Rosh HaShanah

Rosh HaShanah begin op Tishri 1 (September of Oktober)





Rosh ha Shanah is een van die Hoog Heilige Sabatte waar geen werk gedoen moet word nie, so dit is belangrik dat jy alles doen wat jy kan om hierdie Hoog Heilige Sabbat dae af te kry. (Levitikus 23:24-25, Numeri 29:1, Levitikus 23:25, Numeri 29:2-5)




Eers Een Wegraping Dan Nog Een Vir Hulle Wat EK Liefhet

Hoorbare Woorde Gespreek Tot Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah Terwyl Sy Geslaap het op 15 Oktober 1998 Hierdie is woorde waarvan ek nie die volle betekenis ken nie. Hulle kon dubbele wegraping beteken, een nou, vir hulle wat wag, dan nog een vir diegene wat ‘n gedeelte van die verdrukking sal moet ly. Dit kon ook ‘n vals wegraping beteken saam met die regte wegvoering. Bid en sê vir my wat julle onderskei.

YAHUVEH het gesê:

"Eers Een Wegraping Dan Nog Een Vir Hulle Wat EK Liefhet"

Mattheus 25:1-13
Dan sal die koninkryk van die hemel wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet. En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas. En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie. Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem. En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak. En middernag was daar 'n geroep: Kyk, die bruidegom; gaan uit hom tegemoet! Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed. En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit. Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself. En onderwyl hulle gaan om te koop,

EERSTE WEGRAPING: Die Bruid….
die bruidegom het gekom; en die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof: en die deur is gesluit.

Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons oop! Maar hy antwoord en sê: Amein ek sê vir julle, ek ken julle nie.

TWEEDE WEGRAPING: Die Gaste...
[HY praat steeds met hulle wat agterbly] Waak dan omdat julle die dag en die uur nie weet (waarin die Seun van die mens kom) nie.

Bevestig in Profesie 76:
“...EK het ook deur haar geprofeteer en hoorbaar met haar gepraat, "Eers een wegraping en dan ‘n ander, vir die wat EK liefhet." Die gaste sal in daardie tweede wegvoering wees!

In die gelykenis van die tien maagde, word daar 'n tweede kans aan die dwase sogenaamde Bruid gegee, dit is hoekom EK vir hulle sê om te waak, omdat julle nie weet watter uur EK weer sal kom nie. ..”

“Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.
- 1 Tessalonisense 4:17

Simboliek van die Shofar/Ramshoring

Die ramshoring is die hoof simbool van Rosh Hashanah. Is dit net ‘n primitiewe trompet? Of is daar ‘n baie groter verhaal om te vertel?

Gedurende die blaas van die ramshoring op Rosh Hashanah, neem kennis daar is drie onderskeidelike klanke:

* Tekiah – een lang, reguit blaas
* Shevarim -- drie medium, huil klanke
* Teruah -- 9 keer vining blaas in kort opeenvolging

Laat ons elkeen van hierdie ramshoring klanke ondersoek, en sien hoe hulle die verskillende temas van Rosh Hashanah vertel.

Die Tekiah Klank

Rosh Hashanah is die dag van waardering vir wie YAHUVEH is. Ons internaliseer dan daardie verstandhouding sodat dit ‘n lewendige, praktiese deel van ons elke dag realiteit word. YAHUVEH is almagtig. YAHUVEH is die Skepper. YAHUVEH is die Onderhouer. YAHUVEH is die Toesighouer. In kort, YAHUVEH is Koning van die Heelal.

Maar vir baie van ons, bring die idee van ‘n “koning” beelde van ‘n gulsige en mag-honger despoot wie die massas wil onderwerp vir sy selfsugtige doeleindes.

In Joodse tradisie, is ‘n koning eerste van alles ‘n dienskneg van die mense. Sy enigste bekommernis dat die mense gelukkig en in harmonie leef. Sy besluite en wette is slegs vir die beswil van die mense, nie vir homself nie. (see Maimonides, Laws of Kings 2:6)

Die doelwit van Rosh Hashanah is om YAHUVEH te kroon as ons Koning. Tekiah – die lang, reguit ramshoring blaas -- is die geluid van die Koning se kroning. In die Tuin van Eden, was Adam se eerste daad om YAHUVEH as Koning te verkondig. En nou, verkondig die ramshoring aan onsself en aan die wêreld: YAHUVEH is ons Koning. Ons stel ons waardes reg en keer terug na die werklikheid van YAHUVEH as die Een Wie die wêreld beheer... geskiedenis lei, berge beweeg, en omgee vir een en elke mens individueel en persoonlik.

Die Shevarim Klank

Op die oomblik wat die ramshoring geblaas word, roep ons uit na YAHUVEH vanuit die dieptes van ons siel. Hierdie is die oomblik – wanneer ons siele staan voor die Almagtige sonder enige versperrings – dat ons waarlik kan laat gaan.

Die Teruah Klank

Op Rosh Hashanah, het ons nodig om wakker te word en eerlik en objektief oor ons lewens te wees: Wie ons is, waar ons was, en in watter rigting ons oppad is. Die Teruah klank -- 9 keer vining blaas in kort opeenvolging -- verteenwoordig ‘n alarm klok, maak ons wakker vanuit ons geestelike sluimering. Die ramshoring bring duidelikheid, waaksaamheid, en fokus.

Skrywer Biografie:
Shraga Simmons het sy kinderdae deurgebring deur deur sneeu te trek in Buffalo, New York. Hy het in die joernalistieke veld en openbare verhoudinge gewerk, en is nou die Redakteur van Aish.com in Jerusalem.
Wat As Rosh Hashanah die Dag Is wat EK Kom?

Dringende boodskap aan die Bruid van YAHUSHUA Messiah, gegee aan Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah.
Ek het bed toe gegaan en huilende wakker geword twee nagte gelede op 16 September 1998. Ek was besig om in my slaap te bid, wat nie ongewoon is nie, want dit het al baie maal gebeur en dit is die HELE nag deur selfs terwyl ek slaap, bid ek. Maar wat ongewoon was is dat ek wakker geword het huilend, snikkend, en besig om in te tree vir die Bruid van YAHUSHUA Messiah. Ek het ‘n stem hierdie woorde hoor sê, wat my wakker gemaak het...

“WAT AS Rosh Hashanah DIE DAG VAN MY KOMS IS?”


Ek het dit vir twee dae lank gehoor, op 15 & 16 September 1998. Alhoewel sommige sal dink dat ek kranksinnig is om dit te sê, weet ek dat ek verantwoordelik gehou sal word as ek dit nie doen nie. Esegiël 3: 17-21 sê as ‘n wagter ‘n waarskuwing gegee word en ons stuur dit nie aan nie, sal die bloed op ons hande wees, maar wanneer ons wel die waarskuwing gee, en selfs as hulle nie luister nie, sal die bloed nie op my hande wees nie. So ek waarsku soos YAHUSHUA my gewaarsku het met dieselfde woorde.

“WAT AS Rosh Hashanah DIE DAG VAN MY KOMS IS?”


Soos ek gesê het, het ek wakker geword met hierdie stem. Dit was amper hoorbaar maar ek weet dit wás nie hoorbaar nie, maar hard genoeg om hoorbaar te wees. En dit was YAHUSHUA wat gespreek het. Ek ken daardie stem. Dieselfde een wat vir my vertel het van West Virginia en toorn. Dieselfde een wat vir my gesê het van ses Verduisterings, dan kom HY.

Ek het gehuil en ingetree, nie net vir myself nie maar vir ALMAL van hulle op my gebedslys. Gesê, “O, YAHUSHUA ag ons asseblief waardig om ontvang te word as U Bruid, vlekloos en wit. O, YAHUSHUA wees asseblief genadig en vergewe ons want GEENEEN van ons is perfek nie.” Ek het gesê daar is geen manier hoe ek al die name kon noem, wat ek probeer het om na YAHUSHUA op te lig nie, daarom het ek gesê, “Hier is my onsigbare lys. Spaar asseblief U Bruid. Kom asseblief en neem ons huis toe saam met U en spaar ons van hierdie toorn wat gaan kom. Ag ons waardig om U Bruid van YAHUSHUA Messiah genoem te word.”

Ek het uitgeput gebid totdat ek aan die slaap geraak het, huilende vir die Bruid, dat YAHUSHUA haar waardig sou ag om huis toe geneem te word om by HOM te wees wanneer HY kom. Ek het aan die slaap geraak, en selfs slapende het ek gebid en gehuil. En wanneer ek wakker geword het, het dit voort gegaan. Elke keer het ek eenvoudig dieselfde stem gehoor. Wat presies dieselfde ding sê.

“WAT AS Rosh Hashanah DIE DAG VAN MY KOMS IS?”


Toe het YAHUSHUA gesê, “Vertel die mense. Vertel hulle hiedie presiese woorde wat EK sê, want hulle weet nie wanneer nie, maar vertel hulle om gereed te wees. ONGEAG WANNEER dit is. Noem julleself nie Voor-... Middel-... of Na-Verdrukking nie. Moenie hierdie etikette gebruik om MY koms te beskryf nie, want dit is NIE EEN VAN HIERDIE DINGE NIE. Vertel hulle om MY op Rosh Hashanah te verwag, asof dit die dag was. Om die dae van Rosh Hashanah en Yom Kippur Heilig te hou voor MY. Want YAHUVEH sou NIE vir die Joodse Mense lieg nie. Hulle weet om hul Verlosser op Rosh Hashanah te verwag en weet nie watter een nie. YAHUVEH van Abraham, Isak en Jakob lieg NIE. Vertel hulle; die Verlosser wat hulle VERWERP het, is die Verlosser wat weer kom. Hulle sal jou haat, tog moet jy hulle LIEFHE in MY. Op Rosh Hashanah, maak seker dat jy en die Bruid MY inwag asof julle verwag om die woorde, “Kom Hierheen” te hoor, ter eniger tyd. Vertel hulle dat die Bruid slaap. Skud haar wakker.

Toe het ek ‘n visioen gehad van myself waar ek kyk na ‘n pragtige Bruid wat slaap op ‘n bed. En ek het myself gesien hoe ek die slapende Bruid aan die skouers vat en HAAR SKUD in die KRAG van YAHUSHUA om haar wakker te kry voordat dit TE LAAT is. Want die Bruidegom kom en HY kom spoedig.

Ek sê NIE dat dit 20 Sept. of 21 Sept. 1998 gaan wees NIE. Ek sê dat YAHUSHUA Messiah sê...

“WAT AS Rosh Hashanah DIE DAG VAN MY KOMS IS?”


Nou, al wat ek weet is wat ek vir julle vertel het, niks meer nie en niks minder nie. Behalwe dat ek in diepe intersessie was, want die Bruid is NIE gereed op hierdie stadium nie, vir die GROOTSTE GEDEELTE. Asseblief WORD WAKKER, BRUID VAN YAHUSHUA MESSIAH.

“WAT AS Rosh Hashanah DIE DAG VAN MY KOMS IS?”
WEES GEREED WANNEER DIT OOKAL IS.
KOM YAHUSHUA. KOM GOU, IS ONS GEBED. AMEN. SELAH.


*******

YAHUSHUA het my wakker gemaak en dit vir twee dae lank gesê, op 15 & 16 September 1998, en HY het my laat intree vir die Bruid van YAHUSHUA Messiah waarvan die GROOTSTE gedeelte nie gereed is vir HOM om SY Bruid bymekaar te maak en Huis toe te neem nie. HY het vir my gesê om, onder SY salwing, die Slapende Bruid wakker te skud. HY het hierdie woorde gespreek, wat byna hoorbaar geklink het as julle dit net kon hoor, want ek kan hulle steeds hoor, selfs SY stemtoon. Ek bid dat ek dit altyd sal onthou.

“WAT AS Rosh Hashanah DIE DAG IS VAN MY KOMS?”

YAHUSHUA sê nie dat HY verseker op een van hierdie twee Heilige dae gaan kom nie. EK WEET NIE. Maar HY sê “Wees gereed” en dink dat HY enige oomblik kom ongeag wanneer die tyd aanbreek. So ons het hierdie geseënde belofte en Almagtige YAHUVEH is nie soos ‘n mens wat lieg nie. Ons sal ook uit die dood opgewek word en Verheerlikte Liggame hê. En ons wat lewendig is wanneer YAHUSHUA weer kom, sal nie nodig hê om te sterf om hierdie Verheerlikte Liggame te kry nie.

Dit is ons belofte. Ons het nie die hel om te vrees nie, ons het die Hemel om na uit te sien as gevolg van die prys wat YAHUSHUA betaal het op Golgota. Ons aanvaar nie siekte nie. Ons aanvaar genesing. As gevolg van YAHUSHUA, aanvaar ons nie dood nie, ons aanvaar Opstanding. Nou het ons liggame wat van vlees gemaak is, so swak en broos en maklik versoekbaar. Tog weet ons, deur geloof, dat hierdie net ‘n dop is soos die van ‘n skilpad. Ons ware liggame is ons geestelike liggame.

Alhoewel die wêreld nie die Verheerlikte liggame kan sien nie, wag hulle op ons. Die vlees kan nie ons siele sien nie, maar dis die werklikheid. En wanneer ons siele hierdie liggame van vlees en bloed verlaat, wanneer hulle vrygestel word, gaan hulle of Hemel toe of Hel toe. Geen vaevuur nie. Geen wagkamers nie. Almal maak, op hierdie oomblik, hul reserverings vir die Hemel of die Hel. Wanneer jy eers jou asem uitblaas, is dit te laat. Moenie dat jou reservering vir die Hemel gekanselleer word nie. Niemand of niks is dit werd nie. Leef elke dag op aarde asof dit jou laaste is. Want, Wegraping of nie, dit kon jou laaste op aarde wees.

Niemand word ‘n verdere sekonde gewaarborg nie. Maak die beste van die tyd wat jy oor het. Laat dit tel vir YAHUSHUA MESSIAH, YAHUVEH en die HEILIGE GEES. Om in kerke te sit waar jy net inneem en nie van die oorvloed wat jy leer uitgee nie, maak jou niks meer as ‘n kerkbank verhitter nie. Hoeveel siele het jy aangeraak vir YAHUSHUA en nie vir ‘n godsdiens nie?

Godsdiens is mensgemaak. ‘n Liefdevolle verhouding met YAHUSHUA is YAHUVEH Almagtig-gemaak. O, wat ‘n ontsaglike Almagtige YAHUSHUA, Meester, Redder en ons spoedig komende Bruidegom. Ons Aanbid, Dien en ons is baie Lief [vir HOM] en stel YAHUSHUA bo enige iets en enige iemand in ons lewens. Bly naby HOM , veral terwyl hierdie Heilige Dae naderkom.

YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH (Heilige Gees) is BAIE woedend. Veral met die onlangse besluit om die babatjies te martel in die onmenslike daad wat so ligtelik genoem word: “gedeeltelike geboorte aborsie” en tog is dit MOORD en MARTELING tot die hoogste graad.

Voorbedagte moord. Die onskuldige bloed van hierdie babatjies is op die hande van die drie wat hul stemme weerhou het, en ek bid net dat hulle ongekende pyniging sal ly vir dit wat hulle gedoen het aan daardie babatjies, steeds toelaat om aan te gaan.

Hulle het al die tyd terwyl hulle in die hel is dat ‘n dik naald “spike” in die basis van hul nekke ingedruk word en die vloeistof dan uitgesuig word terwyl hul nog lewendig is. En dan onthoof te word. Die enigste verskil is dat hierdie babatjies teruggaan Hemel toe wanneer hierdie pyniging oor is. O, die wreedheid. Terwille waarvan? Maar hierdie drie wie hierdie dinge gedoen het, hulle is verworpelinge, en in alle ewigheid sal hulle in die hel ly vir dit wat hulle gedoen het.

Nee, ek bid nie vir hulle siele nie. Hulle is verworpenes. Lees Jeremia 6:27-30 as jy nie weet wat ‘n verworpeling is nie. ‘n Persoon wie se naam nooit geskryf was nie en dan uitgewis is uit die Boek van Lewe. Op 18 September 1998, toe die besluit geneem was, het net drie stemme gekort. Maar die lyding in die hel vir hierdie drie, sal net aanhou tot in ewigheid.

Waarom het elke Amerikaner en elke Christen ter wêreld nie hierdie wrede, geweldadigheid teëgestaan nie? O, YAHUSHUA, hierdie is my manier om op te staan en te sê,”YAHUSHUA, vergewe U Bruid.” O, ek is so jammer want baie van ons, my insluitend, het dit nie uitgevind voordat dit te laat was nie. Ek sak my kop in skaamte en tog is dit ‘n skamele verskoning. Maar o, Amerika onthou, julle sal boet vir dit wat julle gedoen het, om die Heilige Dag van Almagtige YAHUVEH en YAHUSHUA te ontheilig.

‘n Paar dae voor Almagtige YAHUVEH se Heilige Dae, het die wetgewers hierdie daad ingestel van Onmenslike MOORD op die onskuldige babatjies. Nie eens die doodstraf ken sulke grusame dood nie. Want ons probeer genadig wees teenoor die skuldiges wat moord pleeg. Kry dit vinnig en pynloos verby, dit is die belangrikste spreuk by ‘n teregstelling. Tog vir die onskuldige Babatjies, wat niemand het om hul gille te hoor en hulle vrees te voel nie, behalwe Almagtige YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH ha KODESH. Vir hulle, wie se enigste misdaad was om gebore te word.

Vir julle 3 bose wetgewers, bid ek dat julle van nou af nie ‘n enkele oomblik in vrede sal rus nie. In julle drome sal julle sien en die gehuil hoor van die onskuldige babatjies. Die bloed sal soos ‘n groot anker om jul nekke en rue wees. Hierdie drie wetgewers wie die Wette van YAHUVEH en YAHUSHUA breek. Die ONSKULDIGES VERMOOR. Geen seëninge meer sal julle sien nie. Wat julle kosbaar ag sal weggeneem word van al drie die wetgewers wie die Hemel bedroef en die hel laat jubel het oor julle stemme, in YAHUSHUA Messiah se Naam. Ek vra dat julle wetgewers sal besef dat julle wet nie wettig is in die oë van Almagtige YAHUVEH nie. EK bid die vrees van YAHUVEH op julle en nooit ‘n oomblik van vrede of blydskap nie, selfs jul eie gelag sal ‘n ego en ‘n holklank vir jul ore wees.

Want julle 3 wetgewers, wie die wil van die antichris, satan en die vals profeet gedoen het, het werklikwaar julle siele verloor vir hierdie daad van verraad teen die Hemel en Aarde. Die Bloed van die ongeborenes wie daagliks vermoor en gemartel word, en al daardie wat sê dat aborsie wettig is, dieselfde straf geld vir julle.
So sê YAHUVEH.

Wat begin het as my gebed het geëindig met die woorde wat ek in die Gees gehoor het; hierdie is nie my vloeke nie, want my vloeke het geen krag nie, net woede. Maar wanneer YAHUVEH en YAHUSHUA, onder die salwing sê vertel hulle, “So sê YAHUVEH,” dit het krag.

O, wat ‘n vreeslike ding is dit, sê die Bybel, om in die Hande te val van die lewende Almagtige YAHUVEH en YAHUSHUA. Hierdie is hulle babatjies wat julle martel en vermoor. Julle wetgewers stem vir MOORD en MARTELING van hierdie onskuldige babatjies.

Die wette van Amerika sê Marteling en Moord is wat ongewenste babatjies verdien. En dit is maar net een vorm van marteling. Wat van die reuse suig-instrument wat hulle liggaampies uit mekaar skeur, een deeltjie op ‘n slag? Wat van die sout-oplossing wat die babatjies lewendig verbrand? O, die marteling! O, die bloed op die belasting betalers se hande wie hierdie politici betaal, wie hulle verkies het tot die amp.

O, YAHUSHUA, O, YAHUSHUA. Die bloed is op Amerika se hande. Spaar asseblief U mense, diegene van ons wat nou treur oor Amerika en die dade daarvan. Asseblief, Vader YAHUVEH en YAHUSHUA, voordat U wraak uitgegiet word oor hierdie aarde. Asseblief, terwille van U genade. Onthou dat dit YAHUSHUA se Bloed is wat ons bedek wie aan U behoort. Spaar ons terwille van U genade. Asseblief, YAHUSHUA, neem U Bruid nou huis toe! Laat ons waardig geag word.

Neem ons, U Bruid, huis toe deur dit wat ons die wegraping noem! U het Lot gespaar, en hy het ‘n plek gehad om heen te gaan voordat Sodom en Gomorra uit die Hemel vernietig was. Wys ons, U kinders, waarheen om te gaan. Wys ons nou wat om te doen.

Ek smeek U, ons YAHUSHUA, vir genade vir U Bruid waarvan ek deel is, net as gevolg van dieselfde Genadige Bloed wat U op Golgota uitgestort het vir my en almal van hulle wie U aanneem as Meester en Redder en weet dat U die Seun is van Almagtige YAHUVEH. U het vir Noag ‘n Ark gegee. Waarheen kan ons gaan? Waar in hierdie wêreld is daar ‘n Ark vir U kinders? Asseblief YAHUSHUA, hoor die uitroepe van U kinders en diensknegte. Red ons o, YAHUSHUA en YAHUVEH.

Vader YAHUVEH en YAHUSHUA is baie woedend op hierdie dag van 19 September 1998. Ek kan deel voel van hulle hartseer en woede. Bid om genade veral vir ons wat in Amerika woon. Daardie Wetgewers wat nie gestem het vir dood, maar in stede daarvan vir lewe vir hierdie babatjies, ons bid ‘n spesiale seën vir hulle wie hul lewens, beroepe en reputasies neerlê terwille van die beskerming van die ongeborenes, wie selfs gewillig is om toegesluit te word, of uit die parlement gestem te word en dit omdat hulle uitspreek daarteen.

Ons bid dat daar oorvloedige seëninge uit die Hemel sal wees, insluitende verlossing, insluitende finansies. En dat meer sal uitspreek reg oor die wêreld, teen die uitmoor van Amerika se eie babatjies.

Amerika sal gespot word vir die slagting van hul eie mense, want is die babatjies nie Amerikaanse landsburgers nie? Wee, Wee, Wee vir Amerika. Die lot is beslis. YAHUSHUA, wees genadig oor ons wie hier woon en aan U behoort. Spaar U kinders, voorsien ‘n weg van ontvlugting. Veral vir hierdie diensmaagd deur wie U hierdie woorde spreek. Dit was nie my woorde nie , maar geskryf onder U salwing en nie my vrymoedigheid nie maar gespreek deur U vrymoedigheid.

Kom versamel U kinders huis toe voordat U woede Amerika en hierdie aarde oorval. U Woord kan nie lieg nie. YAHUVEH en YAHUSHUA en die HEILIGE GEES is nie ‘n GOD wat gespot mag word nie.

En die wat gesterf het in Christus sal eerste opstaan, en ons wat nog in die lewe is sal bymekaar gemaak word om YAHUSHUA in die lug te ontmoet. Dit is SY belofte. Ek sien uit daarna wanneer hierdie liggame van verganklikheid, liggame van vlees, verander sal word na liggame van onverganklikheid. Liggame wat pragtig en Verheerlik is, in ‘n oogwink. Want ons weet vlees en bloed kan nie die Hemel binnegaan nie.

Daarom asseblief, YAHUSHUA, ons staan op U beloftes, nie omdat ons sondeloos is nie, want almal het gesondig en dit ontbreek ons aan U volmaaktheid. Maar as gevolg van U perfekte, Heilige Bloed wat gegee was om ons skoon te was van die stank van die sondes van hierdie vlees en wêreld. Ons staan in U wapenrusting. En ons wag op ons wit klere van geregtigheid. Nie ons geregtigheid nie maar U geregtigheid, U Heiligheid.

Ons het gedoen, en sal voort gaan om te doen wat U ons vertel het om te doen, maar ons wag op hierdie heerlike belofte van bo. As bewys dat U Almagtige YAHUVEH is en dat U nie kan lieg nie. U is Getrou en Waar, aan diegene wat U waarlik aanbid, liefhet, dien, wie U eerste stel in hul lewens en denke en nie skaam is vir die Evangelie van YAHUSHUA nie.

Kom YAHUSHUA, Kom YAHUSHUA, U het my gesê om die mense te vertel, veral op hierdie twee Heilige dae, Rosh Hashanah en Yom Kippur (Dag van Versoening). Om eenkant te wees saam met U en te bid en U aangesig te soek, om berou te toon op hierdie dae en te leef asof U YAHUSHUA die woorde sal spreek “Kom Hierheen!” enige oomblik van vandag af. Na Rosh Hashanah is ons net sekondes ver van die middernag uur. Of, is Rosh Hashanah die middernag uur?

Ek was ‘n visioen gegee en het die wysers van die horlosie gesien. Dit sal nie agter-uit geskuif word deur YAHUVEH nie. Maar HY het die vermoë om die wysers vinniger vorentoe te skuif as HY sou verkies. Ek was gesê om aan julle hierdie boodskap uit die Hemel te lewer.

Dit het ek gedoen, as daar enige iets anders is wat U wil hê dat ek moet sê, spreek dit dan asseblief voort en ek sal dit vir U mense spreek. Gee ons die Geestelike oë, en ore, om duidelik te hoor wat ons te doen staan om die verdrukking en toorn te ontvlug wat kom. Bewys dat U almal van ons sal beskerm wie waarlik aan U behoort. YAHUSHUA, U is die enigste WARE GOEIE HERDER. Leer ons hoe om te volg waar U lei, dit is my gebed, en om U te gehoorsaam, in U Naam YAHUSHUA Messiah, bid ek. Amen. Selah.

Baie Liefde in YAHUSHUA, Julle Suster
Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah


Die Hoog Heilige Dae: Rosh Hashanah

Oorsig

Die Fees van Basuine (Rosh HaShanah) was gevier op die begin van die Maand Tishri, die eerse maand van die siviele jaar. Dit was een van die sewe dae van Heilige samekomste. Tishri is die sewende maand van die Bybelse kalender, en is as sulks gelyk aan die Sabbat as ‘n spesiale en Heilige tyd om YAHUVEH te soek. Die vorige maand, Elul, is die tyd van voorbereiding net soos Vrydag die Dag van Voorbereiding is vir Sabbat. Hierdie seisoen is ‘n tyd van besinning, nadenke en om dinge in orde te kry en ons verhouding met YAHUVEH reg te stel.

YAHUVEH het die ander Heilige Dae, Sabbat, Pasga (Pesach) en Dag van Versoening, benoem. (Maar) hierdie dag word eenvoudig bestempel as “Yom Teruah” (Die Dag waarop die shofar weerklink) daarom het dit bekend geraak as die Fees van Basuine, ‘n spesiale dag wat die aandag vestig op die komende Heilige Dag—Die Dag van Versoening (Yom Kippur). ’n Shofar (ramshoring) word geblaas gedurende die erediens van die Fees van Basuine.

Levitikus 23 noem die blaas van die basuine ‘n herdenking maar sê nie wat dit herdenk nie. Baie glo dat dit ‘n herdenking is van YAHUVEH se genade aan Abraham, toe HY ‘n ram as plaasvervanger gegee het om in die plek van Isak geoffer te word (Gen. 22). Dit word ook deur beide Jode en Christene herdenk as die dag waarop die aarde geskep was waarop die seuns van YAHUVEH gejubbel het van blydskap (Job 38:7). Hierdie Heilige Dag was die Nuwejaarsdag waar mense jubelend op ‘n dankbare wyse die voorregte van YAHUVEH gevier het en SY seën afgesmeek het vir die komende jaar.

Die Fees van Basuine en Dag van Versoening (Yom Kippur) is die Heiligste dae van die Joodse jaar. Hierdie tien dae word die Dae van Ontsag genoem of ook Hoogs-Heilige Dae. Anders as ander Heilige dae herdenk dit nie ‘n seisoen of historiese gebeurtenis nie. Hierdie seisoen is ‘n tyd vir intro-speksie vir geestelike groei. Die temas rond-om hierdie heilige dag sluit die volgende in:

  • Joodse Nuwe Jaar (Rosh Hashanah is letterlik “Hoof of begin van die jaar”)
  • YAHUVEH se Koninklikheid (Kroningsplegtigheid)
  • Dag van Oordeel
  • Herinnering (Yom Ha-Zikaron, die dag van Herinnering)
  • Geboortedag/Verjaardag van die wêreld

Nuwe Jaar

Die Fees van Basuine word die Joodse Nuwe Jaar genoem. Daar is min ooreenkoms tussen die Fees van Basuine, een van die heiligste dae van die jaar, en ‘n tipiese Ou-Jaarsaand drinkerspartytjie. Dit is ‘n herdenking van die aarde se fisiese geboortedag/verjaardag op 1 Tishri, die sewende maand van die godsdienstige kalender, die eerste maand van die siviele kalender. Dit is die eerste van die Herfs- Heilige dae en vind gewoonlik plaas in September.

Kroningsplegtigheid/ Dag van Kroning

‘n Ander tema vir hierdie heilige dag is die koninklikheid van YAHUVEH. Die basuin, in hierdie lig, kondig YAHUVEH se Koningskap aan: Met basuine en geklank van ramshoring (shofar) juig voor die aangesig van die YAHUVEH, die Koning! (Ps. 98:6) Deur bekering word ons YAHUVEH se onderdane. Daar word gesê dat op die dag wat YAHUVEH SY Koningskap laat manifesteer, die dag waarop HY SY aarde gemaak het, is ook nauurlik die dag waarop HY sit ter Oordeel. Die Kroningsplegtigheid is ‘n dag van blydskap en wêreldwye viering.

Geboortedag /Verjaardag van die Wêreld

Joodse tradisie glo dat hierdie dag die geboortedag /verjaardag van die wêreld is omdat die eerste gedeelte van Genesis, Bereishit, “In Die Begin”, wanneer dit omgedraai word, gelees word as “Aleph b’ Tishri” of “Op die Eerste van Tishri.” Daarom is die Fees van Basuine bekend as die geboortedag /verjaardag van die wêreld. (verwysing: Adapted Chummy 1994).

Die Shofar/Ramshoring

Die shofar het nog altyd ‘n spesiale plek gehad vir die Hebreeuse mense. Basuine was van ‘n groot verskeidenheid van vorms, en was gemaak van verskeie materiale. Sommige was gemaak van silwer (Num. 10:2) en was alleenlik deur die priesters gebruik om die naderende feeste aan te kondig asook om oorlog seine te gee. Sommige was ook gemaak van ramshorings (Joshua 6:8). Hulle was geblaas tydens spesiale feeste, en ook om die aanvang van spesiale seisoene aan te kondig (Lev. 23:24, 25:9, 1 Kron. 15:24, 2 Kron. 29:27, Ps. 81:3, 98:6). Basuine is tussen die simbole wat gebruik word in die Boek van Openbaring (Openb. 1:10, 8:2) (verwysing: Bushnell 1995)

Spesifieke gebruike vir die Shofar/Basuin:

• Dit was gebruik om Moses na die bo-punt van die berg te neem om die Tien Gebooie te ontvang. En wanneer die klank van die Basuin lank weerklink het en sterker en sterker geword het, het Moses gepraat, en YAHUVEH het hom in ‘n stem geantwoord. Terwyl Elohiem op die Berg Sinaï neergedaal het, op die bo-punt van die berg; het YAHUVEH vir Moses na die top van die berg geroep, en Moses het opgeklim. (Eksodus 19:19-20)
• Dit was ‘n sein gedurende oorlogtyd. En toe hy aankom blaas hy op die ramshoring op die berge van Efraim, en die kinders van Israel het saam met hom van die berge afgetrek, en hy voor hulle uit. (Rigters 3:27)
• Dit was geblaas op die begin van die Jubeljaar. Dan moet jy op die sewende maand, op die tiende van die maand,’n geklank van die ramshoring laat deur gaan, op die Versoendag moet julle die ramshoring deur julle hele land laat gaan. (Lev. 25:9)
• Dit was geblaas gedurende die kroningsplegtigheid van ‘n nuwe Koning. En laat Tsadok die priester, en Natan, die Profeet, hom daar as koning oor Israel salf, en julle moet op die ramshoring blaas en sê: Mag koning Salomo lewe! (1 Konings 1:34)
• Dit is ‘n teken van die her-versameling van verstrooide Israel. In daardie dag sal daar met ‘n groot ramshoring geblaas word, dan sal kom die wat verlore is in die land Ashur en die wat verdryf is in Egipte, en hulle sal YAHUVEH aanbid op die Heilige berg in Jerusalem. (Jesaiah 27:13)
• Dit was geblaas as ‘n waarskuwing vir gevaar. Sal ‘n ramshoring in die stad geblaas word en die bevolking nie skrik nie? (Amos 3:6)
• En die grootste verwagting van alles is die dag van die koms van die Messias. Dan sal YAHUVEH oor hulle verskyn, en soos weerlig sal SY pyl uitskiet, en die Meester YAHUVEH sal met die ramshoring blaas en intrek met die storms uit die suide. (Sag. 9:14)


Die Fees van Basuine in Bybelse Tye

Die Fees van Basuine gedurende Bybelse tye, was by verre op ‘n meer feestelike manier gevier as wat vandag die geval is (Amos 8:5).

Alhoewel hierdie ‘n twee-dagse Heilige viering is, begin die voorbereidings vir hierdie fees ‘n hele maand vooruit. Op die Joodse kalender is daar ‘n veertig-dag seisoen, naamlik; Teshuvah (Terugkeer of bekering). Dit begin op 1 Elul en eindig op die Dag van Versoening (Tishri 10). Hierdie veertig-dag seisoen is ‘n tyd om ‘n jaarlikse ondersoek van jou lewe te doen en om verhoudings te herstel tussen YAHUVEH en die mens. Die eerste dertig dae van hierdie seisoen is die dertig dae van die maand Elul. Die laaste tien dae van hierdie veertig-dag seisoen, is die Fees van Basuine en Dag van Versoening, of genoem; die Tien Hoogs-Heilige Dae (Dae van Ontsag).

Hierdie Heilige Dag is een van gemengde gevoelens. Dit word beskou as beide ‘n gelukkige, vreugdevolle gebeurtenis asook ‘n somber gebeurtenis: Vreugdevol omdat dit die viering is van die Nuwe Jaar en somber omdat dit volgens gebruik ‘n “Dag van Oordeel“ is omdat dit ‘n dag van besinning is, om ‘n opname te maak van mens se lewe die afgelope jaar. Geen werk word toegelaat op die Fees van Basuine nie.

Hierdie Fees word op Drie maniere uitgedruk:

• ‘n Dag van “heilige rus” wat op die eerste van die sewende maand waargeneem moet word (Voedsel voorbereiding word toegelaat)
• ‘n Herdenking aangekondig deur die blaas van die horing (Zikhron Teru’ah)
• ‘n Dag van Basuin geklank (Yom Teru’ah) wat die hoof waarneming daarvan aandui, naamlik, die blaas van die shofar (ramshoring) (Num. 29:1)


Een Dag of Twee?

Die Fees van Basuine vind plaas tydens die Nuwe maan. Die hele Joodse kalender is gebaseer rond-om die maan, daarom was dit baie belangrik om die datum van die nuwe maan korrek te hê. In Bybelse tye, net soos dit vandag is, word hierdie fees gevier vir twee dae in plaas van een.

‘n Spesiale seën was uitgespreek vir die nuwe maan: “Geseënd is U YAHUVEH, Koning van die Heelal, wie se woord die Hemele geskape het, wie se asem alles geskep het wat daarin is. Wette en seisoene het HY vir hulle gestel, sodat hulle nie sou afwyk van hulle bepaalde taak nie.

Vrolik en bly doen hulle die wil van hul Skepper, wie se werk betroubaar is. Met die maan het HY gepraat: Hernu jouself, kroon van heerlikheid vir hulle wie in die baarmoeder gedra was, wie ook voortbestem is om vernuwe te word en om hulle Skepper te loof vir SY heerlike Oppergesag. Geseënd is U, HEER wie die maande hernu.”

Let op dat Ezra hierdie fees vir twee dae waargeneem het: En Ezra die priester het die Torah voor die vergadering gebring, manne sowel as vroue en almal wat met verstand kon luister, op die eerste dag van die sewende maand. En hy het daaruit voorgelees by die plein wat voor die Waterpoort was, vandat dit lig geword het tot die middag, in die teenwoordigheid van die manne en die vroue en die wat kon verstaan, en die ore van die hele volk was op die boekrol van die Torah gerig. 13 En op die tweede dag het die familie hoofde van die hele volk, die priesters en die Levite by Ezra, die skrifgeleerde, vergader om naamlik die woorde van die Torah te ondersoek. (Neh. 8:2-3, 13)


‘n Psalm is Opgedra aan hierdie Feesdag

{Vir die musiekleier; op die Ghiettiet. 'n Psalm van Asaf.} Jubel tot eer van Elohiem, ons sterkte! Juig tot eer van die Elohiem van Yaákov! Hef aan 'n lied en laat die tamboeryn klink, die lieflike siter saam met die harp. Blaas die ramshoring op nuwemaan, op die aangewese tyd vir ons feesdag. Want dit is 'n insetting vir Yiesraél, 'n verordening van die Elohiem van Yaákov. Hy het dit ingestel as getuienis in Yosef toe Hy uitgetrek het teen Mietsrayiem. 'n Taal wat ek nie geken het nie, het ek gehoor: Ek het sy skouer bevry van die las, sy hande het die mandjie gelos. In die nood het jy geroep, en Ek het jou uitgered; Ek het jou geantwoord in die skuilplek van die donder; Ek het jou getoets by die waters van Merivah. Selah. Hoor, my volk, en Ek wil jou dit inskerp; Yiesraél, as jy tog na My wou luister! Daar mag by jou geen vreemde Elohiem wees nie, en voor 'n uitlandse El mag jy jou nie neerbuig nie. Ek is Yahweh jou Elohiem wat jou laat optrek het uit Mietsrayiem; maak jou mond wyd oop, dat Ek dit kan vul. Maar my volk het na my stem nie geluister nie, en Yiesraél was vir My nie gewillig nie. Toe het Ek hulle oorgegee aan die verhardheid van hul hart, dat hulle in hul eie planne kon wandel. Ag, as my volk maar na My wou luister, Yiesraél in my weë wou wandel! Gou sou Ek hul vyande onderwerp en my hand teen hul teëstanders uitstrek. Die haters van Yahweh sou kruipende na Hom toe kom; maar hulle tyd sou vir ewig wees. Ja, Hy sou hulle voed met die beste van die koring; en met heuning uit die rots sou Ek jou versadig (Ps. 81).

Die seremonie, waar die ramshoring geblaas word, was ‘n indrukwekkende gesig. Die priester wat gekies was om die shofar te blaas was van kindsbeen af opgelei. Op die eerste dag van hierdie fees, het die priester wat die shofar geblaas het buitekant die Tempel gestaan met twee blasers. Die shofar verteenwoordig, onder andere, ‘n oproep om die gewete wakker te maak.

Messiaanse Belang van Rosh Hashanah

Die blaas van die basuine is ‘n teken vir die wederkoms van YAHUSHUA en ‘n herdenking van die genade van YAHUVEH aan Abraham toe HY ‘n ram gegee het om geoffer te word in die plek van Isak (Gen.22). Isak is ‘n soort heenwysing na YAHUSHUA. Net soos Abraham sy seun geoffer het op die altar, het YAHUVEH SY Seun geoffer op die altaar van Golgota. Hebreërs 11:17-19 sê: “Deur die geloof het Avraham, toe hy op die proef gestel is, Yietsgak geoffer; ja, hy wat die beloftes ontvang het, het sy eniggeborene geoffer, aan wie gesê is: In Yietsgak sal jou nageslag genoem word - want hy het gereken dat Elohiem mag het om selfs uit die dode op te wek; daaruit het hy hom ook, om so te praat, terug ontvang.” Beide die geboortes van Isak en YAHUSHUA was wonderwerke. Beide was gehoorsaam tot by die punt van offerande.

Basuine was gebruik om tekens van oorlog te gee. YAHUSHUA is die bevelvoerder van YAHUVEH se weermag. Die Joodse mense het gesoek na ‘n verlosser om die Romeinse weermag te verslaan. YAHUSHUA het die eerste keer gekom, om die werk van satan en die sonde in die hart van die mens te verslaan. “Nadat HY die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het.” (Kol. 2:15)

Op dieselfde manier spreek hierdie fees tot die Christene, van geestelike oorlog. “Trek die volle wapenrusting van Elohiem aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van Elohiem op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van rampspoed en, nadat julle alles vervul het, staande kan bly.” Efes. 6:11-13)

Die Fees van Basuine kan ‘n baie spesiale tyd vir gelowiges in YAHUSHUA wees. Ons sondes word nie vergewe net wanneer ons “glo” nie. Jakobus 2:19 sê: “Julle glo dat Elohiem een is. Jy doen goed, die demone glo dit ook en hulle sidder.” Om vergewe te word moet ons ‘n berouvolle hart hê. Ons moet voor ons Hemelse Vader kom in oorgawe, terwyl ons vra om vergifnis, wetende dat HY ons sal vergewe, soos ‘n vader sy kind vergewe. Daardie vergifnis wat ons vra is gewaarborg–gekoop en betaal deur die versoenende offer van YAHUSHUA aan die boom.

Doop?

Bewyse toon dat YAHUSHUA in die Herfs gebore was (sien asb die hoofstuk oor Fees van Tabernakels). Daar word geglo dat SY doop ook plaasgevind het in die Herfs. Na die doop van YAHUSHUA het HY veertig dae in die woestyn deurgebring om deur die duiwel versoek te word.

“Toe is Yahushua deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel. En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword. (Mat. 4:1-2.) Dit is moontlik dat hierdie veertig dae gelyk loop met die veertig-dae seisoen van Teshuvah (omkeer of bekering). Sommige glo dat dit die tyd is toe YAHUSHUA SY bediening begin het, aan die einde van die veertig dae toe HY begin het om SY boodskap te verkondig. Van toe af het Yahushua begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom (Mat. 4:17).

Profetiese Belang

Die Fees van Basuine is ‘n hoof fees. Die drie hoof feeste is: Pasga (Peshach), Pinkster en Fees van Basuine. Ons weet dat Pasga die offer van YAHUSHUA verteenwoordig, en Pinkster verteenwoordig die koms van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees) daarom maak dit sin om te sê dat die Fees van Basuine ‘n baie spesiale tyd verteenwoordig.

Die basuin was die teken vir die veld werkers om in die Tempel in te gaan. Die hoëpriester het letterlik op die suid-westelike balustrade (muurtjie) van die Tempel gestaan en die basuin geblaas sodat dit gehoor kon word in die omliggende velde. Oombliklik, sou die getroues die oes staak, selfs al was daar nog gesaaides wat ingebring moes word, en sou onmiddelik uitgaan vir aanbiddingsdiens. (verwysing: Levitt 1979, 12) Die Fees van Basuine sal die Wegraping wees van die Bruid van YAHUSHUA.

Die Huwelik

“Want die Meester self sal van die hemel neerdaal met 'n geroep, met die stem van 'n aartsengel en met geklank van die basuin van Elohiem; en die wat in die Messias gesterf het, sal eerste opstaan. 17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Meester tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Meester wees.”
(1 Thess. 4:16-17).

YAHUSHUA sal die Heilige feesdae van Herfs vervul deur terug te keer op die Fees van Basuine om SY Bruid weg te voer om die Bruilofsfees van die LAM te vier in die Hemel, om dan sewe jaar later terug te keer na die aarde, op die dag van Versoening om SY Koninkryk te vestig met die aanvang van die Fees van Tabernakels.


YAHUSHUA vervul die Sewe Feeste van Israel

Rabbies het geleer dat die regverdiges (die Bruid, en nie die kerk nie, soos dit tans verkeerdelik geleer word), nadat hulle opgewek is tydens die Fees van Basuine, sou ingaan in die chupah, of bruilofs-koepel om sewe jaar daar deur te bring tewyl die “dag van benoudheid” (Verdrukking), die sewe jaar van oordeel op aarde, plaasvind. Deur ‘n eeu-oue Joodse Huwelik te bestudeer, kan ons die prentjie duideliker sien van die eenheid van die Kerk (Die Bruid) met die Messias.

Wanneer ‘n man, in eeu-oue Israel getrou het, het hy na die bruid se huis gegaan met ‘n “bruids-prys” en het ‘n kontrak (verbond) gesluit met die meisie se pa. As die pa die bruids-prys van die man aanvaar het, sou die man ‘n glas wyn geskink het. As die meisie dit gedrink het, sou dit aandui dat sy die man se voorstel aanvaar het en hulle sou dan verloof wees. Die man sou dan weggaan en ‘n huweliks kamer vir sy bruid voorberei. Wanneer die man se pa meen dat die huweliks kamer gereed was, gewoonlik een of twee jaar later, sou die man terugkeer na die huis van die bruid en haar weg “steel” “soos ‘n dief in die nag” op ‘n uur wat niemand sou verwag nie. Hy sou haar dan na die huweliks kamer neem vir sewe dae. Gedurende hierdie tyd sou die pa van die bruidegom ‘n fees hou om die huwelik aan te kondig. Teen die einde van die sewende dag, sou die getroude paartjie uit die kamer uit kom en deelneem aan die huweliks maaltyd.

Die eeu-oue Joodse troue is ‘n beeld van YAHUSHUA, die Bruidegom, en SY Bruid. Die kontrak (Verbond) was verseël tydens die Laaste Aandmaal toe YAHUSHUA die Verbondsbeker gedeel het met SY Disippels. “En Hy het vir hulle gesê, Dit is MY Bloed van die nuwe verbond wat vir baie uitgestort word” (Mark. 14:24).

YAHUHUA het, toe HY met SY Dissipels gepraat het na afloop van die Laaste aandmaal, dieselfde woorde gesê wat enige Joodse man sou sê aan sy verloofde. In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is (Joh. 14:2-3).

En, natuurlik, het YAHUSHUA die “Bruids-prys” betaal met SY lewe. Die huwelik van die Bruid met YAHUSHUA word in menige teksverse van Die Bybel beskryf. Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die eer gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak. En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die afgesonderdes (Openb. 19:7-8). Die Joodse Huweliks seremonie is nog ‘n pragtige heenwysing na die Wederkoms van YAHUSHUA.


Teshuvah en Dae van Ontsag

Die veertig-dae seisoen wat Teshuvah (terugkeer of bekering) genoem word, begin dertig dae voor die Fees van Basuine, en is ‘n heenwysing na die profetiese plan van YAHUVEH. Die hele tien dae, vanaf die eerste dag van die Fees van Basuine tot en met die Dag van Versoening, is bekend as die Dae van Bekering of Dae van Ontsag. Die dae tussen-in kan ‘n beeld wees van die Verdrukking. Die dae tussen die Fees van Basuine en Die Dag van Versoening, weerspieël die sewe-jaar periode van Jakob se Benoudheid. Wee, want die dag is groot, sonder weerga! En dit is 'n tyd van benoudheid vir Yaákov; maar hy sal daaruit verlos word.” Die dae word ingedeel soos volg:

• Die dertig dae van die maand Elul—Die Bruid
• Die Dag van die Fees van Basuine—Die Wegraping van die Bruid
• Die dae tussen die Fees van Basuine en Dag van Versoening---Verdrukking
• Die Dag van Versoening—Die Wederkoms

Vir dertig dae lank word die basuin elke oggend geblaas in die Sinagoge om die mense te herinner dat die heilige dae nader, sodat hulle hulself kan voorberei. Hulle voorbereiding bestaan daaruit dat hulle hul sondes bely en vergifnis soek gepaard met ‘n ommeswaai in hul lewens, indien nodig. Die ernstige gebed van die Jode is dat hulle name geskryf sal word in die (Lam se) Boek van Lewe (verwysing: Wagner 1995). Dit kan moonlik die tydperk voor die wegraping verteenwoordig—om mense op te roep tot bekering. Iemand se naam is opgeskryf in die Boek van Lewe alleenlik wanneer hy of sy ‘n berouvolle hart het en met oorgawe na ons Hemelse Vader kom, en om vergifnis vra deur YAHUSHUA se dood en opstanding.

Kroningsplegtigheid van YAHUSHUA, Ons Koning

En skryf aan die boodskapper van die gemeente in Filadelfia: Dit sê die Afgesonderde, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawied het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie: Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou 'n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie. Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die Satan, van die wat sê dat hulle Yehudiem is en dit nie is nie, maar lieg; Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het. Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel. Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie (Openb. 3:7-11).

Daniël 7:9-14 praat ook van die wederkoms van die Messias om te regeer as koning: Ek het bly kyk totdat trone reggesit is en 'n Oue van dae gaan sit het; sy kleed was wit soos sneeu en die hare van sy hoof soos skoon wol; sy troon was vuurvlamme, die wiele daarvan 'n brandende vuur; 'n stroom van vuur het gevloei en voor Hom uit gegaan; duisend maal duisende het Hom gedien, en tien duisend maal tien duisende het voor Hom gestaan; die gereg het gaan sit, en die boekrolle is geopen. Ek het toe bly kyk vanweë die stem van die groot woorde wat die horing gepraat het; ek het bly kyk totdat die dier doodgemaak en sy liggaam vernietig en aan die verbranding deur vuur oorgegee is. Ook aan die ander diere is hulle heerskappy ontneem, en verlenging van die lewe is aan hulle gegee tot op tyd en uur. Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van 'n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom nader gebring voor Hom. En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; sy heerskappy is 'n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie.

In Openbaring, hoofstukke 8 tot 10, word die sewe basuine en die “Verborgenheid van YAHUVEH” onthul met die laaste basuin: En die boodskapper wat ek op die see en op die land sien staan het, het sy hand na die hemel opgehef, en hy het gesweer by Hom wat tot in alle ewigheid lewe, wat die hemel geskape het en wat daarin is, en die aarde en wat daarin is, en die see en wat daarin is, dat daar geen tyd meer sal wees nie; maar in die dae van die stem van die sewende boodskapper, wanneer hy met die basuin sal blaas, dan is die verborgenheid van Elohiem vervul, soos Hy die blye tyding verkondig het aan sy diensknegte, die profete (Openb. 10:5-7).

Onthou dat julle blyhartige verwagtige moet hê (Titus 2:13) terwyl julle geduldig wag in alle gehoorsaamheid (1 Kor. 1:7, 1 Tim. 6:14). Vier Rosh Hashanah deur jou kinders te leer van bekering, vernuwing van die hart tot YAHUVEH, en om uit te sien na die Wegraping van die Bruid van YAHUSHUA.

Tradisionele Joodse kossoorte vergesel Rosh Hashanah. Tipies sal ‘n seën uitgespreek word oor twee brode, wat bekend is as challah. Die ronde vorm simboliseer ‘n kroon, ‘n herinnering van die Koningskap van YAH. Challah staan ook vir die lewenskringloop en die hoop dat ons lewens sonder einde sal voortduur.
Challah word soms gebak met ‘n trapleer bo-op as erkenning dat alleenlik YAH besluit wie opklim of afklim op die leer van die lewe. Om die challah in die vorm van ‘n voël te maak word ook soms gedoen. Die Torah sê dat YAH Jerusalem sal beskerm soos op dieselfde manier wat ’n voël sweef.
Appels wat in heuning gedoop word is ‘n ander Rosh Hashanah tradisie. Dit simboliseer die hoop op ‘n “soet jaar” vorentoe. Heuning word op challah gesmeer. Tzimmes, ‘n mengsel wat gemaak word van geelwortels,

Profesieë

Profesie 58

EK het aan MY Diensmaagd vertel om vir die mense te sê om die tyd rondom die Rosh Ha Shanah, en die maand van Oktober, dop te hou. Onthou julle wat EK, YAHUVEH gewaarsku het, "Amerika, EK het die ergste vir laaste gebêre." Julle moet wakker word en besef dat julle ‘n land is wat apart gestel was om glorie aan YAHUVEH en YAHUSHUA te bring. Maar hoeveel roem en eer het Amerika vir "EK IS" gebring? Wee hierdie land as hy nie terugkeer na heiligheid nie. EK is die Here GOD YAHUVEH en dit is die droewigste dag vir Amerika, sonder om een skoot terug te vuur om haarself te beskerm, sonder enige een wat notisie geneem het van dit wat EK deur MY Apostels en Profete gespreek het, en hoeveel het geluister? Amerika het baie ongevalle en sterftes gehad. EK moes toelaat dat satan julle sif, omdat julle ver van MY paaie van heiligheid afgewandel het. Julle sê, dit is een nasie onder GOD, maar wees dan gehoorsaam aan MY. Wees gehoorsaam aan die Heilige Skrifte. Ontken en verwerp alles wat onheilig is, en gaan terug na die land wat EK liefhet en apart gestel het.

Profesie 61

EK is lief vir julle, MY geliefde kinders, die wat nie bang is om alles te doen wat EK sê nie. Diegene wat die heilige dae respekteer, die wat uitroep en daarna uitsien vir YAHUSHUA om te kom, hulle huil net soos die vyf (5) wyse maagde. Terwyl hulle wag het hulle die olie in hulle lampe. Hulle het ook ekstra olie byderhand, omdat hulle nie weet watter uur of watter dag nie. Hulle weet dat HY [YAHUSHUA] op ‘n Sabbat sal terugkom, maar watter Sabbat? EK het vir hierdie Diensmaagd gesê dat dit op ‘n Rosh Ha Shanah sal wees. Die eerste koms sal dan plaasvind, maar watter Rosh Ha Shanah?

Profesie 76

Net soos die "Shofar" Horing geblaas word by 'n Joodse troue, om die koms van die Bruidegom aan te kondig, net so sal EK, YAHUSHUA die "Shofar" Horing laat blaas, om MY KOMS VIR MY GELIEFDE BRUID aan te kondig! Luister vir die "Shofar" Horing, dit is nie meer so ver weg nie. EK het deur hierdie Diensmaagd geprofeseer dat EK sal terugkom op 'n Sabbat en vir haar gesê, "Wat AS Rosh Ha Shanah, die dag is wanneer EK sal kom, julle weet net nie watter een nie."EK het ook deur haar geprofeseer en hoorbaar aan haar gespreek, “Eers een wegraping, dan ‘n volgende een vir die wat ek liefhet” Die gaste sal in die tweede wegneming wees! In die gelykenis van die tien maagde, word daar 'n tweede kans aan die dwase (so-genoemde) Bruid gegee, dit is hoekom EK hulle vertel om op hul hoede te wees, omdat hulle nie sal weet watter uur EK weer sal kom nie.

Profesie 79

EK het julle vertel deur die Profesieë wat EK vrygestel het deur Elisabeth [Elisheva], dat MY SEUN YAHUSHUA sal terugkom vir SY Bruid op 'n "Rosh HaShanah" en dit sal op 'n “Shabbat” [Sabbat] wees. As julle nie geleer word hoe om MY Sabbat & MY Heilige Dae waar te neem nie, en om ONS HEILIGE NAME te leer en gehoorsaam te wees aan MY "TORAH" nie, hoe sal julle weet om MY & MY SEUN YAHUSHUA te eer, soos EK besluit het? Hoe sal julle weet watter dag—sonder om te studeer en julleself waardig te wys—wat EK, YAHUVEH, eenkant gesit het om MY Sabbat te wees? Hoe kan julle gereed wees wanneer YAHUSHUA weer gaan kom?

Profesie 82

Op "Rosh Hashanah", in 2005, toe jy gebid het, "O maak my waardig om U Bruid genoem te word soos in Openbaring 14, omdat ons weet dat net hierdie alleen, YAHUSHUA, U Bruid is". En EK het gesê, "Luister Elisabeth [Elisheva], as EK kies om te beskerm en EK kies om te seël en EK vat sekeres van MY Bruid, soos Openbaring 14 dit stel, vrygekoop van hierdie aarde, geseël en beskerm op hierdie manier, en EK kies om sekeres van MY Bruid te los, soos gespreek in Openbaring 7, geseël en beskerm, maar EK los hulle in hierdie wêreld om aan te hou om MY Woorde te preek, om die standaard teen die bose te wees, beskerm en seël EK dan nie steeds MY Bruid nie?"

Profesie 92

EK het net vir haar gesê dat die Heilige Dag op ‘n Rosh Ha Shanah sal wees. Aangesien die Rosh Ha Shanah twee dae lank is - én baie mense het verskillende berekeninge oor die dag waarop die datum val - is dit waar dat sy nie weet watter uur dit is nie. Maar net soos Elia(Elijah) [Eliyahu van Ouds] geweet het dat hy opgeneem sal word, net soos Noag geweet het watter dag hy in die ark moes ingaan en die deur toemaak, so sal dit weer wees.
MY Bruid sal weet wanneer hulle in die GEES die geroep hoor: "Kyk, die BRUIDEGOM is hier" (Mat. 25:6)