Kom en sien die mooiste webwerf op die Internet, wat al aanlyn is
vanaf 1994! Hierdie Hebreeuse wortels, wat op die Bybel gebasseer is, met
evangeliese leerstellings, en geseënde leerstellings kan nie met enige ander
vergelyk word nie! Kom en sien wat julle kerke nie vir julle wil leer nie, wat
niemand anders julle wil vertel nie, behalwe Elisheva Eliyahu!
Welkom by AmightyWind met Apostel, Profeet Elisheva Eliyahu!
Dit is die ALEF & TAV AMIGHTYWIND RUACH HA KODESH VUUR BEDIENING (ALEF & TAV
AMIGHTYWIND RUACH HA KODESH FIRE MINISTRY), 'n Messiaanse Joodse, Pinkster (Handelinge
2) en NUWE BLOED VERBOND internasionale bediening, wat uitreik
na beide Jode and nie-Jode. Hierdie Bediening is gesalf deur
die RUACH HA KODESH, wat Hebreeus is vir HEILIGE GEES, (IMMAYAH), om almal in
Amerika, Jerusalem, Israel, Midde-Ooste en regoor die wêreld te bereik. Maak nie
saak watter geloof jy beoefen nie-Katoliek (volging van die Pous), Islam,
Boeddhis, Mormone, Jehovah Getuies (Wagtoring samelewing), Hinduisme-ons bring
die boodskap van redding, die enigste weg na die Ewige Lewe, aan almal. Sonder
YAHUSHUA HA MASHIACH is daar geen redding nie. Sien die dringende reddings gebed
en die olie skildery wat net prysloos is, genaamd, "Een Minuut voor
Middernag." Gee jou lewe aan YAHUSHUA vandag.
Goeie tydings in die GEWYDE NAME VAN ONS SKEPPER, ALMAGTIGE YAHUVEH & SY SEUN,
ONS REDDER, YAHUSHUA HA MASHIACH (aan die meeste bekend as JESUS CHRISTUS). Ons
praat die waarheid oor die gruwels van aborsie, kloning, goudstofkoors
(gold dust fever), en die realiteit van gevalle engele, satan, die hel,
en die nood vir meer as ooit tevore vir die geheime van die RUACH HA
KODESH, IMMAYAH, met bewyse van die Profesieë.
Kyk bietjie rond hier, indien jy wil leer van Engele, besoeke van Engele,
(Elisheva het aan die vlerke van 'n engel geraak), en besoeke van
YAHUSHUA HOMSELF. Bybelse waarhede; Bybelse bewyse dat ruimte
wesens (aliens) in der waarheid gevalle engele is, die Sabbat Dag, WIE is die
RUACH HA KODESH (IMMAYAH) en Profetiese openbarings, geheime
van die 2 getuies en die geheimsinnige blou straal wegraping (blue beam
rapture). Leer die HEBREEUSE NAAM van Jesus Christus, dit is
YAHUSHUA, nie Yeshua nie, voor die Groot Verdrukking, sodat jou gebede
beantwoord sal word gedurende die tydperk wanneer die antichris gaan regeer.
Leer van die belangrikheid van die GEWYDE NAAM VAN YAHUSHUA; leer wie
die 144,000 is, wat is sonde en die realiteit van wesens wat van gedaante kan
verander (shapeshifters). Besoek die "verdoemdes se muur van skaamte"
(reprobates wall of shame), waar kaballah blootgestel word,
mense is nie gode nie! Besoek ons YAHStube, die alternatief van
Youtube en kyk die videos by YAHSladyinred vir die waarheid.
Die vyand het die kerk geïnfiltreer, en baie evangeliste en predikers op die TV
leer mense nou valse doktrine. Wolwe soos Angie Ray (het gesterf), Benny
Hinn, Oprah Winfrey, Juanita Bynum. Asook baie wat beweer dat hulle
Christene is, maar is in der waarheid baie baie boos, verdoemde sataniste of
valse profete...Linda Newkirk, Tari DeMario, Zeph Daniel, Frank Kime, Jr., en
die prediker Moon (Rev. Moon). Hulle is voorlopers van die antichris (anti-messias)
wie nou verwag word, veral deur hulle wat die Kabala , of Cabala of Kaballah
beoefen.
Dankie vir jou kuier,
Kyk op! Diegene wie liefhet en in gehoorsaamheid die gebooie en wette
van YAHUVEH onderhou, julle verlossing kom nader!
Verklaring van Geloof
Ons Glo..
deur YAHUSHUA as MESSIAS te aanvaar en aan YAHUVEH en YAHUSHUA ons sondes te bely, weg te draai van daardie sondes en om ons bes te doen om te gehoorsaam, lief te hê, te aanbid, te dien en om in al ons weë ons geliefde VADER YAHUVEH en YAHUSHUA HA MASHIACH wat beteken (die Messias), eerste te stel, dat HY ons siele sal red en ons Hemel toe sal neem wanneer ons sterf of weggeraap word.
Ons Glo..
wanneer ons dit doen, kom die RUACH HA KODESH, ook genoem die Heilige Gees in ons liggame wat dan die Tempel van die RUACH HA KODESH word. Ons glo ons moet die duiwel en sy werke haat soveel as wat ons, ons YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH Liefhet. Ons moet alles wat Heilig is verdedig en alles wat onheilig is bestraf en ontken. Ons moet Heilig leef teenoor ons Messias en SY voorbeelde van Heiligheid volg.
Ons Glo..
ons is nie perfek nie, want alleenlik YAHUSHUA is perfek, maar wanneer ons sondig deur woord of daad kan ons uitroep in YAHUSHUA se naam en YAHUVEH vra om ons te vergewe, deur die gestorte bloed van YAHUSHUA oor ons sondes te pleit en vra dat hulle vergewe word, en dan hard te probeer om verblydend tot YAHUVEH en YAHUSHUA te bly.
Ons Glo..
alleenlik YAHUSHUA is ons bemiddelaar, nie sy Moeder Maria nie, en tog respekteer en eer en het ons haar lief omdat sy YAHUSHUA se moeder is. Maar, op geen manier aanbid of bid ons tot haar nie, want YAHUSHUA, alhoewel haar aardse seun, is ook haar Messias, want sy het hom ook HERE genoem. As Maria sondeloos was dan sou sy waardig gewees het om die sonde bloed offer by Golgota te wees. Die fout van die Katolieke Kerk is om haar gelyk te stel met YAHUSHUA. Daar is slegs een drie-enigheid en dit is die Vader YAHUVEH, SY Seun YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH. Nie een van ons sou gered gewees het as die RUACH ha KODESH ons nie getrek het om YAHUSHUA lief te he en as MESSIAS te aanvaar nie.
Ons Glo..
dat ons nodig het om die Joodsheid van ons Messias te leer en te bestudeer, wie ook genoem word Koning van die Jode. Hierdie Bediening glo ook dat ons die Heilige Feeste moet eer soos YAHUSHUA dit onderhou het en YAHUVEH dit beveel het en dit sluit in eer die Sabbat Dag en hou dit Heilig, wat die 7de dag is – Vrydag sononder tot Saterdag sononder. Hierdie Bediening het die mandaat van Jesaja 61. Hierdie Bediening glo daar is ‘n Hemel om te verkry en ‘n Hel om te verwerp en elkeen wat lewe maak hulle eie besprekings vir Hemel of Hel, afhangende van wat hulle met YAHUSHUA doen. Het hulle HOM hulle GOD en MESSIAS gemaak, ook genoem Redder?
Ons Glo..
alleenlik die Bybel is die geinspireerde en onfeilbare Woord van YAHUVEH in die oorspronklike skrywes. Ons glo dat die Woord van YAHUVEH, die Bybel en Torah nie kan lieg nie. Dat YAHUVEH die enigste Hemelse Vader is, Skepper van ALLES.
Loof ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH, en die Kosbare RUACH HA KODESH vir hierdie Feestelike tyd van Wonderwerke, seëninge en oorwinnings en vir die konsepsie van ons geliefde MESSIAS en REDDER YAHUSHUA HA MASHIACH!!
Ons Loof die HEILIGE DRIE EENHEID, want nou is ons instaat om vandag aan te kondig dat Profesie 154 nou aanlyn is en vrygestel is vir julle om te lees en daarna te luister. Daar is krag in die gesproke woord en dit is die salwing van die RUACH HA KODESH wat alle jukke en bindings breek. Wees asseblief geseën terwyl julle luister daarna en die SLINTERNUWE PROFESIE 154 lees wat gespreek en ontvang is op hierdie datum drie jaar gelede op die 7de Desember 2020 ‘n paar dae voor Hanukkah, en nou vrygestel is op dieselfde datum 3 jaar later 7de Desember 2023 op die dag wat die eerste nag van Hanukkah begin. HALLELUYAH!! Ons kon nie hierdie profesie vrystel totdat ABBA YAHUVEH vir ons gesê het dit was tyd, en nou is daardie tyd.
Ons bid julle Hanukkah is ‘n geseënde een en dat julle sal ag slaan op al ABBA YAHUVEH Se waarskuwings in hierdie Profesie, immers, om vooraf gewaarsku te wees is om voorbewapen te wees vir so ‘n tyd soos hierdie. Vertrou op ons Geseënde HOOP en REDDER YAHUSHUA HA MASHIACH en onthou solank as wat julle alles gehoorsaam wat YAHUVEH ons beveel het en ons geleer het deur SY HEILIGE Woorde in die Bybel en in hierdie Eind Tyd Profesieë, het julle nie nodig om te vrees nie. Onthou om Psalm 91 toe te eien en te bid altyd vir beskerming, om te wandel en te leef in heiligheid en geregtigheid, en watter wonderwerke julle ookal nodig het, bid ons dat ABBA YAHUVEH hulle sal gee volgens SY wil in die Hemel. Mag YAHUSHUA HA MASHIACH julle almal seën.
Met Baie Liefde en Shalom in YAHUSHUA HA MASHIACH, beledig sommige en seën baie, Apostel Profeet Elisheva Eliyahu.
Die nommer 27 en die datum 8/27 is deur die jare nog altyd belangrik. Hulle albei word sterk saamgebind aan die kosbare RUACH HA KODESH, IMMAYAH (HEILIGE GEES), en so baie dinge het gebeur op hierdie datum of op HAAR nommer 27.
So, op hierdie datum 8/27/2023, gebruik ons die tyd om alles te vier wat voortgebring was deur die RUACH HA KODESH, om die gesalfde gebeurtenisse te onthou wat op hierdie datum plaasgevind het, deur die jare. Prys YAHUSHUA!
In 1986 het ek die Sluitkas 827 droom gehad, waar ek geweet het dat my bedekking in die sluitkas “827” was. (Lees hier daaroor)
Ek was gesalf in Hawaii op die 27ste Augustus 1996, waar 'n salwing so sterk op my gekom het, vir 2 en 'n half ure, dat dit letterlik my vel die volgende dag laat afskilfer het.
(Lees hier daaroor)
Die volgende jaar op 27 Augustus 1987, het ek 'n droom gehad waar ek geleer was om die STAF te gebruik, en my jongste seun het selfs die STAF gesien en dit was uit porporsie uit gebuig as gevolg van YAHUVEH se woede. (Lees hier daaroor)
Op Januarie 27 2007 was ek geëerd om Profesie 89 “Geheime van die RUACH HA KODESH” met die wêreld te deel. (Kliek hier om Profesie 89 te lees)
Op Februarie 27 2007 het ek Profesie 90 ontvang “Wat is die naam van die RUACH HA KODESH?” en hierdie gesalfde Profesie is op 27 Augustus 2007 vrygestel.
Rosh ha Shanah is een van die Hoogs Heilige Shabbatte waar geen werk gedoen moet word nie, so dit is belangrik dat jy alles doen wat jy kan om hierdie Hoog Heilige Shabbat dae af te kry. (Levitikus 23:24-25, Numeri 29:1, Levitikus 23:25, Numeri 29:2-5)
~Die Dag van Versoening / Yom Kippur~
Die Dag van Versoening/Yom Kippur is 'n Hoog Heilige Shabbat waar geen werk gedoen moet word nie op hierdie dag. Dit is baie belangrik dat jy alles doen wat jy kan om hierdie Hoog Heilige Shabbat dag af te kry. (Levitikus 23:26-27, Levitikus 16:3, Levitikus 16:29, Levitikus 16:2)
~Sukkot~
Sukkot is een van die Hoogs Heilige Feeste wat twee Hoog Heilige Shabbat dae het waar geen werk gedoen moet word nie. Dit is belangrik dat jy alles doen wat jy kan om hierdie twee Hoog Heilige Shabbat dae af te kry. (Numeri 29:12, Deuteronomuim 16:13, Levitikus 23:40, Levitikus 23:37)
~Die Shemini Atzeret~
Die Shemini Atzeret ("Die Agste [Dag] van Samekoms" in Hebreeus) is 'n Hoog Heilige dag wat direk volg na die laaste/sewende dag van Sukkot, soos in Levitikus 23:36. Dit is soos 'n verdere aanhegging van Sukkot, maar is sy eie dag.
Hanukkah/Sukkot Woorde van YAHUSHUA – Hou jou Sukkah Op Regdeur Hanukkah.
Hanukkah Datums:
Shalom Amightywind Gemeente. YAHUSHUA HA MASHIACH het met my gepraat gedurende gebed en ek het HOM hoor sê, jy eer SUKKOT wat MY Verjaardag is op die Aarde, die 1ste dag van Sukkot. EK wil hê jy moet instruksies gee aan die Amightywind Gemeente:
“Kyk EK YAHUSHUA HA MASHIACH beveel jou om ‘n nuwe ding te doen en op HANNUKAH aan te hou met die feesviering in ‘n Sukkah. Hierdie is die tyd wat julle MESSIAS geplaas was deur RUACH HA KODESH Se onsigbare Hand binne-in MY geboorte moeder Maria se baarmoeder. EK IS DIE EWIGE LEIDENDE LIG; EK IS DIE REDE DAT HANUKKAH genoem is die fees van ligte!
[Gebou] Die sukkah was instruksies gegee wat MY Geboorte gesimboliseer het in ‘n stal in Bethlehem (in die Hebreeuse taal, sukkah vertaal in Engels: stable/stal). EK IS die Tempel wat besoedel was, terwyl elke sonde behalwe lastering van die RUACH HA KODESH waarvoor daar geen vergifnis is nie, alle sonde & siekte was geplaas op MY LIGGAAM. EK was ‘n perfekte offer LAM van YAHUVEH die Perfekte BLOED VERSOENING VIR SONDES gebore uit ‘n menslike maagdelike vrou, EK IS ‘n MEDE-SKEPPER saam met ABBA YAHUVEH & die RUACH HA KODESH ook genoem HEILIGE DRIE EENHEID!
EK IS die her-toewyding van die HEILIGE TEMPEL AFGEBREEK GEKRUISIG EN LIGGAAM HET GESTERF MAAR OP DIE 3DE DAG HET EK BEWYS satan kon MY nie weerhou dat MY LIGGAAM OPGEWEK IS LEWENDIG VOOR GETUIES WONDERWERKE TE DOEN in elke deel van DIE WERELD IN 40 DAE!
Dankie Elisheva dat jy ‘n voorbeeld stel. Sê vir die Amightywind Gemeente EK IS wel behaag met hulle bewys van liefde deur gehoorsaam en HEILIG te lewe en MY Verjaardag te vier op Sukkot vir 8 dae. Daar sou nie ‘n wonderwerk geboorte op aarde gewees het sonder die swangerskap van MY maagdelike geboorte moeder nie. Laat feesviering vir 8 dae op Hanukkah wees in ‘n Sukkah ook! Hou aan om julle MESSIAS & MY HEMELSE VADER YAHUVEH te eer WIE MY gestuur het om die ou bloed verbond te vervang en die hoë priesters van die ou bloed verbond te vervang wat diere geoffer het vir sondes.
EK IS julle enigste PERFEKTE HOË PRIESTER. Die weg na die Hemel is deur MY NAAM met julle sondes weggewas terwyl julle glo en nie twyfel nie, EK IS MESSIAS, MEDE-SKEPPER, EK het die prys betaal vir julle sondes, wanneer julle vergifnis vra met groot berou bekerend voor YAHUVEH ook. Aanbid & wees dankbaar dat EK die prys betaal het en gekruisig was, gesterf het en weer opgestaan het op die 3de dag. Jy her-toewy jou Tempel wanneer jy sterf aan jouself & MY toelaat om jou lewe te gebruik vir MY Doeleindes. Die Kosbare RUACH HA KODESH sal in jou siel wees jou waarsku en jou aankla om vining te bekeer wanneer jy sondig deur die vrees van YAHUVEH te plaas wat die begin van wysheid is.”
2 Macc. 1:9
Hou die Fees van Hutte in die maand van Kislev
2 Macc. 10:1-9
Dit het gebeur dat op dieselfde dag waarop die heiligdom geskend was deur die buitelanders, het die reiniging van die heiligdom plaasgevind, dit is, op die vyf-en-twintigste dag van dieselfde maand, wat Kislev was. Hulle het dit gevier vir agt dae met jubeling, op die manier van die Fees van Hutte, onthou hoe nie lank tevore nie, gedurende die Fees van Hutte, hulle gedwaal het in die berge en grotte soos wilde diere… Hulle het verorden deur openbare edik, bekragtig deur stemming, dat die hele nasie van die Jode hierdie dae elke jaar moet herdenk. So was dit dus die einde van Antiochus, wie genoem was Epiphanes.
Kliek asseblief die skakel hieronder om meer te leer oor Hanukkah. As jy nie ‘n menorah het of of enige manier om in staat te wees om die kerse aan te steek nie gebruik dan asseblief die een op hierdie werbwerf en kliek op die nommer van die dag waarop jy is en dit sal die menorah aansteek vir jou en die gebed seëninge is alles daar. Ons bid jou Hanukkah is ‘n geseënde een en gevul met baie wonderwerke in YAHUSHUA HA MASHIACH Se naam en bloed alles volgens die HEILIGE DRIE EENHEID Se wil in die Hemel, Amen!
In YAHUSHUA HA MASHIACH Se liefde en seëninge, liefde altyd, Apostel Profeet Pastoor Elisheva Eliyahu
SHALOM EN GELUKKIGE SUKKOT IN YAHUSHUA HA MASHIACH!!
Sukkot datums:
Gelukkige Sukkot Geliefde Amightywind Gemeente en Asa Mikaiyah! Hierdie is ‘n tyd van groot feesviering want, hierdie is die tyd toe ons Kosbare Geliefde MESSIAS, YAHUSHUA HA MASHIACH gebore was, die grootste seëning wat ABBA YAHUVEH ooit na hierdie wêreld toe gebring het.
Sukkot, ook bekend as die Fees van Hutte/Fees van Tabernakels word gevier vir 7 dae. Die Fees van Tabernakels was die finale en mees belangrike heilige dag van die jaar. Histories gesproke moes dit onderhou word ter herinnering van die woon in tente in die wildernis vir die veertig-jaar periode waarin die kinders van Israel in die woestyn gewandel het. Sukkahs was gebou om te herdenk hoe ABBA YAHUVEH hulle uitgelei het uit Egipte, en hoe HY vir hulle voorsien het en hulle beskerm het in die wildernis. ABBA YAHUVEH sou by hulle wou woon in SY tabernakel, alhoewel in die nuwe bloed verbond is ons die tabernakel waarin ABBA YAHUVEH woon binne-in ons en altyd met ons is.
Net soos hierdie Sukkahs/tente tydelike woonplekke simboliseer, is ons liggame en hierdie wêreld vir ons, ons tydelike woning soos YAHUSHUA HA MASHIACH belowe het om te gaan en ‘n plek vir ons voor te berei om in te woon met ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH en die Kosbare RUACH HA KODESH tot in alle ewigheid. Hierdie wêreld is nie ons tuiste nie, ons gaan net deur, die materialistiese dinge van hierdie wêreld sal nie vir altyd hou nie.
Johannes 14:3
“En as EK gegaan en vir julle plek berei het, kom EK weer en sal julle na MY toe neem, sodat julle ook kan wees waar EK is.”
So, gedurende hierdie tyd van Sukkot, nooi vir ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH en die Kosbare RUACH HA KODESH in julle sukkahs in, vier fees! Want hierdie is die tyd toe ons Geliefde YAHUSHUA HA MASHIACH gebore was. GELUKKIGE VERJAARDAG YAHUSHUA HA MASHIACH! Ons Loof U vir ons redding en ons dank U ABBA YAHUVEH dat daar nie langer meer ‘n skeiding tussen ons is nie, maar nou kan ons openlik woon saam met die HEILIGE DRIE EENHEID, daar is nie langer meer ‘n skeiding tussen GOD YAHUVEH en SY mense nie, maar daardie voorhangsel was geskeur sodat ons in staat kan wees om te kan kommunikeer en te woon in U Teenwoordigheid en dit alles was as gevolg van U Enigste VERWEKTE SEUN YAHUSHUA HA MASHIACH!
Ons Loof U, ons Eer U in YAHUSHUA HA MASHIACH Se Magtige en Heilige naam. Mag ons altyd U tabernakel wees om in te woon, om in te lewe, mag U altyd op die troon van ons harte wees ABBA YAHUVEH, want U Kosbare RUACH HA KODESH bly binne-in ons, solank as wat ons aanhou om altyd Heilig en Regverdig voor U te lewe en in Gehoorsaamheid, want U O ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH, en Kosbare RUACH HA KODESH sal alleenlik bly en lewe in ‘n Heilige tempel, U kan nie woon in ‘n tempel wat onrein en vuil is nie daarom bid ons om altyd heilig voor U te wees, U te behaag op elke manier.
Dank U dat U vir YAHUSHUA HA MASHIACH, U Enigste VERWEKTE SEUN gestuur het om eens en vir altyd daardie voorhangsel te skeur wat ons eens van U geskei het, dank U dat ons welkom is in U arms as U kinders deur die naam en bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH, U SEUN. Ons Loof U dat U altyd vir ons voorsien, ons beskerm, leiding gee en ons lei in U wil, want dit is wat ons harte begeer, om U te behaag en U te dien en die wil , weg en doel te volg wat U vir ons het. Loof YAHUSHUA HA MASHIACH!
GELUKKIGE VERJAARDAG YAHUSHUA HA MASHIACH!! GELUKKIGE GESEENDE SUKKOT AMIGHTYWIND!
In YAHUSHUA HA MASHIACH Se naam en liefde altyd, Apostel Profeet Elisheva Eliyahu
Levitikus 23: 39-44
39 Maar op die vyftiende dag van die sewende maand, as julle die opbrings van
die land insamel, moet julle die fees van YAHUVEH sewe dae lank vier; op die
eerste dag is dit rusdag, en op die agtste dag is dit rusdag.
40 En op die eerste dag moet julle vir julle vrugte neem van sierlike bome, met
palmtakke en takke van digte bome en rivierwilgers, en sewe dae lank voor die
aangesig van YAHUVEH julle Elohiem vrolik wees.
41 En julle moet dit as fees van YAHUVEH sewe dae in die jaar vier. Dit is 'n
ewige insetting vir julle geslagte. In die sewende maand moet julle dit vier.
42 Sewe dae lank moet julle in hutte woon; almal wat in Yiesraél gebore is, moet
in hutte woon,
43 sodat julle geslagte kan weet dat Ek die kinders van Yiesraél in hutte laat
woon het toe Ek hulle uit Mietsrayiem uitgelei het. Ek is YAHUVEH julle Elohiem.
44 So het Mosheh dan die feestye van YAHUVEH aan die kinders van Yiesraél bekend
gemaak.
As jy meer wil weet oor Sukkot, klik asseblief op die skakel hieronder:
Shabbat Shalom en Geseënde 10 Dae van Ontsag (Awe) aan julle almal Amightywind Gemeente
Yom Kippur Datums:
Gedurende hierdie 10 dae van ontsag, is dit die tyd wanneer ons ons verhouding met YAHUVEH en YAHUSHUA in oënskou neem of ons ‘n liefdevolle en gehoorsame verhouding met HULLE het. Ons almal het gesondig en kom kort aan YAH se Heerlikheid omdat daar geen perfekte persoon is wat die oppervlak van hierdie aarde bewandel het behalwe vir YAHUSHUA ons MASHIACH. Selfs ‘n verkeerde gedagte is ‘n sonde. Die Ortodokse Jode glo nie dat die Messias reeds gekom het nie daarom het hulle geen bloed offer vir die versoening van hulle sondes nie. Hulle verwerp YAHUSHUA ons MASHIACH as die MESSIAS en die enig verwekte SEUN van ABBA YAHUVEH.
Hierdie Heilige tyd is nie net ‘n tyd van feesviering nie maar dit is ‘n tyd van groot vrees vir diegene wie nie weet of hulle naam ingeskryf is in die LAM Se Boek van Lewe nie. Ons wie ons OPGESTANE MESSIAS YAHUSHUA dien en aanbid weet daar is net EEN Intersessor voor ons SKEPPER YAHUVEH en net EEN weg na die Hemel deur YAHUSHUA ons MASHIACH se Naam en gestorte Bloed by Golgota. YAHUSHUA ons MASHIACH is ons bloed offer. Ons Messiaanse Jode het nie nodig om te ween en te weeklaag op Yom Kippur nie omdat ons ‘n bedekking het vir ons sondes, anders as diegene wie vir YAHUSHUA verwerp het. Ons moedig jou aan op hierdie Heilige tyd om nader te kom aan YAHUSHUA ons MASHIACH as wat jy ooit tevore was.
Dit is nie verpligtend vir jou om te vas met weeklaag gedurende Yom Kippur soos die Ortodokse Jode doen nie. As jy graag wil vas en gelei voel om te vas kan jy vas, maar jy sal nie vas in weeklaag soos die Ortodokse Jode doen nie, jy vas vir die redding van diegene wie verlore is, dat hulle vir YAHUSHUA HA MASHIACH sal leer ken, as jy ‘n versoek het wat jy wens om na YAHUSHUA HA MASHIACH te bring, kan jy dit oplig in gebed na HOM deur jou vas.
Onthou dat jy ook Nagmaal kan doen gedurende hierdie vas, ek weet dat tradisioneel eet of drink die Ortodokse Jode nie om die liggaam te straf, ons straf nie ons liggame as ons gelei is deur YAHUSHUA HA MASHIACH om te vas en julle gesondheid dit kan hanteer nie, jy vas om nader te kom aan YAHUSHUA, om in te tree vir diegene wie redding nodig het. Gebruik asseblief hierdie tyd om julle harte te deursoek en nader te kom aan YAHUSHUA HA MASHIACH. As jy teruggeval het en wens om terug te kom na YAHUSHUA HA MASHIACH toe, is dit nou jou tyd, vandag is die dag van redding, want more mag te laat wees.
Jesaja 53
1 Wie het geglo wat aan ons verkondig is? En aan wie is die Arm van YAHUVEH
geopenbaar?
2 HY tog het soos ‘n loot voor SY aangesig opgespruit en soos ‘n wortel uit droë
grond. HY het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons HOM sou aansien nie,
en geen voorkoms, dat ons HOM sou begeer nie.
3 HY was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met
krankheid; ja, soos een vir wie ‘n mens sy gelaat verberg; HY was verag en ons
het HOM nie geag nie.
4 Nogtans het HY óns krankhede op HOM geneem, en óns smarte—dié het HY gedra;
maar óns het HOM gehou vir een wat geplaag, deur GOD geslaan en verdruk was.
5 Maar HY is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons
ongeregtighede is HY verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op
HOM, en deur SY wonde het daar vir ons genesing gekom.
6 Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar
YAHUVEH het die ongeregtigheid van ons almal op HOM laat neerkom.
7 HY is mishandel, hoewel HY onderworpe was, en HY het SY Mond nie oopgemaak nie;
soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy
skeerders—ja, HY het SY Mond nie oopgemaak nie.
8 Uit die druk en uit die strafgerig is HY weggeneem; en onder SY tydgenote—wie
het daaroor gedink dat HY afgesny is uit die land van die lewendes? Ter wille
van die oortreding van my volk was die plaag op HOM.
9 En hulle het HOM SY graf by die goddelose gegee; en by ‘n ryke was HY in sy
dood, omdat HY geen onreg gedoen het nie en geen bedrog in SY Mond gewees het
nie.
10 Maar dit het YAHUVEH behaag om HOM te verbrysel; HY het HOM krank gemaak; as
SY Siel ‘n skuldoffer aangebied het, sal HY ‘n nakroos sien; HY sal die dae
verleng, en die welbehae van YAHUVEH sal deur SY Hand voorspoedig wees.
11 Weens die moeitevolle lyde van SY Siel sal HY dit sien en versadig word; deur
SY kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en HY sal hulle
skuld dra.
12 Daarom sal EK HOM ‘n deel gee onder die grotes, en met magtiges sal HY buit
verdeel; omdat HY SY Siel uitgestort het in die dood en saam met die oortreders
getel was, terwyl HY tog die sonde van baie gedra en vir die oortreders gebid
het.
So spreek EK, YAHUVEH, moenie wag om te bekeer van julle sondes nie, doen dit dadelik. Moenie 'n vorm van godsaligheid hê nie, maar hê Goddelikheid van binne. Laat elke gedagte gevange gehou word tot MY, YAHUVEH. Moenie sonde voor-af bedink nie, draai weg van boosheid, en moenie verskonings maak vir sonde nie. Hou op om die duiwel te blameer vir julle gedagtes en dade, want hy kan nie enige iets doen wat julle hom nie toelaat om te doen deur julle nie. Ek spreek hierdie woorde tot die van julle wat sê hulle behoort aan YAHUSHUA ha MASHIACH, wat sê hulle is gewas in die gestorte Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH, wat bid in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH en nogtans waarsku EK, YAHUVEH julle nou aan diegene wat hul liefde verklaar aan MY en MY Seun YAHUSHUA, EK ken julle harte en julle dade spreek harder as julle woorde!
Hou op om die RUACH ha KODESH te toets, hou op om MY Gees te bedroef. Hierdie wêreld staan nou by die rand van 'n afgrond, die afgrond is die Groot Verdrukking. Roep YAHUSHUA ha MASHIACH nou aan terwyl daar nog tyd is. Op Yom Kippur gedurende hierdie 10 dae van Ontsag onthou, EK hoor slegs die gebed van die nederige van hart. Moenie selfvoldaan wees in jou eie verlossing nie.
In tye van ouds het die kinders van Israel grootliks gesondig teen MY. Hulle het hul goud en silwer gevat wat EK vir hulle gegee het as 'n seën en 'n goue kalf gemaak om te aanbid en voor neer te buig, dit is geensins anders nou nie. Hierdie wêreld vat die goud en silwer en buig neer voor die rykes en aanbid hulle, maar EK wys vir julle terwyl EK hierdie wêreld skud asof jy springmielies gaarmaak op 'n stoof en diegene wat so opgepof is in hoogmoed wat gesê het hulle is god, hulle het geen ander god nodig nie, hulle smaad MY Heilige Woorde, hulle smaad MY Heilige Gebooie, hulle besmet alles wat Heilig is en soos oorgaar springmielies sal julle die stank ruik terwyl julle hul sien verskroei en brand.
Wee die bose, bose manne wat hulself pastore noem. Julle wat die naam kerk gevat het en die geestelik verhongerde mense gebruik om julle eie finansiële ryke te bou. Julle sal skroei en julle sal brand en julle finansiële ryke sal EK, YAHUVEH, afbreek met MY eie hand en julle sal ontbloot word vir die boosheid wat julle is. EK sal nie om verskoning vra vir Sodom en Gomorra nie, wee die wêreld wat volg in hulle voetspore! Julle is op die rand van 'n afgrond en net diegene wat waarlik 'n liefdevolle en gehoorsame verhouding het met MY, YAHUVEH en YAHUSHUA ha MASHIACH, sal gered word. Bekeer vandag want môre mag te laat wees.
Die planne wat die vyande het, in beide die regering en in satan se koninkryk is vir boosheid, om te steel, moor en te vernietig. Om uit te honger, om die einste lug te vergiftig wat julle inasem. Om te eksperimenteer met die water wat julle drink, waar allerhande soorte gifstowwe alreeds julle water besoedel. Die rykes wil die aarde ontvolk, om al die hulpbronne te spaar vir hulle, maar EK, YAHUVEH sê, EK sal die laaste woord hê. EK sal nie bespot word nie. EK sal diegene beskerm wat MYNE is en die vyande se eie wapens sal hulle verteer.
Dit is nou die tyd om op te staan en standpunt in te neem vir Heiligheid terwyl julle nog kan. Hou op skik met die duiwel en met die diensknegte van satan. Vrees om MY, YAHUVEH aanstoot te gee meer as om blote sterflike mense aanstoot te gee (Galasiërs 1:10).
Einde van Profetiese Woord.
Deut 31:8 - En dit is YAHUVEH self wat voor jou uit trek; HY sal met jou wees, HY sal jou nie begewe of verlaat nie. Jy mag nie bevrees of verskrik wees nie
Gegee deur Apostel Profeet Elisheva Eliyahu
Rosh ha Shanah 2 Oktober 2008 om 3 vm.
As jy meer wil weet oor Yom Kippur, klik asseblief op die skakel hieronder:
Liefste Geliefde Amightywind Gemeente "Gelukkige Rosh Ha Shanah!"
Rosh Ha Shanah Datums:
Watter bruid voel nie die opwinding as haar bruidegom naderkom nie? Ek weier om te glo dat YAHUSHUA se bruid geslaan SAL WORD en haar trougewaad van haar afgeskeur word en haar gesig geslaan word voor HY kom! Watter oorwinning is daarin vir YAHUSHUA?
Ek weet dit, ons YAHUSHUA kom vir ‘n bruid sonder vlek of kreukel en daar sal net EEN bruid wees en Een huweliksmaal! Daar sal wel gaste wees! Ek glo met my hele hart dat die 10 maagde die verhaal van die Wegraping vertel!
"WAT AS Rosh Hashanah DIE DAG IS WAT EK KOM?"
YAHUSHUA sê nie HY kom vir seker op een van hierdie twee Heilige dae nie. EK
WEET NIE. MAAR HY sê, "Wees gereed" en dink dat HY enige oomblik kan kom maak
nie saak wanneer die tyd kom nie. So, ons het hierdie geseënde belofte en
Almagtige YAHUVEH is nie ‘n man wie lieg nie. Ons sal ook opgewek word uit die
dood en Verheerlikte Liggame hê. En ons wat steeds lewe, wanneer YAHUSHUA weer
kom, sal nie hoef dood te gaan om hierdie Verheerlikte liggame te verkry nie.
Hierdie is ons belofte. Ons het nie die hel om te vrees nie, ons het die Hemel
om na uit te sien as gevolg van die prys wat YAHUSHUA betaal het op Golgota. Ons
aanvaar nie siekte nie. Ons aanvaar genesing. As gevolg van YAHUSHUA, aanvaar
ons nie dood nie, ons aanvaar Opstanding. Ons het nou liggame wat van vlees
gemaak is, so swak en broos en wat maklik versoek word. Tog, deur geloof, weet
ons hierdie is net ‘n dop soos ‘n skilpad het. Ons ware liggame is ons
geestelike liggame.
Niemand word nog ‘n sekonde gewaarborg nie. Maak die meeste van die tyd wat jy
oor het. Laat dit tel vir YAHUSHUA MESSIAS, YAHUVEH en die RUACH HA KODESH
HEILIGE GEES. Om in kerke te sit waar jy net kan inneem, en nie uitdeel van die
oorvloed wat jy leer nie, maak jou niks anders as ‘n kerkbank verwarmer nie.
Hoeveel siele het jy aangeraak vir YAHUSHUA en nie vir ‘n godsdiens nie?
Godsdiens is mens-gemaak. ‘n Liefdevolle verhouding met YAHUSHUA is ALMAGTIGE
YAHUVEH gemaak. O, wat ‘n ontsaglike ALMAGTIGE YAHUSHUA, MEESTER, REDDER en ons
spoedig komende Bruidegom. Ons Aanbid, Dien en is Lief vir YAHUSHUA en stel HOM
bo enigiets en enigiemand in ons lewe. Bly naby aan HOM, veral terwyl hierdie
Heilige Dae naderkom.
Hebreërs 11:5
Omdat Henog Geglo het is hy weggeneem sonder dat hy gesterf het, en hy was nêrens te vinde nie, omdat YAHUVEH hom weggeneem het: van hom word getuig dat hy voordat hy weggeneem is, geleef het soos YAHUVEH dit wou.
(Openbaring 3:7-13)
Aan die Kerk in Filadelfia
7 “En skryf aan die engel van die gemeente in Filadelfía: Dít sê die Heilige,
die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie,
en Hy sluit en niemand maak oop nie:
8 “Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee, en niemand kan
dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie
verloën nie.
9 Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die satan, van die wat sê dat hulle Jode
is en dit nie is nie, maar lieg Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete
neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het.
10 Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in
die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde
op die proef te stel.
11 Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie.
12 Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal
daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die
naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my
God neerdaal, en my nuwe Naam.
13 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die HEILIGE GEES aan die gemeentes sê.’
Net soos 'n bruid haarself goed voorberei voor die troue en seker maak dat alles in orde is, dat haar rok goed en skoon is en gereed is om haar bruidegom te ontmoet, moet die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH ook seker wees dat hulle voorbereid en gereed is met hulle lampe vol olie en gevind sonder vlek of rimpel, en wag ernstig om ons bruidegom YAHUSHUA HA MASHIACH te ontmoet! Kom YAHUSHUA HA MASHIACH, Kom! HALLELUYAH! Elke dag is 'n dag nader aan die Koninkryk van die Hemel!
Die oes is groot en die arbeiders is min! Laat ons hande vat en die oes insamel voordat ons Bruidegom kom! SY Naam is YAHUSHUA, Ons YAHUSHUA HA MASHIACH! Bid asseblief dat jy waardig geag sal word om in daardie getal van die Wegraping te wees!
In YAHUSHUA HA MASHIACH se Naam en liefde, baie seëninge aan julle almal gedurende hierdie Hoog Heilige dae, Apostel Profeet Elisheva Eliyahu.
Kliek hier om die betekenis te verstaan van “Ringmaiden”
Kliek hier om meer te lees oor Rosh Ha Shanah
Geseënde Pentecost/Shavuot Amightywind Bediening!
Pentecost Datums:
Pentecost (Pinkster)/Shavuot is 'n fees wat die afkoms van die RUACH HA KODESH (Heilige Gees) op die Apostels en vroulike volgelinge van YAHUSHUA herdenk.
Die Joodse Pentecost, of Shavuot, word ook genoem:
Die Fees van Weke (Deutoronomium 16:10)
Die Oesfees (Eksodus 23:16)
Die Dag van Eerstelinge (Numeri 28:26)
Pentecost is die enigste fees waarvoor geen spesifieke datum in die Bybel gegee word nie. Die volk is eerder opdrag gegee om sewe weke te tel “...van die môre ná die Sabbat af, van die dag af dat julle die beweegoffergerf [omer] gebring het.
Lev. 23:15 "Jy moet sewe volle weke tel vanaf die dag ná die Sabbat, van die dag af dat jy die beweegoffergerf gebring het. Hierdie vakansiedag vind plaas in die maande Mei of Junie op die Gregoriaanse kalender. Dit is die suksesvolle afsluiting van die eerste koringgroeiseisoen en die herdenking van die gee van die Torah op die berg Sinai.
Die mees basiese begrip van Pentecost is dat dit is wanneer die eerstelinge van die Koringoes aan YAHUVEH aangebied word. Maar, meer relevant is dat Shavuot/Pentecost die fees is wat die gee van die "Wet" of Torah by Berg Sinai (Eksodus) herdenk EN dit is wanneer YAHUSHUA die eerste keer met die Heilige Gees en Vuur gedoop het (Handelinge).
Dit is wat deur die profeet Joël gespreek is; En dit sal gebeur in die laaste dae, sê YAHUVEH, Ek sal van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongmanne sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom. En op my diensknegte en oor my diensmaagde sal Ek in dié dae van my Gees uitstort; en hulle sal profeteer.
Nadat Petrus hulle vraag beantwoord het oor wat besig was om te gebeur, het hy sy boodskap verduidelik – YAHUVEH se boodskap aan Israel in vers 22-36. Wat was die boodskap van Pentecost? Petrus se punt in die boodskap is dat YAHUSHUA die Messias van Israel is. Petrus gebruik vier feite om te bewys dat YAHUSHUA die Messias was:
- Sy wonderwerke bewys dat Hy deur YAHUVEH gestuur was. (vers 22)
- Sy dood was volgens YAHUVEH se plan (v. 23)
- Sy opstanding is in die Ou Testament geprofeteer en bewys dat Hy die Messias is (v. 24-32)
- Sy hemelvaart na die Hemel en sy uitstorting van die RUACH HA KODESH is geprofeteer en bewys dat Hy die Messias is (v. 33-35)
Ons bid dat jou Pentecost (Pinkster)/Shavuot gevul word met 'n groter salwing van die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES).
In YAHUSHUA HA MASHIACH se Naam en liefde, Apostel Profeet Elisheva Eliyahu
As jy meer wil weet oor Pentecost (Pinkster)/Shavuot klik op die skakel hieronder:
Klik op die banier en tel saam met ons die omer af vir 49 dae tot Pentecost/Pinkster.
Die aftelling van die omer (Lev 23:15-16, Deut 16:10-12, Eks 16:32) in die ou bloedverbond was 'n voorafskadu van wat in die nuwe bloedverbond sou kom. YAHUSHUA HA MASHIACH is die Stroper en ons is die koring wat geskei word van die onkruid.
YAHUSHUA HA MASHIACH het vir SY dissipels gesê voordat HY na die HEMEL opgevaar het, om te wag en in Jerusalem te bly en te wag vir die geskenk wat hulle van SY VADER YAHUVEH sou ontvang (Luk. 24:46-49).
Op die dag van Shavuot/Pentecost/Pinkster in die bovertrek het 'n geluid soos die waai van 'n geweldige wind uit die hemel gekom en die hele huis gevul waar hulle gesit het. Almal van hulle is vervul met die Heilige Gees en het in ander tale begin praat soos die Gees hulle in staat gestel het.” (Handelinge 2:1-4)
Gelukkige Geseënde Pasga en Fees van Ongesuurde Brood Geliefde Amightywind Gemeente!
Pasga Datums:
Julle lam sal wees sonder gebrek en sy bloed sal aangewend word aan die deurposte van die huise (Exodus 12:5,7) sodat die engel van die dood nie kan inkom in die huise nie. YAHUSHUA HA MASHIACH is die nuwe bloed verbond exodus en is die vervulling van Jesaja 53.
SY bloed beskerm ons. HY was sondeloos en was gekruisig en het gesterf vir die vergifnis van sondes vir diegene wat sal bely, bekeer en wegdraai van boosheid. HY is die enigste deur en weg na die Hemel (Johannes 19:18, Johannes 10:16). HY het nie dood gebly nie maar was opgewek op die 3de dag en het 40 dae later opgevaar na die Hemel voor getuies (Lukas 24:5-6, 51) HY sit nou aan die regterhand van ABBA YAHUVEH! HALLELUYAH!
YAHUSHUA HA MASHIACH sê hierdie is 'n Pasga soos geen ander, moenie kos verwyder uit julle huise nie. Op Pasga, 1ste dag, moet niemand geryste brood eet nie. Op die fees van ongesuurde brood moet mense weet dit is nie sonde om gesuurde brood te eet nie want kos beskikbaar tot almal is verskillend. As al wat jy het om te eet gedurende die Fees van Ongesuurde brood kos met gis is, weet YAHUSHUA HA MASHIACH dit is al wat julle het, dan asseblief eet dit.
Ons weet dat voorrade in verskillende areas rondom die wêreld skaars is en moeilik is om te bekom. Moet asseblief nie bekommer nie. Diegene van julle wat ongesuurde brood kan eet gedurende hierdie tyd, asseblief doen dit, want julle sal dit doen vir die mense wat dit nie kan doen nie.
YAHUSHUA ha MASHIACH sê pasop vir die gis van fariseers. HY waarsku maak seker daar is geen sonde nie. Die Pasga exodus met die ou bloed verbond was 'n heenwysing van YAHUSHUA HA MASHIACH SE NUWE BLOED VERBOND! YAHUSHUA IS DIE ENIGSTE WARE PERFEKTE SONDE OFFER WIE SONDES KAN WEGWAS. YAHUSHUA HET ONS NUWE BLOED VERBOND GEWORD DIE WARE PASGA OFFER LAM VAN YAH!
YAHUSHUA HA MASHIACH het nie gekom om die wette te kanselleer van die profete nie, maar om alles te vervul van Jesaja 53 en met SY laaste asem SY Woorde "dit is volbring" bedoel het dat HY alles voltooi het waarvoor HY aarde toe gestuur was om te doen. Onthou om nie te fokus op verwydering of uitgooi van kos nie, onder hierdie Mens-gemaakte virus vrees & paniek is daar steeds mense wat hongerly en ABBA YAHUVEH YAHUSHUA HA MASHIACH en die Kosbare RUACH HA KODESH ken die situasie waarin jy is en wat gebeur rondom die wêreld.
Ons wens julle almal 'n Gelukkige Geseënde Pesach/Pasga en Fees van Ongesuurde Brood! In YAHUSHUA ha MASHIACH Se liefde, Apostel Profeet Elisheva Eliyahu
As jy meer wil weet oor Pasga/Pesach kliek dan asseblief op die link hieronder:
Gelukkige Verjaarsdag AMIGHTYWIND Bediening en Apostel Profeet Elisheva Eliyahu!
Vir selfone, kyk na die herdenkingsverjaarsdagvideo op YAHStube.
Hag Purim Sameach AmightyWind Bediening!
Purim Datums:
Purim is ‘n tyd wanneer ons kom met ons Gebede na ons HEMELSE VADER YAHUVEH, in YAHUSHUA HA MASHIACH se Naam. Ons nader SY troon met ons petities net soos Ester die Koning se troon genader het in haar tyd om die lewens te spaar van die Jode terwyl Haman beplan het vir hulle dood. Op die ou end het Koningin Ester guns gehad by die Koning en die Jode was gered. Ons bid ook dat ons oorwinning sal hê in ons gevegte deur YAHUSHUA HA MASHIACH en dat ons gebede en petisies gehoor sal word in die Hemel en beantwoord sal word alles volgens SY wil in die Hemel.
Nie alleenlik is Purim ‘n tyd vir ons almal om die regverdige oordeel te vier teenoor Haman, sy vrou en seuns, almal wat probeer om die Jode kwaad aan te doen en die oorwinnings in Ester se tyd nie, maar hierdie is ook ‘n tyd vir ons om saam te kom en te bid vir die oordeel oor die bose wat oor hierdie wêreld heen loop en vir ABBA YAHUVEH EL SHADDAI om aksie te neem teen die bose. Want wanneer die vyande inkom soos ‘n vloed sal YAH sekerlik ‘n standaard oprig teen hulle in YAHUSHUA HA MASHIACH se naam!
Jy moet begeer om HOM te gehoorsaam & sonde te haat, weg te draai van alle sonde en immoraliteit en die enigste weg na die Hemel te aanvaar. Om vir HOM te lewe is om te sê asseblief kom in my siel in en vul my met die RUACH HA KODESH HEILIGE GEES, om binne-in my te leef, my te leer hoe om gehoorsaam te wees, heilig & behaaglik vir YAH. ABBA YAH is die HEMELSE VADER van die Skepping met geen begin of einde nie. YAHUVEH is SKEPPER van TYD! YAHUSHUA HA MASHIACH is die enigste naam waarin enigiemand gered kan word (Handelinge 4:11-12).
Die manier waarop ons ons liefde bewys vir YAHUSHUA HA MASHIACH is om HOM te gehoorsaam! YAHUSHUA HA MASHIACH het gesê “Waarom noem jy HOM HERE & gehoorsaam HOM nie? (Lukas 6:46) HY weet niemand is perfek nie, hou net aan om nie op te gee nie & moenie doelbewus sondig nie. Vra HOM om jou te help om die sonde te oorwin waar jy swak is! Verneder jouself moenie word soos die onbekeerde Haman, sy vrou en 10 seuns nie, selfs die jongste seun was gehang sodat hy nie nog ‘n Haman kon word nie. YAHUSHUA HA MASHIACH is waar redding gevind kan word.
Maak ons vry ABBA YAHUVEH van die hande van die vyande insluitend Regerings wat die wette maak wat ons vryhede en geluk wegneem terwyl hulle hul reëls forseer op ons vir bose agenda, om die Mense op aarde te ontvolk en om die gedagtes van mense te verdraai om die geslag te ontken wat U ABBA YAHUVEH hulle geskape het om te wees en wie selfs nou hulle bes doen om die gedagtes van onskuldige kinders te breinspoel!
Ek vlug na U toe om my weg te steek onder U VLERKE ABBA YAHUVEH. Asseblief neem vining wraak, stort uit U woede EL SHADDAI YAHUVEH, vervang alle Regerings in hierdie wêreld met Regverdige Leiers wie die Mense liefhet, wat weier om te staan saam met die bose wat vrees, chaos, verwarring en kranksinnigheid versprei. Ons Mense op aarde is slawe van heersers in hoë plekke van geboorte af tot die graf. Hulle wil ons gedagtes beheer. Niemand besit enige iets nie, alles kan weggeneem word as belastings of lisensies nie betaal is nie. Maak ons vry van Regerings wat wette daarstel wat ‘n gruwel is vir U in die naam en bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH en beskerm U kinders wie staan vir geregtigheid en heiligheid!
Ons tree in vir SY kinders regoor die wêreld veral gedurende hierdie tyd met wat gebeur in Ukraine, Israel en Gaza. Maak nie saak wat gebeur nie mag YAHUSHUA HA MASHIACH SY kinders beskerm en aanhou waghou oor hulle en hulle beskerm net soos HY belowe het in Psalm 91. Beskerm hulle net soos hoe U die Jode beskerm het baie jare gelede in die tyd van Ester waar U kinders, U mense gespaar was, en Haman en sy seuns gehang was. U kan steeds dieselfde doen vandag en hang watter Haman ons ookal het in ons lewens in YAHUSHUA HA MASHIACH SE MAGTIGE NAAM, Amen. Oorwinning behoort aan U ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH en KOSBARE RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES!! Want die vreugde van die HERE YAHUSHUA HA MASHIACH is ons krag, Amen!
In YAHUSHUA HA MASHIACH se naam en liefde, Apostel, Profeet, Pastoor Elisheva Eliyahu.
Om meer te leer oor Purim kliek hieronder om te gaan na ons Purim blad:
Kommentaar of vrae?
KLIK HIER om Apostel Profeet Elisheva Eliyahu te kontak!
Voel asseblief vry om te skenk
Skenk as hierdie bediening vir jou 'n seën is.
Teken ons gasteboek
Lees of skryf 'n seën in ons Gasteboek, dit sal in die Hemel opgeteken word!
OOR HIERDIE BEDIENING
~ ISRAEL, U IS MY VOLK ~
Amightywind Video-kanale
YAHUSHUA SE OPSTANDINGS DAG! ONS VIER ONS REDDING ELKE DAG!
YAHUSHUA HA MASHIACH (JESUS CHRISTUS) is die enigste perfekte Bloed versoening vir ons sondes. HY was gekruisig en het gesterf en het weer opgestaan op die derde dag, voor getuies, terwyl HY al SY Bloed uit gestort het, sodat ons vergewe kan word.
"En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie." - Handelinge 4:12
YAHUSHUA HA MASHIACH (MESSIAS) is die enigste WEG, WAARHEID, en LEWE. Niemand kan na DIE HEMELSE VADER YAHUVEH gaan, behalwe deur die SEUN YAHUSHUA HA MASHIACH. Ons vier SY opstandings dag nou, en tot in alle ewigheid.
Hierbo in die animasie is 'n voorstelling van die rots wat vooraan die graf geplaas. Toe YAHUSHUA se liggaam vanuit die dood gerys het, het daardie rots ook weggerol.
Ek sien daarna uit om jou in die Hemel te ontmoet. Liefde, Apostel Profeet Elisheva Eliyahu
Pasop vir die Totalitêre Diktatorskap Wat Kom na Amerika & Wêreld!
Obama destyds en dis Biden nou. Hierdie Profesie was gegee 30 September 2009 en vrygestel 12 Oktober 2009. Nou kan almal sien dit het in vervulling gegaan in die jaar van 2020.
Moet nooit vergeet dat hierdie video verban sou gewees het op YouTube, so daarom is ek dankbaar om ‘n Rumble rekening te hê met geen sensorskap waar ons ‘n plek het om ons liefde en waardering te wys vir Trump op sosiale media. Almal, bid asseblief vir Rumble & ook Telegram, die enigste ander sosiale media wat ons op hierdie tydstip het.
Alhoewel die hele Profesie ‘n maand later gekom het, op 5 September 2009 het YAHUVEH in my slaap met my gepraat en HY het gesê— Totalitêre diktatorskap. Totalitêre diktatorskap. Totalitêre diktatorskap. Elisheva waarsku hulle. Die een wie homself "President van die Verenigde State" [2009] noem wil hê Amerika moet regeer word deur ‘n totalitêre diktatorskap. Die beste gesondheid sorg, [soos byvoorbeeld onder "Obama care"], sal slegs vir die rykes wees. Daar sal slegs twee klasse mense wees: die welgesteldes en daardie wie nou gesien word as die middelklas. Die middelklas sal die welgesteldes dien. En die armes sal stadig doodgemaak word deur geforseerde inentings, geforseerde aborsies en weiering van mediese hulp.
Die regering sal alles beheer. En hulle sal besluit wie sal lewe en wie sal sterf.
YAH Se Kleintjies - Julle Hoef Nie Te Vrees Nie - Aangesig tot Aangesig met Elisheva Eliyah
Profesie 151 - YAHUSHUA Sê, EK is die MESSIAS! MOENIE VREES NIE! VERTROU MY!
Psalm 91 GEHOORSAAM & wees GELOOFS WATER LOPERS - AANGESIG TOT AANGESIG GESPREK - Apostel Elisheva Eliyahu
Profesie 152 - Luister en wees vry van die demoon van Vrees.
Luister en wees vry van die demoon van vrees! Profesie 52, ontvang op 2 Nov 2001, weer gespreek op 20 Maart 2020. YAH praat weer onder 'n sterker salwing wat vrymaak en jou geloof weer opbou. Glo! Ontvang! Lees alle Profesieë wat jou geloof opbou! Hierdie Bediening is gebou op geloof, nie vrees nie! Ons geloof in YAHUSHUA ha MASHIACH word nou getoets!
Wanneer jy met vrees aangeval word, neem dit saggies in gebed. YAHUSHUA verstaan, moet net nie vrees hardop uitspreek nie! Herinner satan "YAH, YAHUSHUA ha MASHIACH, RUACH ha KODESH HEILIGE GEES het nie vir my 'n gees van vrees gegee nie, maar van krag, liefde en 'n gesonde verstand". Weg van my satan in YAHUSHUA ha MASHIACH se Naam en Bloed, bestraf ek jou! Gaan nou weg van my af!
Kliek op die audio banier wanneer vrees en paniek jou aanval! Lees Psalm 91, glo & memoriseer dit!
Psalm 91 – skryf dit neer
Hierdie is die Skrif wat jy moet neerskryf – en vir diegene van julle wat in ‘n plek is waar jy dit nie openlik kan doen nie, kry ‘n manier om dit te kan doen, vra YAH, om dit vir jou moontlik te maak om dit te kan doen.
Een manier is om die Skrif in Hebreeuse taal te plaas. Dit is selfs meer kragtige in Hebreeus.
Psalm 91
(1) Hy wat in die Skuilplek van die ALLERHOOGSTE sit, sal vernag in die
skaduwee van die ALMAGTIGE YAHUVEH. (En dit sluit YAHUSHUA HA MASHIACH in)
(2) Ek sal tot YAHUVEH sê: HY is my TOEVLUG en my BERGVESTING, my GOD, in HOM
sal ek vertrou.
(3) Want vir seker sal HY my red uit die net van die voëlvanger, van die
verderflike pes.
(4) HY sal my bedek met SY vlerke, en onder SY vleuels sal ek vertrou; SY
Waarheid sal my Skild en Pantser wees.
(5) Ek sal nie bevrees wees vir die skrik van die nag, ook nie vir die pyl wat
bedags vlieg nie,
(6) Ook nie vir die pes wat in die donker wandel, ook nie vir die siekte wat op
die middag verwoes nie!
(7) ‘n Duisend sal aan my sy val en tien duisend aan my regterhand—maar dit gaan
nie naby my kom nie.
(8) Net met my oë sal ek dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien.
(9) Want U, o YAHUVEH ADONAI, ELOHIM, EL SHADDAI, ABBA YAH, YAHUSHUA, U wat
“HERE” genoem word, U is my toevlug, selfs die ALLERHOOGSTE, my Beskutting;
(10) En daarom sal geen onheil sal jou tref nie, ook sal geen plaag naby my
blyplek (jou huis, jou woonstel) kom nie;
(11) want HY sal SY Engele aangaande my bevel gee om my te bewaar op al my weë.
(12) Die Engele sal my op die hande dra, sodat ek nie my voet teen geen klip
stamp nie.
(13) Ek sal op die leeu en die adder trap, die jong leeu en die slang sal ek
onder my voete vertrap.
(14) Omdat HY SY liefde teenoor my gestel het, daarom het HY belowe om my te
red. HY het gesê, HY sal ons red; HY sal ons beskerm, omdat ons SY Naam ken.
(15) Hy sal MY aanroep – hierdie is ‘n belofte van YAH, YAHUVEH sê – Hy sal MY
aanroep, en EK sal hom antwoord, en vir haar; EK sal met hom en met haar in nood
wees; EK sal hom en haar uitred en eer aan hulle gee.
(16) En met ‘n lang lewe sal EK hom en haar versadig, en EK sal hulle MY REDDING
laat sien.
En wie is jou REDDING? Daar is net EEN, wie die WAARHEID en die WEG en die LEWE is, wie se Naam REDDING is, wie se Naam YAHUSHUA HA MASHIACH is, en YAHUSHUA in Hebreeus beteken “YAH RED”. Leer daardie Naam.