplant is en sy wortels
uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly
groen; en in ‘n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te
dra nie.
9 Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?
10 EK, YAHUVEH, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy
weë, volgens die vrug van sy handelinge.
11 ‘n Voël wat eiers uitbroei sonder dat hy dit gelê het, is hy wat rykdom
verwerf maar nie eerlik nie; in die helfte van sy dae moet hy dit laat agterbly,
en in sy einde sal hy ‘n dwaas wees.
12 ‘n Troon van heerlikheid, verhewe van die begin af, is die plek van ons
heiligdom.
13 o YAHUVEH, Verwagting van Israel! almal wat U verlaat, sal beskaamd staan;
wie van MY afwyk, sal op die aarde geskryf word; want hulle het YAHUVEH, die
fontein van lewende water, verlaat.
14 Maak my gesond, YAHUVEH, dan sal ek gesond word; verlos my, dan sal ek verlos
word; want U is my lof.
Jeremia 32:6-27
6 En Jeremia het gesê: Die Woord van YAHUVEH het tot my gekom en gesê:
7 Kyk, Hanámeël, die seun van Sallum, jou oom, kom na jou toe met die woorde:
Koop vir jou my stuk grond wat in Anatot lê, want jy het die reg van lossing om
te koop.
8 En Hanámeël, die seun van my oom, het na my gekom volgens die woord van
YAHUVEH in die voorhof van bewaking en vir my gesê: Koop tog my stuk grond wat
in Anatot in die land Benjamin lê, want jy het die reg van besit en jy het die
lossing; koop dit vir jou. Toe het ek gemerk dat dit die woord van YAHUVEH was.
9 Daarop het ek van Hanámeël, die seun van my oom, die stuk grond gekoop wat in
Anatot lê, en vir hom die geld afgeweeg: sewentien sikkels silwer.
10 En ek het dit in die brief geskrywe en dit verseël en getuies geneem en die
geld afgeweeg op ‘n weegskaal.
11 Toe het ek die koopbrief geneem, die verseëlde een—volgens voorskrif en
wetlike bepalinge—en die oop een,
12 en die koopbrief aan Barug, die seun van Nería, die seun van Magséja, gegee
voor die oë van Hanámeël, die seun van my oom, en voor die oë van die getuies
wat die koopbrief onderteken het; voor die oë van al die Jode wat in die voorhof
van bewaking gesit het;
13 en ek het aan Barug voor hulle oë bevel gegee en gesê:
14 So spreek YAHUVEH Tzva'ot van die leërskare, die ELOHIM van Israel: Neem
hierdie briewe, hierdie koopbrief, die verseëlde een sowel as hierdie oop brief,
en sit hulle in ‘n erdepot, dat hulle baie dae kan bly bestaan.
15 Want so sê YAHUVEH-Tzva'ot van die leërskare, die ELOHIM van Israel: Daar sal
weer huise en gronde en wingerde in hierdie land gekoop word.
16 En nadat ek die koopbrief aan Barug, die seun van Nería, gegee het, het ek
tot YAHUVEH gebid en gesê:
17 Ag, YAHUVEH, ELOHIM, kyk, U het die hemel en die aarde gemaak deur U grote
krag en deur U uitgestrekte arm; geen ding is vir U te wonderbaar nie.
18 U wat guns bewys aan duisende en die ongeregtigheid van die vaders vergeld in
die skoot van hulle kinders ná hulle; die grote, die geweldige ELOHIM, wie se
Naam is YAHUVEH-Tzva'ot van die leërskare,
19 groot van raad en magtig van daad, wie se oë oop is oor al die weë van die
mensekinders om aan elkeen te gee volgens sy weë en die vrug van sy handelinge;
20 wat tekens en wonders gedoen het in Egipteland, tot vandag toe, in Israel
sowel as onder die mense, en vir U ‘n Naam gemaak het soos dit vandag is,
21 en U volk Israel uitgelei het uit Egipteland deur tekens en wonders en deur
‘n sterke hand en ‘n uitgestrekte arm en deur ‘n groot verskrikking,
22 en aan hulle vaders met ‘n eed beloof het om aan hulle te gee, ‘n land wat
oorloop van melk en heuning;
23 en hulle het gekom en dit in besit geneem, maar nie na U stem geluister en in
U Wet nie gewandel nie; alles wat U hulle beveel het om te doen, het hulle nie
gedoen nie. Daarom het U al hierdie onheil oor hulle laat kom.
24 Kyk, die walle het gekom tot by die stad, om dit in te neem; en die stad is
oorgegee in die hand van die Chaldeërs wat daarteen veg, vanweë die swaard en
die hongersnood en die pes. Ja, wat U gespreek het, het gebeur; en kyk, U sien
dit!
25 En tog het U, YAHUVEH ELOHIM, self aan my gesê: Koop vir jou die stuk grond
vir geld en neem getuies, terwyl die stad in die hand van die Chaldeërs oorgegee
is!
26 Toe het die Woord van YAHUVEH tot Jeremia gekom en gesê:
27 Kyk, EK is YAHUVEH, die ELOHIM van alle vlees; sou enige ding vir MY te
wonderbaar wees?
Mattheus 21:33-46
33 Luister na ‘n ander gelykenis: Daar was ‘n sekere huisheer wat ‘n wingerd
geplant het; en hy het ‘n heining daarom gesit en ‘n parskuip daarin gegrawe en
‘n wagtoring gebou, en hy het dit aan landbouers verhuur en op reis gegaan.
34 En toe die vrugtetyd nader kom, stuur hy sy diensknegte na die landbouers om
sy vrugte te ontvang.
35 Maar die landbouers het sy diensknegte geneem en een geslaan en ‘n ander een
doodgemaak en ‘n ander een gestenig.
36 Weer het hy ander diensknegte gestuur, meer as die eerstes, en hulle het met
dié net so gemaak.
37 Oplaas het hy sy seun na hulle gestuur en gesê: Hulle sal my seun ontsien.
38 Maar toe die landbouers die seun sien, het hulle onder mekaar gesê: Dit is
die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak en sy erfdeel in besit neem.
39 En hulle het hom geneem en buitekant die wingerd uitgewerp en doodgemaak.
40 Wanneer die eienaar van die wingerd dan kom, wat sal hy met daardie
landbouers doen?
41 Hulle antwoord HOM: Die slegte mense—hy sal hulle ‘n slegte dood laat sterwe
en die wingerd verhuur aan ander landbouers wat hom die vrugte op die regte tyd
sal gee.
42 YAHUSHUA sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen
wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword. HY het van YAHUVEH
gekom en is wonderbaar in ons oë?
43 Daarom sê EK vir julle: Die Koninkryk van ELOHIM sal van julle weggeneem en
aan ‘n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra.
44 En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy
val, dié sal hy vermorsel.
45 En toe die owerpriesters en die Fariseërs SY gelykenisse hoor, het hulle
begryp dat HY van hulle spreek.
46 En hulle het probeer om HOM in hulle mag te kry, maar hulle was bang vir die
skare, omdat dié HOM vir ‘n profeet gehou het.