Van Profesie 105 af, het YAHUVEH gesê hierdie moet van nou af op al die Profesieë geplaas word: Elisabeth (Elisheva) EK het jou lank gelede gewaarsku om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was. EK het dit in jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.
“EK is YAHVEH, dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie”. (Jesaja 42:8)
30 Mei 2025
Hierdie kom uit Profesie 105, YAHUVEH het beveel dat dit voor elke Profesieë
bygevoeg moet word van nou af:
Redakteur se kommentaar:
Hierdie Profesie is ontvang op die vooraand van Shavu’ot1 2017, ook bekend as
Pinkster.
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva], om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie. Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee. Dit is uit die
Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou
hand was sou dit lankal misluk het. Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se
Wind wat oor hierdie aarde waai, die Heilige Wind van Herlewing, dit is nie deur
jou asem nie, anders sou dit misluk het. (Jes. 42:8)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD ook gesê dat die volgende gedeelte uit 2 Kronieke
voor elke Profesie bygevoeg moet word:
2 Kronieke 36:16
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die gramskap van YAHWEH teen SY volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
* * * * * * *
Gegroet Geliefde Familie,
Ons skryf hierdie want dinge word genoem in die profesie deur YAHUVEH wat julle
nie sal verstaan as ons nie 'n paar dinge uitklaar nie. Aangesien julle nie daar
was nie sal ons julle inlig.
Ons (Amightywind leierskap) bedank almal wat vir ons geskryf en gesê het hulle
bedek ons in hulle gebede, en sommige was selfs gelei om te vas en het nie
geweet hoekom nie. Nou weet julle hoekom. Ons vertel nooit vir iemand behalwe
die mees vertroudes waar ons is totdat ons daar aangekom het nie, of meeste van
die tyd nadat ons alreeds vertrek het. Op die manier het die duiwel nie enige
verwelkomings partytjies wat vir ons wag nie.
Die vreemdste ding van alles is ons het gedink ons gaan na 'n ander land toe,
gereed gemaak om 'n vliegkaartjie te koop vir ‘n ander land waar 'n ander
profeet nogsteeds vir ons wag. En ek, Elisheva het wakker geword en gesê,
"YAHUVEH het met my gepraat in my slaap en gesê “Gaan Switzerland toe". Nie een
van ons het enige iets geweet van Switzerland nie en ons was aangesê dat dit
eersteklas vliegkaartjies moet wees, alhoewel ons nog nooit vantevore eersteklas
gevlieg het nie. Ek het gesondheids probleme gehad so ons het gedink dit was die
rede. Nou verstaan ons die belangrikheid om te gehoorsaam en 'n kaartjie te koop
wat eesteklas is. Want as julle die onderstaande lees sal julle verstaan daar
was 'n ander rede en die belangrikheid daarvan. Dankie aan almal wat hierdie
uittog moontlik gemaak het.
Hierdie profesie het voortgekom die eerste oggend nadat ons gearriveer het in
Zurich, Switzerland. Ek wil verduidelik waarna Vader YAHUVEH verwys met
betrekking tot “Homeland Security” Binnelanse Sekuriteit en die moeilike tyd wat
ons gehad het om uit Amerika te kom. By die Seattle lughawe het ons deur die
tonnel gegaan om aan boord te gaan van die vliegtuig na Zurich.
Oppad het ons 'n paar "Homeland" offisiere in die tonnel sien staan presies voor
ons by die vliegtuig sou kom. Die offisier het geblyk om vir ons te wag, terwyl
hy al die ander reg by hom laat verby gaan het en net aanhou staar het. Hy het
gestop en gevra, "Waarheen ons gaan en hoekom ons daarheen gaan." Hy het begin
praat oor kontant en gesê dat ons net toegelaat word om soveel kontant wat
$10,000 is uit die land te neem. Hy het gevra hoeveel kontant ons gehad het, wat
'n redelike groot bedrag was, maar ons was ver onder die toelaatbare limiet. Ons
het vir ‘n oomblik gedink en vir hom 'n bedrag gegee wat ek geglo het korrek
was.
Hy het toe begin sê dat indien ons nie akkuraat is op ‘n paar dollars na nie dat
Binnelandse Sekuriteit al ons kontant kon konfiskeer en hy het vir ons gesê ons
moet 'n dokument teken en verklaar hoeveel kontant ons aan ons gehad het. Ek was
senuweeagtig maar het probeer om seker te wees dat ons akkuraat was met die
bedrag. Ek het geglo ons was.
Wel, net nadat ons die vorm ingevul en geteken het en begin agterkom het wat
regtig aan die gang was, het ons gedink ons beter elke pennie in my beursie tel
want Binnelandse Sekuriteit wil dit hê. Terwyl ons die geld begin tel het, het
ek geweet ons is in die moeilikheid aangesien ek baie meer geld gehad het as wat
ek besef het want $500 in Kanadese geldeenheid was vir ons gegee tydens die
Pasga deur Adam, en by die Seattle lughawe toe hy ons afgesien het,het hy weer
vir ons nog $500 gegee in Kanadese geldeenheid.
Ek het al die Pasga geldgeskenke in 'n koevert gesit en dit nooit eers getel
nie. In plaas daarvan wou ek verras gewees het hoe YAHUSHUA dit vermenigvuldig
het wanneer dit tyd geword het om dit te gebruik wanneer ons in Switzerland kom.
Daar was Euros wat vir ons gestuur was as Pasga geskenke, sowel as Engelandse
geldeenheid. Plus ek het binne-in ‘n klein mint blikkie Amerikaanse geldeenheid
gesit wat vir ons gegee was met Hanukkah en my verjaardag asook tydens Purim. Ek
het dit gehou vir ingeval ons geld vir 'n noodgeval sou nodig hê. Dit was regtig
net onder die bedrag van $500. Ek het dit in my beursie gehad maar heeltemal
daarvan vergeet. Daar was 7 offisiere wat gedelf het deur al ons besittings en
gesoek het vir elke pennie wat hulle kon vind. Terwyl hulle deur alles gedelf
het, het die offisier wat hierdie hele ding aangehits het ons paspoorte gevra om
te sien of ons nie enige lasbriewe teen ons gehad het nie. O, die uitdrukking
van teleurstelling op sy gesig toe hy uitgevind het dat ons geen lasbriewe teen
ons het nie, nie eers 'n verkeersboete nie! Loof YAHUSHUA! Ons vliegkaartjies
was gekoop met 'n kontant geskenk en hulle was eersteklas, andersins is ons
seker die vliegtuig sou sonder ons vertrek het, en selfs die eersteklas
kaartjies was nie terugbetaalbaar nie. Ander was reeds op die vliegtuig en as
daardie vliegtuig opgestyg het sou hulle in Europa gewees het sonder geld en ons
sou alleen in Seattle gewees het. En as ons geld gekonfiskeer was, sou ons nog
sonder geld ook gewees het. Dit was 'n klein voorbeeld hoe die Binnelandse
Sekuriteit, wat ons die bynaam van "Gestapo Police" gegee het, die Jode moes
behandel het toe hulle alles gesteel het wat hulle gehad het. Maar YAHUVEH het
alles onder beheer gehad.
Vroeër daardie oggend het ek wakker geword van 'n droom wat 'n waarskuwing was
oor Binnelanse Sekuriteit. Ek het wakker geword, geskree en gehuil en gesê, "Ons
kan nie op daardie vliegtuig klim nie, daar gaan moeilikheid wees met ons
regering. Hulle gaan nie dat ons Amerika verlaat nie"
Ek het geweet YAHUSHUA het ons gewaarsku wat die duiwel beplan om te doen en dat
ons nou daarteen moes bid sodat dit nie gebeur nie. Ons het gebid vir ure, satan
bestraf, betrokke in geestelike oorlogvoering en met moeite in die Gees en toe
vrede gekry en ‘n woord van YAHUVEH voortgespreek. HY het gesê, "satan wil julle
verstrik, maar niks kan gebeur wat EK nie toelaat nie en EK sal dit nie toelaat
nie. Die Rooisee sal oopgaan vir julle."
Toe het ek vrede gehad en weer aan die slaap geraak. So gesê, kan ons nie sê dat
ons nie vroegtydig gewaarsku was van die vangstrik wat vir ons gestel was nie.
Ons het net nie geweet waar die vangstrik sou wees nie. Nou kon ons dit duidelik
sien. Ek het gebewe onder die salwing op daardie tydstip. Dit was hierdie
profesie wat opgesluit was soos vuur in [my] gebeente, want YAHUVEH was woedend
oor hoe ons soos kriminele behandel was. In elkgeval was dit ons eie geld, net
omdat ons nie die tyd geneem het om elke pennie te tel nie. Wat 'n tragedie dat
Amerikaners sou toelaat dat hulle privaatheid so gesteel word soos hierdie. Ons
is nie meer die land van die vry en dappere nie soos Profesie 84 sê, "PASOP VIR
DIE ILLUSIE."
Teen hierdie tyd was die vliegtuig vol behalwe vir ons en hulle het vir ons
gewag sodat hulle kon opstyg. Terwyl hulle ons kontant getel het, het een
offisier in besonder aanhou vra waar ons die geld gekry het, wat ons gedoen het
vir 'n lewe, ens. Ons het vir hom gesê ons was bedienaars. Nodeloos om te sê,
toe hulle klaar was het ons meer geld gehad as wat ons verklaar het en hulle het
gesê dat hulle hul toesighouer sal moet inroep, om te sien of hulle ons geld
gaan konfiskeer. Ons was in ernstige gebed soos julle kan raai teen hierdie tyd.
Daar was 7 van hierdie Binnelandse Sekuriteits offisiere wat daar gestaan het
besig om te probeer besluit wat om te doen want hulle kon nie hul toesighouer in
die hande kry nie. Toe het een van hulle uiteindelik gesê, "Kom ons gee hulle
die voordeel van die twyfel en glo dat hulle regtig nie geweet het hoeveel
kontant hulle gehad het nie en laat hulle aan boord van die vliegtuig gaan." Nou
as ons nou 'n groot bedrag kontant gehad het sou ons kon verstaan hoekom dit
gebeur het. Maar net 'n bietjie meer as dit wat ons neergeskryf het was
belaglik.
Ons het ‘n 'Amen' gesê daarop, ons besittings bymekaar gemaak en aan boord van
die vliegtuig gegaan om nooit weer vir Amerika te sien nie. O ja, daar is een
ding wat ek vergeet het om te noem. Ons het verskeie een-ons goue muntstukke in
my beursie gehad, wat as 'n geskenk aan ons gegee was deur 'n ander lid van die
Bruid in Australië genaamd John. Hy het dit vir ons gestuur verlede jaar want
YAHUSHUA het vir hom gesê om dit vinnig te stuur indien ons kontant vir 'n
noodgeval sou nodig hê of ruil transaksies op ons reis. Ons weet nooit wat sal
gebeur nie. Ek het hierdie in my beursie gehou binne-in 'n sakkie so groot soos
'n grimeer sakkie.
Een van die offisiere het hulle gevind en daarna gekyk en ons het hom dopgehou
en stilletjies verwoed gebid toe hy opgekyk het na ons met 'n goue muntstuk in
sy hand verseël in plastiek en gesê het, "Wat is hierdie, aandenkings?" Ons het
gesê, "Ja, jy kan dit sê" met 'n groot grinnik op ons gesigte. Ons weet dat
hulle alles sou gehou het as die goud ook getel was, en hulle sou dit alles in
elk geval gehou het as YAHUVEH en YAHUSHUA nie aan ons kant was nie. Ons weet
dit, ons het soos kriminele gevoel net omdat ons bietjie kontant moes hê om te
hervestig in 'n ander land, en alhoewel ons Hemelse Vader in beheer was, was dit
steeds baie senutergend. satan het probeer om enigiets te gebruik wat hy kon om
ons te weerhou van hierdie missie om te vergader met die Internasionale Bruid
van YAHUSHUA, en 'n vars nuwe salwing te bring na die [lande] wat ons besoek.
Waar ons heengaan, volg tekens, wonders en wonderwerke, alles vir die
Heerlikheid van YAHUVEH en YAHUSHUA ha MASHIACH.
Na hierdie ondervinding, het ons aangehou om YAHUVEH te vra waarom hulle so op
ons ingefokus het want ons het geweet dat ons 'n teiken was en HY het hierdie
droom gegee.
In die droom, het‘n broer agter die mense gestaan wat na die x-straal masjiene
gekyk het, en hy het na die skerm gekyk. Hy het toe homself deur die x-straal
masjien sien gaan maar hy was steeds agter hierdie mense wat ook na die skerm
gekyk het. Die skerm het toe die presiese bedrag kontant wat hy aan hom gehad
het, begin flikker. Nou aangesien hulle hierdie masjien het en duidelik kan sien
hoeveel kontant jy aan jou het, was hierdie alles niks meer as teistering nie
vir een rede omdat Homeland Security 'n ander manier is om die vryheid en
privaatheid weg te neem van Amerikaanse burgers.
Ons is spyt dat ons Amerikaners genoem word want inderwaarheid was ons behandel
met respek en meer regte vir ons privaatheid in Europa en ja, selfs Afrika.
Homeland Security het geen begroting nie, dit is 'n finansiële bodemlose put wat
geskep is deur President Bush en dit sal gebruik word, en word gebruik, teen die
onskuldige burgers van Amerika om te steel, moor en ons vryhede en reg op
privaatheid weg te neem. Lees hieronder en sien wat YAHUVEH sê omtrent Homeland
Security en ander organisasies in ander lande wat dieselfde doen onder‘n ander
naam.
Ons moes op 'n veilige plek kom om hierdie profesie vry te stel asook die ander
wat nog nie vrygestel is nie. Ons is jammer dat dit so lank geneem het, maar dit
kon nie verhoed word nie. Ons weet dat selfs al dink ons dit is laat is dit
presies op tyd, want dit is YAHUVEH se tydsberekening. Miskien sal ons
ondervinding iemand anders kan help.
Ter afsluiting glo ons waarlik die finansiële geskenke wat gegee is vir hierdie
Bediening, is gegee deur Heilige mense, vernaamlik die Bruid van YAHUSHUA se
finansiële geskenke en satan was gestop daardie dag. Wanneer hierdie profesie
gekopieer en gedeel word, maak asseblief seker dat die verduideliking ingesluit
is sodat ander sal verstaan.
* * * * * * *
PROFESIE 85
Skree Dit Van Die Huise Se Dakke af! Skree Dit Vir Die Wêreld! Internasionale
Bruid Van YAHUSHUA, Kom Na Vore!
Jy het dit nie vooraf geweet nie, maar EK het dit nou net vir jou gewys,
[Elisheva], in 'n visioen. Toe jul betree het in Zurich, Switzerland, het EK
bewys dat EK julle veilig uit Amerika kon kry. Alhoewel julle nooit‘n wet
oortree het nie, wou satan nie hê julle moes weggaan van daar af nie want hy wou
nie gehad het hierdie salwing moes losgelaat word nie en vir julle om persoonlik
die lande te betree nie. satan wil nie hê julle moet vergader saam met die
Internasionale Bruid van YAHUSHUA nie.
Ten spyte van wat ookal die vyand probeer doen het, het die ganse Hemel gejuig,
die Engele het gejuig, in die Hemel het die ramshorings weerklink, want in
Amerika sê hulle daar is niks sterker as Homeland Security nie. Maar EK het
bewys en soos EK aan almal sal bewys wat MY toets en in MY glo, wat MY
gehoorsaam, wat die KRAG ken van MY Heilige Name. EK, YAHUVEH, maak hierdie
plegtige eed: Diegene wat die waarhede volg wat EK gegee en voortgespreek het in
hierdie Bediening sal dieselfde oorwinning hê oor Homeland Security of by watter
naam ookal genoem in watter nasie ookal. Want soortgelyke agentskappe word
opgestel om nie net die kriminele nie maar die onskuldiges te verstrik.
En in die komende dae van duisternis, sal dit die Heilges wees wat 'n teiken sal
wees van hulle. Net so seker soos EK gewys het geen krag is groter as EK, die
Groot, “EK IS” YAHUVEH wanneer julle na MY toe kom in YAHUSHUA ha MASHIACH se
Naam, sal EK die Rooisee oopmaak. Sal EK diegene stop wat probeer om julle te
agtervolg. Julle wat MY Heiliges is, wat uitroep in die Naam van YAHUSHUA ha
MASHIACH net soos in die tye van ouds, sal EK julle verlos.
So julle sien MY kinders, daar was 'n ander rede hoekom EK julle Europa toe
gestuur het, en dit is om te bewys wanneer EK die Rooisee oopmaak sal die ander
ook deurgaan. O Amerika, julle stel julle sekuriteit in iets genaamd “the
Homeland”? EK sal julle wys Homeland Security, julle is net gepas vir een ding
en dit is MY, YAHUVEH se vernietigting. EK, YAHUVEH, spreek hierdie nou. Julle
probeer MY Kinders verhinder, julle probeer MY Kinders vertraag, nee sê EK.
Julle sou gemaak het dat hulle daardie vliegtuig verpas. Julle wou roof by MY
Kinders, julle wou MY Kinders arresteer en tog nie eens 'n parkeer kaartjie het
julle teen hulle nie en julle kon nie verbykom by die Bloed Gestort vir hulle op
Golgota nie. Julle kon nie verby MY, YAHUVEH gaan nie, want hulle het hul
sekuriteit gestel in YAHUSHUA en in MY. Hulle het MY gehoorsaam en hulle het
gevlug voor die dae van verwoesting kom.
Nou spreek EK hierdie voort. Skree dit van die huise se dakke af, skree dit vir
die wêreld. EK het julle verlos as 'n teken EK sal ander verlos op dieselfde
manier. EK het julle uitgestuur uit Amerika, julle eksodus, om nooit weer terug
te keer nie. So ook soos EK met julle gepraat het, so ook het EK met ander
gepraat en hulle het nie geluister nie en hulle het nie geleer nie en tog word
hulle genoem by MY Naam so baie sal moet leer op die harde manier. Hulle glo die
waarhede wat julle glo en tog het hulle gebly. Maar EK stuur julle voort in
hierdie Messiaans Joodse Laaste Kans Bediening om vir die mense te vertel van
Amerika en Kanada wanneer EK vir hulle sê om te vlug, beter hulle vlug.
Andersins moenie by MY kom huil nie. Onthou daar is altyd vrede in die oog van
die orkaan. Kanada, EK het julle gewaarsku om nie in julle suster Amerika se
voetspore te volg nie deur hierdie profeet jare gelede, maar het julle
geluister? Nee, julle spottery het net harder geword. Wanneer hierdie lande
ingehok word soos EK vir jou gewys het, [Elisheva], in hierdie visioen
keer-op-keer. 'n Groot rooi weggooibare beker gemaak van swaar plastiek en 'n
groot hand vat daardie beker, oor 'n klein bang muisie, 'n klein wit muisie, en
maak dit toe met die druk van die hand, en die muis hardloop heen en weer onder
die beker wetende dat daar geen ontsnapping is nie, dit is julle. Diegene wat sê
hulle is Heilig, diegene wat uitroep in MY Naam, en tog aangedring het hulle
bly. EK profeteer nou hierdie is julle. As julle nie vlug en doen wat EK vir
julle sê om te doen nie wanneer EK vir julle sê om te vlug, moet julle
gehoorsaam. Anders is dit julle, julle is die bang wit muisie en julle regerings
is die hand wat julle sal verhoed om te vlug.
Wanneer EK vir julle sê om te verkoop wat julle het, ontsnap terwyl julle nog
kan vlug. Bevraagteken menige van julle MY nog steeds. Hoekom dink julle het EK
vir julle gesê om Pasga te doen? Selfs al het julle dit nog nooit gedoen
voorheen nie, het EK julle gewaarsku om dit te doen sodat die engel van die dood
oor julle sou verbygaan en nie julle families of huise sou aanraak nie en die
vloeke nie oor julle kon kom nie. Hoeveel van julle het geluister toe EK
voortgespreek het deur hierdie “Ringmaiden” en julle 'n mandaat gegee het om
hierdie te doen. Na die Pasga kom‘n eksodus. [Elisheva] het geen idee gehad dat
hulle uittog sou kom sonder enige voorafgaande waarskuwing nie. Hoewel EK julle
gewaarsku het. Hulle gaan julle vooruit.
Amerikaners en Kanadese, hardloop, vlug terwyl julle kan, as julle weet dat
julle weet EK het vir julle so gesê het. Gehoorsaam. Onthou, EK het vir julle
gesê die lande wat derde wêrelds genoem word, alhoewel armer, sal die veiligste
wees teen die korrupte, ryk regerings wat die een sal in-begelei wat antichris
genoem word, en tog noem EK, YAHUVEH, hom die seun van satan, die seun van
verderf, wat die Merk van die Dier bring. Moenie enige regering vertrou om julle
te beskerm in die komende dae van duisternis nie, want EK stuur Amightywind om
gebruik te word as 'n standaard teen die bose in hierdie wêreld en die boosheid
wat kom na hierdie wêreld toe. Memoriseer die skrifte wat julle sal bemoedig
terwyl julle dit nog vrylik kan lees. Die tyd kom wanneer die woord weggesteek
sal moet word op 'n ander manier.
Maar vir die van julle wat moet agterbly in Amerika en Kanada, gee EK MY vrede
wat alle verstand te bowe gaan en EK het MY Heiliges wat moet agterbly, dit is
waar julle geloof sterk moet bly. Maar jy beter weet dat jy weet dat jy weet dat
EK vir jou gesê het om te bly en nie te gaan nie. EK bedank julle dat julle MY
toelaat om julle te gebruik as 'n geseënde geskenk vir hierdie Bediening. En
soos hulle wandel in 'n groter salwing en geseënd en beskud is, so is julle ook
gesalf, geseënd en beskud. Die skaakstukke is op die bord nou, alles is in plek.
Aan MY vyande en die vyande van hierdie bediening, nou baie binnekort, gaan EK,
YAHUVEH, sê, "SKAAKMAT!"
Kanada jou lot is dieselfde as Amerika. Wanneer EK kyk na Amerika en EK kyk na
Kanada, is daar geen verskil nie. Julle is sonde, julle is stank, julle is
ontlasting in MY oë. O, EK sal begin om te profeteer vir die ander [lande], maar
nou is MY oog op die een wat soveel op ‘n dwaalspoor gelei het. Amerika, julle
sal betaal. Nou kan hierdie profeet die woorde van vuur voortspreek wat EK
opgestoor het. In die komende dae, terwyl julle die dag nader van Pinkster,
almal wat aan MY behoort, almal wat MY Heilige Naam aanroep beter Psalm 91 begin
aanhaal keer-op-keer, omdat hy MY Naam ken, sal hy MY aanroep in nood en EK sal
hom antwoord en EK sal hom verlos, EK sal nie lieg nie.
Diegene wat MY Sabbat Dag eerbiedig, diegene wat MY Torah hul waarlik
gehoorsaam, diegene wat YAHUSHUA aanbid, EK sal julle antwoord, EK sal julle
verlos. Diegene wat hierdie Bediening liefgehad het, want net MY Woorde was
voortgespreek, EK sal julle antwoord, EK sal julle verlos, as julle maar net sal
gehoorsaam. As julle agterbly omdat julle sê, "O, maar my man is nie gered nie,"
as julle agterbly en sê, "O, maar my vrou is nie gered nie," as julle agterbly
en sê, "O, maar my kinders is nie gered nie” is dit nodig dat EK julle herinner
wat gebeur het met Lot se vrou? En so sal dit ook weer wees.
Julle kan nie eers begryp wat EK vir julle beplan het nie o, Amerika en Kanada.
Diegene wat vlug uit Amerika dink hulle hardloop na 'n toevlugsoord genaamd
Kanada, diegene in Kanada vlug na wat hulle dink is 'n toevlugsoord in Amerika
maar hulle is dieselfde daar is geen verskil nie, hulle albei spot MY Heilige
Naam. Die van julle wat dink julle ontvlug armoede om na 'n ryk land toe te kom;
julle het geen idee wat hulle aan julle gaan doen nie. EK het meer kinders wat
gesalf en Heilig is in die armer lande as wat EK het in al die ryk lande
altesaam. Meer van die Bruid van YAHUSHUA is wat EK noem die Internasionale
Bruid van YAHUSHUA so min word gevind in die ryker nasies. Afrika Bruid van
YAHUSHUA, kom na vore. Stel julself voor aan hierdie “Ringmaiden”. Julle gebede
is die Lig wat die boosheid terughou om Afrika heeltemal oor te neem.
O, EK weet die meerderheid van die Europese kerke is net louwarm. Julle is net
waardig om gespoeg te word uit MY mond en tog fokus EK nog nie in op julle nie.
In plaas daarvan beveel EK, YAHUVEH, die Europese Bruid van YAHUSHUA, kom na
vore. Stel julself voor aan hierdie “Ringmaiden”; dit is julle gebede wat gehelp
het om my wraak oor Europa terug te hou, tot dusver.
Soos julle die pryse van brandstof sien opgaan in Amerika, sal julle 'n vrees
oor die mense sien kom wat hulle nog nie geken het nie. Want julle sien, die
olie maatskappye sê dit is julle wat hulle besit. En hulle gaan julle
verpletter. Hoe dink julle gaan julle finansies verpletter word? Terwyl julle
die pryse in alles sien opgaan. Sal alleenlik dit wat julle vir YAHUSHUA gedoen
het bly staan, dit is die enigste manier hoe EK, YAHUVEH, julle finansiële
seëninge sal vermenigvuldig. Vir die van julle wat julle geloof stel in iets
genaamd olie, swart vloeibare goud in plaas daarvan om julle geloof te stel in
MY, YAHUVEH, in MY SEUN YAHUSHUA ha MASHIACH se Naam, julle sal vrees ken soos
julle dit nog nooit geken het nie. EK praat met diegene wat hulself Christene
noem. Julle moes gebid het en MY vir beskerming gevra het. In plaas daarvan stel
julle jul geloof om julle te beskerm in iets genaamd Homeland Security in plaas
daarvan om te glo in God YAHUVEH sal ek vertrou. Nou, o Amerika, nou, o Kanada,
nou is julle net geskik vir MY om te verpletter.
O, maar diegene wie se name EK geskryf het in die Lam se Boek van Lewe voor die
grondlegging van hierdie aarde. Diegene wat uitroep na MY, diegene wat uitroep
in die Naam van MY SEUN YAHUSHUA, hou net julle geloof en hou styf vas en moenie
laat los nie. Hou styf vas aan die soom van YAHUSHUA se kleed en moenie laat los
nie. Ongeag wat gebeur, moenie laat los nie. As EK vir julle gesê het om te bly
dan sal EK julle beskerm waar julle woon. Maar as EK vir julle gesê het om te
vlug, onthou julle het MY verontagsaam as julle nie gegaan het nie.
Nou [Elisheva], het julle 'n nuwe adres om op te sit. Nie langer hoef julle pos
aangestuur te word uit Oregon nie. Nie langer het julle hierdie bykomende
uitgawe nou nodig nie. Julle het MY toestemming om julle Alaska adres op te gee.
'n Nuwe salwing het voortgekom regoor Europa toe julle jul voete geplant het
daarop. Nou sal die kragte van lig en duisternis veg op‘n groter manier. Want
die Bruid in Europa gaan weet dat hulle nie meer alleen is nie. O, hulle het
altyd vir MY gehad, maar hulle het gevra, "O waar, o waar is die ander?" Nou is
die tyd wat EK begin om julle bymekaar te bring. Dit wat soveel jare gelede
geprofeteer was en 'n splinternuwe, kragtiger salwing. MY Bruid sal uitgaan en
veg teen die bose geeste regoor die wêreld.
[Elisheva], jy sal 'n manier kry om op daardie Internet te kom. Daar is een wat
vir jou geskryf het en jy moet haar dadelik kontak, want dit is in MY Naam wat
sy voortdurend bid. Daar is 'n Duitse Bruid wat jy na vore moet roep; hulle het
jou eenmaal vantevore gekontak en nou moet jy hulle weer vind. YAHUSHUA het 'n
Italiaanse Bruid en wanneer EK praat van Bruid, praat EK van meer as net een.
Italiaanse Bruid van YAHUSHUA kom na vore. Stuur julle uitnodigings nou en stel
julself voor aan die “Ringmaiden”. Is julle bereid om te deel wat julle het met
hierdie Bediening? Sal julle hul bedek met julle gebede en liefde?
Oor al die nasies van Europa nou roep EK, YAHUVEH, julle na vore! Kom en
vergader met hierdie “Ringmaiden”, want daar is 'n nuwe salwing wat deelagtig
sal word terwyl almal van julle jul lantern liggies bymekaarbring, sal dit meer
van die duisternis blokkeer regoor Europa. Dink daaraan. Hoe meer lig, hoe
minder duisternis. Europa julle is bedek met duisternis! Maar EK bring die lig
om die duister te verdryf. Europese Bruid, is julle bereid om te deel wat julle
het met hierdie Bediening? Is julle bereid om julle salwing byeen te bring?
In die komende dae sal profesieë voortkom vir Europa en ander nasies. Amerika,
julle het geweier om te luister. Kanada, julle het geweier om te luister. Toe
[hulle] vertrek het, het hulle die stof van hulle voete afgeskud en EK het vir
hulle hul instruksies gegee. Moet dit nie weer binnegaan nie, want dit sal wees
so asof Lot Sodom en Gomora weer binnegegaan het toe EK vir hulle gesê het om te
vlug. EK sal goedgunstiglik almal onthou wie 'n seën was vir hierdie Bediening,
almal wat hierdie weg moontlik gemaak het om te vergader met die Internasionale
Bruid. Hoe meer julle gedoen het, hoe meer beskerming sal EK vir julle gee, hoe
meer genade want julle sal dieselfde seëninge deel as hierdie “Ringmaiden” wat
hier voortspreek.
Diegene wat weier om hierdie Bediening te ondersteun, julle weet dit nie, maar
julle steel net seëninge van julself, seëninge wat EK vir julle voorbehou het.
Hierdie is die woorde, MY Kinders, wat julle moet opsit saam met die woorde wat
EK vir julle in Seattle Lughawe gegee het voor julle vertrek het vir Europa.
O [Elisheva], jy het MY soveel behaag, want jy wandel in geloof en nie met
aanskouing nie. Toe EK vir julle gesê het om te gaan, het jy MY nie bevraagteken
nie, jy het net gehoorsaam. Toe EK julle na 'n vreemde land stuur, het jy gesê,
"Maar ek praat nie hulle taal nie," en tog het jy net gehoorsaam. O, hoeveel
behaag jy MY; dink jy regtig EK sal julle laat honger ly? Jy het gesê, "O, maar
die pryse is so hoog hier." Het EK, YAHUVEH, bankrot geraak en niemand het MY
vertel nie? Besef jy nie jy het die ganse Hemel se goud en silwer tot jou
beskikking soos EK dit bewillig nie?
Wanneer EK vir julle sê om 'n Heilige Vergader plek te kry en verwag die ander
om te kom, weet EK jy sal gehoorsaam. Dit is MY eer om jou op hierdie manier te
seën. En Groot, Groot, Groot, sal die seëninge wees van [diegene] wat groot
onkostes aangegaan het, julle deel dieselfde seëninge, want julle is een. Jy het
hulle omhels en hulle gesoen en jy het geweet dat dit EK was in daardie soene en
drukkies. Voor die hele wêreld nou bedank EK jou. EK seën jou omdat jy
gehoorsaam was.
Adam, weer het EK jou uitgestuur, jy het gekom van Vancouver af om na Seattle
toe te gegaan teen groot onkoste. Jy het gekom in MY salwing, jy het gekom in MY
liefde. EK het geweet EK kon jou vertrou, want jy is die een wat EK gestuur het
toe hulle Seattle verlaat het en Alaska toe gegaan het. So EK het geweet EK kon
jou weer vertrou en, Adam M. jy het MY nooit in die steek gelaat nie en o, hoe
seën EK jou. En daar is twee Kathy's. Julle ken julle vanne. Soveel soos julle
'n seën vir hierdie “Ringmaiden” is, is julle 'n seën vir MY, YAHUVEH, en MY
SEUN YAHUSHUA. MY dierbare geliefde dogter Kathy A, jy arbei om al die profesieë
wat EK vir [Elisheva] gegee het in boeke vry te stel wat sal wees soos‘n
versteekte waardevolle skathuis van geloof gedurende die tyd van die Groot
Verdrukking. Kathy A, jy wat die ekstra myle geloop het en opgeoffer het op alle
maniere, weer sê EK voor die wêreld, jy is so 'n seën. EK verklaar jou naam word
grootliks vereer in die Hemel saam met jou gebede en tiendes en offergawes.
MY Heiliges wat finansieel opoffer sodat EK hierdie Bediening kan gebruik regoor
hierdie wêreld julle name is geskryf in 'n boek van seëninge saam met Adam en
Joseph W. in Hong Kong wie so getrou was vir so lank. EK roep julle name uit om
julle te bemoedig. Groot, Groot, Groot, Groot, sal julle seëninge wees, want
waar hulle voete ookal gaan, in die gees so sal julle. In die Hemel, wanneer
belonings uitgedeel word vir die siele wat hierdie Bediening na YAHUSHUA toe
gelei het, sal julle almal direk langs hul sy staan. Sonder julle om 'n seën vir
hulle te wees , wie sou EK gebruik het om 'n antwoord op hul gebede te wees? EK
gebruik mense om mekaar te seën hoe meer jy ander seën hoe meer sal EK, YAHUVEH,
jou seën.
Daar is van julle wie se name EK nie voortgespreek het nie en julle het
finansieel opgeoffer vir hierdie Bediening. Wees verseker dieselfde seëninge is
gereserveer vir julle ook, geliefde kinders, want EK weet wie julle is. O,
geliefde dogter Sharon M., oor hierdie vele jare was jy 'n seën keer-op-keer. Jy
is soos die weduwee van Sarfat en jy deel die bietjie wat jy het om plek te maak
vir meer seëninge. Jou geloof en gehoorsaamheid eer MY.
EK het die rykes na hierdie Bediening gestuur en julle ken MY stem en tog staan
julle ver weg, stel nooit eens julself voor nie, en tog is dit die Salwing van
die RUACH ha KODESH wat julle trek hierheen. Is julle gewillig om dit te deel
waarmee EK julle geseën het om te help arbei in hierdie oesland met hierdie
Bediening? Besef julle nog nie julle rykdom sal julle nie gesond maak of
onderhou in die Groot Verdrukking nie? Besef julle nog nie dat die waarhede wat
julle hier leer julle sal voed en onderhou nie? En wanneer julle geloof nodig
het om aan te gaan of wonder wat volgende gaan gebeur, het EK dit reeds
geprofeteer. Het EK julle nie keer-op-keer oortuig, om 'n seën vir hierdie
Bediening te wees, sodat EK 'n groter seën vir julle kan wees nie?
Besef julle nog nie dat wanneer julle ander seën wat gebruik word as MY,
YAHUVEH, se mondstuk. Seën julle MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA en julle stoor
seëninge en skatte in die Hemel? Sê MY Woord nie, "As julle net soveel as 'n
beker water vir ‘n profeet gee, sal julle 'n profeet se beloning ontvang" nie?
Hoekom sê EK dit alles vir julle te midde van 'n profesie? Omdat so baie van
julle wil weet hoekom word julle gebede nie beantwoord nie? Hoekom groei die
salwing nie sterker nie? Daar is 'n prys om te betaal vir MY seëninge en dit
word GEHOORSAAMHEID genoem.
Dit is hartseer om te sê maar daar is MY Kinders wat hierdie lees en hoor en
julle sê, "Ek herken die stem van YAHUVEH. Ek kom hierheen om te sien wat HY sê
maar ek weier om hierdie Bediening te ondersteun of te bemoedig op enige
manier." Hoeveel van julle het begin as 'n seën en toe verander in 'n vloek,
ingeboet wat julle weet om waar te wees? Julle het uitgeroep na MY en gesê,
"Waar is die antwoorde op my gebede, waar is my bevryding en my genesing? Waarom
is my sielsgenoot uitgestel?” Hierdie is julle laaste kans om 'n seën te wees en
te gehoorsaam!
Voed julle nie op hierdie gesalfde, geestelike, groen weivelde en groei in
wysheid en openbaring nie? Net omdat ander die prys betaal om MY woorde vrylik
te voer vir MY lammers en skape en aan almal wat omgee om te hoor regoor die
wêreld. Dink julle daar is nie 'n prys wat hierdie profeet betaal wat EK gebruik
om voort te spreek saam met almal wat aan haar sy staan en geestelik intree in
oorlogvoering en gebede nie, en tog hou hulle aan om MY wil en weg te doen. Hoe
min van julle wat hierdie lees en wat hulle liefde verklaar vir YAHUSHUA sal
gewillig wees om die prys te betaal vir wat dit verg om hierdie woorde voort te
spreek wat nie vir jeukende ore is nie, om‘n Bediening te ondersteun wat weier
om te skik.
Oral waar hierdie gesalfdes hulle voete plant, sal óf MY seëninge of vloeke
volg, in elke nasie, sal of redding of oordeel volg. So sal dit wees met almal
van YAHUSHUA se Bruid. Die Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH begin om uit te roep
en vra vir jou bruidskat, die een wat EK vir jou gereserveer en eenkant gesit
het. Soos EK dit aangee vir die “Ringmaiden” so gee EK dit ook vir julle aan.
Want die rykdom van die goddeloses is gestoor vir die Bruid van YAHUSHUA ha
MASHIACH en dit is julle. Want EK weet wie dit sal gebruik vir MY heerlikheid en
MY heerlikheid alleen.
EK, YAHUVEH, het hierdie waarskuwing egter vir diegene wat gekom het as 'n
vriend, wat finansiële gawes bring en toe het julle satan toegelaat om in te kom
en hy het jou in 'n Judas verander. Dit sou beter-af gewees het as julle nooit
die naam van hierdie “Ringmaiden” gehoor het nie, want EK sal julle laat ly vir
elke droefdheid wat sy voel deur julle verraad en elke traan wat sy oor julle
gestort het. Toe julle haar verraai het, het julle die een verraai wat julle
gestuur het om 'n seën te wees en nie 'n vloek nie. Wanneer julle gebede nie
meer beantwoord word nie en wonder of EK 'n dowe oor gedraai het vir julle
hulpkrete, terwyl julle ergste vrese realiseer, alles as gevolg van satan, het
julle 'n leuenaar geglo en geskik. Wanneer julle hier is tydens die Groot
Verdrukking en ongenadiglik ly, sal julle nie hoef te wonder hoekom nie. Het EK
nie gewaarsku nie, "Moet MY gesalfdes nie aanraak en ook nie MY Profete seermaak
nie"? Wanneer sal julle leer om 'n vriend te verraai is die ergste leuen? As
julle nie bekeer en goedmaak wat julle gedoen het nie, sal julle die lot van ‘n
Judas ly en die geliefde waarvoor jy ons verraai het sal sterf.
[Elisheva], alles wat EK vir julle gegee het, het julle agtergelaat vir ander.
Al wat julle gevat het was julle tasse en nie eers die voertuie wat EK vir julle
gegee het nie. Terwyl julle die geskenk van 'n voertuig van jul drome
agtergelaat het, o, maar EK sal julle seën. Nie een goeie ding sal EK van julle
weerhou nie. EK sal spreek tot die Heilige mense se harte en julle wat lees en
luister, dit is julle wat weet dat julle geroep is en gekies is om saam met
hierdie Bediening te staan. Julle is die geskenk van behulpsaamheid gegee. EK
het julle geseën in julle werk. Saam word julle geroep om te arbei in hierdie
oesland om MY waarhede dwars oor die nasies reg oor hierdie wêreld te neem. EK
spreek dieselfde seëninge vir julle. Geen goeie ding sal EK van julle weerhou
nie en julle sal onsigbaar wees vir die vyande wat julle vernietiging soek.
So Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH, EK praat met diegene in Europa nou. Is julle
gewillig om te deel wat julle het met hierdie Bediening? Bring julle helder
verligte geestelike lanterns byeen en wees 'n seën vir mekaar en bring hulle
soos die vyf wyse maagde gedoen het. Die ligte sal groei soos 'n vuurtoring
baken lig en julle salwing sal groei en saam sal julle een word in MY. O, die
tekens, wonders en wonderwerke wat julle sal sien in YAHUSHUA se Heilge Naam as
julle maar net geloof sal hê en glo. EK, YAHUVEH, sal verheerlik word, vir die
Heerlikheid van MY SEUN YAHUSHUA ha MAHIACH.
EK spreek hierdie woorde voort nou. Moenie vrees nie, o, Bruid in Israel en dink
EK gee nie om nie want EK sal hulle ook na julle toe stuur. Hierdie is net 'n
skry tree om hulle daar te kry. Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH in Israel, kom na
vore. Stel julself voor aan hierdie “Ringmaiden”, want dit is deel van hierdie
Bediening se werk om seëninge en beskerming te bid oor die Bruid van Israel.
Julle is een met haar soos sy - een met julle. Is julle bereid om te deel wat
julle het met hierdie Bediening? Nou is die tyd om haar te begin uitnooi en om
te begin bid en tussenbeide te tree vir hierdie Bediening om te kom en die
Heiliges in Israel te seën, om te bid dat die vyande sal weghardloop in sewe
verskillende rigtings. Oordeel sal op die goddeloses val en hulle sal val
binne-in die parskuip van MY, YAHUVEH se woede. Bid, o Bruid van Israel en Bruid
van die Midde Ooste, wat behoort aan YAHUSHUA vir die salwing op hierdie
Bediening om te vermeerder sodat julle salwing ook sal vermeerder.
EK, YAHUVEH, praat met die Internasionale Bruid van YAHUSHUA. EK gee vir julle
hierdie mandaat. Help hierdie “Ringmaiden” om hierdie wêreld te bereik vir
YAHUSHUA se Heerlikheid. Bied vrywillig aan en vertaal hierdie profesieë in
julle verskeie tale. Daar is 'n Hebreeuse lid van die Bruid van YAHUSHUA wat
hierdie nou lees en weet hulle behoort al die profesieë in Hebreeus te vertaal.
‘n Ander weet hulle behoort hierdie profesieë in Afrika tale en Arabies te
vertaal. Hoekom het julle nie na vore gekom en julself voorgestel aan hierdie
Bediening nie? Hoekom gehoorsaam die Internasionale Bruid van YAHUSHUA nie en
gebruik nie die seëninge, gawes en talente wat EK, YAHUVEH, vir julle gegee het
nie? Hoekom begrawe julle hulle waar hul van geen nut is vir enige iemand nie?
Aan die ander wat begin werk het aan die vertalings van die profesieë in julle
tale, EK het hierdie vraag vir julle. Hoekom maak julle nie klaar waarmee julle
begin het nie, die werk op die muur, gee julle so min om vir jul eie land? Almal
van julle wat dit gedoen het, EK gaan julle hierdie vraag eendag voor MY Troon
vra. Wees gereed om 'n antwoord te hê, want julle was geroep en aangestel vir
hierdie taak, en het nog nie die taak voltooi nie. Hierdie vertraag YAHUSHUA se
koms vir SY Bruid, want hierdie profesieë en boodskappe moet in baie tale wees
voor HY terugkom. Bruid van YAHUSHUA in alle Internasionale Nasies, EK het laat
(hierdies) vir altyd hulle tuisland verlaat, al hulle wêreldse besittings agter
laat, om te kom en 'n seën te wees en te deel wat hulle het met julle. Is
hierdie regtig te veel om te vra van julle? Is julle bereid om te deel wat julle
het met hierdie Apostoliese Messiaans Joodse Pinkster Bediening? Versamel
Heilige bemiddelaars om vir hulle te bid op‘n voordurende grondslag, want die
geveg is verwoed maar die Oorwinning is reeds gedoen vir YAHUSHUA se Lof, Eer en
Heerlikheid!
* * * * * * *
So was dit gespreek, so was dit geskryf onder die salwing van die RUACH ha
KODESH
Apostel Elisheva Eliyahu vir die Heerlikheid van YAHUVEH en YAHUSHUA!
* * * * * * *
Woord Gegee By Seattle Lughawe, 3 Mei 2006
Hierdie woord het na Elisheva Eliyahu gekom in Seattle, by die lughawe, voor
hulle vlug na Europa.
EK het keer-op-keer gewaarsku, en hulle wou nie luister nie. [Elisheva], jy het
swart aan, want EK rou. Dit is nie MY wil dat EK moet doen wat EK moet doen nie,
maar EK geforseer word om dit te doen nie. Want daar is ‘n prys om te betaal vir
ongehoorsaamheid. O, dat hulle maar net geluister het, want waarlik het die dag
van verwoesting reeds begin.
Daar sal krag en salwing wees en dit waarvoor julle geliefde Adam en Luigi
geroep was om te doen. Dit is nie‘n toeval dat hierdie bediening in Europa sal
wees en julle dit doen nie. Bid vir die beskerming, bid dat hulle versteek is.
Bid dat die sondaars se rykdom, groei losgelaat word deur die Bruid se hande,
want nou is die tyd, nou is die vasgestelde tyd.
Adam, wanneer die tyd kom dat EK vir jou sê om te gaan; EK nou vir jou sê: Pak
daardie vlugsak! Vra MY wat jy daarin moet sit, moenie langer uitstel nie. Sien
jy hoe vining gaan haal EK vir [Elisheva], want Kanada wou nie luister nie. EK
het waarskuwing na waarskuwing gestuur. Hulle het geweier om te luister! So,
hulle is nie beter-af as Amerika nie. Want diegene, wat Kanada beskou as veilig,
hulle is sekerlik mislei.
Nou, het EK jou uitgestuur [Elisheva] om MY Oordeel te vel op Europa, op die
louwarmes. Sê vir hulle EK sal hulle uit MY Mond uitspoeg. Hulle is diegene wat
sê hulle is van MY en tog ken hulle MY nie. Jy sal meer weet wanneer jy dit
kry.‘n Nuwe salwing sal oor jou kom. Dit is al vir nou.
Maar Adam, weet dit, nie een haar op jou kosbare hoof sal aangeraak word nie,
want jy behoort werklik aan MY en EK is jaloers oor jou. Enige iemand wat jou
seermaak, dit is asof hulle MY seergemaak het, en desondanks, moet MY nie toets
nie. Wanneer EK sê, pak daardie vlugsak, pak jy dit, want waarlik het die
geboortepyne van die Dag van Verwoesting reeds begin. Niks sal die Groot
Verdrukking stop nie, die geboorte van MY Wraak!
Maar, diegene wat aan MY behoort, diegene wat MY soek hoef nie bekommerd te wees
nie!
Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH Deur Apostel Elisheva Eliyahu op 5 Mei 2006
Profesie 92 Wees Vrolik want EK YAHUSHUA HA MASHIACH, IS die Enigste GOEIE HERDER
Hierdie Profetiese Woord is ingesluit in “Secrets of the HOLY SPIRIT” want dit
lê die fondament vir die volgende Profetiese Woord, Profesie 93 waarin MAMMA
SHKHINYAH, Die RUACH HA KODESH voortspreek. Ten tye van hierdie Profesie was
daar ‘n vrou met die naam Shelby Corbitt wat geglo het dat YAHUSHUA vir haar
boodskappe gegee het dat die wegraping sou gebeur in 2007. Sy het selfs ‘n boek
geskryf daaroor. Die datum wat sy gestel het het gekom en gegaan en die
wegraping het nie gebeur nie.
Elisheva se kommentaar:
Hierdie Woord het gekom toe ek ‘n e-pos beantwoord het wat aan my geskryf was
deur ‘n tiener uit Alberta, Kanada. Terwyl ek vir haar teruggeskryf het het die
Salwing oor my gekom en Profesie 92 was gebore. Dankie L.W. vir jou
gehoorsaamheid om my te e-pos want dit was jou e-pos wat die Salwing in my
aangewakker het. Ek het ‘n Woord vir jou geliefde suster van YAHUSHUA, maak ‘n
afskrif en sit dit in jou Bybel en lees dit gereeld. Ek het nie ‘n Profetiese
boodskap verwag nie. YAHUSHUA het ‘n 17 jarige tiener gebruik van Alberta,
Kanada om die Salwing aan te wakker.
* * * * * * *
Hieronder volg die Profesie soos dit voortgekom het – met Profeet Elisheva se
Heilige Tale – terwyl GOD se GEES uiting gee (Handeling 2:3-4) van hemelse of
aardse tale (1 Kor. 13:1) Elisheva spreekvoort in tale en Profesie word
voortgebring (1 Kor.14:6)
Hierdie Profesie bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:
YAH/YAHU is die HEILIGE , GEWYDE NAAM van GOD soos in “Alleluia” of “Hallelu
YAH”
Wat letterlik beteken: “Prys YAH”
YAHUVEH/YAHWEH GOD DIE VADER
YAHUSHUA/YAHSHUA GOD SE ENIG VERWEKTE SEUN
HA MASHIACH beteken ‘DIE MESSIAS’
ELOHIEM beteken “GOD”
Die openbaring
van SH’KHINYAH HEERLIKHEID
– as die PERSOONLIKE NAAM van die RUACH HA KODESH
In Afrikaans genoem “DIE HEILIGE GEES”- is ook op hierdie web werf.
(Ha SH’KHINAH{SHEKINAH}
is Hebreeus vir; GOD VERTOEF, HEILIGE GODDELIKE TEENWOORDIGHEID)
Addisioneel; ABBA YAH beteken ‘VADER YAH”
En IMMA YAH beteken “MOEDER YAH’
* * * * * * *
YAHUVEH se Woorde aan Elisheva wat voor die Profesieë bygevoeg moet word:
EK het jou lank gelede gewaarsku [Elisheva], om nie hierdie Bediening na ‘n man
of ‘n vrou te vernoem nie, selfs nog voordat daar ‘n Bediening was het EK dit in
jou gees geplaas want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie, niks hiervan
het uit jou mond voortgekom nie.
Dit is uit die Mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee.
Dit is deur die Mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee.
As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.
Dit is deur die SHKHINYAH HEERLIKHEID se WIND wat oor hierdie aarde waai, die
Heilige WIND van Herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk
het.
“EK IS YAHVEH: dit is MY NAAM; en MY EER sal EK aan geen ander gee, of ook MY
LOF aan die gesnede beelde nie.”
Jes 42:8
(van Profesie 105)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD beveel om ook hierdie gedeelte, uit 2 Kronieke, by
te voeg as ‘n waarskuwing vir diegene wat spot:
“Maar hulle het die boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die Gramskap van YAHWEH teen SY Volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.” 2 Kronieke 36:16
(Profesie 128)
* * * * * * *
PROFESIE 92 BEGIN:
Wees vol blydskap MY Kleintjies want EK, YAHUSHUA HA MASHIACH IS die enigste
GOEIE HERDER en EK ontbloot die evangelistiese welvaarts predikers [evangelical
prosperity pimps] vir die wolwe wat hulle is! EK slaan die wolwe weg en EK
verwyder hul slagtande uit julle vlees.
O, MY geliefde kleintjies, EK praat met diegene wat aanbid, liefhet en daarna
streef om gehoorsaam te wees en Heilig te lewe tot ABBA YAHUVEH. Hoe behaag
julle, MY, jul YAHUSHUA HA MASHIACH. EK is die enigste GOEIE HERDER en die
enigste VERLOSSER van jou siel.
MY skape en lammers ken MY stem. En net soos ‘n bokkie snak na water in die
hitte van die dag, so ook, snak MY skape na MY volgende Woord. Hulle ken die
smaak van die Lewende Water. Terwyl hulle MY Heilige Skrifte lees drink hulle
van MY Lewende Water daagliks. Ware Profesieë is ook Lewende Water. Elke keer
wanneer jy een lees, sal jy nog ‘n Openbaring kry as jy ondersoek en vir MY vra
wat jy nie verstaan nie.
Julle wat begeer om ‘n hart te hê na MY eie Hart, julle behaag ABBA YAHUVEH. EK
het ‘n dapperheid in julle geplaas waar ander geweier het om hierdie gawe van
dapperheid te gebruik vir MY Heerlikheid of dit gebruik het vir bose doeleindes
vir hulle eie motiverings.
Moenie vir Oprah Winfrey volg nie.
Moet haar nie ondersteun of haar bemoedig deur haar programme te kyk of haar
boeke te koop wat sy promoveer nie. Oprah Winfrey sal julle Hel toe stuur, as
julle Oprah se evangelie glo.
Sy bestraf kinders van MY, openlik voor die wêreld, wat gestuur was om haar te
waarsku dat daar net een weg is Hemel toe is en dit is deur die GESTORTE BLOED
VAN YAHUSHUA HA MASHIACH. Die vroue wat EK gebruik het om teen haar te baklei
het MY op MY Griekse Naam “JESUS CHRISTUS” genoem toe hulle haar gekonfronteer
het op haar televisie program.
Oprah het met hulle baklei voor miljoene en hulle woedend bestraf en gesê dat sy
weier om te glo daar is slegs een weg Hemel toe. Sy glo daar is “baie weë” Hemel
toe, een weg kan nie korrek wees nie.”
Pasop vir Oprah Winfrey. Soos EK het Geprofeteer het deur [Elisheva Eliyahu]
jare gelede, het sy haar siel verkoop aan satan vir roem en rykdom en doen nou
haar goeie werke sê goeie werke is een van haar “weë Hemel toe." Sy het ‘n Judas
geword. En waar sy eens die waarheid onderrig het, het sy dit nou verlaat en ‘n
pad gekies wat lei Hel toe.
Julle was gewaarsku. EK sal MY Heilige kinders aanspreeklik hou vir die
ondersteuning of bemoedig vir haar op enige manier. Oprah Winfrey gaan siele lei
na die antichrist die een wat EK die enig verwekte seun van satan noem, wat
voorheen gekom het in die vorm van Judas.
Daar is ‘n vrou genaamd Sherry Shriner.
Sy is ‘n outeur van boeke en sy beweer sy kan Bybelkodes ontsyfer. Sy verdraai
die Bybelkodes om gelykvormig te word aan die beeld wat sy verkies. Sy sê haar
naam in numerologie beteken “YAHWEH” en Shriner beteken “tyd”. Wel nou is dit “tyd”
vir YAHUVEH om haar te ontbloot in SY tydsberekening.
Sherry Shriner meng waarheid met leuens. Sherry Shriner is die reptiel-alien
waaroor sy waarsku toe sy geskryf het en nou haar boek Aliens on the Internet
verkoop. Sy plaas slegs ‘n foto van haarself van hoe sy gelyk het op skool jare
gelede. Waar is haar foto vir vandag? Sy vrees ander sal sien wat EK, YAHUVEH,
nou bekendmaak. Sy werk vir beide kante van die wagte: een van die aarde, en een
uit die hel.
Sherry Shriner bespot Apostel Paulus (Saulus) en sê, "Enige boek in die Bybel
wat hy geskryf het, gooi dit uit!" Sy verdraai die Skrifte om te probeer bewys:
“Paulus was nie een van die Apostels nie, so hy is afkomstig van adder saad”
Sherry Shriner het haar siel verkoop aan satan en haar liggaam toegelaat om
oorgeneem te word deur alien magte vir roem en rykdom. Sy bespot hierdie
Bediening en het vir [Elisheva] gewaarsku toe [Elisheva] vir haar gesê het dat [Elisheva]
se middelnaam Sherrie is en [Elisheva] het onder hierdie naam “Sherrie” gegaan
toe sy gebruik was om geboorte te gee aan AmightyWind Bediening.
Met die aanhoor hiervan, het Sherry Shriner vir [Elisheva] jare gelede gesê oor
die foon: “Daar is plek vir net een Sherry hier. En dit is ‘Sherry Shriner’ jy
bly [Elisheva].”
Sherry Shriner het ook [Elisheva] se naam in Bybelkode gedoen. Waarvoor sy
gewoonlik ‘n honderd doller vra, het sy vir [Elisheva] laat weet. Sy het dae
lank spandeer om haar bybelkode verniet te doen en het haar laat weet dat hulle
albei generaals en leiers is. Alhoewel, sy vir [Elisheva] laat weet het dat die
woorde "onsinnige [glibberish] tale" in [Elisheva] se Bybelkode is.
[Elisheva] het haar bestraf en haar herinner wat geskryf is in die Boek van
Handelinge [en] om te spreek in onbekende Heilige tale is om te spreek in tale
van mense en engele (1 Kor.13:1) Sherry Shriner het terug geargumenteer en gesê:
“Paulus het dit onderrig, en jy moet dit uitgooi."
Sherry Shriner bespot die spreking in Heilige tale. Sy spot want satan het haar
eens op ‘n tyd deur haar eie getuienis demoniese tale gegee. Dit is omdat Sherry
Shriner kop-kennis gehad het en geen harts-kennis van die EEN wie sy “JESUS
CHRISTUS” genoem het op daardie stadium nie. Nou om mense te verwar, noem sy dit
wat die boek van Handelinge noem om te spreek in onbekende tale “werk van die
duiwel.”
Sherry Shriner is ‘n vals profeet. Keer-op-keer was hierdie bewys terwyl sy
Bybelkodes gegee het met datums en niks gebeur nie.
Pasop, Sherry Shriner het etlike kennis wat satan vir haar gegee het in ruil vir
haar siel wat sy nooit veronderstel was om te weet nie. Moenie na haar webwerf
toe gaan nie, behalwe as jy MY, YAHUVEH se toestemming het. Want daar is
opsporings toestelle vir beide van die leiers vir wie sy werk.
As julle haar soek om julle te beskerm op enige manier, pasop, want jul name is
reeds op ‘n lys van haar. As jy die nood-rantsoen gekoop het wat sy verkoop, is
jou naam op ‘n lys wat sy saamgestel het. As jy op haar e-pos lys is, pasop, jy
is ook op die regering se e-pos lys sowel as satan s’n.
Sherry Shriner verkoop haar orgone en beweer haar orgone sal demone, aliens,
siektes, kwale, armoede en natuurrampe weghou van julle af. EK, YAHUVEH,
verklaar nou, Sherry Shriner jy was gewaarsku. Hoe durf jy sê iets wat jy met
jou eie hande maak kan die demone oorwin of enige iemand gesond maak of die weer
beheer! Sherry Shriner jy is ‘n vals profeet tot die hoogste graad!
Jy beswadder vir [Elisheva Eliyahu], want jy weet albei van julle is geroep as
leiers. Sy is ‘n leier vir MY, YAHUVEH, YAHUSHUA & ONS KOSBARE RUACH HA KODESH
ook genoem MAMMA WYSHEID. Sherry Shriner jy het jou siel verkoop aan satan. Jy
is een van satan se leiers. Dit is waar.
Jy het kop-kennis dit is waar maar dit is al wat jy het. Jy kopieer selfs die
Hebreeuse maniere van hierdie Messiaanse Bediening om die mense te verwar.
Voorheen, was jou enigste teiken die Christene in die naam van “JESUS”. Nou,
teiken jy die Jode in YAHUSHUA se NAAM.
Sherry Shriner jy is nie eens wie mense dink jy is nie. Jy is ‘n werker van
onheil en EK waarsku nou, laat hierdie uitsaai ver en wyd, waarsku almal!
Sherrie Shriner promofeer haar orgone vir die vernietiging van gedagtes, liggame,
geeste en siele!
Moenie jou vertroue in orgone stel nie. Stel jou geloof in MY, YAHUVEH &
YAHUSHUA, om julle te beskerm in die Dae van Rampspoed! Sy sê sy weet julle kan
tot YAHUSHUA bid vir beskerming, maar dit is die moeilike manier, in plaas
daarvan sê sy koop haar orgone en “dit is die maklike manier." GODSLASTERING!
Niks kan julle beskerm, buiten DIE NAAM & GESTORTE BLOED VAN YAHUSHUA HA
MASHIACH nie!
Sherry Shriner, EK, YAHUVEH, bestraf jou nou om te sê jou orgone sal mense
beskerm teen demone en UFO’s vol demoniese aliens. MY kleintjies, moenie die
waarskuwing van die UFO’s en aliens ignoreer nie, maar besef alleenlik, EK,
YAHUVEH & YAHUSHUA HA MASHIACH kan en sal julle beskerm in die Dae van Rampspoed
& Verdrukking.
Hierdie is die waarheid oor die orgone wat sy maak en verkoop en vir julle sê om
te plant oral in verskeie dele van die wêreld of vir julle sê om dit in ‘n
hals-kettinkie te dra of om dit in julle slaapkamers te sit of binne-in julle
huise.
Hier is ‘n Waarheid wat EK, YAHUVEH voortspreek deur [Elisheva Eliyahu]. Dit is
[Elisheva] wat ‘n Heilige vegters gees het soos Dawid gehad het as ‘n
skaapwagterseun toe hy geveg het teen Goliat.
Sherry Shriner is nie die kleindogter van Koning Dawid van Ouds soos sy beweer
nie. As’t ware is Sherry Shriner ‘n goliat van boosheid wat leerstellings van
duiwels voortspreek en geheime aan haar bekend gemaak deur satan en sommige
Bybelse waarhede daarby meng om die mense te verwar. Sherry Shriner is die
"alien on the internet." En sy is nie wat sy haarself beskryf om te wees nie.
Julle was gewaarsku.
EK stuur jou uit, [Elisheva Eliyahu], om te doen wat jy MY gevra het om nie te
doen nie. En dit is om te ontbloot, te beveg en Woorde voort te spreek tot
hierdie “alien op die Internet” genaamd Sherry Shriner in die NAAM VAN YAHUVEH!
Sherry Shriner jy teiken die Christene en die Messiaanse Jode want hulle is
diegene wat satan die graagste wil vernietig. Pasop Heilige mense en waarsku
ander. Die orgone wat sy maak beweer sy is haar geheime resep en dat dit anders
werk as ander orgone, maar inderwaarheid sal dit die demone trek julle huise sal
beset word met bose geeste; die grond [waarop] julle haar orgone plant sal wees
soos ‘n opsporings-toestel vir die duiwel en die aliens wat reeds hier is in
vermomming. Hulle is satan se gevalle elite troepe!
Omdat julle jul geloof in haar orgone stel sal EK, YAHUVEH siektes toelaat om
oor jou liggaam te kom. EK, YAHUVEH sal julle huise toelaat om deurtrek te word
met boosheid. EK, YAHUVEH sal armoede toelaat waar julle voorspoed gehad het. EK
sal die verwoester toelaat (Openb.9:11) om alles te vernietig wat jy besit as jy
nie bekeer nie, opgrawe, waarsku, en jou geld terug eis wat spandeer was op haar
boeke, noodvoorraad en haar orgone nie. En maak die finansies vry wat EK vir jou
gegee het, binne-in Heilige grond in.
EK, YAHUVEH het julle gewaarsku, indien julle vertrou op haar orgone om julle te
beskerm, was julle skroomlik mislei! Hierdie gedaante [vorm] van ‘n vrou lag al
die pad bank toe omdat julle haar leuens geglo het! Vir diegene wat aanhou om
haar leuens te glo, dood en vernietiging is al wat julle gaan sien.
Hoekom dink julle spog sy dat haar orgone beter is as enige iemand anders s’n?
Omdat sy ‘n ‘geheime’ resep het? Haar orgone sal niemand red nie, en sal almal
seermaak wat nie bekeer en MY om vergifnis vra vir hulle dwaasheid om die leuens
te glo gestuur deur satan nie.
Sy ontbloot die vyande van YAHUSHUA vir een doel en dit is om julle vertroue te
wen. Hoekom dink julle noem sy vir Benny Hinn bose name en sê vir julle wanneer
hy bedien gaan plant haar orgone waar hy bedien regoor die wêreld?
EK sal vir julle sê hoekom, Dis omdat hierdie sy vreemde okkultiese vuur
bemagtig! Hoe anders kan satan julle sover kry om deel te neem om haar orgone te
plant as julle nie dink julle beveg boosheid nie?
Hoekom dink julle smeek sy nou vir geld om haar orgone fabrieke te bou regoor
die wêreld? Ja, selfs internasionaal. Sy wil die atmosfeer besmet want hierdie
bevoordeel satan se elite magte wat uit die buitenste ruimte kom. Hulle is die
owerhede en magte van die lug en sommiges is reeds hier! Hulle het haar orgone
nodig!!! Hierdie orgone affekteer ook globale verwarming, so wees gewaarsku.
YAHUSHUA’s demon stompers verrys nou en bedek hierdie Bediening en ondersteun
dit op ‘n manier wat julle nog nooit gedoen het tot dusver nie. Skryf vir [die
Bedieningspan] en bemoedig hulle en stel ‘n tyd vas om te bid. Laat weet vir [Elisheva]
hulle is nie alleen terwyl hulle hierdie gevegte aanpak in MY NAAM nie. Bemoedig
hulle en stel ‘n tyd op die horlosie om toe te wy om te bid vir hulle en al die
vennote in hierdie Bediening.
EK het hierdie Bediening gevra om aanvalle aan te vat van mense en demone. En
nou egter word hulle gevra om te veg in ‘n geveg wat kom uit die buitense ruimte
en die ryk van die hel self.
[Elisheva] het hierdie Woord vertraag om uit te gaan want elke keer as sy die
Profesieë sou lees aangaande hierdie, sou sy beveg word uit die geestes ryk
aangeval en drome van aliens sou haar aanval. Nogtans moet iemand MY Heilige
kinders waarsku wat vasgevang word met die gees van gedagtebeheer en gedagte
manipulasie.
Selfs ‘n besoek aan Sherry Shriner se webwerf sonder, MY, YAHUVEH se toestemming
is gevaarlik. Moenie na haar webwerf toe gaan nie. Moenie eers haar naam opsoek
nie tensy: (1) jy weet dat jy deeglik ingebid is en (2) die duiwel gebind is,
saam met die demone en (3) jy geestelik sterk is en (4) jy MY toesteming het.
Bid teen hierdie bose Sherry Shriner en wat sy doen en wat sy gedoen het. As jy
onderskei dat jy ook ‘n aktiewe rol moet neem om die leuens te bestraf uit die
mond van hierdie reptiel alien wat ook deel is van satan se elite alien troepe,
doen dit nou!
Sy noem ander op wat in hoë profiel en regerings posisies is en noem hulle
reptiele. Wie beter om ‘n ander reptiel te ken, as een wat van dieselfde alien
troepe is?
Geliefde kinders, EK sê vir julle sodat julle nie sal vrees wanneer julle dinge
sien gebeur [wat] julle gedink het net ‘n verdigsel was uit iemand se
verbeelding nie. Selfs die gruwel flieks wat julle kyk beeld werklike
monsteragtige kreature in die Hel uit wat die aarde sal bewandel tydens die
Groot Verdrukking!
Moenie mislei word nie. Daar is satanistiese plantings gestuur vanuit hekse en
sataniste se vergaderings, besoekend en selfs bedienende in kerke en Messiaanse
tempels. Hulle is die meerderheid van wat genoem word die ‘Christelike’
geselskamers en Internet Christelike forums. En in hulle het satan sy
satanistiese plante geplaas as verbale sprekers, en hulle werk is om enige
iemand weg te jaag wat waarlik Heilig is en praat vir YAHUVEH of MY, YAHUSHUA HA
MASHIACH en gevul is met ONS GELIEFDE, KOSBARE RUACH HA KODESH.
Sê nie dat jy nie gewaarsku was deur hierdie Profeet, waardeur EK nou spreek nie.
Daar is evangeliste en pastore in wat julle mega-kerke noem, bestaande uit
duisende lede. Julle sal die evangeliste en pastore ken, beide mans en vroue,
wat MY Heilige Waarhede inboet en MY Eer steel. Julle sal die ‘evangelistiese
prosperity pimps’ ken wat in herehuise woon en miljoenêrs is en wat neersien op
die armes en middelklas. Tog, is dit die armes en die middel klas wat die
evangelistiese prosperity pimps die miljoenêrs gemaak het wat hulle vandag is.
Julle kan hulle epp’s noem, want hulle sal gebruik word as julle vyande om mense
voor te stel en te lei na die vals christus toe, die enig verwekte seun van
satan.
Weë diegene wat nou hier lees wat finansies gee vir die mega-kerke. EK, YAHUSHUA
sal julle aanspreeklik hou waar julle jul saad saai hetsy dit in vrugbare grond
is met die ontoegeeflike Waarheid waar julle gevoed word, of dit in dorre grond
is met mensgemaakte leerstelings, waar net die pastore vet word van julle
tiendes en offergawes.
John Hagee! Jy is ‘n Judas! ‘n Wolf in skaapklere! Prekende uit beide kante van
jou mond!
Jy lieg vir die Joodse volk en sê, "YAHUSHUA het nie aarde toe gekom om Israel
se MESSIAS te wees nie." Jy sê vir hulle, "YAHUSHUA verstaan hoekom julle HOM
nie aanvaar as die MESSIAS nie." Maar stel hulle op om die antichris te ontvang
as Messias en hulle uitverkoop vir silwer en goud. Terwille daarvan om jou
gierigheid te voed vir roem en rykdom, voer jy die skape en lammers etlike
waarheid gemeng met gruwelike leuens!
John Hagee, EK het nog ‘n Profetiese Boodskap vrygestel deur hierdie Profeet en
jy is verdoem. En al diegene wat in jou gemeente is beter vlug, terwyl daar nog
tyd is!
Die “evangelistiese prosperity pimps" [EPPs] het die demone ingenooi van
gierigheid en trots. En daardie demone het die demoon van Judas ingenooi.
Diegene wat EK genoem het en diegene wie EK gaan noem het MY Waarhede ingeboet.
In plaas daarvan om MY NAAM te verhef, verhef hulle hul eie name sit dit op
geboue, bedieninge en kerke.
Die “evangelistiese pimps" het nou goud en silwer liewer as wat hulle MY skape
en lammers het. En as hulle nie bekeer en wegdraai van hierdie bose pad waarop
hulle is nie, sal meeste van diegene wat EK in hierdie Woord noem nooit die
Hemel sien nie.
Sommige het hulle name in die Boek van Lewe gehad en hul naam was uitgeklad!
Soos hulle MY in die Hemel verraai het, so verraai hulle MY weer op Aarde want
hul siel weet reeds waarheen dit sal gaan wanneer dit hierdie aarde verlaat. Nou
het hulle ‘n vorm van godsdiens maar geen GODDELIKHEID van binne nie!
Choo Thomas, bekeer nou openlik! Die woorde wat jy geskryf het in ‘n boek oor
jou sogenaamde “toere” Hemel toe, is ‘n skelmstreek van satan!
Geliefde kinders, net omdat iemand sê hulle was Hemel toe toets dit met MY Woord.
En kyk of dit in lyn is met MY Beskrywing van die Hemel. Elke Pastoor wat
hierdie leuens gepromoveer het wat Choo Thomas geskryf het, julle is ook geskik
vir MY Drif as julle nie openlik bekeer en hierdie leuens bestraf nie! Julle het
gehelp om die skape en die lammers op ‘n dwaalspoor te lei! Hoe kon julle nie
hierdie leuens herken wat sy in haar boek geskryf het nie?
Enige ware Profeet sou bestraf en waarsku. Julle weet wie die ware Profete is,
want soos hierdie een waardeur EK nou spreek roep hulle luidkeels uit “Choo
Thomas is ‘n vals Profeet wat beweer sy het gewandel en gepraat met “JESUS”. Sy
beweer dat sy ‘n buite-liggaamse ondervinding gehad het en “JESUS” het haar 17
keer Hemel toe geneem in een maand en elke keer was dit voor-af gegaan deur
gewelddadige manifestasies (demoniese stuiptrekkings) op ‘n bepaalde tyd.
Hoekom sou EK iets soos hierdie doen? Is EK nie ‘n LIEFDEVOLLE HERDER nie? Dit
is satan wat haar liggaam skud, nie EK nie. Dit is satan wat haar gewelddadig
mishandel in wat sy ‘n “salwing” noem op haar hande en arms om haar te laat voel
asof haar hande uitmekaar breek. Dit is satan wat haar spot, en dit is satan wat
haar beloon terwyl hierdie illusie geglo word deur MY Heilige mense.
Sy sê wanneer “Jesus” haar ookal Hemel toe geneem het was al wat sy gedoen het
om te huil omdat dit so hartseer was daar. Maar EK, YAHUHSUA sê die Hemel is ‘n
plek waar daar net blydskap is. Want staan daar nie geskryf dat EK elke traan
van julle oë sal afdroog nie. MY geliefde, geen woorde kan ooit die prag beskryf
van die Hemel nie.
Almal wat hierdie leuens glo moet bekeer dat hulle glo dat EK, die GOEIE HERDER,
MY skape en lammers sal behandel soos hierdie. Al diegene wat dit glo moet
bekeer om nie te gevra het vir onderskeiding hetsy hierdie Waarheid of leuens is
nie.
Choo Thomas se boek is vol vals leerstellings. Ondersoek en bewys jouself as
beproef en verbrand haar boek, laat satan weet jy ontvang nie langer sy leuens
nie.
In hierdie Eindtye, hoekom sal EK nie vir enige iemand wat Hemel toe was, MY
WARE HEBREEUSE NAAM sê nie? Hoekom sou EK julle aanmoedig om ‘n Sondag kerk by
te woon, wetende waarvoor Sondag kerke gebruik gaan word tydens die Groot
Verdrukking? Waarom sou sy nie terugkom uit die Hemel met ‘n waarskuwing aan die
Pastore om hul dag van aanbidding te verander na die ware Sabbat nie? Waar het
EK ooit genoem dat daar vae-vuur reiniging is buitekant die Hemel se Poorte? In
Choo Thomas se woorde, is daar twee verskillende valleie, buitekant die hekke
van die koninkryk. Hierdie is ONSIN!
Evangeliste en Pastore is veronderstel om MY Waarhede te voer en om te lei deur
‘n voorbeeld te stel. Hierdie booswigte het geskik, MY woorde verdraai om
gelykvormig te word aan hulle selfgemaakte gerieflike beeld wat strewe om
niemand aanstoot te gee nie. Al hierdie genoemdes het bewys deur hul werke en
gedagtes hulle het hul Vrees verloor vir YAHUVEH. Hulle sal almal die Skrifte
aanhaal, maar almal van hulle het afgedwaal.
Creflo Dollar, EK het dit teen jou. Jy aanbid die almagtige doller! Paul & Jan
Crouch, Joel Osteen, Marilyn Hickey, Joyce Meyers, Creflo Dollar, Benny Hinn,
Kenneth Copeland, Steven Munsey, Rick Joyner, Pat Robertson, Oral Roberts,
Richard & Lindsey Roberts, Juanita Bynum & Thomas Weeks, Paula White, Rodney
Howard-Browne, Mike Murdock, Carman, Billy Graham, TD Jakes, Rod Parsley & Kim
Clement - hierdie is maar net ‘n paar voorbeelde van die evangelistiese
prosperity pimps [EPPs].
En hulle is pimps vir die duiwel terwyl hulle hul oorspronklike roeping en
nederige begin verlaat het. Evangelistiese prosperity pimps [EPP’s] het die
bedienings of kerke na hulself vernoem.
Joel Osteen, jy is louwarm en EK, YAHUVEH braak jou uit MY Mond uit! Jy preek
psigiologiese brabbeltaal wat niemand se siel kan red nie. EK YAHUSHUA, het dit
teen jou Joel Osteen. Jy preek die duiwel se leerstellinge van die antichris, ‘n
New Age “goed-voel godsdiens" wat almal wat jou glo hel toe lei!
Joel Osteen, waar gaan jy wegkruip wanneer dit voel asof die Astrodome
ineenstort bo-op jou? Jy bluf jouself Joel Osteen. Jy jaag die Heiliges weg wat
jou waarsku om te bekeer van jou sondes en jou waarsku oor die hel.
Net omdat jy ontken daar is ‘n hel beteken nie dat jy nie ‘n ewigheid daar sal
spandeer saam met jou vrou en kinders en jou hele gemeente wat jou leuens glo as
jy nie bekeer nie!
Net omdat jy weier om te waarsku oor die duiwel, beteken nie satan is nie die
heerser van jou hart en siel nie.
Jy is ontbloot en die mense wat hierdie lees sal ander waarsku en hierdie
Profesie stuur vir al diegene wat genoem word in hierdie Profetiese Woord.
Heilige mense vlug van hierdie evangelistiese pimps vir welvaart. Hulle mislei
mense, haal Skrifgedeeltes aan asof hulle dit geleef het en tog doen hulle nie.
Pasop vir die wolwe vermom as leiers waar mense bymekaarkom en MY wederkoms
bespreek. Een spesifiek wat hierdie Bediening haat, sweer saam oor die wederkoms-datum
asof EK na hulle luister. Hulle waag dit om hulself Rapturenow te noem en die
leiers het nie MY HEILIGE GEES binne-in hulle nie. Hulle lieg vir hulself en
ander, maar EK IS nie mislei nie.
EK stuur MY Heilige Skape keer-op-keer na hierdie wolwe lêplek waar onskuldige
lammers tussen die wolwe lê, wat hierdie bose Internet forum regeer.
John Machaffie, jy is die hoof wolf van die Rapturenow en EK, die GOEIE HERDER,
weet hoe om die wolwe weg te slaan en die slagtande te verwyder uit MY skape.
Wie is jy om [Elisheva Eliyahu] te etiketteer as ‘n “vals profeet”? Is jy nie
dieselfde een wat daarop aangedring het dat jy hemel toe geneem wou word “binne
4 weke” nie, en dit was 14 September 2007? Het jy dit nie hard en duidelik
uitgespreek oor die Internet en vir almal wat wou luister nie? Het jy nie gesê
dat “JESUS” nege keer vir jou gesê het, "jy sal in die Hemel wees binne 4 weke"
nie? Wel, aangesien EK, YAHUSHUA nie kan lieg nie, en jy steeds lewendig en op
Aarde is en dit verby die 14de September is, kan jy nie erken jy ken nie MY Stem
ken nie?
Hoe kan jy dan ander oordeel en hulle brandmerk as ‘n vals profeet? Hoe kan jy
voor ‘n menigte mense sê, “Bly weg van amightywind.com. Dit is die werk van
satan”?
Hoe kan julle vir Jack Barr glo wat net geskik is vir YAHUVEH se vernietiging?
Hy is nie ‘n Pastoor of ‘n Profeet nie net nog ‘n bose mond wat sy gif uitspoeg
op die Internet gemik op die ware Heilige Profete. Hy is nog een wat die gees
het van godsdiens verdoem tot die hel en die Poel van Vuur satan is veral lief
om ‘n persoon se siel te eis wat verklaar het om ‘n Christen te wees, en tog aan
hul vrugte ken julle hulle.
Jack Barr het verkies om die skinderpraatjies te glo gestuur deur ‘n dienskneg
van satan om [Elisheva] onregmatig te beskuldig. Jack Barr was gestuur deur
satan om [Elisheva Eliyahu] te beswadder met die gees van verwoesting en te
probeer om ‘n werk te vernietig wat niks anders doen nie buiten verheerliking
van ABBA YAHUVEH, MY, YAHUSHUA & ONS GELIEFDE, KOSBARE RUACH HA KODESH!
Hierdie Bediening bereik siele vir MY regoor die wêreld. Hierdie Bediening maak
opofferings terwille van MY om die lammers en skape MY Waarhede te voer en om MY
Profetiese Mondstuk te wees en om MY seëninge of vloeke te verklaar op elke
grond waarheen EK hulle stuur.
EK praat met die een wat homself John Machaffie noem, en ander op die Rapturenow
forum, wat weier om selfs julle ware volle name te gee. Julle noem julself
“Christen moderators” op hierdie Internet forum, en spog hoe julle mense wegjaag
wat na julle toe kom en MY Woorde voortspreek. Nie een van julle ken eers die
betekenis van die woord liefde nie. En tot watter god bid julle? Want EK luister
nie na julle nie totdat julle bekeer en begin om die Woorde te gehoorsaam wat
EK, YAHUSHUA, voortspreek.
EK spreek nou met die Rapturenow forum en gebruik as voorbeeld, maar die
Internet is vol van sogenaamde “Christen forums” met dieselfde gees van Jezebel!
Julle wat hierdie Bediening beswadder en bespot en [Elisheva Eliyahu] ‘n vals
profeet noem, PASOP! Want niemand van julle het dit in gebed opgeneem nie! Nie
een van julle het die goeie vrugte van hierdie Bediening geproe of getoets nie.
Want almal van julle het motiewe om die Waarhede te vernietig gespreek deur MY
Profeet. Jezebel het probeer om al MY Profete dood te maak en het misluk en sal
altyd misluk. Net soos EK [vir] Elia [Eliyahu] van Ouds ‘n weg van ontvlugting
gemaak het, so ook, beskerrm EK MY Elia [Eliyahu] van Nuuts.
Vyande van hierdie Bediening wat die vernietiging daarvan wil hê, julle weet
julle kan dit op geen ander manier doen as om dit te beswadder en leuens te
spreek oor [Elisheva] nie, die een wat EK gebruik het om geboorte te gee aan
hierdie Bediening. Moenie dink EK is geamuseerd nie. Want EK ken die aantal hare
op jul hoofde en EK IS gaan die Rapturenow forum gebruik as ‘n voorbeeld van wat
die GOEIE HERDER doen aan wolwe wat sê hulle is goddelik maar geen GODDELIKHEID
binne-in hulle het nie. Hulle haal MY Woorde aan, val MY ware Profete aan en
jaag hulle weg, en tog gee hulle applous vir die vals profete wat sit in die
wolwe lêplek. Want hulle self is vals profete nie een ken MY werklik nie.
En hierdie Bediening is opgestel om ‘n smelter van metale te wees soos in
Jeremia 6:27-30. Mense hou nie daarvan dat hulle nie opweeg teen dit wat ABBA
YAHUVEH verwag van SY heilige kinders nie, so hulle probeer hierdie Boodskapper
stenig. Maar diegene wie se name in die LAM se Boek van Lewe is ken die Stem van
die GOEIE HERDER en hulle herken die waarhede gevind in hierdie Bediening.
Daar is sommiges op hierdie oomblik wat hierdie Bediening & Profeet beswadder
het en tog die Heilige Vuur van MY Oortuiging voel brand het in jul gebeente.
Bekeer nou privaat teenoor YAHUSHUA en openlik teenoor [Elisheva.] Ander het die
Vrees gevoel van YAHUVEH, wetende hulle het gesondig teen hierdie Profeet.
BEKEER NOU voor dit te laat is!
Steeds het ander geweet hulle moet skryf en voortspreek en haar en die Bediening
verdedig, maar was meer bevrees oor wat die boelies in die Rapturenow forum en
in die Five Doves forum aan hulle sou doen; hulle was bang vir Jim Bramlet en
wat hy sou sê; hulle was bang om verban te word uit die forums, eerder as vir
wat EK, YAHUSHUA HA MASHIACH & ABBA YAHUVEH, aan hulle sou doen.
Die begin van WYSHEID is die Vrees van YAHUVEH. Het julle nie hierdie gelees in
die Skrif nie? EK vermaan julle. Toets die gees wat praat (1 Joh 4:1) En besef
die leier van die Rapturenow forum is ‘n vals profeet deur sy eie woorde, het hy
homself gehang en was ontbloot.
Die regerings van baie nasies sit in hierdie forums, wakend en wagtend terwyl
hulle spioene daar het wat name neem en vermom as skape en profete vir die bose
toekomstige dae vorentoe. Gebruik Wysheid nou. En onderskei waarteen EK waarsku
satan het sy moderators daar wat name neem en notas maak van al julle swakhede.
Gebruik Wysheid. En onderskei waaroor EK waarsku.
Pasop vir mense wat verskonings maak vir vals profete. ‘n Vals profeet is ‘n man
of ‘n vrou wat ‘n datum gee en ‘n “So sê, die HERE” word gespreek en daardie
datum gaan verby en wat hulle geprofeteer het gebeur nie.
Sommige Profete wat dit onbewustelik gedoen het moet openlik bekeer en om
verskoning vra aangesien hulle die woord tot die massas gespreek het: deur boeke,
briewe, die Internet of gesproke woord. Hulle kan vergewe word AS hulle nie vals
geprofeteer het vir hul eie motiverings nie.
Mense, julle help hulle nie om te bekeer as julle verskonings maak vir hulle nie.
Julle sal ook aanspreeklik gehou word vir die doen hiervan. Mense, julle moet
onderskei of dit gebed was wat die profetiese boodskap vertraag het of hetsy dit
‘n profesie was uit die vlees. Gebed sal MY Oordele vertraag vir ‘n kort rukkie,
maar wee die mense wanneer daardie vertraging beëindig word, dit sal groter
verwoesting wees as dit wat geprofeteer was.
Shelby Corbitt, alhoewel jou intensies oorspronklik goed was, was jy mislei deur
ander en ‘n leuenagtige misleidende gees het jy ontvang van Kenneth Copeland en
Choo Thomas onder andere waarna jy geluister het.
Ek het gewaarsku deur [Elisheva Eliyahu] dat ‘n vals wegraping self nou beplan
word, waar mense weggeneem sal word, of verdamp word met regeringswapens in
vermomming sal satan se elite magte kom in die vorm van UFO’s en USO’s
(Unidentified Sea Objects) en mense verwyder op ‘n manier wat julle dink is net
wetenskaps-fiksie. Onthou baie wetenskaps-fiksie is ‘n waarskuwing van satan se
planne.
Al die bogenoemde sal gebeur met aparte tyds-tussenposes in geskiedenis reg oor
die wêreld, nie net Amerika nie. EK het vir hierdie Profeet wat skryf ‘n
waarskuwing gegee in ‘n droom oor poorte van die hel wat oopgaan en ’n UFO inval
wat gebeur. Neem dit ernstig op. Slegs diegene wat uitroep in die NAAM VAN
YAHUSHUA HA MASHIACH sal op daardie stadium gespaar word. Soek MY terwyl julle
MY nog kan vind (Jesaiah 55:6)!
Shelby Corbitt weier om te bekeer en te erken dat die datum wat sy gegee het,
wat EK YAHUSHUA sou terugkom NIE gebeur het nie! Want EK het NIE vir haar
daardie droom gegee nie, OF die uitlegging daarvan nie, OF datum vir MY koms nie.
Hierdie Profeet waaruit EK nou voortspreek, het julle vooruit gesê om haar nie
te glo nie.
EK het hierdie Profeet gestuur om julle te waarsku, sodat julle nie mismoedig
sou wees wanneer die tyd verby is nie. Waak, wag en werk, tot die ware
wegvoering. EK het gesê in Openbaring 14 daar sal eers ‘n Eersteling Wegraping
wees van die 144 000. Hoe min wil hierdie glo want dit druis in teen julle
jeukende ore en julle vlees.
Wanneer die jaar 2007 verbygaan, sal julle steeds verskonings maak vir Shelby
Corbitt & Kenneth Copeland onder andere? Wat is fout met MY Heilige kinders, kan
hulle nie die oë van ‘n slang onderskei in Kenneth Copeland nie?
Diegene wat boeke verkoop wat sê, "So sê Die Here, Hierdie is die datum van die
wegraping van die kerk" of hulle sê, "Sê ‘n gebed en wees verseker van die Hemel."?
EK vra vir julle, sal julle die geld teruggee wat mense vir jou boek betaal het?
Heilige mense skryf en vra ‘n terugbetaling van julle geld!
Shelby Corbitt, Kenneth Copeland, Choo Thomas, en ander, julle lei MY mense na
‘n vals wegraping. Julle bereken die dag van hulle dood en stadig vermoor julle
die geloof van die min getroue, stil, bang, onskuldige lammers wat in die
Rapturenow en Five Doves forums en baie ander forums is.
Hoeveel van julle waak en wag vir “JESUS” om te kom en spreek dit luidkeels, en
besef tog nie eens EK noem julle nie die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH nie?
Meeste van julle ken MY net gedeeltelik.
Is EK nie dieselfde YAHUSHUA wat die fariseërs bestraf het en hulle slange en
adders genoem het nie? EK het geen goedige woorde vir die vyande van YAHUVEH wie
se name nie gevind word in die LAM se Boek van Lewe nie. Het YAHUVEH nie gesê
die bose farao teen wie Moses geveg het was net gebore vir “vernietiging” nie?
(Rom.9:16-22; Exodus 9:16)
Het EK nie vir julle ‘n voorbeeld gegee toe EK, YAHUSHUA, die vyeboom vervloek
het omdat dit geen vrugte geproduseer het vir MY nie? Het dit nie verwelk en
verdor nie en dood was verklaar, en nooit weer sou dit vrug dra nie?
(Mark.11:12-25) EK vertel julle ‘n Geheim. Daardie boom bly steeds ‘n dooie boom
as ‘n waarskuwingsteken van wat gebeur wanneer iets of iemand vervloek word deur
YAHUVEH.
Lees julle nie Deut. 28 en Deut 30 nie? Die Heilige Skrifte is vol seëninge vir
diegene wat YAHUVEH gehoorsaam en vloeke vir diegene wat vir YAHUVEH
verontagsaam!
Die Tien Gebooie is steeds geldig vandag. Niks het verander nie! EK, YAHUSHUA HA
MASHIACH, het nie gekom om die Wette te kanselleer wat ABBA YAHUVEH geskryf het
met SY Eie Vinger op ‘n tablet van klip nie. (Exod. 31:18; Deut. 9:10). Hierdie
Gebooie staan vir alle Ewigheid.
Die Vierde Gebod is ‘n teken tussen YAH en diegene wat YAH waarlik aanbid. Die
Vierde Gebod sal in die Duisend-Jarige Ryk steeds staan (Jes. 66:23; Openb. 20)
en mense sal kom en aanbid op die ware Sabbat.
Lees, ondersoek en bewys jouself as beproef. Die Heilige Feesdae sal julle
verplig wees om te kom en onderhou wanneer EK heers en regeer op Aarde. Dit wat
mense nou vermy die Vierde Gebod word ook in Die Hemel geëer. Wat sonde genoem
was in Tye van Ouds, is nog steeds sonde vandag in YAHUVEH se Oë.
Wetgewers julle dink omdat julle nuwe wette uitvaardig, as gevolg van die stank
wat opstyg Hemel toe van jul sonde omdat julle die wette van die land verander,
verander dit die Wette in die Hemel? Julle sal die hel maai en die Poel van Vuur
vir die doen hiervan. Julle kan nie MY NAAM so maklik uitwis of die van YAHUVEH
nie.
Amerika & Europa, julle omhels die heidense gode nou want julle het julle
ENIGSTE & WARE GOD YAHUVEH & MY, YAHUSHUA verlaat. Julle harte is vol van elke
soort boosheid. Nie genoeg Heilige mense het opgestaan om te protesteer teen die
gruwels wat wette geword het nie. Nou is dit ‘n wedloop om te sien watter
politikus die gruwelikste leuens kan voortspreek en die gruwelikste wette kan
uitvaardig.
Julle beswadder hierdie Ringmaagd deur wie EK hierdie Profesie voortspreek en
tog, is sy die een wat EK gebruik om die roeper te wees om die ware Bruid te
waarsku, soos geskryf in die Gelykenis van die Tien Maagde.
Weer sê EK, EK sal Migael die Aartsengel stuur na haar toe saam met Gabriël, en
hulle sal die datum spreek vir [Elisheva]. En op die presiese tyd wat die basuin
blaas sal sy uitroep, "Kyk, die BRUIDEGOM kom!" Almal van die ware Bruid van
YAHUSHUA HA MASHIACH waarvan gespreek word in Openbaring 14 reg oor die wêreld
sal dit hoor terselfdertyd en opstyg in die lug in. Niemand ken die presiese tyd
en uur nie.
EK het net vir haar gesê die Heilige Dag sal op ‘n Rosh Ha Shanah wees.
Aangesien Rosh Ha Shanah twee dae is, en baie mense verskillende berekeninge het
oor die dag waarop dit val is dit waar, sy ken nie die uur nie. Maar, net soos
Elia [Eliyahu van Ouds] geweet het hy sou opgeneem word, net soos Noag geweet
het watter dag hy in die ark moes ingaan en die deur toemaak, so sal dit weer
wees.
MY Bruid sal weet wanneer hulle hoor in die GEES die roeper roep uit en sê, "Kyk,
die BRUIDEGOM kom!" (Mat. 25:6)
Julle sien, satan vermoei en spot julle nou, terwyl een na die ander verklaar
hulle ken die dag en uur. En tog weereens, herhaal EK MYSELF sodat niemand
mislei sal word nie. Dit is hoekom EK julle beveel om haar te bedek in gebede,
want daar is maar een wat EK MY Ringmaagd noem.
[Elisheva Eliyahu] sal nie weet nie, totdat EK die heilige Engele na haar toe
stuur soos EK voorheen gedoen het met ander Heilige boodskappe wat aan haar
gegee was. EK het dit gedoen sodat sy kan glo soos EK MY Heilige Engele eerste
gestuur het na Montana, toe Idaho en Suid Afrika, sal EK dit weer doen.
In Suid-Afrika het beide sy en een ander die Aartsengel Migael gesien in ‘n plek
waar hulle dit die minste verwag het: in ‘n restaurant in Kampsbaai, Suid Afrika.
Migael het instruksies gehad om voor haar te verskyn. En ‘n ooggetuie het
opgemerk hoe [Elisheva] staar na ‘n man en hy wat teruggestaar het: So gou as
wat die ooggetuie vir Migael gesien het, het hy geweet dat hierdie nie ‘n gewone
man was nie. Dit was ‘n hemelse geestelike konneksie.
ABBA YAHUVEH het vir Migael gestuur (wat nie die korrekte spelling van sy naam
is nie, maar EK gee vir julle die spelling wat julle herken) om haar geloof te
laat toeneem dat dit wat EK gespreek het sal gebeur.
Die Aartsengel Migael was ook na haar toe gestuur ('n ander keer) toe satan
probeer het om haar lewe te neem vir drie dae. En terwyl [die huishouding]
geslaap het, alhoewel sy probeer het om hul wakker te maak toe die Heilige
engele daar was, dit nog nie vir hulle oë was om te sien nie het die Heilige
engele Migael en Gabriël gekom en genesing in hul vlerke gebring, terwyl sy
hulle aangeraak het soos ‘n klein kindjie en verwonderd was oor die prag van die
edelstene wat in hulle genestel is.
Die Heilige engele het verklaar hoe opgewonde die ganse Hemel was oor die nuus
dat die [Openb. 14] Bruid van YAHUSHUA binnekort sou arriveer en die volgende
keer wat sy hulle saam sou sien, sou dit beteken dat dit tyd was om die Bruid
huis toe te roep Hemel toe.
Die Heilige Engele het ook die geboorte verklaar van "YAHUSHUA’s demon stompers"
en vir haar gesê om die Heilige Gebedsvegters te versamel op die muur, sodat sy
sou weet sy vat nie die vyande van YAHUSHUA alleen aan nie.
Weereens was hierdie om haar geloof te versterk. En sy was onmiddelik genees en
die gees van dood was gedwing om van haar af los te kom.
Vyande van hierdie Bediening onthou hierdie, wanneer julle aan hierdie Bediening
raak raak julle aan MY HEILIGE SONDELOSE GODDELIKE BLOED & MY NAAM is YAHUSHUA
HA MASHIACH. EK beskerm en bedek hierdie Bediening saam met legioene Heilige
gevegs-engele. Pasop almal wat hierdie Bediening vervloek, die vloeke sal
omgedraai word terug na julle toe!
Julle wat die gees het van godsdiens en nie ‘n liefdevolle gehoorsame verhouding
met ABBA YAHUVEH nie, julle durf om te beroep op die naam van ‘JESUS CHRISTUS’
om te vra vir die vernietiging van hierdie vrou en hierdie Heilige Bediening.
Onthou hierdie, vir die gebede wat julle ophef en elke woord wat julle sê, sal
julle aanspreeklik gehou word.
ABBA YAHUVEH & EK, YAHUSHUA HA MASHIACH sal julle in herinnering bring van julle
woorde wanneer julle wonder hoekom alles skeefloop in jul lewe. Julle wonder
hoekom julle finansies, gesondheid, vrede weggeneem word, en [hoekom]
verwoesting oral rondom julle is, en julle geliefdes dood is. Nou weet julle die
rede hoekom want EK het julle nou net voor-af vertel wanneer julle agtergelaat
word om te ly in Die Groot Verdrukking.
Aan al die mense wat hierdie lees en die vrugte geëet en geniet het van hierdie
Bediening, maar hulle nooit gekontak het of hierdie Bediening op enige manier
bemoedig het nie julle sal ook herinner word gedurende hierdie tyd. Onthou, as
een Heilige persoon eenduisend demone op die vlug kan laat slaan, kan twee
tienduisend demone op die vlug laat slaan.
Hoeveel meer kan ‘n miljoen gelowiges doen? Hierdie Bediening sal veg vir jou
terwyl jy veg vir hierdie Bediening.
EK, YAHUSHUA HA MASHIACH sê vir julle dit. Hierdie is die Laaste Eindtyd Kerk
(Mat. 24:14) wat die volle Waarheid preek insluitend dit wat King James geweier
het om toe te laat om geskryf te word. Dit sal geskryf word.
Hierdie Waarhede sal gepreek word en EK gebruik MY Heilige mense wie die wêreld
nie hul name ken nie want hulle was nie besoedel deur die vuilheid van hierdie
wêreld nie. Hierdies wat EK kies om te gebruik vir Die Laaste Eindtyd Kerk
begeer nie roem nie en sal nooit MY Waarhede inboet vir rykdom nie. Hulle is nie
te koop nie en satan het geen aanspraak op hulle nie! Diegene wat in hierdie
Laaste Eindtyd Kerk gebruik word het swaargekry en kry swaar vir MY onthalwe.
Hoe min van julle wat hierdie lees sal gewillig wees om hierdie prys te betaal?
Meeste wat dit lees is gefokus op hulle eie wêreld, hulle eie lewe en familie.
Hulle is nie uit in die voorste linies van geloof doenig met geestelike
oorlogvoering nie.
Dit is nou die tyd vir "YAHUSHUA’S demon stompers" om te verrys en hierdie
Bediening te bedek; ondersteun en bemoedig hierdie Bediening en Profeet;
verdedig hierdie Bediening, want julle word gevoed met MY Hand deur hierdie
Bediening. Dit is groen weivelde vir MY skape en lammers.
Sommiges wat hierdie nou lees dring aan om MY naam ‘JESUS’ te noem, alhoewel
julle MY WARE HEBREEUSE NAAM ken. Maar julle sê julle verkies die Griekse Naam
‘JESUS’.
Weer herhaal EK MYSELF. Moet MY nie misverstaan nie. Daar is steeds Vergewings,
Genesings, Bevrydings, Opwekkingskrag en tekens, wonders en wonderwerke word
gedoen in die naam van “JESUS CHRISTUS” op hierdie tydstip in geskiedenis, want
MY WARE HEBREEUSE NAAM was nie algemene kennis nie en omdat dit voor die Groot
Verdrukking is, maar julle was gewaarsku.
Selfs nou gebruik ‘n man die naam van ‘Jesus Christus’ en hy verklaar om ‘n
miljoen volgelinge te hê, en is egter ‘n dienskneg van satan! Hierdie bose man
gaan onder die naam ‘Jesus’ Miranda. Net omdat hy die naam van 'Jesus' gebruik
moet julle die gees toets van die man! Die naam van ‘Jesus’ word vervals regoor
die wêreld, veral in Suid Amerika.
Die man wat die naam ‘Jesus’ Miranda aangeneem het is ‘n vals profeet en ‘n "evangelistiese
prosperity pimp", [EPP] wat sy siel lank gelede verkoop het en hy is heeltemal
besete deur satan! Hy is boos in elke opsig! Hy preek: daar is nie so ‘n ding
soos sonde nie; hel is ‘n leuen; hy verklaar om God te wees en verloën meeste
van die Bybel.
Almal wat die merk 666 ontvang het as ‘n tatoeëermerk, omdat “Jesus” Miranda vir
hulle gesê het om lojaliteit aan hom te bewys op hierdie manier, het reeds ‘n
voorsmaak gehad van die vloek van die verdoemdes.
Almal wat hierdie man “God” noem of glo hy is “JESUS CHRISTUS” was reeds
oorgeneem deur satan en het die vloek van die verdoemdes ontvang. satan spot om
te wys hoe maklik dit sal wees in die Groot Verdrukking om Christene te kry om
te skik en te verwerp wat hulle eens op ‘n tyd geweet het om waar te wees. satan
wys hoe maklik dit is om die naam te bespot van “Jesus Christus”.
Kan julle nie sien hoekom nie, in die Groot Verdrukking, gaan dit weer gebeur en
GEEN gebede sal EK, YAHUSHUA HA MASHIACH beantwoord in die naam wat die seun van
satan (vir wie julle die antichris noem) gebruik nie.
Mense sal bid in die naam van “Jesus” en net soos die een wat homself “Jesus”
Miranda noem sal die enig verwekte seun van satan die mense om die bos lei met
vals tekens, wonders en wonderwerke en hy sal verklaar om “God’ te wees en sê, "Hier
is ek".
Julle word gewaarsku deur hierdie Profeet [vir wie] EK MY Ringmaagd noem en
hierdie waarskuwing is soos ‘n ghong wat regoor die wêreld lui. Neem hierdie
Profesieë en waarsku ander. Wanneer julle pastore weier om hulself te verneder
en te erken dat hulle verkeerd was en weier om die Waarheid te ontvang vat julle
dit, kleintjies, en deel met ander en bestraf daardie pastoor in MY NAAM.
Hulle het net vir julle die gees van godsdiens gewys opgepof met die gees van
gierigheid. Wellus van die vlees en hoogmoed regeer en beheer almal van hulle.
Hulle het nie ‘n gehoorsame nederige gees nie. MY HEILIGE GEES, julle MAMMA
WYSHEID WIE die RUACH HA KODESH is, regeer nie en heers ook nie in hulle nie.
Hulle luister na hulle rekenmeesters, en satan het hulle gefokus op materiële
besit meer as ‘n geestelike wandel vir hul eie onthalwe. Hulle het hul eerste
liefde verloor!
Almal wat MY Heerlikheid gesteel het het hul eie name verhef om mense nader te
trek, vergetend dat die Heilige Skrifte sê wanneer die NAAM VAN YAHUSHUA HA
MASHIACH verhoog word… sal EK alle mense nader trek” (Joh 12:32). As ‘n persoon
‘n bediening of kerk na hulself vernoem, trek hulle die mense deur hul eie werke
en naam. Dit is verdoem tot mislukking en in die Hemel sal al hulle werke as
stoppels en hooi gereken en verbrand word.
Die "evangelistiese prosperity pimps" [EPPs] het beroemd geraak en sterre geword
selfs in hul eie oë, sowel as ander vir satan se koninkryke. Hulle is nie meer
die mans en vroue wat eens op ‘n tyd gedien en aanbid het en gebid het “Laat die
wil van YAHUVEH geskied” nie. Vir roem en rykdom, het hulle bose geeste
toegelaat om in te kom en te regeer en heers deur hul liggame.
In die Groot Verdrukking sal die naam van “Jesus” weer gebruik word deur die
vervalsing en dit sal wees deur die een wat die antichris genoem word, wat die
enig verwekte seun is van satan. In hierdie tyd in geskiedenis, is daar sommige
Sondag kerke wat steeds gebruik word vir MY Heerlikheid, maar in die Groot
Verdrukking sal al die Sondag kerke gebruik word vir satan se eer en die merk
van die “dier” (Openb. 13:16-18), sal in Sondag kerke wees daardie tyd. Julle
was gewaarsku.
Verstaan julle nie die belangrikheid om hierdie waarskuwing NOU te weet nie? En
MY HEBREEUSE NAAM NOU te leer nie ? Om in die gewoonte te kom om NOU MY
HEBREEUSE NAAM te gebruik wat MY aardse Hebreeuse moeder vir MY gegee het toe EK
gebore was nie?
EK stuur altyd MY ware Profete om te waarsku voor die Oordeel. Leer ander NOU
hierdie Waarhede, sodat hulle nie na die Sondag kerke toe sal gaan in die Groot
Verdrukking nie. Want as jy die Sondag kerke binnegaan gedurende die Groot
Verdrukking sal jy die merk van die dier ontvang. Daardie laaste handeling van
rebellie sal die mense hulle siele kos (Openb.13:7-16). EK raak bedroef wanneer
EK sien hoe MY Heilige Skrifte aangehaal word soos in die Tye van Ouds. Die
Fariseërs en Saduseërs het hierdie ook aan MY gedoen, (Joh.5:39-40) onbegrypend
EK IS die “WOORD WAT VLEES GEWORD HET.” (Joh 1:1, 14)
MY kleintjies, EK het ‘n begeerte in julle gesit om nie gelykvormig te word aan
ander mense se beeld of godsdienste nie. In plaas daarvan, begeer julle om
Heilig te wees. Julle begeer om behaaglik te wees vir ABBA YAHUVEH. En wanneer
julle wel sonde doen, hoor julle MAMMA RUACH HA KODESH se Sagte Stem julle
liefdevol bestraf en oordeel om terug te keer na Heiligheid. Julle word die
oortreding gewys van jul weë, en julle bekeer vinnig en draai weg van sonde en
kom weer teruggehardloop in ABBA YAHUVEH & MY, YAHUSHUA se Liefdevolle Arms in.
Dink julle EK geniet dit om julle te tugtig wanneer julle weggaan op ‘n pad van
sonde? Tog by tye is MY Kinders soos ‘n ongehoorsame kind in moedswillige
rebellie wat gedissiplineer moet word. Sommige van MY kinders het meer
dissipline nodig as ander. Ja sê EK, met tye word selfs ‘n loesing toegedien uit
liefde deur die moeder of vader van die kind. Dit is nodig ter herinnering dat
daar gevolge is vir sondige optrede.
Hierdie is ook waar met ABBA YAHUVEH en MY, YAHUSHUA. Watter kind is jy? Sommige
van ONS kinders het net ‘n sagte berisping en ‘n herinnering nodig van, "Hoekom
het jy MY nie gehoorsaam nie?” Ander het ‘n harder skrobbering nodig. Nogtans
het ander wat so hardkoppig is, ‘n pakslae nodig van YAHUVEH terwille van die
redding van hul siel. Dit word gedoen sodat die eiesinnige een, vol van rebellie,
sal bekeer en besef dit is óf YAHUVEH se weg of dit sal die hel se snelweg wees!
As jy aandring om voort te gaan in sondige optrede, moet hierdie GOEIE HERDER by
tye MY skape en lammers se bene breek om jou te keer om te naby aan die afgrond
van die hel se vure te kom, waar satan jou siel kan eis. As EK jou nie keer om
in satan se lêplek in te dwaal waar wolwe wag om jou vlees en gees te verskeur
nie, wíe sal jou keer?
EK IS die enigste GOEIE HERDER en EK, YAHUSHUA verloor nie een van MY skape of
lammers nie. EK ken reeds al die name geskryf in MY Boek van Lewe voor die
grondlegging van hierdie aarde.
Onthou, EK duld nie die optrede van ‘n bedorwe brokkie wat aandring dat dit op
jou manier gedoen word, en nie YAHUVEH se wil en manier nie. Julle wat hierdie
gedoen het het reeds die gevolge gemaai aangebring deur sonde. Sommige van julle
wat hierdie lees het gely deur egskeiding, voogdyskap gevegte, ongelukkige
huwelike, dwelm verslawings, alkohol verslawings, en ander verslawings,
gevangenis, seksuele siektes, kwale, buite egtelike kinders, senuwee
ineenstortings, selfmoord pogings of gedagtes van selfmoord, depressie,
sielkundige ongesteldheid, verwarring, egbreek, hoerery, homoseksualiteit,
pornografie, wellus, roof, diefstal, moord, aborsie, werkloosheid, en armoede.
Hierdie lys is maar ‘n klein voorbeeld van wat die gees van rebellie bring teen
YAHUVEH se wil.
Almal van julle wat hierdie nou lees weet waarvan MY Liefde, Genade en Vergifnis
julle verlos het, alleenlik nadat julle bekeer het tot YAHUVEH in MY, YAHUSHUA
HA MASHIACH se NAAM, en weggedraai het van die sonde van rebellie.
Wanneer julle gesmaad en vervolg word om MY NAAM’s ontwil, weet net dat julle
seëninge groot is in die Hemel. Dit is nie vir jou wat hulle aanval nie geliefde
kleintjie, dit is vir MY wat hulle aanval. Want wanneer die heidene en die saad
van satan uitvaar teen jou, sien hulle nie jou gesig wanneer hulle aanval nie.
Hulle sien die gesig van Heiligheid en hulle sien die SOETE HEILIGE GEES binne-in
jou.
Jy moet ‘n water loper wees in jou geloof - bly op die pad van Heiligheid want
smal is die weg Hemel toe en breed is die weg na die hel. Selfs al volg niemand
anders rond-om jou die pad wat EK vir jou uitgelê het nie, moenie terugdraai nie
kleintjie. EK gaan nie belowe die pad sal maklik wees nie, maar dit sal dit werd
wees. Die pad Hemel toe is vol opofferings maar onthou EK, YAHUSHUA, jou MESSIAS
het die GROOTSTE OFFER GEGEE VAN ALLES.
Die planne wat EK vir jou het MY skat is ten goede en nie vir onheil nie.
Wanneer jy eensaam is, draai na jou GELIEFDE ABBA YAHUVEH en na MY toe, jou
enigste REDDER & MESSIAS. Onthou die SOETE HEILIGE GEES binne-in jou is jou
MAMMA RUACH HA KODESH en SY is nader aan jou as jou volgende asemteug. Wanneer
jy huil, laat HAAR toe om jou te sus in die holte van HAAR Arms, jou ‘n “VREDE
TE GEE WAT ALLE VERSTAND TE BOWE GAAN.” (Filippense 4:7)
Onthou jou liggaam is die Tempel van jou MAMMA RUACH HA KODESH (1 Kor.6:19) so
wat ookal met jou liggaam gebeur gebeur met HAAR ook. Bly in Waarheid &
Heiligheid en moet satan nooit toelaat om jou te besmet nie.
Want EK het vir jou ‘n Salwing en gawes gegee wat jy nie weet nie, maar op die
regte tyd sal dit geopenbaar word. Hou aan om MY voetspore te soek elke dag,
want die voetspore van die Heiliges is beskik deur MY, YAHUSHUA en julle ABBA
YAHUVEH.
Jou naam, geliefde een, is ingegraveer op die palms van MY Hande gedoen by
Golgota. EK het gely in jou plek, sodat jy gered kan word en toegang kan hê tot
YAHUVEH en die Hemel weereens.
EK het jou lief kleintjie, met ‘n liefde waarmee geen man of vrou kan vergelyk
nie. EK het al jou Heilige trane gebêre, elke flessie trane wat jy gestort het
vir MY NAAM’s ontwil.
EK gee julle egter ‘n waarskuwing, vir die tye vorentoe.
Moenie op enige kerk denominasie of godsdiens staatmaak om julle te red, of om
julle Heilig te hou nie. Wees Heilig nie om ander te behaag nie, maar om YAHUVEH
te behaag. Julle moet onthou ons verhouding gaan nie oor godsdiens nie. Dit gaan
oor aanbidding, liefde en gehoorsaamheid sonder toegewings en om Heilig te lewe
vir ABBA YAHUVEH & MY, YAHUSHUA HA MASHIACH. Hou jou liggaam Heilig en onbesmet
vir ONS Lof, Eer en Heerlikheid. Hou jou gedagtes op MY gevestig. Hou jou oë
gefokus op MY.
Sommige wat hierdie lees is tieners en tog is julle wyser as ander van julle
ouderdom. Julle is selfs wyser as baie van die volwassenes wat julle omring.
Maar laat jou kop NIE TOE om vol hoogmoed te raak nie! Want dit sal die goeie
planne ruïneer wat EK vir jou uitgelê het!
Soek MY AANGESIG en hou aan groei in MY Genade & Salwing elke dag. Julle verwerp
nie hierdie Profeet nie. Julle hoor MY stem selfs wanneer dit teenstrydig is met
dit wat ander sê, en julle sal nie skik of terugdeins nie. Moenie enige iets
doen wat EK, YAHUSHUA nie sou doen nie. EK ken elke verwerping, elke pyn, elke
bekommernis, elke leuen van die duiwel wat in jou oor gespreek was, elke
versoeking. En deur MY GESTORTE BLOED by Golgota is jy triomferend!
Onthou hierdie geliefde kleintjie: as al die mense MY Waarhede ontvang het, dan
sou al die mense die Waarhede ontvang het wat jy deel. Omdat hulle MY verloën,
sal hulle jou verloën. Omdat hulle MY vervolg het, sal jy vervolg word vir MY
NAAM’s ontwil.
Homoseksualiteit is ‘n gruwel. Aborsie is moord. Moenie jou gedagtes toelaat om
gelykvormig te word aan dit wat die wette van jou land as wettig ag nie. Lees
eerder, die Bybel en sien wat MY Woord verklaar as sonde. Evolusie is ‘n leuen
van satan. Julle weet al hierdie dinge.
Bly ver weg van enige seksuele sonde. En bly weg van enige dwelm of vloeistof
wat jou gedagtes vergiftig, verdraai, beheer en verdorwe. Bly ver weg van enige
iemand wat ‘n ander aanbid wat hulle “god” noem, en tog weet jy dit is ‘n vals
god. Moenie eens luister na hulle vals leerstellings nie anders maak dit ‘n deur
oop vir leuenagtige en misleidende geeste om jou gedagtes binne te kom.
Pleit die BLOED VAN MY, YAHUSHUA HA MASHIACH.
En bly weg van enige iemand in die okkulte of [wat] okkultiese boeke lees soos
Harry Potter of die okkulte gebruik in enige vorm. Moenie die demone toelaat in
‘n ander man of vrou, seun of meisie om jou liggaam oor te neem selfs deur ‘n
soen nie.
Moenie ongelyk gejuk wees op enige manier nie satan sal die welluste van jou
vlees gebruik om jou te versoek, maar MY, YAHUSHUA HA MASHIACH se GESTORTE BLOED
& NAAM het versoeking oorwin. AS julle dit maar net sal gebruik!
Laat die heidene spot en lag. YAHUVEH sal laaste lag. Verstaan dat heidense
tieners die wreedste van alle mense kan wees. Diegene wat jou wel vervolg sal
eendag die dag berou dat hulle jou enigsins uitgelag, vervloek of gespot het. In
die hel sal hulle gedwing word om elke woord wat hulle teen jou gespreek het te
onthou en hulle sal hierdie woorde vir ‘n ewigheid hoor as hulle nie bekeer nie
en MY, YAHUSHUA aanvaar as hulle MESSIAS nie.
Lei siele na die enigste DEUR TOT REDDING: EK IS YAHUSHUA HA MASHIACH en EK IS
die enigste DEUR. EK IS die enigste WEG & WAARHEID om die Hemel binne te gaan en
te staan voor ABBA YAHUVEH. Moet niemand na ‘n kerk toe lei vir REDDING nie,
want ‘n kerk kan nie ‘n siel red nie.
Redding kom deur bekering van sondes en die erkenning EK IS, YAHUSHUA, die ENIG
VERWEKTE SEUN VAN YAHUVEH & HERE GOD ALMAGTIG.
Aanbid vir YAHUVEH & MY, [YAHUSHUA] & ONS GELIEFDE, KOSBARE RUACH HA KODESH, WIE
MAMMA WYSHEID is, met ‘n liefdevolle, gehoorsame, bekeervolle verhouding tot MY,
YAHUSHUA.
Wanneer jy sondig, wees vining om te bekeer en weg te draai boosheid. Moenie
sonde voor-af bedink en dink, Ag wat, ek sal later bekeer nie. Dit werk nie so
nie!
As jy staatmaak op ‘n kerk vir jou verhouding met YAHUVEH & MY, YAHUSHUA HA
MASHIACH, wat sal jy doen wanneer die kerk ‘n vals leerstelling preek die
pastoor skik soos die wat EK genoem het hierbo EK kan sommige van julle hoor sê:
Ag wel, my Kerk is ‘n goeie Kerk. Ek het ‘n Heilige Pastoor.
EK sê vir julle, Selfs al is dit ‘n Kerk met goeie vrug, wat sal jy doen wanneer
jy nie kan staatmaak op ‘n Kerk, 'n Pastoor of 'n persoon vir jou geestelike
ondersteuning nie omdat die deure toegemaak het? Of onwettig verklaar deur jou
land? Of omdat jou Pastoor in die tronk gesit was vir die verkondiging van die
Evangelie? Of getrek het en jy het geen toegang tot daardie persoon of Profeet
nie?
Dit is hoekom EK wil hê jy moet met MY praat. Laat ons samekoms hou. Deel jou
belange met MY. EK begeer nie net om jou HERE & REDDER jou GOD te wees nie, maar
ook jou BESTE VRIEND. Redding is ‘n een-tot-een met YAHUVEH & MY, YAHUSHUA. En
MY mense is gevul met ONS KOSBARE RUACH HA KODESH.
MY Woord sê, Laat ons ons onderlinge byeenkomste nie versuim…nie ". (Heb.10:25)
Maar dit beteken nie dit moet altyd in ‘n Kerk gebou wees nie. Selfs nou,
vergader julle deur die tegnologie van ‘n rekenaar, kommunikerend met mekaar.
Daar kom ‘n dag, baie spoedig wanneer julle sal moet bid en onderskei, moet jy
getuig teenoor hierdie persoon of gaan dit ‘n vangstrik van die regering wees?
Enige nasie wat hulle godsdiens vryheid verloor is omdat hulle die regering
toegelaat het om hulle bietjie vir bietjie weg te stroop totdat al wat oorbly ‘n
diktatorskap is en ‘n werk van die antichris!
Amerika & Europa, hoe ver het julle geval van MY Guns en Genade.
Kerke in Amerika, die skande is op julle, om julself uit te verkoop het uit
vrees om jul belastingkwytskeldings-status te verloor! Die meerderheid van kerke
in die wêreld sal nie meer MY Ware Apostels en Profete toelaat om te profeteer,
bestraf, vermaan, aan te moedig en beraad nie.
Pastore het julle vergeet, daar is net een GOEIE HERDER en dit is, EK, YAHUSHUA
HA MASHIACH? Julle Pastore in die meerderheid van kerke wil nie enige VARS MANNA
of NUWE WYN van die RUACH HA KODESH hê nie. Julle wil nie julle mensgemaakte
leerstellings of denkwyse verander nie. Die meerderheid van kerke het pastore
wat die kerke regeer soos 'n diktatorskap!
Hierdie gee MY grootliks aanstootlik terwyl die grootste tot die kleinste kerk
gemeentes nie opmasjeer het en geprotesteer het teen hulle regerings, luidkeels
sodat almal kan hoor nie. In plaas daarvan het hulle stilgebly terwyl wette wat
YAH as ‘n gruwel verklaar het, uitgevaardig word as wettig in die lande en selfs
as waarheid onderrig word in skole!
Wee enige eiland, land of nasie wat hierdie doen. Hulle sal YAHUVEH se wraak
maai. Wee enige nasie of skool wat Bybelse Waarhede verwyder en regerings wat
die Woorde Op GOD Vertrou Ons nie langer eerbiedig nie.
MY kleintjies, leer die mense die Waarhede. GEEN kerk kan enige siel red nie.
Slegs deur MY GESTORTE BLOED by Golgota en MY NAAM kan enige iemand gered word
deur bekering en weg te draai van alle boosheid. Leer hulle om YAHUVEH se
Gebooie te onderhou en om YAH eerste in hulle lewe en liefde te stel en om hulle
alledaagse vrae na YAH toe te bring, sodat hulle YAH kan vertrou vir groter vrae.
Onthou, julle werke sal beloon word in die Hemel en die enigste belonings wat jy
op Aarde sal ontvang is wat jy vir MY doen. Leer die babas wat julle na MY toe
lei om te bid en om MY HEILIGE HEBREEUSE NAAM, YAHUSHUA HA MASHIACH te gebruik.
Waarsku hulle: hulle moenie toegewings maak nie. Leer die mense van die Ware
Sabbat en die belangrikheid om die Heilige Feesdae te onderhou. Hou aan om te
onderrig van die Hemel en die hel. Want meer siele sal hel toe gaan as Hemel
toe.
Leer van MY en EK sal jou gebruik om te onderrig en ander na MY toe te lei. Uit
die mond van babas spreek EK.
Bly rein van hart, liggaam en siel, en EK sal vir jou ‘n liefde gee met
dieselfde hart vir MY, YAHUSHUA HA MASHIACH. As julle jul ‘n sielsgenoot begeer,
sal hul liggame rein wees voor MY met ‘n begeerte om MY bo enige iets anders te
aanbid en te dien soos julle doen. Jou sielsgenoot sal vol Heiligheid wees en
saam sal julle siele na die Koninkryk van die Hemel lei. Jy hoef nie te wonder
wie hierdie persoon is nie, EK sal jou sielsgenoot bring wanneer EK weet albei
is gereed.
Hou daaglikse Nagmaal saam met MY en spreek woorde van liefde en waardering tot
MY vir die prys wat EK vir jou betaal het by Golgota. Maak seker voor jy Nagmaal
gebruik dat jy bely en vasberade is om weg te draai van enige sonde in jou lewe.
As jy verkeerd opgetree het teenoor ‘n ander broer of suster wat ‘n toegewyde
gelowige in MY is, bely hierdie sonde aan MY en vra MY om vergifnis.Gaan dan na
hulle toe en vra hulle om vergifnis. Moenie Nagmaal gebruik en sonde beoefen
terselfdertyd nie.
EK sou Golgota toe gegaan het en gely en gesterf het en op die derde dag weer
opgestaan het, selfs al was dit net vir een persoon. Dit is hoe lief EK julle
het. En EK het ‘n eed gesweer aan ABBA YAHUVEH dat EK nie een siel sou verloor
(Joh.10:28-29), wie se naam reeds geskryf was in die LAM se Boek van Lewe voor
die Grondlegging van hierdie Aarde nie.
Nooit moet woorde wat tydens Nagmaal gesê word net ‘n blote herhaling wees nie.
En doen hierdie nie net ter herinnering van die PRYS wat EK, YAHUSHUA vir julle
by Golgota betaal het nie, maar loof MY dat EK nie weer van die vrug van die
wingerd sal drink nie totdat EK dit doen in die Hemel, saam met MY Bruid en die
Gaste by die Bruilofsmaal in die Hemel.
Onthou hierdie is ‘n wapen teen satan, terwyl julle hom aanhoudend herinner,
satan het geen reg op jou verstand, liggaam, gees of siel nie mits jy, deur
sonde, vir hom die wettige reg gee. Wees Heilig want EK IS Heilig (1Pet.1:16)
Strewe om heilig te lewe in jou gedagtes en ligaam en wandel in die HEILIGE GEES
meer as wat jy wandel in die vlees en weet dat legioene van die Hemel se Heilige
engele veg vir jou onthalwe!
Einde van Profesie: So was dit gespreek & geskryf
Profesie 136 Die HEILIGE DRIE EENHEID het ook Vertroosting Nodig!
* * * * * * *
Hieronder is die Profesie soos dit voortgekom het.
—Met Profete Ezra & Elisheva se “Heilige tale” soos GOD se GEES uiting gee.
(Hand. 2:3-4) van hemelse of aardse tale (1 Kor. 13:1) Elisheva spreek voort in
tale wat Profesie laat voortkom (1 Kor. 14:6) Ezra begin gebed met intersessor
tale (Rom. 8:26-27; 1 Kor. 14:15)
Dit bevat die HEBREEUSE NAME van GOD:
YAH/YAHU is die HEILIGE , GEWYDE NAAM van GOD soos in “Alleluia” of “Hallelu
YAH” wat letterlik beteken: “Prys YAH”: YAHUVEH/YAHWEH GOD DIE VADER;
YAHUSHUA/YAHSHUA GOD SE ENIGSTE GEBORE SEUN—(HA MASHIACH beteken “DIE MESSIAS”;
ELOHIM beteken “GOD”)
Die Openbaring van “SH’KHINYAH GLORY’ – as die PERSOONLIKE NAAM van RUACH HA
KODESH (In Afrikaans genoem “Die HEILIGE GEES”) –is ook op hierdie webwerf. (HA
SH’KHINAH {SHEKINAH} is Hebreeus vir GOD VERTOEF, HEILIGE TEENWOORDIGHEID)
Addisioneel, ABBA YAH beteken “VADER YAH” en IMMA YAH beteken “MOEDER YAH.” In
Hebreeus is die GEES VAN GOD vroulik, verwys na “HAAR,” en dit is so
gereflekteer in die Profesie en Skriftuurlike aanhalings hieronder.
Skrifaanhalings is uit die Woord en Getuienis bybel indien anders aangedui.
* * * * * * *
YAHUVEH se Waarskuwing wat voor elke Profesie bygevoeg moet word.
EK het jou lank gelede gewaarsku Elisabeth (Elisheva),
om nie hierdie Bediening na ‘n man of ‘n vrou te vernoem nie,
selfs nog voordat daar ‘n Bediening was, het EK dit in jou gees geplaas.
Want niks hiervan was deur jou eie toedoen nie,
Niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie.
Dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee.
Dit is uit die mond van YAHUSHUA,
jou MASHIACH geboorte gegee.
Dit is uit die Mond van die RUACH HA KODESH,
jou IMMAYAH geboorte gegee.
As dit net deur jou hand was sou dit lankal misluk het.
Dit is deur die SHKHINYAH GLORIE se WIND
wat oor hierdie aarde waai, die HEILIGE WIND VAN HERLEWING.
Dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit misluk het.
EK IS YAHUVEH, dit is MY NAAM;
en MY EER sal EK aan geen ander gee,
of ook MY LOF aan die gesnede beelde nie. Jesaja 42:8
(Profesie 105)
In Julie 2010 het YAHUVEH GOD beveel dat die volgende as waarskuwing bygevoeg
word vir hulle wat spot:
“Maar hulle het die Boodskappers van ELOHIEM uitgelag, SY Woorde verag en met SY
Profete gespot totdat die Gramskap van YAHWEH teen SY Volk opgekom het, totdat
daar geen genesing meer was nie.”
–2 Kronieke 36:16
Asook, in Julie 2016:
Wee oor enige een wat dit waag– om hierdie twee gesalfdes seer te maak. Jy sal
spyt wees oor die dag wat jy gebore is. Raak MY gesalfdes nie aan nie en doen MY
Profete geen kwaad nie (sien Psalm 105:15; 1 Kron. 16:22). Dit sal beter vir jou
wees as EK, ABBA YAHUVEH, jou tong uitgeskeur het!
(Profesie 128)
En van Profeet Ezra:
Ek waarsku julle almal – diegene wat kom teen hierdie Bediening EN HIERDIE
PROFESIEË en Elisheva en Myself en al die Bedienaars van AmightyWind Ministry –
ek waarsku julle nou, 'Moenie die Gesalfdes van YAH aanraak nie en moenie SY
Profete skade berokken nie' (Ps. 105:15…1 Kron. 16:22) Sodat die Staf van die
Woede van YAH op jou neerkom. Maar vir hulle wat geseënd is en hulle wat ‘n seën
is vir hierdie bediening, getroues, en hulle wat die Profesieë ontvang, seëninge
sal op jul daal – alles om dit wat aan YAH behoort te beskerm in die NAAM VAN
YAHUSHUA.
* * * * * * *
Profesie 136
Die HEILIGE DRIE EENHEID het ook Vertroosting Nodig!
Hierdie video was op youtube aangebied voordat dit afgehaal is deur youtube
personeel. Dit het meer as 13k besigtigings gehad. Staan asseblief in
ooreenstemming met ons gebede dat youtube dit vinnig sal vrylaat!
Hierdie Profesie is opgeneem d.m.v. audioband. Hier is die oorskrywing.
[Ezra bid in Heilige tale…]
Elisheva: Dis pragtig. O, ABBA YAHUVEH, ons dank U net en loof U in die NAAM van
YAHUSHUA HA MASHIACH terwyl ons voor U troon kom met danksegging en lofprysing!
Dank U vir die Shavu’ot [weke]! [1] Dank U vir die aftel van die omer! [2] Dank
U vir hierdie oestyd. Dankie ABBA YAHUVEH dat [soos] U die Shavu’ot 1 bring,
gedenk U ook terselfde tyd HEMELSE VADER, hoe U vir my ‘n nuwe manlike leier
gebring het HEMELSE VADER in die NAAM VAN YAHUSHUA. Dit is hoe baie U nie net U
Bediening eer nie, maar U eer ook U Profeet.
Dit is oortreffende, oortreffende liefde HEMELSE VADER, want YAHUSHUA, U het nie
net na die Kruis gegaan en U BLOED uitgestort tot VERSOENING van ons sonde nie.
Want niemand van ons, niemand van ons op hierdie aarde is perfek nie. Maar in
plaas daarvan, HEMELSE VADER en GELIEFDE YAHUSHUA, het U ook gesê, YAHUSHUA, dat
U ons nie alleen sal laat nie (Joh. 14:18) toe U gegaan het, het U gesê dat U
die TROOSTER sou stuur (Joh. 15:26; 16:7) Die TROOSTER sou kom.
En U het vir U dissipels gesê om te wag en die tyd af te tel tot die bo-vertrek
en U het vir hulle die datum gegee wanneer om daar te wees en U het gesê die
TROOSTER sou daar wees.
Joh.14:17-18
–die GEES van WAARHEID. Die wêreld kan HAAR nie ontvang nie, want dit sien HAAR
nie en ken HAAR ook nie. Maar julle ken HAAR want SY bly by julle en SY sal in
julle wees. EK sal julle nie as wese agterlaat nie; EK kom weer na julle toe.
Joh.15:26
Maar wanneer die TROOSTER gekom het, WIE EK sal stuur van die VADER, die GEES
van WAARHEID, wat van die VADER uitgaan, sal SY van MY getuig.
Ons weet WIE die TROOSTER is. Dit is die HEILIGE GEES. Dit is die LIEFLIKE,
LIEFLIKE HEILIGE GEES, die RUACH HA KODESH in Hebreeus, en IMMAYAH. Ons dank U
en ons loof U IMMAYAH! Ons loof U ABBA YAHUVEH. Ons loof U YAHUSHUA dat U dit
gedoen het!
O, ek vra nou vir ‘n Woord. Wat is dit, die Woord wat U wil sê op Shavu’ot? Vir
7 dae lank sal ons feesvier HEMELSE VADER, dat U op Shavu’ot [2016] hierdie nuwe
manlike leier gebring het, ‘n Israelitiese Profeet – wat nou my geliefde man is
toe ons getroud is op 2 Oktober, 2016 en dit was op Rosh ha Shana dag, terwyl
ons vir U gewag het YAHUSHUA om terug te keer op ‘n Rosh ha Shana. Want U is ons
eerste BRUIDEGOM.
En ons wag net vir U en ons vra wat dit is wat U nou wil sê? Asseblief, wat is
op U hart? Want ons wil hê die mense moet kom en ons wil hê dat hulle U beter
moet ken.
Hulle het dit nodig om U beter te ken. Hulle leer nie WIE U is nie ABBA YAHUVEH,
WIE sommige “Jehovah” noem, maar U naam is YAHUVEH. U het HEBREEUSE NAME en
hierdie Bediening moet die HEBREEUSE NAME onderrig.
Wat is dit wat U wil sê? Hoe kan ons die mense sover kry om U beter te ken – om
te weet dat U nie net ‘n GOD VAN WRAAK is nie maar U is GOD VAN EWIGE LIEFDE &
GEDULD & GENADE.
Maar daar kom ‘n tyd wanneer hulle die lyn oorsteek, wanneer hulle die BLOED
teruggooi, die VERSOENINGSBLOED wat YAHUSHUA gestort het op Golgota, teruggooi
in SY gesig, en sê, “Ek wil dit op my manier doen! Ek gaan die lewe leef op my
manier! En ek gaan niks Heiligs doen nie want dit is vervelig.”
Maar U het ‘n Woord om te sê en ek wil weet, ons moet weet – terwyl my man gebid
het in Heilige tale en dit was Heilige tale van beskerming (Rom. 8:26-27; 1 Kor.
14:15) waar dit sê ‘Raak MY Gesalfdes nie aan nie en doen MY Profete geen kwaad
nie’ (Ps.105:15; 1 Kron.16:22) – wat is dit wat U wil sê ABBA YAH? Want daar is
nie weggedoen met die profete nie! Ons is nog steeds geldig en ons is U Oë en
ons is U Ore en ons wil weet.
Romeine 8:26-27
En net so kom die GEES ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet
bid nie, maar die GEES self tree vir ons in met onuitspreeklike versugtinge. En
hy wat die harte deursoek weet wat die bedoeling van die GEES is, omdat SY
ooreenkomstig die wil van ELOHIEM vir die heiliges /afgesonderdes intree.
1 Korintiërs 14:15
Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid maar ek sal ook met die verstand
bid. Ek sal met die gees psalmsing maar ek sal ook met die verstand psalmsing.
Psalm 105:15 & 1 Kronieke16:22
Raak MY gesalfdes nie aan nie en doen MY profete geen kwaad nie.
[Eliseva bid in Heilige tale 3…]
Profesie 136
Die HEILIGE DRIE EENHEID het Ook Vertroosting Nodig! Shavu’ot 2017
Profesie begin:
Hierdie is julle ABBA YAHUVEH! EK lief dit wanneer julle MY “VADER” noem. EK is
julle LIEFDEVOLLE VADER! EK het MY ENIGGEBORE SEUN gegee sodat julle weer kan
terugkeer Hemel toe. Want niemand van julle, niemand van julle is perfek nie!
Net YAHUSHUA is perfek, WIE sommige “JESUS CHRISTUS” noem. Maar EK wil hê dat
julle HOM “YAHUSHUA” noem, op SY HEBREEUSE NAAM.
Julle sal vind daar is meer Krag en Salwing in die HEBREEUSE NAAM, maar daar is
steeds krag en salwing in die Naam van 'JESUS CHRISTUS.'
Net asseblief; EK wil julle beter leer ken op hierdie Shavu’ot wie 4 hulle die
dag van Pinkster noem. So baie sê net, “Dis net die dag van Pinkster” – en
hierdie [Profesie] moet vrygestel word op Shavu’ot – dit is waarom EK dit
Shavu’ot
noem. 5 Dit is wat MY gebed 6 is vir julle MY kinders. Dit is wat EK vra vir
julle MY kinders.
MY kinders! MY kinders! MY kinders! MY babatjies! MY babatjies! MY babatjies! EK
wil julle beter leer ken! EK IS julle SKEPPER! Daar is geen ander! Julle sit
nooit godsdienste bymekaar nie!
Hierdie gaan nie oor ‘n godsdiens nie! Dit gaan oor ‘n verhouding met jou
SKEPPER. Dit gaan oor julle MESSIAS, julle REDDER YAHUSHUA WIE die PRYS betaal
het op Golgota – sodat julle van die hel [gered sou wees] julle nie sou gaan
nie, sodat EK weer jul gebede kon hoor, sodat EK julle kon vergewe van jul sonde
- HY het SY eie BLOED gestort! Want SY BLOED was perfek! Dit het van die Hemel
af gekom!
HY is nie net die SEUN VAN GOD ALMAGTIG, EK YAHUVEH, nie! HY is nie net die SEUN
VAN IMMAYAH (die RUACH HA KODESH, die LIEFLIKE HEILIGE GEES) nie! HY IS ook GOD!
Al DRIE van ONS IS EEN (1 Joh. 5:7; sien ook Joh. 1:1-2; 10:30; Spreuke 8:23;
27; 30! Leer hulle MY kind! Leer hulle!
1 Joh. 5:7
Want daar is DRIE wat getuig in die Hemel, DIE VADER, DIE WOORD & DIE HEILIGE
GEES: en hierdie DRIE is EEN (ou Afrikaanse vertaling)
Joh.1:1-2 & 10:30
In die begin was die WOORD, en die WOORD was by ELOHIEM, en die WOORD was
ELOHIEM. 2 Die WOORD was in die begin by ELOHIEM, 10 EK en MY VADER is EEN.
Spreuke 8:23;27; 30
EK [WYSHEID, DIE HEILIGE GEES] Van ewigheid af is EK geformeer, van die begin
af, van die voortyd van die aarde af......27 Toe HY die hemel berei het, was EK
daar....30 toe was EK 'n kunstenaar naas HOM, en EK was dag vir dag vol
verlustiging en het gespeel voor SY aangesig altyd.
Sê vir hulle om na ‘n eier te kyk! Watter gedeelte is die eier? EK het dit van
die begin af vir jou geleer! EK gaan vir jou sê om dit weer te onderrig. Vertel
hulle. Vertel hulle MY kind. Kyk na ‘n eier! Is die eier die dop? Is die eier
die geel? Is die eier die wit? Watter gedeelte is die eier? Dit is die geheel!
Die eier is ‘n eier.
ONS DRIE, die GOD DRIE EENHEID IS EEN (1 Joh.5:7)! EK die HERE jou GOD is EEN! 7
ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA & IMMAYAH (RUACH HA KODESH, die HEILIGE GEES) ONS is EEN!
Dit is wat EK wil hê jy vir hulle moet leer op Shavu’ot!
Deut. 6:4
Hoor, Yiesraél, YAHWEH is ons ELOHIEM; YAHWEH is een!
OF
Hoor o Israel YAHUVEH is ons GOD, YAH is EEN [7]
Dit is wat EK wil hê die Jode moet verstaan! Hulle kan nie argumenteer as hulle
na ‘n eier kyk nie. EK praat nou asof hulle ‘n kind is. EK praat nou asof almal
van julle kinders is, want julle is kinders (Hand. 17:28)! Julle wat dink julle
weet so baie, weet so min! (Job 38:2; 1 Kor. 3:19-20).
Handelinge 17:28
28 want in HOM lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters
ook gesê het: Want ons is ook SY geslag (kinders).
Job 38:1-2
1 Daarna het YAHWEH Iyov (Job) uit 'n storm geantwoord en gesê: 2 Wie maak die
raadsbesluit daar tot duisternis met woorde sonder kennis?
1 Korinthiërs 3:19-20
19 want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by ELOHIEM; want daar is
geskryf: HY wat die wyse mense in hulle listigheid vang; 20 en verder: YAHWEH
ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is.
EK wil jou leer soos ‘n kind– hierdie Bediening moet geleer word asof almal
kinders is (Mat.11:25; Luk. 10:21) Kom na MY toe – soos ‘n kind (Mark.10:15) Ons
begin van voor af.
Lukas 10:21, sien Mattheus 11:25
21 In dieselfde uur het YAHUSHUA HOM in die gees verheug en gesê: EK loof U,
VADER, MEESTER van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir
wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. Ja, VADER, want
so was dit U welbehae.
Markus 10:15
15 Amein EK sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van ELOHIEM nie soos 'n
kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.
Moenie glo wat nou geleer word dat alle godsdienste kan saamsmelt nie (1 Kor.
8:5-6; 2 Kor. 6:14; Joh.14:6) Nee! Nee! Nee! en Nee!
1 Korinthiërs 8:5-6
5 Want al is daar ook sogenaamde elohiem, of dit in die hemel en of dit op die
aarde is - soos daar baie “elohiem” en baie “meesters” is - 6 tog is daar vir
ons maar EEN ELOHIEM, die VADER uit WIE alles is, en ons tot HOM, en een
MEESTER, YAHUSHUA die MESSIAS deur wie alles is, en ons deur HOM.
2 Korinthiërs 6:14
14 Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter
deelgenootskap het die geregtigheid met die wetteloosheid, en watter gemeenskap
het die lig met die duisternis?
Johannes 14:6
6 YAHUSHUA antwoord hom: EK IS DIE WEG EN DIE WAARHEID & DIE LEWE; niemand kom
na die VADER behalwe deur MY nie.
Hulle wat hom “Allah” [8] noem of “Mohammed” – waar is die VERSOENING van
sondes? Want daar is geen vergewing van sondes sonder die Bloed Versoening nie
(Lev. 17:11; Heb. 9:22)
Levitikus17:11
11 Want die siel van die vlees is in die bloed, en EK het dit aan julle op die
altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk
versoening deur die siel.
Hebreërs 9:22
22 En byna alles word met bloed gereinig volgens die Torah, en sonder
bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie.
YAHUSHUA is die ENIGSTE EEN WIE die PRYS betaal het! En HY het die plek geneem
van daardie PAASFEES LAM! HY is daardie PAASFEES LAM! HY was selfs op dieselfde
tyd doodgemaak as wat die paasfees lam gedood was. (Num. 9:2-3)!
Numeri 9:2-3
2 dat die kinders van Yiesraél die Pesag op die bepaalde tyd moet hou. [3] Op
die veertiende dag in hierdie maand, tussen die aande, moet julle dit op die
bepaalde tyd hou; ooreenkomstig al sy insettinge en al sy verordeninge moet
julle dit hou.
En HY het op daardie kruis gehang en HY was gemartel en HY was geslaan en HY was
verneder en HY het jou skande gedra en elke kwaal, elke siekte (sien Jesaja 53)!
HY het dit vir julle gedoen MY kinders maar HY het nie net gesterf nie–want
niemand kon SY Lewe neem nie (Joh. 10:18-19) terwyl HY op die kruis gehang het
vir 3 ure, heeltemal onskuldig! Heeltemal rein en Heilig! Nie eens ‘n gedagte
van sonde kon SY Kop binnedring nie (sien Heb. 4:15 ens.)!
Johannes 10:17-18
17 Daarom het die VADER MY lief, omdat EK my lewe aflê om dit weer te neem. 18
Niemand neem dit van MY af nie, maar EK lê dit uit Myself af. EK het mag om dit
af te lê en EK het mag om dit weer te neem. Hierdie gebod het EK van MY VADER
ontvang.
Alhoewel HY deur satan versoek was vir 40 dae (sien Mat. 4:1-2; Mark. 1:13; Luk.
4:1-2) het nie eenmaal selfs ‘n gedagte van sonde SY Kop binnegedring nie. Wees
julle Heilig! Leef Heilig! HY het SY Lewe gegee vir jou maar dit het nie beteken
dat ‘n mens SY lewe geneem het nie (sien Joh. 10:18-19 hierbo). HY is selfs die
EEN wat gesê het “Dit is volbring!” en toe het HY gesterf (Joh. 19:30).
Johannes19:30
[…] sê HY: Dit is vervul! En HY het SY hoof gebuig en die GEES (LEWE) gegee.
Maar o, EK wil hê dat julle moet feesvier op Shavu’ot! Op die 3de dag het HY
bewys dat HY lewendig was (sien 1 Kor. 15)! En HY het deur ‘n deur geloop wat
gegrendel was (Joh. 20:19) waar die dissipels weggekruip en getreur het. Want HY
het HOMSELF vertoon nadat HY hel toe gegaan het en satan en sy demone laat weet
het dat hulle misluk het (sien Efes. 4:8-10)! Hulle het misluk want HY IS GOD
ALMAGTIG!
HY is jou HEER en REDDER! HY is MY SEUN! Maar HY dra die titel van “HEER GOD
ALMAGTIG”! HY is die MESSIAS! HY is Die VERLOSSER! En die dissipels was verheug
soos EK julle vra om verheug te wees op Shavu’ot. Want julle sien HY het julle
nie verlaat sonder om te sê dat HY die TROOSTER sou stuur nie. HY het voor die
dissipels verskyn en gesê: 'EK stuur die TROOSTER' (sien Joh. 16:7). En die
TROOSTER is die LIEFLIKE HEILIGE GEES.
Nou vertel EK julle ‘n geheim op hierdie Shavu’ot.
So baie van julle weet nie – en julle wat nie enigiets van die Bybel weet nie –
hierdie woorde spreek EK nou: Julle moet eers bekeer. Gaan op jou knieë voor MY.
Voorheen kon EK nie julle gebede verhoor nie want YAHUSHUA moes eers gekruisig
word en SY EIE BLOED gee om jou plek te vat aan daardie kruis op Golgota. HY het
gely vir jou! So wanneer jy bely en bekeer van jou sondes en werklik probeer om
Heilig te lewe voor MY, nie net alleenlik die 10 Gebooie gehoorsaam nie maar ook
die Torah Wette, wat die volle instruksies is van YAHUSUA wat huidiglik van
toepassing is hier en nou vir hierdie tyd.
Bekeer beteken dat jy sê jy is jammer. Dit is nie soos [President] Donald Trump
gesê het nie (voordat hy van beter geweet het) dat hy nooit gevra het om vergewe
te word nie. Nou weet hy dat hy moet vra om vergewe te word. Almal moet vra om
vergewe te word.
O, Shavu’ot is so ‘n Helige tyd! En die aftel van die omer - as jy dit nie
gedoen het nie – selfs YAHUSHUA het dit gedoen. O, dit beteken oestyd!
Daar is so baie meer wat EK julle wil leer maar dis nog nie nou nie. EK sal meer
Profesieë hieroor voortspreek. Nou wil EK hê julle moet weet hoeveel, hoeveel,
hoeveel ONS ook julle troos nodig het.
Nou praat EK met hulle wat gered is, gereinig en gevul met die HEILIGE GEES, die
LIEFLIKE RUACH HA KODESH. EK praat met hulle wat hul uiterste beste doen om MY
nie aanstoot te gee nie. Dis hulle met wie EK wil praat. ONS het julle troos
nodig. Weet julle dat die HEILIGE DRIE EENHEID jul troos nodig het?
EK praat met die Babatjies, Bruid, Uitverkiesdes en Uitgesoektes. Julle kom na
ONS toe en julle het troos nodig en ONS is daar. Julle kom na ONS toe met jul
gebede en ONS is daar. Julle vra van MY en julle ontvang, want ONS is daar.
Maar verstaan julle nie? ONS huil. EK, YAHUVEH huil. YAHUSHUA huil. IMMAYAH
huil. ONS huil! ONS lag saam met jou! ONS wil saam met jou lag! ONS wil met jou
speel. Julle is kinders! Watter pa wil nie met sy kind speel nie? Watter pa wil
nie hê dat sy kind vir hom moet vrae vra nie? Watter goeie pa? Watter Heilige
pa?
EK praat nie nou van enige iemand anders as hulle wat werklik aan YAHU-SHUA HA
MASHIACH behoort nie. Die ander sal nie eens verstaan nie. En vir hulle wat nie
verstaan nie, hierdie Woord is nie eens vir julle nie, so moenie eens luister
nie. Moenie moeite doen om te kerm nie. Moenie moeite doen om haar ‘n vals
profeet te noem nie want EK het gewaarsku, 'Raak MY Gesalfdes nie aan nie en
doen MY Profete geen kwaad nie' (Ps. 105:15; 1 Kron. 16:22).
EK wil‘n verhouding hê met MY geliefdes. EK wil nie net hê julle moet MY vrees
nie - maar vrees is die begin van WYSHEID (sien Spr. 9:10; Ps. 111:10) – EK wil
hê julle moet MY gehoorsaam.
Spreuke 9:10
Die beginsel van die Wysheid is die vrees van YAHUVEH, en kennis van die HEILIGE
[EEN] is verstand.
Psalm 111:10
Die vrees van YAHUVEH is die beginsel van die Wysheid; almal wat dit beoefen,
het 'n goeie verstand. SY lof bestaan tot in ewigheid.
Strewe, strewe, strewe om Heilig te lewe! En as jy misluk – en een of ander tyd
gaan jy wees soos ‘n ongehoorsame kind en jy sal misluk, maar bekeer – vra om
vergifnis en moenie dink YAHUSHUA het op daardie kruis gesterf net om jou ‘n
verskoning te gee sodat jy weer kan sondig nie. Julle word verantwoordelik gehou
vir wat julle weet (Mat.12:36).
Mattheus 12:36
36 Maar EK sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan
moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag.
Dawid was ‘n man so na MY eie hart (sien 1 Sam. 13:14: Hand. 13:22) om een rede.
Hy het geweet hoe om te berou. HY het gerou en gehuil en om vergifnis gevra. En
EK kon deur hom praat en EK kon met hom praat. En EK wil met julle praat.
EK gaan nou vir Elisheva en Ezra hê, die Israelitiese Profeet wat nou Elisheva
se man is en die manlike leier van hierdie Bediening – EK het hom gekies, EK het
hom vooruitbestem, EK het hom gesalf om die plek te vat van die vals een wat
daar was en wat selfs opgehou glo het in MY meer as sewe jaar gelede. Doeke
redding tel nie!
Driewiel redding tel nie! Dis net ‘n klein kindjie se fiets. Hulle begin deur te
probeer doen wat reg is – en dan verlaat hulle MY. Hulle verlaat Heiligheid.
Hulle sê, “Dis te moeilik om dit op YAHUVEH se manier te doen.”
O, maar julle Ezra en Elisheva, julle behaag MY! Julle behaag MY omdat julle
probeer asook al julle ander met wie EK nou praat wat die kinders is van
YAHUSHUA HA MASHIACH – alles as gevolg van die PRYS wat betaal was by Golgota –
omdat julle glo dat HY nie dood gebly het nie maar op die 3de dag opgestaan het;
en dat HY opgevaar het na die Hemel; en dat HY teruggekom het met instruksies
vir die dissipels; en soos HY opgevaar het so sal HY weer terugkom (Hand. 1:11)
moet net nie ‘n datum daarop sit nie.
Handelinge 1:11
['n Engel] wat sê: Ghaliliese manne, waarom staan julle en kyk na die hemel?
Hierdie YAHUSHUA wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos
julle HOM na die hemel sien wegvaar het.
Maar EK sê vir julle dit. Kyk na die tekens van die wêreld, kyk na die tekens
van die lug (sien Mat. 24; Mark. 13; Luk. 21 ens.) Lees elke enkele Profesie en
verslind dit. Want julle sien, hierdie is nie net sommer woorde nie. MY dogter,
wat nou hier profeteer, wie ‘n Apostel is, ‘n Profeet wat EK MY Ringleier
(Ringmaiden) noem, het begin in 1995 aanlyn, [9] waar EK, YAHUVEH, geboorte
gegee het aan hierdie Bediening, om siele na YAHUSHUA HA MASIACH te bring, nie
een vir een nie maar by die miljoene tegelyk – in soveel verskillende tale dat
sy nie eers meer kan tred hou met die aantal nie.
En selfs toe die boek geskryf was [10] wat verduidelik WIE die HEILIGE GEES is
en – “The Secrets of the HOLY SPIRIT” wat so lank geneem het om te skryf, om te
bevestig met Skrif – wie dink julle is WYSHEID? (sien “Books of Wisdom”) Waarom
dink julle dat selfs die “King James Version Bible” HAAR ‘n SY noem? (sien
Spreuke 1-9) In watter beeld dink julle was Eva geskape? (Gen. 1) Toe EK gesê
het laat ons mense maak na ONS Beeld, het EK nie gesê MY Beeld nie, EK het gesê
“ONS” beeld. (Gen. 1:26) Dit is nie net EK nie maar dit was IMMAYAH. En daardie
IMMAYAH is die beeld van Eva. En julle manne is gemaak in die beeld van MY,
YAHUVEH, en YAHUSHUA.
So leer hulle! Leer hulle op Shavu’ot. Sing vir MY. Sing vir die HEILIGE DRIE
EENHEID! Moenie net in gebed gaan en vrae vra nie maar sing, loof! Gaan in MY
Hemelse Voorhowe in met eerbied, liefde met lofprysing in die NAAM VAN YAHUSHUA
(Ps. 100:4)! Moet nooit dink dat jy in MY teenwoordigheid kan inkom in jou eie
naam nie (Heb. 4:14-16) Want alleenlik sal EK luister in die NAAM VAN YAHUSHUA,
WIE sommige 'JESUS CHRISTUS' noem (Hand. 4:12) Maar EK vra julle, leer die
HEBREEUSE NAME nou voordat dit vervals word gedurende die Groot Verdrukking.
Psalm.100:4
Gaan SY poorte in met lof, SY voorhowe met lofgesang; loof HOM, prys SY NAAM.
Handelinge 4:12
En die verlossing is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander NAAM
onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.
Ezra & Elisheva julle behaag MY so baie want julle sing nie net vir MY nie,
julle bid nie net tot MY nie, maar Elisheva jy doen soveel meer. Altwee van
julle, julle onderrig alles wat EK vir julle gee. Julle lei siele na MY seun
YAHUSHUA. En YAHUSHUA, JY bring daardie siele na MY toe. EK het gesê EK sal nie
een mis nie.
Wanneer die name geskryf word in die LAM se Boek van Lewe, is daar ook ‘n Boek
van die Verdoemenis en ook ‘n Boek van die Uitgewistes (Openb. 20:11-12; sien
ook Ps. 69:28 ens)
Openbaring 20:11-12
En ek het die dode, klein en groot, voor die troon sien staan, en die boekrolle
is geopen; en 'n ander boekrol, die boekrol van die lewe, is geopen. En die dode
is geoordeel na wat in die boekrolle geskryf is, volgens hulle werke.
Maar EK praat van die Boek van Lewe en wanneer die naam neergeskryf word en jy
het opgegee en jy het weggedraai – het EK dit reeds vooraf geweet soos Romeine 8
(v29; 9:22 ens) dit eenvoudig sê – so gou as wat die naam geskryf was, word dit
onmiddelik uitgewis asof dit nooit daar was nie en dit verskyn in die Boek van
die Verdoemenis.
Romeine 8:29
29 Want die wat HY voorheen geken het, hulle het HY ook voorheen verordineer om
gelykvormig te wees aan die beeld van SY SEUN, sodat HY die EERSGEBORENE kan
wees onder baie broers;
Romeine 9:22
En wat as ELOHIEM, terwyl HY SY toorn bewys en SY mag bekend maak, tog met groot
lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die vernietiging voorberei is,
verdra het.
Hierdie is geheime wat EK julle vandag vertel wat selfs groter is as die gebede
wat EK voorheen gesê het, wat EK julle gesê het om te bid. Bid dat jou naam
nooit gevind word in die Boek van die Uitgewistes nie omdat dit beter is as jy
alreeds in die Boek van die Verdoemenis is. Want dit is die enigste beloning wat
jy gaan ontvang – op hierdie aarde, is om jou lewe te leef, te leef vir die
duiwel, dit op jou manier te doen in ‘n kort aantal jare en – dan kom die hel en
die poel van vuur.
O, maar julle wat dit op MY manier doen! Julle is in Die Boek van Lewe om te
bly! En julle sê “Ek sal dit nie op my manier doen nie want dit is nie ek wat
leef nie maar ons vra U, YAHUSHUA, om U lewe deur my te leef.” (vergelyk Gal.
2:20) en jy doen dit op MY, YAHUVEH, se manier.
Galasiërs 2:20
Ek is met die MESSIAS aan 'n kruis opgehang, en ek leef nie meer nie, maar die
MESSIAS leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in
die SEUN van ELOHIEM wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
So EK wil hê dat julle tyd sal neem om ONS te troos. Weet julle dat die GOD van
julle SKEPPING, die GOD van julle REDDING en IMMAYAH die LIEFLIKE HEILIGE GEES –
sonder die HEILIGE GEES kon julle nie na YAHUSHUA toe kom nie (Joh. 16:8-9; 1
Kor. 12:3; Joh. 3:5 sien ook Openb. 22:17; Hebr. 10:29; 1 Joh. 5:6-7; Spr.
1:20-23; 8:1-4; Spr. 9:10; 19:8; 8:35-36) SY is die EEN WIE jou dwing. SY is die
EEN WIE jou nader trek, anders sou jy nie eens omgegee het nie.
Johannes 16:8
8 en as SY kom, sal SY die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van
oordeel
1 Korinthiërs 12:3
3[.....] en niemand kan sê dat YAHUSHUA die MEESTER is nie, behalwe deur die
HEILIGE GEES.
Johannes 3:5
5 YAHUSHUA antwoord: Amein, amein EK sê vir jou, as iemand nie gebore word uit
water en GEES nie, kan hy in die koninkryk van ELOHIEM nie ingaan nie.
Nou wil EK hê julle moet weet wat die ander profete nog nie gesê het nie. Hoe
dink julle voel ONS wanneer selfs die Naam van ‘JESUS CHRISTUS’ gebruik word as
‘n vloekwoord? Wanneer EK en YAHUSHUA en selfs alles– IMMAYAH die LIEFLIKE
HEILIGE GEES en die Bybel, al die Heilige Skrifte nou gespot word? Hoe min wil
selfs Heilig leef?
Nou, ONS Boek – die Boek wat julle die Bybel noem – maar dit is in der waarheid
die Heilige Skrifte genoem want dit is nie net een boek nie. Daar is ander boeke
soos die boek van Henog. Hul noem hulle “The Lost Books of the Bible” maar hulle
is nie almal verlore nie. Hulle kan gevind word as jy maar net wil gaan kyk.
Lost Books of the Bible Library
EK wil julle leer. EK wil julle leer dat jul ‘n getuienis moet hê soos Henog
(Heb. 11:5-6). Want hy het nie die dood gesien nie, maar hy het met MY gewandel.
En hy was MY vriend en hy het die dood nie gesien nie. In plaas daarvan was hy
weggeraap Hemel toe. (Gen. 5:23-24)
Hebreërs 11:5-6
5 Deur die geloof is Ganog (Henog) weggeneem om die dood nie te sien nie; en hy
is nie gevind nie, omdat ELOHIEM hom weggeneem het; want voor sy wegneming het
hy getuienis ontvang dat hy ELOHIEM behaag het. 6 En sonder geloof is dit
onmoontlik om ELOHIEM te behaag; want hy wat tot ELOHIEM gaan, moet glo dat HY
is en 'n beloner is van die wat HOM soek.
Genesis 5:23
So was dan al die dae van Ganog (Henog) drie honderd vyf en sestig jaar. 24 En
Ganog (Henog) het met ELOHIEM gewandel; en hy was daar nie meer nie, want
ELOHIEM het hom weggeneem.
Hy het met MY gewandel. Die engele, terwyl Henog op hul rue was, het hom Hemel
toe gedra – waar hy selfs gesien het waar [sommige van] die gevalle engele
[gebind] is, net sodat EK julle nou kan waarsku (sien “Secrets of Enoch” 18:1-4)
Daar is ‘n Hemel en daar is ‘n hel en daar is ‘n plek waar die gevalle engele
is.
En die vyande van hierdie Bediening, EK sê dít vir julle, [om middernag uur
27-28 Mei 2017] is oorlog uitgevaardig vanuit die Hemel [11] as julle nie bekeer
nie!
En aan die verworpenes, [die verdoemdes] [12] – en julle weet wie julle is –
julle haat nie net hierdie Profete nie, die leierskap, en EK sê dít vir julle:
hulle vat net bevele van MY, YAHUVEH, want in werklikheid is alleenlik die DRIE
EENHEID die LEIERSKAP, maar EK moes iemand op aarde hê net soos EK in die ou
boeke gedoen het, om MY mondstuk te wees. En dit is wat hierdie Profeet is. Sy
hoor van MY. MY Ware Profete sal Heiligheid spreek.
MY ware Profete sal nie bang wees om aanstoot te gee nie – vir jou siel se
ont-halwe – leer hiervan!
Op Shavu’ot [of Pinkster], toe hulle in tale begin bid het (Hand. 2:4) [13] –
die dissipels wat in die Bo-kamer vergader het (sien Hand.1-2) – en die getuies
wat dit getuig het, terwyl hulle vergader het en gespot het, en selfs gesê het
dat hulle dronk was (Hand.2:19) maar dit is ‘n gawe van die Hemel sodat julle
duideliker van MY kan hoor (1 Kor. 14:6)! Maar dit is nie – as jy nie die gawe
van tale het nie, beteken dit nie dat jy ongered is nie. (1 Kor. 12:4-12; 13:1)
Moenie hierdie leuen glo nie.
Handelinge 2:1-4
1 En toe die dag van Shavuot aangebreek het, was hulle almal eendragtig
bymekaar. 2 En daar kom skielik uit die hemel 'n geluid soos van 'n GEWELDIGE
RUKWIND en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. 3 Toe is deur hulle
tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan
sit. [4] En hulle is almal vervul met die HEILIGE GEES en het begin praat in
ander tale, soos die GEES aan hulle gegee het om uit te spreek.
Jy is gered wanneer jy waarlik strewe om elke woord wat YAHUSHUA sê te
gehoorsaam asook MY, YAHUVEH, en wanneer jy op jou knieë gaan en sê, “Kom in my
hart in. Kom in my lewe in. Kom in my siel in. Kom in my liggaam in. Kom in my
verstand in. YAHUSHUA neem oor. Leef U lewe deur my. Want U het U lewe gegee
sodat ek vrygemaak kon word van die duiwel en van die demone en van die hel! U
het dit gedoen op ‘n manier wat niemand kan misken nie.”
Dit is waarom selfs die afkorting B.C. (Before Christ) nie uitgewis was deur die
tyd van geskiedenis nie want hulle weet HY het geleef. En HY leef steeds en is
lewendig.
EK, YAHUVEH, praat nou met julle. ONS het nodig om vertroos te word! Sing vir
ONS! Sal jy asb vir ONS sing? Sal jy asb vir ons ween?
Weet julle dat hulle nou die Heilige Skrifte niks anders noem as ‘feeverhale’
nie? Weet julle hoe baie van hierdie wêreld het weggedraai selfs om te glo in
hierdie Heilige Boek genaamd die Bybel, die Tanakh. Hulle lag vir MY Torah
Wette, dié wat van toepassing is op vandag– want onthou, hulle wie waarlik MY
kinders is verstaan watter nou van toepassing is. Maar die 10 Gebooie (Exod.
20:1-17; Deut. 5:4-21) kan jy nie ontvlug nie. Want jy moet die HERE jou GOD
liefhê – bo alles – en dit beteken die HEILIGE GOD DRIE EENHEID.
Moenie net met die VADER, EK YAHUVEH, praat nie maar praat met YAHUSHUA WIE die
PRYS betaal het op Golgota en praat met IMMAYAH die LIEFLIKE HEILIGE GEES wat
wag vir jou, wat EK voor die wêreld aankondig WIE SY is. SY is WYSHEID (Spreuke
1-9; sien ook Books of Wisdom).
Spreuke 3:15-18
SY is kosteliker as korale, en al jou kleinode kan met HAAR nie vergelyk word
nie. 16 In HAAR regterhand is lengte van dae, in HAAR linkerhand rykdom en eer;
17 HAAR weë is lieflike weë, en al HAAR paaie is vrede. 18 SY is 'n lewensboom
vir die wat HAAR aangryp, en elkeen wat HAAR vashou, is geseënd.
Nou vertel EK julle ‘n ander geheim wat EK lank gelede vir Elisheva vertel het.
Elke dag wanneer sy wakker word – en onthou hierdie Bediening is reeds aanlyn
vir 22 jaar, maar lank voor dit het sy begin – om my MY te vra, “Wat is dit wat
U wil hê ek moet weet vandag?”
En EK het hierdie instruksies vir haar gegee en nou gee EK dit oor aan julle, as
jul sou verkies om dit te doen. Daar sal ‘n seën daarin wees, en EK praat
weereens nie met die heidene nie, EK praat met hulle wat MY waarlik ken en wat
waarlik MY SEUN ken en wat weet WIE die HEILIGE GEES is. Want die ander, julle
sal nie verstaan nie.
Julle vat daardie Bybel, een met ‘n sagte omslag wat kan oopmaak, en jy bid oor
daardie Bybel. Jy bid beskerming. Jy bestraf satan en jy maak seker daar is geen
sonde van binne, dat jy om vergifnis gevra het van elke sonde. En jy doen
hierdie na nagmaal. Hierdie is nuwe instruksies wat EK gee op Shavu’ot in 2017.
Want EK lief dit om julle nuut te leer, alhoewel dit oud is vir Elisheva.
En jy sê, “ABBA YAHUVEH ek kom na U toe met lofprysing en liefde en danksegging.
Dank U vir U SEUN YAHUSHUA om my HEER, GOD en REDDER te wees. Want so sê die
Woord, ‘Onderwerp jouself aan die HEER YAHUSHUA en weerstaan die duiwel en hy
moet vlug!’ (sien Jak. 4:7) So daarom haal ek hierdie Skrif aan vir julle. Want
U Woord kan nie leeg tot U terugkeer nie (Jesaja 55:11). En ek vra U om nou
hierdie Woord te gebruik. Praat met my. Maak hierdie Bybel oop terwyl ek nou die
Bloed van YAHUSHUA daaroor pleit.”
Jy kan dit selfs salf, die omslag, en vra MY, “In die NAAM van YAHUSHUA,
LIEFLIKE HEILIGE GEES, RUACH HA KODESH, IMMAYAH, waar wil U hê moet ek vandag
lees?” en hou dop, terwyl jy dit toegevou in jou hand hou, kyk of EK dit nie sal
oopmaak nie.
Kyk of EK dit nie sal laat oopmaak nie, deur die Lieflike Hande van die RUACH HA
KODESH. Dit moet ‘n sagte omslag hê. Maar kyk en sien hoe dit so stadig oopgaan
en ‘n Woord sal deur jou oë gesien word en waar jou oë raaksien, is wat EK wil
hê jy moet lees.
Dalk sal dit dieselfde hele hoofstuk wees. Dalk sal dit net ‘n sin wees. Dalk
soek jy net een Woord uit. EK wil met julle praat. EK wil hê julle moet MY Woord
lees. EK wil hê julle moet sien dit is lewend. EK wil hê dit moet gehoor word!
“Wat is dit ABBA YAH wat U vir my wil sê vandag? In die NAAM van YAHUSHUA HA
MASHIACH, bid ek.”
Kyk en sien wat EK sal doen. Soos vir nou, EK hou aan om vir Elisheva en Ezra
iets wat hulle nog nie verstaan nie te sê, maar EK gee vir julle
verduidelikings. Indien nie dadelik nie, talm daarop totdat jy die boodskap kry
wat EK wil hê jy moet weet. En EK het vir hulle die eerste [hoofstuk] gegee van
Esegiël, vers 17. En EK het selfs vir hulle gesê om die bladsy om te blaai. EK
wil hê dat hulle ‘n sekere woord moet weet. En EK sê dit net nou sodat hulle
herinner kan word. Maar julle kan ook kyk.
Esegiël 1:17
Na al vier kante het hulle gegaan as hulle gaan: hulle het nie gedraai as hulle
gaan nie.
EK wil net hê jy moet die dag begin – sonder enige verskonings – om MY Woorde te
hoor, selfs al is dit op jou selfoon. Lees MY Woorde. Vra MY, “Watter Boek wil U
hê moet EK vandag lees?” Of dit in die Ou [testament] is, of in die Nuwe
[Testament] wat werklik een [Testament] [14] is, vra MY. Want dit sal iets wees
wat EK wil hê jy moet weet, wat jy moet weet op die stadium van jou lewe waarin
jy is.
Vir die heidene sal hierdie nie werk nie. Dit is nie soos ‘n psigiese
voorspelling nie. EK spreek nou hierdie Woorde tot die Heiliges. EK wil vir
julle meer gee indien julle dit kan vat. En EK wil julle wys dat MY Woord lewend
is.
Wat die Profesieë aanbetref, lees ‘n Profesie per dag! Jy vra MY watter
Profesie. EK belowe om jou te seën en jou te wys.
MY Woorde lewe! Die letter maak dood en die GEES maak lewend (2 Kor. 3:6)! Die
HEILIGE GEES sal lewe gee en dit maak nie saak hoeveel keer julle die Profesieë
lees nie, julle sal sien, net soos daardie Bybel is die Woorde lewendig.
2 Korinthiërs 3:6
[ELOHIEM] WIE ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van 'n nuwe verbond, nie
van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees
maak lewend.
En jy sal Woorde lees en jy sal 'n sin sien wat jy voorheen nie verstaan het
nie. Dit sal wees asof dit van die bladsy af spring en dit sal woorde wees wat
jy moet weet op daardie stadium van jou lewe.
Dit is wat EK julle wil leer op Shavu’ot, op hierdie viering – ‘n feesviering! -
soveel duisende was gered (Hand. 2:41; 47 ens) terwyl die LIEFLIKE HEILIGE GEES
neergekom het op so baie tegelyk en hulle in nuwe tale gepraat het.
Dit was nie net tale van mense van (menslike) tale wat hulle nie geken het nie,
maar dit is ook tale van engele (1 Kor. 13:1). En die duiwel kan nie begryp of
verstaan nie, selfs die Woorde wat nou gepraat word. So EK begeer dat julle
hierdie lesse nou moet leer.
MY Woorde is ‘n lamp vir jou voete (Ps. 119:105). Laat EK jou deur MY Woorde
lei.
Psalm 119:105
U Woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad.
Hulle is voetstappe – vir selfs in die donkerste van die donkerste uur.
Mediteer op Psalm 91: Die antwoorde is daar selfs vir die Jode as hulle maar net
wil verstaan; die NAAM VAN YAHUSHUA is daar – onderrigting van Redding,
onderrigting van die Heilige Name, hulle wat MY naam aanroep! Jode hoor MY!
Psalm 91:14-16
Omdat hy MY liefhet, sê ELOHIEM, daarom sal EK hom red; EK sal hom beskerm,
omdat hy MY NAAM ken. 15 Hy sal MY aanroep, en EK sal hom verhoor; in die nood
sal EK by hom wees; EK sal hom uitred en eer aan hom gee. 16 Met lengte van dae
sal EK hom versadig, en EK sal hom my verlossing laat sien.
Watter kind ken nie die pa se naam nie? (Spr. 30:4)
Spreuke 30:4
WIE het na die hemel opgeklim en neergedaal? [ ] Wat is SY NAAM? En wat is die
NAAM van SY SEUN – as jy dit weet?
–satan het julle mislei! hy wil nie hê dat julle MY NAAM moet voortspreek nie.
In MY NAAM en in die NAAM VAN YAHUSHUA, MY SEUN wat gekruisig was op Golgota en
weer opgewek is uit die dood sodat julle vrygemaak kon word, o, MY geliefdes,
luister na MY!
Die Boek is nie feeverhale nie! En wanneer EK sê “die Boek” praat EK van die
Heilige Skrifte, die Bybel, selfs sommige van die ‘Lost Books’ (sien ‘library’)
maar sommige is vals so pasop–satan vervals altyd die werklike.
En wanneer julle saam bid en wanneer jy alleen bid, vra MY in die NAAM VAN
YAHUSHUA, “PAPPA YAH, ABBA YAH, wat is dit wat U vir my wil sê?
Selfs al doen jy dit net eenmaal per dag. Maar wanneer jy ookal ‘n Woord nodig
het van MY, vir wanneer jy ‘n trooswoord nodig het, het EK hierdie Boek gegee.
En hulle wat sê, “Ag dit was net deur mense geskryf” sal dieselfde een wees wat
sal sê, “Ag dit is net ‘n Woord wat van ‘n vrou af kom” maar dit is soveel,
soveel meer (2 Tim. 3:16; 2 Pet. 1:21).
2 Timotheus 3:16-17
Die hele Skrif is deur ELOHIEM ingegee [ GEÏNSPIREER] en is nuttig tot lering,
tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, 17 sodat
die mens van ELOHIEM volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.
2 Petrus 1:20-21
20 terwyl julle veral dit moet weet, dat geen Profesie van die Skrif 'n saak van
eie uitlegging is nie; 21 want geen Profesie is ooit deur die wil van 'n mens
voortgebring nie, maar, deur die HEILIGE GEES gedryf, het mense van ELOHIEM
gepraat.
Onthou dit sal die teksvers wees waarop jou oë sal val en dalk sal jy ‘n bladsy
moet omblaai om die konteks daarin te plaas. Onthou die konteks van die verse
wat jy lees moet van toespassing wees.
ONS IS die HEILIGE DRIE EENHEID. Laat niemand julle vertel dat ONS nie is nie.
En soos julle neerbuig voor MY, YAHUVEH, buig julle neer voor YAHUSHUA & IMMAYAH
die LIEFLIKE RUACH HA KODESH. En ONS sal julle oplig en ONS sal vir julle sê dat
julle net kinders is in ONS Oë. Julle kan nie Hemel toe kom op enige ander
manier nie ongeag hoeveel geleerdheid jy dink jy het (Mat. 2:3-4). Wanneer jy
Hemel toe kom sal dit weggegooi word en alleenlik die Woorde wat EK gespreek het
sal van toepassing wees, die Woorde wat YAHUSHUA gespreek het (Mat. 24:35).
Mattheus 2:3-4
3 en HY sê: Amein EK sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies
word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemel ingaan nie! 4
1 Korinthiërs 3:19-20
want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by ELOHIEM; want daar is
geskryf: HY wat die wyse mense in hulle listigheid vang; 20 en verder: YAHUVEH
ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is.
Luister na IMMAYAH. Luister na die LIEFLIKE HEILIGE GEES, die woorde van WYSHEID
WIE [die] “King James Version” Bybel ‘n “SY” noem (sien Spreuke, Mat. 11:19;
Luk. 7:35). Luister na die woorde sodat ONS kan praat. En terwyl jy luister,
moenie net luister nie, lees dit hardop. Moet dit nie net vir jouself lees nie.
Laat die woorde van jou lippe afvloei. En doen jou bes en streef om gehoorsaam
te wees. En leer [dat] die instruksies wat EK julle gegee het moet, móét
gehoorsaam word.
Julle wat die Bruid van YAHUSHUA is, julle weet reeds wie julle is want julle
koester hierdie woorde. Julle koester die Shavu’ot [weke] –julle weet dat julle
nie gered kon word sonder, nie net die NAAM en BLOED VAN YAHUSHUA nie maar [ook]
die TROOSTER moes kom, die LIEFLIKE HEILIGE GEES. EK sal julle nie in die steek
laat nie! EK het dit vir julle gesê!
ONS koester julle! Weet julle dat ONS elkeen van ONS kinders verskillend
koester?
Weet jy dit? ONS ken ONS kinders: ONS weet waar julle swak is; ONS weet waar
julle sterk is. IMMAYAH, die LIEFLIKE RUACH HA KODESH, die HEILIGE GEES, wanneer
jy waarlik gered is, leef binne-in jou – hoe kan SY nie weet nie?
En dit hang af van die hoeveelheid wat julle gedoen het. Wat het jy gedoen vir
YAHUSHUA? Hoeveel siele het jy na YAHUSHUA toe gebring – selfs as jy net een
vertel het?
Weet julle dat YAHUSHUA julle as ‘n geskenk gee aan MY?
En [HY] sê, “Sien, VADER, EK gaan nie een mis wie se naam geskryf is in die LAM
se Boek van Lewe nie. Maak nie saak wat gedoen moet word nie, selfs al moet EK
hulle tot hul laagste bring – selfs al dink hulle hul lewe is vernietig – EK sal
dat hulle opkyk en EK sal dat hulle bekeer en om vergifnis vra en MY, Die BLOED
VERSOENING, aanvaar. En EK sal vir hulle sê om te gehoorsaam en EK sal vir hulle
sê dat EK hulle vergewe.”
En dan sal EK hulle bied as ‘n geskenk aan U.
En dan hang dit van hulle af of hul sal voortgaan om Heilig te wandel en luister
na die Woorde wat EK spreek en die Woorde is in die Heilige Skrifte. Dit is hul
keuse en dit is reeds vooraf bepaal soos Romeine 8 duidelik sê.
Romeine 8:29
Want die wat HY voorheen geken het, hulle het HY ook voorheen verordineer om
gelykvormig te wees aan die beeld van SY SEUN sodat HY die EERSGEBORENE kan wees
onder baie broers;
En dan sê EK, “Hier, EK bring nog een vir jou, en dan bring EK nog een.”
Maar hoe doen EK dit? EK gebruik julle MY kinders. EK gebruik julle soos hierdie
kleintjie wat nou hier praat. EK gebruik MY Profete. EK gebruik julle, selfs
hulle wat nie profete is nie.
Jy hoef nie ‘n profeet te wees om ‘n siel Hemel toe te bring nie. Spreek net die
waarheid wat in die Heilige Skrifte is. Vertel hulle net dat hulle die Heilige
Skrifte moet gehoorsaam en sê vir hulle as hul val [het hulle ‘n MESSIAS] – want
niemand is perfek nie (Rom. 3:23) selfs die Profeet wat nou praat het ‘n MESSIAS
nodig want niemand is perfek nie. Maar om die 10 Gebooie te hou is die eerste
baba treetjies wat jy moet gee, dan gaan jy oor tot die Torah wat van toepassing
is op vandag.
Julle sien, YAHUSHUA is ook GOD – onthou ONS is EEN! Onthou hoeveel keer het HY
gesê, EK kan niks doen as EK MY VADER dit nie sien doen het en steeds doen nie.
EK kan nie enige iets spreek wat HY nie spreek nie en gespreek het nie.
(vergelyk Joh. 5:19-30)
Johannes 5:19
YAHUSHUA het toe geantwoord en vir hulle gesê: Amein, amein EK sê vir julle, die
SEUN kan niks uit HOMSELF doen tensy HY die VADER dit sien doen nie. Want alles
wat HY doen, dit doen die SEUN ook net so. 20 Want die VADER het die SEUN lief
en toon HOM alles wat HY self doen. En groter werke as hierdie sal HY HOM toon,
sodat julle verwonderd kan wees.... 30 EK kan uit MYSELF niks doen nie. Soos EK
hoor, oordeel EK; en MY oordeel is regverdig, omdat EK nie MY wil soek nie, maar
die wil van die VADER wat MY gestuur het
Want YAHUSHUA kan nie lieg nie. EK YAHUVEH kan nie lieg nie, en die LIEFLIKE
HEILIGE GEES kan nie lieg nie. (Rom. 3:3-5) So onthou dit MY liewe kinders.
Kinders, o kinders, o kinders, o kinders, julle is in die einde van die eindtyd
– nou – is dit nie meer minute ver nie, julle is sekondes ver in MY tyd. En EK
gee julle hierdie nuwe instruksies.
Julle slaan nie nagmaal oor nie. Dit is ‘n herinnering van die PRYS wat YAHUSHUA
betaal het op Golgota maar onthou jy moet eers berou oor jou sondes. Julle moet
berou hê en ‘n lewe van Heiligheid leef. Anders, MY kinders, drink julle die
beker van oordeel. (1 Kor. 11:28-29)
1 Korinthiërs 11:28-29
Maar die mens moet homself beproef en so van die brood eet en uit die beker
drink. 29 Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink 'n oordeel oor
homself, terwyl hy die liggaam van die MEESTER nie onderskei nie.
Onthou dit MY kinders, vra om vergifnis voordat julle daardie wafelbeskuitjie in
jul mond sit, ‘n stukkie brood, wat julle ookal het om die brood te
verteenwoordig wat die [liggaam van] vlees is van YAHUSHUA wat op daardie kruis
gehang het.
En die bloed, is versoening vir julle sondes. HY het die PRYS betaal. Een
druppel is al wat dit sou neem om hierdie wêreld te reinig van die sondes wat
nou daarbinne is as hulle maar net wou ontvang.
So jy vat die druiwesap of jy vat wat jy ookal het. Jy gaan en jy lees die
instruksies vir nagmaal, dit is nooit dieselfde nie – sou jy dieselfde woorde
van liefde tot ‘n geliefde spreek, jou eggenoot? Praat met YAHUSHUA asof HY jou
eggenoot is want HY is veronderstel om die LIEFDE VAN JOU LEWE te wees, soos EK
die LIEFDE VAN JOU LEWE IS, soos die HEILIGE GEES die LIEFDE VAN JOU LEWE IS.
Niemand moet ooit voor dit kom nie.
Jy moet altyd onthou, moenie die gawes wat EK jou gegee het meer liefhê as die
GEWER VAN LEWE nie, EK die SKEPPER en YAHUSHUA jou MESSIAS en die LIEFLIKE RUACH
HA KODESH. Jou kinders, jul eggenote moet altyd tweede kom.
O, MY kinders, MY kinders, MY kinders, MY kinders! MY Babatjies, MY Bruid, MY
Uitgesoektes,almal van julle is besig om getoets te word.En julle was deeg-lik
getoets. Maar vir die van julle wat jul beste doen om in Heiligheid te lewe en
die res te laat by die kruis op Golgota en YAHUSHUA te vra, “O, maak my vry en
vergewe my,” julle is vergewe. Maar pasop vir die kerke wat nou staan (Judas
1:4). Want baie van hulle sê – ja, EK vertel jou die meerderheid sal vir jou sê
- “Moenie meer bekommerd wees oor sonde nie.”
Judas 1:4
Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie
oordeel, afvallige mense wat die guns van ons ELOHIEM verander in
ongebondenheid, en die enigste Heerser, ELOHIEM, en ons MEESTER YAHUSHUA die
MESSIAS verloën.
Julle kan nie die godsdienste saamvoeg nie. Het YAHUSHUA nie gesê, voordat HY
weggegaan het, soos die woord sê, die Heilige Skrifte, die Bybel, “MY begeerte
vir julle is om een te wees” nie? (Joh. 17:20-23)? Dit is nie ‘n Moslem nie.
Want hulle ontvang nie YAHUSHUA as MESSIAS nie. Hulle het hul eie profeet,
Mohammed, en dit sal julle nie in die Hemel bring nie.
Johannes 17:20-23
20 Maar EK bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord
in MY sal glo - 21 dat almal een mag wees net soos U, VADER, in MY en EK in U;
dat hulle ook in ONS een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U MY gestuur
het. 22 En EK het hulle die HEERLIKHEID gegee wat U MY gegee het, sodat hulle
een kan wees, net soos ONS EEN is. 23 EK in hulle en U in MY, sodat hulle
volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U MY gestuur het, en hulle
liefgehad het net soos U MY liefgehad het.
So dit wat Trump gedoen het – selfs wanneer die Pous eis dat hy god is ['LINK'
NA PROFESIE 66] – EK sal julle in die geheim vertel wat aangaan op ‘n ander
keer.
Want die Trump waarvan Elisheva geprofeteer het, daar is meer as een [Trump].
Klone is werklik en dubbels is werklik. So EK sal meer hieroor verduidelik op 'n
ander keer.
Julle kan nie Katolisisme meng nie–wat die Pous nou preek en sê nie, terwyl hy
‘n verwronge kruis dra wat YAHUSHUA bespot en homself as god verklaar, dat hy
enige iets te doen het met YAHUSHUA [Reddingsgebed] – enige iets te doen het met
die Heilige Skrifte.
Want sonde is sonde en dit het nie verander nie, ongeag die sogenaamde moderne
tye waarin julle dink julle is.
Onthou die beproefdheid van julle geloof is baie kosbaarder as goud (1 Pet.
1:7). Julle wat baie ly en julle wonder hoekom wanneer jul aan MY behoort en jul
leef Heilig voor MY – en julle aanbid YAHUSHUA en SY NAAM is voortdurend op jul
lippe en julle bid aanhoudend en julle bring siele na MY toe en julle werk so
hard vir MY – en tog ly julle soveel, onthou dit. “Die beproefdheid van julle
geloof [is] kosbaarder as goud” (1 Pet. 1:7).
Onthou vir Job. Lees die boek van Job. Onthou “menigvuldig is die teëspoede van
die regverdige” (Ps. 34:19) – EK het nie gesê min nie, EK het gesê – menigvuldig
is die teëspoede van die regverdige, maar EK die HERE jou GOD YAHUVEH sal in die
NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH, julle verlos van elke een. As dit nie hier op
aarde is nie sal dit in die Hemel wees.
Psalm 34:19
19 Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dit alles red
YAHUVEH hom.
En Elisheva, en nou praat EK met jou MY geliefde Israelitiese Profeet Ezra, MY
Apostel, soos beide van julle is – en EK praat met altwee van julle wat die
“Ringmaiden” en die “Ringbearer” is, noudat die vals een weg is, nou vertel EK
julle dit. Enige een wat probeer om julle verhouding as man en vrou uitmekaar te
ruk, hoe sterker sal EK MY wraak neergiet. En dit sal reguit uit die Hemel kom.
En EK sal nie alleenlik die lewens van hulle neem op ‘n gepynigde manier wanneer
hulle dit die minste verwag nie, maar EK sal alles waardevol vat insluitende
hulle werk (sien Deut. 28). EK bedoel enige iets en enige iemand, hul kinders
ingesluit. [Dit geld] vir enige iemand wat probeer om hierdie Heilige Bediening
te vernietig wat aan geen man of vrou behoort nie, maar wat werklik gebore is
uit die Hemel en enige een wat probeer om die Heilige Profesieë, wat kom van
geen man of vrou, uitmekaar te ruk en te skeur – EK gebruik net hierdie vrou as
‘n Heilige werktuig, ‘n Boodskapper wat EK kan vertrou, [ook] soos EK hierdie
Heilige man gebruik.
Dit is wat ‘n Profeet doen. Hulle vertel die geheime sodat julle nie verbaas sal
wees, waar die ander nie hul oë sal oopmaak nie. Julle sal nie alles in die
Heilige Boek, genaamd die Bybel, vind nie want daar is ander boeke soos EK gesê
het, en dit is die Boek van Henog – daar is ander boeke selfs genoem in die
Skrifte van die Bybel: die Boek van Jasher wat julle beveel was om te bestudeer
en te lees – hoeveel weet selfs hiervan? - en die Boek van Henog.
LOST BOOKS OF THE BIBLE
EK waarsku julle. Julle beter hierdie gesalfde een nie aanraak nie – julle beter
nie MY gesalfde seuns en dogters aanraak nie. Jy beter jou mond bedek.
Jy sal ‘n vals profeet uitken. Hulle sal jou nie Hemel toe lei nie. Hulle sal
nie vir jou sê om te bekeer nie. Hulle sal jou nie sê om die duiwel te bestraf
nie. Hulle sal jou nie leer hoe nie. Hulle sal nie vooruit vertel wat kom nie.
Hulle sal net die nuus gebruik wat enige iemand kan gebruik.
EK sê dit weer. Moenie hierdie Bediening aanraak nie! Want dit sê eenvoudig en
nederig – en Elisheva word selfs nie toegelaat in ‘n video nie, sodat julle nie
aan haar dink of opkyk asof sy GOD is nie net omdat sy GOD se woorde voortspreek
nie; sy is ook net gered deur die Bloed, dieselfde Bloed as [waardeur] julle
gered is.
En EK het haar en Ezra eenkant gesit om die Missie en die take te doen waarvoor
EK hulle voortbestem het en aangestel het soos EK jou aangestel het om te doen.
Maar jy moet die een wees wat MY soek om uit te vind: Waarom was ek gebore op
hierdie aarde? Hoe kan ek U help? Hoe kan ek U troos? Wat is dit wat U wil hê ek
moet sê? Wat is dit wat U wil hê ek moet doen?
Moenie van hierdie Profeet verwag om die antwoord vir jou te hê nie. Met tye sal
EK vir haar sê maar hulle kan nie antwoord op duisende der duisende eposse nie.
Hulle kan nie antwoord op duisende der duisende, ja EK sou selfs sê miljoene
briewe nie, of foonoproepe en kommunikasies. Hulle kan nie eens jou taal praat
nie. Hulle moet op ander staatmaak om die tale te vertaal.
O, vyande, julle verworpenes, julle is hulle vir wie EK haat! O, maar julle sê,
“U moet ons nie haat nie!” Maar het Dawid nie gesê, “Sou ek hulle nie haat wat
vir U haat nie? Ek haat hulle met ‘n volkome haat” (Ps. 139:21). Wat is ‘n
volkome haat? Dit is hulle wat EK verworpenes noem [15] – Jeremia 6, lees dit!
Psalm 139:21-22
21 YAHUVEH, sou ek hulle nie haat wat vir U haat, en 'n weersin hê in die wat
teen U opstaan nie? 22 Ek haat hulle met 'n volkome haat; vyande is hulle vir
my!
Jeremia 6:28-30
28 Hulle is almal die oproerigstes van die oproeriges wat omgaan met
kwaadsprekery; koper en yster is hulle; hulle handel almal verderflik. 29 Die
blaasbalk blaas hard; wat uit die vuur gereed kom, is lood; tevergeefs hou hulle
aan met smelt, maar die slegtes word nie afgeskei nie. 30 Hulle word genoem:
Verworpe silwer; want YAHUVEH het hulle verwerp.
Die verhaal van die [5] Wyse Maagde! Lees dit! (sien Mat. 25 hieronder). Daar is
net 5 Wyse Maagde en EK bedoel nie letterlik die getal 5 nie – EK bedoel hulle
wat werklik gehoorsaam is.
En daar is die gebedsvoorbidders genaamd “YAHUSHUA’S demon stompers” waar EK die
Heilige engele persoonlik na haar toe gestuur het, met haar eie oë het sy hul
vlerke gesien. Sy het die vere gevoel. Sy het die woorde gehoor. En EK het
daardie naam gegee! En wee enige een wat deel was van hierdie gebeds
voorbiddings groep, wie EK vertrou het – tog het EK geweet, net soos Judas kon
dit net vir so lank wees en hulle het hulle (die Bediening) verraai want hulle
kon nie die lewensstandaard hanteer nie asook die Heiligheid nie.
Let hierop en EK het die geheim vir hulle vertel: Toe Moshe (Moses) opgegaan het
na die spits van die Berg Sinai vir die 10 Gebooie, die 10 Wette wat EK,
YAHUVEH, geskryf het met MY vurige vinger, en EK saam met hom gemediteer het
[16] terwyl EK hom soveel geleer het. EK het geluister na hom wat praat en EK
het geluister na sy vrae, hulle was baie. En hy het met MY gepraat en hy het vir
MY vrae gevra en daar was baie.
O, maar die kinders van Israel wat EK voortgebring het uit die slawerny van
Egipte, hulle kon nie wag vir hom om terug te keer nie. En hulle het vir Aaron
gevra, “waar is hy? Hy kom nie terug nie, so ons gaan ons eie gode maak.” En
hulle het die goud en silwer gevat en hulle het die juwele en edelgesteentes
gevat, en hulle het ‘n goue kalf gemaak om te aanbid en hulle het voor dit
neergeval. En hulle het iets aanbid wat hulle kon sien en alle soorte
losbandigheid was gedoen van homoseksualisme tot hoerery, tot al die sondes wat
EK nie hoef te noem nie, tot waar toe Moses afgekom het, is dit wat hy aanskou
het (sien Exod. 32).
En Ezra en Elisheva julle het gewonder hoekom is daar hulle wat by die YDS,
“YAHUSHUA’S demon stompers” gebedsvoorbidders, aangesluit het wat gekom het en
eintlik saam met jul gewoon het maar hul kon nie die standaard van Heiligheid
wat nodig is om die Bruid van YAHUSHUA te wees, die 5 Wyse Maagde, hanteer nie
(sien later, Mat. 24). Maar nou verstaan julle terwyl EK ‘n persoonlike Woord
vir julle vandag gegee het en vir julle gesê het moenie langer huil en treur
wanneer hulle julle verlaat nie en in ‘n vyand verander of net stille-tjies
wegloop nie.
Nou kyk julle na hulle en treur nie meer nie. En julle moet onthou dat hulle
weggedraai het van dit wat EK onderrig het. Want almal van hulle het geweet dat
die Profesieë waar was, selfs hulle wat weggeloop het. En iemand wat voorheen ‘n
leier genoem was, voor Ezra, het dit eendag vir jou vertel – op julle 14de
[huweliks] herdenkingsdag en jy weet dat dit meer as 7 jaar was [dat] hy geweier
het om te doen wat EK hom beveel het om te doen. Hy was nooit ‘n leier nie.
Daar was nooit ‘n leier vir hierdie Bediening nie, maar een, en dit is totdat
Ezra gekom het. Nou is daar ‘n manlike leier. Voor dit was dit net jy. Voor dit
was dit net jy, Elisheva. Daar was nooit ‘n ander leier nie behalwe een en dit
was jy Elisheva wat MY instruksies van die Hemel gehoor het en gehoorsaam het.
Maar nou bring EK Juda en Efraim bymekaar (Eseg. 37:19). En EK wil hê dat julle
dit moet vier op Shavu’ot. EK bring vir julle ‘n Israelitiese Profeet, Ezra, en
hierdie Bediening het in ‘n ander rigting gegaan soos EK julle meer leer, die
Joodse gebruike, soos Juda en Efraim saam getrou het.
Esegiël 37:19 – 22
19 sê dan vir hulle: So sê die Meester YAHUVEH: Kyk, EK sal die stuk hout van
Yosef neem, wat in die hand van Efrayiem is, en die stamme van Yiesraél, sy
bondgenote, en EK sal hulle by hom voeg, by die stuk van Yehudah, en hulle een
stuk hout maak; en hulle sal een word in my hand. 20 So moet dan die houte waar
jy op skryf, in jou hand wees voor hulle oë; 21 en sê vir hulle: So sê die
Meester YAHUVEH: Kyk, EK gaan die kinders van Yiesraél haal tussen die nasies
uit waarheen hulle getrek het, en EK sal hulle van alle kante bymekaar laat kom
en hulle bring in hul land. 22 En EK sal hulle een volk maak in die land, op die
berge van Yiesraél; en een Koning sal vir hulle almal koning wees; en hulle sal
nie meer twee nasies wees nie en verder nie meer in twee koninkryke verdeeld
wees nie.
Nie een van hulle sal jou ooit leer om sonde te doen nie. Indien hulle jul ooit
leer om sonde te doen, is dit wanneer julle moet weghardloop. Hulle sal jou
nooit vertel om na enige ander god te kyk buiten die HEILIGE DRIE EENHEID nie.
Hulle sal jou nooit leer om weg te draai van die Heilige Skrifte nie, en jou dan
vertel dat daar ‘n ander MESSIAS is nie. Want EK het hulle gesalf om jou net die
waarheid te vertel.
So EK sê weer oorlog is uitgevaardig uit die Hemel, vanaf MY, YAHUVEH. [17] Vir
almal wat hulle woorde geskryf het, wat op hierdie internet gebly het, en vol
leuens en lastering, julle is verworpenes in MY oë! Julle sal hang waar die
gevalle engele hang in die plek wat Henog die 3de Hemel noem [18] maar julle ken
dit as die hel. En julle lyding en julle marteling sal selfs groter wees as die
van die gevalle engele, vir julle wat dit gedoen het.
Julle wou nooit bekeer nie al het julle geweet EK spreek die Waarhede deur haar.
Julle het ‘n ooreenkoms met die duiwel gemaak en julle weier om daaruit te kom.
En julle sal ‘n prys betaal vir elke traan wat gestort was,wanneer julle hierdie
leierskap seergemaak het asook dié wat saam haar bedien het.
Vir elke keer wat julle gelaster het en hulle name belaster het, vir elke traan
wat gestort was, EK vermenigvuldig dit nou ‘n miljoen keer – terwyl EK weereens
wag en vir hulle sê moenie hierdie Woord vrystel voor Shavu’ot nie – julle wat
die Heilige tale bespot het, EK sal julle wys hoe EK julle spot terwyl alles
weggeneem word. Vir al julle verworpenes en almal van julle wat weier om te
bekeer, luister hierna. Gaan lees Deuteronomium 28, die vloeke van MY, YAHUVEH!
Want julle sal elke enkele een maai!
En almal van julle wat strewe om YAHUSHUA & EK YAHUVEH & IMMAYAH (die LIEFLIKE
RUACH HA KODESH, die HEILIGE GEES), te gehoorsaam en te aanbid, lees
Deuteronomium 28, die seëninge wat EK vir julle bewaar het wie daarna streef om
elke Woord wat EK sê te gehoorsaam.
Waarom sou EK sê, “Wees Heilig want EK is Heilig” (1 Pet. 1:16 ens.) Dit is
omdat EK die RUACH HA KODESH binne-in julle sit sodat julle kan weet wat is reg
en wat is verkeerd en julle weet wanneer julle sonde doen en wanneer nie.
Moenie aanneem dat jy elke dag sondig nie. Want wanneer EK sê dat almal gesondig
het en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van YAH (Rom. 3:23), beteken dit
net dat iewers in jou lewe het jy dit gedoen voordat jy jou lewe vir YAHUSHUA
gegee het. Maar niemand, niemand, niemand wat werklik aan YAHUSHUA behoort sal
sonde vooraf beplan nie (1 Joh. 5:16-17), vooruit beplan om te sien hoe ver
hulle oor die hel kan leun voordat hulle inval nie.
1 Johannes 5:16-17
16 As iemand sy broer 'n sonde sien doen wat nie tot die dood is nie, moet hy
bid, en Hy sal hom die lewe gee - vir die wat nie 'n sonde tot die dood doen
nie. Daar is 'n sonde tot die dood; daarvoor sê ek nie dat hy moet bid nie. 17
Alle ongeregtigheid is sonde, en daar is 'n sonde wat nie tot die dood is nie.
Hierdie is die Woorde van Troos wat Ek vir julle het terwyl julle die tyd neem
om MY te troos.
Ween vir ONS, die HEILIGE DRIE EENHEID. Jul sien ONS wou nie gehad het nie – en
hel was nie gemaak vir die mensdom nie. ONS wou nie gehad het dat julle moes
sondig nie. ONS wou nie gehad het dat julle moes rebelleer in die Hemel nie.
Julle het reeds daardie besluit uitgewerk, aan wie se kant jy sou veg, of dit
aan YAHUVEH s’n sou wees of lucifer s’n. [19] En nou werk jy jou eie heil uit
met vrees en bewing (Fil. 2:12). Want jou siel weet reeds waarheen dit sal
gaan.[20]
Maar niemand is verwerp indien hul steeds die begeerte het nie – en selfs
hierdie woorde nou hoor en weet dat dit die Waarheid is. Bekeer net. Vra om
vergifnis vir YAHUSHUA. Vra vir ‘n nuwe begin en jou sondes sal so ver weg wees
soos die Ooste is van die Weste.
Want daar is een sonde wat nooit vergewe kan word nie en dit is lastering [teen
die HEILIGE GEES] (Mat. 12:31 ens). [21] Maar onthou as jy dit wat goed is boos
noem (Jes. 5:20) is jy ook in groot gevaar vir jou siel omdat jy nie die persoon
beledig het nie. Jy het MY, YAHUVEH, YAHUSHUA & IMMAYAH beledig. Daar is
verskillende definisies van die woord lastering, so bekeer jou terwyl daar nog
tyd is.
Jesaja 5:20
Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die
lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter.
Troos ONS. Hoe dink julle voel ONS terwyl ONS weet as een wat sê hy het ONS lief
van die begin af, die Bediening aanvaar, die Profesieë in liefde aanvaar, hulle
bedank omdat hulle hul na YAHUSHUA toe lei. Hoeveel eposse kom en hoeveel keer
word daar gesê, “Dankie, dankie dat jul ons lei en leer dat aborsie 'n sonde is,
homoseksualiteit 'n sonde is”. (want julle kerke wil nie meer preek wat
Heiligheid is nie) en dan raak julle afvallig. En julle val nie eens vinnig nie.
Julle val stadig terwyl rebellie en jou eie begeerte om te leef stadig inkruip.
En eendag maak jy jou oë oop en jy besef dat jy van die Genade afvallig geword
het. Jy het van Barmhartigheid afvallig geword. Al wat nou oorbly is verwerping.
Jy word verantwoordelik gehou vir dit wat jy weet (Mat. 12:36).
Daarom het EK instruksies gegee vir Elisheva en vir Ezra. Elisheva mag nie nog
‘n traan stort vir ‘n ander een wat sy ‘n “kind” noem [en wat tog afvallig word]
nie.
Want julle sien, en EK praat nou met almal reg oor die wêreld, julle is nie net
‘n gemeente vir hulle nie. Wanneer julle die waarhede in hierdie Bediening
aanvaar en die Profesieë, is hulle beveel om julle “kinders” te noem. En hulle
bid vir julle as kinders. En Elisheva is die hart van IMMAYAH gegee. En MY Ezra,
hy is soos ‘n Moses van Nuuts en sy is soos ‘n Eliyahu van Nuuts. So pasop as
julle hulle aanstoot gee.
Maar weet as julle seëninge stuur – selfs al kan hulle nie vir julle terugskryf
of bel nie, hulle kan dit nét doen wanneer EK vir hulle so sê – hulle lees die
seëninge en hulle stuur daardie selfde seëninge terug na julle.
En “YAHUSHUA’s demon stompers”, die werklike getroues, Elisheva en Ezra ken nie
eens al jul name nie want julle is versprei reg oor die wêreld. En daar is
500,000 wat versamel is op ‘n muur. Dis ‘n geestelike muur want hierdie
Bediening is ‘n Tempel sonder mure want dit omvou die wêreld nou in 45 tale
waarvan hulle weet.
Maar dit is versprei deur woord, en selfs wanneer hulle in tale spreek, want die
Heiliges [gelowiges] [22] weet nie eens dat hulle hierdie twee se name oplig
nie. En EK sê vir julle luister, luister, luister, luister en vra MY wie hulle
is. En vir die Heiliges [gelowiges wat Heilig leef] EK sal julle die waarheid
vertel. En julle sal verheug wees wanneer hulle ‘n seën terug stuur aan julle.
Hierdie is die Woorde van troos wat EK vir julle het.
Wanneer EK huil, wanneer ONS huil, die HEILIGE DRIE EENHEID, en ONS huil vir
elke een wat val selfs al weet ONS jy gaan val en nooit weer opstaan nie en dat
hel jou woning gaan wees – het ONS jou nogsteeds gemaak en ONS het jou as baba
liefgehad tot die tyd wat jy ‘n verworpeling geword het.
En vir die gaste, onthou almal is geseënd wat genooi is na die Bruilofsfees van
die LAM (Openb. 19:9). Die Bruid is net 288,000 (Openb. 14 & 7) en ONS dun hulle
uit en dit het alles te doen met gehoorsaamheid. Sal jy gehoorsaam? Of sal jy
wegdraai? Sal jy net louwarm wees en steeds dink jy gaan Hemel toe?
Onthou weer die gelykenis van die 5 Wyse Maagde. Onthou daar was ook die dwase
[maagde] daar, maar daar is nog een groep (Mat. 25:11-12) wat selde genoem word:
en dit is hulle wat aan die deur van die BRUIDEGOM kom hamer nadat YAHUSHUA in
die bruilofsaal ingegaan het en HY die deur gesluit het. En hulle het aan die
deur gehamer en gesê, “Laat ons inkom” net soos hulle gedoen het met Noag se
ark, en HY het gesê, “Gaan weg julle werkers van ongeregtigheid want EK het
julle nooit geken nie.” [23]
GELYKENIS VAN DIE 10 MAAGDE
Mattheus 24
DIE TIEN MAAGDE: 5 WYS EN 5 DWAAS
1 Dan sal die Koninkryk van die Hemel wees soos tien maagde wat hulle lampe
geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet. 2 En vyf van hulle was
verstandig en vyf dwaas. 3 En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle
geen olie met hulle saamgeneem nie. 4 Maar die verstandiges het olie in hulle
kanne saam met hul lampe geneem. 5 En terwyl die Bruidegom talm om te kom, het
hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak. [6] En middernag was daar 'n
geroep: Kyk, die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!..11
11 Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons oop!
12 Maar hy antwoord en sê: Amein ek sê vir julle, ek ken julle nie.
13 Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarin die SEUN van Adam [
SEUN van YAH] kom nie.
Maak seker julle weet regtig WIE IS GOD DIE VADER en GOD DIE SEUN en GOD DIE
HEILIGE GEES, dat AL DRIE EEN IS, maak seker WIE jy werklik ken alhoewel ons
apart is stem ONS altyd saam en is altyd EEN.
En hierdie is die verworpenes wat aan die deur hamer. Hierdie is hulle vir wie
daar geen vergifnis is nie.
O treur vir ONS! Huil vir ONS! Troos ONS!
EK gee vir julle ‘n pragtige wêreld. Nou is die lug giftig. Die water is giftig.
Die kos is giftig. Julle moet oor alles bid. Moet niks van selfsprekend aanvaar
nie. Selfs die einste klere wat julle aantrek–julle weet dit nie–chemikalieë is
daarin gesit om julle dood te maak!
Nou het die heersers van hierdie bose wêreld van satan (Efes. 6:12 ens) – toe
Adam geval het, het hierdie wêreld in die hande van satan geval, en die
satanistiese elite, die illuminati, opgestaan en al wat hulle nou sê is, “Ons
moet uitmoor. Daar is 'n te groot populasie.” En so vergiftig hulle die lug en
noem dit “chemtrails” en dit is bedoel dat plae moet instap.
Dis waarom EK vir julle gesê het om Psalm 91 te memoriseer soos EK vir Elisheva
gesê het in 2001. Herhaal dit elke dag. Eis dit. Staan daarop en ook Psalm 23,
hou vas daaraan. Moenie laat los nie! En al meer sal julle maniere vind om ONS
te troos terwyl ONS sien wat hulle met hierdie wêreld gedoen het – terwyl ONS
sien wat Monsanto gedoen het, terwyl ONS sien dat hulle nou selfs juwele maak
van die geaborteerde fetusse en julle weet dit nie. Julle dink julle sit gesig
room aan om jul jeug te herstel. En julle weet dit nie en daar is bloed van DNA.
O, MY kinders! MY kinders! MY kinders! Daar is net 2 maniere uit hierdie wêreld
uit! Julle beter nou op jul knieë kom voor dit te laat is!
EK vertel julle dit, huidiglik is Redding gratis maar as jy nie van die Bruid is
nie, die 288,000 (Openbaring 7 & Openbaring 14) – en [Bruid van] Openbaring 14,
EK vertel julle dit, julle gaan voor [Bruid van ] Openbaring 7 gaan. En daar is
nog ‘n geheim wat EK nie nou gaan onthul nie waarvan Elisheva en Ezra en
“YAHUSHUA’S demon stompers” weet, daar is nog een ding wat moet gebeur. En EK
praat nie van die dinge van hierdie wêreld nie. EK praat van ‘n Hemelse
Openbaring, ‘n geskenk wat EK gegee het aan Ezra en Elisheva, maar hulle is
steeds Openbaring 14 – vir die ander sê EK: As jy dit nie nou kan doen terwyl
dit gratis is nie, hoe gaan julle dit doen in die Groot Verdrukking?
Hoe sal julle MY aanvaar in die Groot Verdrukking, MY SEUN YAHUSHUA in die Groot
Verdrukking, wanneer julle vertel word, “Alle gelowe moet een wees” ? – terwyl
dit alreeds is – ‘n President het dit reeds onderteken as ‘n uitvoerende bevel,
dit wat EK nie gedoen wou hê nie. Want alle gelowe en die wat ander gode dien,
dien nie MY, YAHUVEH, YAHUSHUA & IMMAYAH nie.
Nooit kan alle gelowe saamsmelt en verwag om in die Hemel gevind te word nie –
as hulle nie bekeer en wegdraai van die valse gode nie – het hulle niks meer
gedoen as om ‘n goue kalf te bou nie soos in die tyd van Moses (Moshe) op Berg
Sinai waarvan EK nou net die verhaal vertel het.
ONS het nodig om vertroos te word. ONS het nodig om te weet – dat ons bemin
word. ONS het nodig om te hoor dat ONS gekoester word. ONS moet weet dat julle
omgee wanneer die geaborteerde babas net weggegooi word soos vullis en hulle
organe word verkoop en hulle word uitgeskeur selfs terwyl hulle nog leef.
Dink julle nie ONS huil wanneer die satanistiese rituele misbruik en marteling
en sodomie – selfs [aan] die pasgeborenes – gedoen word nie? Is daar enige iets
mooier as ‘n pasgeborene of ‘n kind? Tog staan julle daar, stil en doen niks
nie! Julle is selfs te bang om by ‘n optog aan te sluit om te betoog en te sê,
“Ons moet ons kinders beskerm! Ons moenie ons kinders doodmaak nie!”
Hoeveel van julle is hier by hierdie optogte terwyl hierdie mans nie bang is om
hul lewens neer te lê en selfs opgesluit te word nie? Julle is lafaards in MY Oë
en by die Troon van Oordeel sal julle weet en julle sal hoor wat EK te sê het
terwyl EK vir julle sê, “ Gaan weg van MY julle werkers van onheil” want julle
het nooit eens omgegee wanneer julle gehoor het van hierdie afskuwelikhede wat
EK die pedofiele noem nie.
Julle weet nie, julle verstaan nie. Julle dink julle kan wegkom deur net die
waarheid te ontken maar julle sal nie nadat julle hierdie gelees het nie! Nee,
julle sal nie nadat julle hierdie gelees het nie! Want julle gaan
verantwoordelik gehou word vir wat julle weet (Mat. 12:36)!
Wat doen julle om hulle te ondersteun? Hoe en – wat doen julle om diegene aan te
moedig wat hul lewe sal neerlê om te sê, “Aborsie is verkeerd, aborsie is sonde,
aborsie is moord!”
Jy kan nie hoereer met kinders en dink dat EK, die SKEPPER YAHUVEH, MY Oë blind
hou en MY Ore doof hou en MY Mond toe hou vir die uitroepe en gille van die
onskuldige kleintjies nie.
O julle sal sien! Op hierdie aarde dink julle julle is vry om hierdie gruweldade
te doen en EK praat met jou wat jouself ‘n “pa” noem! Jy is geen pa nie! Jy is
bio-logiese sperm wat bewerkstellig was om met daardie eier te kombineer om ‘n
kind te maak, maar jy is geen pa nie!
Jy wat ‘n kind sal kwaad aandoen (Mat. 19:6; Mark. 9:42)!
Markus 9:42
En elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in MY glo, laat struikel, dit is
beter vir hom as 'n meulsteen om sy nek gehang en hy in die see gewerp word.
En julle satanistiese elite wat dink dis pret want julle het al die roem en
rykdom en julle het elke sonde gedoen wat gedoen kan word. So julle wend julself
selfs nog meer na satan en julle sê, “Wat meer kan ek doen om jou te dien?” So
selfs wanneer hy vir jou sê om ‘n kind uitmekaar te skeur in twee, sal jy met
jou kaal hande probeer om hul arms af te ruk! Jy sal hulle vingers afbreek. Jy
sal hulle bloed drink. Jy sal dit op die gesig smeer en hulle sal dit ‘gesig
room” noem.
Julle weet nie wat in daardie room is nie! Julle weet nie wat in daardie
lipstiffie is nie! Julle weet nie wat hulle gedoen het nie – net die
satanistiese elite terwyl hulle vir julle lag.
Selfs hulle wat dink dat hulle uitgespreek het teen hierdie gruweldade, julle
moet werklik bid oor alles wat julle gebruik op hierdie aarde!
Julle weet nie wat is in die lug wat reeds verberg is vir jul oë nie. Al wat
julle sien is die stroke van wit, maar julle weet nie wat neerdaal nie. EK sal
julle sê wat neerdaal maar dit sal nog nie op hierdie Shavu’ot wees nie. Nie op
die huidige oomblik nie. Hierdie sal EK wel vir julle sê. Dis nie op hierdie dag
nie en nie in hierdie Profesie nie, maar dit kom. En selfs hierdie Profeet gaan
‘n kans waag want sy weet wie is in beheer van die Internet.
Kinders, hulle wie EK MY kinders noem, neem MY woord ernstig [om te veg teen
pedophilia] (sien Mark. 9:42 hierbo).
Julle wat hierdie gedoen het, rituele misbruik, satanistiese offers van kinders
en hoerery en sodomie, julle sal hang op die vlak van hel, net soos die Boek van
Henog sê, saam met die gevalle engele. En hulle wat gedink het hulle is so groot
en magtig, en eens op ‘n tyd was hulle, en nou sê dit net in die Boek van Henog,
hulle skree in marteling. Dit is waar julle sal heen gaan.
So julle dink jul het weggekom met moord. En julle weet van wie EK praat, o
politikuste. Julle is in die Kongres. Julle is in die Senaat. Julle is in die
Regstelsel. Julle was selfs presidente en EK praat nou met die VSA. En tog stop
EK nie daar nie. EK praat met die UK.
EK praat met elke nasie rondom hierdie wêreld. Julle weet, en die mense sal
weet, wie hulle is.
EK probeer om die tale nou korter te hou, sodat julle nie belangstelling verloor
nie. Terwyl EK die vrymoedigheid opbou in MY kind, hierdie Profeet hierdie
Apostel, MY Ringleier “Ringmaiden”, maar EK wil reguit praat.
Selfs aan hulle wat hulself die Bruid van YAHUSHUA noem, julle beter net bid dat
julle waardig geag sal word om die Bruid van YAHUSHUA genoem te word totdat
julle werklik die Hemel bereik.Want daar is baie vangstrikke wat satan gestel
het. En hoeveel het reeds daarin geval?
So troos ONS! Vra ONS, wat kan ons doen vir U, o HEMELSE VADER?
Weet julle dit? Die Woord sê dit – en dit is die Bybel – dat die klippe dit sal
uitroep en MY loof wanneer julle MY nie loof nie.
Weet julle dit? EK vertel julle ‘n geheim.
Wanneer YAHUSHUA kom in al SY HEERLIKHEID – en EK praat nie van die Eerste Koms
nie, EK praat nie van wanneer dit tyd is vir die wegraping nie, [rapture] – EK
praat van wanneer die hele wêreld sal weet, [wanneer] verworpelinge gaan
uitroep. Hulle sal uitroep na die berge om op hulle te val en hulle weg te steek
vir HOM – EK YAHUVEH – WIE OP DIE TROON SIT en van die Wraak van die LAM WIE
YAHUSHUA is (Openb. 6:16)!
Julle sien, net eenmaal was YAHUSHUA gekruisig! Net eenmaal het HY gesê, “VADER
vergewe hulle ” (Luk. 23:34) Want hulle weet dit nie. Net eenmaal – behalwe as
julle bekeer – sal HY vra om jou vergifnis.
O, maar wanneer YAHUSHUA kom en almal sal sien – EK vertel julle hierdie geheim
– daar gaan ‘n simfonie wees. Daar gaan die mooiste musiek wees wat die hele
wêreld gaan hoor.
Dit is wat MY hemelse mensies, julle Heiliges wat nou luister, gewas in die
GESTORTE BLOED VAN YAHUSHUA, wat bid in die NAAM VAN YAHUSHUA, wat leef vir die
NAAM VAN YAHUSHUA, wat jul eie lewens neergelê het en gesê het ”Leef U lewe deur
my – nie my begeertes geskied nie maar U begeertes geskied, nie my woorde
gespreek word nie maar U woorde gespreek word.”
EK spreek tot julle ‘n geheim – want Ezra, MY geliefde Ezra, jy kom na MY toe
soos ‘n kind en jy ‘verheug MY so’ wanneer jy sê, as EK jou vra deur hierdie
lippe van klei van Elisheva en EK sê, “Ezra wil jy ‘n geheim hoor?” En o, hoe
verheug is EK deur jou, hoe baie lag en glimlag IMMAYAH, hoe baie glimlag
YAHUSHUA met ‘n groot glinster in SY Oog terwyl jy sê, “Ja, ja! Vertel ons ‘n
geheim.”
Daar sal ‘n simfonie wees en dit sal wees waarvoor die hele skepping wag. Want
hulle kreun en sug nou en julle weet dit nie (Rom. 8:19-23) – terwyl
uitsterwing, uitsterwing kom van dit wat op hierdie aarde was en nie meer is nie
maar weer sal wees.
En die skepping sal – en die manifestasies, dit sal daar wees: die manifestasies
van die seuns van YAH en dit sluit die dogters in. Hulle sal help om al hierdie
teweeg te bring. Want hulle roep uit en hulle sê – die hele skepping roep uit en
hulle wag en hulle sê (Rom. 8:19-23) – en EK praat weereens van die wesens van
hierdie aarde. Hulle wag en hulle wag en hulle wag. En dit is net soos die res
van die Bruid wag vir die manifestasies van die seuns van YAH, en hulle wag en
Ek vertel julle dit, julle gaan hierdie simfonie hoor, dit sal elke skepping
wees wat vir MY gaan sing.
Hulle gaan sing, net soos die voëls elke oggend liedjies sing van lof, ten spyte
van die sogenaamde – gifstroke wat hulle 'chemtrails' noem – 'chemtrails' wat
veronderstel is om julle dood te maak, en tog sal EK die wetenskaplikes beskaamd
laat. En hulle wat waarlik aan MY behoort en staan op Psalm 91, dit sal hulle
nie so vining affekteer soos dit al die ander gaan affekteer nie. EK sal julle
beskerm. EK sal julle beskerm as julle onthou om te bid, pleit die BLOED van
YAHUSHUA wanneer julle uitgaan.
Maar EK sê dít vir julle. Luister nou na MY.
Kan jy jou die leeu voorstel wat brul? Kan jy jou die tier voorstel? Kan jy jou
voorstel, nie net die voëls wat sing nie maar ook die paddas wat kwaak? Kan jy
die kriek voorstel wat sing? Het jy geweet dat elke dier eens op ‘n tyd ‘n stem
gehad het? Al die stemme van die diere en al die stemme van die krieke wat was –
al die stemme –van selfs, selfs die hommelby, hulle sal ‘n lied sing vir MY net
soos in die tuin van Eden voor dit geval het.
EK vertel julle dit. Adam kon – terwyl hy hulle benoem het, het hy met elkeen
van hulle gepraat en hulle het teruggepraat. En die stemme sal weer terugkeer.
Maak dit julle nie opgewonde nie geliefdes? Wil julle dit nie graag hoor nie?
Wil julle nie nog meer geheime hoor nie? Gehoorsaam MY dan net, want hierdie is
net klein geheimpies wat EK julle gee.
EK kon nie net alles in een boek sit nie. Daar is so baie boeke en hierdie
Profesieë en hierdie Openbarings wat julle nou hoor – dink net daaraan, dink net
daaraan MY kinders – julle kan nie eens begin om te begryp wat EK vir julle in
stoor het nie, vir almal van julle wat gely het en [wat] vervolg word as gevolg
van MY SEUN YAHUSHUA se NAAM.
O MY kleintjies, o MY kleintjies, o MY kleintjies! Hoe baie lief het EK julle!
Nie net MY Bruid nie, maar julle wat die Gaste genoem sal word by die
Bruilofsmaal van die LAM! Weet julle nou hoe baie lief EK julle het? Verstaan
julle nie? EK wil julle hê, om julle vas te hou. EK wil hê julle moet op MY
skoot sit. O, MY liefling mensies, hoor MY.
Hoor MY vandag, O hoor MY vandag.
ONS het julle nodig om ONS te troos. ONS het julle nodig om vir ONS te sing. ONS
het julle nodig om ONS te koester en lief te hê. Nie net van ONS te vra nie,
gebede wat benodig word te vra nie, maar vra ONS, “Wat wil U vandag hê moet ek
vir U doen? Hoe kan ek behaaglik wees vir U?
Weet julle hoe baie dit ONS sou seën? Het julle enige idee hoe baie dit ONS sou
seën?
Weet julle hoekom Ek julle geskape het? Weet julle dat dit was vir samesyn?
Verstaan julle dat EK ‘n klomp modder bymekaar gesit het? EK het ‘n rib
uitgehaal uit ‘n man en dit gevorm tot ‘n vrou. Julle wonder, “Hoe het die hare
daar gekom in elkgeval ?” – dis Elisheva, jy lag en jy sê. En dan draai jy na
Ezra en jy sê, “Wel Liefie ek glo dit is net dieselfde manier hoe jy jóú hare
gekry het.”
En Ezra jy het die vraag geantwoord [24]:
Ezra: “The Book of the Secrets of Enoch” hoofstuk 30 vers 10, “And on the 6th
day I commanded MY WISDOM to create men from [7] consistencies: one his flesh
from the earth; two his blood from the dew; three his eyes from the sun; four
his bones from the stone; five his intelligence from the swiftness of the angels
and from clouds; sixth his vein and his hair from the grass of the earth and the
seventh, his soul from MY BREATH and from the SPIRIT.”
Eliseva: En dit is van die Boek -
Ezra: The Book of the Secrets of Enoch.
Elisheva: En Liefie op watter bladsy is dit?
Ezra: Dis hoofstuk 30:10.
Elisheva: En moet asb nie daarvoor gaan soek elders nie. Dit is hier op hierdie
Bediening.
http://amightywind.com/library.html
As julle sal kyk na die biblioteek van die “Lost Books” van wat hulle die Bybel
noem, wat waarlik nie verlore is nie.
Profesie gaan voort:
En dit is die Woorde wat EK te sê het – nog een laaste ding – en dit is hierdie:
EK wil hê dat julle moet weet dat julle MY kinders is en EK wil saam met julle
lag. EK wil hê dat julle vir MY moet vrae vra wat julle dink dom is, en EK wil
saam met julle lag en EK wil vir julle die antwoorde gee. EK wil verbly wees en
julle leer. EK wil vir julle geheime openbarings gee soos vir Elisheva en Ezra.
EK het groot behae in hulle wat MY YAHUSHUA waarlik liefhet en wat waarlik elke
dag daarna strewe om te gehoorsaam. En wanneer hulle dan wel sonde doen berou
hulle vining, vining. Vra dadelik om vergifnis.
En hierdie is nie net die opsê van ‘n eenvoudige gebed nie, “As ek U vandag
aanstoot gegee het vergewe my asseblief.” Vertel MY wat jy gedoen het sodat EK
jou kan reinig van daardie sonde.
O MY kleintjies op hierdie Shavu’ot gee EK julle hierdie geskenk. En EK praat
duidelik met julle, nie net in tale nie. Ek praat duidelik sodat almal kan
verstaan.
EK weet wie is MY ware kinders en net omdat EK julle gevorm het, soos die boek
[van Henog] gesê het – EK vertel julle dit, wanneer julle die klone en die
robotte sien wat lyk asof hulle vlees is: Onthou satan vervals. Maar kan hy
enigsins moontlik doen wat EK die SKEPPER so pas gesê het, waar kan hy daardie
soort skepping doen? – hy kan nie – hy kan jou net ‘n weerspieëling gee. Hulle
kan maak dat julle na mekaar lyk en hulle noem hulle klone ‘clones’ maar EK
vertel julle dit, EK lag vir hulle sogenaamde [clones], nabootsings!
EK het verrassings gebêre vir julle – hoe EK julle sal beskerm! Wanneer julle
bose elite dink julle het dit – en EK weet julle luister na die ware profete en
julle probeer om te dupliseer en julle probeer MY vooruitgaan sodat dinge nie
kan gebeur nie. En julle probeer om die tyd te laat aanbreek voor dit reël op
reël is en gebod op gebod (Jesaiah 28:10). EK ken reeds jul gedagtes. EK weet
reeds wat julle gaan doen en EK het julle reeds vooruit gegaan!
En EK weet reeds hoe EK MY geliefde Babatjies, Bruid, Uitverkiesdes en
Uitgesoektes gaan beskerm!
En dit is die Woorde van troos wat EK gee vir julle.
Nou wanneer julle dit hoor en julle ontvang dit, gee MY lof, eer en heerlikheid
want EK het die tyd geneem om deur MY Ringleier “Ringmaiden” te praat. En EK het
vir julle hierdie tyd gegee omdat Ek julle so liefhet. EK wil julle beter leer
ken. EK wil hê julle moet leer om te gehoorsaam.
EK wil hê dat julle YAHUSHUA moet gehoorsaam en HOM nooit verloën nie selfs al
beteken dit – en EK praat nou met die Gaste van die Bruilofsmaal van die LAM,
julle kan nie opweeg om die Bruid te wees nie en julle weet dit, maar wees
gehoorsaam. Strewe net om te gehoorsaam en moet nooit verloën nie, in die tyd
wat EK noem Jakob se Benoudheid (Jer. 30:7). Moet nooit, nooit die NAAM van MY
SEUN YAHUSHUA verloën [tydens] dit wat genoem word die Groot Verdrukking nie,
moet nooit SY NAAM verloën nie selfs al sou dit jou lewe beteken – selfs al sou
dit beteken dat jy jou kop moet neersit op ‘n koue harde staal guillotine.
En jy sal weet voordat dit afkom op jou kop, sal jy ook uitroep na YAHUSHUA en
jou gees sal geneem word selfs nog voordat jou vlees die lem kan voel.
En julle sien, o vyande van MY, julle sien hulle het geen [eer] gehad, hulle het
geen eer nie. 25 Want julle het dit nie eens gevoel nie! In plaas daarvan staan
julle voor MY in die Hemel in wit geklee. “O, wie is hulle wat kom uit die Groot
Verdrukking geklee in wit” in ‘n getal so groot om te tel (Openb. 7:13-17)?
Dit is julle wat die die Gaste genoem sal word by die Bruilofsmaal van die LAM.
Dit is die Woorde waarmee EK julle troos. Met watter woorde sal julle MY troos?
Hoe sal julle gehoorsaam? Hoe sal julle protesteer teen die aborsies en die
gruweldade wat vandag aangaan in hierdie wêreld? Sal julle net aanhou stilbly?
Want wanneer die goeie manne stilbly heers die bose. Hoeveel van julle is stil?
En waar is MY kerke? Waar is hulle wat die naam van JESUS CHRISTUS verkondig?
Waarom bevraagteken julle nie eens die sogenaamde pous nie? Waar is hy? EK sal
julle vertel waar hy is. Hy is nie aan julle kant nie.
Maar julle moet protes aanteken! Julle moet praat! Julle moet op een of ander
manier iets doen om te bewys dat julle regtig aan MY behoort en YAHUSHUA dien.
En onthou dit. Niks, niks, niks is dit werd om nie alleen EK YAHUVEH, YAHUSHUA &
IMMAYAH die LIEFLIKE HEILIGE GEES, te mis nie. Maar niks is die moeite werd om
die Hemel te mis nie! En o, die gevolge as jy doen!
ONS wil baie verbly wees en jou verwelkom! Maar weereens, dit was alles
voorafbestem: of jy sal luister, of jy sal gehoorsaam, of jy sal bekeer en na
YAHUSHUA toe sal kom vandag.
Daar is ‘n bladsy van redding. (Kliek hier om dit te sien) Soek daarvoor op
hierdie aanlyn webwerf en jy sal sien hoe om te bid.
En dan wanneer satan sê, ‘Ah ha! Ek het jou gevang in sonde vandag!” onthou dat
EK gesê het, roep dadelik uit – in die NAAM van YAHUSHUA – sê, “O, ek is so
jammer dat ek dit gedoen het. Help my asseblief om dit nie weer te doen nie.” En
glo dat dit vergewe is by die Kruis, so lank jy nie aanhou om [sonde] vooraf te
bedink nie, so lank jy nie sê, ‘O nou het ek ‘n verskoning om op elke manier te
sondig want YAHUSHUA het die prys betaal vir my op Golgota.” Dit is nie waarom
dit gedoen was nie!
En julle weet julle dwase die prys wat julle sal betaal oor die lering – en EK
praat nou met die kerke wat dit doen – dat “daar nie meer so iets soos sonde is
nie; moenie meer bekommerd wees daaroor nie.” En julle weier om Heiligheid te
spreek. Julle weier want julle is stil – [stilgemaak] deur die regerings.
Maar selfs [President] DonaldTrump het gesê, ‘n uitvoerende bevel gemaak dat
julle toegelaat word om uit te spreek gedurende hierdie tyd. Gebruik dit terwyl
julle kan. Gebruik dit terwyl julle kan want die tyd kom o, so spoedig en julle
sien dit reeds terwyl Youtube sensor en Google sensor en Facebook sensor en elke
sosiale media – julle dink EK ken nie hul name nie? Julle dink dat EK nie vooraf
geweet het dit is wat gedoen sou word nie?
Gebruik hierdie vryheid MY kinders terwyl julle – En EK spreek hierdie
waarskuwing reg oor die wêreld. Gebruik hierdie vryheid terwyl julle kan op
enige manier wat julle kan.
En dit is die Woorde wat EK te sê het op hierdie, en dit sal vrygestel word op,
Shavu’ot 2017.
Einde van Woord.
Ezra: Dank U, ABBA YAHUVEH, dank U YAHUSHUA, dank U IMMAYAH vir hierdie
wonderlike Woord wat U vir ons gegee het, pragtige openbaring en geheime. Ons
seën U HEILIGE NAAM. Ons troos U ABBA YAH. Ons troos U YAHUSHUA. Ons troos U
IMMAYAH in die NAAM VAN YAHUSHUA. Amen.
Elisheva: ABBA YAHUVEH, ek wil U dank. Ek wil U loof. Ek is glad nie anders as
enige iemand anders nie, soos U gesê het. Ek is net U Boodskapper. Wanneer
hierdie mond oopgaan weet ek nie wat U gaan sê nie. Ek leer openbaringe saam met
enige iemand anders. Ek is nie een van daardie geleerde dwase nie. Ek leer nie
van enige teologiese skool nie. Ek is net ‘n sondaar gered deur genade. En Ezra
en ek leef ons lewens elke dag om ‘n getuienis te hê soos die van Henog, om
behaaglik gevind te word vir U.
Dit is ons versugting en dit behoort elkeen se versugting te wees wie deel wil
wees van die Bruid van YAHUSHUA. Vra dat jy ‘n getuienis sal hê soos die van
Henog, dat jy behaaglik gevind sal word vir ABBA YAHUVEH (Heb.11:5-6) en dan sal
jy nie hoef dood te gaan nie en jy sal weggeraap word in die Hemele in, in die
lug in.
Hebreërs 11:5-6
5 Deur die geloof is Ganog (Henog) weggeneem om die dood nie te sien nie; en hy
is nie gevind nie, omdat ELOHIEM hom weggeneem het; want voor sy wegneming het
hy getuienis ontvang dat hy ELOHIEM behaag het. 6 En sonder geloof is dit
onmoontlik om ELOHIEM te behaag; want hy wat tot ELOHIEM gaan, moet glo dat HY
is en 'n beloner is van die wat HOM soek.
Einde van Opname.
So is dit gespreek, so is dit geskryf in die NAAM VAN YAHUSHUA,
29 Mei, 2017
Apostel, Profeet Elisheva Eliyahu
1Savu’a is Hebreeus vir week en shavu’ot weke. Aan die begin van die audio
bedank Elisheva YAH vir beide Hag Shavu’ot (Fees van Weke) oorspronklik ‘n een
dag fees, en die 7 voorafgaande weke. Hierdie is ook die oorspronklike naam vir
Pinkster, Grieks, vir vyftigste dag.
2Die aftel van die omer, in Hebreeus sefirat ha omer, is die aftel van 49 dae of
7 weke tussen Paasfees en Shavu’ot, dit begin op die eerste dag na Paasfees‘n
hoë sabbat (Lev. 23:15-16; Deut. 16:9) Hag Shavu’ot is ook ‘n oesfees; omer
beteken gerf en was ‘n tipe van ‘n beweeg offer.
3Sien die Profesie inleiding vir meer oor Heilige tale.
4 Alternatiewelik mag dit wees, :…Shavu’ot wat hulle noem….” i.p.v. ”wie hulle
noem…” maar in Joodse tradisie, word Heilige dae soms verpersoonlik, veral die
Sabbat, soos ‘n KONINGIN of BRUID WIE die HEILIGE GEES is wat vroulik is, in
Hebreeus RUACH HA KODESH. Die personifikasie beklemtoon die heiligheid van die
dag en dat GOD SE TEENWOORDIGHEID in ‘n groter mate verwag word. Shavu’ot is ‘n
dag van rus, ‘n hoë sabbat en YAHUVEH verwys na die Heiligheid van hierdie tyd –
dat dit nie ligtelik opgeneem moet word nie, hanteer word asof dit “net maar”
nog ‘n dag is nie.
5 YAH wil hê dat SY mense meer moet leer van Pinkster daarom noem HY dit op die
oorspronklike Hebreeuse naam Shavu’ot.
6 Gebed beteken nie net ‘n petisie of versoek tot GOD nie, maar enige versoek in
die algemeen; gebed kan ook ‘n hoop of ‘n wens wees. o.a. YAH se gebed, versoek
vir SY kinders is om HOM beter te leer ken.
7 Shema, Israel, YAHUVEH ELOHEYNU, YAHUVEH ECHAD vanuit Hebreeus kan ook vertaal
word as “YAH is ons GOD; YAH is EEN” terwyl die NAAM van YAHUVEH naby verwant is
aan die werkwoord “om te wees” of “te bestaan.” Hoveh beteken “HY is”
8 o.a. Hulle wat GOD aanspreek as “Allah” van die Koran. Dis nie genoeg om te
glo in EEN GOD sonder om versoening en vergifnis te hê van sondes nie.
9 Die Bediening was gebore 10 April 1988 in Griffith, Indiana, USA; alhoewel die
aanlyn bediening webbladsy lewendig geword het 4 April 1995.
10 o.a Secrets of the HOLY SPIRIT (RUACH HA KODESH) deur Apostel, Profeet
Elisheva Eliyahu
11 Profeet Elisheva was in gebed gedurende die middernag uur van die 27ste en
28ste. YAHUVEH het opgestaan van SY Troon af en ‘n oorlog uitgevaardig teen die
vyande van hierdie bediening en het die Hemelse leerskare uitgestuur om te veg
teen die bose mense.
12 GOD het aan die mens ‘n vrye wil gegee en wens dat niemand vergaan nie (2
Pet. 2:9; Deut. 30:15-19), daarom is redding en of verdoemenis ‘n keuse wat
gemaak was deur ons siel toe dit bestaan het voor die grondlegging/skepping van
hierdie wêreld (Ps. 139:16; Jer. 1:5; Rom. 8:29; Openb. 13:8 sien Profesie 71)
Daarom het ons eie siel ons vooruit bestem vir die Hemel of die hel – daarom
word ons gesê, “Werk jou eie heil uit met vrees en bewing” (Fil. 2:12).
Verworpeling kan beskryf word as ‘n persoon wat deur GOD verwerp is sonder die
hoop op redding (Jer. 6:26-30); Heb. 6:4-8) wat die HEILIGE GEES gelaster het.
(Mat. 12:31; Heb. 10:26-31) wat die enigste onvergeeflike sonde is (Luk. 12:10)
en moes daarom vooraf bestem gewees het tot verdoemenis (Rom. 9:22).
13 Sien Profesie inleiding vir meer oor Heilige tale.
14 Testament – iets wat dien as teken of bewys van ‘n spesifieke feit,
gebeurtenis of kwaliteit.
15 Sien voetnota 12 wat verworpeling verduidelik.
16 In Hebreeus, mediteer (Strong’s #H787) kan beteken gesels, bepeins, spreek,
praat, bid.
17 Sien vorige voetnota hieroor.
18 Hierdie verwys nie na die Hemel soos ons dit ken nie maar na hemelse en
ander-wêreldse ryke.
19 lucifer is die naam van die duiwel maar ons skryf dit opsetlik nie met ‘n
hoofletter nie.
20 Sien voetnota 12
21 VERDUIDELIK LASTERING TEEN DIE HEILIGE GEES.
22 Heilige (saint) beteken letterlik “ ‘n heilige een” en dit is wat die Bybel
die volgelinge van YAHUSHUA noem. (Heb. 6:10; Rom. 8:27; Ps. 31:23; Kol.
1:11-13; 1 Kor. 1:2; Dan. 7:27 ens.)
23 Die Bybel het dit nie op rekord dat Noag hierdie woorde gesê het nie, maar
hulle kom voor regdeur die Skrif; Ps. 8:6; 119:115; Mat. 7:23; 25:41; Luk.
13:25, 27 ens.
24 YAH vertel van ‘n vraag wat Elisheva gevra het dae tevore, en Ezra het die
antwoord geken uit die Boek van Henog.
25 Die bose kan nie eer geniet deur die dood van die gemartelde heiliges nie –
selfs hierin het YAHUSHUA oorwinning oor dood en SY kinders word selfs tydens
afsterwe verlos van die pyn van dood.